# Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2023 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/ebbf28df-cbe8-4cec-990e-1b8830ed3800
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P1 Gauteng June 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/ebbf28df-cbe8-4cec-990e-1b8830ed3800)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2023
                             GRAAD 10

                             REKENINGKUNDE

TYD:    2½ uur

PUNTE: 200

11 bladsye + ŉ antwoordboek van 9 bladsye

                                             b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                              REKENINGKUNDE                   2
                                                                          GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Antwoord al die vrae in die ANTWOORDBOEK wat voorsien is.

3.     Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

4.     Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

5.     Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.     Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.

7.     Skryf netjies en leesbaar.

8.     Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ŉ riglyn wanneer die vraestel beantwoord
       word. Poog om NIE hiervan af te wyk Nie.

     Vraag                     Onderwerp                         Punte           Tyd
       1       AARP Konsepte en Transaksie Ontleding              55          40 minute
       2       Konsepte en Salarisse                              45          34 minute
       3       Algemene Joernaal en Grootboekrekeninge            30          23 minute
               Algemene Grootboekrekeninge en Interne
       4                                                          40          30 minute
               Kontrole
       5       Krediteure Rekonsiliasie en Interne Kontrole       30          23 minute
     Totaal                                                       200         150 minute

                                                                                              b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                       3
                                                                       GRAAD 10

VRAAG 1: AARP KONSEPTE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
                                              (55 punte; 40 minute)

1.1      AARP KONSEPTE

Pas KOLOM A by KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK.

           KOLOM A                                     KOLOM B
                                 A    Finansiële rekords wat voorberei is, moet
 1.1.1     Besigheidsentiteit         dieselfde rekeningkundige beginsels handhaaf
                                      regdeur rekeningkundige periodes.
                                 B    Bankkoste en rente op oortrokke bank word
 1.1.2     Paring
                                      apart in die boeke getoon.
                                 C    Die markwaarde van die grond en geboue is
 1.1.3     Wesentlikheid              R4 000 000. Die oorspronklike kosprys in die
                                      finansiële rekords is R800 000.
                                 D    Voorraad geneem deur die eienaar vir eie
 1.1.4     Historiese koste           gebruik word as onttrekkings in die boeke van
                                      die besigheid getoon.
                                 E    Die koste van verkope moet in dieselfde
                                      finansiële periode as die ooreenstemmende
 1.1.5     Lopende saak
                                      bedrag gegenereer uit verkoop van goedere
                                      getoon word.
                                  F   Handelsvoorraad word getoon as R100 000 in
                                      die finansiële rekords, al kan dit slegs vir
                                      R75 000 in die voorsienbare toekoms verkoop
                                      word.
                                                                                   (1 x 5)    (5)

1.2      ONTLEDING VAN TRANSAKSIES

         Die transaksies verskyn in die boeke van Naidoo Handelaars. Die besigheid
         handhaaf ŉ bruto wins opslag van 40% op kosprys.

         GEVRA:

         Ontleed die onderstaande transaksies volgens die tabel voorsien in die
         ANTWOORDBOEK. Die eerste transaksie is vir jou as ŉ voorbeeld gedoen.               (50)

         LET WEL: Aanvaar dat die banksaldo ongunstig vir al die transaksies is.

         Voorbeeld: Koop skryfbehoeftes vir kontant, R3 000.

                                                                                               b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                  4
                                                                     GRAAD 10

TRANSAKSIES:

 A.   Verkoop goedere vir kontant aan klante, R91 000.

 B.   Die eienaar het voorraad ter waarde van R15 000 geneem vir eie gebruik.

C.    Betaal J.A. Gupta, ŉ krediteur, R13 500 per EFO, nadat ŉ korting van 10%
      afgetrek is.

D.    Ontvang R55 000 van NBS Bank. Dit is vir die vaste deposito wat verval het
      plus rente. Die vaste deposito is 12 maande gelede aangegaan teen ŉ
      rentekoers van 10% p.j.

