# Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June Exam 2023 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/95a5b84e-fbb6-4056-9b91-bcf56fe1d16e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2023 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/95a5b84e-fbb6-4056-9b91-bcf56fe1d16e)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2023 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — QP · 2023 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                     JUNIE 2023
                     GRAAD 11
                   NASIENRIGLYNE

                  EKONOMIE (VRAESTEL 2)

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)               GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   D    – MI=GVK 

      1.1.2   B    – veranderlike insette 

      1.1.3   A    – vermeerder 

      1.1.4   C    – relatief elasties 

      1.1.5   A    – wins maksimeer 

      1.1.6   C    – Organisasie van Petroleum-uitvoerlande (OPUL/OPEC) 

      1.1.7   B    – Tyd periodes 

      1.1.8   D    – besigheidsdoelwitte 
                                                                               (8 x 2)    (16)

1.2   PAS ITEMS

      1.2.1   C    – Kosteverlagings wanneer ondernemings produksie verhoog

      1.2.2   D    – Bykomende inkomste vir addisionele eenheid wat verkoop word

      1.2.3   E    – Markstruktuur oorheers deur twee firmas

      1.2.4   F     Faktore wat die toekenning van skaars hulpbronne bepaal 

      1.2.5   H    – Die verband tussen produksiekoste en totale hoeveelheid
                     geproduseer 

      1.2.6   G – Die verskil tussen totale inkomste en totale koste

      1.2.7   A    – Produkte verkoop in ŉ volmaakte mark en in ŉ suiwer oligopolie

      1.2.8   B    – Toon die firma se laagste koste per eenheid op elke uitsetvlak

                                                                               (8 x 1)     (8)

                                               2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                        (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

1.3   GEE EEN TERM

      1.3.1   Markaandeel/teikenmark/markgrootte 

      1.3.2   Normale wins 

      1.3.3   Veranderlike koste 

      1.3.4   Verhoogde skaalopbrengste 

      1.3.5   Nut 

      1.3.6   Unitêre elastisiteit van aanbod 
                                                                  (6 x 1)   (6)

                                                     TOTAAL AFDELING A:     30

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE faktore wat pryselastisiteit van aanbod
              beïnvloed.

                     Die vlak van indiensneming 
                     Die vermoë om die goed te stoor 
                     Tyd 
                     Die industriële aard van die goedere 
                      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (2 x 1)   (2)

      2.1.2   Hoe sal ŉ firma daardeur baat om die pryselastisiteit van vraag te
              oorweeg voordat pryse verander word?

                Besigheid sal baat by potensiële maksimalisering van winste sonder
                 die risiko om verbruikers te duur te vra en hulle dus te verloor. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (1 x 2)   (2)

2.2   DATARESPONS

      2.2.1   Identifiseer die onderneming met lae aanvangskoste.

                 Koffie ondernemings                                                      (1)

      2.2.2   Watter markstruktuur het onbeduidende beheer oor die pryse wat
              deur die mark bepaal word?

                 Volmaakte mark                                                           (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term hibriede struktuur.

                Dit is ŉ kombinasie van onvolmaakte markte en volmaakte
                 markte. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      2.2.4   Waarom gebruik monopolistiese ondernemings verskillende
              benaderings om inligting aan verbruikers te kommunikeer?

                 Om hulle markaandeel te verhoog.                                        (2)

                                               4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                   (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

      2.2.5   Hoe is doeltreffendheid moontlik in die monopolistiese
              markstruktuur?

                   Gekonfronteer met ŉ laer gemiddelde kostekromme, kan die
                    firma mededinging op prys klop – laer as dié van die
                    monopolis. 
                  Firmas in ŉ monopolistiese mark kies tegnologieë en tegniese
                    prosesse wat kostedoeltreffend is om die uitbreiding van die
                    produksie van die firma op die onderskeie vlakke van
                    faktorgebruike moontlik te maak. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)     (4)

2.3   DATARESPONS

      2.3.1   Identifiseer die totale bedrag van vaste koste in die grafiek.

                 200                                                                     (1)

      2.3.2   Verskaf die formule om totale koste te bereken.

                 TK=KK+VK                                                                (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term totale veranderlike koste.

