# Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Accounting question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-question-paper/8485d01d-96f0-4e55-91d1-eda3bf9fb4fe
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-question-paper/8485d01d-96f0-4e55-91d1-eda3bf9fb4fe)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2024
                              GRAAD 10

                             REKENINGKUNDE

TYD:     2½ uur

PUNTE: 200

10 bladsye ingesluit ŉ formuleblad + ŉ antwoordboek van 11 bladsye

                                                                     b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                     2
                                                                     GRAAD 10

INSTRUKSIES

1.    Beantwoord AL die vrae.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin al die vrae beantwoord moet word.

3.    Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

4.    Waar van toepassing moet berekeninge afgerond word tot die naaste rand. Alle ander
      berekeninge tot een desimale punt.
5.    Lees die instruksies van elke vraag deeglik deur en volg dit noukeurig.

7.    Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

8.    Alle antwoorde moet in swart of blou ink geskryf word.

9.    Gebruik die inligting in die tabel as ŉ gids wanneer die vraestel beantwoord word.
      Probeer om nie daarvan af te wyk nie.

     Vraag    Onderwerp                                          Punte            Tyd

       1      Konsepte en Analise van Transaksies                 45           35 minute

       2      Algemene Grootboek                                  50           40 minute

       3      Algemene Joernaal                                   30           20 minute

       4      Krediteure rekonsiliasie                            35           25 minute

       5      Konsepte en salarisse                               40           30 minute

              Totaal                                              200         150 minute

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                      3
                                                                    GRAAD 10

VRAAG 1: KONSEPTE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES (45 punte: 35 minute)

1.1   KONSEPTE
      Pas die beginsel in Kolom A by die voorbeeld in Kolom B wat dit die beste
      beskryf. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.4) in
      jou ANTWOORDBOEK.

               KOLOM A                                  KOLOM B
       1.1.1    Vaste deposito      A      ŉ Klein kontantbedrag wat in ŉ toesluitbare
                                           “geldkassie” gehou word om klein betalings
                                           te maak.
       1.1.2    Interne kontroles   B      ŉ Fasiliteit wat goedgekeur word deur die
                                           bank om fondse te leen. Die fondse geleen
                                           is verskuldig aan die bank.
       1.1.3    Kleinkas            C      Geld wat belê word by ŉ finansiële instelling
                                           vir ŉ spesifieke tydperk.
       1.1.4    Oortrokke           D      Kontant wat in die kasregister gehou word.
                bankrekening        E      Maatreëls wat in plek gesit word om te
                                           verseker dat die besigheid glad verloop.            (4)
1.2   ONTLEDING VAN TRANSAKSIES

      Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte voorsien in die
      ANTWOORDBOEK. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van 75% op kosprys.                 (41)

      Aanvaar dat die Bank ŉ gunstige saldo het vir al die transaksies.

      Voorbeeld: Betaal R10 000 per EFO aan Croxly Handelaars vir die voorraad
      aangekoop.
      TRANSAKSIES:

      1.2.1    Verkoop goedere op krediet, die kosprys was R700.

      1.2.2    SQ Bank deponeer R50 000 in die bankrekening volgens die
               leningsooreenkoms.

      1.2.3    ŉ Debietnota is uitgereik vir beskadigde goedere ter waarde van R2 100,
               wat teruggestuur is na die handelaar, Waltons.

      1.2.4    Die eienaar betaal R1 800 aan Atlantis klub vir sy dogter se swemlesse.

      1.2.5    ŉ Kwitansie is uitgereik aan D. Viljoen vir die vereffening van sy
               rekening van R7 200. ŉ Vereffeningskorting van 2,5% is aan hom
               toegestaan.

      1.2.6    Die Mei bankstaat ontvang van PNB Bank toon die volgende:
               •    EFO fooie – R170
               •    Kredietkaartheffings – R80
               •    Diensfooie – R90
                                                                                           45
                                                                                               b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                    4
                                                                   GRAAD 10

VRAAG 2: ALGEMENE GROOTBOEK                                    (50 Punte: 40 minute)

DIE SPORTWINKEL

     Die Sportwinkel word besit deur Phil Rodri. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag
     van 60% op kosprys.