 E.   Die bankstaat ontvang van BB Bank aan die einde van die maand, toon die
      volgende:

         Kontantdeposito fooie                           R350
         Administrasie fooie                             R200
         Rente op ongunstige banksaldo                   R700

 F.   Koop handelsware van J.A. Gupta, ŉ krediteur, vir R40 000 en ontvang ŉ 5%
      handelskorting.

                                                                                   55

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                             REKENINGKUNDE                       5
                                                                         GRAAD 10

VRAAG 2: KONSEPTE EN SALARISJOERNAAL                                (45 punte; 34 minute)

2.1     KONSEPTE

        2.1.1   Verduidelik die verskil tussen salarisse en lone.                            (2)

        2.1.2   Aan watter staatsdepartemente word die volgende betaal?

                   LBS
                   WVF                                                                      (2)

2.2     SALARISJOERNAAL

        HAIRCUT 100

        Haircut 100 is ŉ salon en word besit deur Nick Heyward. Hy het onlangs die
        besigheid begin en het hulp gevra rakende salarisse.

        GEVRA:

        2.2.1   Gebruik die onderstaande inligting onderstaande om die
                Salarisjoernaal vir Desember 2022 op te stel.                               (41)

INLIGTING A:
 Salaris inligting vir Desember 2022
 Besonderhede               B. Makumo             J. Abrahams             T. Khumalo
 Basiese salaris           ?                     R12 000                R12 000
                     100% van                    90% van
 Bonus               maandelikse basiese         maandelikse                 Geen
                     salaris                     basiese salaris
      Aftrekkings    S. Makua                    J. Murray              K. Mashaba
 LBS                 R 900                     R1 300              R1 300
 First Pensioen      10% van basiese           10% van             10% van
 Fonds               salaris                   basiese salaris     basiese salaris
                     R1 000 op basiese salaris van R10 000, en ŉ verdere 5% word
 KG Mediese
                     gebruik om mediese aftrekking te bereken vir alle bedrae bo
 fonds
                     R10 000.
                     1% van basiese salaris    1% van basiese      1% van basiese
 WVF
                                               salaris             salaris

INLIGTING B:

Werkgewersbydraes vir die maand van Desember, is soos volg:

 Aan die pensioenfonds R1,50 vir elke R1 afgetrek van die werknemer.
 Aan die mediese fonds R2 vir elke R1 afgetrek van die werknemer.
 Aan die WVF op ŉ rand tot rand basis.
                                                                                            45

                                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                      6
                                                                       GRAAD 10

VRAAG 3: ALGEMENE JOERNAAL EN GROOTBOEKREKENINGE
                                              (30 punte; 23 minute)
VICIOUS HANDELAARS

Die inligting voorsien is onttrek uit die rekeningkundige rekords van Vicious Handelaars
op 28 Februarie 2023. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van 50% op kosprys.

GEVRA:

Boekstaaf die onderstaande transaksies in die Algemene Joernaal. Redes hoef nie gegee
te word nie.                                                                                  (30)

Transaksies vir die maand, Februarie 2023:

A.   Hef rente teen 10% p.j. op L. Dlamini, ŉ debiteur, se agterstallige rekening. Sy saldo
     van R1 500 is twee maande agterstallig.
B.   ŉ Gebou is herstel teen R6 500. Die bedrag is foutiewelik na die Grond- en
     Gebouerekening oorgeboek.
C.   Korting van R600 ontvang van Marie Handelaars is foutiewelik na die rekening van ŉ
     krediteur, Mario Brothers, geboekstaaf. Stel die fout reg.
D.   ŉ Kredietnota is uitgereik aan J.P. Morgan, ŉ debiteur, vir goedere teruggestuur deur
     hom vir R8 600. Die inskrywing is weggelaat uit die rekords.
E.   Ontvang R900 van G. Hansen, ŉ debiteur wie se rekening voorheen afgeskryf is.
     Die inskrywing is in die Debiteurekontrole rekening in die KOJ ingeskryf en so
     oorgeboek. Stel die fout reg.
F.   Ontvang ŉ EFO vir R2 520 van ŉ debiteur, A.B. Villiers, wat ŉ dividend van 40 sent
     uit elke rand wat hy die besigheid skuld, is. Die geld ontvang is behoorlik in die
     Kontantontvangstejoernaal geboekstaaf. Skryf die res af.
G.   Plaas ŉ kredietsaldo van R750 van J. Michil in die Debiteuregrootboek oor na sy
     rekening in die Krediteuregrootboek.
H.   25% van die goedere wat die besigheid gekoop het vir R18 000, is teruggestuur aan
     Ray Verskaffers, ŉ krediteur. Die terugsendings is foutiewelik in die
     krediteuregrootboek van Ray Handelaars geboekstaaf.

