# Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)

> Grade 10 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/97fa7309-0e74-4aa6-8644-2bd11066f044
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/accounting) › [Accounting Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/97fa7309-0e74-4aa6-8644-2bd11066f044)

## About this document

Accounting · Grade 10 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Accounting P2 (Afrikaans) November 2022 Answer book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-answer-book-1/48ff2aec-0abc-4a3b-be22-f80e9c757fe4) — Addendum · 2022 · Afr
- [Gr 10 Accounting P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/ef9180cb-c7f4-4c7b-8dde-c99843279d44) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2022
                             GRAAD 10

                            REKENINGKUNDE
                             (VRAESTEL 2)

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

9 bladsye + 1 formuleblad en ŉ antwoordboek van 9 bladsye

                                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                      2
                                                        (VRAESTEL 2) GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik en volg dit noukeurig.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK is voorsien waarin ALLE vrae beantwoord moet word.

3.     ŉ FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is agter aan die vraestel voorsien. Jy mag
       dit gebruik indien nodig.

4.     Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

5.     Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.     Waar van toepassing, toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     Gebruik die volgende inligting in die onderstaande tabel as ŉ gids wanneer die vraestel
       beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.

                                                                                 TYD
     VRAAG                    ONDERWERP                          PUNTE
                                                                              TOEGEKEN
       1      Debiteure Versoening en Interne Beheer                63             50
       2      Belasting op Toegevoegde Waarde en Etiek              30             24
       3      Vaste Bates en Interne Beheer                         25             20
       4      Kosterekeningkunde                                    32             26
                                                    TOTAAL         150        120 minute

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                            REKENINGKUNDE                  3
                                                            (VRAESTEL 2) GRAAD 10

VRAAG 1: DEBITEURE VERSOENING EN INTERNE BEHEER
                                              (63 punte; 50 minute)

ARAMIS HANDELAARS

Die onderstaande inligting het betrekking op Aramis Handelaars vir die periode geëindig
30 Junie 2022. Die besigheid gebruik ŉ 40% winsopslag op kosprys vir alle goedere
verkoop.

GEVRA:

1.1    Stel ŉ korrekte Debiteurekontrole Rekening vir Junie 2022 op, na in agneming
       van foute en weglatings.
       Nota: Toon alle berekeninge in hakies en saldeer die rekening.                     (20)

1.2    Stel ŉ korrekte debiteurelys vir 30 Junie 2022 op.                                 (26)

1.3    Verduidelik die volgende terme:

       •     Kredietterm                                                                    (2)
       •     Kredietlimiet                                                                  (2)

1.4    ŉ Totale korting van R6 219 is toegestaan aan debiteure. Bereken die werklike
       bedrag wat van debiteure ontvang is in Junie.                                        (3)

1.5    Die persentasie terugsendings deur debiteure beloop 17%. Verskaf TWEE
       kontrole maatreëls wat geïmplementeer kan word om terugsendings te
       verminder.                                                                           (4)

1.6    Gee DRIE punte as advies aan die eienaar om die invorderings van debiteure
       te verbeter.                                                                         (6)

INLIGTING:

                   ALGEMENE GROOTBOEK VAN ARAMIS HANDELAARS
A     Dt                              DEBITEUREKONTROLE                                   Kt
      2022                                       2022    Bank en korting
              1 Saldo           a/b   216 210         30                        KOJ 124 380
       Jun                                        Jun    toegestaan
             30 Verkope         DJ    310 920                Debiteureafslag    DAJ    55 580
                 Bank (terug-
                                          600                Joernaalkrediete   AJ      1 600
                 betaling)
                 Joernaal
                                AJ       1 820               Saldo              o/b   347 990
                 debiete
                                      529 550                                         529 550
      2022
              1 Saldo           a/b   347 990
       Jul

                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                      4
                                                        (VRAESTEL 2) GRAAD 10

