# Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/d2e7e26d-6edc-42af-97cb-1bc0dd68ae57
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/d2e7e26d-6edc-42af-97cb-1bc0dd68ae57)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              PROVINSIALE EKSAMEN

                     JUNIE 2024

                     GRAAD 11

                       EKONOMIE

                       VRAESTEL 1

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

13 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                2
                                               (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A:      VERPLIGTEND
     AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vraag

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde bo die vereiste aantal sal
     NIE nagesien word nie.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 1 – 2 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                              3
                                               (VRAESTEL 1)            GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                   30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.,
      Kies die antwoord en skryf die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1   Die koopkrag van lone verwys na die ...

              A     nominale loon wat die werker elke week ontvang.
              B     reële loon wat die werker elke week ontvang.
              C     loon in randbedrae wat die werker elke week ontvang.
              D     aantal goedere wat die werker teen spesiale pryse kan koop.

      1.1.2   Die ... neem besluite oor wat om te produseer, waar om die besigheid
              op te rig, en vir wie om in ŉ vryemarkekonomie te produseer.

              A     entrepreneur
              B     Minister van Arbeid
              C     Minister van Binnelandse Sake
              D     kopers en verkopers

      1.1.3   Watter van die volgende dui aan ŉ styging in nasionale inkomste?

              A     G+I+X<S+M+T
              B     X–m<G+I+C
              C     G+I+X>S+M+T
              D     X–m>G+I+C

      1.1.4   Langtermynfondse word geleen en bespaar deur verbruikers en
              sakeondernemings …

              A     in die geldmark.
              B     by die JAB/JSE.
              C     by die reserwebank.
              D     in die kapitaalmark.

      1.1.5   Om basiese pryse na markpryse om te skakel, moet ŉ mens ...

              A     subsidies op produkte byvoeg en belasting op produkte aftrek.
              B     belasting op produkte byvoeg en subsidies op produkte aftrek.
              C     belasting en die persentasie wins wat ŉ mens wil maak, byvoeg.
              D     die persentasie wins wat ŉ mens wil maak, byvoeg en belasting
                    aftrek.

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE                                   4
                                          (VRAESTEL 1)               GRAAD 11

1.1.6   Die ondoeltreffende toewysing van hulpbronne is een van die
        belangrikste nadele van ŉ ... ekonomiese stelsel.

        A     beheerde
        B     vryemark
        C     gemenge mark
        D     ope mark

1.1.7   Kapitalisme verwys na ŉ ekonomiese en politieke stelsel waarin handel
        en nywerheid deur … beheer word.

        A     die buitelandse sektor
        B     die regering
        C     hoë-tegnologie metodes
        D     private eienaars

1.1.8   Met tegnologiese vooruitgang word dit voorspel dat groei in die ... sektor
        in die toekoms ŉ groter rol in die bydrae tot die BBP sal speel.

        A     sekondêre
        B     intermediêre
        C     tersiêre
        D     primêre                                                      (8 x 2)   (16)

                                                                                         b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                5
                                                (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat ooreenstem met die item in KOLOM A.
      Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1   Bemagtiging             A   gee inligting aan verbruikers en produsente
                                          om produksie of verbruik te verhoog of te
      1.2.2   Waardetoevoeging            verminder

      1.2.3   Finansiële sektor       B   sluit kommersiële en professionele dienste
                                          in
      1.2.4   Bruto vaste
              kapitaalvorming         C   die staat se beplande inkomste en
                                          uitgawes vir die boekjaar
      1.2.5   Prys as seine
                                      D   natuurlike hulpbronne moet getransformeer
      1.2.6   Tersiêre sektor             word om dit nuttig vir verbruik te maak

      1.2.7   Dubbeltelling           E   hulle dien as ŉ skakel tussen huishoudings
                                          en firmas wat surplusgeld het, en ander in
      1.2.8   Nasionale begroting         die ekonomie wat fondse benodig

                                      F   ŉ totaal wat verkry word deur bruto bedrae
                                          by te tel

                                      G wette soos die EEA, SEB en AA saam met
                                        SETA’s is ingestel