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                            REKENINGKUNDE                     7
                                                                        GRAAD 10

VRAAG 4: ALGEMENE GROOTBOEK EN INTERNE KONTROLE
                                                                    (40 punte; 30 minute)

4.1 ALGEMENE GROOTBOEK

   Die inligting voorsien het betrekking op die finansiële rekords van Maningi Handelaars
   vir die maand geëindig 28 Februarie 2023. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van
   50% op kosprys.

   GEVRA:

   Stel die volgende rekeninge in die algemene grootboek op:

   4.1.1   Debiteurekontrole                                                                (14)

   4.1.2   Handelsvoorraad                                                                  (16)

   Skryf folio verwysings in en saldeer die grootboekrekeninge behoorlik.

   INLIGTING A:

   Die volgende saldo’s verskyn in die boeke op 1 Februarie 2023:

    Debiteurekontrole                                      R67 800
    Krediteurekontrole                                     R80 600
    Handelsvoorraad                                      R173 200

   INLIGTING B:

   Kontantontvangstejoernaal vir Februarie 2023

                               Koste van   Debiteure-       Korting        Diverse
      Bank      Verkope
                                verkope     kontrole      toegestaan      rekeninge
     290 500    234 000         156 000          ?             10 000        1 000

   Kontantbetalingsjoernaal vir Februarie 2023

                Handels-     Krediteure-   Korting                          Diverse
      Bank                                              Skryfbehoeftes
                voorraad      kontrole     ontvang                         rekeninge
    433 900       80 000        355 500      4 000          1 500             900

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                             REKENINGKUNDE             8
                                                                         GRAAD 10

Debiteurejoernaal vir Februarie 2023

  Verkope          Koste van verkope

      ?                  90 600

Debiteure Afslagjoernaal vir Februaie 2023

  Debiteure afslag            Koste van verkope
          17 100                          ?

Krediteurejoernaal vir Februarie 2023

  Krediteure-       Handels-                                               Diverse
                                    Toerusting         Verbruiksgoedere
   kontrole         voorraad                                              rekeninge
      258 600           84 300            150 000                24 000         300

Krediteure Afslagjoernaal vir Februarie 2023

  Krediteure-        Handels-                                              Diverse
                                     Toerusting        Skryfbehoeftes
   kontrole          voorraad                                             rekeninge
        81 000          ?                     10 000             1 500           500

Algemene Joernaal vir Februarie 2023

   Debiteurekontrole              Krediteurekontrole
    Dt         Kt                  Dt           Kt
  3 800            960            1 050            170

                                                                                       b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                 9
                                                                       GRAAD 10

4.2   INTERNE KONTROLE

      RAINBOW HANDELAARS

      Die onderstaande inligting is onttrek uit die boeke van Rainbow Furnishers, wat
      besit word deur Ray Ndlovu.

      GEVRA:

      Verwys na die onderstaande inligting wat voorsien is en beantwoord die vrae wat
      volg.

      4.2.1 Ray is bekommerd oor die voorraadsyfers. Hy vermoed dat daar
            werknemers is wat van die besigheid steel. Verskaf berekeninge om sy
            bekommernis te staaf. (Verwys na Inligting A.)                              (2)

      4.2.2 Voorsien TWEE interne kontrole maatreëls wat implementeer moet word
            om die voorraad teen diefstal te beskerm.                                   (4)

      4.2.3 Lewer kommentaar op die terugsendings van goedere deur klante. Verskaf
            syfers om jou antwoord te staaf. Watter kontrolemaatreëls moet in plek
            gesit word deur die besigheid?                                              (4)
            (Verwys na Inligting B.)

