# Afrikaans FAL Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP

> Grade 11 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the National Exemplar November Exam 2020, 35 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-afr-fal-p2-qp-nov-2020/27bcdcbf-7939-4256-bfc1-6604df999204
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: National Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 35

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-afr-fal-p2-qp-nov-2020/27bcdcbf-7939-4256-bfc1-6604df999204)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 11 · National Exemplar November Exam · 2020. Question paper, 35 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                    NOVEMBER 2020

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2
              (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 35 bladsye.

### Page 2

2                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

    1.   Moenie die hele vraestel eers deurlees nie.

    2.   Gebruik die INHOUDSOPGAWE om jou met jou keuses te help.

    3.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

         AFDELING A:      Gedigte        (70) Beantwoord vrae oor al VIER gedigte.
         AFDELING B:      Kortverhale    (70) Beantwoord vrae oor al VIER kortverhale.
         AFDELING C:      Roman          (70)
         AFDELING D:      Drama          (70)

    4.   Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die EEN
         letterkundeteks wat julle in die klas behandel het, aan.

    5.   Beantwoord AL DIE VRAE uit die afdeling wat julle behandel het.

    6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

    7.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

    8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/NOVEMBER 2020)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           3

  INHOUDSOPGAWE

  Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om
  deur die hele vraestel te lees.

  AFDELING A: GEDIGTE                      Beantwoord al VIER    PUNTE       BLADSY
                                           vrae oor die gedigte.               NR.
  VRAAG 1     Sonvanger                    Kontekstuele vraag       18          4
                                            EN
  VRAAG 2     sprak of sprook              Kontekstuele vraag       17          6
                                            EN
  VRAAG 3     Demokrasie (Pity) Limited Kontekstuele vraag          17          8
                                            EN
  VRAAG 4     Brief insake                 Kontekstuele vraag
                                                                    18         10
              downsindroom
                                            OF
  AFDELING B: KORTVERHALE               Beantwoord al VIER vrae oor die kortverhale.
  VRAAG 5     Belinda en die blou ster     Kontekstuele vraag       18         12
                                            EN
  VRAAG 6     Koning van die townships Kontekstuele vraag           17         14
                                            EN
  VRAAG 7     ’n Bed vir Johnny            Kontekstuele vraag       18         16
                                            EN
  VRAAG 8     Die paradysbossie            Kontekstuele vraag       17         18
                                            OF
  AFDELING C: ROMAN          Beantwoord ALBEI vrae oor die roman.
  VRAAG 9 en
              Die Kruppel Engel            Kontekstuele vrae        70         20
  VRAAG 10
                                            OF
  AFDELING D: DRAMA                    Beantwoord ALBEI vrae oor die drama.
  VRAAG 11 en Die laaste karretjiegraf     Kontekstuele vrae
                                                                    70         28
  VRAAG 12

  KONTROLELYS

  Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
  LET WEL: Maak seker dat jy AL die vrae oor die afdeling wat jy gekies het, beantwoord
  het.

     AFDELING            VRAAGNOMMERS              VRAE BEANTWOORD              MERK (√)
   A    Gedigte              1 tot 4                       4
                                              OF
   B    Kortverhale             5 tot 8                       4
                                              OF
   C       Roman               9 en 10                        2
                                              OF
   D       Drama               11 en 12                       2

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

4                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/NOVEMBER 2020)

    AFDELING A: GEDIGTE

    VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

    Beantwoord ALLE vrae oor die volgende gedigte.

    “SONVANGER” – Valiant Swart

    Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop
    volg.

    SONVANGER – Valiant Swart

    1    kyk of jy vir my die son kan vang
    2    daar’s ’n kamer in die huis waar ons die son kan hang
    3    dis donker by die venster in die middel van die dag
    4    onthou jy hoe helder die kamer kon lag

    5    kyk of jy vir my die son kan bring
    6    daar’s ’n liedjie in die gange wat die son kan sing
    7    dis stil in die hoeke hierdie koue seisoen
    8    kan jy sien wat die wind en die reën aan my doen

    9    sonvanger
    10   ek vra jou mooi
    11   laat hom weer vir my kom skyn
    12   sonvanger
    13   laat my verstaan
    14   hoe ’n somer
    15   sommerso in die niet kan verdwyn
    16   en laat hom skyn

    17   kyk of jy vir my die son kan kry
    18   daar’s ’n huisie in my hart waar die son kan bly
    19   kyk of jy vir my die son kan steel
    20   daar’s ’n plekkie in die tuin waar die son kan speel

    21   sonvanger
    22   ek vra jou mooi
    23   laat hom weer vir my kom skyn
    24   sonvanger
    25   laat my verstaan
    26   hoe ’n somer
    27   sommerso in die niet kan verdwyn
    28   en laat hom skyn

    29   bring ’n bietjie lig
    30   vir die draaie op my pad
    31   en ’n handjie vol strale
    32   vir die donker in my hart

    33 sonvanger ...

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          5

  1.1    1.1.1       Haal ’n woord uit strofe 1 aan wat help om die stemming in hierdie
                     gedig uit te druk.                                                        (1)

         1.1.2       Waarom verkeer die ma in hierdie toestand?                                (1)

  1.2    Noem DRIE plekke in die gedig waar die son moet skyn en lig maak.                     (3)

  1.3    Haal TWEE personifikasies uit die gedig aan wat die karaktereienskappe
         van die seun beskryf.                                                                 (2)

  1.4    “vir die draaie op my pad” (reël 30)

         Wat kan die draaie op die ma se pad wees?                                             (1)

  1.5    Vir wie simboliseer die son in hierdie gedig?                                         (1)

  1.6    1.6.1       Wat sou die son volgens strofe 6 vir die ma kon doen? Skryf dit in
                     jou EIE WOORDE.                                                           (1)

         1.6.2       Dink jy die son sou dit wat die ma verwag het, kon doen? Motiveer
                     jou antwoord.                                                             (1)

  1.7    Watter woord in die refrein dui daarop dat die seun se dood onverwags
         was?                                                                                  (1)

  1.8    Waarom word reël 1 soveel keer herhaal?                                               (1)

  1.9    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
         letter (A–D) langs die vraagnommer (1.9) neer.

         Die woord “steel” (reël 19) dui op ...

