# Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/08bf801e-b028-4c60-bce5-2dd8f18e3485
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/08bf801e-b028-4c60-bce5-2dd8f18e3485)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2024
                    GRAAD 10

                      EKONOMIE

                      VRAESTEL 1

TYD:     1½ uur

PUNTE:   100

10 bladsye

                                           b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                              2
                                                  (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A:      VERPLIGTEND
     AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste getal
     oorskry, sal NIE nagesien word nie.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

4.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van vrae.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks
     van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                  3
                                                  (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      20 PUNTE – 15 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
    die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
    (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

     1.1.1    Ekonomie is ŉ sosiale wetenskap wat bestudeer hoe mense hul talle
              behoeftes en begeertes bevredig met ...

              A    beperkte middele.
              B    onbeperkte hulpbronne.
              C    beperkte bevrediging.
              D    onbeperkte nut.

     1.1.2.   Ekonometrie handel oor …

              A    die impak van ekonomiese besluite op die omgewing.
              B    wêreldhandel en die internasionale ekonomie.
              C    die toepassing van statistiek in ekonomie.
              D    handel en finansies tussen lande.

     1.1.3    Die belangrikste deelnemer(s) in die kringloopmodel is die …

              A    regering.
              B    werkers.
              C    werkgewers.
              D    huishoudings.

     1.1.4    Die basiese ekonomiese probleem waarmee alle nasies te make het,
              is ...

              A    verbruik.
              B    verspreiding.
              C    skaarsheid.
              D    produksie.

     1.1.5    Watter stadium van ŉ sakesiklus word geassosieer met lae rentekoerse,
              en die toename in produksie?

              A    Herstel
              B    Voorspoed
              C    Inkrimping
              D    Piek                                                         (5 x 2)   (10)

                                                                                                 b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                  4
                                                 (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer bv. 1.2.7 F.

               KOLOM A                                  KOLOM B
      1.2.1   Ekonomiese             A    ŉ plek waar finale goedere en dienste
              doeltreffendheid            gekoop en verkoop word

      1.2.2   Keynesiaanse           B    verander gelyktydig met die veranderinge
              benadering                  in ekonomiese aktiwiteit

      1.2.3   Produkmark             C    aaname dat vrye markte geen
                                          selfbalanserende meganismes het nie
      1.2.4   Sakesiklus
                                     D    die vryemarkekonomie is inherent stabiel
      1.2.5   Omgewing
                                     E    wisselende periodes van uitbreiding en
      1.2.6   Samevallende                inkrimping
              aanwyser
                                     F    ŉ optimale toewysing van hulpbronne om
                                          welsyn te maksimeer

                                     G    die fisiese omstandighede en toestande
                                          wat mense se lewens beïnvloed
                                                                             (6 x 1)      (6)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word nie.

      1.3.1   ŉ Tak van ekonomie wat fokus op die studie van individuele ekonomiese
              eenhede op ŉ kleiner skaal.

      1.3.2   Die gedeelte van hul inkomste wat ŉ huishouding nie bestee nie.

      1.3.3   Goedere wat volop is, maar geen ruilwaarde het nie.

      1.3.4   Veranderlikes wat die sakesiklus beïnvloed, maar nie direk verband hou
              met die normale funksionering van die ekonomie nie                (4 x 1)    (4)

                                                              TOTAAL AFDELING A:          [20]

                                                                                                b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                   5
                                                  (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 35 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE beroepsgeleenthede in die ekonomiese studierigting.
                                                                           (2 x 1)           (2)

      2.1.2   Watter voordeel hou die gebruik van ŉ ekonomiese model in?           (1 x 2)   (2)

2.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

.                                 LOT VAN DIE MENSDOM RUS OP EKONOMIE

                            Die voormalige president, Thabo Mbeki, wat ŉ graad in
                            Ekonomie het, het die oproep van Fidel Castro aan politici
                            aangehaal om Ekonomie te bestudeer. Hy het gesê dat
                            politieke leiers Ekonomie moet studeer om die probleem
                            van billikheid, volhoubare ontwikkeling en menslike
                            veiligheid op te los.

                            Ekonomie is die basis waarop die lot van die mensdom
                            afhang. Dit is ook die basis vanwaar ons stryd om
                            gelykheid begin. “Politici wat nie wil verstaan nie of wat nie
                            die ekonomie bestudeer nie, is nie waardig om hul regsplig
                            uit te oefen nie”, het die oud-president gesê.
                                                         [Aangepaste Bron: Sunday Argus.]

