# Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/31892a7a-6164-4ad8-aa75-a9355025cd79
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-november-2022-possible-answers/31892a7a-6164-4ad8-aa75-a9355025cd79)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN

                  NOVEMBER 2021

                    GRAAD 11

                NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 2)

19 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   C    volkome onelasties ✓✓

      1.1.2   A    toeneem. ✓✓

      1.1.3   B    dieselfde punt waar totale vaste koste begin. ✓✓

      1.1.4   C    verminder tot onder nul. ✓✓

      1.1.5   D    Die Nasionale Waterwet ✓✓

      1.1.6   A    Wêreldhandelsorganisasie ✓✓

      1.1.7   D    koolstofvrystellings. ✓✓

      1.1.8   C    Kyoto Protokol ✓✓                                          (8 x 2)   (16)

1.2   PASSENDE ITEMS

      1.2.1   H    Indien die kruiselastisiteit van vraag positief is ✓

      1.2.2   F    Daar is baie firmas wat goedere vervaardig wat soortgelyk is,
                   maar nie identies nie ✓

      1.2.3   D    Hoe meer uitset ŉ firma vervaardig, hoe doeltreffender word dit
                   en die koste om elke eenheid te produseer neem per gemiddeld
                   af ✓

      1.2.4   B    Die verandering in die firma se totale inkomste as gevolg van die
                   verkoop van een addisionele eenheid van die uitset ✓

      1.2.5   C    ŉ Land is toegerig om ŉ produk beter as ander lande te
                   produseer ✓

      1.2.6   G    Groot besigheidsorganisasies wat goedere en dienste in lande
                   regoor die wêreld vervaardig en/of versprei ✓

      1.2.7   I    Vind plaas wanneer natuurlike habitatte verwoes word en
                   natuurlike hulpbronne uitgeput is. ✓

      1.2.8   E    Verander vrugbare landbougrond in onvrugbare woestyn as
                   gevolg van swak grondbestuur ✓                         (8 x 1)        (8)

                                              2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE
                               NASIENRIGLYNE
                                                  (VRAESTEL 2)    GRAAD 11

1.3   TERMINOLOGIE

      1.3.1   Wet van afnemende marginale nut ✓

      1.3.2   Homogeen ✓

      1.3.3   Wins ✓

      1.3.4   Koolstofkrediete ✓

      1.3.5   Handelsblok ✓

      1.3.6   Aardverwarming ✓                                   (6 x 1)    (6)
                                                                           [30]

                                                   TOTAAL AFDELING A:       30

                                         3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

AFDELING B

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   2.1.1   Lys TWEE voorbeelde van vaste koste.

              Huur ✓
              Lone en salarisse ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2 x 1)   (2)

      2.1.2   Wat sal ŉ vervaardiger motiveer om voort te gaan om produksie te
              verhoog?

              Besighede sal bereid wees om te vervaardig waar die bykomende
              inkomste wat ontvang word gelyk is aan die bykomende produksiekoste
              van die eenheid. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (1 x 2)         (2)

2.2   DATA RESPONS

      2.2.1   Noem enige EEN tipe pryselastisiteit van vraag.

              •   Volkome onelasties✓
              •   Volkome elasties ✓
              •   Relatief onelasties✓
              •   Eenheidselastisiteit ✓
              •   Relatief elasties ✓                                                         (1)

      2.2.2   Noem die waarde van die pryselastisiteit van vraag in grafiek A
              hierbo.

              •   0✓                                                                          (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term pryselastisitiet van vraag.

              •   Pryselastisiteit van vraag is ŉ maatstaf van hoe responsief vraag is vir
                  ŉ verandering in prys. ✓✓                                                   (2)

      2.2.4   Hoe word die kruiselastisiteit van vraag bereken?

              •  Die persentasie verandering in die hoeveelheid aangevra van produk A
                 word gedeel deur die persentasie verandering in die prys van produk
                 B. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

                                               4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)          GRAAD 11

      2.2.5   Verduidelik hoekom die pryselastisiteit van vraag ŉ negatiewe
              simbool het.

              •  ŉ Omgekeerde verhouding bestaan tussen hoeveelheid en prys. ✓✓
              •  Hoeveelheid en prys beweeg in teenoorgestelde rigtings en ŉ
                 positiewe (+) teken sal altyd deur ŉ negatiewe (–) een gedeel
                 word. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevant antwoord.)                              (4)

2.3   DATA RESPONSE

      2.3.1   Gee EEN eienskap van ŉ monopolie vir Microsoft.

              •   Tegniese voortreflikheid                                                  (1)

      2.3.2   Noem enige staatsbeheerde monopolie.

              •   Suid-Afrikaanse Posdiens 
              •   Eskom                                                                     (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term patent.

