# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                     JUNIE 2024
                 NASIENRIGLYNE

                     GRAAD 10

                  EKONOMIE (VRAESTEL 1)

17 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 1)        GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   A – beperkte middele 

      1.1.2   C – Toepassing van statistieke in ekonomie 

      1.1.3   D – huishoudings 

      1.1.4   C – skaarste 

      1.1.5   B – Herstel                                                (5 x 2)   (10)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   F – ŉ optimale toewysing van hulpbronne om welsyn te maksimeer 

      1.2.2   C – aanvaar dat vrye markte geen self regulerende meganismes het
                  nie 

      1.2.3   A – ŉ plek waar finale goedere en dienste gekoop en verkoop word 

      1.2.4   E – wisselende periodes van uitbreiding en inkrimping 

      1.2.5   G – die fisiese omstandighede en toestande wat mense se lewens
                  beïnvloed 

      1.2.6   B – verander gelyktydig met die veranderinge in ekonomiese
                  aktiwiteit                                              (6 x 1)    (6)

1.3   GEE ’N TERMYN

      1.3.1   Mikro-ekonomie 

      1.3.2   Spaar 

      1.3.3   Vrye goedere 

      1.3.4   Eksogene/Eksterne faktore                                   (4 x 1)    (4)

                                                          TOTAAL AFDELING A:          20

                                            2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord EEN van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

    2.1.1   Noem enige TWEE beroepsgeleenthede in die ekonomiese
            studierigting.
            •    Statistikus 
            •    Ekonoom 
            •    Wiskundige 
            •    Prokureur 
            •    Sosioloog 
            •    Inligtingstegnologie 
            •    Finansiële ontleder 
            •    Beleidsontleder 
            •    Marknavorsingsanalis 
            •    Aktuaris 
            •    Finansiële beplanner/adviseur 
            •    Data-ontleder/data wetenskaplike 
            •    Korporatiewe strateeg 
            •    Onderrig en Akademie 
            •    Internasionale Ontwikkelingspesialis 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 1)   (2)

    2.1.2   Wat is die voordeel daarvan om ekonomiese modelle te gebruik?
            •    Dit toon die verband tussen ekonomiese aspekte en help om dit te
                 verstaan. 
            •    Dit kan voorspel wat sal gebeur of indien iets verander 
            •    Dit word gebruik om ekonomiese beleid te ontwikkel. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (1 x 2)   (2)

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

2.2 DATA RESPONS

   2.2.1   Noem die ekonomiese stelsel wat met Fidel Castro geassosieer
           word?
           •    Sosialistiese stelsel/ Kommunistiese stelsel 
           (Aanvaar ook kommunistiese stelsel.)                         (1 x 1)       (1)

   2.2.2   Watter ekonomiese studierigting sal die geskikste wees vir
           regeringsleiers om te studeer?
           •    Openbare Finansies 
           •    Makro-ekonomie 
           •    Ontwikkelingsekonomie 
           •    Internasionale Ekonomie 
           •    Internasionale handel 
           •    Gedragsekonomie 
           •    Omgewingsekonomie 
           •    Gesondheidsekonomie 
           •    Arbeidsekonomie 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (1)

   2.2.3   Verduidelik kortliks die term ekonomiese stelsel.
           •    ŉ Ekonomiese stelsel is ŉ stelsel van produksie, hulpbrontoewysing
                en verspreiding van goedere en dienste binne ŉ samelewing. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

   2.2.4   Waarom word ekonomie as die “studie van keuses” beskou?
           •    Die ekonomie fokus op hoe individue, besighede en samelewings
                besluite neem rakende die toewysing van beperkte hulpbronne wat
                alternatiewe gebruike het. 
           •    Die ekonomie ondersoek hoe mense besluite neem in verskeie
                situasies waar hulpbronne beperk is, en keuses gemaak moet
                word. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (1 x 2)   (2)

