# Accounting Grade 11 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p1-afr-2023-question-paper/b6182b33-568a-44bd-83c1-084261f61db7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P1 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p1-afr-2023-question-paper/b6182b33-568a-44bd-83c1-084261f61db7)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng November Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                    NOVEMBER 2023
                              GRAAD 11

                             REKENINGKUNDE
                               VRAESTEL 1

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

11 bladsye + 1 formuleblad en ŉ 8-bladsye antwoordboek

                                                         b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                     2
                                                         (VRAESTEL 1) GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     'n Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord
       moet word.

3.     ŉ FORLUMEBLAD met finansiële aanwysers word agter in hierdie vraestel verskaf.

4.     Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

5.     Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.     Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale punt.

8.     Leerders sal punte verbeur vir:

        •   Die gebruik van nie-gestandaardiseerde afkortings
        •   Die oorskryf van syfers of woorde
        •   Oorbodige/Vreemde inskrywings

9.     Skryf netjies en leesbaar.

10.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
       beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

      VRAAG            ONDERWERP                         PUNTE            TYD IN MINUTE
        1         AARP & Vaste Bates Nota                  30               24 minute
        2         Inkomstestaat                            45                36 minute
        3         Balansstaat                              50                40 minute
        4         Ontleding en Vertolking                  25                20 minute
                                         TOTAAL:           150               120 minute

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                    3
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 11

VRAAG 1: GAAP & VASTE BATE NOTA                                (30 PUNTE; 24 MINUTE)

1.1   KONSEPTE

      Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs WAAR of
      ONWAAR langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.1.1   Drawaarde is die oorblywende waarde van 'n bate nadat dit ten volle
              gedepresieer is.
      1.1.2   AARP maak dit moontlik om die finansiële resultate van verskillende
              maatskappye te vergelyk.
      1.1.3   Die wesenlikheidsbeginsel bepaal dat alle inkomste verdien, en
              uitgawes aangegaan, vir dieselfde finansiële tydperk getoon moet word.
      1.1.4   Opgehoopte waardevermindering is 'n uitgawe.
      1.1.5   Waardevermindering is 'n negatiewe bate.                                  (5)

1.2   VASTE BATE NOTA

      GOODY SKOENHANDELAARS

      Jy word voorsien van die volgende inligting uit die rekords van Goody
      Skoenhandelaars. Die finansiële jaareinde is 31 Desember 2023.

      GEVRA:

      1.2.1   Bereken die totale waardevermindering op toerusting vir die jaar
              geëindig 31 Desember 2023.                                                (4)

      1.2.2   Voltooi die Vastebateregister vir die voertuie wat verkoop is.            (5)

      1.2.3   Bereken die waardevermindering op die ou voertuie vir die jaar geëindig
              31 Desember 2023.                                                         (4)

      1.2.4   Voltooi die Vaste Bate Nota tot die Finansiële State op 31 Desember
              2023.                                                                     (12)

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                  4
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 11

INLIGTING:

A.   Uittreksel van 'n Vooraansuiweringsproefbalans van Goody
     Skoenhandelaars.

     Lys van saldo's op 31 Desember 2023

         Voertuie                                                 2 680 000
         Toerusting                                                 810 000
         Opgehoopte waardevermindering op voertuie                1 060 000
         Opgehoopte waardevermindering op toerusting                240 000

B.   Toerusting

     •     Nuwe toerusting met 'n kosprys van R120 000 is aangekoop op
           1 Oktober 2023. Geen inskrywings is gemaak nie.

     •     Toerusting word gedepresieer teen 20% p.j. deur die kosprysmetode te
           gebruik.

C.   Voertuie

     •     Een van die afleweringsvoertuie is op 1 Julie 2023 vir R190 000 verkoop.
           Die voertuig is op 1 Julie 2021 vir R320 000 gekoop.

     •     Voertuie word gedepresieer teen 10% p.j. deur die verminderde saldo-
           metode te gebruik.
                                                                                      30

VRAAG 2: INKOMSTESTAAT                                       (45 PUNTE; 36 MINUTE)

PLUMSTEAD HARDEWARE

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Plumstead Hardeware. Die
finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2023 en hulle gebruik die deurlopende
voorraadstelsel.

