# Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/629e4d36-1441-4f5c-a271-b6747c493535
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-accounting-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/629e4d36-1441-4f5c-a271-b6747c493535)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
 1

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                      JUNIE 2024
                             GRAAD 11

                            REKENINGKUNDE
                              VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

10 bladsye + 1 formuleblad en ŉ antwoordboek van 10 bladsye

                                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                      2
                                                        VRAESTEL 2  GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.     Beantwoord ALLE vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin alle vrae beantwoord moet
       word.

3.     ŉ FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers word verskaf aan die agterkant van die
       vraestel.

4.     Wys alle bewerkings om deelpunte te verdien

5.     Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag ŉ donker potlood, blou of swart ink gebruik om die vraestel te beantwoord.

7.     Waar van toepassing wys al die berekeninge tot EEN desimale plek.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer die vraestel
       beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                   ONDERWERP                     PUNTE         TYD IN MINUTE
       1       Bankversoening en Interne Kontrole             55                   44 minute
       2       Krediteure Kontrole en etiek                   25                   20 minute
       3       Vaste Bates                                    50                   40 minute
       4       Interne Kontrole                               20                   16 minute
 TOTAAL                                                      150                  120 minute

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                      3
                                                       VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 1: BANKVERSOENING EN INTERNE KONTROLE
                                                               (55 punte; 44 minute)

1.1   Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is.                                     (03)

      1.1.1   Gunstige saldo soos per bankstaat is ŉ debietsaldo.

      1.1.2   Rente op oortrokke rekening word in die Kontantbetalingsjoernaal
              aangeteken.

      1.1.3   Kontantdeposito ’s verhoog jou banksaldo.

SK HANDELAARS

1.2   Die volgende inligting het betrekking op SK Winkels vir Februarie 2024. Die
      besigheid bank by Honey Bank. Die boekhouer druk state aan die einde van die
      maand vanaf die banktoepassing.

      GEVRA:

      1.2.1   Voltooi die Kontantontvangstejoernaal en die Kontantbetalingsjoernaal
              vir Februarie 2024. Gebruik die korrekte besonderhede
              (kontrarekening).                                                           (26)

      1.2.2   Bereken die korrekte bankrekeningsaldo op 29 Februarie 2024.                (04)

      1.2.3   Stel die Bankversoeningstaat van 29 Februarie 2024 op.                      (10)

      1.2.4   Voorsien TWEE interne kontrolemaatreëls om kontant te beheer.               (04)

      1.2.5   Noem TWEE interne kontrolemaatreëls wat geïmplementeer kan word
              ten opsigte van EFO-betalings.                                              (04)

      1.2.6   ŉ Betaling wat op die 19de aan een van ons krediteure gemaak is, is nie
              deur die krediteur ontvang nie. Daar is ontdek dat die geld gestuur is na
              die krediteur se ou rekening wat gesluit. Gee TWEE redes wat verduidelik
              waarom dit belangrik is om rekeningbesonderhede te verifieer voordat
              enige betalings gemaak word.                                                (04)

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                     4
                                                       VRAESTEL 2  GRAAD 11

INLIGTING:

A.   Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 31 Januarie 2024:

      Uitstaande deposito: 15 Januarie 2024                         15 000
      Uitstaande deposito: 20 Januarie 2024                         21 500
      Uitstaande deposito: 30 Januarie 2024                         12 000
      Uitstaande EFO 410                                             7 200
      Gunstige saldo volgens bankrekening op 31
                                                                    17 500
      Januarie 2024

LET WEL:

     • Die uitstaande deposito op die 15de en die 30ste Januarie 2024 het albei op die
       bankstaat verskyn met die korrekte bedrae.

     • Die uitstaande deposito op die 20ste Januarie 2024 het in die Februarie
       bankstaat verskyn met die korrekte bedrag van R19 500. Hierdie bedrag is
       van ŉ debiteur ontvang.