              •   ŉ Patent is die wetlike reg waarby die patenthouer eksklusiewe regte
                  verkry om ŉ produk te vervaardig. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      2.3.4   Hoekom word Microsoft as ŉ monopolie beskou?

              •   Geen ander firma mag met hulle meeding op die Windows- en Office-
                  besighede nie. 
               • Hulle het verskeie klein monopolieë wat afgedwing word deur die
                  regerering en daarom is die monopolie objektief welverdiend,
                  onafhanklik van hul markaandeel. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      2.3.5   Verduidelik die hindernisse in ŉ monopolistiese mark.

              •   Wetlike beperking  – word bepaal deur landswette en staan
                  eksklusiewe regte toe  bv. die poskantoor 
              •   Lisensiëring  – ŉ firma mag slegs handel dryf indien ŉ lisensie
                  uitgereik word deur die staat  bv. telefoondiensverskaffers 
              •   Hoë aanvangs- of ontwikkelingskoste  – bv. dit kos baie geld om ŉ
                  kragstasie te bou of om ŉ eskader vliegtuie aan te koop (natuurlike
                  monopolie).                                                    (2 x 2)   (4)

                                               5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

2.4   Bespreek die aard van die produk en toegang as eienskappe van ŉ volmaakte
      mark.

      Aard van die produk:
         • Die produk is homogeen.✓✓
         • Dit is in alle opsigte identies en daar is geen handelsmerke nie. ✓✓   (2 x 2)

      Marktoegang:
      • Toegang/Intrede en uitgang/uittrede is gratis. ✓✓
      • Daar is geen versperring vir toegang nie. ✓✓                              (2 x 2)    (8)
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Maksimum 4 punte vir blote lys.)

2.5   Analiseer hoekom die prys van ŉ produk, onder volmaakte mededinging
      gelyk sal wees aan die laagste punt op die langtermyn gemiddelde
      kostekurwe.

      • Indien die firma ŉ ekonomiese wins maak, kan dit sy produksievermoë aanpas
         deur ŉ groter produksieaanleg te bou. 
      • Die industrie kan uitbrei omdat nuwe besighede die mark kan betree. 
      • Die toename in vervaardiging sal die markaanbodkurwe na regs stoot en
         sodoende die markprys verlaag. 
      • Ekonomiese winste sal uiteindelik verdwyn as gevolg van die afname in
         gemiddelde inkomste. 
      • Langtermyn-ewewig word bereik waar die laagste punt van die GK-kurwe as ŉ
         raaklyn dien vir die Vraag/GI-kurwe (wat die prys is). 
      • Indien die besigheid ŉ ekonomiese verlies ervaar, sal firmas die besigheid
         verlaat of op produksie besnoei. 
      • Dit sal die markaanbodkurwe na links skuif en sodoende pryse verhoog. 
      • Ekonomiese verlies sal uiteindelik verdwyn as gevolg van toenemende
         gemiddelde inkomste.
      • Hierdie prys sal uiteindelik gelyk wees aan die minimum punt van die LGK-
         kurwe, d.w.s. normale wins 
      • Grootskaalse vervaardiging verminder die pryse. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                     (8)
                                                                                            [40]

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)          GRAAD 11

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                        40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   3.1.1   Lys enige TWEE lande waarna daar verwys word as ‘Asian Tigers’.

              • Sjina ✓
              • Singapoer ✓
              • Thailand ✓
              • Suid-Korea ✓
              • Hong Kong ✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)             (Enige 2 x 1)   (2)

      3.1.2   Hoe word markgebaseerde metodes vir besoedelingsbeheer gebruik?

              Emissieshandel verskaf ekonomiese aansporings om vermindering in die
              vrystelling van besoedelende stowwe te bewerkstellig.✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (1 x 2)        (2)

3.2   DATA RESPONS

      3.2.1   Gee ŉ ekonomiese konsep wat geassosieer kan word met die frase
              “Die wêreld is rond. Ons sal daar uitkom.”

              Globalisering ✓                                                                (1)

      3.2.2   Waarvoor staan die afkorting WHO?

              Wêreldhandelsorganisasie ✓                                                     (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term vrye handel.

