# Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-10-ps-p1-afrikaans-question-paper/f58a867e-38b3-44f4-8f09-66ffbe5b7066
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-ps-p1-afrikaans-question-paper/f58a867e-38b3-44f4-8f09-66ffbe5b7066)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                          JUNIE 2023
                          GRAAD 10

                        FISIESE WETENSKAPPE
                               (FISIKA)

                            VRAESTEL 1

TYD:       2 uur

PUNTE:     100

9 bladsye + 1 datavel

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                           FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)         2
                                           (VRAESTEL 1)

INSTRUSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou naam in die toepaslike spasie op die ANTWOORDBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit 9 vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik.

7.    Gebruik die DATAVEL wat aangeheg is.

8.    Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

9.    Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale
      plekke af.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)     3
                                                (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

VRAAG 1

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf. Elke vraag het
net EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommer (1.1 tot 1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. bv. 1.9 E.

1.1   Konstruktiewe interferensie vind plaas wanneer ...

      A     die golflengtes van die gekombineerde pulse kleiner is as die individuele
            amplitudes.
      B     die amplitudes van die gekombineerde pulse kleiner is as die individuele
            amplitudes.
      C     die gekombineerde amplitudes van twee pulse in fase met mekaar is.
      D     die amplitudes van die gekombineerde pulse is groter as die individuele
            amplitudes.                                                                    (2)

1.2   ŉ Longitudinale golf is ŉ golf waar die deeltjies in die medium …

      A     op die voortplantingsrigting van die golf beweeg.
      B     parallel met die voortplantingsrigting van die golf beweeg.
      C     diagonaal na die voortplantingsrigting van die golf beweeg.
      D     langs die voortplantingsrigting van die golf beweeg.                           (2)

1.3   Die amplitude en frekwensie van ŉ klankgolf NEEM albei AF. Hoe beïnvloed
      hierdie veranderinge die hardheid en die toonhoogte van die klank?

            Hardheid                      Toonhoogte
      A     Verhoog                       Verhoog
      B     Verhoog                       Onveranderd
      C     Afgeneem                      Verlaag
      D     Afgeneem                      Verhoog                                          (2)

1.4   Die frekwensie van ŉ elektromagnetiese golf met ŉ golflengte van 2,1 x10-6 m
      is …

      A     1,43 x 1014 Hz.
      B     1,43 x 1012 Hz.
      C     2,6 x 1014 Hz.
      D     50 x 1012 Hz.                                                                  (2)

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)     4
                                                 (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

1.5   John wil die weerstand van ŉ elektriese stroombaan verminder en het die
      volgende opsies:

      (i)      Verhoog die lengte van die nichroomgeleier
      (ii)     Verhoog die dikte van die nichroomgeleier
      (iii)    Gebruik ŉ kopergeleier in plaas van ŉ nichroomgeleier

      Watter kombinasie van sy opsies sal die weerstand van die stroombaan die
      beste verminder?

      A        (i), (ii) en (iii)
      B        (i) en (ii)
      C        (i) en (iii)
      D        (ii) en (iii)                                                                (2)

1.6   Die maksimum werk verrig per eenheidlading deur ŉ battery is die …

      A       emf.
      B       stroomsterkte.
      C       weerstand.
      D       terminale potensiaalverskil.                                                  (2)

1.7   ŉ Positief gelaaide staaf word naby die volgende voorwerpe gebring:

      (i)     Klein ongelaaide stukkies papier
      (ii)    ŉ Dun stroompie water
      (iii)   ŉ Positief gelaaide ballon
      (iv)    ŉ Negatief gelaaide lap

      Watter van hierdie voorwerpe sal nie deur die staaf aangetrek word nie?

      A       (i), (ii) en (iii)
      B       (i) en (ii)
      C       (ii) en (iii)
      D       (iii)                                                                         (2)

1.8   ŉ Rubberballon kry ŉ negatiewe lading wanneer dit teen ŉ konyn se pels gevryf
      word.

      Watter van die stellings hieronder verduidelik die beste hoekom dit gebeur?