                                            4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

    2.2.5   Hoe kan hul ekonomie gebruik word om inkomste-ongelykhede op te
            los?
            •    Die ekonomie help om die faktore te identifiseer wat bydra tot
                 inkomste-ongelykheid. 
            •    Die ekonome ontleed beleid wat daarop gemik is om ongelykhede te
                 verminder. 
            •    Dit sluit progressiewe belasting, maatskaplike welsynsprogramme en
                 minimumloonbeleide in. 
            •    Die ekonomie evalueer die doeltreffendheid van herverdelingsbeleide
                 wat daarop gemik is om die inkomste van ryker individue of groepe
                 na diegene met laer inkomste oor te dra. 
            •    Dit kan wees deur belasting- en maatskaplike welsynsprogramme
                 soos inkomstesteun, gesondheidsorg, onderwyssubsidies en
                 behuisingsbystand. 
            •    Deur ekonomiese beginsels en ontleding toe te pas, kan
                 beleidmakers strategieë en beleide ontwikkel om inkomste-
                 ongelykheid te versag. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (4)

2.3 Data respons

    2.3.1   Noem die afwesige deelnemer in ŉ geslote ekonomie.
            Die buitelandse sektor.                                                        (1)

    2.3.2   Identifiseer een van die hoofvloeie in die kringloopmodel?
            Monetêre vloei. 
            Reële/werklike vloei 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (1 x 1)   (1)

    2.3.3   Verduidelik kortliks die term ekonomiese kringloop.
            •    Dit is ŉ diagram wat die vloei van inkomste, produksie en uitgawes in
                 die ekonomie aandui. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

    2.3.4   Hoekom is die buitelandse sektor belangrik vir ekonomiese groei?
            •    Wanneer plaaslike firmas goedere en dienste na die buitelandse
                 markte uitvoer, ontvang die plaaslike ekonomie ŉ inspuiting. 
            •    Die buitelandse sektor is deurslaggewend vir ekonomiese groei
                 aangesien dit geleenthede vir handel, innovasie, diversifikasie en die
                 uitruil van hulpbronne en idees oopmaak. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (1 x 2)   (2)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

    2.3.5   Hoe sal ŉ toename in huishoudelike besteding die ekonomiese
            kringloop beïnvloed?
            •    ŉ Toename in huishoudelike besteding lei tot hoër vlakke van
                 verbruiksbesteding. 
            •    Hoër vraag na goedere en dienste wat deur ondernemings
                 geproduseer word, sal daartoe lei dat ondernemings meer produseer
                 om aan die verbruikersvraag te voldoen. 
            •    Firmas kan verhoogde inkomste ervaar uit die verkoop van meer
                 goedere en dienste. 
            •    Wanneer firmas produksie verhoog as gevolg van ŉ groter vraag na
                 goedere en dienste, kan dit lei tot verhoogde inkomste vir
                 produksiefaktore, soos arbeid (lone), kapitaal (rente), grond (huur) en
                 entrepreneurskap (winste). 
            •    Die toename in huishoudelike besteding, wat lei tot hoër verbruik en
                 produksie, kan bydra tot ekonomiese groei. 
            •    Die toename in huishoudelike besteding verteenwoordig ŉ inspuiting
                 in die ekonomiese kringloop. 
            (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)                          (4)

2.4 Onderskei tussen ŉ positiewe en ŉ normatiewe stellings in ekonomie.

    Positiewe Stellings
    •     Positiewe stellings is beskrywende stellings gebaseer op feite, data en
          empiriese bewyse. 
    •     Dit is objektiewe stellings wat met behulp van waarneming, meting of
          wetenskaplike ontleding getoets of geverifieer kan word. 
    •     Dit poog om te beskryf hoe die ekonomie werk, wat tans gebeur, of wat in die
          verlede gebeur het. 
    •     Dit is vry van persoonlike opinies, waarde-oordele of oortuigings. 
    •     Positiewe stellings is gebaseer op verifieerbare data en kan deur empiriese
          bewyse bevestig of weerlê word. 
    •     Voorbeeld: “Die werkloosheidsyfer in die land is 5%.”              (Maks. 4)

