# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/35af3d57-d716-4745-b104-2b4f4d4ff331
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-possible-answers/35af3d57-d716-4745-b104-2b4f4d4ff331)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN

                  NOVEMBER 2021

                    GRAAD 11

                NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 1)

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                            30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1 A – markekonomie ✓✓

      1.1.2   D – is besig om belangrikheid as deel van die BBP te verloor. ✓✓

      1.1.3   A – daar is volkome indiensame ✓✓

      1.1.4   C – die beskikbaarheid en pryse van sekere voedselgewasse ✓✓

      1.1.5   B – progressief ✓✓

      1.1.6   B – repokoers ✓✓

      1.1.7   A – vlak van per kapita inkomste ✓✓

      1.1.8   D – Nasionale Ontwikkelingsplan ✓✓                                       (16)

1.2   PASSENDE ITEMS

      1.2.1   B – gratis gawes vanuit die natuur ✓

      1.2.2   F – die beste moontlike uitkomste binne die gegewe omstandighede ✓

      1.2.3   E – verhouding tussen insette en uitsette ✓

      1.2.4   I   – formele en spesifieke aktiwiteite wat die vermoë van individue
                    verbeter om hulle volle potensiaal te bereik ✓

      1.2.5   K – maatstawwe wat die SARB in plek stel om geldvoorraad te
                  beheer ✓

      1.2.6   A – voldoen aan huidige behoeftes sonder om toekomstige
                  generasies se behoeftes te benadeel ✓

      1.2.7   C – verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad ✓

      1.2.8   G – verbeter die standaard en lewenskwaliteit van die mense in
                  Suiderlike Afrika ✓                                        (8 x 1)    (8)

                                             2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                (VRAESTEL 1)    GRAAD 11

1.3   TERMINOLOGIE

      1.3.1   Produksiemetode ✓

      1.3.2   Nie-duursame goedere ✓

      1.3.3   Privatisering ✓

      1.3.4   Monetêre unie ✓

      1.3.5   Buitelandse hulpverlening ✓

      1.3.6   Vervaardiging ✓                                  (6 x 1)   (6)

                                                 TOTAAL AFDELING A:      30

                                            3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

AFDELING B

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 2.1.1     Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne
              beïnvloed.

              •   Aanbod en vraag ✓
              •   Klimaat ✓
              •   Ligging ✓
              •   Kwaliteit van hulpbronne ✓
              •   Tegnologie ✓                                                (Enige 2 x 1)   (2)

      2.1.2   Hoekom word invoere uitgesluit onder binnelandse besteding?

              •  Invoere word uitgelsuit omdat dit nie deel vorm van binnelandse
                 produksie nie. ✓✓
              • Die inkomste verwerf uit die verkope van invoere word bestee in ander
                 lande en nie plaaslik nie. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (Enige 1 x 2)    (2)

2.2   DATA RESPONS

      2.2.1   Noem enige EEN vorm van vervoer.

              •   Spoorweg ✓
              •   Lugvervoer ✓
              •   Watervervoer ✓                                              (Enige 1 x 1)   (1)

      2.2.2   Watter Suid-Afrikaanse agentskap is verantwoordelik vir die bou en
              instandhouding van nasionale paaie in Suid-Afrika?

              •   Suid-Afrikaanse Nasionale Paaie Agentskap (SANPA)/(SANRAL) ✓                (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term infrastruktuur

              •  Infrastruktuur is basiese fasiliteite, dienste en installasies wat benodig
                 word vir die funksionering van ŉ ekonomie, onder andere, geboue, paaie
                 en die beskikbaarheid van elektrisiteit wat produktiwiteit aanhuts. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

      2.2.4   Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer vir die ekonomie.

              •  Vervoer bring die verbruiker en die vervaardiger bymekaar. ✓✓
              •  Vervoer maak ŉ waardevolle bydrae tot die bruto binnelandse produk
                 van die land. ✓✓
              • Vervoer skep indiensnemingsgeleenthede in die toerismebedryf. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)            (Enige 1 x 2)     (2)

                                                 4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)        GRAAD 11

      2.2.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die funksionering van publieke
              vervoer in die land verbeter?