               Koste wat verander soos wat die uitset verander. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      2.3.4   Hoekom is die lyn KK ŉ horisontale lyn?

                Omdat vaste koste konstant bly, ongeag die hoeveelheid wat
                 geproduseer word. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      2.3.5   Die prys van die produk wat in die bostaande grafiek verkoop
              word, is R100. Wat sal die wins/verlies wees wanneer GEEN
              produkte vervaardig word NIE? Toon ALLE berekeninge.

              Wins/Verlies = totale inkomste – totale koste
              of
              = (prys x hoeveelheid) – (totale vaste koste + totale veranderlike koste)
              = (100 x 0) – (50 + 0)
              of
              = 0 – 50
              = -R50  (verlies)                                                (2 x 2)   (4)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

2.4   Verduidelik kortliks elastiese aanbod deur die grafiek hieronder te
      gebruik.

           Wanneer aanbod elasties is, dan oorskry die persentasie verandering in
            hoeveelheid die persentasie verandering in prys. 
          ŉ Verandering in prys veroorsaak ŉ groter proporsionele verandering in
            aanbod. 
          Wanneer prys styg van P1 na P2, sal die vraag na hoeveelheid toeneem
            van Q1 tot Q2. 
          Vraagkurwe (D1 na D2) – regsverskuiwing langs die aanbodkant
            wanneer prys styg. 
          Op die lang termyn sal aanbod meer elasties wees omdat kapitaal kan
            varieer word. 
          Elastiese aanbod is byvoorbeeld die aanbod van nie-noodsaaklike
            goedere soos koeldrank waar daar baie plaasvervangers (substitute) en
            keuses is. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Maksimum van 2 punte vir die blote lys van feite.)                   (4 x 2)    (8)

2.5   Hoe word die oligopolis se uitgebreide dienste, as ŉ nie-prysmededinging
      strategie, deur beurtkrag beïnvloed?

           Wins sal daal namate firmas vroeg sluit as gevolg van beurtkrag. 
           Verbruikers sal netwerkprobleme ondervind wanneer hulle aanlyn koop
            wat verkope verminder. 
          Verhoogde koste in alternatiewe kragbronne wat werksure verminder.
            
          Verbruikers sal na alternatiewe winkels/sentrums met kragopwekkers
            gaan om hul besteebare inkomste te bestee. 
          Firmas mag die beurtkrag-toepassing/-skedule gebruik om hul dienste te
            versterk. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Maksimum van 2 punte vir die blote lys van feite en voorbeelde.)                (8)
                                                                                      [40]

                                            6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                                   (VRAESTEL 2)          GRAAD 11

VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE tipes elastisiteit van aanbod.

                  Volmaak elasties 
                  Relatief elasties 
                  Eenheid elasties 
                  Relatief onelasties 
                  Volmaak onelasties 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Wat is die uiteindelike doel van die stel van SMART-doelwitte vir
              besighede?

                 Die uiteindelike doel van die stel van SMART-doelwitte is om
                  idees, fokustyd, hulpbronne en pogings op ŉ meer produktiewe
                  manier te gebruik. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (1 x 2)   (2)

3.2   DATARESPONS

      3.2.1   Watter onwettige aktiwiteit word in die spotprent hierbo
              uitgebeeld?

                     Prysvasstelling/samespanning                                     (1)

      3.2.2   Noem die tipe wins wat oligopolieë in ŉ mark maak.

                     Ekonomiese wins                                                  (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term kartel.

