# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                     JUNIE 2023
                     GRAAD 10
                 NASIENRIGLYNE

                  EKONOMIE (VRAESTEL 1)

17 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   D   insette 

      1.1.2   B   ekonomiese goedere 

      1.1.3   C   produkte 

      1.1.4   A   Bankwese 

      1.1.5   B   sloerende                                                 (5 x 2)   (10)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   F   ŉ Tak van Ekonomie wat die handel en finansies tussen lande
                  regoor die wêreld bestudeer 

      1.2.2   E   Wanneer ŉ produk of diens beskikbaar is, maar jy nie die
                  hulpbronne het om dit te bekom nie 

      1.2.3   G   Die beweging van goedere en dienste en produksiefaktore onder
                  die deelnemers aan die ekonomie 

      1.2.4   A   Wanneer ŉ besigheid fokus op die produksie van een produk of
                  diens 

      1.2.5   C   Die tipe goedere wat gebruik word om ander goedere en dienste te
                  produseer 

      1.2.6   B   Die tydperk van baie hoë ekonomiese aktiwiteit net voor die
                  ekonomie verlangsaam                                       (6 x 1)    (6)

1.3   GEE ’N TERM

      1.3.1   Keynesiaanse Benadering 

      1.3.2   Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging 

      1.3.3   Regering/Openbare Sektor 

      1.3.4   Infrastruktuur                                                 (4 x 1)    (4)

                                                            TOTAAL AFDELING A:           30

                                              2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1   2.1.1   Noem enige TWEE wetenskaplike vakke wat met Ekonomie
              verband hou.

                   Statistiek 
                   Wiskunde 
                   Inligting en tegnologie 
               (Enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2 x 1)   (2)

      2.1.2   Hoekom bevorder die regering menseregte?

                  Om seker te maak dat almal ŉ basiese vlak van waardigheid
                   het. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (1 x 2)     (2)

2.2   DATARESPONS

      2.2.1   Wie het ŉ positiewe stelling in die illustrasie hierbo gemaak?

                  Suzan                                                              (1)

      2.2.2   Gee EEN ander voorbeeld van ŉ positiewe stelling in Ekonomie.

                  Die werkloosheidsyfer is 34%.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term Ekonomie.

                  Die studie van die doeltreffende gebruik of bestuur van
                   hulpbronne om maksimum bevrediging van menslike materiële
                   onbeperkte behoeftes en begeertes te bereik. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

      2.2.4   Waarom is die opmerkings van ekonome meestal normatiewe
              stellings?

                  Die ekonome gee hul mening oor ŉ ekonomiese onderwerp.
                   Hierdie stellings kan nie bewys word nie en is dus normatiewe
                   stellings.                                                        (2)

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

      2.2.5   Hoekom is dit moeilik om navorsing in Ekonomie te doen?

                  Ekonomie is nie ŉ presiese wetenskap nie aangesien dit
                   menslike gedrag bestudeer wat voortdurend verander. 
                  Mense kan dus ook bevooroordeeld wees in hul oordeel; dit
                   beteken selfs navorsers se gevoelens kan bydra tot probleme
                   van subjektiwiteit. 
                  Verskillende ekonome het verskillende sienings oor hoe die
                   ekonomie moet werk. 
                  ŉ Mens kan byvoorbeeld in swakker rand glo omdat dit uitvoer
                   kan bevorder, terwyl ŉ ander ŉ sterker rand kan bevoordeel
                   omdat dit invoer goedkoper kan maak. 
                  Ekonome moet besluit watter feite om te gebruik. Statistieke
                   oor prestasie van die ekonomie word voortdurend geproduseer,
                   so dit kan dit vir ekonomiese navorsers moeilik maak om
                   dieselfde verduideliking vir ŉ spesifieke navorsingsprobleem te
                   hê (as hulle verskillende statistieke gebruik het). 
                  Om eksperimente uit te voer is moeilik, anders as in suiwer
                   wetenskappe soos Fisika waar chemiese veranderlikes deur die
                   navorser beheer kan word, kan die veranderlikes in Ekonomie nie
                   beheer word nie. 
                  Om byvoorbeeld te sien of prysstygings afnames in vraag
                   veroorsaak, moet hulle aanvaar dat ander faktore konstant bly
                   (ceteris paribus).
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)              (2 x 2)   (4)

2.3   DATARESPONS

      2.3.1   Identifiseer die metode wat gebruik word om BBP in die tabel
              hierbo te bereken.

                  Produksie metode.                                                    (1)

      2.3.2   Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.

