# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   PROVINCIAL EXAMINATION
                         JUNE 2023

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2023
                     GRAAD 10
                 NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 2)

16 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)               GRAAD 10

AFDELING A: VERPLIGTEND

VRAAG 1                                                   20 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

    1.1.1   C – marginale nut neem af namate meer eenhede van ŉ produk verbruik
                word. 

    1.1.2   C – homogene produkte. 

    1.1.3   D – ondoeltreffendheid tydens die toekenning van hulpbronne en
                inkomste plaasvind. 

    1.1.4   B – buite die produksiemoontlikheidskromme.

    1.1.5   D – Maksimum pryse.                                            (5 x 2)    (10)

1.2 PASITEMS

    1.2.1   F 

    1.2.2   C 

    1.2.3   D 

    1.2.4   G 

    1.2.5   E 

    1.2.6   B                                                               (6 x 1)     (6)

1.3 IDENTIFISEER DIE TERM

    1.3.1   Ewewig 

    1.3.2   Monopolistiese mededinging 

    1.3.3   Produktiewe ondoeltreffendheid 

    1.3.4   Indirekte belasting                                             (4 x 1)     (4)

                                                            TOTAAL AFDELING A:           20

                                            2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 2)                GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die volgende twee vrae van hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae

     2.1.1   Lys enige TWEE tipes werkers wat kwalifiseer om minimum loon in
             Suid-Afrika te ontvang.

              Plaaswerkers 
              Huiswerkers 
              Werkers in diens van ŉ uitgebreide openbare werke-program 
             (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)        (2 x 1)              (2)

     2.1.2   Wat is ŉ geleentheidskoste?
              Geleentheidskoste is die opgeofferde alternatief, die produk wat
                prysgegee word. 
              Die verlies van ander alternatiewe wanneer een alternatief gekies
                word. 
              Die waarde of voordeel wat prysgegee word deur aan daardie
                aktiwiteit deel te neem, relatief tot ŉ alternatiewe aktiwiteit. 
              Die koste van ŉ alternatiewe wat prysgegee is. 
             (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)                  (1 x 2)    (2)

                                                 3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 2)                GRAAD 10

2.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                           REKORD HOË BRANDSTOFPRYSE

            [Voorspellingsverhogings sal lei tot rekordhoë brandstofpryse in Maart/Laevelder]

    2.2.1   Gee EEN faktor wat die vraag na ŉ produk kan beïnvloed.
             Die prys van die produk 
             Die inkomste van verbruikers 
             Die weer 
             ŉ Verandering in modes 
             ŉ Verandering in die prys van ŉ verwante produkte 
             ŉ Verandering in die grootte van die bevolking 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                   (1)

    2.2.2   Wat bepaal die markprys van goedere in ŉ vryemarkekonomie?
               Markkragte/Kragte van vraag en aanbod                                           (1)

    2.2.3   Beskryf die term aanbod.
               Aanbod is die totale hoeveelheid van ŉ produk of diens wat ŉ
                produsent/verkoper bereid en in staat is om teen ŉ sekere prys
                gedurende ŉ gegewe tydperk te verkoop.                                         (2)

    2.2.4   Beskryf die helling van die vraagkromme.
              Die vraagkromme neig afwaarts van links na regs as gevolg van die
               omgekeerde verhouding tot hoeveelheid. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                   (2)

                                                  4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)            GRAAD 10

    2.2.5   Waarom sal ŉ styging in brandstofpryse die verbruiker negatief
            beïnvloed?

              ŉ Styging in brandstofpryse sal veroorsaak dat die verbruiker meer
               vir vervoer betaal. 
             Die koste van alle goedere sal styg as gevolg van die toename in
               vervoerkoste van alle produkte. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                         (4)

2.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

     PRODUKSIE MOONTLIKHEID KROMMES VAN TWEE PRODUKTE
                  (PRODUK X EN PRODUK Y)

    2.3.1   Identifiseer die kromme wat beter produksiekombinasies sal
            oplewer.

               Kromme CD                                                             (1)

    2.3.2   Wat is die vorm van hierdie kromme?

               Konveks/Geboë na buite                                                (1)

