# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 10 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                NOVEMBER 2022
                    GRAAD 10
                NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 1)

19 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)       GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   C   Winste ✓✓

      1.1.2   C   skaarsheid aan hulpbronne. ✓✓

      1.1.3   D   lekkasies < inspuitings. ✓✓

      1.1.4   A   leidende ✓✓

      1.1.5   D   selfonderhouding ✓✓

      1.1.6   A   gildes. ✓✓

      1.1.7   B   geskoolde ✓✓

      1.1.8   C   die jeug. ✓✓
                                                                                 (8 x 2)   (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   F   Die studie van hoe om skaars hulpbronne te kies en te gebruik ✓

      1.2.2   D   Die proses waardeur die entrepreneur arbeid en kapitaal in ŉ produk
                  kombineer ✓

      1.2.3   A   Die totale waarde van finale goedere en dienste geproduseer binne die
                  geografiese grense van ŉ land ✓

      1.2.4   B   Die herhalende en wisselende vlakke van ekonomiese aktiwiteit ✓

      1.2.5   G Mense reis van gebied tot gebied eerder as om op een plek te woon ✓

      1.2.6   H   ŉ Breë reeks sakegebruike en -praktyke ✓

      1.2.7   E   Voorsien ŉ aanduiding van die gebrek aan werksgeleenthede ✓

      1.2.8   C   Werkers met tydelike verlof of wat afwesig is ✓                (8 x 1)    (8)

                                                2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE        (VRAESTEL 1)   GRAAD 10

1.3   GEE DIE TERM

      1.3.1   Ontwikkelingsekonomie ✓

      1.3.2   Billikheid/Regverdigheid ✓

      1.3.3   Ekonomiese kringloop model ✓

      1.3.4   Maatskappy ✓

      1.3.5   Globalisering/Internasionale handel ✓

      1.3.6   Immigrant/Vlugtelinge ✓                                (6 x 1)   (6)

                                                        TOTAAL AFDELING A:      30

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem TWEE elemente van Ekonomie.

              •   Produksie , Verspreiding  of Verbruik 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (2 x 1)   (2)

      2.1.2   Waarom gebruik ekonome ekonomiese modelle?

              Ekonomiese modelle word gebruik om te verstaan hoe die ekonomie
              werk en om voorspellings te maak. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)            (1 x 2)       (2)

2.2   DATA RESPONS

      2.2.1   Noem EEN faktor om in ag te neem wanneer ŉ beroep gekies word.

              •   Finansiële implikasies ✓
              •   Risiko’s ✓
              •   Belange en vaardighede ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (1 x 1)   (1)

      2.2.2   Identifiseer ŉ loopbaan wat met Ekonomie verband hou.

              •   Kommersiële prokureur ✓
              •   Statistikus ✓
              •   Besigheidsontleder ✓
              •   Belegger ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term mikro-ekonomie.

              Mikro-ekonomie is die studie van die gedrag en besluite van individue wat
              aan die ekonomie deelneem om beperkte hulpbronne toe te wys. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

                                             4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

      2.2.4   Hoe hou Ekonomie verband met Rekenaarwetenskap?

              •   Rekenaars word in die veld van Ekonomie gebruik. Ekonome moet
                  tred hou met die nuutste neigings en inligting. ✓✓
              •   Die gebruik van inligtingstegnologie help ekonome om te verstaan
                  hoe die ekonomie funksioneer.✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      2.2.5   Hoe kan ŉ ekonoom wetenskaplike metodes gebruik om gereelde
              ekonomiese patrone te herken?

              •   Ekonomie is ŉ wetenskap wat wetenskaplike metodes gebruik om
                  patrone te herken. ✓✓
              •   Ekonome gebruik hierdie patrone om te verduidelik wat in die verlede
                  gebeur het, om te voorspel wat in die toekoms gaan gebeur. ✓✓
              •   Ekonome sal byvoorbeeld die prys van brood oor die afgelope tien
                  jaar bestudeer en om toekomstige prysstygings te voorspel. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (4)

2.3   DATA RESPONS

      2.3.1   Identifiseer ŉ ekonomiese konsep uit die inligting hierbo.

              •   Die basiese ekonomiese probleem van skaarsheid ✓
              •   Onbeperkte menslike behoeftes ✓
              •   Onbeperkte hulpbronne en tyd ✓
              •   Onbeperkte behoeftes ✓
              •   Onbeperkte produksiefaktore ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante reaksie.)                   (1 x 1)   (1)

      2.3.2   Gee EEN voorbeeld van kapitaalgoedere.

               • Geboue ✓
               • Masjinerie ✓
               • Voertuie ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term geleentheidskoste.

              Dit is die koste van die naasbeste alternatief van ŉ produk of diens. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      2.3.4   Waarom is hulpbronne skaars?