         A       hoe moeilik dit is om die son te vang.
         B       die vrou se desperaatheid vir vertroosting.
         C       die karakter van die seun.
         D       hoe gevaarlik dit is om die son te vang.                                      (1)

  1.10   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf slegs die vraagnommer (1.10.1–1.10.3) en die antwoord neer.

             toestand van; vir ewig; vir ’n kort rukkie; woede in; onthou; verwerk

         Die gebroke rym in strofe 6 dui op die (1.10.1) ... die ma se hart. Die mooi
         herinneringe aan die seun sal die ma help om die seun se dood te
         (1.10.2) ... Die ma wil hê dat die herinneringe (1.10.3) ... moet duur.               (3)

  1.11   Watter tegniek word in strofe 7 gebruik om die ma se versoek aan die
         sonvanger te beklemtoon?                                                              (1)
                                                                                              [18]
                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

6                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

    VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

    “SPRAK OF SPROOK” – Izak de Vries

    Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop
    volg.

    SPRAK OF SPROOK – Izak de Vries
    @DJ_Opperman

    1    my meisie’s into MXit
    2    my pel speel Skype

    3    ek vriend 100e op Facebook
    4    en tweet my twak op Twitter

    5    daar is miljoene ... miljoene op GMail
    6    mono logies vir elke pyn

    2.1 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

         Die subtitel is ’n voorbeeld van (inversie/intertekstualiteit).                      (1)

    2.2 Waarom gebruik die digter woorde soos “into”, “pel” en “ek vriend” in hierdie
        gedig?                                                                                (1)

    2.3 Noem ten minste TWEE voorbeelde van sosiale media in hierdie gedig.                   (2)

    2.4 “my meisie’s into MXit” (reël 1)

         Watter inligting gee die woord “into” omtrent die spreker se meisie?                 (1)

    2.5 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi.

         Volgens die spreker het hy honderde vriende op Facebook en miljoene op
         GMail, maar die wrede waarheid hier is dat die mens (se alleenwees
         beklemtoon word/vasgevang is in sosiale media).                                      (1)

    2.6 Wat sê die woord “twak” (reël 4) van die spreker se tweets?                           (1)

    2.7 2.7.1    Hoe pas “mono logies” (reël 6) by die manier van kommunikasie
                 wanneer sosiale media gebruik word?                                          (1)

         2.7.2   Hoe dink jy kan hierdie kommunikasieprobleem opgelos word?                   (1)

    2.8 Wat kan ’n mens maklik wegsteek wanneer jy op sosiale media
        kommunikeer?                                                                          (1)

    2.9 Hoe sluit die titel van die gedig, die idioom (iemand sprak geen sprook) en die
        inhoud van die gedig by mekaar aan?                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2020)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       7

  2.10     Kies die term uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf
           slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (2.10.1–2.10.4) neer,
           byvoorbeeld 2.10.1 E.

                           KOLOM A                                  KOLOM B
           2.10.1    Beklemtoon ’n groot hoeveelheid       A   alliterasie

           2.10.2    “tweet my twak op Twitter” (reël 4)   B   koeplette

           2.10.3    Tipografie van die gedig              C   ellips

           2.10.4    Skep ’n vaste ritme in die gedig      D   elisie

                                                           E   kwatryne
                                                                               (4 x 1)    (4)
                                                                                         [17]

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

8                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/NOVEMBER 2020)

    VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
    “DEMOKRASIE (Pity) Limited” – Peter Snyders
    Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

    DEMOKRASIE – Peter Snyders
    1    Wies aware wat om jou aangaan
    2    tjek yt die plek
    3    waar djy jou kô kry.
    4    Watch yt vir mense wat
    5    Inligting vra,
    6    jou iets wil verkoep –
    7    laat hulle hulle distance hou.
    8    Wies op jou guard
    9    in supermarkte
    10   en as djy ge-hijack of ge-rob word
    11   bly kalm en oplettend –
    12   moenie trug fight nie
    13   djy sal net seerkry.
    14 Moenie jou gun in jou cubby hole
    15 of handsak bêre nie.
    16 Sorg dat jou kardeure toe
    17 is – ennie vensters oek.
    18 Moenie pakkies of selfouns
    19 innie mouter los nie.
    20 Tjek jou driveway
    21 as djy hys toe kom
    22 en as djy jou garage oepslyt
    23 kyk
    24 of daar nie iemand in wegstiek nie.
    25 Moenie op verlate, donker paaie ry nie
    26 gebryk sover as moontlik highways
    27 en wies versigtag
    28 by robots en stopstrate.
    29 En, as jou mouter ge-hijack word
    30 en djy doen ’n paar gun-skote op,
    31 moenie die polisie betrek nie
    32 want
    33 daar’s nie genoeg van hulle nie
    34 hulle’s overworked
    35 en underpaid
    36 en
    37 al trek hulle die skelms en criminals vas,
    38 die nuwe demokrasie is soe lief vir hulle
    39 djy staan ’n kans
    40 om ’n saak tiën jou
    41 gemaak te kry.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/NOVEMBER 2020)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           9

  3.1    In watter dialek is hierdie gedig geskryf?                                          (1)

  3.2    Kyk na die titel.

         Verduidelik waarom die digter “Pity” in plaas van “Pty” gebruik.                    (1)

  3.3    Watter negatiewe impak kan die waarskuwings in hierdie gedig op die
         straatverkopers se besighede hê?                                                    (1)

  3.4    Wie is moontlik die instansie of persone hier wat die waarskuwings en advies
         aan die inwoners gee?                                                               (1)

  3.5    Watter nalatighede aan die kant van die inwoners word deur die spreker
         geïdentifiseer? Gee DRIE feite.                                                     (3)

  3.6    Waarvoor moet jy uitkyk wanneer jy by jou huis aankom? Stel dit in jou eie
         woorde. Gee TWEE feite.                                                             (2)

  3.7    Gee die spreker in hierdie gedig jou die reg om die padreëls te oortree?
         Motiveer jou antwoord.                                                              (1)

  3.8    Watter skrikwekkende dinge kan volgens hierdie gedig met jou gebeur
         wanneer jy gekaap word? Gee TWEE feite.                                             (2)

  3.9    “ die nuwe demokrasie is so lief vir hulle” (reël 38)

         Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi.

         Die spreker bedoel hiermee dat ...

         A     ons polisiedienste baie swak is.
         B     ons land meer wette nodig het.
         C     die kriminele meer regte as die inwoners het.
         D     die sake teen die kriminele swak is.                                          (1)

  3.10   Stem jy saam dat die opinie wat die spreker in die laaste strofe gee, altyd
         waar is in Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

  3.11   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf slegs die vraagnommer (3.11.1–3.11.3) en die antwoord neer.

               enjambement; alleenplasing; polisindeton; kontras; retoriese vraag

         Die digter gebruik (3.11.1) ... om die gedig te bind. Die woord “kyk” (reël 23)
         word deur middel van (3.11.2) ... beklemtoon. Die woorde “overworked”
         (reël 34) en “underpaid” (reël 35) vorm ’n (3.11.3) ...                             (3)
                                                                                            [17]
                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

  VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

  “BRIEF INSAKE DOWNSINDROOM” – Sarina Donges

  Lees die onderstaande gedig noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop
  volg.

