# Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2023
- Exam period: Gauteng November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2023 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-question-paper/7f5fa3a9-535a-476e-a085-135256d299aa)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November Exam · 2023. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   PROVINSIALE EKSAMEN
                     NOVEMBER 2023
                        GRAAD 11

                         EKONOMIE

                         VRAESTEL 2

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

12 bladsye

                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                              2
                                               (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal
      oorskry, sal NIE nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 1 – 2 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                              3
                                                  (VRAESTEL 2)              GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                         30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1    Watter van die volgende is ŉ potensiële nadeel van ŉ monopolie vir die
               samelewing as geheel?

               A    Verhoogde doeltreffendheid
               B    Minder innovering
               C    Produk verskeidenheid
               D    Laer pryse

      1.1.2    Die verskil tussen totale koste en veranderlike koste is … koste.

               A    marginale
               B    gemiddelde
               C    vasgestelde
               D    eenheids-

      1.1.3    Skaalvoordele vind plaas wanneer …

               A    die koste per eenheid afneem en die uitset toeneem.
               B    die koste per eenheid toeneem en die uitset afneem.
               C    die koste per eenheid en die uitset afneem.
               D    die koste per eenheid en die uitset toeneem.

      1.1.4    Wanneer die aanbod van ŉ goed afneem, bly ewewigsprys dieselfde. Wat
               is die pryselastisiteit van vraag van die goed?

               A    –1
               B    Nul
               C    +1
               D    Oneindig

      1.1.5.   Wat is teenwoordig in ŉ doeane-unie, maar nie in ŉ vryhandelsgebied
               nie?

               A    ŉ Gemeenskaplike eksterne tarief met die res van die wêreld.
               B    ŉ Gemeenskaplike monetêre stelsel.
               C    ŉ Gemeenskaplike belastingstelsel.
               D    Die vrye beweging van alle goedere, dienste en produksiefaktore.

      1.1.6    DBI/FDI beweeg fisiese ... tussen lande

               A    goedere
               B    hulpbronne
               C    tegnologie
               D    kapitaal
                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE                                   4
                                              (VRAESTEL 2)             GRAAD 11

    1.1.7   Aardverwarming is die gevolg van die vrystelling van … gasse in die
            atmosfeer.

            A    natuurlike
            B    waterstof
            C    kweekhuis
            D    suurstofryke

    1.1.8   Die term groen ekonomie verwys na …

            A    ŉ ekonomie wat groen is.
            B    omgewingsvriendelike produksie-aktiwiteite.
            C    besoedelingstowwe wat deur fabrieke vrygestel word.
            D    inflasie.
                                                                              (8 x 2)    (16)

1.2 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
    neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

              KOLOM A                                  KOLOM B
        1.2.1 Rekeningkundige      A    Vraag neem toe wanneer inkomste toeneem
              wins
                                   B   Die verskeidenheid plant- en dierelewe in ŉ
        1.2.2 Kartel                   spesifieke area

        1.2.3 Langtermyn           C   Firmas wat goedere en dienste in verskeie lande
                                       produseer
        1.2.4 Normale goedere
                                   D   Kom gewoonlik voor in ŉ oligopolisitiese
        1.2.5 Multinasionale           markstruktuur
              ondernemings
                                   E   Internasionale ooreenkomste wat daarop gemik
        1.2.6 Portefeulje-             is om kweekhuisgasse te verminder
              beleggings
                                   F   Lank genoeg sodat alle faktorinsette gevarieer
        1.2.7 Kyoto-protokol           kan word

        1.2.8 Biodiversiteit       G Die verskil tussen ŉ firma se totale inkomste en
                                     eksplisiete koste

                                   H   Die aankoop van finansiële bates wat maklik in
                                       kontant omgeskakel kan word

                                   I   Word deur verbruikers aangegaan wanneer
                                       hulle goedere koop
                                                                             (8 x 1)          (8)

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                              5
                                                 (VRAESTEL 2)              GRAAD 11

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   Pryse wat uitgedruk word as ŉ vergelyking met ander pryse

      1.3.2   Totale inkomste gedeel deur die hoeveelheid verkoop

      1.3.3   ŉ Verandering in prys sal ŉ groter persentasie verandering in die
              hoeveelheid aanbod veroorsaak

      1.3.4   Die geleentheidskoste om ŉ goed of diens te produseer is laer as die
              ander land se geleentheidskoste

      1.3.5   Die voorsiening van finansiering deur die regering om plaaslike
              besighede te ondersteun

      1.3.6   Die versameling en dikwels herverwerking van weggooimateriaal vir
              hergebruik
                                                                             (6 x 1)   (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:           30

