# Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P2 Gauteng November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/dca3ff92-e872-4a25-9f27-77d5766f7082)

## About this document

Economics · Grade 10 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/9de6b3a6-46fe-40a4-8283-c5aa0d0b1912) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     PROVINSIALE EKSAMEN
                       NOVEMBER 2022
                          GRAAD 10

                            EKONOMIE

                           (VRAESTEL 2)

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

13 bladsye

                                             b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

                                            EKONOMIE
                                            (VRAESTEL 2)                 GRAAD 10     2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

      •   AFDELING A: VERPLIGTEND
      •   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae
      •   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde van meer as die vereiste
      getal sal NIE gemerk word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Lees die vrae noukeurig deur.

5.    Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6.    Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop.

7.    Beantwoord die vrae in volledige sinne en verseker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.

8.    Gebruik slegs blou of swart ink.

9.    Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

                                             EKONOMIE
                                             (VRAESTEL 2)                    GRAAD 10        3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die
      korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1    Die ... is 'n voorbeeld van 'n volmaakte mark.                                       Commented [PT(1]: Is die vraag nie veronderstel om ' n
                                                                                                    onvolmaakte mark te wees nie? Oliemark is 'n goeie
                                                                                                    voorbeeld van 'n mark met baie min verkopers. OPEC
               A   sellulêre-telefoonmark
               B   oliemark
               C   elektrisiteitsmark
               D   vulstasie mark

      1.1.2    Watter van die volgende is 'n faktor wat aanbod beïnvloed?

               A   Verandering in inkomste
               B   Verandering in tendense
               C   Mededingende goedere
               D   Advertensies

      1.1.3    'n ... is die effek op 'n party wat nie direk by die transaksie betrokke is
               nie.

               A   Buite faktor
               B   Eksternaliteit
               C   Faktor van produksie
               D   Internaliteit

      1.1.4    Die laagste prys wat 'n verbruiker moet betaal, word die ... genoem.

               A   koopprys
               B   verkoopprys
               C   maksimum prys
               D   minimum prys

      1.1.5    Watter van die volgende is 'n instelling wat vir die beskerming en regte
               van werknemers veg?

               A   Vakbond
               B   Werkplek Forum
               C   Bedingingsraad
               D   Werkgewersorganisasie

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

                                   EKONOMIE
                                   (VRAESTEL 2)                  GRAAD 10          4

1.1.6   Die ... is die totale hoeveelheid werkende en werklose mense.

        A   ekonomies aktiewe bevolking
        B   indiensnemingskoers
        C   werkloosheidskoers
        D   onder-indiensneminskoers

1.1.7   'n Vrywillige proses, waartoe die betrokke partye instem en probeer om
        hulle geskille op te los, is ... .

        A   bedinging.
        B   arbitrasie.
        C   bemiddeling.
        D   versoening.

1.1.8   Watter van die volgende wette val NIE onder die verantwoordelikhede
        van die Departement van Arbeid NIE?

        A   Wet op Vaardigheidsontwikkeling
        B   Wet op Vaardigheidsontwikkelingsheffings
        C   Skolewet
        D   Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheidswet
                                                                         (8 x 2)       (16)

                                                                                   b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

                                              EKONOMIE
                                              (VRAESTEL 2)                    GRAAD 10             5

1.2   Kies ŉ beskrywing van KOLOM B wat ooreenstem met ŉ item in KOLOM A.
      Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK.

                  KOLOM A                                        KOLOM B
      1.2.1      Monopolie                    A   Mense verloor hul werk as gevolg van die
                                                  inkrimping van die ekonomie
      1.2.2      Ewewigshoeveelheid
                                              B   Hoeveelheid wat gevra word, is gelyk aan
      1.2.3      Doeltreffendheid                 hoeveelheid wat verskaf word

      1.2.4      Maksimum prys                C   Die kapitaal van 'n besigheid wat gebruik
                                                  word in sy daaglikse handelsbedrywighede,
      1.2.5      Openbare sektor                  bereken as die bedryfsbates minus die
                                                  huidige laste.
      1.2.6      Sikliese werkloosheid
                                              D   Hoogste prys waarteen produsente 'n produk
                                                  kan verkoop
      1.2.7      Kapitaalintensiewe
                 produksie                    E   Masjinerie gebruik vir produksie

