# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-2023-question-paper/588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-2023-question-paper/588f1807-b3eb-406a-8570-7da4a92c5006)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   PROVINCIAL EXAMINATION
                         JUNE 2023

             PROVINSIALE EKSAMEN
                 NOVEMBER 2023
                     GRAAD 10
                 NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 2)

17 bladsye

                             1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                     (VRAESTEL 2)    GRAAD 10

AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

   1.1.1   A – globale ✓✓

   1.1.2   C – homogene produkte. ✓✓

   1.1.3   A – Verbeterde tegnologie ✓✓

   1.1.4   B –indirekte belasting te hef ✓✓

   1.1.5   D – geskoolde ✓✓

   1.1.6   C – Meerderjarigheidsouderdom ✓✓

   1.1.7   B – Vakbond ✓✓

   1.1.8   D – Departement van Landbou, Bosbou en Visserye ✓✓       (8 x 2)   (16)
1.2 PASITEMS
   1.2.1   B ✓

   1.2.2   H ✓

   1.2.3   E ✓

   1.2.4   A ✓

   1.2.5   G ✓

   1.2.6   D✓

   1.2.7   F✓

   1.2.8   I ✓                                                      (8 x 1)    (8
1.3 GEE DIE TERM
   1.3.1   Plaasvervanger produk/plaasvervangers ✓

   1.3.2   Monopolie ✓

   1.3.3   Minimumloon ✓

   1.3.4   Aflegging ✓

   1.3.5   Arbeidsintensiewe produksie ✓

   1.3.6   Vaardigheidsprogram ✓                                    (6 x 1)    (6
                                                       TOTAAL AFDELING A:      20
                                              2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

    2.1.1   Noem enige TWEE vlakke van die regering.

            • Sentrale regering ✓
            • Provinsiale regering ✓
            • Plaaslike regering ✓                                                (2 x 1)   (2)

    2.1.2   Wat is ŉ geleentheidskoste?

            ŉ Geleentheidskoste is die opgeofferde alternatief, die ding wat prysgegee
            word. ✓✓                                                              (1 x 2)   (2)

2.2 DATARESPONS

    2.2.1   Identifiseer die onvolmaakte mark wat in die prent hierbo uitgebeeld
            word.

            • Oligopolie ✓                                                                  (1)

    2.2.2   Noem EEN ander mededinger in die sellulêre diensverskafferbedryf
            wat nie in die prent hierbo verskyn nie.

            • Cell C ✓
            • Telkom ✓
            (Aanvaar enige ander korrekte antwoord.)                                        (1)

    2.2.3   Verduidelik kortliks die term monopolie.

            • Dit is ŉ markstruktuur waar daar slegs een produsent is. ✓✓                   (2)

    2.2.4   Watter voordeel is daar vir verbruikers as meer diensverskaffers by
            die Suid-Afrikaanse sellulêre mark aansluit?

            • Laer pryse ✓✓
            • Verhoogde ekonomiese groei ✓✓
            • Hoër indiensneming ✓✓
            • Meer keuse vir verbruikers ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte antwoord.)                                        (2)

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

   2.2.5   Wat sal nodig wees vir die markstruktuur om ŉ perfekte mark te
           wees?

           •   Daar is baie kopers en verkopers. ✓✓
           •   Prysnemers – geen verskaffer kan prys beïnvloed nie. ✓✓
           •   Die produkte is homogeen. ✓✓
           •   Die toetrede tot die mark is onbeperk, maklik om die mark te betree en
               te verlaat. ✓✓                                                           (4)

2.3 DATARESPONS

   2.3.1   Identifiseer die punt waar optimale produksie plaasvind.

           • Punt C/D ✓                                                                 (1)

   2.3.2   Verskaf die punt waar ons nie in staat sal wees om te produseer nie
           weens 'n tekort aan hulpbronne.

           • Punt F ✓                                                                   (1)

   2.3.3   Beskryf die term produksiemoontlikheidskromme.

           • Die produksiemoontlikheidskromme dui die kombinasie van twee
              produkte aan wat met die beskikbare hulpbronne geproduseer kan
              word. ✓✓
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                    (2)

   2.3.4   Beskryf produksie by punt B.

           • By punt B word alle hulpbronne gebruik om melk te produseer, daarom
              word geen botter geproduseer nie. ✓✓
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                    (2)

