# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2023 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2023
                    GRAAD 10

                      EKONOMIE

                     VRAESTEL 2

TYD:     1½ uur

PUNTE: 100

10 bladsye

                                           b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                           2
                                                  (VRAESTEL 2)            GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

         AFDELING A: VERPLIGTEND
         AFDELING B: Beantwoord EEN van die twee vrae.
         AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde, meer as die
     vereiste hoeveelheid, sal NIE gemerk word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Lees die vrae aandagtig deur.

5.   Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.   Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

7.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

8.   Gebruik slegs swart of blou ink.

9.   Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

10. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                     b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                              3
                                                 (VRAESTEL 2)            GRAAD 10

AFDELING A: (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
    die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
    (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer.

     1.1.1   Die wet van dalende marginale nut bepaal dat ...

             A    marginale nut toeneem namate meer eenhede van ŉ produk
                  verbruik word.
             B    marginale nut dieselfde bly namate meer eenhede van ŉ produk
                  verbruik word.
             C    marginale nut afneem namate meer eenhede van ŉ produk verbruik
                  word.
             D    marginale nut afneem namate minder eenhede van ŉ produk
                  verbruik word.

     1.1.2   ŉ Volmaakte mark word gekenmerk deur ...

             A    gedifferensieërde produkte.
             B    onvolmaakte inligting van produkte.
             C    homogene produkte.
             D    unieke produkte.

     1.1.3   Markmislukkings vind plaas wanneer ...

             A    daar geen vraag na ŉ produk is nie.
             B    regerings in markte ingryp.
             C    daar ŉ oormaat aanbod van ŉ produk is.
             D    ondoeltreffendheid in die toekenning van hulpbronne en inkomste
                  plaasvind.

     1.1.4   Die konsep van skaarsheid word geïllustreer op die
             produksiemoontlikheidskromme met punte ...

             A    binne die produksiemoontlikheidskromme.
             B    buite die produksiemoontlikheidskromme.
             C    op die produksiemoontlikheidskromme.
             D    binne en buite die produksiemoontlikheidskromme.

     1.1.5   Swart markte is ŉ gevolg van ...

             A    belasting.
             B    minimum pryse.
             C    minimum lone.
             D    maksimum pryse.                                            (5 x 2)   (10)

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                 4
                                                 (VRAESTEL 2)              GRAAD 10

1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met die item in KOLOM A. Skryf
    slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.6) in die
    ANTWOORDBOEK neer.

           KOLOM A                                   KOLOM B
    1.2.1 Vraag                 A   Die hoeveelheid verkoop teen ŉ sekere prys
                                    binne ŉ sekere tydperk.
    1.2.2 Waarde
                                B   Minimum prys gestel bo die ewewigsprys.
    1.2.3 Pareto-
          doeltreffendheid      C   Verwys na hoeveel iets werd is in terme van geld
                                    of ander goedere waarvoor dit verruil kan word.
    1.2.4 Opoffering
                                D   Wanneer hulpbronne so toegewys is dat dit nie
    1.2.5 Sondebelasting            moontlik is om iemand beter af te maak sonder
                                    om iemand anders slegter daaraan toe te maak
    1.2.6 Prys vloer                nie.

                                E   Gehef op verbruik van produkte wat skadelik vir
                                    mense se gesondheid is.

                                F   Die hoeveelheid gekoop teen ŉ sekere prys
                                    binne ŉ sekere tydperk.

                                G Dit verwys na ŉ afspeling tussen twee produkte.
                                                                            (6 x 1) (6)

1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf die korrekte term
    langs elk van die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
    Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

    1.3.1   Die punt waar die hoeveelheid wat gevra word dieselfde is as die
            hoeveelheid wat verskaf word

    1.3.2   ŉ Mark met baie verskaffers wat gedifferensieerde goedere verkoop

    1.3.3   Wanneer die produsent nie teen die laagste moontlike koste produseer
            nie

    1.3.4   Belasting gehef op goedere en dienste voordat dit die verbruiker bereik,
            maar uiteindelik deur die verbruiker betaal word as deel van die
            markprys                                                           (4 x 1)   (4)

                                                             TOTAAL AFDELING A:          20

                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                                    5
                                                      (VRAESTEL 2)                 GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die volgende twee vrae van hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Lys enige TWEE tipes werkers wat kwalifiseer om minimum loon in
             Suid-Afrika te ontvang.                                        (2 x 1)              (2)

     2.1.2   Wat is ŉ geleentheidskoste?                                               (1 x 2)   (2)

2.2 Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                            REKORD HOË BRANDSTOFPRYSE

             [Voorspellingsverhogings sal lei tot rekordhoë brandstofpryse in Maart/Laevelder]

     2.2.1   Noem EEN faktor wat die vraag na ŉ produk kan beïnvloed.                            (1)

     2.2.2   Wat bepaal die markprys van produkte in ŉ vryemarkekonomie?                         (1)

     2.2.3   Beskryf die term aanbod.                                                            (2)

     2.2.4   Beskryf die helling van die vraagkromme.                                            (2)

     2.2.5   Waarom sal ŉ styging in brandstofpryse die verbruiker negatief
             beïnvloed?                                                                          (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                             6
                                                (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