  BRIEF INSAKE DOWNSINDROOM – Sarina Donges

  1    Meneer God

  2    by my het ’n fabrieksfout
  3    ingesluip. ek kan nie begryp
  4    in hierdie tyd waar pos-
  5    stukke en aflewerings
  6    so onseker is, vertrou U
  7    ’n ooievaar as klerk
  8    om kosbaarhede te versend:
  9    wat voer hy in die vlerk?

  10   ek stuur die frats, summier,
  11   want hy ontsier my huis.
  12   besoekers staar, begaan verward
  13   die freudiaanse glips
  14   en ek verduur gelukwensings
  15   op papier, terwyl hul oë sê:
  16   dankie dat by reproduksie
  17   by keisersnit of induksie
  18   myne ’n volmaakte replika
  19   van die oorspronklike is
  20   en nie dié karikatuur.

  21   dis menslik om te fouteer
  22   maar ek het nie verwag
  23   dat dit by ’n instansie
  24   wat so opgehemel word, gebeur.

  4.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi.

       4.1.1    Die emosie wat die spreker in hierdie gedig ervaar, kan as (bitterheid/
                eensaamheid) beskryf word.                                                   (1)

       4.1.2    Waarom blameer sy God vir haar emosionele toestand?                          (1)

  4.2 Waarom word “Meneer God”(reël 1) in hoofletters geskryf? Gee TWEE feite.               (2)

  4.3 Die gedig verwys satiries na die posdienste in ons land. Hoe word dit beskryf?
      Stel dit in jou eie woorde.                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2020)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         11

  4.4 Watter verwagting het hierdie ma gehad toe sy nog swanger was?                         (1)

  4.5 4.5.1      Hoe het die geboorte van haar Downsindroomkind die spreker se
                 verhouding met haar vriende beïnvloed?                                      (1)

        4.5.2    Watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde in strofe 2 bewys dat sy
                 genoeg rede gehad het om só oor haar vriende te voel?                       (1)

  4.6 4.6.1      Waarom wou sy volgens strofe 2 die kind onmiddellik na God
                 terugstuur?                                                                 (1)

        4.6.2    Watter woord in strofe 2 dui daarop dat sy nie lank gaan wag om die
                 kind terug te stuur nie?                                                    (1)

  4.7 4.7.1      Watter TWEE OPEENVOLGENDE woorde dui daarop dat die spreker
                 se besoekers dit moeilik gevind het om hul gelukwensings
                 persoonlik/mondelings aan haar oor te dra?                                  (1)

        4.7.2    Wat kon die spreker in hul oë lees? Stel dit in jou eie woorde.             (1)

        4.7.3    Watter TWEE APARTE woorde in strofe 2 dui daarop dat selfs die
                 besoekers ook nie verwag het dat die spreker ’n Downsindroom-kind
                 sou kry nie.                                                                (2)

  4.8 Kies die term uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A–D) langs die vraagnommers (4.8.1–4.8.4) neer, byvoorbeeld
      4.8.2 E.

                                 KOLOM A                                 KOLOM B
        4.8.1    “wat voer hy in die vlerk?” (reël 9)                A    progressie

        4.8.2    fabrieksfout→frats→karikatuur                       B    kontras

        4.8.3    volmaakte replika x karikatuur                      C    vrye vers

        4.8.4    ’n gedig met geen vaste rymskema en vorm nie        D    woordspelling

                                                                     E    alliterasie
                                                                                   (4 x 1)    (4)
                                                                                             [18]

                                                                TOTAAL AFDELING A:           70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

12                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

  AFDELING B: KORTVERHALE

  VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

  Beantwoord ALLE vrae oor die kortverhale.

  BELINDA EN DIE BLOU STER – Harry Kalmer

  Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat
  daarop volg.

  TEKS A

  Sy het ’n ster bo-oor Fred se naam laat tatoeëer. Dit was weer seer toe die
  tatoeëerpen die ink onder haar vel inspuit. Sy moes weer vier-en-twintig
  uur lank Glad Wrap om haar arm draai en die nuwe tattoo elke paar uur
  was. Dit het weer die hele tyd gejeuk. Maar dit was die moeite werd. Sy
  was van Fred ontslae.                                                              5
  Haar pa het gesê hy hou meer van die ster as van die naam en haar ma
  het nie weer ’n fit gekry toe sy dit sien nie. Na die vakansie is sy sonder ’n
  pleister skool toe. Baie kinders het gesê die tattoo is cool. Sy het self ook
  so gedink.
  By die matriekafskeid het sy en Fred agter mekaar in ’n ry by die kostafel        10
  gestaan. “Ek like jou tattoo,” het Fred gesê en na die ster gekyk.
  “Dankie,” het sy geglimlag.
  “Jou rok is ook fabulous.”
  “Dankie.”
  Dit het gelyk of Fred nog iets wil sê, maar Belinda het weggedraai en ’n          15
  stuk Cajun-hoender op haar bord gesit terwyl haar date vra of hy vir haar
  guacamole kan skep.
  Toe sy en haar date terugstap tafel toe, het sy gevoel hoe Fred haar
  agternakyk.

  5.1 5.1.1     Waarom het Belinda ’n ster bo-oor Fred se naam laat tatoeëer?                 (1)

       5.1.2    Dink jy die ster sou help om van Fred te vergeet? Motiveer jou
                antwoord.                                                                     (1)

  5.2 5.2.1     Waarom het Belinda Fred se naam in die eerste plek op haar bo-arm
                laat tatoeëer?                                                                (1)

       5.2.2    Waarom was Belinda se intensies met Fred se naam op haar bo-arm
                onsuksesvol?                                                                  (1)

       5.2.3    Wat kan jongmense uit Belinda se teleurstelling met Fred leer?                (1)

       5.2.4    Hoe het Belinda se pa haar probeer beter laat voel na haar
                liefdesteleurstelling met Fred?                                               (1)

       5.2.5    Hoe was dit vir Belinda moontlik om Fred op skool te vermy?                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/NOVEMBER 2020)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         13

  5.3 5.3.1      Wat het Fred so populêr op hoërskool gemaak? Gee DRIE feite.               (3)