   2.3.5   Bereken die geleentheidskoste as produksie van punt C na punt D
           beweeg. Toon ALLE berekeninge.

           Punt C: 300 eenhede botter en 200 eenhede melk
           Punt D: 170 eenhede botter en 250 eenhede melk

           300 eenhede melk – 170 eenhede melk ✓✓
           = 30 eenhede melk ✓✓                                                         (4)

                                            4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)        GRAAD 10

2.4 Onderskei duidelik tussen prysplafonne en prysvloere.

    Prysplafonne (maksimum pryse)
    • Dit is die hoogste prys waarteen produsente ŉ produk kan verkoop. ✓✓
    • Pryse mag nie bo die plafon styg nie, dit is bo ŉ sekere maksimum prys. Die
       plafon dwing die prys af. ✓✓
    • As die staat voel dat in sommige markte die pryse te hoog opgestoot word deur
       produsente, kan die regering ingryp deur subsidies aan die besighede te bied
       om die prys te verlaag. ✓✓
    • Voorbeelde is: huurbeheer, mediese produkte, brood, mielies en elektrisiteit. ✓
    (Aanvaar ander relevante en korrekte antwoorde)                    (Maks. 4 punte)

    Prysvloere (minimum pryse)
    • Hulle beskerm produsente teen lae pryse en swak winste. ✓✓
    • Die staat voel dalk dat die pryse in sommige markte te laag is en dat hulle die
       verskaffers moet help. ✓✓
    • In hierdie geval kan die staat in markte ingryp deur ŉ minimum prys vas te stel.
       Baie produsente, soos boere, ondervind strawwe mededinging van ander
       verskaffers. ✓✓
    • Alhoewel die regering bly is dat verbruikers bekostigbare pryse betaal, is dit
       belangrik vir produsente om wins te maak om in besigheid te bly, anders sal
       werkloosheid toeneem. ✓✓
    (Aanvaar ander relevante en korrekte antwoorde)                     (Maks 4 punte)   (8)

2.5 Ontleed produktiewe ondoeltreffendheid met behulp van 'n
    produksiemoontlikheidskromme.

                                                         Puntetoekenning

                                                Naam van asse                1 punt
                                                Dui produksievlakke aan
                                       ✓        (AA)                         1 punt
                                                Dui produktiewe doeltreffendheid
                                                aan (B)                      1 punt
                                                Dui produktiewe ondoeltreffendheid
     Botter                                     aan (D)                      1 punt
                                                                     Maks. 4 punte

                                 ✓

              ✓                                  ✓
                                     Melk

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

    Produktiewe ondoeltreffendheid

     • Die produksiemoontlikheidskromme (AA), hierbo, toon ŉ kombinasie van
       goedere wat geproduseer kan word deur al die beskikbare hulpbronne te
       gebruik. ✓✓
     • Enige punt op die kromme toon ŉ kombinasie van goedere waar hulpbronne
       doeltreffend gebruik sal word (B). ✓✓
     • Daarom dui enige punt op die kromme produktiewe doeltreffendheid aan. ✓✓
     • Enige punt binne die kromme toon kombinasies van goedere waar hulpbronne
       ondoeltreffend gebruik word (D) ✓✓
     • Enige punt buite die kromme toon kombinasies van goedere wat nie
       geproduseer kan word nie weens ŉ tekort van hulpbronne. ✓✓
                                                                    (Maks. 4 punte)      (8)
                                                                                        [40]
VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

    3.1.1   Noem enige TWEE SETA's wat deur die Nasionale
            Vaardigheidsowerheid geskep is.

            •   BANKSETA ✓
            •   CHISETA ✓
            •   ETDPSETA ✓
            •   ESETA ✓
            •   HWSETA ✓
            •   INSETA ✓
            •   SERVICESETA ✓                                                 (2 x 1)   (2)

    3.1.2   Hoe dra KMMO's by tot die skepping van werksgeleenthede?

            •  Bemagtig voorheen benadeelde mense sodat hulle ŉ besigheid kan
               begin en onderhou. ✓✓
            • Die regering stimuleer groei in hierdie sektor omdat mense wat
               hierdie tipe onderneming besit, heel waarskynlik mense met lae
               vaardigheidsvlakke in diens sal neem en hulle oplei namate hul
               ondernemings groei. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (1 x 2)   (2)

3.2 DATARESPONS

    3.2.1   Wie sal heel waarskynlik deur die Uitgebreide Werke-program in
            diens geneem word?

            •   Werklose/Ongeskoolde/semi-geskoolde werkers ✓                           (1)

    3.2.2   Noem die ekonomiese beleid wat in 1994 geïmplementeer is met die
            doel om die wanbalanse van die verlede aan te spreek.