                   Wanneer twee of meer firmas formeel ooreenkom om markpryse
                    te beïnvloed om hul wins en markaandeel te maksimeer. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

      3.2.4   Waarom is dit voordeliger vir firmas om saam te span eerder as
              om aan mededinging deel te neem?

                 Wins word gemaksimeer onder ŉ samespanningsomgewing –
                  wanneer ander firmas betrokke is, is daar minder moeite nodig om
                  markaandeel te beskerm. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                   (VRAESTEL 2)          GRAAD 11

      3.2.5   Hoe beskerm die regering verbruikers teen oligopolieë?

                   Deur aansporing van nuwe maatskappye deur
                    belastingverligting, spesiale toekennings, ens. 
                  Prysplafonne kan geïmplementeer word om te beperk hoe hoë
                    pryse in ŉ oligopolie vasgestel word. 
                  Die oplegging van streng strawwe vir die oortreding van anti-
                    trust wette kan firmas van buitensporige prysmanipulasie
                    afskrik. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (2 x 2)    (4)

3.3   DATARESPONS

      3.3.1   Op watter vlak is die brandstoftenk in die prent hierbo?

                     Leeg                                                             (1)

      3.3.2   Noem enige EEN faktor wat die absolute prys van ŉ goed bepaal.

                 Inkomste 
                 Mededinging in die mark 
                 Vraag na die produk 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term relatiewe pryse.

                 Die verhouding van die prys van ŉ spesifieke produk in een
                  tydperk tot die prys van dieselfde produk in ŉ ander tydperk. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

      3.3.4   Wat sal met die inkomste van die brandstofverskaffer gebeur as
              die brandstofprys styg?

                 Inkomste sal verminder omdat minder verbruikers teen duurder
                  pryse sal koop. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

      3.3.5   Waarom is dit nie moontlik vir Suid-Afrikaanse verbruikers om hul
              brandstofverbruik op ŉ kort termyn aan te pas nie?

                 Suid-Afrikaners se korttermynvraag na brandstof is relatief
                  onelasties weens ŉ gebrek aan alternatiewe vervoerstelsels. 
                 sowel as onbetroubare vervoerdienste weens stakings vir lone of
                  as gevolg van afleggings. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)   (4)

                                             8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

3.4   Bespreek kortliks die verband tussen produk- en faktormarkte.

           Produksiefaktore word op die faktormark verkoop, terwyl produkte op die
            goederemark verkoop word. 
          Sonder die produksiefaktore kan goedere en dienste nie geproduseer
            word nie. 
          Soos die koste van die produksiefaktore toeneem, sal die prys van
            produkte ook styg. 
          Tekorte in die faktormark sal tekorte in die goederemark tot gevolg
            hê. 
          Die produkmark is hoogs afhanklik van die faktormark. 
          Enige veranderinge in die faktormark sal ŉ invloed in die goederemark
            tot gevolg hê. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Maks. 4 punte vir blote beskrywing van produkte en/of faktor mark)      (4 x 2)    (8)

3.5   Hoe beïnvloed natuurrampe die pryselastisiteit van aanbod?

           Namate beskikbaarheid afneem sal die hoër vraag onvermydelik
            prysstygings veroorsaak. 
          Produksiekoste sal toeneem wat lei tot aflegging van werkers en lae
            aanbod en hoër vraag na die produk. 
          Natuurrampe kan lei tot die vorming van swart markte in die
            ekonomie. 
          Dit sal die aanbod aan internasionale markte verminder wat daartoe sal
            lei dat produkte gekanselleer, vertraag of geplunder word. 
          Werkloosheid in die tersiêre sektor sal toeneem namate minder
            maatskappye produkte sal verskaf. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                  (8)
                                                                                         [40]

                                             9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                                   (VRAESTEL 2)           GRAAD 11

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van vaste koste.
                 Huur 
                 Versekering 
                 Lening betalings 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 1)   (2)
      4.1.2   Watter impak sal ŉ styging in die prys van mielies op die aanbod
              van mielies hê?
                 Aanbod sal toeneem aangesien produsente bereid is om hulle
                  winste te maksimeer. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