    Normatiewe Stellings
    •    Normatiewe stellings is subjektiewe stellings wat menings, waarde-oordele of
         stellings behels oor wat behoort te wees of veronderstel is om te wees. 
    •    Hulle is gebaseer op persoonlike oortuigings, voorkeure of etiese
         oorwegings. 
    •    Hulle spreek subjektiewe standpunte of argumente uit oor wat wenslik of
         moreel reg/verkeerd in die ekonomie is. 
    •    Normatiewe stellings kan nie bloot deur empiriese bewyse bewys of weerlê
         word nie, want dit behels oordele en opinies. 
    •    Voorbeeld: “ŉ Hoër minimum loon is nodig om ŉ lewende loon vir alle
         werkers te verseker.”                                              (Maks. 4)
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (4 x 2)   (8)

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

2.5 Hoe is ekonomie en wiskunde verwant aan mekaar?
    •    Wiskunde is ŉ noodsaaklike hulpmiddel in ekonomie omdat dit die raamwerk
         verskaf vir modellering, ontleding en interpretasie van ekonomiese data en
         verwantskappe. 
    •    Wiskunde word gebruik om totale in die ekonomie te bereken, byvoorbeeld
         die Bruto Binnelandse Produk (BBP) en Bruto Binnelandse Inkomste
         (BBP). 
    •    Ekonome gebruik hierdie berekening om die groeikoers van die ekonomie vir
         ŉ sekere tydperk, gewoonlik een jaar, te bereken. 
    •    Ekonomie en wiskunde deel skakels as gevolg van die logiese aard van
         ekonomiese teorie en die kwantitatiewe instrumente wat gebruik word om
         ekonomiese tendense te modelleer, te analiseer en te verstaan. 
    •    Wiskunde verskaf ŉ raamwerk vir ekonome om modelle te skep wat
         ekonomiese verwantskappe tussen verskeie ekonomiese veranderlikes
         verteenwoordig. 
    •    Wiskundige funksies, vergelykings en modelle word gebruik om ekonomiese
         konsepte soos vraag, aanbod, produksie, verbruik en investering te
         beskryf. 
    •    Ekonome gebruik wiskundige optimaliseringstegnieke om bruikbaarheid, wins
         of doeltreffendheid te maksimeer. 
    •    Wiskunde, spesifiek statistiek en ekonometrie, word omvattend in ekonomie
         aangewend om praktiese data te bestudeer, verwantskappe tussen
         veranderlikes te skat, hipoteses te toets en voorspellings te maak. 
    •    Tegnieke soos regressie-analise, tydreeksanalise en waarskynlikheidsteorie
         is integraal in empiriese ekonomiese navorsing. 
    •    Wiskunde verskaf in wese die taal- en analitiese gereedskap wat ekonome in
         staat stel om ekonomiese teorieë te formaliseer, komplekse verhoudings te
         modelleer, data te ontleed en gevolgtrekkings te maak. 
    (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)                       (4 x 2)    (8)
                                                                                          [40]

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van kapitaalgoedere.
             • Gereedskap 
             • Masjinerie 
             (Enige ander relevante antwoord.)                                             (2)

     3.1.2   Waarom is die BBP van Suid-Afrika tradisioneel hoër as sy BNP?
             • Enige land wie se inwoners meer faktorinkomste aan buitelanders
                 betaal as wat hulle van buitelanders ontvang, sal ŉ Bruto Binnelandse
                 Produk hê wat sy Bruto Nasionale Produk oorskry. 
             (Enige ander relevante antwoord.)                                             (2)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

3.2 Data response

    3.2.1   Identifiseer die deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat die meeste
            deur die oorlog geraak is.
            • Uitvoersektor 
            • Energiesektor 
            • Kommoditeitsektor 
            • Finansiële markte 
            • Beleggingsektor 
            • Buitelandse Sektor 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (1 x 1)       (1)

    3.2.2   Hoe het wêreldwye kommoditeitspryse verander as gevolg van die
            oorlog?
            Kommoditeitspryse het gestyg                                                 (1)

    3.2.3   Verduidelik kortliks die term buitelandse handel.
            Die uitruil van goedere, dienste en kapitaal oor nasionale grense tussen
            lande 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

    3.2.4   Waarom is Suid-Afrikaanse nywerhede ook ontwrig weens die konflik
            in die Oekraïne?
            • Nywerhede wat op die invoer van grondstowwe of komponente van
                Rusland of Oekraïne staatmaak, het tekorte ondervind. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