                                      H   wanneer geld bygedra word tot die
                                          ekonomie se vermoë om
                                          verbruikersgoedere en -dienste te
                                          vervaardig

                                      I   ŉ sektor in die ekonomie wat die eerste
                                          fase van die vervaardigingsproses
                                          verteenwoordig
                                                                              (8 × 1)   (8)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   Goedere wat in onbeperkte hoeveelhede beskikbaar is, soos die see,
              sand en lug

      1.3.2   Die onttrekking van geld uit die ekonomiese siklus

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE                                  6
                                         (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

1.3.3   ŉ Ekonomiese stelsel waarin produksiefaktore as gemeenskaplike
        eiendom beskou word

1.3.4   Mense wat onder die ouderdom van 15 jaar is, ouer as 65, en nie
        geskik vir werk is nie

1.3.5   Die skeiding van die werkproses in verskillende take, met elke taak wat
        deur ŉ aparte persoon of groep persone uitgevoer word

1.3.6   Goed wat nie direk verbruik word nie, maar gebruik word in die
        vervaardiging van ander goedere en dienste                       (6 x 1)       (6)

                                                      TOTAAL AFDELING A:               30

                                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE                                         7
                                                                (VRAESTEL 1)                     GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1               Beantwoord die volgende vrae.

                  2.1.1     Noem TWEE komponente van kapitaal.                                         (2 x 1)       (2)

                  2.1.2     Hoe beïnvloed ŉ toename in inkomstebelasting die geldvloei van ŉ
                            land?                                                          (1 x 2)                   (2)

2.2               Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Suid-Afrika – 258 000 meer mense is indiens geneem in K1 2023
                                                                Nie-ekonomies Aktief
                               Indiens                  Werkloos       3,4 M

      K1: 2023
                                                                                            Ander NEA
                              15,9 M                     7,8 M          Moedelose
                         Formele & Informele                            werksoekers
                                                                                             13,4 M
                                                                                       Studente, Huisvrouens
                              Sektore
                                                                        work seekers   Te oud/jonk, Onbevoeg

                                                        Werkloos       3,3 M
                                Indiens                                                    Ander NEA

      K4: 2022
                                                         7,9 M          Moedelose
                               16,2 M                                                       13,2 M
                          Formele & Informele                           werksoekers    Studente, Huisvrouens
                               Sektore                                                 Te oud/jonk, Onbevoeg
                                                                        work seekers
                   258 000                           179 000            87 000    209 000 minder
                   Meer indiens geneem               Werkloos tussen    Minder    Ander nie-ekonomies
                   tussen K4: 2022 en K1: 2023       K4: 2022 en        moedeloos aktief
                                                     K1: 2023           tussen    tussen K4: 2022 en
                                                                        K4: 2022  K1: 2023
                                                                        en
                                                                        K1: 2023
                                                           [Bron: Stats SA: Labour Force Survey, Maart 2023]

                 2.2.1     Identifiseer die produksiefaktor in die statistieke hierbo.                           (1)

                 2.2.2     In watter van die drie kategorieë hierbo sal marginaliseringsgroepe val?              (1)

                 2.2.3     Beskryf kortliks die term formele sektor.                                             (2)

                 2.2.4     Wat sal vereis word vir ŉ persoon om van ongeskoolde arbeid na
                           geskoolde arbeid te beweeg?                                                           (2)

                 2.2.5     Waarom is intellektuele eiendom belangrik?                                  (2 x 2)   (4)

                                                                                                                     b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                     8
                                               (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         SUID-AFRIKA – Finale verbruiksbesteding deur huishoudings
         R miljoen (Huidige pryse)                   2020         2021         2022
         Duursame goedere                         306 389      353 175      377 933
         Semi-duursame goedere                    266 885      299 015      316 569
         Nie-duursame goedere                   1 122 633    1 251 648    1 414 814
         Dienste                                1 785 174    1 934 391    2 100 223
         Totale verbruiksbesteding deur
                                                3 481 081    3 838 229    4 209 539
         huishoudings