              Dit is die verwydering of vermindering van handelstariewe soos
              invoerkwotas en invoerregte. ✓✓                                                (2)

      3.2.4   Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en vrye
              handel.

              Vrye handel lei tot spesialisasie en skep vergelykende voordeel vir lande. ŉ
              Land sal fokus op die produkte wat teen die laagste produksiekoste
              vervaardig kan word in vergelyking met ander lande en sal tussen mekaar
              handel dryf. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

      3.2.5   Hoe kan vryhandelsbeleid lande bevoordeel?

               • Verhoog toegang tot goedere van hoër gehalte en laer pryse. ✓✓
               • Toenames in ekonomiese groei. ✓✓
               • Verbeterde doeltreffendheid en innovasie. ✓✓
               • Bevorder mededinging en regverdigheid. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (4)

                                               7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)           GRAAD 11

3.3   DATA RESPONSE

      3.3.1   Identifiseer die behoefte vir die regering om visvangkwotas in te stel,
              volgens die artikel hierbo.

              Marine hulpbronne is besig om te kwyn/af te neem. ✓                         (1)

      3.3.2   Noem EEN oplossing wat die regering beplan om te implementeer om
              alternatiewe werksgeleenthede vir die gemeenskap te skep.

              •   Hulle beplan ŉ nuwe hawe. ✓
              •   Kyk na ekotoerisme. ✓                                                   (1)

      3.3.3   Definieer kortliks die term kwotas.

              •   ŉ Kwota is die beperkte aantal of hoeveelheid van iets wat amptelik
                  toegelaat word. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

      3.3.4   Skets EEN rede hoekom die arm vissermanne nie by hierdie kwotas
              sal baat nie.

              •  Die koste om ŉ kwota te hê is baie hoog. ✓✓
              •  Hulle het nie dieselfde infrastruktuur as die groter maatskappye
                 nie. ✓✓
              • Die kwota is nie groot genoeg om koste te dek en ŉ ordentlike
                 lewenstandaard te handhaaf nie. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

      3.3.5   Verduidelik hoe die “wegkwyning” van marine hulpbronne verhoed
              kan word.

              •  Stop die oorverbruik van vis. ✓✓
              •  Stop die besoedeling van die oseane wat die uitwissing van sekere
                 visspesies veroorsaak.✓✓
              • Stop groot buitelandse skepe wat die vis in ons oseane uitroei
                 (treilvisserye). ✓✓
              • Ons moet visteelprogramme aanmoedig. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (2 x 2)   (4)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

3.4   Bespreek die veranderinge in die diensvoorwaardes en veranderinge in
      kultuur as nagevolge van globalisering.

       Verandering in die diensvoorwaardes:
       • Met globalisering maak MNO's (multi-nasionale organisasies) direkte
         buitelandse beleggings (DBB) in ontwikkelende lande se besighede en dit skep
         indiensnemingsgeleenthede.✓✓
       • DBB’s voorsien belonende werksgeleenthede.✓✓
       • Het gelei tot werksverlies in ontwikkelde lande. ✓✓                  (2 x 2)
                                                                                              (4)
      Verandering in kultuur:
       • Daar is ŉ toename in die begeerte om buitelandse idees te gebruik.✓✓
       • Globalisering het daartoe gelei dat verskeie kulture bymekaar gekom het. ✓✓
       • Mense van een kultuur ontdek die tekortkominge in hul eie kultuur wanneer hulle
         blootgestel word aan ander kulture. ✓✓
       • Hulle pas aspekte van ander kulture aan wat meer toepaslik is met moderne
         tye. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2 x 2)    (4)

3.5   Analiseer die belangrikheid van die versorging van die woude vir die
      ekonomie en die omgewing.

      Bosse moet onderhou word omdat:

       •  Mense afhanklik is van hulle.✓✓
       •  Hulle suurstof genereer (of die lug wat ons inasem). ✓✓
       •  Die hout van die bome gebruik word vir die vervaardiging van meubels, boeke
          en alle ander houtprodukte. ✓✓
       • Hulle habitatte verskaf vir diere. ✓✓
       • Hulle waterskeidingbeskerming bied. ✓✓
       • Hulle gronderosie voorkom. ✓✓
       • Hulle klimaatsverandering versag. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (4 x 2)       (8)
                                                                                             [40]

                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 2)        GRAAD 11

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   4.1.1       Lys TWEE soorte winste wat met ŉ besigheid geassosieer word.