              Die regering kan publieke vervoer verbeter deur:

              •  Die gebruik van publieke vervoer te vergemaklik deur die verbetering
                 van voertuig-ontwerp en die toepassing van buite-vervoer tariewe. ✓✓
              • Die aanmoediging van nouer samewerking tussen munisipaliteite en
                 minibus-taxi’s en inligtingsisteme om vervoer-bedrywighede beter te
                 kan bestuur. ✓✓
              • Werk saam met besighede wat innoverende toeps ontwerp om
                 pendeltipe oplossings aan groot maatskappye te lewer in plaas van die
                 tradisionele parkeringstelsels aan werknemers te verskaf. ✓✓
              • Die voorsiening van toegewyde bane vir publieke vervoer wat
                 verkeersopeenhopings verminder. ✓✓
              • Die regulering van publieke vervoertariewe. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)        (Enige 2 x 2)   (4)

2.3   DATA RESPONS

      2.3.1   Watter ekonomiese stelsel word deur die prent hierbo uitgebeeld?

              •   Sentraal Beplande Ekonomie/Bevelekonomie ✓                               (1)

      2.3.2   Wie allokeer die hulpbronne in die stelsel wat hierbo uitgebeeld
              word?

              •   Die regering                                                            (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.

              •   Dit is die wyse waarby lande en regerings hulpbronne versprei asook
                  hoe die handel van goedere en dienste plaasvind. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

      2.3.4   Verduidelik EEN voordeel van die ekonomiese stelsel wat in die
              prent hierbo uitgebeeld word.

              •   Effektiewe gebruik van hulpbronne: Die regering bepaal op watter
                  manier hulpbronne benut word. ✓✓
               • Verbetering in persoonlike welvaart: Hulpbronne word effektief
                  aangewend om maksimum produktiwiteit en minimale vermorsing te
                  behaal. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

      2.3.5   Hoe bevoordeel eiebelang ŉ ekonomie?

              Eiebelang is een van die vernaamste dryfkragte in ŉ markekonomie
              omdat:

              •   Besighede gedrewe is om goedere en dienste teen die laagste
                  moontlike koste te vervaardig sodat maksimum wins gemaak kan
                  word en verbruikers teen lae pryse kan aankoop. ✓✓
              •   Hulle ook gemotiveerd is om skaars hulpbronne te gebruik en slegs
                  goedere en dienste te vervaardig wat in lyn is met die gemeenskap
                  se behoeftes en begeertes en sodoende behaal hulle
                  toewysingsdoeltreffendheid. ✓✓
              •   Besighede probeer om winste te maksimeer en verliese te
                  minimaliseer wat lei tot ekonomiese groei. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)     (4)

2.4   Bespreek die rol van huishoudings in ŉ oop sirkelvloei.

      •   Huishoudings is die grootse verbruikers van ekonomiese goedere en dienste
          – hulle gebruik hul inkomste om goedere en dienste by firmas te koop. ✓✓
      • Huishoudings is die primêre ekonomiese deelnemers omdat hulle die vier
          produksiefaktore besit. ✓✓
      • Huishoudings verkoop produksiefaktore in die faktormark aan firmas. ✓✓
      • Huishoudings ontvang vergoeding vanaf firmas in die vorm van lone, huur,
          rente en wins. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (4 x 2)    (8)

2.5   Hoe het die oorlog in Oekraïne omgewingsagteruitgang beïnvloed?

      •   Toename in besoedelingsvlakke as gevolg van die groot aantal tenks en
          ander militêre toerusting wat koolstofmonoksied vrystel. ✓✓
      • Brandende infrastruktuur as gevolg van lugaanvalle en ander plofbare
          metodes, veroorsaak die agteruitgang van lugkwaliteit. ✓✓
      • Bestralingsvlakke het toegeneem as gevolg van beskadiging aan kernkrag
          fasiliteite in en om die Oekraïne. ✓✓
      • Hierdie bestralingsvlakke het reeds die kwaliteit van die grond rondom die
          geteikende gebiede geaffekteer. ✓✓
      • Daar was ŉ toename in geraasbesoedeling as gevolg van vliegtuie wat
          oorvlieg en lugaanvalle. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (4 x 2)     (8)
                                                                                          [40]

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   3.1.1   Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank.

