# Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p2-afrikaans-2023-question-paper/6974de3c-f5c2-44a1-8182-2bf101df0667
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p2-afrikaans-2023-question-paper/6974de3c-f5c2-44a1-8182-2bf101df0667)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng November Exam · 2023 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 10 Physical Sciences P2 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p2-afrikaans-2023-possible-answers/327621a6-e096-4c67-9c5d-7dba8522135f) — Memo · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2023
                                GRAAD 10

                  FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE

                                 VRAESTEL 2

TYD:      2 uur

PUNTE:    100

10 bladsye + 2 gegewensblaaie

                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE             2
                                        (VRAESTEL 2)           GRAAD 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit SEWE vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Skryf netjies en leesbaar.

6.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge

10.   Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke.

                                                                                    b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE                 3
                                             (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs
die vraagnommers (1.1 tot 1.9) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.10 D.

1.1    Watter van die volgende vaste stowwe bestaan uit ŉ kristalstruktuur van
       positiewe ione en ŉ “see” van gedelokaliseerde elektrone?

       A     Ys
       B     Jodium
       C     Diamant
       D     Kalium                                                                      (2)

1.2    Die chemiese eienskap van ŉ element word bepaal deur die getal en
       rangskikking van die element se ...

       A     atome.
       B     protone.
       C     elektrone.
       D     ione.                                                                       (2)

1.3    ŉ Atoom X vorm ŉ ioon X+. Die atoom X en die ioon X+ het dieselfde ...

       A     aantal elektrone.
       B     atoomradius.
       C     ionisasie energie.
       D     aantal protone.                                                             (2)

1.4    Metaal M vorm ŉ nitraat met die formule MNO3. Watter van die volgende
       formules van verbinding M is NIE korrek NIE?

       A     M2SO4
       B     MCℓ
       C     M(OH)2
       D     M2CO3                                                                       (2)

1.5    Watter van die volgende elektronkonfigurasies verteenwoordig ŉ alkali-
       metaal ioon?

       A     1s2
       B     1s2 2s2
       C     1s2 2s2 2p5
       D     1s2 2s2 2p6 3s1                                                             (2)

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE                 4
                                          (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

1.6   Watter van die volgende vergelykings verteenwoordig ŉ chemiese verandering?

      A    H2O(s) → H2O(ℓ)
      B    2H2O(ℓ) → 2H2(g) + O2(g)
      C    NaCℓ(s) → Na+(aq) + Cℓ-(aq)
      D    CO2(s) → CO2(g)                                                             (2)

1.7   Die persentasie water in MgSO4∙7H2O is:

      A    51,22
      B    48,78
      C    21
      D    7                                                                           (2)

1.8   Elkeen van die volgende bestaan uit ongeveer een mol deeltjie BEHALWE:

      A    6 x 1023 helium atome
      B    1 g waterstof molekules
      C    12 g koolstof atome
      D    22,4 dm3 ammoniak by STD                                                    (2)

1.9   2,7 g natriumhidroksied word gevoeg by 250 cm3 gedistilleerde water. Watter
      van die volgende is die KORREKTE konsentrasie van die oplossing in mol.dm -3?

      A    0,15
      B    0,5
      C    0,27
      D    2,5                                                                         (2)
                                                                                      [18]

                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE                 5
                                               (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Gebruik die tabel van stowwe hieronder om die volgende vrae te beantwoord.

        Br2                     C               CuSO4∙xH2O               H3O+
        H2O                   NH3                    OH-                   Ni
       Brons                    S                     Si                KMnO4

2.1   Skryf neer watter stof die volgende verteenwoordig:

      2.1.1    ŉ Anioon                                                                        (1)

      2.1.2    ŉ Metalloïed                                                                    (1)

      2.1.3    ŉ Magnetiese stof                                                               (1)

      2.1.4    ŉ Nie-metaal wat ŉ geleier van elektrisiteit is                                 (1)

      2.1.5    ŉ Allooi                                                                        (1)

      2.1.6    ŉ Diatomiese molekule                                                           (1)

2.2   Vergelyk die eerste ionisasie energie van C en Si.                                       (1)

2.3   Teken die Aufbau diagram van S.                                                          (3)

2.4   Die eksperimentele opstelling hieronder word gebruik om 10 g gehidrateerde blou
      koper(II) sulfaat kristalle, CuSO4∙XH2O te droog om 6,4 g anhidriese sout te vorm.

        10 g kopersulfaat
        kristalle

                                                                    6,4 g anhidriese
                                                                    CuSO4

      2.4.1    Definieer die term anhidries.                                                   (2)

      2.4.2    Bepaal die aantal mol, X, van kristallisasiewater.                           (4)
                                                                                           [16]

                                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE               6
                                               (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)
Gr 10-leerders het ŉ eksperiment uitgevoer
om die effek van die toename in temperatuur
op etanol oor ŉ tydperk by standaarddruk, te
                                                                     X
ondersoek.

                                                                     Waterblad
                                                                     Etanol

                                                          Hitte

Die grafiek hieronder is geteken met behulp van die resultate wat verkry is.

                                       Verhittingskurwe van etanol

                   Temperatuur (°C)

                                                           Tyd(s)
3.1   Definieer die term smeltpunt.                                                       (2)

3.2   Skryf die waarde van standaarddruk neer.                                            (1)

3.3   Gee die naam van apparaat X.                                                        (1)

3.4   In watter fase is etanol by 0 °C?                                                   (1)

3.5   Verduidelik, met behulp van die kinetiese molekulêre teorie, wat by die gedeelte
      gemerk D gebeur.                                                                    (3)

3.6   Sal water of etanol eerste by standaarddruk kook? Verduidelik die antwoord.         (3)
                                                                                         [11]
                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE            7
                                                  (VRAESTEL 2)         GRAAD 10
,

    VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

    Stronsium is veral bekend vir die helder rooi wat dit uit sy soute in vuurwerke en
    fakkels produseer.

