# Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/cca5a2fb-d2a8-4291-8b77-27df39ea4aa7)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
       1

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2024
                    GRAAD 10

                      EKONOMIE

                      VRAESTEL 2

TYD:       1½ uur

PUNTE: 100

10 bladsye

                                           b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                             2
                                                  (VRAESTEL 2)              GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord DRIE vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

     •    AFDELING A:       VERPLIGTEND
     •    AFDELING B:       Beantwoord EEN van die twee vrae.
     •    AFDELING C:       Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde bo die vereiste
     hoeveelheid sal NIE gemerk word nie.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Lees die vrae aandagtig deur.

5.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.   Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

7.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

8.   Gebruik slegs swart of blou ink.

9.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

10. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                   3
                                                 (VRAESTEL 2)              GRAAD 10

AFDELING A: VERPLIGTEND

VRAAG 1                                                      20 PUNTE – 20 MINUTE

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
    die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

     1.1.1   ŉ Monopolie word gekenmerk deur ...

             A    differensiasie van produkte.
             B    volmaakte inligting van produkte.
             C    homogene produkte.
             D    unieke produkte.

     1.1.2   Die nut van ŉ goed of diens om ŉ menslike behoefte of gebrek te bevredig.

             A    Waarde
             B    Prys
             C    Bruikbaarheid
             D    Bevrediging

     1.1.3   ŉ Aanvullende produk van brood is ...

             A    rys.
             B    pizza.
             C    botter.
             D    meel.

     1.1.4   Watter van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ indirekte belasting?

             A    Maatskappye-belasting.
             B    Belasting op toegevoegde waarde.
             C    Inkomstebelasting.
             D    Staatsbelasting.

     1.1.5   Wanneer ŉ minimum prys in ŉ ekonomie ingestel word, lei dit gewoonlik
             tot ...

             A    ŉ oorskot van die produk.
             B    ŉ groter vraag na die produk.
             C    ŉ tekort aan die produk.
             D    laer pryse as wat die mark sou bied.                           (5 x 2)   (10)

                                                                                                b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                 4
                                                   (VRAESTEL 2)               GRAAD 10

1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met die item in KOLOM A. Skryf
    slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
    ANTWOORDBOEK, bv. 1.2.7 H

          KOLOM A                                     KOLOM B
    1.2.1 Aanbod                 A   Die gebruik van wetenskaplike kennis vir praktiese
                                     doeleindes.
    1.2.2 Ewewig
                                 B   Die punt waar die hoeveelheid wat gevra word,
    1.2.3 Geleentheidskoste          dieselfde is as die hoeveelheid wat verskaf word.

    1.2.4 Subsidies              C   Die studie van die gedrag van individuele
                                     besluitnemingseenhede.
    1.2.5 Marginale nut
                                 D   Die waarde van die alternatief wat jy nie gekies het
    1.2.6 Mikro-ekonomie             nie en prysgegee het toe jy ŉ keuse moes maak.

                                 E   Bykomende bevrediging verkry deur die verbruik
                                     van een ekstra eenheid van ŉ goed.

                                 F   Die hoeveelheid verkoop teen ŉ sekere prys binne
                                     ŉ sekere tydperk.

                                 G Betalings deur die regering om die produksie of
                                   gebruik van ŉ produk of diens te bevorder.
                                                                               (6 x 1)          (6)

1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
    vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
    akronieme en voorbeelde SAL NIE aanvaar word nie.

     1.3.1   ŉ Skool wat geen fooie betaal nie, is deel van hierdie sektor.

     1.3.2   ŉ Mark met baie verskaffers wat homogene goedere verkoop.

     1.3.3   Markte is nie beperk tot ŉ spesifieke land nie.

     1.3.4   Al die hulpbronne in die ekonomie word effektief gebruik.            (4 x 1)       (4)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             20

                                                                                                b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                                     5
                                                     (VRAESTEL 2)                GRAAD 10

AFDELING B

Beantwoord enige EEN van die TWEE VRAE in hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem enige TWEE tipes subsidies wat die regering toestaan.                (2 x 1)        (2)

     2.1.2   Waarom is dit onmoontlik vir ŉ enkele verkoper om die prys van ŉ produk
             in ŉ volmaakte mark te beïnvloed?                                   (1 x 2)              (2)

2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           Markstrukture in Suid-Afrika
              DIE KLEIN LOKOMOTIEFIE …

                                               DIE             DIE
                                               FISCUS          EKONOMIE

                                         eintlik
                                   WAT             KAN!
                                             ^

                 [Bron: https://www.businesslive.co.za/bd/opinion/2023-09-27-cartoon-transnet-
                                                                       engine-could-derail-sa/]

     2.2.1   Identifiseer die onvolmaakte markstruktuur waarin Transnet funksioneer.                  (1)

     2.2.2   Noem EEN ander maatskappy wat in die bogenoemde markstruktuur
             funksioneer.                                                                             (1)

     2.2.3   Verduidelik kortliks die term monopolistiese mededinging.                                (2)

     2.2.4   Watter gunstige toestande kan besighede in die mark wat in die spotprent
             hierbo getoon word, geniet?                                                              (2)

     2.2.5   Hoe word ŉ volmaakte mark gekenmerk op grond van die aard van
             produkte en toegangshindernisse?                                                         (4)

                                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                              6
                                                  (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      Produksie-eenhede van tafels en stoele

