# Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p1-afrikaans-2023-question-paper/ab8ce54b-9674-40e9-bd17-697bd541d01b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p1-afrikaans-2023-question-paper/ab8ce54b-9674-40e9-bd17-697bd541d01b)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Accounting P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p1-afrikaans-2023-possible-answers/e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2023
                             GRAAD 10

                            REKENINGKUNDE
                             (VRAESTEL 1)

TYD:    2 uur

PUNTE: 150

9 bladsye, ŉ formuleblad en ŉ 6-bladsy antwoordboek

                                                      b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1)                   2
                                                                 GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     Beantwoord alle vrae in die ANTWOORDBOEK wat voorsien word.

3.     Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

4.     Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

5.     Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.     Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.

7.     Skryf netjies en leesbaar.

8.     ŉ FORMULEBLAD is aangeheg aan die einde van die vraestel.

9.     Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ŉ gids wanneer die vraestel beantwoord
       word. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.

 VRAAG                       ONDERWERPE                        PUNTE             TYD
               AARP konsepte en Ontleding van
       1                                                          33          25 minute
               Transaksies
       2       Staat van Omvattende Inkomste                      44          35 minute
       3       Notas en Staat van Finansiële posisie              38          32 minute
               Konsepte en Ontleding en vertolking van
       4                                                          35          28 minute
               Finansiële State
     Totaal                                                      150         120 minute

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                            REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1)                 3
                                                               GRAAD 10

VRAAG 1: AARP KONSEPTE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES
                                              (33 punte: 25 minute)
1.1 AARP KONSEPTE

      Pas die beginsel in KOLOM A by die voorbeeld wat dit die beste beskryf in
      KOLOM B. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.4) in jou ANTWOORDBOEK neer.

             KOLOM A                                  KOLOM B
       1.1.1 Besigheidsentiteit     A    Grond en geboue word teen die
                                         oorspronklike prys van R350 000 in die
                                         Balansstaat getoon, ongeag hul
                                         markwaarde van R500 000.
       1.1.2 Lopende saak           B    Korting toegestaan word terselfdertyd
                                         geboekstaaf wanneer ŉ debiteur sy
                                         rekening vereffen.
       1.1.3 Historiese koste       C    Handelsvoorraad word as R20 000
                                         waardeer al kan dit verkoop word vir
                                         R15 000.
       1.1.4 Paring                 D    Handelsvoorraad deur die eienaar
                                         geneem word in die finansiële state as
                                         onttrekkings getoon.                              (4)

1.2   ONTLEDING VAN TRANSAKSIES

      Ontleed die volgende transaksies volgens die opskrifte die ANTWOORDBOEK
      voorsien. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van 50% op kosprys.                 (29)

      Aanvaar die Banksaldo is gunstig vir alle transaksies.

      Voorbeeld: Skryfbehoeftes is vir kontant gekoop, R 2 000.

      TRANSAKSIES:

      1.2.1     Koop toerusting op krediet vir R10 000 van Tshwane Meubileerders.

      1.2.2     ŉ Debiteur, N Mothusi betaal R4 750 via EFO ter vereffening van haar
                rekening van R5 000.

      1.2.3     Verkoop goedere vir kontant, die kosprys was R3 000.

      1.2.4     Die eienaar het handelsvoorraad vir eie gebruik geneem teen kosprys
                van R850.

      1.2.5     Die eienaar van die besigheid het beskadigde goedere, wat 5%
                afslag op toegestaan is, teruggestuur aan die verskaffer. Die
                oorspronklike kosprys was R1 800.
                                                                                       33

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1)                   4
                                                                 GRAAD 10

VRAAG 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE                           (44 punte; 35 minute)

SEBENZA HANDELAARS

Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Sebenza Handelaars op
28 Februarie 2023, die laaste dag van die finansiële jaar. Die besigheid gebruik ŉ 40%
winsopslag op kosprys.