GEVRA:

2.1 Voltooi die volgende rekeninge vir die maand, Maart 2024, in die algemene
    grootboek van Die Sportwinkel.

     2.1.1   Debiteurekontrole                                                          (17)

     2.1.2   Handelsvoorraad                                                            (21)

2.2 Phil Rodri glo dat die debiteure invorderings kan verbeter. Lys DRIE maniere
    waarop debiteure aangemoedig kan word om hul rekeninge tydig te vereffen.               (6)

2.3 Phil Rodri is bekommerd oor die stadige koers waarteen voorraad verkoop word.
    Hy het jou gevra om hom te adviseer oor hoe die besigheid kan verseker dat
    voorraad vinniger verkoop word. Bespreek DRIE maatreëls wat hy kan
    implementeer.                                                                           (6)

     INLIGTING:

     A Saldo’s op 01 Maart 2024;

         •   Debiteurekontrole    R156 000
         •   Handelsvoorraad      R534 000

     B Kredietfakture uitgereik aan debiteure vir die maand, Maart 2024, R409 600.

     C Handelsvoorraad kontant aangekoop gedurende Maart 2024, R613 000 voor
       handelskortings van R13 000 ontvang is.

     D Fakture ontvang vanaf verskaffers vir goedere vir Maart 2024, beloop R351 800.

     E   Sommige debiteure is nie gelukkig met die goedere wat aan hulle gelewer is
         nie. 2% van debiteure aan wie op krediet verkoop is gedurende Maart, het hul
         voorraad teruggestuur.

     F   Beskadigde goedere teruggestuur aan verskaffers gedurende Maart beloop
         R29 000.

     G Die kosprys van kontantverkope in Maart beloop R418 000.

     H Gedurende Maartmaand, is besluit om 5% van die beginsaldo van
       debiteurekontrole as oninbaar af te skryf.

     I   Ontvangstes van Debiteure vir Maart, R396 000, na toestaan van 1 % korting.
                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                     5
                                                                     GRAAD 10

     J   Rente van R5 200 is gehef op sekere debiteure a.g.v. laat betalings.

     K Die eienaar het donasies gemaak ter waarde van R15 000 vir die maand.
       R4 000 was kontant en R11 000 was handelsvoorraad.
                                                                                           50

VRAAG 3: ALGEMENE JOERNAAL                                         (30 punte; 20 minute)

     Die inligting voorsien is geneem uit die rekeningkundige rekords van Essack
     Handelaars op 30 April 2024. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van 100% op
     kosprys.

GEVRA:

3.1 Joernaliseer die transaksies hieronder gelys in die algemene joernaal van
    Essack Handelaars op 30 April 2024.                                                    (30)

     NOTA: Voorlopige totale is reeds ingesluit op die ANTWOORDBOEK. Redes
     word nie vereis nie.

     INLIGTING:

     A Die dak van die gebou is herstel vir R32 000. Die bedrag is foutiewelik in die
       Grond en Geboue rekening geboekstaaf.

     B Die eienaar het ŉ splinternuwe afleweringsvoertuig ter waarde van R500 000
       tot die besigheid bygedra.

     C F. Patel skuld Essack Handelaars R5 100. Haar insolvente boedel betaal
       20 sent uit elke rand. Dit is geboekstaaf. Skryf die oorblywende skuld af.

     D Hef rente teen 8% per jaar vir drie maande op die agterstallige rekening van
       M. de Villiers. Sy huidige rekening se saldo is R4 000.

     E   ŉ Kredietnota uitgereik aan ŉ debiteur, H. Lwazi vir R280 is foutiewelik
         oorgeboek na die rekening van ŉ krediteur, Mlwazi Groothandelaars.

