# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-question-paper/c052a056-c3b2-411c-a09e-acf7b862cd23
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-question-paper/c052a056-c3b2-411c-a09e-acf7b862cd23)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-possible-answers/b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                 NOVEMBER 2023
                    GRAAD 10

                      EKONOMIE

                      VRAESTEL 1

TYD:     2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye

                                           b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                             2
                                               (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

     AFDELING A: VERPLIGTEND
     AFDELING B: BEANTWOORD TWEE van die DRIE vrae.
     AFDELING C: BEANTWOORD EEN van die TWEE vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste nommer
     oorskry, sal NIE nagesien word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer bo elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                         3
                                                    (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

     1.1.1   Watter van die volgende onderwerpe word in Makro-ekonomie bestudeer?

             A    Die mikro-ekonomie
             B    Veranderinge in die aanbod van ŉ goedere
             C    Die koste en inkomste van ŉ firma
             D    Sakesiklusse

     1.1.2   Wanneer daar nie genoeg van ŉ hulpbron is om die bestaande
             aanvraag daarvoor te bevredig nie, bestaan daar…

             A    absolute skaarsheid.
             B    relatiewe skaarsheid.
             C    geleentheidskoste.
             D    skaarsheid.

     1.1.3   Watter van die volgende sou mees waarskynlik ŉ toename in nasionale
             inkomste veroorsaak in die ekonomiese kringloop?

             A    ŉ Verhoging in belasting
             B    ŉ Toename in openbare besteding
             C    ŉ Afname in besteebare inkomste van huishoudings
             D    ŉ Toename in invoerbesteding

     1.1.4   ŉ Keynesiaanse verduideliking vir ekonomiese skommelinge kan ...
             insluit.

             A    die uitvinding van die internet
             B    variasies in voorraadvlakke
             C    die oorlog in die Oekraïne
             D    weerstoestande

     1.1.5   Die natuurlike groeikoers van ŉ bevolking word bepaal deur ...

             A   die aantal migrante.
             B   die aantal vlugtelinge.
             C   die geboorte- en die sterftekoers.
             D   die lewensverwagting van die bevolking.

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                   4
                                               (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

    1.1.6   Watter van die volgende dui op ŉ statiese fase van die demografiese siklus?

            A      Die groei koers neem geleidelik toe.
            B      Kinders word as ekonomiese verpligtinge gesien.
            C      Geboorte- en sterfteskoerse is baie hoog.
            D      Meganisasie en verstedeliking neem toe.

    1.1.7   Mense wat ŉ land op ŉ permanente basis binnegaan staan bekend as ...

            A      emigrante.
            B      immigrante.
            C      vrywillige-migrante.
            D      onwillekeurige-migrante.

    1.1.8   Maatreëls wat getref is om druk op ŉ nasie te plaas om weg te doen met
            onaanvaarbare beleide:

            A      Handelsembargo’s
            B      Tariewe
            C      Sanksies
            D      Kwotas                                                       (8 x 2)   (16)

1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
    neer, bv. 1.2.9 J.

            KOLOM A                                    KOLOM B
    1.2.1   Hulpbronne             A   Geld wat die kringloop binnegaan

    1.2.2   Kapitaalgoedere        B   Mense wat van plek tot plek beweeg vir
                                       kos, water en weiding
    1.2.3   Inspuitings
                                   C   Grond, kapitaal, arbeid en entrepreneurskap
    1.2.4   Trog
                                   D   ŉ Praktyk om ŉ land se mag uit te brei deur
    1.2.5   Nomadies                   kolonisasie van ander nasies of gebiede

    1.2.6   Ekonomiese beleid      E   Goedere wat gebruik word in die produksie
                                       van ander goedere en dienste
    1.2.7   Imperialisme
                                   F   Omstandighede waarin lede van die
    1.2.8   Werkloosheid               arbeidsmag sonder werk is

                                   G Die laagste punt van ŉ sakesiklus

                                   H   Regeringsaksies om ekonomiese aktiwiteite
                                       te swaai

                                   I   Sluit moedelose werksoekers, studente,
                                       mense met gestremdhede ens. in
                                                                                (8 x 1)       (8)

                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                 5
                                                (VRAESTEL 1)              GRAAD 10

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
    die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
    akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word nie.