        5.3.2    Hoe het Fred egter onpopulêr by die hoërskool-onderwysers geword?
                 Gee TWEE feite.                                                            (2)

  5.4 Waarom het Belinda se ma haar verbied om vir Dylan te sien?                           (1)

  5.5 Waarom voel jy was dit verkeerd van die onderwysers om Fred te soebat om
      nie die atletiek en rugby te los nie?                                                 (1)

  5.6 Watter negatiewe gevolge het die verhouding tussen Belinda en Fred op die
      skool se skaakspan gehad?                                                             (1)

  5.7 Belinda en Fred se vriendskap is belangrik in hierdie kortverhaal.

        Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
        slegs die vraagnommer (5.7.1–5.7.3) en die antwoord neer.

                graad 1; almal; bewerasie; niemand; graad 2; hartkloppings

        Belinda en Fred is al vanaf (5.7.1) ... saam op skool. Na die vakansie kon
        (5.7.2) ... Fred se naam op haar bo-arm sien (nie). By die matriekafskeid het
        Belinda besef sy is oor Fred toe sy nie meer (5.7.3) ... kry toe sy hom by die
        matriekafskeid sien nie.                                                            (3)
                                                                                           [18]
                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

14                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/NOVEMBER 2020)

  VRAAG 6: KONING VAN DIE TOWNSHIPS – Rudi Daniels

  Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat
  daarop volg.

  TEKS B

  Miskien moes hy meer notisie geneem het van Seppie se afskeidswoorde:
  Solank ek liewe, sal Menee’ safe loop innie Elsies.” Verwyt begin aan hom
  knaag. Miskien kon hy hierdie toekomstige leier van ’n gewisse
  misdaadlewe gered het, want gegee sy omstandighede, was hy gedoem
  tot ’n bendelewe. Maar wie steur hom nou ook aan die bravade van ’n            5
  hoërskoolleerling?
  Toe die skote in die nag in Elsiesrivier meer frekwent geword het, het hy
  hom maar min daaraan gesteur, want daar was tog ’n skietstilstand tussen
  die verskillende bendes deur die vredesforum bewerkstellig. Verskillende
  bendes speel eerder sokker teen mekaar en drink wyn en rook dagga             10
  saam ná die wedstryd, altans, so het hy geredeneer.
  Oënskynlik het die inwoners van Elsiesrivier in vrede geleef, alhoewel
  almal daarvan bewus was dat dit maar ’n brose vrede was en dat die
  bendes nog steeds hul onwettige bedrywighede voortgesit het. Tog was die
  inwoners tevrede, want ten minste hoef hulle nie meer saans op die vloer      15
  te geslaap het uit vrees vir dwaalkoeëls nie.
  Toe die skietery in die nag egter die afmetings van ’n volskaalse oorlog
  aangeneem het, het hy hom tot sy flatse-leerders in die klas gewend om
  die ware toedrag van sake uit te vind. Hy is meegedeel dat ’n nuwe bende,
  die “Young Ones”, besig was om oorlog te voer teen al die ander bendes.       20

  6.1 “Miskien moes hy meer notisie geneem het van Seppie se afskeidswoorde:”
      (reël 1)

       6.1.1    Wanneer het Seppie hierdie woorde teenoor meneer Brydon
                genoem?                                                                  (1)

       6.1.2    Hoekom kon Seppie met soveel sekerheid sê dat hy meneer Brydon
                se veiligheid sou waarborg?                                              (1)

  6.2 “ ... want gegee sy omstandighede was hy gedoem tot ’n bendelewe.”
      (reël 4 en 5)

       6.2.1    Watter omstandighede by die huis het dit vir Seppie moeilik gemaak
                om skool te loop? Gee TWEE feite.                                        (2)

       6.2.2    Hoe het Seppie vir die huishouding gesorg toe hy nog op skool was?       (1)

       6.2.3    Voel jy simpatie vir Seppie oor sy keuse om by bendes betrokke te
                raak? Motiveer jou antwoord.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2020)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        15

  6.3 Waarom sal jy met meneer Brydon saamstem dat Seppie definitief ’n leier sou
      wees?. Gee DRIE bewyse waar Seppie leierskap gewys het.                              (3)

  6.4 6.4.1      Hoe het meneer Brydon by die skool gewys dat hy baie vir Seppie
                 omgegee het? Gee TWEE feite.                                              (2)

        6.4.2    Watter belangrike rol kan skolesport, volgens meneer Brydon, in jong
                 seuns se lewens speel?                                                    (1)

  6.5 Hoe het die polisie dit uiteindelik reggekry om Seppie tronk toe te stuur?           (1)

  6.6 Seppie is die hoofkarakter in hierdie kortverhaal.

        Kies die inligting uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        net die vraagnommers (6.6.1–6.6.4) en die letter (A–E) neer,
        byvoorbeeld 6.6.2 B.

                         KOLOM A                                KOLOM B
        6.6.1    Seppie se regte naam                  A    Jacob September

        6.6.2    Seppie se bende se naam               B    Ravensmead, Bishop
                                                            Lavis. Belhar en
                                                            Elsiesrivier

        6.6.3    Die gebiede waaroor Seppie koning     C    Young Ones
                 was

        6.6.4    Verwysing na ’n Bybelnaam             D    Brother Mo’

                                                       E    Ravensmead, Bishop
                                                            Lavis en Belhar
                                                                            (4 x 1)        (4)
                                                                                          [17]

                                                     EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2020)

  VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

  'N BED VIR JOHNNY – Jeanetta Basson

  Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat
  daarop volg.

  TEKS C

  Die kartonne, die koleblik, die jas en Oompie se warm lyf maak hom behaaglik
  vaak. Hy skrik toe iemand hom aan die skouer skud.
  Dis Moerat.
  “Kô gou saam, man. Ons het ’n jop vi’ djou.”
  Oompie meng nie in nie. Hy loer net onderlangs na Johnny.                             5
  “Dis koud, man. Wa’ wil jy nou heen? Ek lê al.”
  “Kô help my net gou met iets, man. Dis net ’n klein joppie. Net hie’ ommie hoek
  byrie salon. Dis niks.”
  “Ek werkie mahala nie, dis koud.”
  “Kόm djy of nie? My draad is op met djou. Ek sal djou betáál, man.” Moerat is         10
  ergerlik.
  “Wat is jou ding met die kind? Los hom yt, man.” Oompie sit regop. “Ek sien jou
  hoeka heeldag vandag da’ byrie salon rondhang. Wat soek jy da? Dis mossie jou
  se biesigeit nie.”
  “Sjarrap, djy, moenie djou bek hie’ kô instiekie! Wie praat met djou? Kô, Johnny,     15
  ek raak nou fed-up. Djy hoefie bang te wiesie …”
  Johnny kruip uit die jas. Hy ís bang.
  Bang vir Moerat.
  “Ek sal gou maak, Oompie,” sê hy.
  Daars skud sy kop en trek sy kombers stywer om hom.                                   20
  Moerat draf met Johnny agterna by die agterplaas uit.
  Oompie gooi sy kombers af en begin straat-af stap.
  “Ons kan ’n groot kraak slat venaand,” sê Moerat so in die hardloop.
  “Moerat, ek ken nie van … ek kán nie …”

  7.1 Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die sin mee te voltooi.