GEVRA:

2.1 Stel die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig
    28 Februarie 2023 op.                                                                  (44)

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die Proefbalans vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023

      Balansstaatrekeninge                                          Debiet    Krediet
      Kapitaal (1 Maart 2022)                                                 600 000
      Onttrekkings                                                   34 000
      Voertuie                                                      280 000
      Opgelope waardevermindering op voertuie (1 Maart 2022)                    56 000
      Toerusting                                                    130 000
      Opgelope waardevermindering op toerusting (1 Maart 2022)                  44 600
      Vaste Deposito: Al Raji Bank @ 9% p.j.                         24 000
      Handelsvoorraad                                                44 000
      Debiteurekontrole                                              42 300
      Bank (gunstig)                                                  4 600
      Verbandlening: SAAB Bank                                                 103 800
      Nominale rekeninge
      Verkope                                                                  588 000
      Koste van verkope                                             420 000
      Debiteure afslag                                                6 800
      Huur Inkomste                                                             36 200
      Kommissie-inkomste                                                        10 150
      Salarisse                                                      43 500
      Versekering                                                    12 500
      Oninbare skuld                                                  4 800
      Skryfbehoeftes                                                  3 320
      Water en elektrisiteit                                         19 100
      Bankkoste                                                       4 200
      Verpakkingsmateriaal                                            7 100
      Advertensie                                                     2 300
      Rente op vaste deposito                                                      1 620

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1)                 5
                                                                      GRAAD 10

B.   AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING

     (i)      Die water en elektrisiteitsrekening vir Februarie 2023 is nog nie betaal nie,
              R1 830.

     (ii)     Voorraad met ŉ verkoopprys van R2 520 is geskenk aan die plaaslike
              weeshuis. Geen inskrywing is gemaak nie.

     (iii)    Volgens ŉ fisiese voorraadopname op 28 Februarie 2023, is die volgende
              items voorhande:

              •      Handelsvoorraad          R 41 000
              •      Verpakkingsmateriaal     R 1 950

     (iv)     Versekering sluit ŉ jaarlikse premie van R3 960 in vir die periode
              1 September 2022 tot 31 Augustus 2023.

     (v)      Huur vir Februarie 2023 is nog nie ontvang nie. Die huur is verhoog met
              R300 per maand vanaf 1 Julie 2022.

     (vi)     R. Adam, ŉ debiteur, wat R1 200 aan Sebenza Handelaars skuld, is
              insolvent verklaar. Sy boedel was instaat om die helfte van die verskuldige
              bedrag te betaal. Skryf die uitstaande bedrag af.

     (vii)    Die leningstaat ontvang van SAAB Bank op 28 Februarie 2023 toon die
              volgende:

                  Saldo op 1 Maart 2022                                  R150 000
                  Terugbetalings gedurende die jaar (ingesluit rente)    R 46 200
                  Rente op lening (gekapitaliseer)                              ?
                  Saldo op 28 Februarie 2023                             R117 300

     (viii)   Voorsien vir die uitstaande rente op die vaste deposito. Rente word nie
              gekapitaliseer nie.

     (ix)     Die bankstaat vir Februarie 2023 toon die volgende:

              •      EFO fooie                 – R 170
              •      Kredietkaartheffings      – R 90
              •      Rente op lopende rekening – R 220

     (x)      Waardevermindering word soos volg bereken:

              •      Op voertuie teen 10% p.j. op kosprys
              •      Op toerusting teen 15% p.j. op die verminderde saldo metode

              NOTA:       Addisionele toerusting met ŉ kosprys van R12 400 is aangekoop
                          op 1 Desember 2022. Die transaksie is nog nie geboekstaaf nie.
                                                                                              44
                                                                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1)                 6
                                                                  GRAAD 10

VRAAG 3: NOTAS EN STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE                    (38 punte; 32 minute)

SAVAGE HANDELAARS

Jasper Savage is die eienaar van Savage Handelaars, ŉ verskaffer van
spysenieringstoerusting. Die besigheid diens ook toerusting teen ŉ fooi vir verskeie
kliente. Die besigheid gebruik ŉ winsopslag van 100% op kosprys.

