# Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/0fdfaccf-2b64-43fe-9a38-654259b056e8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/0fdfaccf-2b64-43fe-9a38-654259b056e8)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                NOVEMBER 2022
                    GRAAD 10

                      EKONOMIE

                     (VRAESTEL 1)

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye

                                           b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                        2
                                                         (VRAESTEL 1) GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien
      word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks
      van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE                        3
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
      korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 E.

      1.1.1   Watter van die volgende word nie gebruik om Ekonomie te definieer nie?

              A    Skaarsheid
              B    Keuse
              C    Winste
              D    Doeltreffendheid

      1.1.2   Die basiese ekonomiese probleem waarmee alle ekonomieë te kampe
              het, is …

              A    stygende pryse.
              B    werkloosheid.
              C    skaarsheid aan hulpbronne.
              D    lae ekonomiese groei.

      1.1.3   Nasionale inkomste sal toeneem wanneer …

              A    inspuitings = lekkasies.
              B    lekkasies > inspuitings.
              C    inspuitings < lekkasies.
              D    lekkasies < inspuitings.

      1.1.4   ŉ Aanwyser wat verander voordat die ekonomie verander, staan bekend
              as ŉ … aanwyser.

              A    leidende
              B    sloerende
              C    samevallende
              D    saamgestelde

      1.1.5   In vroeë samelewings het elke huishouding gepoog om al die goedere
              en dienste te produseer wat hulle nodig het. Dit word ... genoem.

              A    geleentheidskoste
              B    alternatiewe
              C    keuses
              D    selfonderhouding

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                            4
                                                         (VRAESTEL 1) GRAAD 10

      1.1.6   Verenigings van vakmanne en ander beroepe, gedurende die
              Middeleeue, was bekend as …

              A    gildes.
              B    verhuurders.
              C    alliansies.
              D    hiërargieë.

      1.1.7   Suid-Afrika het ŉ tekort aan ... arbeid.

              A    ongeskoolde
              B    geskoolde
              C    permanente
              D    tydelike

      1.1.8   Die bevolkingsgroep wat die meeste sukkel om werk te kry, is …

              A    middeljarige mans.
              B    ouer vroue.
              C    die jeug.
              D    kinders.                                                        (8 x 2)   (16)

1.2     Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
        die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
        ANTWOORDBOEK neer, bv 1.2.9 J.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1   Ekonomie                A   Die totale waarde van finale goedere en
                                          dienste geproduseer binne die geografiese
      1.2.2   Produksie                   grense van ŉ land

      1.2.3   Bruto Binnelandse       B   Die herhalende en wisselende vlakke van
              Produk                      ekonomiese aktiwiteit

      1.2.4   Sakesiklus              C   Werkers met tydelike verlof of wat nie
                                          teenwoordig is nie
      1.2.5   Nomadiese
                                      D   Die proses waardeur die entrepreneur arbeid
      1.2.6   Handelsreg                  en kapitaal in ŉ produk kombineer

      1.2.7   Arbeids-                E   Voorsien ŉ aanduiding van die gebrek aan
              absorpsiekoers              werksgeleenthede

      1.2.8   Afwesige                F   Die studie van hoe om skaars hulpbronne te
              werknemers                  kies en te gebruik

                                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                          5
                                                      (VRAESTEL 1) GRAAD 10

                                    G Mense reis van gebied tot gebied eerder as
                                      om op een plek te woon

                                    H   ŉ Breë reeks sakegebruike en -praktyke

                                    I   ŉ Besigheid wat daarop fokus om ŉ beperkte
                                        reeks goedere en dienste te produseer ten
                                        einde meer doeltreffend te wees
                                                                              (8 x 1)   (8)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   ŉ Tak van Ekonomie wat handel oor beleide wat lae-inkomste lande
              help om te ontwikkel

      1.3.2   Die regverdige toewysing van hulpbronne onder ŉ groep mense

      1.3.3   ŉ Vereenvoudigde model wat die interafhanklikheid van die belangrikste
              sektore beskryf

      1.3.4   ŉ Besigheidstruktuur wat oordraagbare aandele en beperkte
              aanspreeklikheid vir aandeelhouers bevat

      1.3.5   Die proses van verhoogde internasionale samewerking, kommunikasie
              en handel

      1.3.6   Buitelanders wat ŉ land op ŉ permanente basis binnekom          (6 x 1)   (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             30

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE                             6
                                                           (VRAESTEL 1) GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKROEKONOMIE                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1    Noem TWEE elemente van Ekonomie.                                       (2 x 1)       (2)

      2.1.2    Waarom gebruik ekonome ekonomiese modelle?                             (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                                      Mikro-Ekonomiese teorie
                                                                   Studie