            •   Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) ✓                               (1)

                                            6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                              NASIENRIGLYNE
                                                         (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

   3.2.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.
           • Ekonomiese groei is die toename in die vermoë van die ekonomie om
             meer goedere en dienste te produseer. ✓✓                                 (2)

   3.2.4   Hoe kan menslike hulpbronne gebruik word as 'n benadering om
           armoede te verlig?
           • Mense moet ontwikkel word in terme van vaardighede, opvoeding en
              sakegeleenthede. ✓✓
           • Dit sal hulle in staat stel om werk te kry en uit armoedevlakke te
              breek. ✓✓
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

   3.2.5   Hoe kan 'n langtermyn werkloosheidskoers die ekonomie
           beïnvloed?
           • As mense werkloos is, impliseer dit dat uitset wat geproduseer kon
              gewees het, verlore gaan. ✓✓
           • Die regering trek nie voordeel uit inkomstebelasting en ander
              potensiële belasting soos BTW, indien produksie nie plaasvind nie. ✓✓
           • Die land gebruik nie al sy hulpbronne nie en produseer nie teen die
              maksimum uitset nie. ✓✓
           • So ŉ land produseer binne sy produksiemoontlikheidskromme. ✓✓
           • Die regerings se werklike koste is hoër as gevolg van
              werkloosheidsversekeringsbetalings, gesondheids- en ander
              maatskaplike koste, soos die bekamping van misdaad. ✓✓
           (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord).                         (4)

3.3 DATARESPONS

   3.3.1   Identifiseer EEN ekonomiese probleem uit die prent hierbo.
           • Gebrek aan werksgeleenthede ✓
           • Armoede ✓                                                                (1)

   3.3.2   Noem die program wat bekendgestel is om die probleem wat in
           VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is, op te los.
           • Die bekendstelling van SEB om swart mense te bemagtig ✓                  (1)

   3.3.3   Beskryf kortliks die konsep Swart Ekonomiese Bemagtiging.
           • Swart Ekonomiese Bemagtiging is ŉ integrasieprogram wat deur die
             Suid-Afrikaanse regering van stapel gestuur is om Suid-Afrikaners te
             versoen en die ongelykhede van apartheid reg te stel. ✓✓                 (2)

   3.3.4   Waarom is die SEB-program in Suid-Afrika bekendgestel?
           • Dit is daarop gemik om die wanbalanse van die verlede reg te stel
             deur te poog om die eienaarskap, bestuur en beheer van Suid-Afrika
             se finansiële en ekonomiese hulpbronne wesenlik en regverdig aan die
             meerderheid van sy burgers oor te dra en toe te ken. ✓✓                  (2)
                                          7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                          (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

    3.3.5   Beskryf die effek van die Swart Ekonomiese Bemagtingingswet op
            vroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie.

            • SEB het baie swart vroue in Suid-Afrika ŉ kans gegee om ten volle
              aan die hoofstroom van die ekonomie deel te neem. ✓✓
            • Vandag is vroue ŉ dryfkrag agter ekonomiese ontwikkeling aangesien
              hulle eienaars en bestuurders van baie swart-geleide besighede is ✓✓
            • Vroue word vandag in baie sfere van die ekonomie aangetref, wat
              wissel van bestuur tot eienaarskap van besighede. ✓✓
            • In ŉ mate is die gaping tussen vrouens en mans verklein. ✓✓              (4)

3.4 Bespreek openbare werke-programme en werkloosheidsversekering as
    metodes om werkloosheid te bekamp.

    Openbare werke programme
    • Die Uitgebreide Openbare Werke-program is ŉ inisiatief wat deur die regering
        begin is om werk vir werkloses te skep en lewenstandaarde te verhoog ✓✓
    • Dit behels gewoonlik dinge soos die bou van paaie, die bou van
        laekostebehuising, die skoonmaak van gemeenskappe en die bou van
        damme ✓✓
    • Die idee is dat mense sonder werk in diens geneem sal word om die
        infrastruktuur in landelike en munisipale gebiede te verbeter ✓✓
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2 x 2)   (4)