                  BTW 
                  Invoerbelasting 
                  Aksynsbelasting 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.

              ● Dit is die markwaarde van al die finale goedere en dienste wat
                binne die grense van ŉ land geproduseer word.                          (2)

                                               4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

      2.3.4 Hoekom word subsidies afgetrek wanneer die BBP teen markpryse
            bereken word?

                Subsidies is finansiële aansporings wat deur die regering aan
                 produsente betaal word. Subsidies verlaag die koste van
                 produksie. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      2.3.5 Bereken die Bruto Toegevoegde Waarde teen basiese pryse. Toon
            ALLE berekeninge.

            631 848 + 1 037 270 + 3 894 359 
            BTW teen basiese prys = 5 563 477 
            (As slegs die antwoord verskaf word, gee ŉ maksimum van 2 punte.)            (4)

2.4   Onderskei tussen mikro-ekonomie en makro-ekonomie.

          Mikro-ekonomie is die studie van besluite wat geneem word deur mense
           en besighede rakende die toewysing van hulpbronne en pryse van
           goedere en dienste. 
          Mikro-ekonomie is gemoeid met hoe vraag en aanbod in individuele
           markte vir goedere en dienste in wisselwerking tree. 
          Makro-ekonomie handel oor die studie van die gedrag en prestasie van
           die ekonomie in totaal. 
          Die belangrikste faktore wat in makro-ekonomie bestudeer word, behels
           bruto binnelandse produk (BBP), werkloosheid, inflasie, groeikoers
           ens. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2 x 4)    (8)

2.5   Waarom is buitelandse handel voordelig vir ŉ land?

          Die buitelandse sektor bied aan verbruikers en verskaffers die geleentheid
           om toegang tot goedere en dienste te kry en om groter markte regoor die
           wêreld te kry. 
          Die buitelandse sektor laat toegang tot meer kapitaal, goedkoper invoer en
           groter uitvoermarkte toe. 
          Toegang tot globale markte deur die buitelandse sektor help die plaaslike
           ekonomie om meer doeltreffend te wees en sy hulpbronne beter te benut.
          Die buitelandse sektor maak voorsiening vir meer mededinging plaaslik en
           plaaslike maatskappye kan baat by groter verdeeldheid. 
          Innoveerders en entrepreneurs kan idees deel wat reeds suksesvol in
           ander lande gebruik is en dit plaaslik implementeer. 
          Handel met die buiteland skep samewerking en beter verhoudings tussen
           nasies. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (4 x 2)    (8)
                                                                                        [40]

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE

3.1   3.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van hernubare natuurlike hulpbronne.

                  sonkrag 
                  wind krag 
                  water 
                  lug 
                  plante 
                  biobrandstof 
                  diere 
              (Enige ander relevante antwoord.)                                (2 x 1)    (2)

      3.1.2   Waarom is ŉ resessie ongewens vir die ekonomie?

                  Dit lei tot ŉ afname in ekonomiese aktiwiteite sowel as ŉ
                   wydverspreide daling in besteding. 
                  Dit verminder die beskikbaarheid van werksgeleenthede en
                   ekonomiese groei/wat lei tot aflegging; armoede en terugneming
                   van mense se bates. 
                  Dit verminder ekonomiese aktiwiteite in verskeie sektore van die
                   ekonomie soos vervaardiging en dienste. 
              (Enige ander relevante antwoord.)                                 (1 x 2)   (2)

3.2   DATARESPONS

      3.2.1   Identifiseer uit die diagram hierbo, die sektor wat die meeste bydra
              tot ekonomiese groei.

                  Finansies/Eiendom/Sakedienste          (Enige EEN)          (1 x 1)   (1)

      3.2.2   Gee EEN voorbeeld van ŉ industrie in die primêre sektor.

                  Mynbou 
                  Landbou 
                  Boerdery 
                  Visvang 
              (Enige ander relevante antwoord.)                                 (1 x 1)   (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term produksie.