      1.2.8      Bedryfskapitaal              F   Sentrale regering, provinsiale regering,
                                                  plaaslike regering en staatsbeheerde
                                                  maatskappye

                                              G   Slegs een verskaffer in die mark

                                              H   Die hulpbronne in die ekonomie word
                                                  effektief gebruik

                                              I   Laagste prys wat verbruikers moet betaal
                                                                                  (8 x 1)              (8)
1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.
      1.3.1   Die prys waarteen een produk vir ŉ ander produk sal ruil.                                      Commented [PT(2]: Die antwoord het ŉ ruil daarin.
                                                                                                             Leerders word geleer om nie ŉ term wat reeds in die
                                                                                                             verklaring is, te gebruik nie.
      1.3.2   Faktore waaroor jy geen beheer het nie                                                         Ander opsie kan prys wees
                                                                                                             Commented [PT(3]: Dit is dubbelsinnig. Alternatiewelik
      1.3.3   Die laagste loon wat 'n werkgewer toegelaat word om te betaal                                  "elemente of items of faktore waaroor jy geen beheer het nie"

      1.3.4   Die persentasie van die werkende ouderdomsgroep van die bevolking wat
              in diens is
      1.3.5   Alle wette en regulasies is onderhewig hieraan
      1.3.6   Instellings wat in elke bedryf in plek gestel is sodat hulle vir hul eie
              regulasie verantwoordelik kan wees
                                                                                         (6 x 1)       (6)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 30
                                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

                                             EKONOMIE
                                             (VRAESTEL 2)                 GRAAD 10          6

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Lys TWEE voorwaardes om 'n mark te vestig.                          (2 x 1)       (2)

      2.1.2   Gee EEN rede waarom die openbare sektor in markte sal ingryp.       (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                           GRAFIEK A

                                       A

                                                    C

         Tafels

                                   B

                                    Stoele

      2.2.1   Verskaf ŉ toepaslike opskrif vir GRAFIEK A.                                       (1)

      2.2.2   Identifiseer die punt op die grafiek waar ondoeltreffendheid voorkom.             (1)

      2.2.3   Verduidelik kortliks die doel van die afsydigheidskromme.                         (2)

      2.2.4   As daar ŉ afname in beide die produksie van stoele en tafels is, beskryf
              kortliks die verskuiwing van die grafiek.                                         (2)

      2.2.5   Met behulp van ŉ grafiek, wys hoe ŉ toename in hulpbronne vir die
              produksie van tafels die PMK kan beïnvloed.                                       (4)

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

                                                EKONOMIE
                                                (VRAESTEL 2)                     GRAAD 10          7

2.3   Bestudeer die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                      Olietekort: SA oliesadeboere sal meer moet plant

      Die wêreldwye eetbare olietekort het ŉ duidelike geleentheid vir die beperkte
      oliesadeboere in Mzansi gegee, en plaaslike kanolaboere het reeds aangedui
      dat hulle van plan is om hul planthektare hierdie winter te verhoog.

      Beide Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA, en Zander Spammer,
      landbouhulpbronbestuurder by Southern Oil, sê kanolaboere het bevestig dat
      hulle van plan is om hul aanplantings van verlede jaar af te verhoog. Louw reken
      die toename kan 20% bereik, hoewel boere tans eers begin plant en Spammer
      waarsku dat dit ŉ droë vroeë seisoen is.

      Daar is ook ŉ beperking op wat boere kan doen. Ten spyte daarvan dat
      sommige kanola op ŉ proefgrondslag in besproeiingsgebiede in die noorde
      verbou word, word byna al die land se kanola in die Wes-Kaap geproduseer.
      Uitbreiding na ander dele van die land sal, volgens Louw, beter geskikte
      variëteite benodig.
              [Aangepas uit: Olietekort: SA oliesadeboere sal meer moet plant - Food For Mzansi]

      2.3.1     Waar in Suid-Afrika word die meeste Kanola-olie geproduseer?                            (1)

      2.3.2     Identifiseer die maatskappy wat verantwoordelik is vir die grootste deel
                van Suid-Afrika se eetbare olieproduksie.                                               (1)

      2.3.3     Verduidelik wat bedoel word met die term monopolistiese mededinging.                    (2)

      2.3.4     Beskryf EEN kenmerk van ŉ monopolie.                                                    (2)

      2.3.5     Met behulp van 'n grafiek, illustreer hoe die bykomende aanbod van
                kanola die markprys sal beïnvloed.                                                      (4)