              •   Bankier vir kommersiële banke. ✓
              •   Dien as bankier vir die regering. ✓
              •   Die bewaarder van goud en buitelandse valuta reserwes. ✓
              •   Verskaf ekonomiese en statistiese dienste. ✓             (Enige 2 x 1)    (2)

      3.1.2   Hoekom was geld bekendgestel as ŉ ruilmiddel?

              •   Om handel te vereenvoudig. ✓✓
              •   Om die tekortkominge van die ruilhandelstelsel te oorkom. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (1 x 2)   (2)

3.2   DATA RESPONS

      3.2.1   Vanuit die bostaande grafiek, identifiseer die land met die ongelykste
              verdeling.

              Land B ✓                                                                      (1)

      3.2.2   Wat is die betekenis van ŉ Gini-koëffisiënt van nul?

              Dit is ŉ aanduiding van gelyke inkomste verdeling/perfekte gelykheid. ✓✓      (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term Lorenz-kromme.

              ŉ Grafiek wat die verdeling van inkomste (of welvaart) binne ŉ ekonomie
              aandui. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

      3.2.4   Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
              koëffisiënt.

               • Hoe meer ongelyk ŉ land se inkomste verdeling is, hoe groter is die
                 kurwe tussen die 45 grade lyn en die Lorenz-kromme en hoe hoër isdie
                 Gini-koëffisiënt. ✓✓
               • Indien daar volkome gelykheid is, sal die Lorenz-kromme dieselfde as
                 die 45 grade lyn wees en die Gini-koëffisiënt sal gelyk wees aan
                 nul. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)            (Enige 1 x 2)   (2)

      3.2.5   Veronderstel dat die oppervlak tussen Land A en die gelykheidslyn 20
              is en dat die totale oppervlak (C + D) onder die gelykheidslyn 100 is,
              bereken die Gini-koëffisiënt. Toon ALLE berekeninge.

              Gini- koëffisiënt = C/C + D
                                = 20 ✓ /100 ✓
                                = 0,2 ✓✓                                                    (4)
                                                7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

3.3   DATA RESPONS

      3.3.1   Noem enige EEN eienskap van ontwikkelende lande.

              • Lae lewenstandaard ✓
              • Lae per kapita inkomste ✓
              • Ongelyke verdeling van inkomste ✓
              • Lae lewensverwagting ✓
              • Gebrek aan onderrig ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)         (Enige 1 x 1)    (1)

      3.3.2   Watter aanwyser word gebruik wanneer MOI gemeet word?

              • Lewensverwagting ✓
              • Onderrig ✓
              • BBP per kapita ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)         (Enige 1 x 1)    (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.

              •   Dit is die verbetering in die lewenstandaard van die inwoners in ŉ
                  land. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

      3.3.4   Verduidelik die gebruik van per kapita syfers.

              • Om die lewenstandaard van ŉ land te bepaal. ✓✓
              • Om welvaartsvlakke van verskillende lande te vergelyk. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)      (Enige 1 x 2)       (2)

      3.3.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die gehalte van menslike
              hulpbronne verbeter?

              Die regering kan:

              •   In die kwaliteit van onderrig belê ✓✓
              •   Indiensopleiding verskaf ✓✓                                   (2 x 2)   (4)

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

3.4   Beskryf kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels.

      •      IKS word beskou as die sleutel tot onderhoubare sosiale en ekonomiese
             ontwikkeling. ✓✓
      •      IKS kan ŉ produktiewe raamwerk verskaf vir die aktiwiteite wat bedoel is om
             gemeenskappe by te staan. ✓✓
      •      Hierdie stelsels bied probleemoplossingsplanne of strategieë vir plaaslike
             gemeenskappe, veral vir gemeenskappe wat armoede ervaar. ✓✓
      •      IKS verteenwoording ŉ belangrike bydrae tot wêreldwye
             ontwikkelingskennis. ✓✓                                               (4 x 2)    (8)