GEVRA:

Stel die Omvattende Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 op.         (45)

                                                                                           b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                     5
                                                    (VRAESTEL 1) GRAAD 11

INLIGTING:

Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2023
 Balansstaat Rekeninge Afdeling                           Debiet       Krediet
 Vaste deposito: Prosper Bank                               50 000
 Voertuie                                                  200 000
 Kapitaal                                                                538 610
 Onttrekkings                                              280 080
 Toerusting                                                 56 000
 Opgehoopte waardevermindering: Voertuie                                  75 000
 Opgehoopte waardevermindering: Toerusting                                23 100
 Handelsvoorraad                                           352 800
 Debiteurekontrole                                          35 600
 Voorsiening vir oninbare skuld                                               1 086
 Bank                                                      111 996
 Wisselgeld                                                  1 052
 Lening: ABSA                                                             90 000
 Krediteurekontrole                                                       45 170
 Nominale Rekeninge Afdeling
 Verkope                                                               1 797 600
 Koste van verkope                                       1 027 200
 Debiteureafslag                                             9 860
 Huuruitgawe                                                59 850
 Advertensies                                               10 800
 Skryfbehoeftes                                              3 490
 Salarisse en lone                                         324 000
 WVF-bydraes                                                 3 240
 Oninbare skuld                                              5 670
 Oninbare skulde verhaal                                                      1 342
 Versekering                                                 10 560
 Water en elektrisiteit                                      17 724
 Telefoon                                                    12 336
 Korting ontvang                                                              2 340
 Korting toegestaan                                          1 990
                                                         2 574 248     2 574 248

A.   Aansuiwerings en addisionele inligting

     (i)     Op 27 Februarie 2023 het 'n debiteur, L. Abbas, goedere met 'n
             verkoopprys van R1 575 teruggegee. Die besigheid gebruik 'n
             winsopslag van 75% op die kosprys van goedere.

     (ii)    Die eienaar, F. Madhi, het handelsvoorraad met 'n kosprys van R1 300
             vir persoonlike gebruik geneem.

     (iii)   Geen inskrywings is gemaak met betrekking tot voorraad wat op
             3 Februarie 2023 gesteel is nie. Die versekeringsmaatskappy het
             Plumstead Hardeware ingelig dat hulle R9 600 in die besigheid se
             bankrekening oorgeplaas het ten opsigte van die versekeringseis.
             Plumstead Hardeware dra 20% van die voorraadverlies.
                                                                                          b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE               6
                                                      (VRAESTEL 1) GRAAD 11

(vi)     Op 28 Februarie 2023 is 'n fisiese voorraadtelling gedoen. Dit het
         getoon dat die volgende voorhande is:

         (a)     Handelsvoorraad,          R340 740
         (b)     Skryfbehoeftes,           R480

(v)      Verskeie debiteure het lank agterstallige rekeninge gehad. Die vennote
         het besluit om rekeninge van altesaam R3 425 af te skryf.

(vi)     Die voorsiening vir oninbare skulde moet aangesuiwer word tot 3% van
         uitstaande skuld.

(vii)    Huuruitgawe word een maand vooruit betaal. Die huur is verhoog met
         10% p.j. op 1 Januarie 2023.

(viii)   Op 1 Januarie 2023 is 'n bedrag van R720 betaal vir die plasing van 'n
         advertensie vir die eerste drie maande van 2023.

(ix)     Die volgende rekeninge was nog betaalbaar op 28 Februarie 2023:

         (a)     Water en elektrisiteit,   R1 098
         (b)     Telefoon,                 R662

(x)      'n Werknemer, Mnr. Martha, is uit die Februarie 2023-salarisjoernaal
         weggelaat. Sy salaris is soos volg:

         Netto salaris                     R10 500
         Aftrekkings                       R1 500
         WVF-bydrae                        1% van sy netto salaris

(xi)     Die volgende inligting het verskyn op die Bankstate wat van Nedbank
         ontvang is:

         •     Diensgelde, R1 120
         •     Internetbankfooie, R320
         •     Rente op oortrokke rekening, R170

(xii)    Die volgende verklaring is van Prosper Bank ontvang met betrekking
         tot die vaste deposito:

                       Saldo op 1 Maart 2022                         R50 000
                       Rente gekapitaliseer                                ?
                       Saldo op 28 Februarie 2023                    R53 250

(xiii)   Maak voorsiening vir waardevermindering van R13 987.
                                                                                  45

                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                     7
                                                     (VRAESTEL 1) GRAAD 11

VRAAG 3: BALANSSTAAT                                             (50 PUNTE; 40 MINUTE)

3.1   KONSEPTE

Pas die konsep in KOLOM A by die voorbeeld in KOLOM B. Skryf slegs die letters
(A – E) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer.

               KOLOM A                                 KOLOM B
       3.1.1    Lopende saak       A     Het die vennootskap genoeg bates om
                                         alle skuld te dek?
       3.1.2    Solvabiliteit
                                   B     Ontleding van die finansiële posisie van
       3.1.3    Balansstaat              die vennootskap

       3.1.4    Likiditeit         C     Die vennootskap wys handelsvoorraad
                                         ter waarde van R60 000 in die
                                         Balansstaat, al beplan hulle om
                                         volgende maand ŉ uitverkoping te hou.
                                         Die voorraad sal dan vir R40 000
                                         verkoop word.