     F   ŉ Kredietnota uitgereik aan J. Ndlovu, ŉ debiteur, vir goedere deur hom
         teruggestuur, ter waarde van R1 700, is geboekstaaf en as ŉ faktuur na sy
         rekening in die debiteure grootboek oorgeboek. Stel die fout reg.
                                                                                           30

                                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                   6
                                                                     GRAAD 10

VRAAG 4: KREDITEURE REKONSILIASIE                                (35 punte: 25 minute)

CHERNOBYL GROOTHANDELAARS

     Die volgende inligting rakende Chernobyl Groothandelaars is verskaf. Die
     krediteurekontrolerekening en die Krediteurelys van Sharks Handelaars is
     opgestel deur ŉ onervare boekhouer.

GEVRA:

4.1 Rekonsilieer die Krediteurekontrolerekening met die Krediteurelys vir die maand
    April 2024.                                                                          (33)

4.2 Die eienaar is bekommerd oor die verskaffing van goedere deur Buthelezi
    Uitvoerders a.g.v. fluktuasies in die wisselkoers. Hy wil ŉ plaaslike verskaffer
    gebruik. Lys TWEE oorwegings voor hy van verskaffer verander.                            (2)

     INLIGTING A:

     ALGEMENE GROOTBOEK VAN CHERNOBYL GROOTHANDELAARS

                                     KREDITEUREKONTROLE                   B7
      2024     Bank en                     2024
      April 31 korting         KBJ 192 700 April 01 Saldo                a/b   225 000
               ontvang
               Krediteure                                   Krediteure
                               KAJ     21 000          31                KJ    197 000
               kontrole                                     kontrole
               Joernaal                                     Joernaal
                               AJ       1 200                            AJ      3 100
               Debiete                                      Krediete
                  Saldo        o/b    271 700

                                      425 100                                  425 100

                                                2024
                                                     01 Saldo            a/b   271 700
                                                Mei

     INLIGTING B:

     KREDITEURELYS OP 30 April 2024
      Mohamed Verskaffers                   (11 200)
      Khambule Handelaars                    86 400
      Reddy & Seuns                          56 900
      Buthelezi Uitvoerders                  61 500

      Totaal                                 193 600

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                     7
                                                                GRAAD 10

FOUTE EN WEGLATINGS

i     Die beginsaldo is oorstateer met R29 000.

ii    Goedere wat teruggestuur is aan Buthelezi Uitvoerders ter waarde van
      R7 700 is as korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal maar foutiewelik na die
      rekening van Mohamed Verskaffers oorgeboek.

iii   Dra die debietsaldo in die rekening van Mohamed Verskaffers in die
      krediteuregrootboek oor na haar rekening in die debiteuregrootboek.

iv    ŉ Kredietfaktuur vir R16 400 uitgereik deur Reddy & Seuns is nie
      geboekstaaf nie.

v     Die rekenmeester het vergeet om die bedrag verskuldig aan Khambule
      Handelaars aan die einde van Maart te betaal. Khambule Handelaars het
      rente teen 5% per jaar vir die maand, April, gehef op Chernobyl
      Groothandelaars.

vi    Handelsvoorraad van R6 200 wat aangekoop is vanaf Buthelezi Uitvoerders
      is korrek in die krediteur se rekening geboekstaaf maar is foutiewelik in die
      krediteure afslagjoernaal aangeteken.

vii   ŉ betaling van R9 500 is gemaak voor die datum betaalbaar aan Buthelezi
      Uitvoerders en is korrek geboekstaaf in die hulpjoernaal en so oorgeboek.
      Die rekenmeester het egter nie die korting van 2% vir vroegtydige betaling
      geboekstaaf nie.
                                                                                      35

                                                                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                     8
                                                                  GRAAD 10

VRAAG 5: KONSEPTE EN SALARISSE                                  (40 punte: 30 minute)

5.1 KONSEPTE

   Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Skryf slegs ‘Waar’ of ‘Vals’
   langs die nommers (5.1.1 – 5.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer.                               (4)