              Hulpbronne is skaars omdat daar onbeperkte behoeftes en begeertes en
              beperkte hulpbronne is. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

      2.3.5   Hoe behoort produsente hul hulpbronne toe te wys om te verseker
              dat die maksimum hoeveelheid van verbruikers se behoeftes en
              begeertes bevredig word?

              •   Produsente moet verseker dat hulle die maksimum hoeveelheid
                  goedere en dienste produseer (produksiedoeltreffendheid), deur
                  doeltreffende produksietegnieke te gebruik. ✓✓
              •   Firmas moet ook ŉ optimale verspreiding van goedere en dienste
                  produseer, met inagneming van verbruikers se voorkeure
                  (toewysings doeltreffendheid). ✓✓
              •   Marknavorsing help produsente om die voorkeur van verbruikers vir
                  die verskillende goedere en dienste te bepaal. ✓✓
              •   Die prysmeganisme, deur middel van surplusse en tekorte, sal
                  produsente in staat stel om die hoeveelhede te bepaal wat
                  verbruikers verkies. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)     (4)

2.4   Onderskei tussen absolute skaarste en relatiewe skaarsheid.

      Absolute skaarste                      Relatiewe skaarsheid
      • Absoluut beteken dat daar niks       • Relatief is nie absoluut nie, maar dit is
        oor is van waarna jy ook al sou         minimaal soos geïnterpreteer in die
        soek nie. ✓✓                            vergelyking met iets anders. ✓✓
      • Absolute skaarste is die onvermoë    • Relatiewe skaarsheid vind plaas
        van die natuur om die nodige            wanneer goedere en dienste
        hulpbronne te voorsien om ons           beskikbaar is, maar jy het nie die
        daaglikse behoeftes te                  hulpbronne om dit te bekom nie. ✓✓
        bevredig. ✓✓                         • Bv., jy wil Levi's jeans koop, maar jy
      • Bv., ŉ droogte kan die aanbod van       het nie genoeg geld om dit te koop
        landbouprodukte beperk. ✓               nie. ✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4 x 2)   (8)

2.5   Hoe effektief is die regeringsbeleide in die beskerming van die omgewing?

      •   In Suid-Afrika word die natuurlike omgewing deur die Grondwet beskerm. Die
          Departement van Omgewing, Bosbou en Visserye (DEFF) het ŉ mandaat om
          uitvoering te gee aan die reg van burgers op ŉ omgewing wat nie skadelik is
          vir hul gesondheid of welstand nie, en om die omgewing te beskerm tot
          voordeel van huidige en toekomstige geslagte. ✓✓
      •   Sedert apartheid geëindig het, het Suid-Afrika ŉ wetlike en regulatoriese
          omgewingsraamwerk ontwikkel wat in sommige gebiede meer gevorderd is
          as in ander lande. Die Groen Stimulus-herstelprogram wat deel vorm van die
          herstelprogram na die koronavirussiekte (COVID-19), het ten doel om
          natuurlike hulpbronne te beskerm terwyl dit bydra tot billike ekonomiese
          groei, werk verskaf aan gemarginaliseerde gemeenskappe en groeiende
          ekonomiese sektore. ✓✓

                                             6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

      •  Verbruikers en produsente word belas vir afval wat hulle produseer en in die
         omgewing stort. ✓✓
      • Suid-Afrika bevorder herwinning, hergebruik en verminder veldtogte in alle
         gemeenskappe. Plastiek inkopiesakke word byvoorbeeld ontmoedig. ✓✓
      • Groen belasting word gehef op die produksie van produkte wat nie
         bioafbreekbaar is nie, byvoorbeeld bande. ✓✓
      • Suid-Afrika het gevorderde omgewingsbeleide, maar het nie die kapasiteit of
         politieke wil om dit te implementeer nie. ✓✓
      • Voorbeelde van die regering se versuim om sy omgewingsbeleid te
         implementeer kan gesien word deur die hoë vlakke van lugbesoedeling en die
         besoedelde toestand van ons damme en riviere. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                     (8)
                                                                                            [40]

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE van die G7-lande.