                 Produksie is die proses waardeur ŉ entrepreneur beskikbare
                  hulpbronne kombineer en dit in ŉ soort produk verander. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

                                                  6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

      3.2.4   Verduidelik die verband tussen primêre en sekondêre sektor.

                 Grondstowwe van die primêre nywerheid word in die sekondêre
                  sektor tot finale produkte verwerk. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      3.2.5   Waarom is die tersiêre sektor belangrik in die ekonomie?

                 Dit is die grootste bydraer tot die bruto binnelandse produk en ŉ
                  bron van indiensneming. 
               Dit is ŉ bron van inkomste vir die regering. 
                 Skep mark vir verbruikersprodukte. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 2)   (4)

3.3   DATARESPONS

      3.3.1   Identifiseer die punt waarop ekonomiese aktiwiteit die hoogste is.

              Piek D/Boonste draaipunt D                                                  (1)

      3.3.2   Noem die ekonomiese aanwyser wat die algemene rigting toon
              waarin die ekonomie beweeg.

              Tendenslyn/Lyn E F                                                          (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term sakesiklus.

                 Verwys na die opeenvolgende tydperke van groei en afname in
                  ekonomiese aktiwiteit of is ŉ tydreeks wat herhaalde toenemende
                  en dalende ekonomiese aktiwiteit toon. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      3.3.4   Hoe word ŉ volledige sakesiklus gemeet?

              Wanneer ŉ sakesiklus gemeet word, word die reeks uitbreidings en
              inkrimpings in reële BBP gemeet.
              Meting van die siklus begin by ŉ piek en gaan voort deur ŉ resessie, ŉ
              trog en ŉ uitbreiding (van piek tot piek/van trog tot trog).               (2)

                                                7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

    3.3.5 Hoe kan die regering die totale vraag verlaag tydens ŉ hoogtepunt in
          die sakesiklus?

             ŉ Afname in staatsbesteding (G), sal die
              werksgeleenthede/beskikbaarheid van inkomste verminder.
           Die totale besteding sal afneem, sowel as inflasie. 
           ŉ Verhoging in belasting sal die huishouding se besteebare inkomste
              verminder, verbruikers sal minder inkomste hê om te bestee. 
           Die regering kan terselfdertyd staatsbesteding verminder en belasting
              verhoog om die vraag na goedere en dienste te verminder. 
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)       (4)

3.4 Onderskei tussen die eksogene en endogene redes vir veranderinge in die
    sakesiklus.

    Eksogene redes:

       Eksogene redes is redes vir sakesiklusse wat buite die markstelsel
        ontstaan. 
     Veranderinge in weerstoestande beïnvloed die uitset van die landbousektor
        en toerismebedryf van ŉ ekonomie en die totale vlak van ekonomie
        aktiwiteit. 
     Wanneer die ekonomie strukturele verandering het, beïnvloed dit produksie,
        indiensneming, beleggings, staatsuitgawes, belasting, invoere en uitvoere. 
     Variasies in die geldvoorraad veroorsaak ook sakesiklusse. 
     Ewekansige skokke kan veranderinge aan die sakesiklus veroorsaak, bv.
        oorlog, skielike styging in die prys van olie, natuurrampe, ens. 
     Politieke aksies soos wanneer die regering verkiesingsstemme wil wen, sal ŉ
        ekspansiewe beleid aanvaar en na die verkiesing begin die inflasionêre
        uitwerking van hierdie ekspansionêre beleid.                      (Maks. 4)
    (Aanvaar enige ander relevante antwoorde.)                                (2 x 2)