      A       Negatiewe ladings word van die konyn se pels na die rubberballon oorgedra.
      B       Positiewe ladings word van die rubberballon na die konyn se pels oorgedra.
      C       Negatiewe ladings word van die rubberballon na die konyn se pels oorgedra.
      D       Positiewe ladings word van die konyn se pels na die rubberballon oorgedra.    (2)
                                                                                           [16]

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)     5
                                                 (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

AFDELING B: ELEKTROSTATIKA EN ELEKTRISIITEIT

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Klein metaalsfeer A wat ŉ lading van – 4nC dra, word op ŉ geïsoleerde staander
geplaas.

2.1   Is elektrone bygevoeg of verwyder uit sfeer A?                                     (1)

2.2   Hoe vergelyk die aantal protone met die aantal elektrone in sfeer A? Skryf slegs
      MINDER AS, GROTER AS of GELYK AAN neer. Gee ŉ rede vir jou antwoord.               (3)

2.3   1013 elektrone word nou by sfeer A bygevoeg.

      Bereken die nuwe lading op sfeer A.                                                (4)
                                                                                         [8]

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee identiese metaalsfere B en C wat op geïsoleerde staanders geplaas word, dra
ladings van +4 x 10-6 C en -6 x 10-6 C onderskeidelik soos in die diagram hieronder
getoon.

Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak.

Na aanraking word die sfere dan geskei en teruggebring na hul oorspronklike posisies
soos in die diagram hieronder getoon.

3.1   Stel die beginsel van behoud van lading.                                           (2)

                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)     6
                                                (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

3.2   Verduidelik wat gebeur het toe die sfere aan mekaar geraak het. Verduidelik
      hoekom hierdie reaksie plaasgevind het nadat hulle aan mekaar geraak het.            (3)

3.3   Bereken die aantal elektrone wat tussen die twee sfere oorgedra word tydens
      kontak.                                                                              (4)
                                                                                           [9]

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die graad 10-leerders wil die verband tussen stroomsterkte en potensiaalverskil
ondersoek. Hulle onderwyser gee vir hulle die volgende apparate:

     voltmeter
     ammeter
     verbindingsdrade
     5 selle

Die tabel hieronder toon die resultate wat tydens die ondersoek verkry is:

                  Voltmeter (V)                     Ammeter (A)
                       1,5                             0,7
                       3,0                             1,4
                       4,5                             2,0
                       6,0                             2,7
                       7,5                             3,4

4.1   Skryf ŉ moontlike ondersoekvraag neer.                                               (2)

4.2   Noem die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                              (2)

4.3   Wat is die kontrole veranderlike?                                                    (1)

4.4   Teken ŉ grafiek van die potensiaalverskil teenoor die stroomverskil. Plotteer die
      punte en verbind hulle met ŉ reguit lyn wat die beste pas.                           (7)

4.5   Uit die grafiek wat geteken is, lei ŉ verband af tussen die stroomverskil en die
      potensiaalverskil in ŉ stroombaan.                                                   (2)
                                                                                          [14]

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)     7
                                              (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die stroombaan hieronder toon twee gloeilampe van 4Ω en 5Ω onderskeidelik, gekoppel
in PARALLEL aan ŉ 4,5 V battery.

5.1   Bereken die effektiewe weerstand van die stroombaan.                               (2)

5.2   Bereken die totale stroom van die stroombaan.                                      (3)

5.3   Bereken die hoeveelheid lading wat deur die ammeter A2 gaan in 10 s.               (3)

5.4   Nog ŉ weerstand word in serie gekoppel langs ammeter A1. Hoe sal dit die totale
      stroomsterkte van die stroombaan beïnvloed? Skryf slegs NEEM AF, NEEM
      TOE, VERHOOG of BLY DIESELFDE. Gee ŉ rede vir jou antwoord.                        (3)
                                                                                        [11]

                                                                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)     8
                                                  (VRAESTEL 1)               GRAAD 10

AFDELING C: GOLWE, KLANK EN LIG

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

6.1      Twee of meer pulse kan op dieselfde tyd op dieselfde plek deur dieselfde
         medium beweeg. Wanneer hulle dit doen, hulle interaksie met mekaar om ŉ
         ander steurnis op daardie stadium te vorm. Die resulterende puls word verkry
         deur die beginsel van superposisie te gebruik.

         Noem die beginsel van superposisie van pulse.                                     (2)

6.2      Destruktiewe interferensie vind plaas wanneer twee pulse ontmoet en ŉ kleiner
         amplitude versteuring tot gevolg het. Die amplitude van die resulterende puls
         is die som van die amplitudes van die twee aanvanklike pulse, maar die een
         amplitude sal ŉ negatiewe getal wees.