    3.2.5   Op watter manier kan Suid-Afrika baat uit die verbod op handel met
            Rusland?
            • Suid-Afrikaanse kommoditeite kan dien as ŉ plaasvervangerproduk vir
                voorheen ingevoerde goedere uit Rusland, wat die SA uitvoerverbod
                verhoog. 
            • Dit kan lei tot die uitbreiding van Suid-Afrikaanse nywerhede en
                verhoogde inkomste uit nuwe markte. 
            • ŉ Verbod op handel met Rusland kan Suid-Afrikaanse ondernemings
                aanspoor om hul uitvoerbestemmings te diversifiseer. 
            • Dit kan die afhanklikheid van ŉ enkele handelsvennoot (Rusland)
                verminder en Suid-Afrikaanse produkte aan nuwe markte blootstel,
                wat uitvoerdiversifikasie verbeter. 
            • Suid-Afrika is ŉ beduidende uitvoerder van kommoditeite soos
                minerale (bv. platinum, goud), landbouprodukte en metale. Suid-Afrika
                kan baat vind by die verhoogde vraag en hoër pryse vir sy uitvoer. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (2 x 2)   (4)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

3.3 Data respons

    3.3.1    Identifiseer die tipe besoedeling wat in die prent hierbo uitgebeeld
             word.
             • Lugbesoedeling                                                             (1)

    3.3.2.   Wat word belasting genoem wat op besoedelingsintensiewe goedere
             gehef word?
             • Omgewingsbelasting /Groen belasting                    (1 x 2)            (1)

    3.3.3    Verduidelik kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid.
             • Omgewingsvolhoubaarheid is die vermoë van die omgewing om die
                 gebruik daarvan vir ekonomiese aktiwiteit te oorleef. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

    3.3.4    Waarom dra ontwikkelde lande meer by tot globale besoedeling as
             ontwikkelende lande?
             • Ontwikkelde lande het oor die algemeen hoër vlakke van
                 industrialisasie, gevorderde tegnologie en groter verbruikspatrone, wat
                 lei tot aansienlike besoedelingsvlakke. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)
         ●
    3.3.5 Hoe kan onderwys help om besoedelingsvlakke te verlaag?
           • Onderwys verhoog die bewustheid oor omgewingskwessies, soos lug-
               en waterbesoedeling. 
           • As mense bewus is van hulle omgewing, is hulle meer geneig om
               aksie te neem om besoedeling te verminder. 
           • Onderwys wat individue aanmoedig om eko-vriendelike gewoontes in
               hul daaglikse lewe aan te neem. 
           • Dit sluit byvoorbeeld die vermindering van energieverbruik,
               herwinning, die bewaring van water, die gebruik van openbare vervoer
               en die maak van ingeligte verbruikerskeuses in. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (2 x 2)       (4)

                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

3.4 Beskryf die verskille tussen absolute en relatiewe skaarsheid.

     Absolute skaarste:
     • Absolute skaarste verwys na ŉ inherente, universele tekort aan ŉ
        hulpbron. 
     • Absolute skaarste vind plaas wanneer die beskikbare hoeveelheid van ŉ
        hulpbron onvoldoende is om aan alle menslike behoeftes en benodighede te
        voldoen. 
     • Die hoeveelheid van die hulpbron is beperk en kan nie verhoog word om aan
        die eise van almal te voldoen nie. 
     • Byvoorbeeld, die beskikbare hoeveelheid fossielbrandstowwe is beperk en kan
        nie aangevul word nie.                                          (Maks. 4)

     Relatiewe skaarsheid:
     • Relatiewe skaarsheid vind plaas wanneer goedere en dienste beskikbaar is,
         maar jy het nie die hulpbronne om dit te bekom nie. 
     • Relatiewe skaarsheid kom voor as gevolg van ŉ verskil in die beskikbare
         hoeveelheid van ŉ hulpbron en die vraag na daardie hulpbron, in ŉ sekere
         situasie. 
     • ŉ Hulpbron kan vir ŉ spesifieke geval relatief skaars wees, al is dit algemeen
         in oorvloed beskikbaar. 
     • Byvoorbeeld, ŉ luukse item kan betreklik skaars wees vir ŉ laer-inkomste
         huishouding, al is dit geredelik in die mark beskikbaar.             (Maks. 4)
     (Aanvaar enige ander relevante antwoorde                                     (4 x 2)   (8)