2.4   Verduidelik die eienskappe van die afsydigheidskurwe.                                             (8)

2.5   Analiseer die impak van minimum lone op werkloosheid.                                             (8)
                                                                                                       [40]

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

                                                                        EKONOMIE
                                                                        (VRAESTEL 2)                                        GRAAD 10                  8

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                                                              40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1         Noem twee vakbonde in Suid-Afrika.                                                                                  (2 x 1)           (2)

      3.1.2         Wat is die doel van die Uitgebreide Openbare Werke-program?                                                         (1 x 2)           (2)   Commented [PT(4]: Leerders kan ŉ regverdige kans gegun
                                                                                                                                                                word om hierdie vraag te beantwoord. Vir ŉ maklike
                                                                                                                                                                middelordevraag is dit dubbele toetsing. Leerder moet eers
3.2   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat daarop volg.                                                                                  weet waarvoor dit staan en dan die vraag beantwoord

                                   MAATSKAPLIKE TOELAES IN SUID-AFRIKA

                        EN MET SOSIALE
                         AFSTAND LYK
                            HIERDIE
                       WERKLOOSHEIDS-RY
                         NOG LANGER!                                 WERKLIK? …

      [https://www.google.com/url?sa=i&url=https%3A%2F%2Fwww.dailynews.com%2F2020%2F04%2F08%2Fsocial-distancing-in-the-unemployment-line-political-
      cartoons%2F&psig=AOvVaw0JHnyimgksDnTWK1ISgs8D&ust=1652965153379000&source=images&cd=vfe&ved=0CAwQjRxqFwoTCMDvrcSM6fcCFQAAAAA
      dAAAAABAD]
                                                                                                                                                                Commented [PT(5]: Heading on picture

                    3.2.1         Identifiseer EEN gemarginaliseerde groep uit die spotprent
                                  hierbo.                                                                                                                 (1)

                    3.2.2         Noem enige EEN maatskaplike toelae waarvoor die mense in die
                                  ry wag.                                                                                                                 (1)

                    3.2.3         Verduidelik kortliks die term werkloosheid.                                                                             (2)

                    3.2.4         Hoe het COVID-19 die werkloosheidsyfer in Suid-Afrika
                                  beïnvloed?                                                                                                              (2)   Commented [PT(6]: Maak dit asseblief 3.2.4

                    3.2.5         Onderskei tussen seisoenale en strukturele werkloosheid.                                                                (4)

                                                                                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

                                             EKONOMIE
                                             (VRAESTEL 2)                    GRAAD 10    9

3.3   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat daarop volg.

                                         ARBEIDSMARK

                 Loon
                 vlak
                                                                  A
                                      b                c
                 R600

                 R500                            a

                                                                  V

                        0          100     180       200              Hoeveelheid
                                                                      arbeid

      3.3.1   Identifiseer die markloon uit die grafiek hierbo.                               (1)

      3.3.2   Uit die grafiek hierbo, wat sal die arbeidsoorskot teen 'n loon van R600
              wees?                                                                           (1)

      3.3.3   Verduidelik kortliks die term vakbond.                                          (2)

      3.3.4   Hoe sal ŉ toename in die bevolking die aanbodkromme van arbeid
              beïnvloed?                                                                      (2)

      3.3.5   Verduidelik kortliks die gevolge van verhoogde indiensneming op die
              ekonomie.                                                                       (4)

3.4   Bespreek die funksies van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en
      Arbitrasie.                                                                             (8)

3.5   Ontleed die stappe wat die regering sedert 1994 in die demokratisering van die
      ekonomie geneem het.                                                                    (8)   Commented [PT(7]: Moet kritiese denke toets en nie
                                                                                                    uiteensit nie. Evalueer, analiseer, hoe, waarom. Antwoord
                                                                                             [40]   hoef nie uit handboek te kom nie

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

                                             EKONOMIE
                                             (VRAESTEL 2)               GRAAD 10   10

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE - 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem TWEE bronne van kapitaal om eiendomme te bekom.            (2 x 1) (2)