2.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

      PRODUKSIE MOONTLIKHEID KROMMES VAN TWEE PRODUKTE
                   (PRODUK X EN PRODUK Y)

     2.3.1   Identifiseer die kromme wat beter produksiekombinasies sal oplewer.     (1)

     2.3.2   Wat is die vorm van hierdie kromme?                                     (1)

     2.3.3   Beskryf die term produksiemoontlikheidskromme.                          (2)

     2.3.4   Wat wys die verskuiwing in die kromme van AB na CD?                     (2)

     2.3.5   Bespreek TWEE moontlike redes vir die uitwaartse verskuiwing van ŉ
             produksiemoontlikheidskromme.                                           (4)

2.4 Verduidelik VIER faktore wat die bestaan van ŉ mark sal bepaal.                  (8)

2.5 Evalueer die redes waarom die regering subsidies toestaan.                       (8)
                                                                                    [40]

                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                  7
                                                  (VRAESTEL 2)                GRAAD 10

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem enige TWEE maatskaplike welsynstoelaes wat deur
             Suid-Afrikaners ontvang word.                                      (2 x 1)    (2)

     3.1.2   Wat is die wet van aanbod?                                         (1 x 2)    (2)

3.2 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                MARGINALE NUT VAN BOTTELS YSTEE VERBRUIK

         HOEVEELHEID              MARGINALE NUT
                                                            TOTALE NUT(TN)
        BOTTELS YSTEE                 (MN)
              1                        90                           90
              2                        75                          165
              3                        50                          215
              4                        35                          250
              5                        10                          260
              6                         5                          265
              7                         0                          265

     3.2.1   Watter bottel ystee gee die grootste bevrediging?                             (1)

     3.2.2   Identifiseer watter bottel ystee geen ekstra bevrediging gee wanneer dit
             verbruik word nie.                                                            (1)

     3.2.3   Verduidelik kortliks die helling van die marginale nut kromme.                (2)

     3.2.4   Wat is die verband tussen nut en die vraag na ŉ produk?                       (2)

     3.2.5   Gebruik die inligting uit die tabel hierbo om ŉ duidelik gemerkte marginale
             nut grafiek te teken.                                                         (4)

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                               8
                                                  (VRAESTEL 2)              GRAAD 10

3.3 Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                               LANDBOU SUBSIDIES

     3.3.1   Gee EEN voorbeeld van subsidies wat die Suid-Afrikaanse regering aan
             boere verskaf.                                                              (1)

     3.3.2   Identifiseer die hoeveelheid geproduseer voordat die subsidie toegestaan
             is.                                                                         (1)

     3.3.3   Beskryf die term subsidie.                                                  (2)

     3.3.4   Wat is die effek van subsidies op die prys van mielies aan verbruikers?     (2)

     3.3.5   Hoe sal ŉ subsidie op petrol die ekonomie bevoordeel?                       (4)

3.4 Onderskei tussen produktiewe ondoeltreffendheid en toewysings
    ondoeltreffendheid.                                                                  (8)

3.5 Evalueer die positiewe impak van wêreldmarkte op die ekonomie.                       (8)
                                                                                        [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:         40

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                  9
                                                  (VRAESTEL 2)                GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                           PUNTE-
                                                                               TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
 ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met
    die onderwerp van die vraag te bepaal.
                                                                                  Maks. 2
 Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
 Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
 Moenie inligting in die inleiding gebruik wat jy in die liggaam gaan
    bespreek nie.
Liggaam:                                                                         Maks. 26
 Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
    krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
    Debatteer.

   Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
    krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is
    en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/            Maks 10
    Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel
    voor/Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer/Evalueer.

Gevolgtrekking
Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking wat die volgende moet insluit:
 ŉ Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
    reeds in die liggaam genoem is, te herhaal.
 ŉ Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is.                       Maks. 2
 Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
    versterk.
 ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig.
 Aanbevelings.
TOTAAL                                                                              40

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek, in detail, die eienskappe van onvolmaakte markte.           (26 punte)

                                                                                        [40]
    Hoe kan die regering verbruikers beskerm teen uitbuiting in onvolmaakte markte?(10 punte)

VRAAG: 5 MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

 Bespreek, in detail, staatsinmenging as gevolg van markmislukkings, onder die
  volgende opskrifte:
  o Maksimum pryse (10)
  o Minimum pryse (8)
  o Belasting (8)                                                         (26 punte)

 Hoe probeer die Suid-Afrikaanse regering om die probleem van inkomste-
  ongelykheid op te los?                                                 (10 punte)      [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                           TOTAAL:       100

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-possible-answers/b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b) — Memo · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 10 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-september-2023-qp-and-memo/b0364cf7-fb3c-4cf0-855b-f43a12bc7785) — QP + Memo · 2023
- [Limpopo Economics Grade 10 June 2023 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-june-2023-p1-and-memo/46777ac2-5f25-45df-9459-52dd376b3ae7) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