    Endogene faktore

       Dit is faktore wat deel van die ekonomiese stelsel is. 
       Die uitbreidingsfase bevat ook meganismes wat uiteindelik ŉ inkrimping van
        ekonomiese aktiwiteit veroorsaak. 
     Soos die vlak van ekonomiese aktiwiteit toeneem, neem die totale besteding
        in die ekonomie ook toe. 
     Dit veroorsaak ŉ toename in invoere wat die betalingsbalans negatief
        beïnvloed en lei tot ŉ depresiasie van die wisselkoers. 
     Verhoging in rentekoerse as gevolg van verhoogde lenings (negatiewe effek
        op die ekonomie). 
     Positiewe persepsies van die ekonomie sal lei tot ŉ toename in besteding en
        omgekeerd.                                                      (Maks. 4)
    (Aanvaar enige ander relevante antwoorde.)                               (2 x 2)    (8)

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

3.5   Hoe spreek die regering omgewingsprobleme in die ekonomie aan?

         Artikel 24 van die Grondwet stel die reg op ŉ omgewing wat nie skadelik vir
          gesondheid of welstand is nie, en doen ŉ beroep op die regering om
          wetgewende en ander aksies te neem om: besoedeling en ekologiese
          agteruitgang te voorkom, bewaring te bevorder en ekologies volhoubare
          ontwikkeling te verseker. 
       Omgewingsbeleid kan wette en beleide insluit wat water- en
          lugbesoedeling, chemiese en oliestortings, rookmis, drink watergehalte,
          grondbewaring en -bestuur, en wild beskerming (soos die beskerming van
          bedreigde spesies), insluit. 
       Die regering hef fooie en heffings op verbruikers en produsente vir die afval
          wat hulle produseer en in die omgewing stort, byvoorbeeld emissie heffings
          op nywerhede en voertuig eienaars vir gas afval. 
       Groen belasting word gehef op die produksie van produkte wat nie
          bioafbreekbaar is nie, byvoorbeeld bande. 
       Produsente sal hul besoedeling moet verminder om seker te maak dat hulle
          die koste van hulle produk laag hou. 
       Skoner en veiliger tegnologie word ontwikkel met die omgewing in
          gedagte. 
       Minder afvalprodukte, verminderde afhanklikheid van fossielbrandstowwe
          en ŉ aanvraag deur produsente vir doeltreffende en omgewingsveilige
          tegnologie gee aanleiding tot nuwe produkte en omgewingsveilige
          masjiene. 
       Die regering begin met massiewe openbare omgewingsbewustheid
          programme om die skade te help herstel, herwinning en hergebruik te
          bevorder en omgewingsbesoedeling te bevorder. 
       Morele oortuiging – omgewingsbewustheid word geskep om mense te laat
          optree op ŉ manier wat vriendelik is vir die omgewing. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (4 x 2)    (8)
                                                                                         [40]

                                                             TOTAAL AFDELING B:           40

                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 1)        GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                         PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                       TOEKENNING
Inleiding

Die inleiding is ŉ laer-orde response.

   ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou
                                                                         Maks. 2
    met die vraag onderwerp te definieer.
 Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
   Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
    bespreek.
Liggaam

Hoof gedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/       Maks. 26
Bespreek krities/ AnaliseerVergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik

Bykomende deel: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en
                                                                        Maks. 10
verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/
Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
Afsluiting

Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:

  ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
   reeds genoem is te herhaal                                            Maks. 2
 Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
 Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
   versterk
 ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
  Aanbevelings
TOTAAL                                                                     40

                                               10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 1)                       GRAAD 10

VRAAG 4

 Bespreek, met behulp van ŉ diagram, die ekonomiese kringloop model van ŉ
  oop ekonomie onder die volgende opskrifte:
  o   Vloei
  o   Inspuitings en lekkasies
  o   Markte                                                               (26 punte)
 Evalueer die positiewe uitwerking van besparing op die ekonomie. (10 punte)                         [40]

Inleiding

Die ekonomiese kringloop van ŉ oop ekonomie toon die werking van ŉ ekonomie wat
oop is vir buitelandse handel. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                     (Maks. 2)
LIGGAAM
HOOF GEDEELTE