    2.3.3   Beskryf kortliks die term produksiemoontlikheidskromme.

               Die PMK dui kombinasies aan van enige twee goedere wat sonder
                vermorsing geproduseer kan word en die gebruik van alle beskikbare
                hulpbronne tot die beste voordeel.                                   (2)

    2.3.4   Wat wys die verskuiwing in die kromme van AB na CD?

              ŉ Uitwaartse verskuiwing in die PMK dui op ŉ toename in die
               produksie-uitset van beide produkte. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                          (2)

                                             5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

    2.3.5   Bespreek TWEE moontlike redes vir die uitwaartse verskuiwing van
            ŉ produksiemoontlikheidskromme.

             Beter produksietegnieke word gebruik. 
             Beter vlak van tegnologie wat tydens produksie gebruik word. 
             Verhoogde motivering van werkers. 
             Verhoogde opleiding van werkers. 
             Beter gehalte van produksiefaktore wat gebruik word. 
             Doeltreffender vervoerdienste. 
             Meer effektiewe kommunikasiedienste. 
             Verbeterde gesondheidsorg van werkers. 
             Bekendstelling van kapitaalhulpbronne in die ekonomie. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (4)

2.4 Verduidelik VIER faktore wat die bestaan van ŉ mark sal bepaal.

     Daar sal ŉ mark bestaan as daar ten minste een koper en een verkoper is. 
     Die koper het die middele om die produk te koop. 
     Die verkoper het die vereiste produk om aan te bied. 
     Die koper en verkoper stem saam oor prys en hoeveelheid. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                (8)

2.5 Evalueer die redes waarom die regering subsidies toestaan.

      Om verbruikers te bevoordeel aangesien gesubsidieerde goedere goedkoper
       is./Wanneer die staat produkte subsidieer, kan verbruikers die goedkoper
       produkte koop. 
     Produkte word goedkoper in ander lande omdat die regering uitvoerders
       subsidieer. 
     Die produksiekoste word verlaag, en dit word makliker vir baie nuwe
       ondernemings om gevorm te word omdat hulle gehelp word om te begin. 
     Om werksgeleenthede te verhoog en werksgeleenthede veiliger te maak./
       Namate nuwe en baie besighede gevorm word, neem werksgeleenthede toe
       en uiteindelik verminder die land se werkloosheidsyfer. 
     Verbeter die lewenstandaard van die mense as hulle maatskaplike toelaes
       ontvang en gratis basiese goedere en dienste soos onderwys, gesondheid,
       ens. 
    (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)                             (8)
                                                                                     [40]

                                            6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

    3.1.1   Noem enige TWEE maatskaplike welsynstoelaes wat deur
            Suid-Afrikaners ontvang word.

             Ouderdomspensioene 
             Kinderondersteuningstoelae 
             Ongeskiktheidstoelaag 
             Oorlogsveteraane toelae 
             Pleegsorg toelae 
             Sorgafhanklikheidstoelaag 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (2 x 1)    (2)

    3.1.2   Wat is die wet van aanbod?

            Die wet van aanbod bepaal dat namate die prys van ŉ produk toeneem,
            die hoeveelheid wat van die produk aangebied word, sal toeneem, en
            namate die prys van ŉ produk daal, die hoeveelheid wat van die produk
            aangebied word, sal afneem                                              (2)

3.2 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg

                MARGINALE NUT VAN BOTTELS YSTEE VERBRUIK.

        HOEVEELHEID              MARGINALE NUT
                                                        TOTALE NUT (TN)
       BOTTELS YSTEE                 (MN)
             1                        90                          90
             2                        75                         165
             3                        50                         215
             4                        35                         250
             5                        10                         260
             6                         5                         265
             7                         0                         265

    3.2.1   Watter bottel ystee gee die grootste bevrediging?

               Die eerste bottel ystee.                                             (1)

    3.2.2   Identifiseer watter bottel ystee geen ekstra bevrediging gee wanneer
            dit verbruik word nie.

               Die 7de bottel ystee.                                                (1)