3.5   Evalueer die Herkonstruksie en Ontwikkelingsprogram as ŉ
      ontwikkelingsstrategie in Suid-Afrika.

          Positiewe aspekte:
          • Die HOP was ŉ arbeidsintensiewe program vir openbare werke. ✓✓
          • Die HOP het bygedra tot die afname in armoede as gevolg van die
             werksgeleenthede wat geskep is. ✓✓
          • Dit was ŉ sosio-ekonomiese beleidsraamwerk wat deurlopend ingesluit was
             in elke regeringsplan. ✓✓
          • Bygestaan in die ontwikkeling van menslike hulpbronne, een van diè
             noodsaaklikste hulpbronne benodig vir ekonomiese ontwikkeling. ✓✓
          • Bygestaan in die toename van infrastruktuur ontwikkeling. ✓✓
          • Die HOP het die implementasie van grondhervorming bevorder. ✓✓
          • Bygestaan in die voorsiening van huise, water, elektrisiteit en primêre
             gesondheidsorg. ✓✓

      Negatiewe aspekte:
       • Die werkloosheidsyfer het aanhou toeneem. ✓✓
       • Armoede en dienslewering het nooit verbeter nie. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                      (8)
                                                                                             [40]

                                                  9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   4.1.1   Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om Bruto Binnelandse
              Produk te bereken.

              •   Produksie metode ✓
              •   Inkomste metode ✓
              •   Bestedingsmetode ✓                                      (Enige 2 x 1)   (2)

      4.1.2   Hoekom is welvaart belangriker as inkomste?

              •    Welvaart is belangriker om sosiale ongelykheid te begryp omdat dit
                   inkomste skep dus is die ongelykheid in inkomste afhangend van die
                   ongelykheid in welvaart. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (1 x 2)   (2)

4.2   DATA RESPONS

      4.2.1   Geen EEN voorbeeld van belasting op produkte.

              •    BTW ✓
              •    Aksynsbelasting ✓                                                      (1)

      4.2.2   Noem EEN vorm van vergoeding vir werknemers.

              Salarisse en lone ✓                                                         (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term huidige pryse.

              •   Huidige pryse meet BBP deur die werklike prys in die ekonomie te
                  gebruik. ✓
              •   Huidige pryse maak geen aanpassing vir inflasie nie. ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

      4.2.4   Verduidelik die doel van subsidies op produksie.

              •   Subsidies op produksie verminder die produksiekoste vir die
                  vervaardiger en moedig die vervaardiging van noodsaaklike goedere
                  aan. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (1 x 2)    (2)

      4.2.5   Bereken die verbruik op vaste kapitaal as ŉ persentasie van die BWT
              teen faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge.

              713 078 ✓/4 428 317 ✓  100
              16,1% ✓✓                                                                    (4)

                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

4.3   DATA RESPONS

      4.3.1   Wat is die hoofdoel van die NOP?

              • Om armoede en ongelykheid te elimineer.✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (1)

      4.3.2   In watter jaar beoog die NOP om die hoofdoel te bereik?

              2030 ✓                                                                       (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.

              • Dit is ŉ toename in die produksie kapasiteit van ŉ land. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (1 x 2)   (2)

      4.3.4   Verduidelik die negatiewe effek wat die NOP op belastingbetalers kan
              hê.

              •  Die implementering van die NOP benodig meer regeringsinkomste dus
                 moet meer belasting ingevorder word deur middel van ŉ verhoogde
                 belastingskoers. ✓✓
              • Verminder die besteebare inkomste van individue. ✓✓
              • Hoër vlakke van bedrog en korrupsie belemmer dienslewering aan die
                 armes. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (Enige 1 x 2)      (2)

      4.3.5   Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie voordeel trek uit die
              implementering van die NOP?

              Die Suid-Afrikaanse ekonomie sal voordeel trek deur:

              • Die vermindering van jeug werkloosheid ✓✓
              • Die voorsiening van wyer werksgeleenthede vir die jeug ✓✓
              • Die toenemende mededingingskapasiteit van die ekonomie ✓✓
              • Die verbetering in die lewenstandaard van die mense ✓✓
              • Die toenemende tempo van industrialisasie ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)        (Enige 2 x 2)      (4)

4.4   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.