              DIE EKONOMIESE KRINGLOOP: ’N OOP EKONOMIE

                           SAKESEKTOR

                                 (I)

                                                                                 BUITELANDSE SEKTOR
      FAKTORMARK                 STAAT                GOEDEREMARK

                                         FINANSIËLE
                                            MARK

                                                                         NOTA:

                               PRIVAAT
                            HUISHOUDINGS

                        Die vier sektor oop ekonomie model

                                                             Deelnemers     = 4 punte
                                                             Markte         = 2 punte
                                                             Vloei          = 2 punte
                                                                      Maks. = 8 punte

                                                 11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

Vloei

Regte vloei

    Produksiefaktore vloei vanaf die eienaars (huishoudings) na produsente via die
     faktormarkte. 
    Goedere en dienste vloei vanaf die produsente via die goederemarkte na
     huishoudings en ander gebruikers van goedere en dienste. 
    Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van die buiteland na Suid-Afrika
     (invoere). 
    Produksiefaktore en goedere en dienste vloei van Suid-Afrika na die buiteland
     (uitvoere). 

Geld vloei

    Produsente/Besighede bestee aan produksiefaktore en die huishoudings ontvang
     ŉ inkomste (lone, huur, rente en wins). 
    Huishoudings bestee hul inkomste (private verbruiksbesteding) aan goedere en
     dienste en die produsente ontvang ŉ inkomste. 

Inspuitings

    Inspuitings verteenwoordig die inspuiting van geld in die ekonomiese kringloop
     (plaaslike ekonomie). 
    Dit verwys na die vloei van enige besteding wat nie uit inkomste (Y) verkry word
     nie. 
    Bykomende geld kom die ekonomie binne en dit verhoog inkomste. 
    Binnelandse aankope op goedere en dienste neem toe. 
    In ŉ oop ekonomie is inspuitings staatsbesteding (G), die inkomste verdien uit
     uitvoere (X) en investerings besteding (I). 

BELEGGINGS 

    Besighede kry lenings van verskeie finansiële instellings en dan word hierdie geld
     gebruik om te koop (belê) in eiendom, masjiene, toerusting, ens. 
    Hulle gebruik ook hierdie geld om voorraad en intermediêre goedere te koop. 
    Die regering bestee geld aan goedere en dienste om ekonomiese en
     maatskaplike dienste en infrastruktuur te verskaf, bv. bou van damme, skole,
     hospitale,  ens.

UITVOER 

    Goedere en dienste word na die buiteland uitgevoer. 
    Geld kom die ekonomiese kringloop binne omdat die buitelandse sektor betaal vir
     die goedere en dienste wat hulle ontvang het. 

                                                12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 1)           GRAAD 10

Lekkasies

    ŉ Lekkasie verteenwoordig die onttrekking van geld uit die ekonomiese kringloop
     (plaaslike ekonomie). 
    Dit gee nie aanleiding tot ŉ verdere rondte inkomste nie. 
    Dit laat binnelandse aankope op goedere en dienste afneem. 
    In ŉ oop ekonomie is die lekkasies belasting (T), die uitgawes aan invoere (Z) en
     besparings (S). 

SPAAR

    Dit is daardie gedeelte van geld wat nie aan goedere en dienste bestee word
     nie. 
    Die geld verlaat die ekonomiese kringloop en gaan na finansiële instellings. 

BELASTINGS

    Huishoudings en besighede betaal belasting aan die regering. Hierdie geld
     verlaat die ekonomiese kringloop en gaan na die regering. 
    Huishoudings betaal belasting op hul inkomste en besighede betaal belasting op
     hul winste. 
    Bv. van belasting is Inkomstebelasting en Belasting op Toegevoegde Waarde
     (BTW). 

INVOERE

    Dit is wanneer goedere van ander lande ingevoer word. 
    Geld verlaat die ekonomiese kringloop omdat geld na die buiteland vloei. 