                                                [Bron: Stats SA P0441, 2de Kwartaal 2023]

     2.3.1   Gee EEN voorbeeld van ŉ nie-duursame goed.                                         (1)

     2.3.2   Noem EEN ander item wat gebruik word om BBB te bereken.                            (1)

     2.3.3   Beskryf kortliks die term Bruto Toegevoegde Waarde.                                (2)

     2.3.4   Watter aanpassing moet aan huidige pryse gemaak word om ŉ ware
             weerspieëling van BBB-groei te wees?                                               (2)

     2.3.5   Waarom is die besteding aan nie-duursame goedere meer as die
             spandering aan semi-duursame en duursame goedere?            (2 x 2)               (4)

2.4 Verduidelik kortliks die toeganklikheid, deur bemagtiging, van die ekonomies
    gemarginaliseerde groep.                                                  (4 x 2)           (8)

2.5 Waarom hef die regering belastings?                                                      (8)
                                                                                            [40]

                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                     9
                                                  (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE hoof ekonomiese aktiwiteite in die moderne
               samelewing.                                                (2 x 1)              (2)

      3.1.2    Waarom kan ŉ arm persoon gelukkiger in ŉ bevelstelsel wees?
                                                                                    (1 x 2)    (2)

3.2   Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 EKONOMIESE STELSELS

                                                         Besit deur

                                      Produksie                          Privaat Sektore

                                                        Gemaak deur

              ? EKONOMIE
                                     Regulasies                              Regering

                                                       [Bron: www.educba.com.education.ba/]

      3.2.1    Identifiseer die ekonomiese stelsel wat hierbo geïllustreer word.                    (1)

      3.2.2    Hoe word pryse in ŉ markekonomie bepaal?                                             (1)

      3.2.3    Beskryf kortliks die term sosialisme.                                                (2)

      3.2.4    Waarom is daar ŉ gebrek aan innovasie in ŉ sentraal beplande
               ekonomie?                                                                            (2)

      3.2.5    Hoe is eiebelang voordelig vir ŉ ekonomie?                            (2 x 2)        (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                  10
                                                (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

3.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                  SEKTORALE BYDRAE TOT TOTALE BBP

                              Primêre
                              Sektor                                Primêre
                              18,11%                 Tersiêre       Sektor
               Tersiêre                               sektor        33,69%
                Sektor                               40,85%
               52,38%
                           Sekondêre
                             Sektor                             Sekondêre
                                                                Sektor
                              29,51%                            25,46%

                     Land A                                      Land B

                                                                [Source: Google images]

      3.3.1   Identifiseer die mees ontwikkelde land uit die grafieke hierbo.              (1)

      3.3.2   Noem EEN aktiwiteit wat in die primêre sektor gevind word.                   (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term ontginnende bedrywighede.                          (2)

      3.3.4   Waarom word watervoorsiening in die sekondêre sektor
              gekategoriseer?                                                              (2)

      3.3.5   Wat sal die effek van meer kapitaalintensiewe tegnieke in die primêre
              sektor op indiensneming hê?                                     (2 x 2)      (4)

3.4   Bespreek kortliks hoe vervaardiging tot die ekonomie bydra.               (4 x 2)    (8)

3.5   Ontleed die noodsaaklikheid van staatsbesteding in ŉ vryemarkekonomie.               (8)
                                                                                          [40]

                                                                                           b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                     11
                                                (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE reële vloeie in ŉ geslote ekonomie.                 (2 x 1)     (2)

      4.1.2   Waarom is arbeid ŉ belangrike deel van produksie?                   (1 x 2)     (2)

4.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          EKONOMIE HET ’N KONTANTINSPUITING NODIG OM TE
                   HERSTEL, HOOR DIE PARLEMENT.

      Die ekonomie benodig ŉ kontantinspuiting – meer besteebare inkomste vir
      huishoudings, of ŉ verhoogde maatskaplike loon deur toelaes en
      diensverskaffing, het die Parlement se Gekose komitee oor Finansies
      Woensdag gehoor. Dit was tydens die Parlementêre Begrotingskantoor se
      inligtingsessie.