    Werkloosheidsversekering
    • WVF bied beperkte korttermyn finansiële bystand aan werkers wanneer hulle
        werkloos word. ✓✓
    • Elke werker en werkgewer in die formele sektor moet bydra tot die WVF. ✓✓
    • Werkers wat hul werk verloor kan ŉ gedeelte van hul lone vir ses maande by
        die fonds eis. ✓✓
    • ŉ Spesiale WVF is onder COVID-19 ingestel om te verseker dat werkloses
        tydens die inperking ondersteun word. ✓✓
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (2 x 2)     (4)

3.5 Hoe het die regering die kwessie van grondverspreiding in Suid-Afrika
    opgelos?

    Grondherstelprogram ✓
    • Die doel van die program is om die geldigheid van eise te assesseer, grond
       te herstel of finansiële vergoeding aan die eisers te betaal. ✓✓
    • Vergoed al die mense wat van hul grond ontneem is as gevolg van
       rasdiskriminerende wette en praktyke. ✓✓

    Grondherverdelingsprogram ✓
    • Die program het ten doel gehad om voorheen benadeelde Suid-Afrikaners
        toegang tot landbougrond te bied. ✓✓
    • Die doel van die regering was om 30% van SA se landbougrond teen 2005
        aan swart boere te herverdeel. ✓✓
    • Die klem het sedertdien verskuif van vinniger herverdeling van grond na meer
        ondersteuning aan grondbegunstigdes. ✓✓
    (Enige 2 x 4/Maksimum van 2 punte vir blote lys en voorbeelde.)                    (8)
                                            8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                          (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

    4.1.1 Noem TWEE soorte ondoeltreffendhede wat met markmislukkings
          verband hou.

           • Produktiewe ondoeltreffendheid ✓
           • Toewysings ondoeltreffendheid ✓                                 (2 x 1)   (2)

    4.1.2 Wat is die doel van HOP?

           • Die breër doel van hierdie sosio-ekonomiese beleid was om ŉ meer
             gelyke samelewing te vestig deur heropbou en ontwikkeling asook die
             versterking van demokrasie vir alle Suid-Afrikaners. ✓✓        (1 x 2)    (2)

4.2 DATARESPONS

    4.2.1 Identifiseer die belasting wat op salarisse betaal word.

           • Inkomstebelasting ✓                                                       (1)

    4.2.2 Lys enige ander belasting wat deur SAID (SARS) ontvang word.

           • Maatskappye belasting ✓
           • BTW ✓
           • Sonde belasting ✓                                                         (1)

    4.2.3 Beskryf kortliks die term besteebare inkomste.

           • Beskikbare inkomste na aftrekking van inkomstebelasting. ✓✓
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                   (2)

    4.2.4 Waarom hef die Suid-Afrikaanse regering belasting?

           • Die Suid-Afrikaanse regering hef belasting op om hul uitgawes te dek
             om dienste aan die burgers van Suid-Afrika te lewer ✓✓
           (Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                   (2)

                                            9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                              NASIENRIGLYNE
                                                         (VRAESTEL 2)        GRAAD 10

   4.2.5 Gebruik ŉ grafiek om te illustreer hoe 'n verhoging in
         inkomstebelasting die vraag na goedere sal beïnvloed.

                        V1 ✓✓             V ✓✓

                            Afname in vraag
                                                          Puntetoekenning
                            as gevolg van            Oorspronklike vraag-
                             afname in               kromme (D)           2 punte
             Prys
                               besteebare
                                 inkomste
                                                     Nuwe vraag-
                                                     kromme (D1)          2 punte

                                       Hoeveelheid
                                                                                      (4)
4.3 DATARESPONS

   4.3.1 Identifiseer EEN vereiste uit die spotprent vir die man om aansoek te
         doen vir die pos wat geadverteer is.