Markte

Goedere/Produk mark 

     Sakeondernemings verkoop hul goedere en dienste op die produkmark en
      ontvang die besteding van die huishouding in ruil daarvoor. 
     Die regering verskaf openbare goedere en dienste aan huishoudings en
      besighede op die produkmark. 
     Die buitelandse sektor voer finale produkte in en uit deur die produkmark. 
     Dit is markte vir verbruikersgoedere en dienste. 
     Bv.:
    −      Duursame verbruikersgoedere 
    −      Half duursame verbruikersgoedere 
    −      Nie-duursame verbruikersgoedere 

                                                13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                      EKONOMIE
                                           NASIENRIGLYNE
                                                                      (VRAESTEL 1)           GRAAD 10

Faktor mark 

   Produksiefaktore word op hierdie markte verhandel. 
   Huishoudings bied hul produksiefaktore aan sakeondernemings op die faktormark
    aan en ontvang inkomste. 
   Die regering koop produksiefaktore (meestal arbeid) op die faktormark aan en
    betaal salarisse. 
   Die buitelandse sektor is verantwoordelik vir die invoer en uitvoer van grondstowwe;
    is aanspreeklik vir die emigrasie immigrasie van werkers; en kanaliseer
    internasionale kapitaalbeleggings op die faktormark. 
   Natuurlike hulpbronne, arbeid, kapitaal en entrepreneurskap word op hierdie mark
    verhandel. 

Finansiële markte 

   Hulle is nie direk betrokke by die produksie van goedere en dienste nie, maar dien
    as ŉ skakel tussen huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers. Bv. banke,
    versekeringsmaatskappye en pensioenfondse. 
   Die fondse van die surplus eenhede word na tekort eenhede in die ekonomie
    gekanaliseer. 
   Surplus eenhede is daardie firmas en huishoudings in die ekonomie wat nie al hulle
    inkomste bestee nie. 
   Deelnemers deponeer hul surplusfondse by finansiële instellings. 

Geldmarkte 

   Dit word deur deelnemers gebruik om op kort termyn te leen en uit te leen. 
   Dit is ŉ mark vir korttermyn spaar en lenings. 
   Die SARB is ŉ sleutelinstelling in die geldmark. 

Kapitaalmarkte 

   Dit is ŉ finansiële mark waarin die individue en instellings finansiële sekuriteite op
    lang termyn verhandel. 
   Dit is langtermyn deposito’s en lenings (bv. verbande). 
   Die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) is ŉ sleutelinstelling in die
    kapitaalmark. 

                                                  14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                          NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

Buitelandse valuta markte 

   Die besighede koop en verkoop buitelandse valuta om vir ingevoerde goedere en
    dienste te betaal. 
   In ŉ oop ekonomie is buitelandse valuta nodig om transaksies tussen lande te
    vergemaklik. 
   Die geldeenhede kan omgeruil word (bv. rand vir pond). 
   Die wisselkoers word gewoonlik bepaal deur die interaksie van vraag en verskaf. 
   Soms beïnvloed die sentrale bank wisselkoerse direk en indirek. 
                                                                           (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

   Spaargeld is die inkomste wat deelnemers kies om in finansiële instellings te
    plaas. 
 Dit is ŉ lekkasie van geld uit die ekonomiese kringloop na die finansiële instellings
    aangesien dit die besteding vloei verminder. 
 Spaargeld verminder die hoeveelheid geld wat huishoudings moet spandeer. 
 Spaar is die boustene vir beleggings. 
 Besigheid leen geld by die finansiële instellings, hierdie geld kom uit spaargeld.
    
