# Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-2023-question-paper/6b575591-92fd-4ae2-99ec-d2070932ada6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-2023-question-paper/6b575591-92fd-4ae2-99ec-d2070932ada6)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2023
                             GRAAD 10

                             REKENINGKUNDE
                              (VRAESTEL 2)

TYD:    2 uur

PUNTE: 150

10 bladsye, ŉ formuleblad en ŉ 9 bladsy antwoordboek.

                                                        b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)                2
                                                                  GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
       word.

3.     Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.     Waar van toepassing, rond alle berekeninge af tot die naaste rand. Alle ander
       berekeninge moet tot EEN desimaal afgerond word.

5.     Lees die instruksies van elke vraag deeglik en volg dit noukeurig.

7.     Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

8.     Alle antwoorde moet in swart of blou ink voltooi word.

9.     ŉ FORMULEBLAD is aangeheg aan die einde van hierdie vraestel.

10. Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ŉ gids wanneer die vraestel
    beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.

 VRAAG                       ONDERWERPE                         PUNTE           TYD
       1       Konsepte en Krediteurerekonsiliasie                 42        34 minute
       2       Begroting                                           34        26 minute
       3       Voorraad, Probleemoplossing en Etiek                46        38 minute
       4       Kosteberekeninge                                    28        22 minute
     Totaal                                                       150        120 minute

                                                                                              b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)                    3
                                                                GRAAD 10

VRAAG 1: KONSEPTE EN KREDITEUREREKONSILIASIE                      (42 punte; 34 minute)

1.1 KONSEPTE

   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
   ONWAAR in die ANTWOORDBOEK.

   1.1.1     Betalings aan krediteure word geboekstaaf aan die debietkant van hul
             rekeninge.

   1.1.2     ŉ Kwitansie word uitgereik deur ŉ krediteur wanneer goedere op krediet
             aangekoop word.

   1.1.3     Handelskrediteure word as ŉ bedryfsbate geklassifiseer in die boeke van die
             besigheid.                                                                          (3)

1.2 KREDITEUREREKONSILIASIE

   METH WINKELS

   Die onderstaande inligting is ŉ uittreksel uit die rekords van Meth Winkels vir
   Augustus 2023. Die besigheid handhaaf ŉ winsopslag van 25% op kosprys.

   GEVRA:

   1.2.1     Stel die Krediteurekontrolerekening in die Algemene Grootboek op vir
             Augustus 2023.                                                                     (17)

   1.2.2     Stel die korrekte Krediteurelys vir 31 Augustus 2023 op.                           (16)

   1.2.3     Sammy Sithole werk vir Meth winkels. Hy is verantwoordelik vir die
             volgende: bestelling van goedere, ontvangs van goedere deur verskaffers
             afgelewer en vir die betaling van die verskaffers vir goedere afgelewer. Die
             eienaar van Meth Winkels is bekommerd dat verkoopsyfers nie groei nie
             maar goedere (handelsvoorraad) word gereeld vervang.

             Verskaf DRIE interne kontrolemaatreëls wat deur Meth Winkels
             geïmplementeer behoort te word.                                                     (6)

   NOTA: Toon al jou berekeninge in hakies.

   INLIGTING:

   A.      Krediteurekontrole saldo op 1 Julie 2023, R33 500.

                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)                   4
                                                                GRAAD 10

B. TOTALE VAN DIE HULPJOERNALE OP 31 AUGUSTUS 2023

 Krediteurejoernaal                             Debiteurejoernaal
 Handelsvoorraad                    24 000      Verkope                         36 000
 Diverse rekeninge                   2 100      Koste van verkope               28 800
 Krediteurekontrole                 26 100

 Krediteure-afslagjoernaal                      Debiteure-afslagjoernaal
 Handelsvoorraad                     2 000      Debiteure afslag                 1 000
 Diverse rekeninge                     200      Koste van verkope                  800
 Krediteurekontrole                  2 200

  Kontantbetalingsjoernaal                      Algemene joernaal
  Bank                              66 895      Debiteurekontrole    Krediteurekontrole
  Handelsvoorraad                   23 000          Dt        Kt        Dt          Kt
  Krediteurekontrole                 25 550        780       850       950         800
  Korting ontvang                      550
  Diverse rekeninge                 18 345
C. Krediteurelys op 31 Augustus 2023
 Krediteure                                           Bedrag
 AB Verskaffers                                       R14 350
 BB Handelaars                                          7 400
 Otto Meubileerders                                     9 300
 Crox Skryfbehoeftes                                    2 300
                                                       33 350

FOUTE EN ADDISIONELE INLIGTING:

(i)     ŉ Faktuur vir goedere aangekoop vanaf AB Verskaffers was foutiewelik na die
        rekening van BB Handelaars oorgeboek, R1 200.