         Gebruik die teorie van destruktiewe interferensie om TWEE pulse van
         verskillende amplitudes wat uit verskillende rigtings ontmoet, te teken om
         hierdie teorie te demonstreer                                                     (3)

6.3      ŉ Puls beweeg 37,5 cm in 1,25 s deur ŉ swaar tou. Bereken die pulsspoed
         in (ms-1).                                                                        (4)
                                                                                           [9]

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Transversale golf beweeg langs ŉ tou af. ŉ Punt op die medium wat die golf dra,
word waargeneem. ŉ Grafiek van verplasing teenoor tyd van die punt word hieronder
getoon. Die vertikale afstand tussen ŉ kruin en ŉ trog is 3,2 cm.

      Verplasing (cm)

                                                                                  Tyd(s)

7.1      Definieer ŉ transversale golf.                                                    (2)

7.2      Hoeveel volgolwe is daar tussen t = 0 s en t = 0,21 s?                            (2)

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)                9
                                                 (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

7.3   Uit die inligting wat gegee word, skryf die amplitude van die golf neer.              (2)

7.4   Bereken die periode van die golf.                                                     (2)

7.5   Indien die golflengte van die golf 0,4 m is, bereken die spoed van die golf.          (4)
                                                                                           [12]

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

8.1   Graad 10-leerders het die verband tussen die frekwensie en golflengte van
      verskillende tipes EM-straling bestudeer.

      8.1.1 Definieer term elektromagnetiese uitstraling.                                   (2)

      8.1.2 Rangskik die volgende tipes EM-straling in volgorde van toenemende
            golflengte:

             infrarooi; X-strale; ultraviolet; sigbare lig; gammastrale.                    (5)

      8.1.3 Ultravioletstraling is gevaarlik en kan velkanker veroorsaak. Verduidelik
            hoe hierdie bestraling kanker veroorsaak wanneer jou vel oorbelig is.           (2)

8.2   Gee EEN gebruik vir elk van die volgende tipes EM-straling:

      8.2.1 X-strale                                                                        (1)

      8.2.2 Mikrogolwe                                                                      (1)

8.3   Bereken die golflengte van ŉ radiogolf met ŉ frekwensie van 2,1 × 108 Hz.             (4)
                                                                                           [15]

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die deeltjie-aard van lig kan gedemonstreer word deur die interaksie van fotone met
materie. Een manier waarop lig met materie in wisselwerking tree, is via die foto-
elektriese effek.

9.1   Definieer ŉ foton                                                                     (2)

9.2   Die infrarooi straal wat deur ŉ projektor-afstandbeheer uitgestraal word, het ŉ
      golflengte van 1,3 μm. Bereken die energie van ŉ foton van hierdie infrarooi
      straling.                                                                             (4)
                                                                                            [6]

                                                                                 TOTAAL:   100

                                              EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)    10
                                                                    (VRAESTEL 1)         GRAAD 10

                                    FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                                                  VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

Versnelling a.g.v. gravitasie                                   g                  9,8 ms–2

Planck se konstante                                             h              6,63 x 10 – 34 Js
                                                                                        8
Spoed van lig in ŉ vakuum                                       c               3,0  10 ms–1

Lading on electron                                              e                –1, 6x 10 C
                                                                                            -19

TABEL 2: FORMULE

ELEKTROSTATIKA
   Q            Q Q2
n            Q 1
   e               2

ELEKTRISITEIT
I 
    Q                  R S  r1  r 2  r3  .. .
    Δt
    V                   1       1        1        1
R                                                   .. .
     I                 RP       R1       R2       R3

GOLWE KLANK EN LIG
v=f                                                                T=
                                                                         1
                                                                         f
                  c
E = hf of E = h
                  

## Related documents

- [Gr 10 PS P1 (Afrikaans) Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-ps-p1-afrikaans-possible-answers/8c3d3a8b-1e71-4409-995e-21f3a813df5b) — Physical Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Physical Sciences P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/ba98b1a9-c6ac-4e3c-90f8-1db72f96a634) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHSC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phsc-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/1f8b5992-42ce-4308-8b8b-73b19d7217b3) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR10 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr10-nov2019-afrikaans/778f6eb1-0b22-4d0b-b2ff-99ca806dec82) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