3.5 Hoe beskerm die regering verbruikersregte.
    • Regerings stel wette in plek wat spesifiek ontwerp is om verbruikers te
       beskerm teen onbillike, misleidende of bedrieglike praktyke deur besighede af
       te dwing. 
    • Hierdie wette dek aspekte soos produkveiligheid, etikettering, advertensies,
       pryse, waarborge en billike sakepraktyke. 
    • Regerings stig dikwels regulerende liggame of agentskappe met die taak om
       toesig te hou oor verbruikersbeskerming. 
    • Hierdie agentskappe monitor besighede se nakoming van
       verbruikersbeskermingswetgewing, ondersoek verbruikersklagtes en neem
       afdwingingsaksies teen oortreders. 
    • Regerings stel standaarde en regulasies vas om die veiligheid en kwaliteit van
       produkte wat in die mark verkoop word, te verseker. 
    • Hierdie regulasies kan verpligte toetsing, etiketteringsvereistes en
       veiligheidstandaarde insluit om verbruikers teen skadelike of gebrekkige
       produkte te beskerm. 
    • Regerings verskaf inligting en opvoedkundige hulpbronne om verbruikers te
       bemagtig om ingeligte keuses te maak. 
    • Dit sluit in om verbruikers op te voed oor hul regte, verantwoordelikhede,
       beskikbare remedies en hoe om bedrieglike of misleidende praktyke te herken
       en aan te meld. 

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                          (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

•   Regerings vestig meganismes vir verbruikers om regstelling te soek wanneer
    hulle deur besighede benadeel of onregverdig behandel is. 
• Dit kan geleenthede behels vir die indiening van klagtes,
    geskilbeslegtingsdienste of die toegang tot howe vir regshulp. 
• Regerings ondersteun en werk dikwels saam met
    verbruikersvoorspraakorganisasies wat werk om verbruikersbelange te
    bevorder en te beskerm. 
• Hierdie groepe pleit vir beleidsveranderinge, doen navorsing en verhoog
    bewustheid oor verbruikersregte en kwessies. 
• Regerings monitor markte gereeld om potensiële skendings van
    verbruikersregte te identifiseer. 
• Hulle dwing wette en regulasies af deur boetes, strawwe of regsaksies op te lê
    teen besighede wat betrokke is by onbillike of bedrieglike praktyke. 
• Regerings skep wetgewing teen monopolistiese praktyke, anti-mededingende
    gedrag, prysvasstelling of enige aksies wat verbruikerskeuses beperk of pryse
    kunsmatig verhoog. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (4 x 2)    (8)
                                                                                      [40]

                                                        TOTAAL AFDELING B:             80

                                         11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)        GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                           PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                         TOEKENNING
  Inleiding
  Die inleiding is ŉ laer-orde response.
  • ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband
       hou met die vraagonderwerp te definieer.
                                                                           Maks. 2
  • Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
  • Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
  • Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
       bespreek.
  Liggaam

  Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
  Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
  Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die    Maks. 26
  gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
  Beoordeel/Debatteer
  ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde
  toegeken word.

  Bykomende deel: Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/
  Evalueer krities/Debatteer/Lei af Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/
  Hoe?/Stel voor                                                          Maks. 10
  ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote
  opsomming van feite.
  Slot

  Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
  • ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
      reeds genoem is te herhaal
                                                                           Maks. 2
  • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
  • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise
      te versterk
  • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
  • Aanbevelings
  TOTAAL                                                                      40

                                               12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE/0

•   Bespreek in detail die deelnemers aan die ekonomiese kringloop. (26 punte)
•   Ondersoek die belangrikheid van ŉ oop ekonomie vir Suid-Afrika.
                                                                    (10 punte)

Inleiding
• Die kringloop model van ŉ oop ekonomie toon die werking van ŉ ekonomie wat
    oop is vir buitelandse handel 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                   (Maks. 2)