     • Die uitstaande EFO 410 vir R7 200 was ŉ geskeduleerde betaling vir die
       aankoop van skryfbehoeftes. Die bestelling is gekanselleer en die betaling
       moet gekanselleer word.

B.   Die voorlopige totale in die kontantjoernale

     • Kontantontvangstejoernaal      R 205 500

     • Kontantbetalingsjoernaal       R 178 400

C.   Die volgende inskrywings verskyn in die bankstaat vir Februarie maar nie in
     die Kontantjoernale nie.

     • ŉ Deposito wat maandeliks deur die huurder gemaak word vir die huur van
       R11 500.

     • R 50 000 ontvang van Honey Bank vir die vaste deposito wat verval het.

     • Betaling gemaak aan Mogale Munisipaliteit vir water en elektrisiteit R1 500.

     • Die bankstaat toon ŉ debietorder vir R780 aan MTT Winkels, die besigheid
       gebruik nie MTT Winkels as ŉ diensverskaffer nie.

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                   5
                                                     VRAESTEL 2  GRAAD 11

     • Kontanthanteringsfooi R1 000.

     • Diensfooi beloop R940

     • Rente verdien op lopende rekening R 570

     • ŉ Kredietkaartbetaling van R645 vir die aankoop van kos vir die eienaars se
       private woning.

     • Die staat wys ŉ EFO vir R3 000 vir handelsvoorraad, dit is verkeerdelik
       aangeteken as R1 345 in die joernaal.

     • Maandelikse terugbetaling vir die lening aan EN Bank, R 10 500.

     • ŉ EFO betaling van R750 aan Shine Winkels. Hierdie bedrag was vir goedere
       wat die kassier vir haar eie gebruik gekoop het.

     • ŉ Deposito van R18 000, hierdie bedrag is per ongeluk deur die bank in ons
       rekening gedeponeer. Die bank het ingestem om die fout volgende maand reg
       te stel.

D.   Die volgende verskyn in die Kontantjoernale vir Februarie maar nie op die
     bankstaat nie:

     • Uitstaande deposito 20 Februarie 2024 R 10 600

     • Uitstaande deposito 27 Februarie 2024 R15 000

     • Uitstaande EFO 510 vir R8 500 gemaak aan ŉ krediteur.

E.   Saldo volgens Bankstaat aan die einde van die maand?
                                                                                     [55]

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                      6
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 2: KREDITEURE KONTROLE EN INTERNE KONTROLE
                                               (25 punte; 20 minute)

BaseM HANDELAARS

BaseM Handelaars koop goedere op krediet van verskeie verskaffers, insluitende
Mokoena Verskaffers.

GEVRA:

2.1   Die nuwe boekhouer in diens van BaseM het nie elke maand die
      Krediteureversoeningstaat voorberei nie. Verskaf TWEE redes waarom dit
      belangrik is om beheer oor krediteure te hê?                                           (02)

2.2   Verwys na INLIGTING A:

      Berei die korrekte krediteurelys in die Boeke van BaseM Handelaars voor na
      inagneming van die aansuiwerings in INLIGTING A.                                       (09)

2.3   Verwys na INLIGTING B:

      Versoen die krediteuregrootboek van Mokoena Verskaffers in die boeke van
      BaseM Handelaars met die rekeningstaat wat van Mokoena Verskaffers ontvang
      is.                                                                                    (11)

2.4   Die boekhouer het uitgevind dat die eienaar besig is om goedere vir sy persoonlike
      gebruik te bestel en dit te dit laat aanteken as aankope vir die besigheid. Wat moet
      die boekhouer vir die eienaar sê?                                                      (02)

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                   7
                                                    VRAESTEL 2  GRAAD 11

INLIGTING:

A.    Krediteurelys op 29 Februarie 2024.
      Masuku Verskaffers                                  R 18 000
      Maleka Verskaffers                                    R 5 900
      Hadebe Verskaffers                                  R 10 300
      Matshaba Verskaffers                                  R 7 000
      Ngubeni Verskaffers                                   R 6 800
      Mokoena Verskaffers                                 R 21 700
                                                          R 69 700

     Die krediteurelys hierbo is opgestel voordat die aansuiwerings hieronder in
     aanmerking geneem is.