                                                                                           b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                        6
                                                  (VRAESTEL 2)              GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.                        (2 x 1)       (2)

      2.1.2   Waarom is die GI -en MI-kromme gelyk in die volmaakte mark?               (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                Natuurlike
              Arbeidsmark                       hulpbronne
                                                   mark

                            Kapitaalmark                        Voertuie

      2.2.1   Identifiseer ŉ voorbeeld uit die inligting hierbo wat in ŉ goedere mark
              gevind word.                                                                            (1)

      2.2.2   Noem EEN produksiefaktor wat nie in die bogenoemde inligting genoem
              word nie.                                                                               (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term mark.                                                         (2)

      2.2.4   Verduidelik die positiewe impak van mededinging op markte.                              (2)

      2.2.5   Hoe beïnvloed natuurrampe die aanbod van produksiefaktore in die mark?
                                                                               (2 x 2)                (4)

                                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                     7
                                                  (VRAESTEL 2)              GRAAD 11

2.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                       KOSTE- EN INKOMSTEKURWE VIR 'N FIRMA

          Prys
                                                                MK
                                                                               GK

          A
          B
          C

          D
                                                 MI                            GI
                  O                                     Hoeveelheid

      2.3.1   In die grafiek hierbo, teen watter prys vind allokatiewe doeltreffendheid
              plaas?                                                                               (1)

      2.3.2   Watter letter dui die winsmaksimering van die firma hierbo aan?                      (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term onvolmaakte mark.                                          (2)

      2.3.4   Wat sal waarskynlik met die vraag na hierdie firma se uitset op die
              langtermyn gebeur?                                                                   (2)

      2.3.5   Verduidelik die patroon van die MK-kromme.                             (2 x 2)       (4)

2.4   Bespreek kortliks die SMART-beginsel in die ontwerp van die doelwitte van
      besighede.                                                                (4 x 2)            (8)

2.5   Hoe kan ŉ firma se doelwit in ŉ oligopolistiese mark verskil van die doelwit van ŉ
      firma in ŉ volkome-mededingende mark?                                                     (8)
                                                                                               [40]

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                     8
                                                   (VRAESTEL 2)               GRAAD 11

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                          40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1     Noem enige TWEE vervoermiddels wat wêreldwyd betrokke is.             (2 x 1)       (2)

      3.1.2     Hoe kan die regering bevel -en beheermaatreëls suksesvol gebruik om
                omgewingsvolhoubaarheid te verseker?                            (1 x 2)             (2)

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                       [Bron: google images]

      3.2.1   Identifiseer EEN gevolg van globalisering uit die inligting hierbo.               (1)

      3.2.2   Watter globale instelling help lande in ŉ finansiële krisis?                      (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term globalisering.                                          (2)

      3.2.4   Wat is die effek van globalisering op ontwikkelende lande?                        (2)

      3.2.5   Verduidelik die effek van ekonomiese integrasie binne die wêreld. (2 x 2)         (4)

                                                                                                    b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                       9
                                                    (VRAESTEL 2)                 GRAAD 11

3.3   Bestudeer die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 [Bron: com/south-africa/pictures-pikitup-workers-strike-turns-joburg-city-dirt]

      3.3.1   Identifiseer die bruin omgewingskwessie wat hierbo geïllustreer word.                    (1)

      3.3.2   Watter gebiede in ŉ land is dikwels hoogs besoedel?                                      (1)

      3.3.3   Beskryf die term omgewingsvolhoubaarheid.                                                (2)

      3.3.4   Verduidelik omgewingsbelasting as ŉ manier om die omgewing te
              onderhou.                                                                                (2)

      3.3.5   Waarom word nywerhede dikwels geblameer vir hulle bydra tot
              omgewings- en lugbesoedeling?                                              (2 x 2)       (4)

3.4   Verduidelik kortliks die hoofdoelwitte van die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte
      (MODe.)                                                                     (4 x 2)              (8)

3.5   Hoe kan vloede die ekonomie negatief beïnvloed?                                               (8)
                                                                                                   [40]

                                                                                                       b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                    10
                                                    (VRAESTEL 2)              GRAAD 11

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE hindernisse vir toetrede tot ŉ monopoliemark. (2 x 1)              (2)

      4.1.2   Hoe sal die verwydering van Suid-Afrika uit die vryhandelsone die land se
              ekonomie beïnvloed?                                                (1 x 2)         (2)