Liggaam

HOOFGEDEELTE

Huishoudings 
• Bestaan uit ŉ individu, ŉ gesin of ŉ groep mense wat ŉ huis bewoon. 
• Is basiese besluitnemingseenhede in die ekonomie omdat hulle bepaal wat
   geproduseer moet word. 
• Huishoudings is die eienaars van produksiefaktore. 
• Hulle verkoop produksiefaktore aan die faktormark om inkomste te verdien. 
• Die inkomste wat huishoudings ontvang, word gebruik om goedere te koop om hul
   behoeftes te bevredig.                                              (Maks. 8)

Besighede 
• Besighede kombineer en transformeer die produksiefaktore om goedere en
   dienste te produseer. 
• Basiese produktiewe sektor in die ekonomie. 
• Hulle koop produksiefaktore op die faktormark. 
• Hulle verkoop die finale goedere en dienste op die produkmark. 
• Die doel van die onderneming is om wins te maksimeer. 
• Sake-ondernemings streef daarna om hul inkomste so hoog as moontlik en hul
   uitgawes laag te hou.                                             (Maks. 8)

Regering. 
• Bestaan uit die plaaslike, provinsiale en nasionale regering. 
• Verskaf openbare goedere wat nie voldoende deur die openbare sektor verskaf
   word nie. 
• Sorg vir openbare hulpbronne. 
• Die doelwitte van die regering is ekonomiese groei, volle indiensneming,
   ekonomiese billikheid, prysstabiliteit en BB en wisselkoersstabiliteit. 
• Die regering verskaf die raamwerk waarbinne die ekonomie funksioneer. 
                                                                              (Maks. 8)

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

Buitelandse sektor 
• Internasionale handel vind plaas oor die grense van ŉ land. 
• Geen land kan in isolasie bestaan nie. 
• Lande dryf handel omdat hulle ŉ tekort aan natuurlike hulpbronne het. 
• Hulle voer goedere en dienste uit. 
• Die buitelandse sektor bestaan sodat lande kan handel dryf. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (Maks. 8)
                                                                         (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL
• Om ŉ oop ekonomie te wees, stel Suid-Afrika in staat om by internasionale handel
    betrokke te raak, beide die invoer en uitvoer van goedere en dienste. Dit bied
    toegang tot ŉ breër mark vir Suid-Afrikaanse produkte en geleenthede vir
    diversifikasie. 
• Internasionale handel kan ekonomiese groei stimuleer deur markgrootte en vraag
    na Suid-Afrikaanse produkte te vergroot. Uitvoergeleide groei kan lei tot verhoogde
    produksie, werkskepping en inkomste generering. 
• ŉ Oop ekonomie lok direkte buitelandse investering (DBI) en portefeuljebelegging.
    Buitelandse maatskappye belê in Suid-Afrika, wat kapitaal, tegnologie en
    kundigheid bring, wat ekonomiese ontwikkeling kan bevorder. 
• Suid-Afrika kan deur internasionale handel toegang verkry tot hulpbronne wat nie
    binnelands geredelik beskikbaar is nie. Dit sluit noodsaaklike grondstowwe en
    energiebronne in wat benodig word vir industriële en vervaardigingsprosesse. 
• Openheid vir die globale ekonomie vergemaklik die uitruil van idees en tegnologie.
    Suid-Afrika kan innovasies van ander lande aanneem en aanpas, wat tegnologiese
    vooruitgang bevorder. 
• Deur aan internasionale markte deel te neem, verminder Suid-Afrika sy
    afhanklikheid van die binnelandse mark. Hierdie diversifikasie help om ekonomiese
    risiko's wat verband hou met plaaslike ekonomiese skommelinge te versag. 
• Uitvoer genereer buitelandse valuta-verdienste, wat gebruik kan word om vir
    invoere te betaal, eksterne skuld te delg, en buitelandse valutareserwes op te bou.
    ŉ Stabiele buitelandse valutaposisie is van kardinale belang vir ekonomiese
    stabiliteit. 
• Openheid vir internasionale handel bevorder kulturele uitruiling en kruiskulturele
    begrip, verryk die Suid-Afrikaanse samelewing en bevorder verdraagsaamheid en
    diversiteit. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (Maks. 10)