(ii)    EFO betalings van R600 is gemaak aan Crox Skryfbehoeftes vir goedere
        voorheen op krediet gekoop. Die transaksie is aangeteken in die
        Kontantbetalingsjoernaal maar is nie na die rekening van Crox Skryfbehoeftes
        in die Krediteuregrootboek oorgeboek nie.

(iii)   Die Krediteurekontrolekolom in die Krediteurejoernaal is met R300 te min
        opgetel.

(iv)    Geen inskrywing is gemaak vir goedere teruggestuur aan BB Handelaars, R770.

(v)     ŉ Elektroniese oordrag van R540 is gemaak in die rekening van Otto
        Meubileerders. Dit is korrek aangeteken in die kontantbetalingsjoernaal maar
        as R450 oorgeboek na die rekening van Otto Meubileerders in die
        Krediteuregrootboek.

(vi)    ŉ Kredietnota van R330 ontvang van AB Verskaffers vir goedere teruggestuur
        is korrek in die Krediteure afslagjoernaal aangeteken maar is foutiewelik na die
        verkeerde kant van AB Verskaffers se rekening in die Krediteuregrootboek
        oorgeboek.
                                                                                                42
                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)                     5
                                                                  GRAAD 10

VRAAG 2: BEGROTING                                                 (34 punte; 26 minute)

2.1 Gauteng Hoërskool vir Seuns

    Die rugbyspan van Gauteng Hoërskool vir seuns beplan ŉ toer (uitstappie) na Port
    Elizabeth. Die toer is beplan vir die Julie 2024 skoolvakansie.

    2.1.1     Bereken die totale verwagte koste van die toer vir al die spelers. (vir ŉ Drie
              dag-toer).                                                                       (27)

    2.1.2     Bereken die koste van die toer per speler.                                           (3)

    2.1.3     Hoe kan die verwagte bydraes van elke speler verminder word? Verskaf
              TWEE metodes wat gebruik kan word om fondse in te samel vir die span,
              uitgesluit die bronne van fondse wat reeds genoem is in die gegewe
              inligting.                                                                           (4)

    INLIGTING:

    A.      Daar is 15 spelers, 8 reserwes in die span en 2 afrigters. Dit word in die
            skoolbeleid genoem dat die koste van die 2 afrigters gedek moet word deur
            die spelers.

    B.      Die skool was instaat om ŉ borgskap van R18 200 by Planet Rugby Sports te
            verkry.

    C.      ŉ Donasie van R7 700 is ontvang van ŉ rugbyspeler wat vir die nasionale
            span speel.

    D.      Die volgende is die koste/uitgawes vir die toer:

            Uniform/Toebehore: ŉ Kwotasie is ontvang by Cassim Uitrusters vir nuwe
            uniforms en ŉ sweetpak wat R800 per speler beloop. Die afrigters sal ook
            elkeen ŉ sweetpak ontvang wat R250 elk kos.

            Akkommodasie: Die span sal in twee van Port Elizabeth se slaapsale slaap
            vir die duur van die toer, teen ŉ koste van R980 per slaapsaal per dag.

            Vervoer: Bus se huur is R18 000 plus R3,50 per km. Die retoerafstand na en
            van Port Elizabeth is 2 164 km.

                                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)           6
                                                                   GRAAD 10

           Etes: Die span sal aandete ontvang teen ŉ koste van R46 per persoon en
           ontbyt teen R18 per persoon. Middagete se onkoste sal deur die spelers
           gedek word.

           Toegangsfooi: Op die derde dag sal die span en afrigters die Kruger
           Nasionale Park besoek. Die ingangsfooie is R150 per persoon. ŉ 20%
           korting word toegestaan vir groepbesprekings wat 20 mense oorskrei.

                                                                                          34

VRAAG 3: VOORRAAD, PROBLEEMOPLOSSING EN ETIEK (46 punte; 38 minute)

3.1 VOORRAAD

   KULA HANDELAARS

   Die onderstaande inligting het betrekking op Kula Handelaars vir Januarie 2023.