B DEBITEURELYS OP 30 JUNIE 2022

    DEBITEUR                                             Debiet              Krediet
    S. Tylor                                                   80 000
    Y. Putin                                                   74 800
    G. Krigler                                                 72 400
    M. Ahmod                                                   18 900
    R. Dire                                                    66 730
    P. Hlope                                                                          1 800
    J. Phillip                                                  7 200
    T. Makoe                                                   18 000
                                                              338 030                 1 800

C Foute en Weglatings

     i    Die Debiteurekontrole se saldo op 1 Junie 2022 is oorstateer met R6 700.

    ii    Die totaal van die Debiteureafslagkolom in die Debiteureafslagjoernaal is met
          R360 te min opgetel.

    iii   ŉ Kredietfaktuur vir goedere verkoop aan M. Ahmod is nog nie deur die
          boehhouer geboekstaaf nie. Die kosprys van die goedere verkoop was
          R3 700.

    iv    Die kredietsaldo in die Debiteuregrootboek van P. Hlope moet oorgedra word
          na sy rekening in die Krediteuregrootboek.

    v     ŉ Bedrag van R400 wat per EFO ontvang is van G. Krigler, is in die joernaal
          aangeteken maar nie oorgeboek na sy rekening nie.

    vi    ŉ Kwitansie uitgereik aan S. Tyler vir R19 800 kontant ontvang, is korrek in
          die hulpjoernaal geboekstaaf, maar is na haar rekening as R18 900
          oorgeboek.

    vii   ŉ Inskrywing ten opsigte van goedere op krediet verkoop aan T. Makoe ter
          waarde van R3 000 is korrek in die Debiteurejoernaal geboekstaaf maar is
          aan die verkeerde kant van sy rekening geboekstaaf.

   viii   ŉ Betaling van R12 000 ontvang van Y. Putin is korrek in die hulpjoernaal
          geboekstaaf, maar is foutiewelik in die rekening van R. Dire geboekstaaf.

    ix    Rente van 5% p.j. is gehef op J. Phillip se rekening wat 3 maande agterstallig
          is.

                                                                                           63

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                    5
                                                        (VRAESTEL 2) GRAAD 10

VRAAG 2: BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE EN ETIEK
                                               (30 punte; 24 minute)
2.1 KONSEPTE

    Dui aan of die volgende stellings Waar of Vals is. Skryf slegs Waar of Vals in jou
    ANTWOORDBOEK.

    2.1.1    Die verskaffing van opvoedkundige dienste is ŉ voorbeeld van ŉ BTW
             vrygestelde item.

    2.1.2    BTW word nie gehef op goedere wat die eienaar vir persoonlike gebruik
             neem nie.

    2.1.3    Bruinbrood en melk is voorbeelde van nulkoers items.

    2.1.4    BTW word op salarisse en lone gehef.

    2.1.5    ŉ Besigheid met ŉ jaarlikse omset van R50 000 en meer, mag vrywillig as ŉ
             BTW handelaar registreer.

    2.1.6    BTW uitset word gehef op alle belasbare goedere en dienste gelewer.              (6)

2.2 BEREKENINGE

    Voltooi die onderstaande tabel deur die ontbrekende bedrae in jou ANTWOORDBOEK
    in te vul.

      No.               Bedrag             BTW bedrag                Bedrag
                   (uitgesluit BTW)          (15%)               (ingesluit BTW)
     2.2.1                 A                   B                     R2 415
     2.2.2               R840                  C                        D
     2.2.3                 E                 R6 300                     F
     2.2.4               R650                R97,50                     G                    (14)

2.3 ETIEK

    2.3.1    Verduidelik die verskil tussen belastingontduiking en belastingvermyding.        (4)

    2.3.2    Jay Zee Handelaars

             Bokang is die eienaar van Jay Zee Handelaars. Hy skenk goedere ter
             waarde van R5 000, BTW uitgesluit, aan sy broer se besigheid wat onlangs
             nog gesukkel het om wins te maak. Hy het die boekhouer opdrag gegee om
             nie BTW op hierdie transaksie te hef nie.