                                   D     Die vennootskap moet dieselfde
                                         voorraadstelsel van een finansiële jaar
                                         na 'n ander gebruik.

                                   E     Is die vennootskap in staat om alle
                                         korttermynskuld te betaal?                     (4)

3.2   HOPPITY POPPITY HANDELAARS

      GEVRA:

      Berei die Ekwiteit en Laste-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie voor
      op 28 Februarie 2023. Toon al die berekeninge met betrekking tot die notas
      tussen hakies.                                                                   (21)

                                                                                           b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                8
                                                           (VRAESTEL 1) GRAAD 11

INLIGTING:

Die volgende saldo's het onder andere in die Algemene Grootboek van Hoppity
Poppity Handelaars op 28 Februarie 2023 verskyn.

        Kapitaal: Hoppity (1/03/2022)                                       200 000
        Kapitaal: Poppity (1/03/2022)                                       170 000
        Privaatrekening: Hoppity (Debiet)                                       1 690
        Privaatrekening: Poppity (Krediet)                                   10 360
        Lening: ABSA Bank (12%)                                              40 000
        Handelsvoorraad                                                      58 040
        Debiteurekontrole                                                    70 000
        Opgelope inkomste                                                       3 000
        Wisselgeld en kleinkas                                                  7 000
        Krediteurekontrole                                                   24 070
        SARS: LBS                                                               3 500
        Bank oortrokke                                                      ?
        Pensioenfonds                                                             500
        Vooruit ontvangde inkomste                                                700

A.    Aansuiwerings en addisionele inligting

      (i)     Op 28 Februarie 2023 het Poppity toerusting ter waarde van R30 000
              bygedra om haar kapitaalbydrae gelyk te maak. Hierdie inskrywing is nie
              aangeteken nie.

      (ii)    Die volgende staat is van ABSA Bank ontvang met betrekking tot die
              lening:

                         Saldo op 1 Maart 2022                        R49 000
                         Terugbetaling insluitende rente                12 000
                         Rente gekapitaliseer                                 ?
                         Saldo op 28 Februarie 2023                   R40 000
              Die onderneming sal dieselfde kapitaalgedeelte van die lening in die
              volgende finansiële jaar as die huidige jaar, afbetaal.

      (iii)   Die bedryfskapitaalverhouding is 2 : 1.

3.3   IRONMAN SPEELGOEDWINKEL

      Die volgende inligting is uit die rekeningkundige rekords van IronMan
      Speelgoedwinkel geneem. Die winkel is 'n vennootskap tussen Mnr. Iron en
      Mnr. Man.

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                  9
                                                        (VRAESTEL 1) GRAAD 11

GEVRA:

Berei die lopende Privaatrekening Nota voor soos dit in die aantekening tot die
finansiële state vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023 sal verskyn.                  (25)

INLIGTING:

A.   Die volgende saldo's het op 28 Februarie 2023 in die grootboek van
     IronMan Speelgoedwinkel verskyn.

                 Kapitaal: Iron                                  R360 000
                 Kapitaal: Man                                   R760 000
                 Privaatrekening: Iron                         R2 300 (DT)
                 Privaatrekening: Man                          R4 500 (KT)
                 Onttrekkings: Iron                              R25 000
                 Onttrekkings: Man                               R30 000

B.   Addisionele inligting:

     (i)     Iron het voorraad ter waarde van R35 000 geneem. Dit is in sy
             persoonlike hoedanigheid aan 'n plaaslike liefdadigheidsorganisasie
             geskenk.

     (ii)    Op 1 Maart 2022 het Iron sy kapitaal met R175 000 verhoog. Geen
             inskrywing is vir hierdie transaksie gemaak nie.

     (iii)   Die vennootskapsooreenkoms het die volgende bepaal:

             •   Vennote is geregtig op rente teen 15% p.j. op hul kapitaalsaldo aan
                 die einde van die finansiële jaar.
             •   Op 1 Januarie 2022 het Iron 'n 10% verhoging op sy maandelikse
                 salaris van R26 500 ontvang. Geen verdere verhogings is gegee nie.
             •   Man se salaris vir die jaar het R425 000 beloop.
             •   Aan die einde van die finansiële jaar het slegs Man 'n bonus
                 gelykstaande aan 12% van sy jaarlikse salaris ontvang.
             •   Yster en Man het die oorblywende winste of verliese in die
                 verhouding 3 : 2 gedeel.

     (iv)    Yster het aan die einde van die finansiële jaar 'n bonus van R12 000
             ontvang.

     (v)     Man se gedeelte van die finale verdeling van die wins het R125 000
             beloop.
                                                                                       50

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                  10
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 11

VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING                              (25 PUNTE: 20 MINUTE)

NOTA KLEREBOETIEK

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Nota Klereboetiek vir die jaar
geëindig 31 Desember 2023, tesame met vergelykende syfers vir 2022. Die
besigheid word besit deur vennote, Nombeko en Thandi.