       Volgens die uittreksel bevind Johnny en oompie Daars-hulle in die
       agterplaas van ’n (supermark/hardewarewinkel).                                       (1)

  7.2 “Dis Moerat.” (reël 3)

       Hoekom was Johnny baie skrikkerig vir Moerat? Gee DRIE feite.                        (3)

  7.3 “Ons het ’n jop vi’ djou.” (reël 4)

       7.3.1    Waarom kan ’n mens aanvaar dat Johnny normaalweg sommer
                dadelik die takie vir Moerat sou gedoen het?                                (1)

       7.3.2    Hoe het Johnny andersins bedags geld verdien?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         17

  7.4     7.4.1      In watter innerlike konflik het Johnny homself bevind toe Moerat
                     hom genader het? Beskryf AL TWEE kante.                                   (2)

          7.4.2      Wat sou jy anders in hierdie situasie gedoen het indien jy in Johnny
                     se skoene was?                                                            (1)

  7.5     Noem TWEE emosies wat Moerat in hierdie uittreksel uitbeeld.                         (2)

  7.6     Hoe bewys Johnny in hierdie kortverhaal dat hy ook maar ’n oppertunis/
          kansvatter is? Gee TWEE feite.                                                       (2)

  7.7     Watter tema word deur Moerat se aksies in hierdie kortverhaal uitgebeeld?            (1)

  7.8     Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE
          VOLGORDE neer:

          A    Moerat stamp Johnny se kop deur die tralies.
          B    Johnny slaap uiteindelik op sy eie bed.
          C    Oompie Daars en Johnny berei hulle slaapplek voor.
          D    Moerat probeer Johnny deur die tralies trek.                                    (4)
                                                                                              [18]

                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

18                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2020)

  VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

  DIE PARADYSBOSSIE – Marietjie Kotzé

  Lees die onderstaande uittreksel noukeurig deur en beantwoord die vrae wat daarop
  volg.

  TEKS D

  Maar eers moet dit lente word. En eers moet Oupa verjaar. (Sal sy hom sê dis ’n
  verneukspul? Of sal sy wag dat ’n bliksemstraal haar tref?)
  “As dit maar net nie reën nie!” tob haar ma die Saterdagmôre terwyl sy koeksisters
  op ’n bord uitpak. “ Waar kry ek vir al die mense binnekant plek? En ons het juis die
  stoep so mooi getooi.”                                                                   5
  Elfie staan by die kombuisvenster met haar neus teen die ruit gedruk. “Daar reën dit
  klaar,” kondig sy aan en steek haar hand uit om die eerste groot swaar druppels op
  te vang.
  “Maak toe, kind,” kreun haar ma. “Die koek val vandag plat!” Sy het meel op haar
  wang en haar oë lyk rooi, asof sy stilletjies gehuil het.                                10
  Op die stoep is Elfie se pa besig om die stoele so goed as moontlik uit die pad van
  die reën te stoot. Sy kop en skouers is klam gestuif. “Pa gaan lekker siek word van
  die nattigheid,” profeteer Elfie en draai roekeloos eenhand om die stoeppilaar. Die
  reën val op haar gesig, haar wange is nat, haar kop draai en draai.
  “Kom uit die reën!” raas haar pa. “Wil jy vandag jou dood soek?”                         15
  Sy sluip deur die huis, verby Oupa se kamerdeur, en loer suutjies in. Nurse kyk op.
  “Kom sit ’n bietjie by hom,” roep sy, “dan gaan help ek jou ma met iets.”
  “Nee, ek is besig,” sê Elfie en vlug. Haar hart skop soos ’n wilde ding. As die
  bliksemstraal nóú tref!

  8.1 8.1.1     Watter seisoen het Elfie aan die begin van die kortverhaal in haar lewe
                ervaar?                                                                     (1)

       8.1.2    Waaraan word Elfie se lewe gedurende hierdie seisoen gekenmerk?
                Gee TWEE feite.                                                             (2)

  8.2 Elfie het uitgesien na die lenteseisoen in haar lewe. Watter dinge glo sy sal dan
      ’n bewys wees daarvan? Gee DRIE feite.                                                (3)

  8.3 Wat het Elfie ontstel toe sy hoor wat die grootmense met Oupa se verjaarsdag
      beplan?                                                                               (1)

  8.4 Watter sondes, volgens Elfie, pleeg sy by die huis? Gee TWEE feite.                   (2)

  8.5 Waarom voel Elfie ongemaklik by die etenstafel toe sy na die blomme kyk?              (1)

  8.6 Dink jy Elfie het reg opgetree toe sy die witkopseun ignoreer? Motiveer jou
      antwoord.                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/NOVEMBER 2020)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           19

  8.7 8.7.1      Waaraan was Oupa elke jaar herinner wanneer die paradysbossie op
                 sy verjaarsdag geblom het?                                                    (1)

        8.7.2    Wat het Elfie omtrent haar eie lewe besef toe die paradysbossie
                 wonderbaarlik op Oupa se vroegtydige verjaarsdagpartytjie blom?               (1)

  8.8 Elfie en haar familie speel ’n belangrike rol in hierdie kortverhaal.

        Kies die inligting uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
        net die vraagnommers (8.8.1–8.8.4) en die letter (A–E) neer,
        byvoorbeeld 8.8.2 E.