 Besighede gebruik hierdie geld om kapitaalgoedere te koop, bv. masjinerie. 
 Sonder besparing kan daar geen beleggings wees nie, wat beteken minder
    produksie van goedere en dienste. 
 Beleggings balanseer die lekkasies wat deur besparings veroorsaak word. 
 Beleggings het ŉ groot impak op die ekonomie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (Maks. 10)

Afsluiting

Terwyl ekonomiese kringloop ŉ vereenvoudiging van die werklikheid is, is die begrip
van die werklike vloei en geldvloei wat in so ŉ situasie plaasvind ŉ belangrike
grondslag om meer komplekse ekonomieë te verstaan. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.)                        (Maks. 2)   [40]

                                                 15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 1)           GRAAD 10

VRAAG 5

   Bespreek, in detail, die effek van wisselende sakesiklusse op die Suid-
    Afrikaanse ekonomie.                                               (26 punte)
   Hoe kan die regering die ekonomie tydens ŉ resessie stimuleer? (10 punte)

Inleiding

(Enige relevante definisie.)                                                 (Maks. 2)

LIGGAAM

HOOF GEDEELTE

Veranderinge in totale (totale) vraag en aanbod 

   In ŉ herstel periode sal mense meer eis. 
   Dit kan lei tot tekorte aan goedere en dienste om in die vraag te voorsien. 
   Besighede sal dan meer produseer. 
   In ŉ resessie sal daar ŉ afname in die vraag na goedere en dienste wees. 
   Besighede sal ŉ surplus hê en produksie verminder. 

Veranderinge in ekonomiese groei 

   In ŉ afswaai sal daar minder ekonomiese groei wees, besighede sal minder
    produseer. In ŉ opswaai sal daar ekonomiese groei wees, besighede sal meer
    produseer om aan die groeiende vraag na goedere en dienste te voldoen. 

Veranderinge in indiensneming 

   In ŉ afswaai sal besighede minder produseer en die gevolg sal wees dat mense
    hul werk sal verloor, werkloosheid sal toeneem. 
   In ŉ opswaai sal besighede meer goedere en dienste produseer en meer mense in
    diens neem, werkloosheid sal afneem. 

Veranderinge in prysvlakke 

   In die vroeë stadiums van ŉ afswaai van die ekonomie is pryse gewoonlik redelik
    hoog en kan selfs ŉ bietjie styg. 
   Mense kan nie meer die goedere en dienste bekostig nie en sal minder goedere en
    dienste koop. Dit sal tot ŉ totale afswaai lei. 
   In die vroeë stadiums van ŉ opswaai sal pryse laag wees en mense sal meer
    goedere en dienste koop. 

                                                16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                          NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

Veranderinge in die wisselkoers 

   In die vroeë stadiums van ŉ afswaai van die ekonomie is daar ŉ afname in die
    vraag na ŉ land se goedere en dienste en ŉ afname in uitvoere. 
   Hulle sal minder van daardie land se geldeenheid eis en dit lei tot depresiasie of ŉ
    verswakking van die geldeenheid. 
   In ŉ opswaai in die ekonomie is daar ŉ groter vraag na ŉ land se geldeenheid.
    Meer mense koop die land se goedere en dienste. Dit lei tot ŉ waardering van die
    geldeenheid. 

Impak op die ekonomies kwesbares 

   ŉ Afswaai sal mense ontneem om hul basiese behoeftes van kos, skuiling en klere
    te bevredig. 
   ŉ Opswaai in die ekonomie sal hoër inkomste en besteding aan luukse items tot
    gevolg hê.                                                         (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

  Verbetering in die lewenstandaard van mense in die ekonomie. 
  Beide uitvoere en beleggings sal daartoe lei dat meer geld na SA vloei. 
  Meer produksie in SA sal die SA ekonomie bevoordeel. 
  Meer werksgeleenthede word geskep wat sal lei tot ŉ toename in die vraag na
   verskeie goedere en dienste. 
 Verbetering in die infrastruktuurontwikkeling. 
(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                        (Maks. 10)

Afsluiting

Sakesiklusse is langtermyn neigings en kan van 3 tot 5 jaar of selfs meer as 10 jaar
duur. 
(Enige ander relevante gevolgtrekking.)                                      (Maks. 2)     [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                               TOTAAL:     100

                                                 17

## Related documents

- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr10-nov-2019-afrikaans/2f110dad-04a5-4bf3-b05d-d881f351d4c0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2017-possible-answers/8209781f-6149-4eb2-9b59-aae640a445d4) — Economics · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-2023-question-paper/588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