Slot
Die ekonomiese kringloop is ŉ vereenvoudiging van die werklikheid. Dit help om die
reëlevloei en geldvloei van ŉ komplekse ekonomieë te verstaan. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (Maks. 2)     [40]

                                               14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek in detail die uitwerking van sakesiklusse op die volgende:
    -   totale aanbod en totale vraag
    -   indiensneming
    -   wisselkoerse
    -   die ekonomies kwesbares                                             (26 punte)
•   Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge?                  (10 punte)    [40]

Inleiding

•   Sakesiklusse verwys na die verskynsel van opeenvolgende periodes van
    toenemende en dalende ekonomiese aktiwiteit. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                      (Maks. 2)

HOOFGEDEELTE

Veranderinge in die totale vraag en die totale aanbod (TA) van die totale vraag (TV)
• Tydens die uitbreidingsfase van ŉ sakesiklus is die totale vraag geneig om toe te
   neem namate verbruikersvertroue styg, wat lei tot hoër besteding aan goedere en
   dienste. 
• Firmas reageer op verhoogde vraag deur produksie te verhoog, wat kan lei tot ŉ
   opwaartse verskuiwing in totale aanbod as gevolg van verhoogde uitset en
   produktiwiteitswinste. Pryse kan matig begin styg as gevolg van groter
   aanvraag. 
• In ŉ resessie- of inkrimpingsfase neem die totale vraag af namate
   verbruikersbesteding afneem as gevolg van ekonomiese onsekerheid,
   werkverliese of verminderde besigheidsbelegging. 
• Hierdie vermindering in vraag lei tot ŉ afname in produksie en ŉ linkswaartse
   verskuiwing in totale aanbod. Werkloosheid styg, en besighede besnoei produksie,
   wat lei tot ŉ afname in algehele uitset en ŉ potensiële daling in pryse as gevolg
   van verminderde vraag.                                                   (Maks. 8)

Veranderinge in indiensneming
• Tydens ekonomiese uitbreidings ervaar besighede ŉ groter vraag na goedere en
   dienste, wat lei tot verhoogde produksie. 
• Dit lei dikwels tot verhoogde aanstellings om aan die stygende vraag te voldoen,
   wat lei tot laer werkloosheidsyfers namate ondernemings hul arbeidsmag
   uitbrei. 
• Omgekeerd, tydens ekonomiese inkrimpings of resessies, ondervind besighede
   verminderde vraag, wat lei tot verminderde produksie. 
• Dit kan lei tot afleggings, verminderde werksure en hoër werkloosheidsyfers
   aangesien maatskappye aanpas by laer vraag en probeer om koste te sny. 
                                                                            (Maks. 8)

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

Veranderinge in wisselkoerse
• In ŉ ekonomiese uitbreiding kan ŉ land se sterk ekonomiese prestasie lei tot
   verhoogde beleggersvertroue, wat moontlik buitelandse beleggings lok. 
• Dit kan die land se geldeenheid in verhouding tot ander geldeenhede versterk. 
• Tydens ŉ resessie kan ŉ land se geldeenheid verswak namate beleggers veiliger
   beleggings in meer stabiele ekonomieë soek. 
• Verminderde ekonomiese prestasie en laer rentekoerse kan lei tot ŉ depresiasie
   van die geldeenheid relatief tot ander.                              (Maks. 8)