                                             7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                              NASIENRIGLYNE
                                                          (VRAESTEL 2)              GRAAD 10

3.2.3   Verduidelik kortliks die helling van die marginale nut kromme.

          Marginale nut kromme het ŉ negatiewe gradiënt, en dit helling
           afwaarts van links bo na regs onder./Die helling van die marginale nut
           kromme is afwaarts skuins, wat verklaar dat die eerste eenheid meer
           bevrediging lewer en wanneer meer verbruik word, daal marginale
           nut. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

3.2.4   Wat is die verband tussen nut en die vraag na ŉ produk?

          Hoe groter die bevrediging wat verkry word deur die verbruik van ŉ
           produk, hoe groter is die vraag en omgekeerd. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

3.2.5   Gebruik die inligting uit die tabel hierbo om ŉ duidelik gemerkte
        marginale nut grafiek te teken.

                                    PUNTETOENNING
                                    Korrekte helling van die MN-kromme = 2 punte
                                                  Aanduiding van die X-as = 1 punt
                                                  Aanduiding van die Y-as = 1 punt
                                                                         (Maks. 4)     (4)

                                          8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)          GRAAD 10

3.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                              LANDBOU SUBSIDIES

    3.3.1   Gee EEN voorbeeld van subsidies wat die Suid-Afrikaanse regering
            aan boere verskaf.

               Produsente subsidies 
               Verbruikersubsidies 
               Uitvoer subsidies 
               Subsidies vir indiensneming 
               Inkomste subsidies                                                   (1)

    3.3.2   Identifiseer die hoeveelheid geproduseer voordat die subsidie
            toegestaan is.

               75                                                                   (1)

    3.3.3   Beskryf die term subsidie.

               ŉ Finansiële bystand wat die regering aan besighede of individue
                verleen.                                                            (2)

    3.3.4   Wat is die effek van subsidies op die prys van mielies aan
            verbruikers?

              Subsidies lei tot ŉ afname in die prys van die produk./Prysdalings
               van P tot P1. 
            (Aanvaar enige ander relevante en korrekte antwoord.)                     (2)

                                                9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

    3.3.5   Hoe sal ŉ subsidie op petrol die ekonomie bevoordeel?

              Meer voertuie sal aangevra en vervaardig word. 
              Die prys van petrol sal daal en petrol sal bekostigbaar wees. 
              Vervoerkoste en reiskoste sal daal tot ŉ daling in die prys van
               petrol. 
             Produksiekapasiteit van die land sal toeneem./Reële BBP sal
               toeneem. 
             Die algemene prysvlak van goedere en dienste sal daal/inflasiekoers
               sal daal. 
            (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)                       (4)

3.4 Onderskei tussen produktiewe ondoeltreffendheid en toewysings-
    ondoeltreffendheid.

      Produktiewe ondoeltreffendheid
          o Produseer nie teen die laagste moontlike koste nie. 
          o Nie alle hulpbronne word effektief gebruik nie. 
          o Daar is ruimte om koste te verminder sonder om minder goedere te
             produseer of sonder om teen ŉ laer gehalte te produseer. 
          o Dit vind op enige stadium binne die PPC plaas; links van die
             kromme. 
                                                                         (Maks. 4)
     Toewysings-ondoeltreffendheid
          o Die toekenning van hulpbronne is nie in ooreenstemming met die
             verbruikers se vereistes (smaak) nie. 
          o Nie alle hulpbronne word effektief toegeken nie. 
          o Die welsyn van die gemeenskap word nie gemaksimeer nie. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (Maks. 4)      (8)