   GEVRA:

   Sien die Handelsvoorraadrekening in die Algemene Grootboek en beantwoord die
   vrae wat volg.

   3.1.1     Wat is die kontrarekening vir A?                                              (1)

   3.1.2     Waar word die eindvoorraad van handelsvoorraad in die finansiële state
             getoon?                                                                       (2)

   3.1.3     Watter transaksie het die inskrywing van B laat plaasvind?                    (2)

   3.1.4     Wat is die kontrarekening wat aangedui word met C?                            (1)

   3.1.5     Gee ŉ rede vir die inskrywing by D.                                           (2)

   3.1.6     Bereken die bedrag uitgelaat by E.                                            (2)

   3.1.7     Wat is die kontrarekening wat aangedui word met F?                            (1)

   3.1.8     Bereken G, goedere is op krediet verkoop vir R27 000. ŉ Winsopslag van
             25% is bygevoeg.                                                              (3)

   3.1.9     Wat is die folio verwysing vir H?                                             (1)

   3.1.10 Gee DRIE moontlike redes vir item I.                                             (6)

   3.1.11 Bereken die bedrag uitgelaat by J.                                               (3)

                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)                     7
                                                                  GRAAD 10

 INLIGTING:

                    ALGEMENE GROOTBOEK VAN KULA HANDELAARS
  Dt                          HANDELSVOORRAAD                                             Kt
  2023     1     Saldo            a/b    54 780 2023 31 (F)                  KAJ      5 700
   Jan                                             Jan
           31    (A)              KBJ      7 008              Koste van       DJ          (G)
                                                              verkope
                 Krediteure-      KJ     36 192               Koste van       H      22 800
                 kontrole (B)                                 verkope
                 (C)              DAJ      2 370              (I)             AJ          900
                 Kleinkas (D)     KKJ        (E)              Saldo           o/b         (J)
                                        102 000                                     102 000
  2023     1     Saldo            a/b          ?
  Feb

3.2 PROBLEEMOPLOSSING

   INLIGTING

   Thuli Mabuza besit vier bakkerye in Gauteng. Hulle verkoop ŉ verskeidenheid van
   gebakte produkte aan klante en handelaars. Die onderstaande inligting is ŉ
   uittreksel van twee van haar takke. Sy is bekommerd oor die begrote wins wat
   reeds vir meer as 6 maande nie bereik word nie.

   GEVRA:

   Gebruik die inligting verskaf in A en B om die volgende vrae te beantwoord.

   3.2.1       Bereken die aantal koeke wat deur Diepkloof Square Bakkery verkoop is.              (2)

   3.2.2       Diepkloof Square Bakkery het ŉ groot aantal koeke wat nie afgehaal is nie.
               Stel TWEE strategieë voor wat deur die besigheid geïmplementeer kan
               word om die afhaal van koeke deur klante, te verbeter. (Verwys na inligting
               A en B.)                                                                            (4)

   3.2.3       Stel TWEE metodes voor wat deur die besigheid gebruik kan word om
               verkope te verbeter.                                                                (4)

   3.2.4       Verwys na inligting A. Identifiseer ŉ probleem by Naledi Mall Bakkery en
               voorsien TWEE oplossings vir die probleem. Gebruik syfers om die
               geïdentifiseerde probleem op te los.                                                (6)

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)                      8
                                                               GRAAD 10

   INLIGTING:

   A.              Inligting oor trou- en verjaarsdagkoeke vir September 2023
                                              Diepkloof Square           Naledi Mall
                                                  Bakkery                 Bakkery
           Begrote aantal verkope                     340                    340
           Aantal bestellings geplaas deur
                                                      280                    290
           klante
           Aantal koeke verkoop                        ?                     254
           Aantal koeke vermis                         0                     34
           Aantal koeke voorhande/nie
                                                       8                      2
           afgehaal deur klante nie
                                             3 bakkers              3 bakkers
           Aantal werknemers
                                             3 winkel- assistente   3 winkel- assistente

   B. •       ŉ Deposito van 10% is betaalbaar voor ŉ bestelling verwerk kan word.
      •       ŉ Minimum prys vir verjaarsdagkoeke is R500 en vir troukoeke is R1 800.