         • Vaardighede ✓                                                              (1)

   4.3.2 Watter instelling verskaf statistiese inligting vir werkloosheid in Suid-
         Afrika?

         • Statistieke Suid-Afrika/StatsSA/Departement van Arbeid ✓                   (1)

   4.3.3 Verduidelik kortliks die term werkloosheid.

         • Dit is waar lede van die arbeidsmag sonder werk is, beskikbaar of geskik
           is vir werk en werk soek, maar nie werk kan kry nie. ✓✓                    (2)

   4.3.4 Hoekom moet die regering bekommerd wees oor die hoë
         werkloosheidsyfer in ons land?

         • Hoe meer mense werkloos is, hoe meer mense sal van die regering
           afhanklik wees vir finansiële bystand. ✓✓
         • Die hoë werkloosheidskoers lei tot ŉ lae ekonomiese groeikoers. ✓✓
         (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord).                           (2)

   4.3.5 Hoe kan die regering ingryp om deelname van die gemarginaliseerde
         groepe aan die ekonomie van die land te verseker?                            (4)

         • Ekonomies gemarginaliseerde groepe moet geteiken word vir onderwys
           en opleiding aangesien dit hul lewensgehalte kan verbeter. ✓✓
         • Die regering moet fokus op die bou van beter fasiliteite soos skole,
           hospitale en polisiestasies in daardie gemeenskappe wat dit desperaat
           nodig het. ✓✓

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

           • Die regering moet inligting oor hierdie groepe monitor en ondersoek en
             hoe die veranderinge hulle raak. ✓✓
           • Verskaf vaardigheidsopleiding vir jong vroue en mans oor
             entrepreneurskap en kleinsake-ontwikkeling. ✓✓
           • Bemagtiging van jong vroue vir langtermyn-bestaansekerheid. ✓✓
           • Om te verseker dat BBSEB fyn gemonitor word om te verseker dat dit die
             voorheen benadeelde groepe bevoordeel. ✓✓
           (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)

4.4 Bespreek die oorsake van armoede in die land.

    • Die onvermoë van arm huishoudings om in eiendomsbesit te belê. ✓✓
    • Beperkte/Swak onderwys lei tot minder geleenthede. ✓✓
    • Beperkte toegang tot krediet, in sommige gevalle – wat meer armoede skep
      deur oorgeërfde armoede. ✓✓
    • Die sistematiese uitsluiting van etniese minderhede, stamme, vroue en mense
      met gestremdhede van deelname aan billike ekonomiese ondernemings en
      toegang tot instellings/markte. ✓✓
    • Oorlog, misdaad en geweld is ŉ paar primêre oorsake van armoede in baie
      Afrika lande, insluitend Suid-Afrika (sedert 2000), waar politieke geweld en
      georganiseerde misdaad histories gefloreer het, was die armoedevlak twee keer
      groter as in lande met minder gerapporteerde oorlog, misdaad en geweld
      syfers. ✓✓
    • Werkloosheid – Skraal geleenthede was een van die hoofoorsake van
      armoede. ✓✓                                                                        (8)

4.5 Hoekom moet die regering in die ekonomie ingryp?

    • Om ondoeltreffendhede in die ekonomie reg te stel soos monopolieë,
       verspreiding van rykdom ens. ✓✓
    • Die mark is nie in staat om goedere en dienste vir die mense te verskaf nie bv.
       gesondheidsdienste en infrastruktuur/om noodsaaklike dienste te verskaf wat
       deur die mark ondervoorsien word soos gesondheid, onderwys ens. ✓✓
    • Om ongelyke geleenthede in die mark te voorkom/om billike mededinging te
       skep deur samespanning, buitensporige pryse, samesmelting van groot
       sakeondernemings ens. ✓✓
    • Om te waak teen markpryse wat nadelig kan wees vir die ekonomie se
       gesondheid. ✓✓
    • Om die vlak van welsyn te verbeter deur ŉ stelsel van toelaes betaalbaar aan
       die armste lede van die samelewing te finansier. ✓✓
    • Om strategiese nywerhede in die land soos kragopwekking, watervoorrade en
       vervoerinfrastruktuur te bestuur. ✓✓
    • Om markmislukkings reg te stel wat lei tot onvoldoende voorsiening van
       noodsaaklike goedere en dienste. ✓✓
    • Om regverdige behandeling van werkers te bevorder en uitbuiting te voorkom,
       stel dit dus minimum lone en maksimum werksure vas. ✓✓
    (Aanvaar ander relevante en korrekte antwoorde.)                                     (8)
                                                                                        [40]
                                                            TOTAAL AFDELING B:           40

                                            11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                              PUNTE-
                                                                                  TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
• 'n Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat met die
     vraagonderwerp verband hou, te bepaal.                                         Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/ Debatteer        Maks. 26

Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei            Maks 10
Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor/ Gebruik die inligting en
argumenteer/Debatteer/Evalueer

Slot:
Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat moet insluit:
• ŉ Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat reeds
    in die liggaam genoem is, te herhaal
                                                                                    Maks. 2
• ŉ Mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk
• ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

•   Bespreek, in detail, prysvorming onder die volgende opskrifte:

    - Ewewigspunt, prys en hoeveelheid
    - Die uitwerking op markte wanneer daar beide 'n afname in vraag en aanbod
      is                                                               (26 punte)

•   Hoe raak 'n styging in die prys van petrol produsente en verbruikers? (10 punte)

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)           GRAAD 10

INLEIDING

Die konsep van vraag en aanbod is belangrik vir ekonome aangesien dit hulle help
verstaan hoe pryse in die mark bepaal word. Daarom is die beste plek vir ŉ mark om te
funksioneer waar die hoeveelheid wat deur die huishoudings gevra word gelyk is aan die
hoeveelheid wat deur die firmas verskaf word. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante inleiding)                                  (Maks. 2 punte)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Ewewigspunt, prys en hoeveelheid:

                                          A
     Prys

P1
                                           Mark
                                           Ekwilibrium

                                                              Merk toekenning vir grafiek
                                                                         Ewewig Prys = 1 punt
                                          V                   Ekwilibrium Hoeveelheid = 1 punt
                                                                          Markewewig = 1 punt
                                                                       Aanbodkromme = 1 punt
                                                                        Vraagkromme = 1 punt
                           Q1        Hoeveelheid                                     Maks.: 4

•     Ewewigspunt is waar die vraagkromme gelyk is aan die aanbodkromme en is
      gemerk as 'markewewig' op die grafiek hierbo. ✓✓
•     Ewewigsprys (P1 markprys) is die prys waarteen vraag en aanbod dieselfde is. ✓✓
•     Ekwilibriumhoeveelheid (Q1) is die hoeveelheid goedere wat geproduseer en verkoop
      word teen ŉ bepaalde prys (P1) ten einde die huishoudelike vraag heeltemal te
      bevredig en waar daar geen oorblywende goedere of dienste sal wees nie. ✓✓
•     Dit is dieselfde punt as ewewigspunt waar die hoeveelheid verskaf gelyk is aan die
      hoeveelheid gevra en daar is geen kragte wat optree om die prys te verander nie. ✓✓

                                                                        Grafiek = 4 punte
                                                                 Verduideliking = 8 punte
                                                                         (Maks. 12 punte)

Die uitwerking op markte wanneer daar beide ŉ afname in vraag en aanbod is.

                                               13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 2)          GRAAD 10

                                       A2

                                              A1
    Prys

                        e2
P2                                e
P1                                                                 Merk toekenning vir grafiek
                                                                         Benoeming van die x-as = 1
                             e1                                          Benoeming van die y-as = 1
                                                                       Nuwe aanbodkromme A1 = 1
                                                                          Nuwe vraagkromme V1 = 1
                                                                    Oorspronklike ewewigspunt e = 1
                                                        V1                 Nuwe ewewigspunt e1 = 1
                                                   V2                      Nuwe ewewigspunt e2 = 1
                                                                                            Maks. 4
                        Q2        Q1        Hoeveelheid

•          Ewewigspunt (e) is waar die oorspronklike vraagkromme (V) gelyk is aan die
           oorspronklike aanbodkromme (A) en is gemerk as 'punt e' op die grafiek hierbo. ✓✓
•          Markprys sal op 'P1' wees en die hoeveelheid wat op die mark aangebied word, sal op
           'Q1' wees. ✓✓
•          Wanneer die vraag van ŉ produk afneem, sal die oorspronklike vraagkromme (V) na
           binne skuif en na links gemerk as V1. ✓✓
•          Ewewigspunt sal nou van punt 'e' na punt 'e1' verskuif en die prys van die produk sal
           daal. ✓✓
•          Markprys en hoeveelheid sal afneem tot die ewewig by e1. ✓✓
•          As gevolg van vraag behoort dalende aanbod nou ook af te neem, dus sal die
           aanbodkromme na links in posisie A1 beweeg. ✓✓
•          Die nuwe ewewigspunt (e2) sal nou wees waar V1 en A1 sny by punt 'e2', dus teen ŉ
           laer markrprys. ✓✓
•          Die markprys sal nou weer op P1 vanaf P2 vestig. Hoeveelheid sal afneem van Q1 na
           Q2. ✓✓