3.5 Evalueer die positiewe impak van wêreldmarkte op die ekonomie.

      Globale markte bied die geleentheid vir verbruikers en verskaffers om groter
       markte regoor die wêreld te benut./Hulle kan toegang hê tot meer kapitaal,
       tegnologie, goedkoper invoer en groter uitvoermarkte. 
     Globale markte help om doeltreffendheid en beter gebruik van hulpbronne
       deur mededinging en verdeling van arbeid te bevorder sodat ekonomieë en
       firmas kan fokus op wat hulle die beste doen. 
     Die wêreld van kommunikasie en die internet vergemaklik wêreldmarkte,
       handel en onderwys en bied toegang tot onafhanklike globale media en
       nuwe inligting en kennis word gedeel. 
     Innoveerders en entrepreneurs kan idees wat suksesvol in een streek
       geïmplementeer is aanpas om by hul eie area te pas. 
     Globalisering skep samewerking tussen nasies oor ŉ reeks nie-ekonomiese
       probleme soos immigrasie, gesondheidsorg, die omgewing en
       regskwessies. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                                   (8)
                                                                                       [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:          40
                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)            GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                          PUNTE-
                                                                              TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde antwoord.
 ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met
    die onderwerp van die vraag te bepaal.                                      Maks. 2
 Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
 Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:                                                                        Maks. 26
 Hoofdeel: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek/
    Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
    Assesseer/ Debatteer.

   Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
    krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is
    en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei                       Maks. 10
    af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer
    kortliks/Hoe?/Stel voor/Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer/
    Evalueer.

Gevolgtrekking
Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking wat die volgende moet insluit:
 ŉ Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
    reeds in die liggaam genoem is, te herhaal.
 ŉ Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is.                     Maks. 2
 Bykomende ondersteunende inligting om die bespreking/analise te
    versterk.
 ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien gevra.
 Aanbevelings.
                                                                 TOTAAL           40

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                              ECONOMICS
                                   MARKING GUIDELINES
                                                              (PAPER 2)                   GRADE 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek, in detail, die eienskappe van onvolmaakte markte.             (26 punte)

   Hoe kan die regering verbruikers beskerm teen uitbuiting in onvolmaakte
    markte.                                                           (10 punte)            [40]

INLEIDING

ŉ Mark bestaan oral waar kopers en verkopers bymekaar kom om goedere en dienste
teen ŉ prys te ruil./ŉ Mark is enige plek waar kopers en verkopers bymekaar kom om
die prys en hoeveelheid goedere of dienste wat omgeruil gaan word, te bepaal.
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                              (Maks. 2 punte)

LIGGAAM:

HOOFDEEL

EIENSKAPPE VAN ONVOLMAAKTE MARKTE:
Aantal kopers en verkopers 
 Daar is slegs een groot verskaffer van ŉ goed of diens (monopolie) of ŉ paar groot
   verskaffers (oligopolie). 
 Hierdie produsente het ŉ direkte invloed op die prys van die produk, en word nie
   deur enige mededingers teruggehou nie en kan die prys beïnvloed. 
 Daar kan ook baie verskaffers wees, maar een produsent kan die vraag aansienlik
   verander ten koste van ander produsente (monopolistiese mededinging). 

Aard van die produk 
 Die goedere of dienste wat gelewer word, is heterogene of unieke produkte. 
 Die produkte in die mark verskil baie van mekaar en verbruikers soek spesifieke
   eienskappe van elke produk. 
 Die verkoper verskaf produkte wat uniek is en geen nabye plaasvervangers het
   nie. 
 Hierdie produkte kan verskil oor prys- of funksie- of bonusaanbiedings. Soms
   verskil produkte as gevolg van ligging of advertensies. 

Hindernisse van toegang 
 Toegang tot die mark is beperk of heeltemal geblokkeer sodat nuwe verskaffers nie
   die mark kan betree nie. 
 Ander verkopers word verhoed om die mark te betree. 
 Die verkoper word beskerm teen mededinging deur patente, beheer van
   hulpbronne en regeringsbeperkings. 
 Daar is baie voorbeelde van onvolmaakte markte, dit sluit in Eskom, Telkom,
   DSTV, selfoonmaatskappye, vulstasies, restaurante, rekenaar- en
   motorvervaardigers, ens. 

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

Inligting beskikbaarheid 
 Hierdie markte het onvolmaakte inligting. 
 Produsente en verbruikers het onvolledige kennis oor marktoestande. 
 Dit is nie maklik nie, en soms nie moontlik nie, vir kopers om te weet wat al die
     pryse van ŉ produk binne die mark is. 