              VSA ✓, Japan ✓, Duitsland ✓, Frankryk ✓, VK ✓, Italië ✓ en Kanada ✓
                                                                              (2 x 1)        (2)

      3.1.2   Watter rol het die ontwikkeling van dorpe en stede in die vroeë
              ekonomiese ontwikkeling gespeel?

              •   Kommersiële boerdery het gelei tot ŉ toename in die produksie van
                  koring, mielies en vleis. ✓✓
              •   Die ontwikkeling van dorpe het markte geskep vir vervaardigde
                  produkte soos klere, landbouprodukte, meubels, masjinerie en
                  dienste soos verblyf en vervoer. ✓✓
              •   Die verhoogde produksie-aktiwiteite het gelei tot die ontstaan van ŉ
                  nuwe klas entrepreneurs. ✓✓
              •   Mense in dorpe en stede het hoër inkomste gehad, hulle het dus
                  meer gespaar en belê. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (1 x 2)    (2)

3.2   DATA RESPONS

      3.2.1   Noem die maatstaf waarmee babasterftes gemeet word.

              Suigelingsterftesyfer/Sterftes per 1000 lewende geboortes ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (1)

      3.2.2   Wat is die huidige statistiek aangaande babasterftes in Suid-Afrika?

              24,3 per 1000 ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (1)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

      3.2.3   Beskryf kortliks die term sterftesyfer.

              Die sterftesyfer/sterftekoers is ŉ maatstaf van die frekwensie van sterftes
              in ŉ gedefinieerde populasie gedurende ŉ bepaalde interval. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      3.2.4   Volgens die grafiek, watter ontwikkeling het oor die afgelope 70 jaar
              plaasgevind?

              Die suigelingsterftesyfer het aansienlik afgeneem. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      3.2.5   Hoe kan babasterftes in Suid-Afrika verlaag word?

              • Skep beter toegang tot verbeterde gesondheidsorg in landelike
                 gebiede. ✓✓
              • Leer ouers oor die gebruik van veilige drinkwater. ✓✓
              • Verhoog die strewe teen tienerswangerskap. ✓✓
              • Verbeter verspreiding van inentings deur klinieke in nie-stedelike
                 gebiede. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (2 x 2)   (4)

3.3   DATARESPONS

      3.3.1   Identifiseer die instelling wat in die spotprent hierbo uitgebeeld
              word.

              Eskom ✓                                                                       (1)

      3.3.2   Noem die karakter in die spotprent.

              Hoof van Eskom OF Andre van der Ruyte ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term beurtkrag.

              Die onderbreking van ŉ elektrisiteitstoevoer om ŉ oormatige las op die
              opwekkingsaanlegte te vermy. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      3.3.4   Waarom ervaar Suid-Afrika beurtkrag?

              • Swak beplanning met betrekking tot toekomstige energiebehoeftes. ✓✓
              • Gebrek aan behoorlike instandhouding van huidige kragfasiliteite. ✓✓
              • Gebrek aan behoorlike leierskap deur die bestuursraad. ✓✓
              • Korrupsie en wanbestuur van fondse. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (1 x 2)     (2)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)          GRAAD 10

      3.3.5   Hoe beïnvloed beurtkrag produsente negatief?

              • Minder goedere en dienste sal geproduseer word. ✓✓
              • Beïnvloed die produsente se produktiewe doeltreffendheid. ✓✓
              • Bemoeilik die ekonomiese groei van die land. ✓✓
              (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                   (2 x 2)             (4)

3.4   Onderskei tussen ŉ positiewe en negatiewe bevolkingsgroeikoers.

      Positiewe bevolkingsgroeikoers

      Die aantal geboortes is groter as die aantal sterftes gedurende ŉ tydperk van
      bevolkingsgroei. ✓✓
      Natuurlike groei in die bevolking vind plaas, dit beteken dat die bevolking groei
      sonder ŉ toestroming van immigrante. ✓✓
      Ontwikkelende nasies is geneig om ŉ positiewe bevolkingsgroei te hê. ✓✓

      Negatiewe bevolkingsgroeikoers

      Die aantal sterftes is groter as die aantal geboortes tydens negatiewe
      bevolkingsgroei. ✓✓
      ŉ Negatiewe bevolkingsgroei is geneig om in ontwikkelde populasies voor te
      kom. ✓✓
      Hierdie populasies is geneig om mettertyd kleiner te word. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2 x 4)     (8)

3.5   Hoe dra ŉ toename in die vraag na goedere en dienste by tot
      nywerheidsontwikkeling?

      •   ŉ Toename in die vraag na goedere het gelei tot die behoefte aan meer
          koste-effektiewe produksiemetodes, wat gelei het tot die opkoms van
          meganisasie en die fabriekstelsel. ✓✓
      •   Goedere word op groot skaal in die fabrieke vervaardig. ✓✓
      •   Die fabriekstelsel word gekenmerk deur arbeidsverdeling. ✓✓
      •   Tegnologiese innovasies het gelei tot toenemende produktiwiteit terwyl dit
          minder menslike energie benodig. ✓✓
      •   ŉ Groter volume en verskeidenheid fabrieksgeproduseerde goedere is
          vervaardig wat die lewenstandaard van baie mense verhoog het. ✓✓
      (Enige korrekte relevante antwoord.)                                       (4 x 2)     (8)
                                                                                            [40]

                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWE
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem TWEE deelnemers aan ŉ oop ekonomie.