                                                                             Grafiek = 4 punte
                                                                      Verduideliking = 10 punte
                                                                               (Maks. 14 punte)
                                                                                      (26 punte)

ADDISIONELE DEEL

Hoe raak ŉ styging in die prys van die petrol produsente en verbruikers?
• Verhoog die koste van vervoer van goedere en dienste ✓✓
• Produsente dra die koste oor na verbruikers deur die prys te verhoog ✓✓
• Aanbod neig om af te neem as gevolg van ŉ afname in vraag ✓✓
• Verbruikers is geneig om minder te eis as gevolg van ŉ styging in prys ✓✓
• Minder vraag na goedere kan lei tot ŉ afname in ekonomiese aktiwiteite en ekonomiese
   groei ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                (Maks. 10 punte)

                                                             14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

SLOT

Prysvorming is ŉ dinamiese gebeurtenis met enige verandering in vraag of aanbod wat
die markprys van goedere en dienste beïnvloed.
Dit is belangrik om te verseker dat al die hulpbronne doeltreffend aangewend word sodat
die ekonomie met optimale kapasiteit kan funksioneer en groei kan plaasvind. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde reaksie.)                        (Maks. 2 punte)

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

•   Bespreek werkloosheid in detail onder die volgende opskrifte.

    -    Oorsake van werkloosheid
    -    Gevolge van werkloosheid                                             (26 punte)

•   Hoe kan die regering werkloosheid oplos deur 'n gesonde monetêre en fiskale
    beleid?                                                           (10 punte) [40]

INLEIDING

Werkloosheid is ŉ situasie waarin lede van die arbeidsmag sonder werk is, beskikbaar of
geskik is vir werk en werk soek, maar nie werk kan kry nie. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                                (Maks. 2 punte)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Oorsake van werkloosheid:

Wrywingswerkloosheid ✓
• Terwyl sommige besighede en nywerhede uitbrei, word ander kleiner. ✓✓
• Dit beteken dat mense dikwels van een werk na ŉ ander beweeg. ✓✓
• Hulle sal na verskillende werksonderhoude gaan. ✓✓
• Terwyl mense nuwe werk soek, word dit gesê dat hulle wrywingwerkloos is. ✓✓

Seisoenale werkloosheid ✓
• Sommige besighede en nywerhede het baie besige tydperke, waartydens hulle baie
   werkers benodig en baie stadige tydperke waartydens hulle minder of geen werkers
   nodig het nie. ✓✓
• Die boerdery- en toerismebedrywe is voorbeelde van seisoenale werkloosheid. ✓✓
• Die werkers is werkloos gedurende die stadige tydperk en heraangestel gedurende
   die besige seisoen. ✓✓

                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

Strukturele en tegniese werkloosheid ✓
• Strukturele werkloosheid vind plaas wanneer daar groot veranderinge in die ekonomie
   van die land is. ✓✓
• Strukturele werkloosheid kan ontstaan as gevolg van ŉ aantal faktore:
    - Produksiemetodes en -tegnieke verander: Werkers het dalk nie die vaardigheid
       om nuwe tegnologie te gebruik nie of is dalk nie nodig om nuwe tegnologie te
       bedryf nie. Byvoorbeeld, OTM's wat banktellers vervang het. ✓✓
    - Buitelandse mededinging neem toe: Produkte wat van oorsee af inkom, beteken
       dat Suid-Afrikaanse ondernemings dalk nie met die goedkoper pryse kan meeding
       nie en dalk werkers sal moet afdank. ✓✓
    - Belangrike bedrywe verander: ŉ Lae vraag na goud veroorsaak byvoorbeeld dat
       myne sluit en mense hul werk verloor. ✓✓
• Strukturele werkloosheid is ŉ ernstige probleem. ✓✓
• Werkers moet heropgelei word of van een gebied na ŉ ander verskuif word waar hulle
   werk kan kry wat hul vaardighede en kwalifikasies benodig. ✓✓
                                                                        (Maks. 14 punte)

Gevolge van werkloosheid

•   Werkloosheid het ŉ negatiewe impak op die werklose individu sowel as op besigheid,
    die regering en die samelewing as geheel. ✓✓
•   Ekonome tref ŉ onderskeid tussen ekonomiese koste en sosiale koste van
    werkloosheid. ✓✓