4.2   DATARESPONS
      4.2.1   Watter stelling beskryf tydspesifiek as ŉ SMART-beginsel? Skryf
              SLEGS die nommer van die stelling uit die inligting hierbo neer,
              byvoorbeeld 4.2.1 STELLING 5.
                  Stelling 1 of 1                                                      (1)
      4.2.2   Wat is die doel van ŉ onderneming in ŉ markekonomie?
                  Om wins te maksimeer.                                                (1)
      4.2.3   Beskryf kortliks die term inkomste.
                 Inkomste is die geld wat ŉ besigheid verdien uit die verkoop van
                  goedere of die lewering van dienste. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)
      4.2.4   Verduidelik die rol van ŉ meetbare veranderlike as ŉ doelwit van ŉ
              besigheid.
                 Dit moet moontlik wees om te toets of te meet of die doelwit bereik
                  is. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)
      4.2.5   Waarom verkies ŉ firma verkoopsinkomstemaksimering eerder as
              winsmaksimering?

                 Dit kan moeilik wees om die koste te identifiseer wat besnoei moet
                  word aangesien alle koste noodsaaklik kan wees in die
                  produksieproses. 
                 Firmas sal daarop konsentreer om die maatskappy se inkomste te
                  maksimeer om hul opbrengste te maksimeer. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)   (4)

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 2)           GRAAD 11

4.3   DATARESPONS

      4.3.1   Identifiseer die kostekurwe wat aan die sluitingspunt gekoppel is.

                     Gemiddelde veranderlike koste/GVK                               (1)

      4.3.2   Watter van die grafieke hierbo is korrek geteken?

                     B                                                                (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term langtermynkoste.

                 Dit is die tydperk waarin alle faktore van vervaardiging en koste
                  veranderlik is. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

      4.3.4   Waarom teken ekonome die grafiek van die MK by die
              middelpunte?

                 Dit is die ewewigshoeveelheid en ondernemings wil nie van die
                  ewewigspunt afwyk nie. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

      4.3.5   Hoe hou die wet van dalende marginale opbrengste verband met
              die vorm van die korttermyn marginale kostekromme?

                   Verby ŉ sekere punt, neem die MP af namate meer van ŉ
                    veranderlike faktor by ŉ vaste produksiefaktor gevoeg word. 
                  Soos produksie toeneem, beteken dalende marginale
                    opbrengste vir die veranderlike produksiefaktore dat elke
                    bykomende eenheid van uitset meer van die veranderlike faktore
                    sal vereis, dus styg marginale koste wanneer dalende
                    opbrengste ingestel word. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)   (4)

4.4   Gebruik die grafiek hieronder en bespreek in detail, die ekonomiese wins
      van ŉ monopolie.

           ŉ Monopolie maak ekonomiese wins op die kort en lang termyn. 
           Die vlak van uitset waar ŉ monopolie sy wins maksimeer, is wanneer die
            marginale koste gelyk is aan die marginale inkomste. 
          Gemiddelde inkomste is bo die gemiddelde koste wat ekonomiese wins
            (skadu-area) aandui. 
          R80 verteenwoordig inkomste wat deur die firma gemaak word en R40
            verteenwoordig koste wat deur die firma gedek moet word. 
          Winsmaksimering sal by MK=MI bereik word. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (4 x 2)     (8)

                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

4.5   Ontleed die effek van belasting op pryselastisiteit.

           As vraag onelasties is, sal ŉ hoër belasting slegs ŉ klein daling in vraag
            veroorsaak. 
          Om ŉ belasting op ŉ goed te plaas, skuif die aanbodkurwe na links. 
          Wanneer die vraag onelasties is, sal regerings ŉ aansienlike toename in
            hul belastinginkomste sien. 
          Die verbruiker sal die belasting betaal in gevalle waar die aanbod meer
            elasties is as die vraag. 
          Die produsent se las is die afname in inkomste aangesien minder
            verbruikers goedere en dienste sal koop. 
          Luukse items sal ŉ meer onelastiese vraag ontwikkel aangesien hierdie
            items nie deur verbruikers gevra sal word nie. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Maksimum 2 punte vir blote lys van voorbeelde.)                                    (8)
                                                                                         [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          80