     • ŉ Betaling van R10 000 gemaak aan Masuku Verskaffers is nie opgeteken nie.

     • ŉ Faktuur vir R2 200 vir goedere wat aangekoop is van Ngubeni Verskaffers,
       is verkeerdelik in die boeke van Hadebe verskaffers aangeteken.

     • ŉ Handelskorting van 2.5% toegestaan deur Matshaba Verskaffers op goedere
       gekoop is nie aangeteken nie. Die bedrag na die handelskorting is R6 630.

     • Goedere met ŉ waarde van R 1 500 is teruggestuur aan Masuku Verskaffers.

                                                                                        b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                    8
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

B.      Die volgende saldo’s is geneem uit die boeke van BaseM Handelaars en die
        rekeningstaat ontvang van Mokoena Verskaffers.

        Let wel: Mokoena Verskaffers sluit hulle boeke af op die 25ste van elke maand.

         Saldo volgens die rekening van Mokoena Verskaffers in die
         krediteuregrootboek van BaseM Handelaars op                        R21 700
         29 Februarie 2024:
         Saldo volgens die rekeningstaat ontvang van Mokoena
                                                                            R23 900
         Verskaffers op 25 Februarie 2024.

        Foute en weglatings

(i)     Mokoena Verskaffers het nagelaat om ŉ faktuur vir R3 000 vir die aankoop van
        goedere te boekstaaf.

(ii)    In die rekeningstaat is die terugsending van goedere verkeerdelik aangeteken as
        ŉ faktuur vir R580.

(iii)   Goedere bestel deur BaseM Handelaars vir R250 is glad nie geboekstaaf in beide
        die krediteuregrootboek en die krediteurerekeningstaat nie.

(iv)    ŉ Betaling reflekteer op die krediteuregrootboek van Mokoena Verskaffers vir
        R2 250, maar dit was ŉ betaling gemaak aan Makoena Ltd.

(v)     ŉ Korting ontvang van R180 vir die vroeë betaling van ŉ rekening is slegs op die
        rekeningstaat korrek aangeteken.

(vi)    Die staat weerspieël ŉ oordrag van ŉ kredietsaldo vir R420 van BaseM Handelaars
        in die debiteuregrootboek na hul saldo in die krediteuregrootboek.

(vii)   Die krediteuregrootboek toon ŉ betaling van R1 550 gemaak op 26 Februarie 2024.
                                                                                           [25]

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                   9
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 3: VASTE BATES                                              (50 punte;40 minute)

MZIZI HANDELAARS

Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Mzizi Handelaars. Hulle finansiële
jaar eindig op 30 April 2024.

GEVRA:

3.1.1   Bereken die waardevermindering op Voertuie en Toerusting. Gebruik die tabel
        wat voorsien word as ŉ riglyn.                                                    (12)

3.1.2   Voltooi die Bateverkoperekening in die Algemene Grootboek.                        (11)

3.1.3   Voltooi die Vaste Bate nota. Wys berekeninge waar nodig.                          (27)

INLIGTING:

A.          Saldo’s op 30 April 2024
            Grond en geboue                                                1 050 000
            Voertuie                                                         900 000
            Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1 Mei 2023)           555 000
            Toerusting                                                       480 000
            Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Mei 2023)         438 000

B.      ADDISIONELE INLIGTING:

        Grond en geboue

        •     Gedurende die jaar is ŉ verbandlening vir R300 000 by KIN Bank geneem
              vir die aankoop van ŉ nuwe eiendom.

        •     Verdere herstelwerk is aan die ou gebou gemaak ter waarde van 15 000.