      •   Die tersiêre sektor dra by tot die waarde van Suid-Afrika se BBP. ✓✓
      •   Die sektor skep werksgeleenthede aangesien hierdie sektor dienslewering
          aanbied. ✓✓
      • Dit is ŉ bron van staatsinkomste. ✓✓
      • Die sektor dien as ŉ mark vir verbruikersgoedere. ✓✓
      • Die tersiêre sektor dra by tot SA se uitvoerwaarde. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (Enige 4 x 2)   (8)

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

4.5   Analiseer Suid-Afrika se beperkings met betrekking tot ekonomiese groei.

      •   Die oorevaluering en die wisselvalligheid van Suid-Afrika se geldeenheid. 
      •   Daar is onvoldoende nasionale infrastruktuur om ekonomiese groei te
          bevorder. 
      • Suid-Afrika het ŉ tekort aan geskoolde arbeid. 
      • Versperrings tot toetrede in die mark, beperkte mededinging en minimale
          nuwe beleggingsgeleenthede. 
      • Tekortkominge in regeringsorganisering, kapasiteit en leierskap. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                  (8)
                                                                                         [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          80

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)       GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                      STRUKTUUR VAN OPSTEL                               PUNTE-
                                                                         TOEKENNING
Inleiding:
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
   verband hou, te definieer of te omskryf.
                                                                            Maks. 2
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal
   NIE.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:

 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
 Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Trek ŉ grafiek en verduidelik/         Maks. 26
 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
 Debatteer
 ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
 voorbeelde.

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer/Evalueer         Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir bloot die lys van
feite.
Slot:
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
   enige feite wat reeds genoem is
• Enige mening of waarde-oordeel van die bespreekte feite, met
                                                                            Maks. 2
   voorbeelde om jou bespreking te staaf
• Addisionele, ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
   versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
                                                               TOTAAL         40

                                               13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek, in diepte, die belangrikheid van entrepreneursvaardighede.
                                                                        (26 punte)

•    Hoe kan die regering entrepreneurs van klein besighede bystaan wat negatief
     deur die COVID-19 pandemie geaffekteer is?                        (10 punte)          [40]

INLEIDING

ŉ Tekort aan entrepreneurskap sal lei tot ŉ tekort in goedere en dienste in die
ekonomie, minder mededinging, toename in pryse en sal dus ŉ afname in ekonomiese
groei vir Suid-Afrika veroorsaak. ✓✓

OF

ŉ Entrepreneur is die persoon wat die risiko neem om ŉ besigheid te begin en te
finansier met die doel om verbruikers se behoeftes en begeertes te bevredig deur die
effektiewe kombinasie van die ander produksiefaktore en die generering van wins. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (Maks. 2)

HOOFDEEL

Entrepreneurskap vervul ŉ uiterse belangrike rol in die vervaardigingsprosedure om die
volgende redes:

Kombineer die ander produksiefaktore: ✓

•     Die entrepreneur kombineer produksiefaktore met die doel om goedere en dienste
      te vervaardig wat aan die behoeftes en begeertes van verbruikers voldoen. ✓
•     Entrepreneurs moet genoegsame kapitaal; natuurlike hulpbronne en geskoolde
      arbeid op die regte tyd en plek, en in die regte hoeveelhede saamvoeg. ✓✓
•     Sodoende, sal entrepreneurs altyd poog om die grootste moontlike wins te
      maak.✓✓

Demonstreer inisiatief: ✓

•     Entrepreneurs neem inisiatief om besighede te begin. ✓✓
•     Hulle skep nuwe besigheidsidees om ŉ wins te behaal in die mark. ✓✓
•     Geen entrepreneur behoort ŉ besigheid te vestig tensy hulle genoeg navorsing
      gedoen het om uit te vind of die besigheidsidee ŉ sukses sal wees. ✓✓
•     Die entrepreneur moet die gelykbreekpunt bereken voordat ŉ besigheid begin. ✓✓
•     Die gelykbreekpunt is die punt waar uitgawes gelyk is aan inkomste. ✓✓
•     Enige inkomste wat gemaak word na die gelykbreekpunt word geklassifiseer as
      wins. ✓✓