      2.2.1   Noem die ekonomiese stelsel wat met Fidel Castro geassosieer word.             (1)

      2.2.2   Watter ekonomiese studierigting sal die geskikste wees vir regeringsleiers
              om te studeer?                                                                 (1)

      2.2.3   Verduidelik kortliks die term ekonomiese stelsel.                              (2)

      2.2.4   Waarom word ekonomie as die "studie van keuses" beskou?                        (2)

      2.2.5   Hoe kan ekonomie gebruik word om inkomste-ongelykheid op te los?
                                                                             (2 x 2)         (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                     6
                                                   (VRAESTEL 1)                GRAAD 10

2.3   Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               DIE EKONOMIESE KRIGLOOP

                                         Arbeid/ Betalings

                                            Inkomste/
                                        Goedere en Dienste

               Huishoudings
                                                                    Besighede

                                                Regering

                                                                    [Bron: Investopedia.com]

      2.3.1   Noem die afwesige deelnemer in ŉ geslote ekonomie.                                (1)

      2.3.2   Identifiseer een van die hoofvloeie in die kringloopmodel.                        (1)

      2.3.3   Verduidelik kortliks die term ekonomiese kringloop.                               (2)

      2.3.4   Hoekom is die buitelandse sektor belangrik vir ekonomiese groei?                  (2)

      2.3.5   Hoe sal ŉ toename in huishoudelike besteding die ekonomiese kringloop
              beïnvloed?                                                                        (4)

2.4   Onderskei tussen ŉ positiewe en ŉ normatiewe stellings.                        (4 x 2)    (8)

2.5   Hoe is ekonomie en wiskunde verwant aan mekaar?                                           (8)
                                                                                               [40]

                                                                                                    b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                    7
                                                    (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 35 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van kapitaalgoedere.                       (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Waarom is die BBP van Suid-Afrika tradisioneel hoër as sy BNP? (1 x 2)          (2)

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       DIE IMPAK VAN DIE OORLOG TUSSEN DIE OEKRAÏNE EN RUSLAND OP
                              DIE EKONOMIE

                                           Ek is bekommerd
                                           oor sy volgende
                                                  skuif

                          OEKRAÏNE                      RUSLAND

      ŉ Bittere en bloedige oorlog in die Oekraïne het die land verwoes, Rusland verder van
      die Weste geïsoleer en ekonomiese onsekerheid regoor die wêreld aangevuur.
                                                    [Aangepaste bron: www.economist.com]

      3.2.1   Identifiseer die deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie wat die meeste
              deur die oorlog in die Oekraïne geraak is.                                      (1)

      3.2.2   Hoe het kommoditeitspryse verander as gevolg van die oorlog?                    (1)

      3.2.3   Verduidelik kortliks die term buitelandse handel.                               (2)

      3.2.4   Waarom is Suid-Afrikaanse produksie ontwrig weens die oorlog?                   (2)

      3.2.5   Op watter manier kan Suid-Afrika baat uit die verbod op handel met
              Rusland?                                                                        (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                    8
                                                   (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

3.3   Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                       SA SE VUIL LUG

      Johannesburg het van die swakste luggehalte ter wêreld. Die stad meet 2,6 keer
      hoër as die Wêreldgesondheidsorganisasie se riglynwaarde. Kenners sê swaar
      afhanklikheid van steenkool en mynbou is die hoofoorsaak van die stad se
      besoedeling.
                                                                 [Aangepaste bron: Nuus24]

      3.3.1   Identifiseer die tipe besoedeling wat in die prent hierbo uitgebeeld word.       (1)

      3.3.2   Wat word die belasting genoem wat op besoedeling-intensiewe goedere
              gehef word?                                                                      (1)

      3.3.3   Verduidelik kortliks die term omgewingsvolhoubaarheid.                           (2)

      3.3.4   Waarom dra ontwikkelde lande meer by tot globale besoedeling as
              ontwikkelende lande?                                                             (2)

      3.3.5   Hoe kan onderwys help om besoedelingsvlakke te verlaag?               (2 x 2)    (4)

3.4   Beskryf die verskille tussen absolute en relatiewe skaarsheid.                (2 x 4)    (8)

3.5   Hoe beskerm die regering verbruikersregte?                                    (4 x 2)    (8)
                                                                                              [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            40

                                                                                                   b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                              9
                                                  (VRAESTEL 1)             GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                             PUNTE-
                        STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                           TOEKENNING
    Inleiding
    Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
    •    ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband
         hou met die vraagonderwerp te definieer.
                                                                             Maks. 2
    •    Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
    •    Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
    •    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
         bespreek.
    Liggaam

    Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
    Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
    Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die     Maks. 26
    gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Beoordeel/
    Debatteer
    ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde
    toegeken word.

    Bykomende deel: Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/
    Evalueer krities/Debatteer/Lei af Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/
    Hoe?/Stel voor                                                           Maks. 10
    ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote
    opsomming van feite.
    Slot

    Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
    • ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
        reeds genoem is te herhaal.
                                                                             Maks. 2
    • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
    • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise
        te versterk
    • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
    • Aanbevelings
    TOTAAL                                                                     40

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                               10
                                                 (VRAESTEL 1)              GRAAD 10

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek in detail die deelnemers aan die ekonomiese kringloop.       (26 punte)
•   Ondersoek die belangrikheid van ŉ oop ekonomie vir Suid-Afrika.       (10 punte)   [40]

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek in detail die uitwerking van sakesiklusse op die volgende:
    -   totale aanbod en totale vraag
    -   indiensneming
    -   wisselkoerse
    -   die ekonomies kwesbares                                           (26 punte)
•   Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge?                (10 punte)   [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                          TOTAAL:      100

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-possible-answers/b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b) — Memo · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 10 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-september-2023-qp-and-memo/b0364cf7-fb3c-4cf0-855b-f43a12bc7785) — QP + Memo · 2023
- [Limpopo Economics Grade 10 June 2023 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-june-2023-p1-and-memo/46777ac2-5f25-45df-9459-52dd376b3ae7) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