      INLIGTING A

      Saldo’s en transaksies wat handelsvoorraad beïnvloed

       Beginsaldo                                                      R85 000
       Handelsvoorraad aankope gedurende die maand                      75 000
       Koste van goedere verkoop gedurende die maand                    63 000
       Eindsaldo                                                        89 000

      INLIGTING B

      Opsomming van transaksies met betrekking tot verkope en debiteure

       Saldo (1 Maart 2023)                                            R19 220
       Kredietverkope                                                   21 000
       Totale verkope                                                   39 000
       Verkoopprys van goedere teruggestuur deur klante                  4 680
       Bank (bedrag ontvang van debiteure gedurende die maand)          22 480
       Saldo (31 Maart 2023)                                            15 060
                                                                                        40

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                      10
                                                                       GRAAD 10

VRAAG 5: KREDITEURE REKONSILIASIE EN INTERNE KONTROLE
                                                 (30 punte; 23 minute)

5.1   KREDITEURE REKONSILIASIE

      KAGISO HANDELAARS

      Die onderstaande inligting vir Februarie 2023 voorsien het betrekking op die boeke
      van Kagiso Handelaars.

      GEVRA:

      5.1.1   Gebruik die onderstaande inligting om die Krediteurekontrolerekeninge met
              die krediteurelys reg te stel en te rekonsilieer.                              (26)

      5.1.2   Die interne ouditeur van Kagiso Handelaars, het fakture van verskaffers
              identifiseer wat nie ooreenstem met die inskrywings in die voorraadrekords
              van die besigheid nie. Hy vermoed dat sommige goedere nie by die
              besigheid afgelewer is nie.

              Watter maatreëls behoort implementeer te word om te voorkom dat daar
              betaal word vir goedere wat nie deur die besigheid ontvang word nie?
              Verskaf TWEE punte.                                                             (4)

      INLIGTING:

      A: ALGEMENE GROOTBOEK VAN KAGISO HANDELAARS

                                     KREDITEUREKONTROLE
       Feb    Bank en korting       KBJ 30 800 Feb Saldo                        a/b        8 330
       28     ontvang                            28
              Krediteure afslag     KAJ    4 800     Totale aankope             KJ    48 400
              Joernaalkrediete      AJ       580     Joernaaldebiete            AJ       450
              Saldo                 o/b  21 000
                                         57 180                                       57 180
                                                 Mar Saldo                      a/b   21 000
                                                 1

      B. KREDITEURELYS
                                                                  Krediet
      S. Mvelase                                                      7 500
      M. Pillay                                                       3 800
      G. George                                                       2 850
      R. Mokoena                                                      6 300
                                                                     20 450

                                                                                               b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

ADDISIONELE INLIGTING:

(i)     Die beginsaldo in die krediteurekontrole rekening is te veel met R1 500.

(ii)    Die bedrag vir goedere gekoop van R. Mokoena is foutiewelik geboekstaaf
        as R6 750 in die boeke. Die korrekte syfer verskyn op die faktuur, R6 570.

(iii)   ŉ Bedrag van R2 400 is oorgeplaas na S. Mvelase per EFO. Die transaksie
        is nog nie geboekstaaf in die boeke van die besigheid nie.

(iv)    ŉ Debietnota uitgereik aan R. Mokoena vir R360 is nog nie in die joernaal
        aangeteken nie, maar is oorgeboek na sy rekening in die
        Krediteuregrootboek.

(v)     P. George is R850 betaal. Die transaksie is korrek aangeteken in die
        joernaal maar nie oorgeboek na sy grootboekrekening nie.

(vi)    ŉ Debietnota van R250 gestuur aan M. Pillay is aangeteken as aankope in
        sy grootboekrekening. Hierdie transaksie is korrek in die joernaal
        aangeteken.

(vii)   Die totale van die Krediteureafslagjoernaal is te min met R300 en is so
        oorgeboek.
                                                                                     30

                                                                         TOTAAL:     200

                                        EINDE

## Related documents

- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Accounting P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p1-afrikaans-2023-possible-answers/e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR10 QPNOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qpnov2018-afrikaans/1e87937b-7217-497d-8e8e-1cddd1d2d80f) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/4b8d0bc6-19b5-452f-b16a-e5ed591af939) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9e38b882-d00f-493e-98a5-7ff860f328f2) — Accounting · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Limpopo Accounting Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-accounting-grade-10-march-2023-qp-and-memo/8aae01e7-b639-4bce-a381-fdf1d69dd268) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