Ekonomiese koste van werkloosheid: ✓
• Verlore produksie en uitset van goedere en dienste: Werkloosheid veroorsaak ŉ
   vermorsing van skaars ekonomiese hulpbronne en verminder die
   langtermyngroeipotensiaal van die ekonomie. ✓✓
• ŉ Ekonomie met hoë werkloosheid produseer binne sy
   produksiemoontlikheidskromme. ✓✓
• As werkloosheid verminder kan word, kan die totale nasionale uitset toeneem. ✓✓
• Besigheidsdruk: As meer mense in diens geneem is, sou meer goedere en dienste
   kon koop. ✓✓
• Hoë vlakke van werkloosheid veroorsaak dat besighede inkomste verloor. ✓✓
• Fiskale koste vir die regering: ŉ Toename in werkloosheid lei tot hoër
   voordeelbetalings en laer belastinginkomste. ✓✓
• Die styging in staatsbesteding tesame met die daling in belastinginkomste kan ŉ groter
   begrotingstekort tot gevolg hê. ✓✓
• Verlies aan belegging in menslike kapitaal: Werkloosheid mors van die skaars
   hulpbronne wat gebruik word om werkers op te lei. ✓✓
• Werkers wat vir lang tydperke werkloos is, raak ongeskool namate hul vaardighede al
   hoe meer verouderd raak. ✓✓
• Dit verminder hul kanse om in die toekoms werk te kry. ✓✓

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

Maatskaplike koste van werkloosheid ✓
• Werkloosheid raak ook die samelewing en individue.
• Sosiale en gesinsdruk: Studies het getoon dat verhoogde werkloosheid lei tot
   verhoogde druk op samelewings en gemeenskappe. ✓✓
• Misdaad neem gewoonlik toe. ✓✓
• Gesinsgeweld en die opbreek van gesinne neem ook toe. ✓✓
• Toename in armoede en inkomste-ongelykheid: Gebiede met hoë werkloosheid sal ŉ
   afname in reële inkomste en besteding sien wat tot relatiewe armoede en inkomste-
   ongelykheid lei. ✓✓
• Gemeenskapsdemografie: Aangesien jonger werkers geografies meer beweeglik is as
   ouer werknemers, is daar ŉ risiko dat gebiede met bogemiddelde werkloosheid onder
   en veroudering van arbeidsmag sal ly. ✓✓
• Gemeenskapsvrese en -druk: Hoë werkloosheid kan xenofobie en proteksionisme
   aanmoedig. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante antwoord.)                              (Maks. 12 punte)
                                                                              (26 punte)

ADDISIONELE DEEL

Monetêre beleid:
• Die regering kan rentekoerse verlaag wat krediet goedkoper maak. ✓✓
• Dus kan verbruikers en produsente nou meer leen en meer bestee. ✓✓
• Rentekoste op vorige lenings, bv. huislenings en huuraankope, daal, wanneer
  rentekoerse verlaag word, sal hulle meer geld beskikbaar hê om te bestee. ✓✓
• Die totale vraag neem toe, wat lei tot ŉ toename in die vraag na arbeid/werkers. ✓✓
• ŉ Toename in vraag en produksie lei tot ŉ toename in indiensnemingskoers. ✓✓

Fiskale beleid:
• Die regering kan vir ŉ tekort begroot, en belasting verlaag wat verbruikers en
   besighede met meer geld sal laat om te bestee. ✓✓
• As gevolg hiervan sal die totale vraag, produksie en indiensneming toeneem. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde reaksie.)                       (Maks. 10 punte)

GEVOLGTREKKING:

Afgesien van die monetêre en fiskale beleid om werkloosheid op te los, kan die regering
die aanbodkant-benadering gebruik wat daarop gemik is om die koste om sake te doen te
verminder en doeltreffendheid van insette van die mark te verbeter. ✓✓
(Aanvaar enige ander relevante hoër-orde reaksie)                        (Maks. 2 punte)

                                                                 TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                               TOTAAL:      150

                                             17

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2015-question-paper/5f93d37f-a2af-44db-9816-ee11166c77f7) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-possible-answers/b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/85d4f782-147c-494a-8e6e-f677e427afe6) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 10 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-september-2023-qp-and-memo/b0364cf7-fb3c-4cf0-855b-f43a12bc7785) — QP + Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