                                        Tafels              Stoele
              Produksie uitset           30                    0
                 (eenhede)               20                   15
                                         10                   30
                                          0                   50

     2.3.1   Identifiseer die aantal tafels wat geproduseer kan word wanneer alle
             hulpbronne gebruik word om stoele te vervaardig.                               (1)

     2.3.2   Noem die tipe doeltreffendheid as alle hulpbronne optimaal gebruik word.       (1)

     2.3.3   Verduidelik kortliks die term Pareto-ondoeltreffendheid.                       (2)

     2.3.4   Wat is die doel van die produksiemoontlikheidskromme?                          (2)

     2.3.5   Gebruik die tabel in die gevallestudie hierbo en bereken die
             geleentheidskoste as 20 tafels in plaas van 10 tafels geproduseer word.
             (Toon alle berekeninge)                                                        (4)

2.4 Verduidelik die produksiekoste en aantal verskaffers as faktore wat ŉ verandering
    in die hoeveelheid aangebied veroorsaak.                                                (8)

2.5 Ontleed die interne redes waarom ŉ produksiemoontlikheidskromme na buite sal
    skuif.                                                                               (8)
                                                                                        [40]

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                  7
                                                  (VRAESTEL 2)               GRAAD 10

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

     3.1.1   Noem enige TWEE vereistes vir die vestiging van ŉ mark.             (2 x 1)   (2)

     3.1.2   Waarom verskaf die regering openbare goedere?                       (1 x 2)   (2)

3.2 Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                           Marginale nut van hamburgers geëet

                   Hoeveelheid hamburgers             Marginale nut
                              0                            0
                             1ste                          60
                             2de                           55
                             3de                           35
                             4de                           20
                             5de                           5
                             6de                           0
                             7de                           -5

     3.2.1   Watter hamburger gee die grootste bevrediging?                                (1)

     3.2.2   Wanneer sal die verbruiker in die situasie hierbo dalende marginale nut
             ervaar?                                                                       (1)

     3.2.3   Verduidelik kortliks die term marginale nutskromme.                           (2)

     3.2.4   Wat is die verband tussen nut en die vraag na ŉ produk?                       (2)

     3.2.5   Gebruik die inligting uit die tabel hierbo om ŉ duidelik gemerkte marginale
             nutsgrafiek te teken.                                                         (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE                               8
                                                       (VRAESTEL 2)               GRAAD 10

3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             Regeringsinmenging oor pryse

              [Bron: https://www.economicsonline.co.uk/definitions/maximum_price.html/]

      3.3.1     Identifiseer die konsep wat met die letter “X” aangedui word.                 (1)

      3.3.2     Wie stel maksimum pryse in Suid-Afrika vas?                                   (1)

      3.3.3     Verduidelik kortliks die term minimum prys.                                   (2)

      3.3.4     Waarom sou die regering ŉ prys laer as die markprys vasstel?                  (2)

      3.3.5     Hoe sal ŉ vermindering in belasting die ekonomie bevoordeel?                  (4)

 3.4 Onderskei tussen komplementêre en substituut produkte.                                   (8)

 3.5 Hoe het die implementering van minimumlone die werkers in Suid-Afrika
     bevoordeel?                                                                              (8)
                                                                                             [40]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:       40

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                9
                                                   (VRAESTEL 2)               GRAAD 10

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:

STRUKTUUR VAN OPSTEL                                                            PUNTE-
                                                                              TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
• ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met
    die vraagonderwerp te bepaal.                                               Maks. 2
• Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:
Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Krities
                                                                               Maks. 26
bespreek/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
Debat

Bykomende deel: Gee eie mening/Bespreek krities/evalueer/Teken ŉ
grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek/Voltooi/Voltooi die
gegewe grafiek/Bereken/lei/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/       Maks. 10
Kortliks debat/Hoe?/Stel voor/Gebruik die inligting en argumenteer/
Debatteer
Gevolgtrekking
Enige relevante gevolgtrekking van hoër orde wat die volgende moet insluit:
• ŉ Kort opsomming van wat bespreek/ontleed is sonder om feite wat
    reeds in die liggaam genoem is, te herhaal
• ŉ Mening of gewaardeerde oordeel oor die feite wat bespreek is                Maks. 2
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
    versterk
• ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
TOTALE:                                                                           40

                                                                                               b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                 10
                                                  (VRAESTEL 2)             GRAAD 10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek prysvorming in detail onder die volgende opskrifte:
    -    Ewewigspunt, prys en hoeveelheid
    -    Verandering in vraag
    -    Verandering in hoeveelheid gevra                                     (26 punte)
•   Evalueer die rol wat tegnologie speel in vraag, aanbod en die prys van goedere en
    dienste.                                                                  (10 punte)   [40]

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die metodes wat die regering gebruik om in die ekonomie in te gryp in
    detail.                                                                 (26 punte)
•   Evalueer waarom die regering in die ekonomie moet ingryp.               (10 punte)     [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                              TOTAAL:      100

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/b8d966f1-2642-45e2-83ec-6fcc43aae97a) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-possible-answers/b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b) — Memo · 2023 · Afr
- [Limpopo Economics Grade 10 September 2023 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-september-2023-qp-and-memo/b0364cf7-fb3c-4cf0-855b-f43a12bc7785) — QP + Memo · 2023
- [Limpopo Economics Grade 10 June 2023 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/limpopo-economics-grade-10-june-2023-p1-and-memo/46777ac2-5f25-45df-9459-52dd376b3ae7) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