             (a)     Bokang het oneties opgetree. Verduidelik die aksies wat SAID neem
                     teen die BTW handelaars wat oneties optree. Verskaf TWEE punte.          (4)

             (b)     Verskaf EEN rede waarom BTW op hierdie transaksie aan SAID betaal
                     moet word.                                                          (2)
                                                                                      30

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                      6
                                                      (VRAESTEL 2) GRAAD 10

VRAAG 3: VASTE BATES EN INTERNE KONTROLE                           (25 punte; 20 minute)

3.1   VASTE BATES

      Die onderstaande inligting het betrekking op Oceano Handelaars vir die
      finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022.

      GEVRA:

      Bereken die ontbrekende bedrae in die Vaste Bate nota.                               (17)

      INLIGTING:

      VASTE BATE NOTA – 28 FEBRUARIE 2022

                                                        VOERTUIE       TOERUSTING
      Drawaarde aan die begin van die jaar                  152 000            290 000
      Kosprys                                               230 000        3.1.4
      Opgelope waardevermindering                          3.1.1            (130 000)
      Bewegings
      Toevoegings teen kosprys                             3.1.2               0
      Waardevermindering                                   3.1.3           3.1.5
      Drawaarde aan die einde van die jaar                  271 500        3.1.6
      Kosprys                                               380 000        3.1.7
      Opgelope waardevermindering                          (108 500)        (173 500)

      Addisionele inligting en aansuiwerings:

      Voertuie

      •   Waardevermindering op voertuie word gehef teen 10% p.j. op kosprys.
      •   ŉ Nuwe voertuig is op 1 September 2021 aangekoop.

      Toerusting

      •   Waardevermindering op toerusting word teen 15% p.j. op die verminderde
          saldo metode gehef.
      •   Geen toerusting is gedurende die jaar aangekoop nie.

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                   7
                                                       (VRAESTEL 2) GRAAD 10

3.2   SIZANANI HANDELAARS

      Selby, die eienaar van Sizanani Handelaars, verskaf gratis aflewering aan alle
      klante wat in grootmaat koop en binne ŉ 8 kilometer afstand bly. Die
      verkoopsyfers was die vorige maand laag, maar afleweringskoste het nie
      afgeneem nie. Hy vermoed dat afleweringskoste hoog is weens privaatgebruik
      van die besigheid se voertuie.

      3.2.1   Verduidelik hoe die besigheid geaffekteer word deur die privaatgebruik
              van voertuie. Verskaf TWEE punte.                                            (4)

      3.2.2   Verskaf interne kontrole maatreëls wat deur die eienaar geïmplementeer
              moet word om die wanbestuur van roerende, tasbare bates te voorkom.
              Verskaf TWEE punte.                                                          (4)

                                                                                       25

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                      8
                                                         (VRAESTEL 2) GRAAD 10

VRAAG 4: KOSTEREKENINGKUNDE                                       (32 punte; 26 minute)

4.1   KONSEPTE

      Kies die korrekte term uit dié tussen hakies. Skryf slegs die korrekte term langs
      die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer.

      4.1.1   Direkte arbeid en direkte materiaal wat in die fabriek gebruik is, is gelyk
              aan die totale (bokoste/primêre koste).

      4.1.2   Die salaris van die fabriekskoonmaker is ŉ (direkte/indirekte)
              arbeidskoste.

      4.1.3   Huur van ŉ gebou word beskou as ŉ (fabrieksbokoste/
              verspreidingskoste).

      4.1.4   Fabrieksbokoste is (direkte/indirekte) vervaardigingsuitgawes wat te
              doen het met die produksie van klaarprodukte.