                               KOLOM A                                  KOLOM B
        8.8.1    Hierdie karakter het geen waarde in die           A   Oupa
                 paradysbossie gesien nie

        8.8.2    Hierdie karakter en Elfie het goed oor die weg    B   Elfie
                 gekom

        8.8.3    Hierdie karakter was oorwerk en het ’n            C   Aletta
                 vakansie nodig gehad

        8.8.4    Hierdie karakter het volgens Ma altyd lastige     D   Jasper
                 vrae gevra

                                                                   E   Elfie se ouma
                                                                                  (4 x 1)      (4)
                                                                                              [17]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:            70

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

20                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

  AFDELING C: ROMAN

  DIE KRUPPEL ENGEL – Zenobia Kock

  VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG

  Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS E

  Die dag toe die skool begin, begroet sy Pa At in haar nuwe skoolklere. Hy’s
  stug en draai weg toe sy hom wil druk. Mevrou Coetzee – waarskynlik deur
  die prokureur gekontak – neem haar en haar ma skool toe om te gaan
  inskryf.
  Alleen by die skool, nadat haar ma-hulle gery het, sit daar ’n groot klip in       5
  Tina se maag. Niks lyk bekend nie.
  Die onderwysers vra of sy haar handboeke in Engels wil hê, duidelik verlig
  as sy nee sê. “Jy moes gevra het vir die Engelse boeke!” sê Andries, wat
  vir die tweede jaar in graad 10 sit. “Dis makliker om in Engels te leer.”
  Dis inderdaad maklik in die Engelse vakperiode. Die Afrikaanse kinders kla        10
  oor die lys irregular verbs en hulle tenses wat te veel is om in een week te
  leer, maar omdat Rising Star Engels as ’n huistaal aanbied, het sy dit al in
  die laerskool onder die knie.
  Aan die ander kant is skool-Afrikaans anders as huis-Afrikaans, kom sy
  agter. Die onderwysers gebruik groot woorde. Hulle sê Denvar wat nou nog          15
  in graad 11 sit en lankal weg is by die plaasskool, is “arrogant”. Sy vind uit
  hulle bedoel “cheeky” daarmee. By Rising Star het die onderwysers ook so
  van hom gesê.
  En die wiskundeklas is ’n nagmerrie. Wat is ’n “vierkantswortel”? Wat is die
  verskil tussen ’n “vierkant” en ’n “reghoek”?                                     20

  9.1 In watter woonbuurt het Tina haarself volgens die bogenoemde uittreksel
      bevind?                                                                                (1)

  9.2 “Hy’s stug en draai weg toe sy hom wil druk.” (reël 2)

       9.2.1    Waarom was dit te wagte dat Pa At so sou reageer toe Tina hom wou
                druk? Gee DRIE feite.                                                        (3)

       9.2.2    “... nuwe skoolklere” (reël 1)
                Watter ander betekenis het “nuwe skoolklere” in die konteks van die
                verhaal verkry?                                                              (1)

       9.2.3    Hoe het Andries se vordering op die dorpskool daartoe bygedra dat
                Tina meer vasbeslote was om alreeds vanaf graad 8 by die dorpskool
                in te skryf?                                                                 (1)

       9.2.4    Hoe het die dorpskool die kinders wat nie goed in Afrikaans was nie
                probeer akkommodeer? Gee TWEE feite.                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/NOVEMBER 2020)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         21

  9.3 Tina het op haar eie besluit om haar skoolloopbaan die volgende jaar by die
      dorpskool voort te sit. Dink jy sy het reg opgetree om dit teen haar ouers se
      wense te doen? Motiveer jou antwoord.                                                 (1)

  9.4 “Dis inderdaad maklik in die Engelse vakperiode.” (reël 10)

        9.4.1    Gee EEN bewys uit die uittreksel dat Tina haarself met die standaard
                 van die Afrikaans in die Afrikaanse vakperiode onderskat het.              (1)

        9.4.2    Hoe het Tina haar probleem met die Afrikaanse Wiskundeterme in die
                 Wiskundeklas oorkom?                                                       (1)

        9.4.3    Watter karaktertrek van Tina word in (9.4.2) bewys?                        (1)

  9.5 Tina-hulle is sommer hul eerste aand by die koshuis ontgroen.

        9.5.1    Waarom was die was van haar eie laken veral vir Tina sό erg?               (1)

        9.5.2    Hoe was die kos by die koshuis vir Tina tog beter as by die huis? Gee
                 TWEE feite.                                                                (2)

  9.6 Juffrou Dale het ’n groot rol in Tina se lewe gespeel.

        Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
        slegs die vraagnommer (9.6.1–9.6.3) en die antwoord neer.

        spotprent; kortverhaal; kat; gedig; sakgeld verdien; koshuiskamer gekry

        Juffrou Dale het Tina se kunstalent raakgesien toe Tina ’n (9.6.1) ... geteken
        het. Sy was ook daarvoor verantwoordelik dat Tina haar eie (9.6.2) ... het.
        Meneer Plaatjies het vir Tina gevra om ’n (9.6.3) ... vir die skoolkoerant te
        skryf.                                                                              (3)

                                          EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

22                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2020)

  Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS F

  Tina kom by die skool se snoepietrappe af toe sy weer vir Jakob sien. Sy
  het nog ŉ pakkie tjips vir vyftig sent gekoop. Die LO-meneer trek te velde
  teen die kleur- en geurmiddels wat mense glo hiperaktief maak, maar as jy
  honger en platsak is, is dit waarde vir geld.
  Jakob het ŉ pak klere aan wat lyk of dit te groot is vir hom: ŉ helderblou       5
  pak met ŉ blou strepieshemp en ŉ plakkaatblou das. Dit het ŉ eienaardige
  visuele effek, amper asof hy glimmer. Sy donker verminkte gesig is nog net
  so skokkend soos vantevore, maar ten minste is sy gesig skoon, sonder
  enige korserige nattigheid. Hy hinkepink uit die hoof se kantoor met ŉ
  papier in sy hand wat hy met aandag bestudeer, asof hy ŉ lys afmerk.             10
  Hy kyk op toe hy by haar verby sukkel op pad na ŉ vreemde kar op die
  parkeerterrein. Die kar is die presiese kleur van sy das.
  “Ti’a,” sê hy,”’ertel ‘ir ju’ou Dale ’an jou gedig.”
  “Wag, vir juffrou Dale van my gedig vertel? Hoekom – “ Maar sy weet
  hoekom. Hoe het Jakob geweet?                                                    15
  Hy klim in sy kar, maak ‘n netjiese driepuntdraai en ry met ‘n vaart uit die
  hek uit.

  9.7    “Tina kom by die skool se snoepietrappe af toe sy weer vir Jakob sien.”
         (reël 1)

         9.7.1    Hoekom sou jy sê dat Jakob nog altyd positiewe dinge aan Tina
                  gesê het wanneer hy aan haar verskyn het? Gee DRIE bewyse.               (3)

         9.7.2    Noem TWEE geleenthede waarby Jakob se verskyning wel hartseer
                  oor Tina gebring het.                                                    (2)

  9.8    “Sy donker verminkte gesig is nog net so skokkend soos vantevore, ...”
         (reël 7 en 8).