    Stronsium is ŉ element op die Periodieke Tabel in periode 5 groep 2.
    Die vier isotope van stronsium het isotopiese massagetalle van 84, 86, 87 en 88 en
    relatiewe voorkoms van 0,56%, 9,86%, 7% en 82,58% respektiewelik.

    4.1   Definieer die term isotope.                                                    (2)

    4.2   Skryf die simbool van stronsium neer.                                          (1)

    4.3   Hoeveel valenselektrone besit stronsium?                                       (1)

    4.4   Vergelyk die atoomradius van stronsium en magnesium.                           (2)

    4.5   Bereken die relatiewe atoommassa van stronsium.                                (3)
                                                                                         [9]

                                                                                             b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE               8
                                              (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Onbekende organiese verbinding het ŉ formule van CxHyOz. Die molêre massa van
die verbinding is 88 g∙mol-1.

5.1   Definieer die term empiriese formule.                                              (2)

5.2   ŉ 2 g monster van hierdie verbinding bevat 1,09 g koolstof en 0,18 g waterstof.

      Bereken die:

      5.2.1     Massa suurstof in hierdie monster                                        (1)

      5.2.2     Empiriese formule van hierdie verbinding                                 (6)

5.3   Bepaal die molekulêre formule van hierdie verbinding.                              (3)
                                                                                        [12]

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE: CHEMIE            9
                                            (VRAESTEL 2)         GRAAD 10

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die reaksie hieronder is 3 g Na2CO3 met ŉ soutsuuroplossing gereageer en ŉ
opbruising word waargeneem.

                     Na2CO3 + HCℓ → NaCℓ + CO2 + H2O

6.1   Herskryf en balanseer die chemiese vergelyking.                                  (2)

6.2   Skryf die NAAM en FORMULE neer, van die stof wat die opbruising veroorsaak
      het.                                                                             (2)

6.3   Van die chemiese vergelyking skryf die FORMULES van TWEE verbindings
      neer, wat:

      6.3.1    Kovalent gebind is                                                      (2)

      6.3.2    Ionies gebind is                                                        (2)

6.4   Teken Lewis-punt diagramme vir:

      6.4.1    CO2                                                                     (2)

      6.4.2    H2O                                                                     (2)

6.5   Bereken die molêre massa van Na2CO3.                                             (2)

6.6   Bereken die aantal mol van die 3 g Na2CO3 wat gebruik is.                        (3)

6.7   Bepaal die aantal suurstofatome teenwoordig in die 3 g Na2CO3 wat gebruik
      word.                                                                         (4)
                                                                                   [21]

                                                                                       b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die reaksie hieronder, reageer magnesiumlint met ŉ oormaat soutsuur volgens die
volgende gebalanseerde chemiese vergelyking. Sodra die reaksie voltooi is, bly die
suier van die gasspuit in die posisie soos in die diagram hieronder getoon.

                      Mg(s) + 2HCℓ(aq) → MgCℓ2(s) + H2(g)

                                         Gasspuit
                                                                       Suier

                                 Verdunde soutsuur

                                 Magnesium

7.1   Definieer een mol van ŉ stof.                                                   (2)

7.2   Skryf die volume H2-gas wat in die gasspuit opgevang is, neer.                  (2)

7.3   Skryf EEN fisiese waarneming neer wat aandui dat daar ŉ reaksie plaasvind.      (1)

7.4   Bereken die aantal mol waterstofgas wat by STD vorm.                            (4)

7.5   Bepaal die massa van die magnesiumlint wat gebruik is.                          (4)
                                                                                     [13]

                                                                           TOTAAL:   100

                                          EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

  NAME/NAAM                 SYMBOL/SIMBOOL     VALUE/WAARDE
  Standard pressure
                            p                 1,013 x 105 Pa
  Standaarddruk
  Molar gas volume at STP
                            Vm                 22,4 dm3∙mol-1
  Molêre gasvolume by STD
  Standard temperature
  Standaardtemperatuur      T                 273 K
  Charge on electron
                            e                  -1,6 x 10-19 C
  Lading op elektron
  Avogadro's constant
                            NA                 6,02 x 1023 mol-1
  Avogadro se konstante

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

    m                                N
 n=                             n=
    M                                NA
    n            m                   V
 c=     OR c =                  n=
    V            MV                  Vm

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

1     2      3   4    5   6   7   8   9   10   11   12   13      14     15    16     17      18
(I)   (II)                                               (III)   (IV)   (V)   (VI)   (VII)   (VIII)

## Related documents

- [Gr 10 Physical Sciences P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p1-afrikaans-2023-possible-answers/bb032a02-b8aa-48c0-b7b1-e79d9cca1f50) — Physical Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Physical Sciences P2 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p2-afrikaans-november-2022-question-paper/8962070c-37b0-4d17-8b1e-63a5d417bec3) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/8980388b-75ba-4481-8d07-3d437736ed84) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/91d1f496-2df5-48db-a954-69b280ba1b18) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Gr 10 PS P1 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-ps-p1-afrikaans-possible-answers/8c3d3a8b-1e71-4409-995e-21f3a813df5b) — Physical Sciences · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