GEVRA:

3.1 Stel die volgende notas tot die Staat van Finansiële Posisie op;

     3.1.1   Eienaarsekwiteit                                                                 (6)

     3.1.2   Handels en ander betaalbares                                                 (20)

3.2 Voltooi die Ekwiteit en Laste afdeling van die staat van Finansiële Posisie vir die
    jaar geëindig 31 Julie 2023.                                                          (12)

     INLIGTING:

     Uittreksel uit die voor-aansuiweringsproefbalans op 31 Julie 2023
       Kapitaal                                                    3 000 000
       Onttrekkings                                                  200 000
       Verbandlening: SWYS Bank (sien aansuiwering (v))                     ?
       Debiteurekontrole                                             680 000
       Krediteurekontrole                                            530 000
       SAID: LBS                                                       51 000
       Pensioenfonds                                                   19 000
       Mediese fonds                                                   17 000
       Oortrokke bank                                                105 000

     ADDISIONELE INLIGTING EN AANSUIWERINGS NIE GEBOEKSTAAF

     (i)     Jasper Savage het ŉ verdere R100 000 kontant in die besigheid belê op
             30 Junie 2023. Hierdie transaksie is nie geboekstaaf nie.

     (ii)    Netto wins vir die jaar beloop R170 000 en is nog nie in die boeke
             aangeteken nie.

     (iii)   Jasper Savage het addisionele handelsware met ŉ kosprys van R40 000
             vir eie gebruik geneem.

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1)                 7
                                                              GRAAD 10

(iv)     ŉ Debiteur het drie industriële oonde, met ŉ verkoopprys van R75 000 elk,
         teruggestuur. Tydens inspeksie het Savage Handelaars bevind dat al drie
         oonde nie werk nie en het dit aan die verskaffer teruggestuur.

(v)      Bakplate met ŉ totale koste van R3 000, is op krediet aangekoop by die
         verskaffer, maar die inskrywing is geboekstaaf soos aangedui in die
         onderstaande tabel: Stel die fout reg.

          Besonderhede                Debiet           Krediet
          Handelsvoorraad             R3 000
          Bank                                         R3 000

(vi)     Die staat van SWYS Bank ontvang op 31 Julie 2023 is soos volg:

          Saldo op 01 Junie 2022                                 290 000
          Terugbetalings ingesluit rente                         (80 000)
          Rente gehef                                             30 000
          Saldo op 31 Julie 2023                                 240 000

         25% van die uitstaande saldo van die lening sal in die volgende finansiële
         jaar terugbetaal word.

(vii)    Die staat vir die telefoonrekening is eers ŉ paar dae na 31 Julie 2023
         ontvang. Die bedrag van R6 000 sal in Augustus 2023 betaal word.

(viii)   Een van die debiteure het R12 000 betaal vir die diens van elektriese
         stowe. As gevolg van beurtkrag, sal die diens eers in Augustus 2023
         gedoen word.

(ix)     Savage Handelaars het ŉ nuwe verkoopsassistent aan die begin van
         Julie 2023 in diens geneem. Die Menslike Hulpbronne (Arbeids) afdeling
         het nog nie die assistent se inligting verwerk nie en hy is nog nie vir
         Julie 2023 betaal nie.

         Sy salarisbesonderhede is as volg:

            Bruto                   Pensioenfonds         Mediese fonds      Netto
                          LBS
            salaris                   aftrekking           aftrekking       Salaris
              15 000        2 100              1 500                1 300         ?

         Werkgewerbydraes is:

          Pensioenfonds       R2,00 vir elke R1,00 aftrekking.
          Mediese fonds       Op ŉ rand tot rand basis.
                                                                                      38

                                                                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                               REKENINGKUNDE (VRAESTEL 1)              8
                                                                  GRAAD 10

VRAAG 4: KONSEPTE EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
                                                 (35 punte; 28 minute)

4.1 KONSEPTE

    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘Waar’ of
    ‘Onwaar’ langs die nommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDBOEK.

    4.1.1   Vaste deposito wat in die volgende finansiële jaar verval is geboekstaaf
            onder nie-bedryfslaste.

    4.1.2   Die finansiële instelling sal belangstel in die finansiële state van ŉ
            besigheid indien hulle aansoek doen vir ŉ lening.

    4.1.3   Solvensie is die vermoë van ŉ maatskappy om sy langtermyn skuld en
            finansiële verpligtinge na te kom.                                             (3)

4.2 ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE

    Milan Verskaffers word besit deur James Milan. Hy verkoop dames sakke plaaslik.
    Die finansiële jaar eindig 28 Februarie 2023.