      4.1.5   ŉ Uitgawe vir fabriekshuur word geboekstaaf as (direkte koste/
              fabrieksbokoste).                                                                 (5)

4.2   Verduidelik die verskil tussen vaste koste en veranderlike koste.                         (4)

4.3   DAN MALGAS

      Dan Malgas vervaardig en verkoop vlieërs vir kinders. Die verkoopsprys per
      vlieër is R155. Hy het 2 500 vlieërs gedurende Oktober vervaardig. ŉ
      Opsomming van al sy koste vir Oktober 2022 word onderaan verskaf.

      GEVRA:

      Voltooi die volgende:

      4.3.1   Bereken die direkte materiaalkoste per vlieër vir Oktober 2022.                   (4)

      4.3.2   Bereken die totale fabrieksbokoste vir Oktober 2022.                              (5)

      4.3.3   Bereken die totale produksiekoste vir Oktober 2022 as 2 500 vlieërs
              geproduseer is.                                                                   (7)

      4.3.4   Bereken die produksiekoste per eenheid.                                           (3)

      4.3.5   Bereken die persentasie wins wat Dan Malgas per vlieër gedurende
              Oktober 2022 verdien het, indien die vlieërs teen R155 elk verkoop word.          (4)

                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             REKENINGKUNDE           9
                                             (VRAESTEL 2) GRAAD 10

INLIGTING:

Koste per vlieër
Materiaal per vlieër                               R25
Hout per vlieër                                     R5
Lyn per vlieër                                      R5
Lone per voltooide vlieër                          R50
Koste vir die maand
Salaris van fabriekstoesighouer                 R5 000
Huur van fabriek                                R8 000
Water en elektrisiteit van die fabriek          R2 500
Indirekte materiaalkoste                         R500

                                                                     32

                                                              TOTAAL: 150

                                     EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                     10
                                                    (VRAESTEL 2) GRAAD 10

    GRAAD 10 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSER FORMULEBLAD

                        Bruto wins      x 100               Netto wins X 100
Bruto wins X 100
                      Koste van verkope    1                 Verkope      1
 Verkope      1
                                                      Bedryfswins X 100
    Bedryfsuitgawes X 100
                                                        Verkope      1
      Verkope          1

   Bedryfsbates : Bedryfslaste             (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste

   (Handels en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste

    ___Netto wins__ X 100                          Totale bates : Totale laste
     Eienaarsbelang    1

## Related documents

- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/43c6b624-adc2-4135-a4ab-144be323c754) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/78f8df66-5bf9-4073-b3cb-c76eb99c7d79) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/f14911e9-01d5-4d01-a046-64f1da8f6087) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/c7540050-925b-4917-b3fa-2dbf55983458) — Accounting · Addendum · 2020 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2019-answer-book/8f29f086-0e89-4fd1-965b-69eb790e84a6) — Accounting · Addendum · 2019 · Afr
- [Gr10 Acc P2 (Afrikaans) November 2018 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr10-acc-p2-afrikaans-november-2018-answer-book/8d8cb60e-3f2f-4118-ad72-a1ff618c16bf) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Accounting

- [LP Accounting Grade 10 March 2026 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-accounting-2026-limpopo-march-test-question-paper-and-memorandum/08ddf17c-cec8-4317-8aef-1c25d7f47080) — QP + Memo · 2026
- [LP Accounting Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-june-2025-qp-and-memo/e7fdbb08-60cb-461e-b58e-c89720c8a1fa) — QP + Memo · 2025
- [LP Accounting Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-10-march-2025-qp-and-memo/04cd29d1-6a95-4547-9cc2-b15b16b78b36) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Accounting (Afrikaans) June 2024 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-accounting-afrikaans-june-2024-answer-book/af03b52b-03b1-41d3-a50d-40f4c4d5755a) — Addendum · 2024 · Afr
- [KZN Accounting Grade 10 March 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-accounting-grade-10-march-2024-qp-and-memo/f12135cb-fc97-4466-81b4-7e0b838a3092) — QP + Memo · 2024
- [Gr 10 ACC (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-acc-afrikaans-june-2023-possible-answers/51dbb645-1089-4ac1-a5ca-1eacf8d53a3c) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