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 1)          GRAAD 11

Neem risiko’s: ✓

•    In ŉ markekonomie is dit die rol van die entrepreneur om risiko’s te aanvaar of te
     neem. ✓✓
•    Die entrepreneur is verantwoordelik vir al die verliese indien die besigheidsidee
     misluk of as die besigheid bankrot verklaar word.✓✓

Maak besluite: ✓

•    Entrepreneurs maak besluite ten opsigte van wat om te produseer, waar om die
     besigheid te vestig en vir wie om te vervaardig. ✓✓
•    Entrepreneurs besluit oor kwessies soos; om te fokus op kwaliteit of kwantiteit,
     om grond te koop of ŉ perseel te huur, by wie om voorraad of rou materiaal aan
     te koop en watter vorm van eienaarskap gekies sal word, bv. alleeneienaar,
     vennootskap, maatskappy ens. ✓✓

Die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap: ✓

•    Entrepreneurs vertolk ŉ baie belangrike rol in die bydrae tot groei en vooruitgang
     in enige ekonomie.✓✓
•    Suid-Afrika het ŉ baie hoë werkloosheidskoers.✓✓
•    Die formele sektor beskik nie oor die kapasiteit om werksgeleenthede vir die hele
     bevolking van Suid-Afrika te voorsien nie.✓✓
•    Dus, speel entrepreneurs wat klein besighede in die informele sektor begin, ŉ
     belangrike rol in die voorsiening van inkomste en indiensneming.✓✓
•    Behalwe vir werkskepping, stel nuwe entrepreneurs nuwe goedere en dienste
     bekend aan die mark. Dit verhoog mededinging en verminder inflasie en goedere
     kan teen goedkoper pryse verkoop word.✓✓
•    Die belastingsinkomste van die regering neem toe omdat die wins van
     entrepreneurs belas word.✓✓
•    Hierdie positiewe impak op die ekonomie gebeur op dieselfde tyd en die staat
     kan dan minder bestee op werkloosheidsbetalings asook ander sosiale
     welvaartsdienste omdat welvaart meer eweredig versprei word.✓✓
                                                                       (Maks. 26 punte)

ADDISIONELE GEDEELTE

Hoe kan die regering entrepreneurs van klein besighede bystaan wat negatief
deur die COVID-19 pandemie geaffekteer is?

•    Die regering kan belastingsverligting toestaan aan klein besighede vir ŉ
     spesifieke tydperk.✓✓
•    Vir die klein en medium besighede wat, direk of indirek, negatief deur die
     COVID-19 pandemie beïnvloed is, kan die regering skuldverligting toestaan. Dit is
     ŉ sagte-lening fasiliteit wat entrepreneurs kan bystaan om hul besighede aan die
     gang te hou tydens die pandemie.✓✓
•    Entrepreneurs wat klein besighede besit, wat plaaslik vervaardig, wat higiëniese
     en mediese produkte asook voedsel items verskaf, wat hoog in aanvraag is om
     die verspreiding van die COVID-19 virus te bekamp en bestuur, ontvang
     veerkragfasiliteite soos bedryfskapitaal, voorraad, oorbruggingsfinansiering,
     bestellingsfinansiering asook toerustingfinansiering.✓✓
                                             15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

•    Fasiliteer grootmaat aankoopgeleenthede vir spaza winkels sodat hulle die
     potensiaal verkry om as ŉ mark vir plaaslik vervaardigde goedere te
     funksioneer. ✓✓
•    Die regering kan ŉ ondersteuningsfonds op die been bring vir klein- en
     gemeenskapsboere.✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (Maks. 10)

SLOT

Suid-Afrika besit ŉ oorvloed van natuurlike hulpbronne en indien die bronne effektief
benut en ten volle ontwikkel word, kan ons land oor ŉ volhoubare en florerende
ekonomie beskik. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.)                               (Maks. 2)     [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder die
    volgende opskrifte:

    •        Bankier vir die regering    (8)
    •        Bank van uitreiking         (8)
    •        Bankier se bank             (10)                                (26 punte)

•   Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid gebruik om
    die hoeveelheid geld in die land te beïnvloed?                 (10 punte)              [40]