              ●   Huishoudings ✓
              ●   Sakeondernemings ✓
              ●   Regerings ✓
              ●   Die buitelandse sektor ✓                                     (2 x 1)   (2)

      4.1.2   Waarom is die bevolkingsgroeikoers belangrik vir
              regeringsbeplanning?

              ●  Om te kan beplan vir voldoende infrastruktuur soos skole, hospitale,
                 behuising en paaie. ✓✓
              ● Om te kan beplan vir voldoende hulpbronne soos voedsel, water en
                 elektrisiteit. ✓✓
              ● Om te kan beplan vir werksgeleenthede vir die nabye toekoms.✓✓
              (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                        (1 x 2)   (2)

4.2   DATA RESPONS

      4.2.1   Noem die metode wat gebruik is om nasionale produksie te bereken
              hierbo.

              Produksiemetode/Toegevoegde waarde/BBP(P) ✓                                (1)

      4.2.2   Watter sektor is die grootste bydraer tot die BBP?

              Tersiêr ✓                                                                  (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term bruto nasionale inkomste.

              Die bruto nasionale inkomste (BNI) is die totale vergoeding vir die
              produksiefaktore wat mense van Suid-Afrikaanse nasionaliteit gedurende
              ŉ spesifieke tydperk ontvang. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)        GRAAD 10

      4.2.4   Bereken bruto toegevoegde waarde (BTW) soos voorgestel deur A.

              Ekonomiese Sektor                           2021 (R Miljoene)
              Primêre sektor                                  631 848
              + Sekondêre sektor                            1 037 270
              + Tersiêre sektor                             3 894 359 ✓
              Totaal                                        5 563 477 ✓                (2)

      4.2.5   Watter eksterne faktore het bygedra tot die afname in bruto
              toegevoegde waarde (BTW) gedurende 2020?

              •   ŉ Afname in totale vraag as gevolg van COVID-19-beperkings en
                  inperkings. ✓✓
              •   Baie huishoudings het ŉ afname in inkomste gehad omdat hulle nie
                  kon werk nie. ✓✓
              •   Besighede het hul bedryfsure verminder wat tot verlaagde
                  produksievlakke gelei het. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (2 x 2)   (4)

4.3   DATARESPONS

      4.3.1   Identifiseer die proses wat in die illustrasie hierbo uitgebeeld word.

              Migrasie of Verstedeliking ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (1)

      4.3.2   Waarom verkies die meeste mense om in stede te woon?

              Vir werksgeleenthede, ✓ onderwys ✓ of kulturele redes. ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term verstedeliking.

              Verstedeliking verwys na die bevolkingsverskuiwing van landelike na
              stedelike gebiede. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

      4.3.4   Waarom is die groeiende koers van verstedeliking ŉ probleem vir
              plaaslike regering?

              Opeenhoping, besoedeling, misdaad en siektes is probleme wat met
              verstedeliking geassosieer word. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

                                            11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

      4.3.5   Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van verstedeliking
              te vertraag?

              •   Bekamp armoede deur ekonomiese ontwikkeling in landelike
                  gebiede te bevorder. ✓✓
              •   Skep privaat-openbare vennootskappe om werk te verskaf in
                  landelike gebiede. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)            (2 x 2)         (4)

4.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.

      Ekonomiese groei

      •   Dit is die toename in die produksie van goedere en dienste van ŉ land binne ŉ
          gegewe tydperk. ✓✓
      •   Dit word gemeet deur reële BBP van een jaar met ŉ ander jaar te vergelyk. ✓✓
      •   Dit is gemoeid met goedere en dienste. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

      Ekonomiese ontwikkeling

      •   Dit is die verbetering in die lewenstandaard van die hele bevolking. ✓✓
      •   Dit is gemoeid met mense en menslike ontwikkeling. ✓✓
      •   Dit handel oor kwessies soos onderwys, geletterdheid, gesondheidsorg,
          indiensneming en omgewingsvolhoubaarheid. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4 x 2)    (8)

4.5   Hoe dra markte by tot die verbeterde funksionering van die ekonomie?

      •   ŉ Mark is ŉ platform waar, kopers en verkopers ontmoet, oor pryse besluit
          word, en hoeveelhede gekoop of verkoop word bepaal is. ✓✓
      •   Produksiefaktore word op die faktormark verhandel. ✓✓
      •   Goedere en dienste word op die produkmark verhandel. ✓✓
      •   In- en uitvoer van goedere en dienste vind plaas in buitelandse markte
          plaas. ✓✓
      •   Markte fasiliteer handel; meer handel beteken meer produksie. ✓✓
      •   Meer produksie beteken meer indiensneming en ŉ hoër nasionale
          inkomste. ✓✓
      •   Markte is noodsaaklik vir die ontwikkeling van nywerhede en die ekonomiese
          groei van ŉ land. ✓✓
      •   Sonder markte sal verbruikers nie toegang tot goedere hê nie. ✓✓
      •   Produksiefaktore moet aan produsente beskikbaar gestel word en dit vind in
          ŉ mark plaas. ✓✓
      •   Die internasionale mark is belangrik sodat uitvoer van goedere plaasvind wat
          daartoe sal lei dat die land buitelandse valuta verdien. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                    (8)
                                                                                           [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           80

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)      GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                              PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding

•    Die inleiding is ŉ laer-orde respons.
•    ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
     hou, te definieer of te omskryf.                                         Maks. 2
•    Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
•    Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
•    Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
     bespreek.
Liggaam

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
                                                                             Maks. 26
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.

Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor                                            Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot

Enige hoër-orde slot behoort die volgende in te sluit:
•    ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
                                                                              Maks. 2
•    Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
•    Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
•    ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
•    Aanbevelings
                                                                 TOTAAL:        40

                                             13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek, in detail, die uitwerking van sakesiklusse op die volgende:

     o    Totale aanbod en totale vraag
     o    Indiensneming
     o    Wisselkoerse
     o    Die ekonomies kwesbares                                            (26 punte)

•    Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge?                  (10 punte)    [40]

INLEIDING

Sakesiklusse is die "op en af" in ekonomiese aktiwiteit, gedefinieer in terme van
tydperke van uitbreiding of inkrimpings. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                            (Maks. 2)

LIGGAAM

HOOFDEEL

Totale aanbod en totale vraag

•    Totale Vraag (TV) is die totale besteding aan goedere en dienste deur
     huishoudings, besighede, die regering en die buitelandse sektor in die
     ekonomie. ✓✓
•    Tydens die herstel neem die totale vraag toe en sal die sakesiklus ŉ hoogtepunt
     bereik. ✓✓
•    Ná die piek van die sakesiklus sal die totale vraag begin afneem tydens die
     inkrimpingsfase en die sakesiklus sal sy laagste punt bereik. ✓✓
•    Totale Aanbod (TA) is die totale hoeveelheid goedere en dienste wat teen elke
     prysvlak gelewer word. ✓✓
•    Totale aanbod begin eers toeneem in die herstelfase nadat voorraad begin afplat
     het. ✓✓
•    Totale aanbod sal begin afneem nadat die sakesiklus ŉ hoogtepunt bereik het
     wanneer voorraadvlakke in die ekonomie begin opbou, as gevolg van laer
     vraag. ✓✓

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

Indiensneming

•   ŉ Resessie is ŉ beduidende en breë afname in ekonomiese uitset, wat gewoonlik
    langer as ŉ paar maande duur. ✓✓
•   Met die aanvang van ŉ resessie, soos maatskappye die afname in vraag,
    dalende winste en verhoogde skuld hanteer, begin baie firmas werkers afdank
    om koste te besnoei. ✓✓
•   Verhoogde werkloosheid veroorsaak vraag, en uitset daal ook verder. ✓✓
•   Werklose werkers vind dit moeiliker om nuwe werk te kry, en die gemiddelde
    tydperk van werkloosheid neem toe. ✓✓
•   Stygende werkloosheid is die sleutelaanwyser wat ŉ resessie definieer. ✓✓
•   Werkloosheid is geneig om later ŉ hoogtepunt te bereik en hou vir lank na die
    herstel aan. ✓✓
•   Dit is omdat die einde van die resessie die laagtepunt van die ekonomiese
    inkrimping en die begin van ŉ oplewing aandui eerder as die einde daarvan. ✓✓

Wisselkoerse

•   In die vroeë stadiums van ŉ afswaai in die ekonomie is daar ŉ dalende vraag na
    ingevoerde goedere en dienste in buitelandse markte. ✓✓
•   ŉ Afname in uitvoere as gevolg van ŉ laer buitelandse vraag na plaaslike
    goedere, lei tot ŉ laer vraag na die plaaslike geldeenheid. ✓✓
•   Dit veroorsaak ŉ depresiasie of ŉ verswakking van die land se geldeenheid. ✓✓
•   Wanneer daar ŉ opswaai in buitelandse markte is, sal daar ŉ groter vraag na
    ingevoerde goedere wees. ✓✓
•   Dit sal lei tot meer uitvoere vir binnelandse besighede en ŉ toename in vraag na
    die plaaslike geldeenheid. ✓✓
•   Die verhoogde vraag lei tot ŉ herwaardering of versterking van die
    geldeenheid. ✓✓

Die ekonomies kwesbares

•   Die uitwerking van op- en afswaai fases op die ekonomies kwesbares is
    geweldig. ✓✓
•   Enige afswaai sal ekonomies kwesbare mense beroof van hul vermoe om in hul
    basiese behoeftes te voorsien. ✓✓
•   ŉ Afswaai in die ekonomie sal daartoe lei dat besighede hul produksie afskaal en
    hul besighede kan sluit.
•   Dit sal tot grootskaalse werkloosheid lei, wat by die minder geskoolde arbeiders
    begin.
                                                                           (Maks. 26)