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                   (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                             PUNTE-
                      STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                           TOEKENNING
   Inleiding
   Die inleiding is ŉ lae-orde respons.
        ŉ Goeie beginpunt sal wees om ŉ konsep of sleutelwoord wat in
         die vraag voorkom te definieer of te verduidelik.
                                                                             Maks. 2
        Moenie enige deel van die vraag by jou inleiding insluit nie.
        Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
        Moenie in die inleiding sê wat jy in die liggaam gaan bespreek
         nie.
   Liggaam
   Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In-diepte/Ondersoek/ Bepreek
   krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
   Beoordeel/Gebruik die grafiek wat gegee word en verduidelik/             Maks. 26
   Voltooi die grafiek wat gegee word/Debatteer
   ŉ Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken
   word.

   Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
   Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/
   Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Teken ŉ grafiek
                                                                            Maks. 10
   ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir bloot die lys
   van feite.

   Slot
   Enige hoër-orde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
       Die gevolgtrekking is ŉ samevatting van die bespreking van die
        onderwerp sonder herhaling van feite wat reeds genoem is
       Die gevolgtrekking kan die vorm aanneem van ŉ eie mening of
        waarde-oordeel met voorbeelde om jou bespreking te                   Maks. 2
        ondersteun
       Bykomende inligting wat jou bespreking/analise versterk
       Die gevolgtrekking kan ŉ teenstrydige standpunt met motivering
        inneem, indien versoek
       Aanbevelings
                                                              TOTAAL           40

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                           EKONOMIE
                                          NASIENRIGLYNE
                                                                           (VRAESTEL 2)                GRAAD 11

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE
       Bespreek die vraag- en aanbodverhouding in detail met behulp van
        grafieke (substitute en komplemente).                         (26 punte)
       Ondersoek die belangrikheid van komplementêre goedere in die
        ekonomie.                                                     (10 punte)

INLEIDING
ŉ Vraagverhouding vind plaas wanneer twee of meer goedere en dienste gelyktydig
aangevra word, as gevolg van die feit dat dit saam gebruik kan word.   (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)

LIGGAAM
       Die belangrikste verskil tussen ŉ substituut/plaasvervanger en ŉ komplement is
        dat plaasvervangende goedere in die plek van mekaar verbruik word, terwyl
        komplementêre goedere saam verbruik word. 
       As die kruis-pryselastisiteit van vraag van die twee goedere positief is, dan is
        die goedere substitute. Aan die ander kant, as die kruis-pryselastisiteit van die
        twee goedere negatief is, dan is die goedere komplemente. 
Substitute
       ŉ Substituut is ŉ produk wat in die plek van ŉ ander produk gebruik word. 
       Sommige produkte het spesifieke verhoudings wat die vraag sal beïnvloed. 
       Voorbeeld: As jy beesvleis wil koop maar dit is te duur, is jy geneig om ŉ
        goedkoper alternatief te koop, bv. hoender. In hierdie geval is hoender die
        substituut. 

           PRYS VAN BEESVLEIS                                      VRAAG NA HOENDER
Prys                                               Prys

                                A1                                 V1                       S
          V
                                              A               V
  P1
                                                        P1 
                                P                                                          P
                                                                                          D1
                                                                                                 V1

         A1                              V                        S                  V

                   A
                       Q1        Q                                                Q1
                                                                          Q
              Hoeveelheid beesvleis                                    Hoeveelheid hoender

 Maksimum 4 punte vir elke grafiek (Verwys na regmerkies)

                                                   14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                         EKONOMIE
                                             NASIENRIGLYNE
                                                                         (VRAESTEL 2)               GRAAD 11

VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK

Prys van beesvleis

       Die prys van beesvleis styg van P na P1 as gevolg van ŉ afname in aanbod
        (aanbodkromme skuif van AA na A1A1).
       Lei tot ŉ afname in hoeveelheid gevra van beesvleis van Q tot Q1.

