# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   PROVINSIALE EKSAMEN

                        NOVEMBER 2022

                            GRAAD 11

                                 EKONOMIE

                                (VRAESTEL 1)

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

13 bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                 2
                                                (VRAESTEL 1)            GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      •   AFDELING A:      VERPLIGTEND
      •   AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae
      •   AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien
      word NIE. By AFDELING B sal slegs die eerste TWEE vrae nagesien word en by
      AFDELING C, slegs die eerste EEN.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Dui die vraagnommer aan bokant elke antwoord aan.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                               3
                                                  (VRAESTEL 1)               GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                        30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1   ŉ … is ŉ ekonomiese stelsel waar ekonomiese besluite slegs deur die
              markkragte van vraag en aanbod bepaal word.

              A     Markekonomie
              B     Sentrale beplande ekonomiese stelsel
              C     Gemengde ekonomie
              D     Kapitalistiese ekonomie

      1.1.2   Die primêre sektor van die Suid-Afrikaanse ekonomie is …

              A     klein, as gevolg van ŉ tekort aan roumateriaal.
              B     die grootste sektor.
              C     skaars.
              D     besig om belangrikheid as deel van die BBP te verloor.

      1.1.3   Daar is minder armoede onder die mense in ontwikkelde lande want …

              A     daar is volkomeindiensname.
              B     die winsmotief lei toteiebelang.
              C     die privaatsektor is uitgesluit.
              D     die regering speel ŉ baie groot rol in die ekonomie.

      1.1.4   Die Rusland-Oekraïne konflik affekteer Suid-Afrikaners ten opsigte van …

              A     elektrisiteitstariewe.
              B     gesondheidsorg.
              C     die beskikbaarheid en pryse van sekere voedselgewasse.
              D     die beskikbaarheid en koste van onderwys.

      1.1.5   Die belastingsstelsel wat Suid-Afrika gebruik is …

              A     proporsioneel.
              B     progressief.
              C     regressief.
              D     al die bogenoemde.

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                                 4
                                                      (VRAESTEL 1)             GRAAD 11

       1.1.6    Die … is die prys waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld
                uitleen aan ander banke.

                A      rentekoers
                B      repokoers
                C      wins
                D      rand

       1.1.7    Die … word gebruik as ŉ maatstaf vir die lewenstandaard in ŉ land.

                A      vlak van per kapita inkomste
                B      inflasiekoers
                C      betalingsbalansrekening
                D      ekonomiese groeikoers

       1.1.8    Die … is die mees onlangse ontwikkelingstrategie wat deur Suid-Afrika
                gevolg word.

                A      Herkonstruksie en Ontwikkelingsprogram
                B      Gesamentlike Inisiatief oor die Aanleer van Prioriteitsvaardighede
                C      Nuwe Groeipad
                D      Nasionale Ontwikkelingsplan                                   (8 x 2)   (16)

1.2     PASSENDE ITEMS

        Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
        letter (A – K) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
        neer.

                    KOLOM A                                        KOLOM B
      1.2.1    Natuurlike huplbronne          A   voldoen aan huidige behoeftes sonder om
                                                  toekomstige generasies se behoeftes te
      1.2.2    Optimale mengsel                   benadeel

      1.2.3    Produktiwiteit                 B   gratis gawes vanuit die natuur

      1.2.4    Menslike hulpbron-             C   verteenwoordig besteding op kapitaalvoorraad
               ontwikkeling
                                              D   nywerhede in die primêre sektor
      1.2.5    Monetêre beleid
                                              E   verhouding tussen insette en uitsette
      1.2.6    Onderhoubare ontwikkeling
                                              F   die beste moontlike uitkomste binne die gegewe
      1.2.7    Bruto kapitaalformasie             omstandighede
      1.2.8    SAOG                           G   verbeter die standaard en lewenskwaliteit van
                                                  die mense in Suiderlike Afrika

                                              H   kombinasie van ekonomiese stelsels

                                                                                                   b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                  5
                                                 (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

                                           I   formele en spesifieke aktiwiteite wat die
                                               vermoë van individue verbeter om hulle
                                               volle potensiaal te bereik

                                           J    inkomste metode

                                           K   maatstawwe wat die SARB in plek stel
                                               om geldvoorraad te beheer
                                                                             (8 x 1)       (8)

1.3   TERMINOLOGIE

      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   Dit dui die waarde van finale uitset geproduseer deur elke sektor van die
              ekonomie aan

      1.3.2   Goedere wat vernietig word tydens verbruik

      1.3.3   Die verkoop van meer as 50% van die aandele in ŉ staatsonderneming
              aan die privaatsektor

      1.3.4   ŉ Groep lande wat ŉ gemeenskaplike geldeenheid gebruik

      1.3.5   Ontwikkelingsbystand deur buitelandse lande in die vorm van toelae,
              gesubsidieerde lenings, masjinerie en kundigheid

      1.3.6   Die proses wat plaasvind om roumateriaal na verbruikersgoedere te
              omskep                                                         (6 x 1)           (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:               30

                                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                    6
                                                   (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE faktore wat die prys van natuurlike hulpbronne
              beïnvloed.                                                    (2 x 1)                (2)

      2.1.2   Hoekom word invoere uitgesluit onder binnelandse besteding?            (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Minister van vervoer Mbalula belowe “beslis” die oplossing vir e-tol,
      hierdie keer.