Vermoë van verskaffers om pryse te verander 
 Die verkoper het beheer oor die pryse. Hulle is die prysmakers. 
 Die produsente van die goedere en dienste kan die pryse bepaal en kopers kan nie
   die pryse op ŉ beduidende manier beding of beïnvloed nie.          (Maks. 26)

ADDISIONELE DEEL

   Die regering kan ondersoek instel na die heffing van abnormale pryse en boetes
    oplê aan ondernemings wat geraak word. 
 Die regering kan prysvasstelling deur oligopoliste ondersoek en boetes op hulle
    oplê. 
 Wette kan aangeneem word wat mededinging aanmoedig en goedere bekostigbaar
    maak. 
 Die regering kan inligting verskaf oor pryse van goedere en dienste waar inligting
    onvolledig is./Die regering kan inligtingsdienste verskaf aan besighede  soos
    tegniese advies, inligting oor markte, ens. 
 Deur die mededingingsbeleid kan die regering onwettige samesmelting van groot
    sakeondernemings voorkom. 
 Maak seker dat geen onbillike bemarking plaasvind nie. 
 Maak seker dat standaarde van alle produkte deur produsente nagekom word. 
 Hulle kan ŉ konsekwente wetgewende en handhawingsraamwerk met betrekking
    tot verbruikerstransaksies en -ooreenkomste bevorder. 
(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                     (Maks. 10 punte)

GEVOLGTREKKING
Die regering moet verseker dat daar minder monopolië en oligopoliste is aangesien
hierdie tipe onvolmaakte markte lei tot uitbuiting van verbruikers. 
(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.)                    (Maks. 2 punte)     [40]

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek, in detail, staatsinmenging as gevolg van markmislukkings, onder
  die volgende opskrifte:
  o Maksimum pryse (10)
  o Minimum pryse (8)
  o Belasting (8)                                                    (26 punte)

 Hoe probeer die Suid-Afrikaanse regering om die probleem van inkomste-
  ongelykheid op te los?                                           (10 punte)                [40]

INLEIDING

Die doel van regeringsinmenging is om te verseker dat die regte hoeveelheid
hulpbronne aan die produksie van uitsette toegewys word sodat die samelewing as
geheel sy voordele maksimeer. 
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                            (Maks. 2 punte)

LIGGAAM:

HOOFDEEL

Maksimum pryse

                                                                Punte toekenning
                                                                     Ewewig = 1 punt
                                                                         VV = 1 punt
                                                                         AA = 1 punt
                                                               Maksimum prys = 1 punt
                                                                            (Maks. 4)

 Soms sal die regering die prys van ŉ goed of diens op ŉ maksimum vlak wat onder
  die markprys is, bepaal. 
 Die regering gryp in en aanvaar ŉ wet dat verskaffers nie meer as die maksimum
  prys mag hef nie. 
 Die onmiddellike effek is dat die hoeveelheid toevoer sal daal. 
 Die oorspronklike markewewigprys en -hoeveelheid is onderskeidelik P en H 
 Die prys wat deur die regering vasgestel is, is P1, teen hierdie prys sal die vraag na
  H1 styg en die aanbod sal daal tot H2. 
 Die verskil tussen H1 en H2 is die tekort wat op die mark geskep sal word. 
 Die tekort wat deur die prysplafon veroorsaak word, skep ŉ probleem van hoe om
  die goed toe te ken aangesien die vraag toegeneem het. 
 Swart markte begin ontwikkel.                                                (Maks. 6)

                                               14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

Minimum pryse

                                                                Punte toekenning
                                                                     Ewewig = 1 punt
                                                                         VV = 1 punt
                                                                         AA = 1 punt
                                                                Minimum prys = 1 punt
                                                                            (Maks. 4)