      4.1.2   Hoe sal verbruikers uit produksiesubsidies baat?                (1 x 2) (2)

4.2   Bestudeer die volgende grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

              VERBRUIKER SE AFSYDIGHEIDSKAART VIR SKYFIES
                            EN HAMBURGERS

         Skyfies

                                      D
                                                                 C
                                                            B
                                                       A

                                    Hamburgers
                                                                                              Commented [PT(8]: Please insert suitable heading

      4.2.1   Watter afsydigheidskromme sal die hoogste nut lewer?                      (1)

      4.2.2   Identifiseer lyn D.                                                       (1)   Commented [PT(9]: D is verby geassesseer

      4.2.3   Verduidelik kortliks die term nut.                                        (2)

      4.2.4   Waarom sal twee afsydigheidskrommes mekaar nooit kruis nie?               (2)

      4.2.5   Beskryf enige TWEE kenmerke van nut.                                      (4)

                                                                                    b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

                                             EKONOMIE
                                             (VRAESTEL 2)              GRAAD 10     11

4.3   Bestudeer die volgende beeld en beantwoord die vrae wat volg.

                           ARBEIDSTAKINGS IN SUID-AFRIKA

      4.3.1   Identifiseer die persentasieverhoging wat gevra word.                      (1)

      4.3.2   Volgens die beeld, watter sektor van die ekonomie neem deel aan die
              staking?                                                                   (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die hoofrede waarom mense sal staak.                      (2)

      4.3.4   Verduidelik arbitrasie in geskilbeslegting.                                (2)

      4.3.5   Waarom het die Arbeidsappèlhof groter magte as die Arbeidshof?             (4)

4.4   Hoe kan die regering werkloosheid oplos deur ŉ gesonde monetêre en fiskale
      beleid?                                                                            (8)

4.5   Evalueer die voordele van mededinging in die markplek.                          (8)
                                                                                     [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:        80

                                                                                     b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

                                             EKONOMIE
                                             (VRAESTEL 2)                 GRAAD 10    12

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg beoordeel word:

                                                                              PUNTE
                         STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
  Inleiding

  Die inleiding is 'n laer-orde reaksie.

  • 'n Goeie beginpunt sou wees om 'n sleutelkonsep te definieer wat in        Maks. 2
     die vraag verskyn.
  • Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
  • Moenie 'n deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
  • Moenie in die inleiding sê wat jy in die liggaam gaan bespreek nie.
  Liggaam:

  Hoofdeel: Bespreek in detail/In diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek         Maks. 26
  krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/
  Debatteer

  Addissionele deel: Gee eie mening/ Bespreek krities/Evalueer/
  Evalueer krities /Teken 'n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek
  gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Aflei/Vergelyk/      Maks. 10
  Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks/Hoe?/Stel voor/
  Gebruik die inligting en argumenteer/Debatteer
  Slot

  Enige relevante hoër-orde gevolgtrekking moet insluit:

  • 'n Kort opsomming van wat reeds bespreek/ontleed is sonder om
    feite wat reeds in die liggaam genoem is, te herhaal                       Maks. 2
  • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek word
  • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
    versterk
  • 'n Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
  • Aanbevelings
                                                              TOTAAL             40

                                                                                          b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

                                           EKONOMIE
                                           (VRAESTEL 2)                 GRAAD 10         13

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die eienskappe van volmaakte en onvolmaakte markte in detail.
                                                                        (26 punte)

•   Evalueer die impak van die instelling van 'n minimum prys in die ekonomie.
                                                                            (10 punte)   [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die regstellingspogings van die Suid-Afrikaanse ekonomie in detail.
                                                                          (26 punte)

•   Wat is die uitdagings wat bosboubedrywe in Suid-Afrika in die gesig staar?
                                                                            (10 punte)   [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:              40

                                                                            TOTAAL:       150

                                         EINDE

## Related documents

- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/918bddbe-ad7d-4a5f-af59-b63e77392766) — Economics · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/87419d43-44a4-4454-948b-ffc1cb0198d9) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2017-question-paper/f40c7bbb-0894-401c-b55f-d20dc2602589) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-november-2016-question-paper/c7e63747-49c0-49c8-bb42-1b241254a29e) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/f835a910-23ef-45b9-a14c-b4e387285b04) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [Gr10 ECN P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/282c24f0-129e-4969-9ba5-fcf69dca9ca7) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