      Mbalula belowe keer op keer ŉ aankondiging oor e-tol vandat hy sy posisie
      aanvaar het in Mei 2019 met verskeie spertye wat gekom en gegaan het.
      Tydens die persinligtingsessie in Pretoria op Donderdag, het Mnr Mbalula gesê
      die besluit sal geneem word tydens die Medium-Termyn Begrotings
      Beleidsverklaring in Oktober.

      “Ek en die Minister van Finansies het instruksie van die President ontvang dat
      die saak onder die aandag van die kabinet gebring moet word. Dit sal ŉ saak
      wees wat deur die kabinet afgehandel sal word tydens die Mediumtermyn-
      begrotings- beleidsverklaring. Hierdie is ŉ definitiewe saak.” het hy bygelas.

      Mbalula het gesê dat die kabinet ŉ ruk terug reeds ŉ besluit geneem het wat die
      brandstofheffing sou beïnvloed. Een van die voorstelle was om die
      brandstofheffing in Gauteng te verhoog met die doel om verlore inkomste van e-
      tol te verhaal.
                                                          [Bron: www.fin24.co.za/30june2022]

      2.2.1   Noem enige EEN vorm van vervoer.                                                     (1)

      2.2.2   Watter agentskap is verantwoordelik vir die bou en instandhouding van
              nasionale paaie in Suid-Afrika?                                                      (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term infrastruktuur.                                            (2)

      2.2.4   Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van vervoer vir die ekonomie.               (2)

      2.2.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die funksionering van publieke
              vervoer in die land verbeter?                                                        (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                    7
                                                 (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

2.3   Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          DEMOKRASIE

                                             [Bron:http://www.opendemocracy.net]

      2.3.1   Watter ekonomiese stelsel word deur die prent hierbo uitgebeeld?                   (1)

      2.3.2   Wie allokeer die hulpbronne in die stelsel wat hierbo uitgebeeld word?             (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.                                      (2)

      2.3.4   Verduidelik EEN voordeel van die ekonomiese stelsel wat in die prent
              hierbo uitgebeeld word.                                                            (2)

      2.3.5   Hoe bevoordeel eiebelang ŉ ekonomie?                                 (2 x 2)       (4)

2.4 Bespreek die rol van huishoudings in ŉ oop sirkelvloei.                        (4 x 2)       (8)

2.5 Hoe het die oorlog in die Oekraïne omgewingsagteruitgang beïnvloed?            (4 x 2)    (8)
                                                                                             [40]

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                                    8
                                                      (VRAESTEL 1)                 GRAAD 11

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE funksies van die Sentrale Bank.                           (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Hoekom is geld ingestel as ŉ ruilmiddel?                                  (1 x 2)   (2)

3.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                       LORENZ-KROMME
                 120

                 100
                                             Gelykheidslyn
                  80

                  60
                                                                 Land A
                  40
                                              C
                                                                          Land B
                  20
                                                                      D
                   0
                        1     2    3     4        5     6    7    8         9      10

                                        Kumulatiewe populasie %

                                              [Aangepas vanuit: Fokus op Ekonomie]

      3.2.1   Vanuit die bostaande grafiek, identifiseer die land met die ongelykste
              verspreiding.                                                                       (1)

      3.2.2   Wat beteken die Gini-koëffisiënt van nul?                                           (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die konsep Lorenz-kromme.                                          (2)

      3.2.4   Verduidelik die verhouding tussen die Lorenz-kromme en die Gini-
              koëffisiënt.                                                                        (2)

      3.2.5   Veronderstel dat die oppervlak tussen Land A en die gelykheidslyn 20 is
              en dat die totale oppervlak (C + D) onder die gelykheidslyn 100 is,
              bereken die Gini-koëffisiënt. Toon ALLE berekeninge.                                (4)

                                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                    9
                                                 (VRAESTEL 1)               GRAAD 11

3.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              SUID-AFRIKA SE MOI POSISIE

      Suid-Afrika spog met ŉ hoogs ontwikkelde ekonomie en bevorderde infrastruktuur.
      Dit is ŉ betekenisvolle rolspeler op die Afrika kontinent.

      Die ontwikkeling het egter stadiger geword en die nasie het een van die hoogste
      ongelykheidskoerse in die wêreld.