   Dit is vir alle lande belangrik dat hul landbousektor genoeg voedsel produseer om
    die bevolking te voed. 
   Sommige voedsel is belangriker as ander omdat dit ŉ stapelvoedsel is. 
   Arm mense sal swaarkry as daar nie stapelvoedsel beskikbaar is nie en dit kan tot
    hongersnood lei. 
   Regerings gryp in die mark in om te verseker dat genoeg hoeveelheid voedsel
    geproduseer word. 
   Soms stel hulle ŉ minimum prys op stapelvoedsel in. 
   Hulle wil dit vir boere die moeite werd maak om genoeg kos te produseer. 
   In S.A. is mielies en koring stapelvoedsel. 
   Voor 1994 is boere ŉ minimum prys op hierdie voedsel gewaarborg. 
   Die instelling van minimum pryse het newe-effekte. 
   Wanneer die regering nie by die mark betrokke is nie, P = ewewigsprys, H =
    ewewigshoeveelheid. Punt a = markprys. 
   Wanneer die regering ingryp, word ŉ minimum prys bo die markprys vasgestel teen
    P1. 
   Prys styg van P tot P1. 
   Die hoeveelheid wat gevra word, neem af van H tot H1. 
   Die hoeveelheid wat verskaf word, styg van H tot H2. 
   ŉ Surplus (oortollige aanbod) wat op die mark bestaan./Hoeveelheid wat verskaf
    word, is meer as die hoeveelheid wat gevra word. 
   Boere het ŉ surplus = ŉ probleem wat hulle sal moet oplos. 
   Hulle kan dit op ander markte stort. (Storting = verkoop van goedere op buitelandse
    markte teen ŉ prys wat minder is as die land van herkoms.) 
   Die WHO verbied dit. Die enigste manier om van hierdie surplus ontslae te raak, is
    om dit te vernietig of aan diere te voed.                                (Maks. 4)

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Belasting
                                                            Punte toekenning
                                                        Oorspronklike ewewig = 1 punt
                                                               Nuwe ewewig = 1 punt
                                                        Nuwe aanbodkromme = 1 punt
                                                            Verhoogde prys = 1 punt
                                                                           (Maks. 4 )

   Die gepaste manier om deur die regering in die mark in te gryp, is deur belasting te
    hef as ŉ metode om eksterne koste te verhaal. 
 Die oorspronklike markewewig is op e, met P as die ewewigsprys en H as die
    ewewigshoeveelheid. 
 Die belastingverhoging sal die aanbodkromme na links skuif. 
 Die nuwe ewewig sal by e1 wees. 
 ŉ Belasting sal die prys van P na P1 verhoog. 
 Produksie sal afneem van H tot H1.                                           (Maks. 4)
(Aanvaar enige ander relevante antwoord)                                 (Maks. 26 punte)

ADDISIONELE DEEL

Die regering kan probeer om die probleem van ongelykheid in inkomste op te los deur:
 Implementering van ŉ progressiewe belastingstelsel wat die inkomstegaping tussen
    inkomsteverdieners verminder. 
 Die heffing van indirekte belasting op verbruik (bv. BTW), terwyl sekere basiese items
    wat die armes dikwels verbruik, uitgesluit is 
 Die verskaffing van gratis primêre gesondheidsorg in provinsiale hospitale en
    klinieke. 
 Voorsiening van gratis basiese onderwys vir diegene wat dit nie kan bekostig om te
    betaal nie. 
 Oordragbetalings en subsidies betaalbaar aan armes en voorheen benadeeldes. 
 Implementering van minimum lone. 
 Implementeer werkskeppingsprogramme. 
 Implementering van BBSEB- en arbeidswette.                          (Maks. 10 punte)

GEVOLGTREKKING
Die ingryping van die regering verseker dat ondoeltreffendheid uitgeskakel word en dat
die mark doeltreffend funksioneer. 
(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.)                       (Maks. 2 punte) [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                                TOTAAL:      100

                                              16

## Related documents

- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-2023-question-paper/588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answer/b864ceb0-9cd7-4aa7-afdd-955e2171cbd3) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 10 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-september-2023-qp-and-memo/b0364cf7-fb3c-4cf0-855b-f43a12bc7785) — QP + Memo · 2023
- [Gr10 EC P1 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ec-p1-eng-june-2022-possible-answers/1b8a91ca-1678-40f0-b46e-4d1f0e139826) — Memo · 2022 · Eng

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