3.3 ETIEK

   Egoli Klerewinkel

   Egoli Klerewinkel word besit deur Nellie Masinya. Sy verkoop klere, handsakke en
   skoene. Die winkel is langs die Mall van die Ooste. Goedere word vir kontant en op
   krediet aan hul lojale klante wat kwalifiseer om op krediet te koop verkoop. Hulle
   koop hulle goedere in Italië (oorsee). Hulle is ingelig deur hul verskaffers dat ŉ nuwe
   tak geopen gaan word in Witbank (Mpumalanga).

   Nellie sal minder betaal vir goedere en vervoerkoste. Sy is nie bereid om die
   verkoopprys van haar goedere aan te pas nie. Sy voel dat hierdie ŉ geleentheid is om
   meer wins te maak.

   GEVRA:

   3.3.1     Watter advies sal jy aan haar bied? Verskaf DRIE punte.                             (6)

                                                                                                 46

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE (VRAESTEL 2)                  9
                                                                  GRAAD 10

VRAAG 4: KOSTEREKENINGKUNDE                                         (28 punte; 22 minute)

4.1 KONSEPTE

   Pas die konsepte in KOLOM A by die gepaste item of verduideliking verskaf in
   KOLOM B. Skryf slegs die letter langs die vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.5) in die
   ANTWOORDBOEK.

   INLIGTING:

                  KOLOM A                                      KOLOM B
    4.1.1 Direkte materiaalkoste                 A   Fabrieksbestuurder
    4.1.2 Direkte arbeidskoste                   B   Advertensies
    4.1.3 Fabrieksbokoste                        C   Kantoorhuur
    4.1.4 Verkope- en verspreidingskoste         D   Hout vir die tafels en stoele
    4.1.5 Administratiewe koste                  E   Masjienoperateurs
                                                                                                 (5)

4.2 THELMA VERVAARDIGERS

   Thelma Vervaardigers ontwerp handsakke en verkoop dit teen ŉ winsopslag van
   40% op kosprys. Met die huidige beurtkrag wat implementeer is, het
   produksiekoste toegeneem, en verkoopsyfers het afgeneem.

   GEVRA:

   Bereken die volgende koste en toon alle berekeninge.

   4.2.1    Bereken die direkte materiaalkoste.                                                  (9)

   4.2.2    Bereken die direkte arbeidskoste.                                                    (3)

   4.2.3    Bereken die totale direkte koste.                                                    (2)

   4.2.4    Bereken die fabrieksbokoste.                                                         (2)

   4.2.5    Bereken die totale koste van produksie.                                              (2)

   4.2.6    Bereken die produksiekoste per handsak.                                              (2)

   4.2.7    Bereken die verkoopprys per handsak.                                                 (3)

                                                                                                b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

INLIGTING:

Die volgende koste is geneem uit die rekords van Thelma Vervaardigers vir die
maand van September 2023.

                             KOSTE EN UITGAWES

    Per handsak
                                               Hoeveelheid      Prys per item
    Ritssluiters                                          2        R5 per rits
    Materiaal                                     1,5 meter     R25 per meter
    Garing                                        10 meter       R2 per meter
    Krale                                           4 pakke        R9 per pak

    Arbeidskoste
    Arbeid (fabriek)                                  3 ure        R36 per uur

    Fabrieksuitgawes                                                   Bedrag
    Huur                                                               R4 000
    Elektrisiteit                                                        R700
    Versekering                                                          R590
    Skoonmaakmiddels                                                     R350

•      100 eenhede is geproduseer en verkoop
                                                                                 28

                                                                       TOTAAL:   150

                                     EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERSFORMULEBLAD

   Bruto wins 100                   Bruto wins       100            Netto wins 100
                                                                            
    Verkope    1                 Koste van verkope    1              Verkope    1

      Bedryfsuitgawes 100                                  Bedryfswins 100
                                                                     
         Verkope       1                                    Verkope     1

    Bedryfsbates: Bedryfslaste                  Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste

     (Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente): Bedryfslaste
         Netto wins      100
                       
      Eienaarsekwiteit    1                        Totale bates: Totale laste

## Related documents

- [Gr 10 Accounting P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p1-afrikaans-2023-possible-answers/e4306011-a35e-44fa-8444-0af6bea7b23a) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [Gr10 Acc (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-afrikaans-november-2015-question-paper/19fda69c-ec32-4b0f-96fa-3f4da03fbc92) — Accounting · QP · 2015 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR10 ANSBK NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr10-ansbk-nov2018-afrikaans/87fe7724-2973-4d0a-967a-6620ae510d5a) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087) — Accounting · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