      Globale posisie:                        113
      Lewensverwagting:                       63,4
      BBP:                                    349,4 billion USD
      Bruto Nasionale Inkomste Per Kapita:    USD 11,923
      MOI posisie in Afrika:                  8
                                                    [Aangepas vanuit: africanexponent.com]

      3.3.1   Noem enige EEN eienskap van ontwikkelende lande.                                   (1)

      3.3.2   Watter aanwyser word gebruik wanneer MOI gemeet word?                              (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                                 (2)

      3.3.4   Verduidelik die gebruik van per kapita syfers.                                     (2)

      3.3.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die gehalte van menslike
              hulpbronne verbeter?                                                               (4)

3.4   Beskryf kortliks die belangrikheid van inheemse kennisstelsels.              (4 x 2)       (8)

3.5   Evalueer die Herkonstruksie en Ontwikkelingsprogram as ŉ ontwikkelings-
      strategie in Suid-Afrika.                                                               (8)
                                                                                             [40]

                                                                                                 b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                      10
                                                    (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1     Noem enige TWEE metodes wat gebruik word om Bruto Binnelandse
                Produk te bereken.                                          (2 x 1)                (2)

      4.1.2     Hoekom is welvaart belangriker as inkomste?                            (1 x 2)     (2)

4.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              SUID-AFRIKA SE BRUTO BINNELANDSE PRODUK – 2019
      Teen huidige pryse                                      2018                2019
      Vergoeding vir werknemers                            2 320 179           2 418 544
      Netto bedryfsurplus                                  1 249 182           1 296 696
      Verbruik van vaste kapitaal                            638 782             713 078
      Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste              4 245 848           4 428 317
      Ander belasting op produksie                           101 936             105 061
      Minus: Ander subsidies op produksie                      6 492               9 798
      Bruto waarde toegevoeg teen basiese                  4 173 328           4 523 580
      pryse
      Belasting op produkte                                  545 558             564 866
      Minus: Subsidies op produkte                            12 951              10 821
      Bruto binnelandse produk teen                        4 873 899           5 077 625
      markpryse
                                                                   [Bron: SARB – QB Maart 2020]

      4.2.1     Gee EEN voorbeeld van belasting op produkte.                                       (1)

      4.2.2     Noem EEN vorm van vergoeding vir werknemers.                                       (1)

      4.2.3     Beskryf kortliks die term huidige pryse.                                           (2)

      4.2.4     Verduidelik die doel van subsidies op produksie.                                   (2)

      4.2.5     Bereken die verbruik op vaste kapitaal as ŉ persentasie van die BWT teen
                faktorkoste vir 2019. Toon ALLE berekeninge.                                       (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                       11
                                                  (VRAESTEL 1)                 GRAAD 11

4.3   Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              ŉ Dekade om die NOP visie ŉ realiteit te maak
      Die jaar 2020 merk die 26ste jaar van demokrasie in Suid-Afrika. Dit merk ook dat
      ons slegs 10 jaar oor het om die visie, soos uiteengesit in die Nasionale
      Ontwikkelingsplan (NOP) te behaal.

      Die plan bepaal jaar-op-jaar doelwitte wat deur die regering behaal moet word.
      Dit sluit onder andere die ontbinding van strukturele ekonomiese elemente in wat
      onveranderd bly en nog steeds ekonomiese groei ondermyn.

                                             [Bron: Aangepas vanuit https://mg.co.za/article/]

      4.3.1   Wat is die hoofdoel van die NOP?                                                    (1)

      4.3.2   In watter jaar beoog die NOP om die hoofdoel te bereik?                             (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese groei.                                         (2)

      4.3.4   Verduidelik die negatiewe effek wat die NOP op belastingbetalers kan hê.            (2)

      4.3.5   Hoe sal die Suid-Afrikaanse ekonomie voordeel trek uit die
              implementering van die NOP?                                             (2 x 2)     (4)

4.4   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.                  (4 x 2)     (8)

4.5   Analiseer Suid-Afrika se beperkings met betrekking tot ekonomiese groei.                    (8)
                                                                                                 [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              80

                                                                                                  b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                              12
                                                (VRAESTEL 1)             GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                      STRUKTUUR VAN OPSTEL                               PUNTE-
                                                                         TOEKENNING
Inleiding:
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
   verband hou, te definieer of te omskryf.
                                                                            Maks. 2
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal
   NIE.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam:

 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
 Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Trek ŉ grafiek en verduidelik/        Maks. 26
 Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
 Debatteer
 ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
 voorbeelde.

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/
Interpreteer/Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer/Evalueer        Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir bloot die lys van
feite.
Slot:
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
   enige feite wat reeds genoem is
• Enige mening of waarde-oordeel van die bespreekte feite, met
                                                                            Maks. 2
   voorbeelde om jou bespreking te staaf
• Addisionele, ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
   versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
                                                               TOTAAL         40

                                                                                       b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                  13
                                                (VRAESTEL 1)               GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in diepte, die belangrikheid van entrepreneursvaardighede.     (26 punte)

•   Hoe kan die regering entrepreneurs van klein besighede bystaan wat negatief deur
    die COVID-19 pandemie geaffekteer is?                                  (10 punte) [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder die volgende
    opskrifte:

    o     Bankier vir die regering   (8)
    o     Bank van uitreiking        (8)
    o     Bankier se bank            (10)                                    (26 punte)

•   Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid gebruik om die
    hoeveelheid geld in die land te beïnvloed?
                                                                         (10 punte) [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                             TOTAAL:      150

                                            EINDE

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