GEVRA:

4.1   Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2023. Toon alle berekeninge
      en rond jou antwoord af tot een desimale plek waar nodig.

      4.1.1    Persentasie bedryfsuitgawes op omset                                    (2)

      4.1.2    Vuurproefverhouding                                                     (4)

      4.1.3    Skuld-ekwiteitverhouding                                                (3)

      4.1.4    Persentasie opbrengs op gemiddelde vennotebelang                        (4)

4.2   Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die onderneming vir 2023.
      Haal EEN finansiële aanwyser en syfers aan om jou antwoord te staaf.             (4)

4.3   Die besigheid het hul beleid met betrekking tot die winsopslag van 2022 tot
      2023 verander. Wat was die verandering in beleid? Wat is die risiko's in
      verband hiermee en watter effek het hierdie verandering op die besigheid se
      inkomste gehad?                                                                  (4)

4.4   Het die besigheid goeie beheer oor hul uitgawes? Haal EEN finansiële
      aanwyser en syfers aan om jou antwoord te staaf.                                 (4)

INLIGTING:

Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste:

                                     2023               2022
 Omset                               3 213 000           3 004 400
 Koste van verkope                   2 142 000           2 146 000
 Bedryfsuitgawes                       512 640             520 000
 Rente op lenings (14% p.j.)            53 200              70 000
 Netto wins                            505 160             279 376

                                                                                           b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie:

                                                   2023             2022
 Nie-bedryfsbates (vaste bates)                     647 200          631 000
 Bedryfsbates                                       430 560          262 300
    Voorraad                                        357 660          175 600
    Handels- en ander debiteure                      31 700           29 800
    Kontant en kontantekwivalente                    41 200           56 900
 Vennotebelang                                      496 610          273 500
 Nie-bedryfslaste (Lenings)                         380 000          500 000
 Bedryfslaste                                       201 150          119 800

Finansiële aanwysers:

                                                   2023             2022
 Persentasie bruto wins op koste van verkope            50%              40%
 Persentasie bedryfsuitgawes op omset                       ?          17,3%
 Bedryfskapitaalverhouding                            2,1 : 1          2,2 : 1
 Vuurproefverhouding                                        ?          0,7 : 1
 Voorraadomsetkoers                                8 keer p.j.   12,2 keer p.j.
 Voorraad hou tydperk                                 45 dae           30 dae
 Debiteure-invorderingstydperk                        34 dae           36 dae
 Krediteure betalingstydperk                          30 dae           30 dae
 Skuld : Ekwiteitsverhouding                                ?          1,8 : 1
 Persentasie opbrengs op vennote se ekwiteit                ?         102,1%

                                                                                  25

                                                                         TOTAAL: 150

                                         EINDE

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                 12
                                                       (VRAESTEL 1) GRAAD 11

    GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

   Bruto wins 100              Bruto wins      100                 Netto wins 100
                                                                           
    Verkope    1            Koste van verkope 1                     Verkope    1

       Bedryfsuitgawes 100                              Bedryfswins 100
                                                                  
          Verkope       1                                Verkope     1

Totale verdienste deur vennoot 100                   Netto wins            100
                                                                        
 Gemiddelde eienaarsbelang      1              Gemiddelde eienaarsbelang    1

     Bedryfsbates: Bedryfslaste              Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste

      Handels- en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente: Bedryfslaste

 Gemiddelde debiteure 365    12                Gemiddelde krediteure         365    12
                         of                                                    of
   Kredietverkope      1      1        Kredietaankope of Koste van verkope    1      1

Gemiddelde voorraad 365    12                          Koste van verkope
                       of
 Koste van verkope   1      1                         Gemiddelde voorraad

  Nie-bedryfslaste: Eienaarsbelang                   Totale bates: Totale laste

                                 Totale vaste koste
              Verkoopprys per eenheid − Veranderlike koste per eenheid

## Related documents

- [Gr 11 Accounting P1 (AFR) 2023 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p1-afr-2023-answer-book/fc83e345-de39-459b-ab29-68db41a4266c) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr
- [Gr 11 Accounting P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-afr-2023-question-paper/798e29d9-4c97-46fd-8801-ca79ce2af2e8) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2023-english-watermark/114f97da-f00d-48e5-b867-cc2fbc9acf2c) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-nov-2023-english/4a9ed09a-c470-41c0-8d03-0f4bd2f3f6c6) — Accounting · QP · 2023 · Eng
- [Gr 11 Accounting P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-afr-2023-possible-answers/c34ee48f-0b17-4afc-bbb3-efe1406a8eaf) — Accounting · Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Accounting P2 (English) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-english-2023-possible-answers/53a6d2b9-6d3d-4b2e-baad-b064b8a631d6) — Accounting · Memo · 2023 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