         9.8.1    Hoekom het Tina gevoel dat sy verantwoordelik was vir hierdie
                  toestand van Jakob? Gee TWEE feite.                                      (2)

         9.8.2    Hoe het Jacob se dood byna Tina se lewe verwoes? Gee TWEE
                  feite.                                                                   (2)

         9.8.3    Waarom kan Ant Merlin se bydrae tot Jakob se dood as
                  onverantwoordelik beskou word?                                           (1)

         9.8.4    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
                  die letter (A–D) langs die vraagnommer neer.

                 Tina was uiteindelik van haar skuldgevoel oor Jakob se dood bevry
                 toe ...

                  A     Jakob haar die waarheid vertel het.
                  B     haar ma haar die waarheid vertel het.
                  C     Ant Merlin haar die waarheid vertel het.
                  D     Pa At haar die waarheid vertel het.                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      23

  9.9    9.9.1       Waarom sou dit vir Tina se skoolloopbaan voordeliger gewees het
                     om by Stefaans te bly?                                                 (1)

         9.9.2       Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                  Tina het besluit om by die huis te bly toe sy weer daardie gevoel
                  gekry het dat (sy by haar ma-hulle behoort/haar ma-hulle vrede met
                  haar gemaak het).                                                         (1)

  9.10   Die verhouding tussen Tina en Stefaans is belangrik in hierdie kortverhaal.

         Kies die inligting in KOLOM B om by die inligting in KOLOM A te pas. Skryf
         slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (9.10.1–9.10.4) neer,
         byvoorbeeld 9.10.2 E.

                               KOLOM A                               KOLOM B
         9.10.1       Stefaans het deurentyd sy               A   Stefaans het ophou
                      verantwoordelikheid nagekom                 drink

         9.10.2       Tina het ’n goeie invloed op Stefaans   B   Stefaans het Tina
                      gehad                                       “toevallig” in die
                                                                  dorp raakgeloop

         9.10.3       Stefaans het geleenthede gesoek om      C   Stefaans se proku-
                      dinge vir Tina te doen                      reur het maandeliks
                                                                  geld vir Tina betaal

         9.10.4       Stefaans bewys dat hy Tina as sy        D   Stefaans het Tina by
                      dogter aanvaar het                          Ant Ketlin gaan op-
                                                                  laai

                                                              E   Stefaans het vir Tina
                                                                  as hulle blommemei-
                                                                  sie gekies
                                                                                (4 x 1)     (4)
                                                                                           [35]

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

24                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

  VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG

  Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS G

  Tina aanvaar die kaartjies met gemengde gevoelens. Sy het al reeds
  uitgewerk dat sy snoepie-tjips en Woensdag-lekkers sal moet opgee as sy
  dertig rand in haar leeftyd wil afbetaal. Dis nie ’n grap om op vyf rand
  sakgeld ’n week uit te kom nie. Dis wel waar dat sy nie sakgeld op die plaas
  gekry het nie, maar daar het hulle ook nie ’n snoepie gehad nie.                     5
  Toe sy egter daardie aand skelm op die toilet sit en lees nά ligte-uit, besluit
  sy: Dit maak nie saak as juffrou Dale so skree nie.
  Die volgende Maandag is dit lekker in juffrou Dale se klas. Sy raas nie een
  keer met iemand nie. Sy deel vir almal ’n vyfrandmuntstuk uit. “Kyk of julle
  dit op ’n manier kan meer maak. Wettiglik. Jy mag nie bedel nie. Jy moet ’n         10
  verslag skryf oor wat jy gedoen het. Dis nie ’n langtermynding nie, so ek wil
  oor twee weke die verslag en die geld hê.”
  “En as ons net die geld so terugbring?” vra Ruan met ’n omkrullip.
  “Dan bring jy dit terug ... As jy wins gemaak het, mag jy die wins hou.”
  “Ek gaan ’n tjoklit by die snoepie koop vir vyf rand,” kondig hy aan.               15
  “Niemand kan my dwing om die geld terug te gee nie.”
  ’n Hele paar van die seuns begin entoesiaties variasies hiervan aankondig.
  Van die meisies begin giggel.
  Juffrou Dale deel die opdragpapiere uit sonder om haar daaraan te steur en
  die kinders begin dit lees soos hulle dit kry. Die klas raak weer stil.             20

  10.1 “Tina aanvaar die kaartjies met gemengde gevoelens.” (reël 1)

         10.1.1 Na watter kaartjies word hier verwys?                                         (1)

         10.1.2 Wat sou die “gemengde gevoelens” (reël 1) wees waarmee Tina hier
                geworstel het? Noem die gevoelens.                                            (2)

         10.1.3 Lindiwe en Loisie het verkies om nie saam met Tina na die biblioteek
                toe te gaan nie. Hoe verskil Tina van hierdie meisies in hierdie verhaal? (1)

  10.2 10.2.1 Hoe het Juffrou Dale vir Tina uit ’n moeilike situasie in die biblioteek
              gehelp? Gee TWEE feite.                                                         (2)

         10.2.2 Watter veranderde siening het Tina nou van juffrou Dale gehad?                (1)

  10.3 10.3.1 Tina het net vyf rand sakgeld per week op die plaas gekry. Wat lei jy
              af van hulle finansiële situasie?                                               (1)

         10.3.2 Hoe het juffrou Dale vir Tina gehelp sodat sy meer sakgeld kon
                verdien?                                                                      (1)

         10.3.3 Waarom is dit waar dat Stefaans ook grootliks bygedra het dat Tina
                se finansiële posisie verbeter het?                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 25

(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         25

  10.4 Hoe word Tina se passie vir lees uit die uittreksel bewys? Gee TWEE feite.           (2)

  10.5 Juffrou Dale het elke leerder in die klas ’n vyf rand gegee toe sy hulle ’n
       entrepreneurstaak gegee het.

         10.5.1      Voel jy ook dat ’n vyf rand te min is om ’n besigheid te begin?
                     Motiveer jou antwoord.                                                 (1)

         10.5.2      Wat was eienaardig oor hoe Tina aan die idee gekom het om
                     tjokbrokke te verkoop?                                                 (1)

  10.6 Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE
       VOLGORDE neer:

         A        Tina sien vir Jakob as ’n padloper op die N1.
         B        Jakob kry ’n epileptiese aanval bo-oor die kokende pappot.
         C        Jakob steek Tina in haar hand met sy knipmes.
         D        Jakob draf saam met Tina op Engelsplaas se plaaspad.                      (4)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 26