   5.1.1 Netto salaris is die salaris betaal aan werknemers na aftrekkings.

   5.1.2 Volgens die Suid-Afrikaanse Arbeidswetgewing, word slegs van
         werknemers vereis om WVF te betaal.

   5.1.3 LBS moet aan die Departement van Arbeid oorbetaal word.

   5.1.4 Die akroniem VOH staan vir Vaardigheidsontwikkelingsheffing.

5.2 SALARISSKAAL

   COETZEE SE GROOTHANDELAAR

   Me. Warren is onlangs indiens geneem deur Coetzee se Groothandelaars en het
   die volgende salarisskaal ontvang

                  135 000 x 14 640 – 178 920 x 16 920 – 229 680

   5.2.1 Bepaal Me. Warren se maandelikse salaris in haar eerste jaar van
         indiensneming?                                                                     (2)

   5.2.2 Wat sal haar jaarlikse salaris gedurende die derde jaar van haar
         indiensneming wees?                                                                (4)

   5.2.3 Bereken die persentasie styging in haar maandelikse salaris in haar sesde
         jaar van indiensneming.                                                            (4)

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                    9
                                                                      GRAAD 10

5.3   SALARISJOERNAAL

      DAVID SE SUPERMARK

      Raymond David besit ŉ medium grootte supermark wat geleë is in ŉ woongebied.
      Hy het twee werkers in diens, wat verskillende salarisse verdien.

      GEVRA:

      5.3.1   Voltooi die salarisjoernaal vir die maand Maart 2024.                        (22)

      5.3.2   Die eienaar het besluit dat hy nie die geld wat ingesamel is vir LBS dié
              maand gaan oorbetaal nie omdat hy kontant nodig het en ŉ
              dubbelbetaling die volgende maand sou maak.

              •   Adviseer Mnr. David’s teen die besluit en voorsien EEN gevolg vir die
                  aksie.                                                                       (4)

      INLIGTING:

       Die boekhouer van David’s Supermark het vergeet om enkele besonderhede
       van een van sy werknemers, V. Radebe se salaris in die salarisjoernaal vir
       Maart 2024 te boekstaaf.

       V.Radebe se indiensnemingskontrak sluit die volgende in:

       AFTREKKINGS:
             – Bruto salaris van R19 000 per maand
             – LBS - 18% van bruto salaris
             – Mediese fonds van R850 per maand
             – Pensioenfonds -8% van bruto salaris
             – WVF - 1% van bruto salaris

       WERKGEWERSBYDRAES:
            – Mediese fonds – R2 vir elke R1 bygedra deur V. Radebe
            – Pensioenfonds – ? van bruto salaris
            – WVF – 1% van bruto salaris

                                                                                               40

                                                                                 TOTAAL:    200

                                             EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                    10
                                                              GRAAD 10

    GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

                         Bruto wins     x 100              Netto wins    x 100
Bruto wins x 100
                         Koste van verkope 1                Verkope         1
  Verkope     1
                                                     Bedryfswins x 100
     Bedryfsuitgawes x 100
                                                      Verkope       1
        Verkope         1

   Bedryfsbates : Bedryfslaste             (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste

   (Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste

     Netto wins x      100                        Totale bates: Totale laste
     Eienaarsbelang     1

## Related documents

- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Accounting · Addendum · 2024 · Afr
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) June 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-june-2016-possible-answers/5ea2a470-20b9-4f3c-8167-e6b1fd41fc1b) — Accounting · Memo · 2016 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR10 QPNOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qpnov2018-afrikaans/1e87937b-7217-497d-8e8e-1cddd1d2d80f) — Accounting · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 Accounting P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p1-afrikaans-2023-possible-answers/e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a) — Memo · 2023 · Afr
- [Limpopo Accounting Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-accounting-grade-10-march-2023-qp-and-memo/8aae01e7-b639-4bce-a381-fdf1d69dd268) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