                                            15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

BYKOMENDE DEEL

•    Eksogene faktore is faktore wat van buite die ekonomiese stelsel ontstaan en as
     snellermeganismes vir sametrekkings en uitbreiding optree, ✓✓
•    Bv.: Weer (natuurrampe) toestande, vloede, veranderinge in weerstoestande,
     ens., beïnvloed landbouproduksie en dit het ŉ groot invloed op die ekonomie. ✓
•    Suid-Afrika, as ŉ ontwikkelende land, is afhanklik van landbou en enige
     veranderinge in weerstoestande sal ŉ nadelige impak op die BBP hê, bv. die
     vloede wat in April 2022 in KwaZulu-Natal ervaar is. ✓✓
•    Boonop het die Coronavirus-siekte (COVID-19) die ekonomiese aktiwiteit in Suid-
     Afrika negatief beïnvloed. Baie maatskappye het gesluit en dit het groot
     werkloosheid veroorsaak. ✓✓
•    Politieke skokke en tegnologieskokke veroorsaak veranderinge in produktiwiteit
     wat sakesiklusse veroorsaak. Wanneer ŉ politieke party verkies word, voer hulle
     aanvanklik ŉ beperkendebeleid uit om inflasie te verminder, gevolg deur
     uitbreidendebeleid om kiesers te beïndruk met lae inflasie en lae
     werkloosheidsyfers. ✓✓
•    Strukturele veranderinge veroorsaak dat ekonomiese hulpbronne in een sektor
     verouderd raak en na ŉ ander sektor beweeg. Byvoorbeeld, wanneer ŉ land van
     ŉ hoofsaaklik primêre-sektor-uitset na ŉ hoofsaaklik sekondêre-tersiêre sektor-
     uitset verander. ✓✓
•    Geldvoorraad verwys na die regering wat die geldvoorraad óf verhoog óf verlaag
     wat die ewewig in die markte verander. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank
     (SARB) het byvoorbeeld, die geldvoorraad tydens die Coronavirus-siekte
     (COVID-19) pandemie verhoog om die ekonomie te stabiliseer. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (Maks. 10)

Samevatting

Skommelinge in ekonomiese aktiwiteite behoort so bestuur te word dat hulle die
ekonomie positief beïnvloed. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.)                   (Maks. 2)     [40]

                                             16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)           GRAAD 10

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek, in detail, die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte.           (26 punte)

•    Watter impak het die verspreiding van COVID-19 op die arbeidsmag van ŉ
     land?                                                          (10 punte)

INLEIDING

Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) skat die bevolking op 60,14 miljoen mense. ✓✓
(Enige ander relevante inleiding.)                                           (Maks. 2)

LIGGAAM

HOOFDEEL

Bevolkingsgroei ✓

•    Bevolkingsgroei word beïnvloed deur geboortes, sterfte en migrasie. ✓✓
•    Bevolkingsgroei kan uitgedruk word as die natuurlike groei en die totale groei. ✓✓
•    Natuurlike groei is die verskil tussen die geboortesyfer en sterftesyfer van ŉ
     bevolking. Dit verteenwoordig die geboortes en sterftes in ŉ land se bevolking.
•    Die algehele groeikoers neem migrasie in ag. ✓✓
•    Dit is die jaarlikse verandering in ŉ bevolking as gevolg van natuurlike groei (of
     afname) en die balans van migrante wat die land binnekom en verlaat. ✓✓
•    Vrugbaarheid is gewoonlik hoër in landelike gebiede, waar vroue ŉ laer status het
     en waar kinders nodig is om te werk. ✓✓
•    Hoë geboortesyfers word geassosieer met armoede en beperkte toegang tot
     onderwys. ✓✓
•    Deur lewensomstandighede van mense te verbeter deur beter onderwys,
     gesondheidsorg en inkomste, kan die geboortesyfer verlaag word. ✓✓
•    Doeltreffende gesinsbeplanning en geboortebeperkingsprogramme kan ook
     geboortesyfers verlaag. ✓✓
•    Die huidige bevolkingsgroei is te hoog en plaas druk op die verskaffing van
     maatskaplike dienste en infrastruktuur. ✓✓
•    Suid-Afrika se 2010 middeljaarbevolkingsskatting was 49,99 miljoen mense, wat ŉ
     toename was op die vorige jaar se bygewerkte skatting van 49,46 miljoen. ✓✓
•    Vir 2021 het Statistiek Suid-Afrika (Stats SA) die middeljaarbevolking op
     60,14 miljoen mense geskat. ✓✓
•    ŉ Toename in bevolkingsgroei bring ŉ behoefte aan meer voedsel, infrastruktuur
     en dienste mee. ✓✓