        •     Geen inskrywings is gemaak nie.

        Voertuie

        •     ŉ Nuwe voertuig met ŉ kosprys van R160 000 is op 29 Februarie 2024
              aangekoop.

        •     ŉ Afleweringsvoertuig is verkoop vir R81 250 kontant op 01 Desember 2023.
              Die opgehoopte waardevermindering op 01 Mei 2023 was R360 000 en die
              drawaarde op dieselfde dag was R70 000.

        •     Waardevermindering op voertuie vind plaas teen 15% p.j. op die drawaarde
              van die voertuig.
                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                       10
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

       Toerusting

       •   Nuwe toerusting word aangekoop halfpad deur die finansiële            jaar vir
           R90 000. Die transaksie is nie opgeteken nie.

       •   Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op die
           kosprys
                                                                                              [50]

VRAAG 4: KONSEPTE                                                 (20 punte; 16 minute)

GEVRA:

Lees die gevallestudie hier onder en beantwoord dan die vrae wat volg:

INLIGTING:

4.1   James Nxumalo is die bestuurder van Tic Comp Handelaars. Hy oorweeg dit om
      die huidige rekenaars wat die onderneming het te vervang . Sommige van die
      werknemers voel dat dit nie ŉ noodsaaklike uitgawe is nie aangesien die rekenaars
      drie jaar gelede gekoop is.

      4.1.1   Waardevermindering is ŉ ongewone uitgawe deurdat dit nie die uitvloei van
              kontant uit die besigheid behels nie. Identifiseer een ander voorbeeld van
              ŉ soortgelyke tipe uitgawe.                                                     (02)

      4.1.2   Verskaf TWEE punte ten gunste van die bestuurder se voorstel.                   (04)

      4.1.3   Verskaf TWEE punte ter ondersteuning van die werknemers.                        (04)

      4.1.4   Indien die rekenaars verkoop is en die besigheid ŉ verlies sou lys, in watter
              finansiële staat sou die verlies aangeteken word.                               (02)

      4.1.5   “Wanneer ŉ bate teen boekwaarde/drawaarde verkoop word, neem die
              netto wins af.” Is hierdie stelling Waar of Onwaar? Gee ŉ rede vir jou
              antwoord.                                                                       (02)

4.2   Die toesighouer in die kopieer- en dupliseringskamer is bekommerd oor die groot
      uitgawe aan herstelwerk en instandhouding aan die kopieermasjiene. Sy het ook
      opgemerk dat groot bedrae geld bestee word aan die kopiëringspapier, ink en
      stensils.
      Stel DRIE maatreëls voor wat ingestel kan word om hierdie uitgawes te beheer.           (06)
                                                                                              [20]

                                                                                TOTAAL:       150

                                             EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                  11
                                                    VRAESTEL 2  GRAAD 11

                                        BYLAE
FORMULEBLAD

    𝐁𝐫𝐮𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎              𝐁𝐫𝐮𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬       𝟏𝟎𝟎            𝐍𝐞𝐭𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎
              𝐱                                𝐱                          𝐱
     𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞    𝟏            𝐊𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞    𝟏              𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞    𝟏

      𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐮𝐢𝐭𝐠𝐚𝐰𝐞𝐬 𝟏𝟎𝟎                              𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐰𝐢𝐧𝐬 𝟏𝟎𝟎
                     𝐱                                            𝐱
         𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞       𝟏                                𝑽𝒆𝒓𝒌𝒐𝒑𝒆     𝟏

𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐯𝐞𝐫𝐝𝐢𝐞𝐧𝐬𝐭𝐞 𝐝𝐞𝐮𝐫 𝐯𝐞𝐧𝐧𝐨𝐨𝐭 𝟏𝟎𝟎                   𝐍𝐞𝐭𝐭𝐨 𝐰𝐢𝐧𝐬            𝟏𝟎𝟎
                              𝐱                                          𝐱
 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐧𝐧𝐨𝐭𝐞 𝐞𝐤𝐰𝐢𝐭𝐞𝐢𝐭    𝟏            𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐞𝐧𝐧𝐨𝐭𝐞 𝐞𝐤𝐰𝐢𝐭𝐞𝐢𝐭    𝟏

    𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐛𝐚𝐭𝐞𝐬 ∶ 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐚𝐭𝐞            𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐛𝐚𝐭𝐞𝐬 − 𝐕𝐨𝐨𝐫𝐫𝐚𝐚𝐝 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐭𝐞

     𝐇𝐚𝐧𝐝𝐞𝐥 𝐞𝐧 𝐚𝐧𝐝𝐞𝐫 𝐨𝐧𝐭𝐯𝐚𝐧𝐠𝐛𝐚𝐫𝐞𝐬 + 𝐊𝐨𝐧𝐭𝐚𝐧𝐭 𝐞𝐧 𝐤𝐨𝐧𝐭𝐚𝐧𝐭𝐞𝐤𝐰𝐢𝐯𝐚𝐥𝐞𝐧𝐭𝐞: 𝐁𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐭𝐞

𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐃𝐞𝐛𝐢𝐭𝐞𝐮𝐫𝐞 𝟑𝟔𝟓    𝟏𝟐
                    𝐱    𝐨𝐫                  𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐤𝐫𝐞𝐝𝐢𝐭𝐞𝐮𝐫𝐞           𝟑𝟔𝟓    𝟏𝟐
  𝐊𝐫𝐞𝐝𝐢𝐞𝐭𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞      𝟏      𝟏                                             𝐱     𝐨𝐫
                                       𝐊𝐫𝐞𝐝𝐢𝐞𝐭𝐚𝐚𝐧𝐤𝐨𝐩𝐞 𝐨𝐟 𝐤𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞    𝟏      𝟏

 𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐨𝐨𝐫𝐫𝐚𝐚𝐝 𝟑𝟔𝟓    𝟏𝟐                       𝐊𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞
                    𝐱    𝐨𝐫
  𝐊𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐯𝐚𝐧 𝐯𝐞𝐫𝐤𝐨𝐩𝐞   𝟏      𝟏                      𝐆𝐞𝐦𝐢𝐝𝐝𝐞𝐥𝐝𝐞 𝐯𝐨𝐨𝐫𝐫𝐚𝐚𝐝

 𝐍𝐢𝐞 𝐛𝐞𝐝𝐫𝐲𝐟𝐬𝐥𝐚𝐬𝐭𝐞 ∶ 𝐕𝐞𝐧𝐧𝐨𝐭𝐞 𝐞𝐤𝐰𝐢𝐭𝐞𝐢𝐭              𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐁𝐚𝐭𝐞𝐬 ∶ 𝐓𝐨𝐭𝐚𝐥𝐞 𝐋𝐚𝐬𝐭𝐞

                                     𝐯𝐚𝐬𝐭𝐞 𝐤𝐨𝐬𝐭𝐞
               𝐕𝐞𝐫𝐤𝐨𝐨𝐩𝐬𝐩𝐫𝐲𝐬 𝐩𝐞𝐫 𝐞𝐞𝐧𝐡𝐞𝐢𝐝 − 𝐯𝐞𝐫𝐚𝐧𝐝𝐞𝐥𝐢𝐤𝐞 𝐤𝐨𝐬𝐭𝐞 𝐩𝐞𝐫 𝐞𝐞𝐧𝐡𝐞𝐢𝐝

## Related documents

- [Grade 11 ACC P2 (Afrikaans) June 2023 Answerbook](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-acc-p2-afrikaans-june-2023-answerbook/4b61a1af-b499-47c2-813a-2e27bffe45f3) — Accounting · Addendum · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 MEMO NOV2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-memo-nov2023-afrikaans/2ecebf35-604c-44ba-bade-30f2cc9d4da4) — Accounting · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