Impak op die ekonomies kwesbares
• Ekonomiese uitbreidings kan lei tot verhoogde werksgeleenthede, inkomstegroei
   en verbeterde lewenstandaarde vir die ekonomies kwesbares. 
• Beleide wat tydens uitbreidings geïmplementeer word, kan fokus op maatskaplike
   welsyn, onderwys en indiensneming, wat kwesbare bevolkings bevoordeel. 
• Die ekonomies kwesbares, soos lae-inkomste huishoudings, kan hoër
   werkloosheid, verminderde toegang tot maatskaplike dienste en groter finansiële
   spanning tydens resessies in die gesig staar. 
• Regeringsbystandsprogramme kan groter aanvraag ervaar terwyl hulle
   begrotingsbeperkings in die gesig staar.                             (Maks. 8)
(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                       (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL
• Eksterne faktore speel ŉ beduidende rol om ekonomiese skommelinge te
   beïnvloed deur verskeie aspekte van ŉ ekonomie te beïnvloed. Hierdie faktore kan
   bydra tot veranderinge in ekonomiese groei, sakesiklusse en algehele
   stabiliteit. 
• Die prestasie van die globale ekonomie, insluitend neigings in groot ekonomieë,
   internasionale handelspatrone en die globale vraag na goedere en dienste, kan ŉ
   individuele land se ekonomiese toestande aansienlik beïnvloed. 
• Veranderinge in globale ekonomiese groeikoerse, handelsbeleide of finansiële
   markneigings kan ŉ nasie se uitvoere, invoere en algehele ekonomiese aktiwiteit
   beïnvloed.
• Geopolitieke spanning, oorloë, handelsgeskille of politieke onstabiliteit in
   verskillende dele van die wêreld kan ekonomiese stabiliteit beïnvloed. 
• Onsekerheid wat voortspruit uit geopolitieke gebeure kan beleggersvertroue
   beïnvloed, handelsverhoudinge ontwrig en lei tot veranderinge in marktoestande,
   wat ekonomiese skommelinge beïnvloed. 
• Gebeure in finansiële markte, soos aandelemarkineenstortings, bankkrisisse,
   skommelinge in wisselkoerse of ontwrigtings in kredietmarkte, kan ŉ
   wydverspreide uitwerking op ŉ ekonomie hê. 
• Finansiële markonbestendigheid kan verbruikers- en beleggersvertroue beïnvloed,
   wat lei tot veranderinge in besteding, beleggingsgedrag en algehele ekonomiese
   prestasie. 
• Natuurrampe soos aardbewings, orkane, vloede of uiterste weersomstandighede
   kan wydverspreide vernietiging veroorsaak, ekonomiese aktiwiteite, infrastruktuur
   en voorsieningskettings ontwrig. 
• Die ekonomiese gevolge van sulke gebeure kan lei tot korttermyn-ontwrigtings en
   langtermyn-effekte op geaffekteerde streke of hele ekonomieë. 

                                             16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

•   Vinnige vooruitgang in tegnologie en innovasies kan ŉ diepgaande uitwerking op
    ekonomieë hê. 
• Dit kan produktiwiteit, produksiemetodes, arbeidsmarkte en markstrukture
    beïnvloed, wat lei tot strukturele veranderinge en ekonomiese skommelinge
    beïnvloed. 
• Veranderinge in internasionale beleide, handelsooreenkomste, fiskale beleide,
    monetêre beleide of regulasies wat deur internasionale organisasies of
    ooreenkomste opgelê word, kan ekonomiese toestande beïnvloed. 
• Beleidsverskuiwings in groot ekonomieë kan oorspoel-effekte op ander lande hê,
    wat handel, belegging en ekonomiese groei beïnvloed. 
• Gesondheidskrisisse, pandemies (soos COVID-19) of uitbrekings van siektes kan
    aansienlike ekonomiese implikasies hê. 
• Maatreëls wat getref word om die verspreiding van siektes te beheer, insluitend
    inperkings, reisbeperkings en veranderinge in verbruikersgedrag, kan ekonomiese
    aktiwiteite en wêreldwye voorsieningskettings ontwrig, wat ekonomiese
    skommelinge beïnvloed. 
(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                        (Maks. 10)

Slot
• Eksterne faktore werk op komplekse maniere in wisselwerking met mekaar en kan
    ekonomiese skommelinge binne ŉ land versterk of versag. Beleidmakers,
    ekonome en besighede monitor hierdie eksterne faktore noukeurig om hul
    potensiële impak op die ekonomie te verstaan en maatreëls te implementeer om
    risiko's te bestuur en deur ekonomiese skommelinge te navigeer. 
(Aanvaar enige relevante antwoord.)                                       (Maks. 2)

                                                             TOTAAL AFDELING C:          40
                                                                           TOTAAL:      100

                                             17

## Related documents

- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P1 MEMO GR10 NOV 2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-memo-gr10-nov-2019-afrikaans/2f110dad-04a5-4bf3-b05d-d881f351d4c0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/4b78d766-6016-4eb9-b605-04f00fa132c7) — QP · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-2023-question-paper/588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