Natuurlike groeikoers ✓

•    Die nasionale groeikoers van ŉ land kan positief of negatief wees. ✓✓
•    Dit word gewoonlik uitgedruk as tussen ongeveer 0,1% en 3% per jaar. ✓✓
•    Natuurlike groeikoers verteenwoordig die geboortes en sterftes in ŉ land se
     bevolking en neem nie migrasie in ag nie. ✓✓

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

•   Die gemiddelde groeikoers neem migrasie in ag. ✓✓
•   Die bevolking van Suid-Afrika het toegeneem van 22 miljoen in 1970 tot byna
    50 miljoen in 2010. Dit sluit immigrasie in. ✓✓
•   Hierdie vinnige groeikoers van 2,3% is een van die hoogste groeikoerse ter
    wêreld. ✓✓
•   In die tydperk 1960 tot 1970 was die gemiddelde groeikoers selfs hoër (2,8%). ✓✓
•   Sedertdien het dit begin afneem. Dit is geskat op 1,36% in 2010. ✓✓

Die demografiese siklus ✓

•   Deur ŉ wetenskaplike ontleding van die geskiedenis van bevolkingsgroei te doen,
    is ŉ siklus geïdentifiseer wat veranderinge in die natuurlike bevolkingsgroei van ŉ
    land oor ŉ tydperk toon. ✓✓
•   ŉ Bevolkingspiramide, wat ook ŉ ouderdomstruktuurdiagram is, is ŉ grafiese
    illustrasie wat die verspreiding van verskeie ouderdomsgroepe in ŉ bevolking toon,
    wat gewoonlik ŉ piramidevorm is. ✓✓
•   Mans word gewoonlik aan die linkerkant vertoon, en vroue aan die regterkant. ✓✓
•   Eerste fase (stadige groeiende fase): ✓
        o Hoë geboortesyfers en hoë sterftesyfers. ✓✓
        o Aangesien beide syfers hoog is, groei die bevolking stadig. ✓✓
•   Tweede fase (premoderne fase): ✓
    o ŉ Skerp afname in sterftesyfers as gevolg van verbeterde gesondheidsdienste,
         water en sanitêre infrastruktuur terwyl die geboortesyfer hoog bly. ✓✓
    o Dit lei tot ŉ toename in bevolkingsgroei. ✓✓
•   Derde fase (moderne fase, stagnant): ✓
     o ŉ Skerp verhoging in die lewenstandaard beïnvloed die gesinslewe. ✓✓
     o Geboortebeperking lei tot ŉ afname in die geboortesyfer. ✓✓
     o Die afname in sterftesyfer duur voort. ✓✓
     o Die natuurlike groeitempo neem af. ✓✓
•   Vierde stadium (krimp): ✓
     o Die geboortesyfer val onder die vervangingsvlak, die sterftesyfer bly
         laag – geassosieer met hoë lewensverwagting, klein gesinne en ŉ
         verouderende bevolking. ✓✓

Geprojekteerde groeikoerse ✓

•   Projeksies word gemaak om die grootte van die bevolking op sekere tye in die
    toekoms te meet. ✓✓
•   Dit stel die regering in staat om te beplan watter hulpbronne inwoners sal benodig
    in terme van infrastruktuur, onderwys en gesondheidsprojekte. ✓✓
•   Die onbekende faktore maak sulke projeksies riskant. ✓✓
•   In Suid-Afrika die voorkoms van MIV/Vigs en migrasie is onbekende faktore wat
    projeksies kan beïnvloed. ✓✓
•   Bevolkingsprojeksies is gebaseer op aannames en scenario's. ✓✓
•   Projeksies word dikwels gemaak om die effek van die geprojekteerde bevolking op
    die samestelling van die arbeidsmag en op die grootte van die toekomstige
    skoolgaande bevolking te bepaal. ✓✓