Vraag na hoender

       Die vraag na ŉ substituut, wat hoender is, neem toe van VV tot V1V1
       As gevolg van die toename in vraag, styg prys ook van P na P1.
       Dit impliseer dat ŉ verhoging in die prys van een produk ŉ toename in vraag na
        die plaasvervangende produk sal veroorsaak.

  Komplimente

  Produkte is komplementêre produkte wanneer dit saam gebruik word om ŉ
  behoefte of ŉ begeerte te bevredig  bv. tee en melk. 

                PRYS VAN TEE                                       VRAAG NA MELK

                                                   Prys
       Prys                      A1                                                      A
                                                 A

                  V                                                 V
                                                            V1 
         P1                                            P

        
         P                                             P1                        
                A1                                                                              V
                                             V
                                                                                      V1
                      A
                          Q1      Q                                   Q1   Q
                Hoeveelheid tee                                    Hoeveelheid melk

       Puntetoekening (Maksimum 4 vir elke grafiek)

VERDUIDELIKING VAN DIE GRAFIEK

Prys van tee
    Die prys van tee styg as gevolg van ŉ afname in aanbod.
    Aanbodkromme verskuif van AA na A1A1 terwyl die prys van tee van P na P1
      styg.
    Hoeveelheid gevra vir tee neem af van Q na Q1.

                                                    15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 2)           GRAAD 11

Vraag na melk

     Die styging in die prys van tee sal ŉ afname in die vraag na melk veroorsaak.
     Mense sal minder tee koop; daarom sal hulle minder melk nodig hê.
     Dit veroorsaak dat die vraagkromme (VV) linkswaarts skuif na V1V1, en die
      hoeveelheid gevra daal van Q na Q1 en prys sal van P na P1 afneem.
    Vir komplementêre goedere, wanneer die prys van een goed styg, sal die vraag
      na die komplementêre produk afneem. As die prys van een produk daal, sal die
      vraag na komplementêre produkte toeneem.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir die blote lys van voorbeelde/feite.)
                                                                            (Maks. 26)

ADDISIONELE GEDEELTE

Ondersoek die belangrikheid van komplementêre goedere in die ekonomie.

    Die komplementêre produk dra gewoonlik by tot die algehele waarde van ŉ
     ander produk en deel dus ŉ voordelige verhouding. 
    Komplementêre produkte word gewoonlik beïnvloed deur die pryse van die
     produkte waarmee dit gebruik word. As die prys styg, sien verbruikers nie die
     behoefte om die produkte te gebruik nie, wat lei tot ŉ daling in vraag. 
    Aanvullende produkte verhoog verkope aangesien dit meer winsgewend vir
     produsente is in vergelyking met substitute goedere aangesien die vraag na een
     ŉ vraag na die ander tot gevolg het. 
    Komplementêre produkte verminder produkomskakeling aangesien dit die
     handelsmerk beeld maksimeer. 
    Aanvullende produkte help om aan verbruikers se verwagtinge te voldoen, en
     bemarkers hoef nie baie tyd aan navorsing en ontleding te spandeer nie. 
    Maatskappye wat die komplementêre produkte vervaardig kan die
     markaanvraag en prysskommeling voorspel en sodoende pryse effektief
     beheer. 
    Aanvullende produkte het nie baie advertensies nodig nie en daar is min
     hindernisse in terme van toetrede tot en uittrede van ŉ mark. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (Maks. 10)

SLOT
Verbruikspatrone en die prysvlakke is alles onderling verwant aan mekaar. 