26                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2020)

  Lees die volgende uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

  TEKS H

  “Tina?”
  “Hoe weet Juffrou?”
  “Hy het vir my gesê.”
  “Hoekom sê hy nie vir my nie?”
  Dis juffrou Dale se beurt om haar aan te gaap. “Het jy nie geweet nie?” Haar            5
  stem is hoog van ontsteltenis. Sy is spierwit.
  “Ek … ek het so gedink … ek het dit geraai … eintlik het ek geweet, maar …
  niemand het dit vir my gesê nie.”
  Juffrou Dale klim uit haar motor, kom sit langs Tina waar sy op ’n klip gaan sit
  het.                                                                                   10
  Tina bewe so groot soos wat sy is. Sy het geen idee hoekom nie.
  “Jou p … Stefans … het gesê jy weet … omdat jy vir hom die geld kom vra het.”
  “Ek het hom kom vra oor die engel gesê het ek moet.”
  “Watter engel?”
  “Jakob. Die familie se engel.”                                                         15
  Juffrou Dale sê niks nie, maar dis duidelik dat sy nie weet hoe om te reageer
  nie.
  “Juffrou moet maar vir … “ – sy weet nog steeds nie hoe om Stefaans te noem
  nie – “ … vir hom vra oor die engel.”
  Sy wonder skielik of hy weet van die engel. Hy het dan nie een nie. Juffrou Dale       20
  kyk onseker na haar. “Is jy orraait, jong?”
  Tina kyk grond toe. “Ja, Juffrou.” Sy begin stap in die rigting van die N1, effens
  kruppel, maar soos die enkel warm word, stap sy gemakliker.
  Naderhand begin sy weer draf.
  By die huis sê Tina niks nie.

  10.7 “Hoe weet juffrou?” (reël 2)

         10.7.1 Wat is dit wat juffrou Dale van Tina geweet het?                         (1)

         10.7.2 Waarom was hierdie spesifieke dag vir Tina se biologiese pa so
                spesiaal?                                                                (1)

  10.8 10.8.1 “Hoekom sê hy nie vir my nie?” (reël 4)

         Dink jy dis reg dat ouers geheime vir hul kinders wegsteek? Motiveer jou
         antwoord.                                                                       (1)

         10.8.2 “ ... eintlik het ek geweet, ... “ (reël 7)

                Hoe is hierdie voorgevoel by Tina al lankal aangewakker dat daar ’n
                verband tussen haar en Stefaans is? Gee TWEE feite.                      (2)

  10.9 10.9.1 Hoe kon ’n mens aan Oumies se optrede teenoor Tina aanvaar
              dat sy ook geweet het dat Tina haar kleinkind is? Gee DRIE feite.          (3)

         10.9.2 Waarom is dit onwaar dat Oumies vir Tina toegelaat het om in
                enige vertrek in haar huis in te gaan?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 27

(EC/NOVEMBER 2020)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          27

           10.9.3    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf
                     slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer neer.

                     Oumies het geweier om die pers kussing vir Tina te gee, want sy
                     wil haar leer om nie ...

                     A      alles te wil weet nie.
                     B      alles te wil hê wat haar oë sien nie.
                     C      te bedel nie.
                     D      die huisreëls te oortree nie.                                        (1)

  10.10 Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies om die sin mee te
        voltooi.

          Die storie wat in die dorp rondgegaan het, was dat (Oumies vir Pa At betaal
          het om met Ma Lettie te trou/Stefaans nie met Ma Lettie wou trou nie).                 (1)

  10.11 “By die huis sê Tina niks nie.”(reël 25)
        Waarom het sy besluit om liewer nie oor haar gesprek met juffrou Dale te
        praat nie?                                                                               (1)

  10.12 Watter tema van hierdie roman kan uit die uittreksel afgelei word?                       (1)

  10.13 Ma Lettie en Tina is belangrike karakters in hierdie roman.

          Kies die inligting in KOLOM B om by die inligting in KOLOM A te pas. Skryf
          slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (10.13.1–10.13.4) neer,
          byvoorbeeld 10.13.2 E.

                              KOLOM A                                KOLOM B
          10.13.1        Ma Lettie het onverantwoor-      A   Ma Lettie het Tina leer
                         delik opgetree                       naald- werk doen

          10.13.2        Ma Lettie wou hê Tina moes       B   Ma Lettie het Tina leer
                         eendag soos sy wees                  wasgoed was

          10.13.3        Ma Lettie het soms onregver-     C   Ma Lettie het nog nie die
                         dig opgetree                         verlede aanvaar nie

          10.13.4        Ma Lettie het gehelp om die      D   Ma Lettie het op 16-jarige
                         skuldgevoel by Tina weg te           ouderdom swanger geword
                         neem

                                                          E   Ma Lettie het vir Tina die
                                                              waarheid oor Jakob se dood
                                                              vertel
                                                                                      (4 x 1)    (4)
                                                                                                [35]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:           70

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [GR 11 AFR FAL P2 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-afr-fal-p2-memo-nov-2020/8fc8e77e-16ed-4487-afe6-e2ce47b53279) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [AFR FAL P2 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p2-gr11-memo-nov-2020-d/63d591fe-bf74-43f6-be34-d8d245ebd6d8) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR11 NOVEMBER 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr11-november-2020/4a403a3d-d834-499d-ac23-a93c53cedc1e) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [GR 11 AFR FAL P2 QP NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-afr-fal-p2-qp-nov-2020-d/7abb3fc9-9836-46b3-a5a5-d75abbca89bd) — Afrikaans FAL · QP · 2020 · Afr
- [AFR FAL P1 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr11-memo-nov2020/609f070b-c00f-40e7-a449-cd8da8bbb116) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr
- [AFR FAL P3 QP MEMO GR11 NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p3-qp-memo-gr11-nov2020-d/907a4537-a370-4dd7-8b63-b2aed7603b1f) — Afrikaans FAL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans FAL

- [Gr11-Afr-EAT-Studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-eat-studiegids-lr/f08478bd-d6f1-47ab-9e51-b8e2589f8746) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/dc2d24b2-a7c9-42b7-9010-298033290f30) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/6b4508a2-ae73-4317-addd-405431d27be2) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/f119fe1c-6b54-4c2b-8ff5-26bffffc16f5) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/a865e709-63a1-4792-88c8-6c33aa487d82) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/94c5648b-6f8d-4261-9a4f-6160f7286a72) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