                                     Skep
                                                                            Rekenaar-
                                                                            wetenskaplike

              Ekonome               Studie
                                                                 Skep

                                             Die Regte Wêreld

                             Menslike agente op       Rekenaar-agent op
                             menslike markte          rekenaarmarkte

                                                            [Aangepaste bron: Google beelde]

      2.2.1    Noem EEN faktor om in ag te neem wanneer ŉ beroep gekies word.                       (1)

      2.2.2    Identifiseer ŉ loopbaan wat met Ekonomie verband hou.                                (1)

      2.2.3    Beskryf kortliks die term mikro-ekonomie.                                            (2)

      2.2.4    Hoe hou Ekonomie verband met Rekenaarwetenskap?                                      (2)

      2.2.5    Hoe kan ŉ ekonoom wetenskaplike metodes gebruik om gereelde
               ekonomiese patrone te herken?                               (2 x 2)                  (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                              7
                                                         (VRAESTEL 1) GRAAD 10

2.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                Skaarsheid
                                                                 Faktore van Produksie

                                   Skuiling

              Feitlike onbeperkte                                     Beperkte
              menslike behoeftes                                  hulpbronne en tyd
               Produksiefaktore is beperk. Ons gebruik dit om ons
                       onbeperkte behoeftes te bevredig.
              [Aangepaste bron: https://marketbusinessnews.com/financial-glossary/scarcity]

      2.3.1   Identifiseer ŉ ekonomiese konsep uit die inligting hierbo.                       (1)

      2.3.2   Gee EEN voorbeeld van ŉ kapitaalgoed.                                            (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term geleentheidskoste.                                     (2)

      2.3.4   Waarom is hulpbronne skaars?                                                     (2)

      2.3.5   Hoe behoort produsente hul hulpbronne toe te wys om te verseker
              dat die maksimum hoeveelheid van verbruikers se behoeftes en
              begeertes bevredig word?                                    (2 x 2)              (4)

2.4   Onderskei tussen absolute skaarsheid en relatiewe skaarsheid.              (4 x 2)       (8)

2.5   Hoe effektief is regeringsbeleide in die beskerming van die omgewing?                    (8)
                                                                                              [40]

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                EKONOMIE                               8
                                                                                (VRAESTEL 1) GRAAD 10

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1              Noem enige TWEE van die G7-lande.                                                   (2 x 1)   (2)

      3.1.2              Watter rol het die ontwikkeling van dorpe en stede in vroeë
                         ekonomiese ontwikkeling gespeel?                                                    (1 x 2)   (2)

3.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         ’N VEILIGER TOEKOMS VIR AFRIKA BABAS

      DEUR DIE GETALLE
                         In 1950 het 141 babas onder die ouderdom van een uit elke 1,000 in SA gesterf.
                         Oor die volgende 70 jaar het daardie getal skerp gedaal, en is nou 24,3 sterftes per
                         1,000 lewende geboortes. Projeksies deur die VN voorspel dat dit sal val tot minder as
                         8 teen 2,100..

                         Die syfer is baie hoer in Afrika as geheel, waar statistiek dit op 41,6 per 1,000
                         lewendige geboortes plaas. Dit is veragter Europa (3,8) en die VS (7).

                         SA Suigelingsterftesyfer
                         Sterftes per 1,000 lewende geboortes
                                    Histories          Huidige      VN projeksies
                           150

                           150

                             50

                              0
                           Jaarlikse % verandering

                              0

                             -5

                            -10
                                  1950          2000             2050           2100

                                                                        [Aangepaste bron: www.financialmail.co.za]

      3.2.1              Noem die maatstaf waarmee babasterftes gemeet word.                                           (1)

      3.2.2              Wat is die huidige statistiek aangaande babasterftes in Suid-Afrika?                          (1)

      3.2.3              Beskryf kortliks die term sterftesyfer.                                                       (2)

      3.2.4              Volgens die grafiek, watter ontwikkeling het oor die afgelope 70 jaar
                         plaasgevind?                                                                                  (2)

      3.2.5              Hoe kan babasterftes in Suid-Afrika verlaag word?                                   (2 x 2)   (4)

                                                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE                          9
                                                          (VRAESTEL 1) GRAAD 10

3.3   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

         NIE AAN NIE …

                                              Ongelukkig wrk net ŉ
                                              klein % van ons
                                              steenkool aangedrewe
                                              kragstasies!