(Aanvaar enige ander relevante korrekte hoërorde gevolgtrekking.)            (Maks .2)    [40]

                                              16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                    EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                                    (VRAESTEL 2)           GRAAD 11

VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE

      Bespreek die pryselastisiteit van vraag (PEV) sonder die hulp van grafieke.
                                                                       (26 punte)
      Evalueer hoe ŉ monopolistiese onderneming soos Eskom kan baat by die
       gebruik van die pryselastisiteit van vraag vir hulle produk.    (10 punte)

INLEIDING

Pryselastisiteit van vraag sal die sensitiwiteit van ŉ produk bepaal wanneer daar ŉ
verandering in prys is. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                            (Maks. 2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Volmaak elastiese vraag 
 Die kleinste prysverandering sal lei tot ŉ oneindige verandering in hoeveelheid wat
   gevra word. 
 Dit word ook na verwys as oneindige elastisiteit. 
 Hierdie pryselastisiteit is gelyk aan oneindigheid. 
 Produsente kan nie die prys verander nie, maar moet ander maniere vind om
   inkomste te verhoog. 

Volmaak onelastiese vraag 
 Die vraag sal geen reaksie op enige of alle prysveranderings toon nie. 
 Prys elastisiteit van vraag is nul. 
 Die implikasie is dat ŉ verandering in prys geen verandering in die hoeveelheid
   wat verbruikers vra, sal veroorsaak nie. 
 Produsente kan pryse verhoog om inkomste te verhoog aangesien die vraag nie
   sal verander nie. 

Unitêre elastiese vraag 
 Kom voor wanneer ŉ spesifieke verandering in prys presies dieselfde verandering
    in vraag veroorsaak. 
 As die prys met 10% styg, sal die hoeveelheid wat gevra word met 10% styg. 
 Die waarde van elastisiteit is gelyk aan 1. 
 Produsente sal dalk ander metodes moet oorweeg om inkomste te verhoog. 

Relatief onelasties 
 Die waarde is minder as 1 maar meer as 0. 
 Die vraag reageer nie baie op veranderinge in prys nie. Om inkomste te verbeter,
    verhoog slegs prys. 
 Goedere en dienste met ŉ relatief onelastiese vraag is dinge soos sout, mediese
    sorg, tabakprodukte en petrol (brandstof). 
 Hulle het almal ŉ elastisiteitskoëffisiënt van minder as 1, wat beteken dat die
    hoeveelheid wat gevra word nie baie sensitief is vir ŉ verandering in die prys
    nie.                                                                    (Maks. 26)

                                               17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                        EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                                        (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

ADDISIONELE GEDEELTE

Evalueer hoe ŉ monopolistiese onderneming soos Eskom kan baat by die
gebruik van die pryselastisiteit van vraag vir hulle produk.

Positief

 Eskom is die enigste verskaffer van elektrisiteit, wat beteken hulle is ŉ
  monopolie. 
 Hulle het volle markkrag en sal besluit op pryse wat hulle wil hef, dus is hulle
  prysmakers. 
 Elektrisiteit is ŉ noodsaaklikheid onder huishoudings en sakeondernemings,
  daarom het verbruikers geen ander keuse as om die prys te betaal nie. 

Negatief

 Daar is egter alternatiewe produkte soos gas, son en wind. 
 Sou Eskom die pryselastisiteit van die vraag gebruik voordat hulle hul markprys
   bepaal, sal hulle ŉ maksimum prys kan hef wat verbruikers bereid sal wees om te
   betaal en dus maksimum inkomste van verbruikers verseker, terwyl die maksimum
   vraag gehandhaaf word. 
 As Eskom aanhou om meer vir elektrisiteit te vra as die prys van alternatiewe
   goedere, sal verbruikers uiteindelik die gerief van elektrisiteit opoffer vir ŉ
   goedkoper alternatief.                                                        (Maks .10)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

SLOT

Pryselastisiteit van vraag spreek indirek tot die algehele welstand van die ekonomie
waarin ŉ produk verkoop word en hou verband met beide demografie (d.i. die grootte
van die aanspreekbare bevolking) en die inkomstevlakke van die verbruikers in daardie
verbruiksmark. (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander relevante korrekte hoërorde gevolgtrekking.)
                                                                                                [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:             40

                                                                                  TOTAAL:       150

                                                 18

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-afrikaans-d/186f9a21-8418-4f20-aea9-61ab5d46925e) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