     1.3.1   Die aanname wat beteken ‘alle ander dinge is dieselfde’

     1.3.2   Die waarde van die beste alternatief wat nie gekies is nie

     1.3.3   ŉ Ekonomie wat die buitelandse sektor uitsluit

     1.3.4   Die wêreldwye integrasie van markte en produksie.

     1.3.5   ŉ Organisasie van werkers wat saamwerk om gemeenskaplike doelwitte
             soos beter werksomstandighede te bereik

     1.3.6   Die deel van die ekonomies aktiewe bevolking wat werk kry in die formele
             sektor van die ekonomie                                           (6 x 1)   (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE                                   6
                                                           (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem die TWEE breë benaderings tot Ekonomie.                                  (2 x 1)       (2)

      2.1.2   Waarom is ekonomie ŉ belangrike vak vir beleidmakers om te
              bestudeer?                                                                    (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                         TAKKE VAN EKONOMIE

                                              Ekonomie

                       Mikro-ekonomie            Hoof          Makro-ekonomie

                                             Onderafdelings

                                             Ontwikkelingsekonomie

                                                        Gedragsekonomie

              En baie ander take …
                                                                  Omgewingsekonomie

                    Landbou-ekonomie                             Energie-ekonomie

                                        Industriële-ekonomie

                                                                [Aangepaste bron:www.astro4dev.org]

      2.2.1   Noem die tak van Ekonomie wat handel oor nasionale totale.                                  (1)

      2.2.2   Watter tak van Ekonomie bestudeer hoe lae-inkomste lande
              ekonomiese welvaart kan bereik?                                                             (1)

      2.2.3   Beskryf die kortliks die term omgewingsekonomie.                                            (2)

      2.2.4   Hoe hou Wiskunde verband met Ekonomie?                                                      (2)

      2.2.5   Waarom moet mense Ekonomie oorweeg wanneer hulle ŉ loopbaan
              kies?                                                    (2 x 2)                            (4)

                                                                                                          b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                               7
                                                     (VRAESTEL 1)            GRAAD 10

2.2   Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                        [Aangepaste bron: www.google.com]

      2.3.1   Identifiseer EEN duursame verbruikersgoed in die illustrasie hierbo.           (1)

      2.3.2   Noem EEN basiese behoefte van ŉ huishouding.                                   (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term verbruik .                                           (2)

      2.3.4   Waarom is ŉ toename in verbruik nodig vir ekonomiese groei?                    (2)

      2.3.5   Hoe beïnvloed skaarsheid die keuses wat verbruikers maak?           (2 x 2)    (4)

2.4   Beskryf die verskille tussen ekonomiese goedere en vrye goedere.            (2 x 4)    (8)

2.5   Hoe beïnvloed skommelinge in die sakesiklus die vlak van werkloosheid? (4 x 2)         (8)
                                                                                            [40]

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                  8
                                                 (VRAESTEL 1)              GRAAD 10

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem TWEE Suid-Afrikaanse vakbonde.                                (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Waarom is ŉ vinnig groeiende bevolking ŉ uitdaging vir ontwikkelende
              nasies?                                                          (1 x 2)     (2)

3.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           [Aangepaste bron: www.tradingeconomics.co.za]

      3.2.1   Identifiseer die kwartaal met die laagste reële BBP-groei.                   (1)

      3.2.2   Watter ekonomiese aanwyser word gebruik om ekonomiese groei te
              meet?                                                                        (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.                          (2)

      3.2.4   Waarom lei inspuitings tot ŉ toename in ekonomiese aktiwiteit?               (2)

      3.2.5   Wat is die oorsaak van die lae ekonomiese groeikoers in Suid-Afrika?
                                                                               (2 x 2)     (4)

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        EKONOMIE                                                    9
                                                                        (VRAESTEL 1)                                   GRAAD 10

3.3   Bestudeer die data hieronder en beantwoord die vrae wat volg

                          Kwartaallikse Arbeidsmagopname (KLFS) K4:2022
      40,5 miljoen
      Mense van werkende ouderdom in Suid Afrika (15 – 64)

          Arbeidsmag                                                                        Nie ekonomies aktief nie

                                                                          16,8 miljoen
                                                                          •
          23,7                                       miljoen

                            Werkend                          Werkloos                                   Ander NEA

                                                                              Ontmoedigde

                                                                              werksoekers

                                                                                            [Aangepaste bron: Statistiek SA]

      3.3.1       Gee EEN voorbeeld van mense wat ekonomies onaktief is.                                                             (1)

      3.3.2       Wat word verteenwoordig die bevolking tussen die ouderdom 15 – 64?                                                 (1)

      3.3.3       Beskryf kortliks die term gedwonge migrasie.                                                                       (2)

      3.3.4       Waarom is die vinnige tempo van stedelike migrasie problematies vir die
                  regering?                                                                                                          (2)

      3.3.5       Bereken die werkloosheidsyfer vir die 4de kwartaal van 2022.                                            (2 x 2)    (4)

3.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.                                                       (2 x 4)    (8)

3.5   Hoe beïnvloed die hoë immigrasie-syfers plaaslike lone?                                                             (4 x 2)    (8)
                                                                                                                                    [40]

                                                                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE                                         10
                                                              (VRAESTEL 1)                        GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                                                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1       Noem enige TWEE fases van ŉ sakesiklus.                                            (2 x 1)    (2)

      4.1.2       Hoekom migreer mense na stedelike gebiede?                                         (1 x 2)    (2)

4.2   Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae hieronder.