4.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        PLAASLIKE BESIGHEDE GEKREUPEL ONDER KRAGONDERBREKINGS

      Beurtkrag en kragonderbrekings het besigheidsure, produksie en inkomste
      verminder. Sommige besighede moes ook groot bedrae aan alternatiewe
      kragbronne bestee terwyl ander nie hierdie bykomende koste kan bekostig nie.
      Kragonderbrekings het bedryfskoste verhoog, wat lei tot verlies aan inkomste en
      dalende winsgrense, wat winsgewendheid beïnvloed.
       [Bron:https://germistoncitynews.co.za/305016/businesses-bear-the-brunt-of-power-woes/]

      4.2.1   Identifiseer die beperking wat besighede in die gesig staar in die uittreksel
              hierbo.                                                                            (1)

      4.2.2   Noem enige EEN voorbeeld van eksplisiete koste wat deur besighede
              aangegaan word.                                                                    (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term inkomste.                                                (2)

      4.2.4   Waarna moet die besigheid kyk wanneer daar op ŉ vlak van uitset besluit
              word?                                                                              (2)

      4.2.5   Ontleed die rol van wins in ŉ besigheid.                                (2 x 2)    (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                                 11
                                                      (VRAESTEL 2)           GRAAD 11

4.3   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                       [Bron: googleimages]

      4.3.1     Identifiseer die tipe ekonomie waarin die primêre sektor die meeste tot
                BBP sal bydra.                                                                  (1)

      4.3.2     Noem enige EEN vinnig-ontwikkelende land in Afrika.                             (1)

      4.3.3     Beskryf kortliks die term Noord/Suid-verdeling.                                 (2)

      4.3.4     Hoe beïnvloed toegang tot veilige drinkwater lewensverwagting?                  (2)

      4.3.5     Vergelyk die kenmerke van ryk (Noord) en arm (Suid) lande.           (2 x 2)    (4)

4.4   Verduidelik kortliks, met behulp van die onderstaande grafieke, hoe pryse vir ŉ
      individuele produsent in ŉ volmaakte mark bepaal word.                     (4 x 2)        (8)

         P          MARK                       P       INDIVIDUELE PRODUSENT
            V                    A

       P1                                    P1

                S                    D

        O              Q      Hoeveelheid         O   q    q1     q2   Hoeveelheid

4.5   Wat is die voordele van die bevordering van globalisering?                                (8)
                                                                                               [40]
                                                                   TOTAAL AFDELING B:           80
                                                                                                b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                   12
                                                 (VRAESTEL 2)              GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                  PUNTE
STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.                                               Maks. 2
• ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat verband hou met die
    vraagonderwerp te definieer.
• Moenie enige deel van die vraag in die inleiding insluit nie.
• Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek               Maks. 26
krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Teken
ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek wat gegee is en verduidelik/
Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/voorbeelde.                 Maks. 10
Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/Aflei/
Vergelyk/ Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van feite.
Gevolgtrekking
Enige gevolgtrekking van hoër orde moet die volgende insluit:                       Maks. 2
• ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem
    is, te herhaal
• Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
• Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te versterk
• ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
• Aanbevelings
                                                                     TOTAAL           40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

• Bespreek, in detail, die pryselastisiteit van vraag (PEV) sonder die hulp van grafieke.
                                                                               (26 punte)
• Hoe kan die regering die pryselastisiteit van aanbod van noodsaaklike goedere
  verhoog?                                                                  (10 punte)      [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                      40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Ondersoek, in detail, die probleme wat die omgewing bedreig.              (26 punte)

•   Evalueer die implementering van die doelwitte van die Wêreldberaad oor
    Volhoubare Ontwikkeling in Suid-Afrika.                                (10 punte)       [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                               TOTAAL:      150

                                             EINDE

## Related documents

- [Gr 11 Economics P2 (English) 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-english-2023-question-paper/10eadb80-f5fa-4b02-aeb9-25b32d577661) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Gr 11 Economics P2 (AFR) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afr-2023-possible-answers/5526925c-49e0-4b9a-b046-25907db21c52) — Economics · Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-afrikaans-d/186f9a21-8418-4f20-aea9-61ab5d46925e) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GR11 NOV2023 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-gr11-nov2023-english/4d677eb8-2e94-4c13-96c0-a9e115c3d907) — Economics · QP · 2023 · Eng
- [Gr 11 Eco P2 (Afrikaans) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-afrikaans-june-2023-question-paper/56be9682-6841-4908-96d9-de8713868ac0) — Economics · QP · 2023 · Afr
- [Gr 11 Eco P2 (English) June 2023 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-eco-p2-english-june-2023-question-paper/3148e25e-81ec-43d7-b75c-08a95adf3209) — Economics · QP · 2023 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