    Bereken die finansiële aanwysers soos op 28 Februarie 2023.

    4.2.1   Bereken die winsopslagpersentasie.                                             (3)

    4.2.2   Bereken die nettowins op verkope.                                              (3)

    4.2.3   Bereken die bedryfsverhouding.                                                 (3)

    4.2.4   Bereken die vuurproefverhouding.                                               (4)

    4.2.5   Bereken die opbrengs op eienaarsekwiteit.                                      (5)

    4.2.6   James Milan is nie gelukkig met die beheer oor uitgawes in die besigheid
            nie. Haal EEN finansiële aanwyser aan met syfers om sy bekommernis te
            ondersteun.                                                                    (3)

    4.2.7   Lewer kommentaar oor die likiditeit van die besigheid. Haal TWEE
            finansiële aanwysers aan en voorsien syfers om jou antwoord te                 (4)
            ondersteun.

    4.2.8   Milan Verskaffers het ŉ winsopslagbeleid van 40% op alle handelsware.
            Die eienaar is bekommerd dat die besigheid nie die winsopslag sal behaal
            nie. Voorsien TWEE redes waarom die besigheid nie die beoogde
            winsopslag bereik nie.                                                         (2)

    4.2.9   Noem of Milan Verskaffers gelukkig behoort te wees met die % opbrengs
            op ekwiteit. Gee TWEE redes vir jou antwoord. Haal die finansiële
            aanwysers en relevante syfers aan.                                             (5)

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

INLIGTING:

A.   UITTREKSEL UIT DIE STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE
                                            2023      2022
     Verkope                             676 000   600 000
     Koste van verkope                   520 000   480 000
     Bruto wins                          156 000   120 000
     Bedryfsuitgawes                      74 880    54 000
     Netto wins                           81 120    66 000

B.   UITTREKSEL UIT DIE STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE
                                             2023           2022
     Eienaarsekwiteit                     550 000        500 000
     Nie-bedryfsbates                     680 000        440 000
     Bedryfsbates                         490 000        570 000
     Nie-bedryfslaste                     620 000        840 000
     Bedryfslaste                         220 200        200 200
     Voorraad                             200 000        261 000
     Kontant en kontantekwivalente        165 000        124 000
     Handels en ander ontvangbares        125 000        185 000

C.   FINANSIËLE AANWYSERS                         2023     2022
     % Winsopslag op kosprys                         ?      25%
     % Bedryfsuitgawe op verkope                 14.2%       9%
     % Netto wins op verkope                         ?      11%
     Bedryfsverhouding                               ?    2,8 : 1
     Vuurproefverhouding                             ?     1,5: 1
     % Opbrengs op gemiddelde ekwiteit              ?     12,8%
     Rentekoers op vaste deposito                  9%        9%
     Rentekoers op lening                         18%      18%
                                                                              35

                                                                    TOTAAL:   150

                                         EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERSFORMULEBLAD

   Bruto wins 100                   Bruto wins       100            Netto wins 100
                                                                            
    Verkope    1                 Koste van verkope    1              Verkope    1

      Bedryfsuitgawes 100                                  Bedryfswins 100
                                                                     
         Verkope       1                                    Verkope     1

    Bedryfsbates: Bedryfslaste                  Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste

     (Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste
         Netto wins      100
                       
      Eienaarsekwiteit    1                        Totale bates: Totale laste

## Related documents

- [Gr10 Acc (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-november-2015-question-paper/19fda69c-ec32-4b0f-96fa-3f4da03fbc92) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/c1d2e056-7097-4c64-86d4-2be619f15f6a) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR10 QPNOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr10-qpnov2018-afrikaans/1e87937b-7217-497d-8e8e-1cddd1d2d80f) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/4b8d0bc6-19b5-452f-b16a-e5ed591af939) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9e38b882-d00f-493e-98a5-7ff860f328f2) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Accounting · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Limpopo Accounting Grade 10 March 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-accounting-grade-10-march-2023-qp-and-memo/8aae01e7-b639-4bce-a381-fdf1d69dd268) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