INLEIDING

Die sentrale bank is die monetêre gesag van enige land. Suid-Afrika se sentrale bank
is gestig in 1920. Die hooffunksie van die SARB is om Suid-Afrika se monetêre gesag
te wees. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                          (Maks. 2)

HOOFDEEL

Bankier vir die regering:

•       Die Reserwebank is die hoofbankier van die staat. ✓✓
•       Die SARB lewer dienste aan die regering soortgelyk aan dié van kommersiële
        banke aan hul kliënte. ✓✓
•       Regeringsdepartemente deponeer hul fondse by die Reserwebank en onttrek
        tjeks teen hulle rekeninge. ✓✓
•       Die Reserwebank bied lenings, buitelandse valuta en finansiële raad aan die
        regering. ✓✓
•       Dit voorsien ook monetêre raad aan die regering. ✓✓
                                                                               (Maks. 8)

                                                16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

Bank van uitreiking:

•    Die SARB het alleenreg om banknote en munte uit te reik. ✓✓
•    Die Suid-Afrikaanse Muntmaatskappy munt Suid-Afrika se muntstukke. ✓✓
•    Beide die maatskappye is filiale van die SARB. ✓✓
•    Tydens die uitreiking van banknote en muntstukke word die SARB gelei deur die
     behoeftes van die ekonomie. ✓✓                                        (Maks. 8)

Bankier se bank:

•    Die SARB bepaal en hou die minimum kontantreserwes, wat banke verplig is om
     na te kom indien hulle solvent wil bly. ✓✓
•    Die SARB tree op as ŉ verrekeningsbank deur interbankverpligtinge te
     vereffen. ✓✓
•    Kommersiële banke hoef nie die verskeie tjeks aan mekaar uit te betaal nie, omdat
     die SARB die saldo's tussen die banke vereffen. ✓✓
•    Die SARB is die laaste uitweg uitlener. ✓✓
•    Die SARB staan lenings toe aan kommersiële banke wanneer dié banke ŉ
     likwiditeitsprobleem ervaar. ✓✓
•    Die SARB hou toesig oor die kommersiële banke. ✓✓
•    Dit verseker dat die banke in lyn met die Bankwet bedryf word. ✓✓
•    Die SARB verseker dat alle banke monetêre beleid implementeer. ✓✓
                                                                            (Maks. 10)
                                                                      (Maks. 26 punte)

ADDISIONELE GEDEELTE

Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid gebruik om die
hoeveelheid geld beskikbaar in die land te beïnvloed?

Die SARB kan die hoeveelheid geldvoorraad van die land beïnvloed deur:

•    Die vermeerdering van geldvoorraad deur geld by die ekonomie te voeg. ✓✓
•    Die vermindering van geldvoorraad deur geld uit die ekonomie te onttrek. ✓✓
•    Die inkrimping van ekonomiese aktiwiteite in tye van resessie en depressie. ✓✓
•    Ekonomiese stimulering deur die geldvoorraad te vermeerder. ✓✓
•    Die ekonomie af te koel deur die geldvoorraad tydens inflasie te verminder. ✓✓
•    Ekonomiese stimulering deur die vermindering van die repokoers. Aangesien die
     repokoers die rentekoers bepaal, sal kommersiële banke die rentekoers
     dienooreenkomstig verminder. ✓✓
•    Om die minimum persentasie kontantreserwes aan te pas en sodoende die
     geldvoorraad te beïnvloed. ✓✓
•    Om die geldvoorraad te beperk met die verkoop van sekuriteite aan banke of die
     geldvoorraad te vermeerder met die aankoop van sekuriteite by banke. ✓✓
•    Die gebruik van intensiewe morele oortuiging waarin banke versoek word om meer
     versigtig lenings toe te staan of hulle aan te moedig om meer lenings goed te
     keur. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (Maks. 10 punte)

                                              17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                          (VRAESTEL 1)        GRAAD 11

SLOT

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank kan ekonomiese groei en ontwikkeling verbeter en
bevorder deur die korrekte ontwerp en implementering van monetêre beleid. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.)                             (Maks. 2)   [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                          TOTAAL:      150

                                           18

## Related documents

- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