      Die Begrotingskantoor het gesê staatsbesteding en fiskale uitbreiding sal nodig
      wees om BBP-groei te ondersteun en die regering se bloudruk vir ŉ
      ekonomiese ommeswaai – die Ekonomiese Heropbou- en Herstelplan
      (ERRP) – te ondersteun.

      Suid-Afrika se ekonomie was in ŉ benarde toestand nog voordat die
      COVID-19-pandemie in 2020 toegeslaan het. Die ERRP was bedoel om die
      land se ommeswaai te lei.
                                                  [Bron: https://businesstech.co.za/news/]

      4.2.1   Identifiseer enige deelnemer in die ekonomie uit die uittreksel hierbo.         (1)

      4.2.2   Noem die kontantinspuiting wat deur die begrotingskantoor voorgestel
              word.                                                                           (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk                              (2)

      4.2.4   Waarom word invoere nie by huishoudelike uitgawes ingesluit nie?                (2)

      4.2.5   Hoe meer besteebare inkomste vir huishoudings BBP-groei
              ondersteun?                                                         (2 x 2)     (4)

                                                                                              b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                   12
                                                (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

4.3   Bestudeer die onderstaande tekenprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                 Wat kan
                                                                 verkeerd
                                                                 gaan?
                                    SIT
                                 VRYHEID
                                  HIER IN

                         [Bron: https://www.cartoonstock.com/directory/e/economics.asp]

      4.3.1   Noem die hoofdeelnemer in die ekonomiese stelsel wat in die
              tekenprent hierbo getoon word.                                                    (1)

      4.3.2   Watter ekonomiese stelsel word in Suid-Afrika gebruik?                            (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term kapitalisme.                                            (2)

      4.3.4   Hoe is die markekonomie "selfregulerend"?                                         (2)

      4.3.5   Hoe beoog ŉ sentraal beplande ekonomie om gelyke verdeling van
              inkomste te bewerkstellig?                                   (2 x 2)              (4)

4.4   Verduidelik kortliks die volgende vergelyking: BBI(Y) = lone + wins + rente.
                                                                                 (4 x 2)        (8)

4.5   Ondersoek vryemarkoriëntasie en mededingendheid as riglyne vir ontwikkeling
      in Suid-Afrika.                                                                        (8)
                                                                                            [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:               80

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                           13
                                               (VRAESTEL 1)            GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                       PUNTE-
                    STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                     TOEKENNING
  Inleiding
  Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
  • ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband
     hou met die vraagonderwerp te definieer.
  • MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE.      Maks. 2
  • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal
     NIE.
  • Vermy dit om in die inleiding te noem wat in die liggaam geen
     bespreek.

  Liggaam
  Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
  Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
  Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek
                                                                      Maks. 26
  gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/
  Debatteer
  ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/ voorbeelde
  toegeken word.

  Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities /
  Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                      Maks. 10
  ŉ Maksimum van 2 punte mag vir blote noem van feite
  toegeken word.

  Gevolgtrekking
  Enige hoër-orde gevolgtrekking behoort die volgende in te sluit:
  • ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder die herhaling
      van enige feite wat reeds genoem is.
  • Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is        Maks. 2
  • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/
      analise te versterk.
  • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig.
  • Aanbevelings
  TOTAAL                                                                 40

                                                                                   b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                 14
                                                    (VRAESTEL 1)               GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

•       Bespreek natuurlike hulpbronne as produksiefaktor onder die volgende opskrifte:

    -     Eienskappe (12)
    -     Belangrikheid (10)
    -     Faktore wat huur beïnvloed (4)                                       (26 punte)

•       Verduidelik hoe kapitaalverdieping die lewenstandaard van die bevolking sal
        verhoog.                                                             (10 punte)      [40]

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

•        Bespreek, in detail, die ekonomiese belang van die tersiêre sektor.    (26 punte)
•        Wat is die ekonomiese belangrikheid van vervoer?                       (10 punte)   [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                                TOTAAL:      150

                                               EINDE

## Related documents

- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-possible-answers/5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