                 SAAMGESTELDE SAKESIKLUSAANWYSERS VIR SUID-AFRIKA
                                         Saamgestelde saamvallende sakesiklusaanwysers
                Index: 2015=100
         110

         105

         100                                                                               Nov

         95

         90

         85

         80

         75

         70

         65
               2017               2018     2019             2022             2022          2022

        Die saamgestelde sakesiklusaanwyser het in November 2022 met 0,2%
        toegeneem as gevolg van ŉ toename in kleinhandel- en nuwe
        voertuigverkope sowel as industriële produksie.
                                           [Aangepas: SARB Kwartaallikse Bulletin, Februarie 2023]

      4.2.1       Gee ŉ voorbeeld van ŉ samevallende aanwyser.                                                  (1)

      4.2.2       Watter fase van ŉ sakesiklus het die hoogste werkloosheidsyfer?                               (1)

      4.2.3       Beskryf kortliks die term sakesiklus.                                                         (2)

      4.2.4       Verduidelik die endogene siening van sakesiklusse.                                            (2)

      4.2.5       Hoe kan die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) proaktief optree om
                  te keer dat die ekonomie in ŉ resessie verval?                                                (4)

                                                                                                                b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                    11
                                                  (VRAESTEL 1)                  GRAAD 10

4.3   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae hieronder

                     AFRIKA SE
                     BEVOLKING
                                                                   DIE HELFTE
                       BEREIK
                                                                    IS ONDER
                      1 BILJOEN
                                                                  20 JAAR OUD

                                                          [Aangepaste bron: www.google.com]

      4.3.1   Watter persentasie van die mense in Afrika is onder die ouderdom van
              20?                                                                              (1)

      4.3.2   Volgens die prentjie, wat is die grootste aandrywer van bevolkingsgroei
              in Afrika?                                                                       (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term verstedeliking.                                        (2)

      4.3.4   Hoekom is dit nodig om ŉ bevolkingsensus te doen?                                (2)

      4.3.5   Wat is die effek van ŉ hoë bevolkingsgroeikoers op die Suid-Afrikaanse
              ekonomie?                                                         (2 x 2)        (4)

4.4   Bespreek die ouderdomsamestelling en geografiese verspreiding van die Suid-
      Afrikaanse arbeidsmag.                                                (4 x 2)            (8)

4.5   Wat is ŉ paar oplossings wat gebruik kan word om omgewingsprobleme aan te
      spreek?                                                             (4 x 2)              (8)
                                                                                              [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:           80

                                                                                               b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                               12
                                                (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
    Inleiding
    Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
    • ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband
         hou met die vraagonderwerp te definieer.
                                                                            Maks. 2
    • Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
    • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
    • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
         bespreek.
    Liggaam
    Hoof gedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/
                                                                           Maks. 26
    Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/
    Onderskei/Differensieer/Verduidelik

    Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
    Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek
    wat gegee word en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/              Maks. 10
    Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
    Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor
    Afsluiting
    Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
    • ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
        reeds genoem is te herhaal
    • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is          Maks. 2
    • Bykomende ondersteuningsinligting om die
        bespreking/analise te versterk
    • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
    • Aanbevelings
                                                             TOTAAL:          40

                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, die 4 deelnemers van die kringloop van ŉ oop ekonomie en die
    interverwantskappe tussen hulle.                                        (26 punte)
•   Hoe het BRICS-lidmaatskap Suid-Afrika gehelp met sy buitelandse sektor
    handelsverhoudinge?                                                     (10 punte)      [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, industriële ontwikkeling met die fokus op die volgende aspekte:
    o    Meganisasie van produksie
    o    Verstedeliking en migrasie                                            (26 punte)
•   Hoe het die toestroming van immigrante bygedra tot die industriële ontwikkeling
    van Suid-Afrika?                                                           (10 punte)   [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                               TOTAAL:      150

                                             EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/85d4f782-147c-494a-8e6e-f677e427afe6) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-possible-answers/bc38fb6f-6bc5-4040-aa41-5fe7965d342b) — Economics · Memo · 2015 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2015-question-paper/5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 10 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-september-2023-qp-and-memo/b0364cf7-fb3c-4cf0-855b-f43a12bc7785) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