                                            18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

●   Dit word gedoen om beplanning te help om in die behoeftes van behuising,
    onderwys (skoolgeboue, onderwysersopleiding) en gesondheidsdienste te
    voorsien, of om die kwessie van die hantering van Vigswesies as gevolg van die
    MIV/Vigs-pandemie aan te spreek. ✓✓
•   Huidige bevolkingsprojeksies vir Suid-Afrika dui op ŉ afname as gevolg van
    MIV/Vigs. ✓✓
•   Die verlies van ekonomies aktiewe familielede lei tot ŉ verlies aan inkomste en
    sosiale probleme. ✓✓
•   Die dalende koers van die nasionale bevolkingsgroei in die 21ste eeu sal
    voortduur. ✓✓
•   Die belangrikste bydraers tot hierdie tendens is die afname in geboortesyfers en
    toenemende sterftes as gevolg van die verspreiding van MIV/Vigs. ✓✓
•   Bemagtiging van vroue het die aanwaskoers verlaag. ✓✓
•   Die laer geboortesyfers is deels te wyte aan sosiale en ekonomiese tendense
    soos ekonomiese groei in Suid-Afrika, verstedeliking, bemagtiging van vroue in
    onderwys en gesinsbeplanning, en toegang tot werk. ✓✓
•   Sterftesyfers het ook tot die middel-1990's afgeneem as gevolg van verbeterings
    in dieet- en gesondheidsbewustheid en beter toegang tot gesondheidsorg en
    skoon water. ✓✓
•   Soos baie ander ontwikkelende lande, beweeg Suid-Afrika deur ŉ demografiese
    oorgang met ŉ dalende sterftesyfer en dalende geboortesyfer en gevolglik ŉ
    dalende natuurlike bevolkingsgroei. ✓✓
•   Twee dekades gelede is daar algemeen geglo dat die bevolking stadig sou groei
    tot die nuwe millennium, maar teen ŉ dalende tempo.
•   Hierdie vooruitskattings moes weens MIV/Vigs heroorweeg word. ✓✓

Migrasie ✓

•   Verstedeliking is die proses waardeur die aantal mense wat in stede woon relatief
    tot dié in landelike gebiede toeneem. ✓✓
•   Verstedeliking is deel van die ekonomiese ontwikkeling van ŉ land. ✓✓
•   Dit kom voor wanneer mense van landelike gebiede na stedelike gebiede beweeg
    op soek na beter werksgeleenthede. ✓✓
•   Verstedeliking is wydverspreid sedert 1994. ✓✓
•   Grootskaalse migrasie het druk op munisipaliteite geplaas om dienste teen ŉ
    toenemende tempo te verskaf. ✓✓
•   Groot informele nedersettings het aan die buitewyke van Suid-Afrikaanse stede en
    dorpe ontwikkel. ✓✓
•   Sirkulêre migrasie verteenwoordig ŉ groot deel van die beweging onder die swart
    bevolking. ✓✓                                                          (Maks. 26)

                                            19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

BYKOMENDE DEEL

Die impak van COVID-19 op die arbeidsmag van die land:

•   Werkplekke het gesluit, miljoene werkers het ŉ gedeelte van of hul hele inkomste
    verloor. ✓✓
• Selfs onder diegene wat nog gewerk het, moes baie korter werksure en
    loonverlagings in verskillende industrieë aanvaar ✓✓ soos lugrederye, kleinhandel
    en verblyf, voedseldienste, tekstiele en staatsektore. ✓
• Verskeie lande het ook loonverlagings in die openbare sektor geïmplementeer. ✓✓
• Dit het ook groot werkverliese in die ekonomie tot gevolg gehad. ✓✓
• Laagbetaalde en dikwels laaggeskoolde werkers is veral geraak tydens die
    aanvanklike fase van die krisis. ✓✓
• Baie van die sogenaamde frontlinie-werkers wat hul gesondheid in gevaar stel, het
    hulself aan die virus blootgestel om die voortsetting van noodsaaklike dienste
    tydens inperking te verseker.
• Werk in baie sektore is gekenmerk deur lae lone. ✓✓
• Dit sluit gesondheidsorgwerkers, kassiere, produksie- en
    voedselverwerkingswerkers, landbouwerkers, afleweringswerkers en
    vragmotorbestuurders in. ✓✓
• Die impak van die krisis was ernstig vir werkers in die informele ekonomie vir wie
    tuisbly beteken dat hulle hul werk en hul lewensbestaan verloor het. ✓✓
• Die impak van die pandemie het gelei tot ŉ ernstige inkrimping in ekonomiese
    aktiwiteit aangesien baie mense nie kon werk toe gaan nie en besighede nie meer
    kon nie bedryf. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (Maks. 10)

SLOT

Die COVID-19-pandemie het die kern verander van hoe ons in die samelewing omgaan
en wat ons eens as normaal geken het. Soos nuwe data mettertyd beskikbaar word, sal
ons ŉ beter gevoel hê van die volle impak van die pandemie op die arbeidsmag en die
Suid-Afrikaanse bevolking. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (Maks. 2)       [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                              TOTAAL:      150

                                             20

## Related documents

- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 QP JUNE 24](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2024-north-west-june-exam-question-paper-paper-1/a6b341ec-cf90-4c6c-bc44-6fd35bc80cb5) — QP · 2024
- [GR10 S2 ECONOMICS QP P2 S2 AFR](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p2-s2-afr/1ca1c135-8581-4567-b1a0-26446a808bd2) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-question-paper/beebfd9d-585c-4946-84b2-076ca337c9d0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