                                                [Aangepaste bron: www.businessday.co.za]

      3.3.1   Identifiseer die instelling wat in die spotprent hierbo uitgebeeld word.       (1)

      3.3.2   Noem die karakter in die spotprent.                                            (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term beurtkrag.                                           (2)

      3.3.4   Waarom ervaar Suid-Afrika beurtkrag?                                           (2)

      3.3.5   Hoe beïnvloed beurtkrag produsente negatief?                        (2 x 2)    (4)

3.4   Onderskei tussen ŉ positiewe en negatiewe bevolkingsgroeikoers.             (2 x 4)    (8)

3.5   Hoe het ŉ toename in vraag na goedere en dienste bygedra tot
      nywerheidsontwikkeling?                                                     (4 x 2)    (8)
                                                                                            [40]

                                                                                                b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE                             10
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem TWEE deelnemers aan ŉ oop ekonomie.                            (2 x 1)    (2)

      4.1.2   Waarom is die bevolkingsgroeikoers belangrik vir regeringsbeplanning?
                                                 (1 x 2)                                     (2)

4.2   Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE VOLGENS TIPE EKONOMIESE AKTIWITEIT
      Teen huidige pryse (R miljoene)          2019          2020            2021
      Primêre sektor                             425 216       492 772         631 848
      Sekondêre sektor                         1 006 431       939 939       1 037 270
      Tersiêre sektor                          3 607 640     3 565 161       3 894 359
      Bruto toegevoegde waarde teen basiese
      pryse                                    5 039 287     4 997 872          A
      Teen konstante 2015-pryse (R miljoene)   2019          2020            2021
      Primêre sektor                             326 210       314 060         346 995
      Sekondêre sektor                           807 746       704 438         736 992
      Tersiêre sektor                          2 990 501     2 860 862       2 979 705
      Bruto toegevoegde waarde teen basiese
      pryse                                    4 124 457     3 879 360      4 063 693
                                          [Aangepas: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2022]

      4.2.1   Noem die metode wat gebruik is om nasionale produksie te bereken
              hierbo.                                                                            (1)

      4.2.2   Watter sektor is die grootste bydraer tot die BBP?                                 (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term bruto nasionale inkomste.                                (2)

      4.2.4   Bereken bruto toegevoegde waarde (BTW) soos voorgestel deur A.                     (2)

      4.2.5   Watter eksterne faktore het bygedra tot die afname in bruto
              toegevoegde waarde (BTW) gedurende 2020?                            (2 x 2)        (4)

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE                             11
                                                           (VRAESTEL 1) GRAAD 10

4.3 Bestudeer die volgende prent en beantwoord die vrae wat volg.

                DRUK                                               TREK

                                                         [Aangepaste bron: www.google.com]

     4.3.1   Identifiseer die proses wat in die illustrasie hierbo uitgebeeld word.              (1)

     4.3.2   Waarom verkies die meeste mense om in stede te woon?                                (1)

     4.3.3   Beskryf kortliks die term verstedeliking.                                           (2)

     4.3.4   Waarom is die groeiende koers van verstedeliking ŉ probleem vir
             plaaslike regering?                                                                 (2)

     4.3.5   Watter maatreëls kan gebruik word om die tempo van verstedeliking te
             vertraag?                                                       (2 x 2)             (4)

4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.                     (2 x 4)    (8)

4.5 Hoe dra markte by tot die verbeterde funksionering van die ekonomie?                         (8)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80

                                                                                                 b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE                      12
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                              PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding

•    Die inleiding is ŉ laer-orde respons.
•    ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband
     hou, te definieer of te omskryf.                                         Maks. 2
•    Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
•    Moenie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
•    Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
     bespreek.
Liggaam

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
                                                                             Maks. 26
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.

Bykomende gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/
Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor                                            Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.
Slot

Enige hoër-orde slot behoort die volgende in te sluit:
•    ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
     enige feite wat reeds genoem is
                                                                              Maks. 2
•    Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
•    Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
     versterk
•    ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
•    Aanbevelings
                                                                 TOTAAL:        40

                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE                          13
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 10

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, die uitwerking van sakesiklusse op die volgende:

    o   Totale aanbod en totale vraag
    o   Indiensneming
    o   Wisselkoerse
    o   Die ekonomies kwesbares                                             (26 punte)

•   Hoe beïnvloed eksterne faktore ekonomiese skommelinge?                  (10 punte)   [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, die Suid-Afrikaanse bevolkingsgrootte.             (26 punte)

•   Watter impak het die verspreiding van COVID-19 op die arbeidsmag van ŉ
    land?                                                             (10 punte)         [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                             TOTAAL:     150

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/d0af2238-7266-42e1-af23-c2f342a3e8b4) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-possible-answers/b54f0492-1636-4e58-9a76-cc59ba0ce92e) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