              •      Normale wins 
              •      Ekonomiese wins 
              •      Ekonomiese verlies                                             (2 x 1)   (2)

      4.1.2       Hoekom is dit belangrik vir ons om die omgewing te onderhou?

              •  Die omgewing is ŉ ekosisteem waarvan die samelewing en die
                 ekonomie afhanklik is. Indien die omgewing nie versorg word nie, sal die
                 samelewing nie oorleef nie en die ekonomie sal nie floreer nie. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (1 x 2)      (2)

4.2   DATA RESPONS

      4.2.1   Noem EEN markstruktuur waarin prysnemers bestaan.

              •     Volmaakte mededinging                                                     (1)

      4.2.2   Noem enige EEN tipe markstruktuur behalwe die een geïdentifiseer in
              die inligting hierbo.

              •     Oligopolie 
              •     Monopolie 
              •     Monopolistiese mededinging                                                (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term homogeen.

              •     Produkte wat identies is met geen ooglopende verskil in eienskappe of
                    kwaliteite nie.                                                          (2)

      4.2.4   Hoekom is verbruikers prysnemers?

              •     ŉ Prysnemer is ŉ individu of firma wat die heersende markprys moet
                    aanvaar omdat die individu of firma nie genoegsame aandeel in die mark
                    besit nie en het geen invloed op die mark het nie.                       (2)

      4.2.5   Bespreek die eienskappe van ŉ individuele besigheid.

              •     Hulle het geen begeerte om hulle sakebedrywighede te vergroot nie en
                    as ŉ reël, word geen bemarking gedoen nie.
              •     Hulle maak staat op ŉ bestendige stroom gereelde klante en brei selde
                    hulle mark verder as hierdie kliënte uit.                      (2 x 2)   (4)

                                                 10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

4.3   DATA RESPONS

      4.3.1   Noem enige EEN faktor wat bydra tot die verlies aan biodiversiteit.

              •   Verlies aan habitat ✓
              •   Agteruitgang ✓
              •   Oormatige voedingstoflading ✓
              •   Lug- en waterbesoedeling ✓
              •   Oorbenutting en onvolhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne ✓            (1)

      4.3.2   Noem enige EEN tipe besoedeling wat NIE in die uittreksel hierbo
              genoem is nie.

              •   Grondbesoedeling ✓
              •   Geraasbesoedeling ✓
              •   Termiese besoedeling ✓
              •   Ligbesoedeling ✓
              •   Plastiekbesoedeling ✓                                                       (1)

      4.3.3   Verduidelik kortliks die term bruin omgewingskwessies.

              Bruin omgewingskwessies fokus op die begrip dat sosiale kwessies nie van
              die omgewing geskei kan word nie. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

      4.3.4   Wat is die hoofoorsaak van klimaatsverandering?

              Aardverwarming ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

      4.3.5   Hoe beïnvloed klimaatsverandering die ekonomiese omgewing?

              •  Verlies aan habitat en biodiversiteit het ŉ negatiewe impak op die
                  toerismebedryf omdat toeriste aangetrokke is tot die skoonheid van
                  die natuur en inheemse plante.✓✓
              • Die landbousektor word negatief beïnvloed aangesien droë seisoene
                  langer word, en nat seisoene later begin.
              • Die vervaardiging van hout produkte verminder omdat woude totaal en
                  al tot nuut kan gaan. ✓✓
              (Aanvaar enige ander korrekte en relevante antwoord.)                 (2 x 2)   (4)

                                               11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)            GRAAD 11

4.4   Onderskei tussen die volgende handelsgroeperings, BRICS en G20-lande.

      BRICS

      •   ŉ Handelsblok wat bestaan uit prominente, opkomende ekonomieë van die
          wêreld. ✓✓
      •   Lidlande bestaan uit: Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika. ✓✓

      G20-LANDE

      •   Bestaan uit 20 opkomende/ontwikkelende ekonomieë. ✓✓
      •   Die doel van die ooreenkoms is om toegang tot die noorderlike
          landboumarkte te kry. ✓✓
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (4 x 2)    (8)

4.5   Hoekom moet marginale inkomste gelyk wees aan marginale koste sodat
      winste gemaksimeer kan word?

      •   Marginale inkomste (MI) is die bykomende inkomste ontvang deur die
          vervaardiger vir elke bykomende eenheid wat geproduseer word. 
      • Die individuele vervaardiger moet produseer teen ŉ punt waar marginale
          inkomste gelyk is aan marginale koste. (MI=MK) 
      • Dit is die moeite werd vir die firma om uitset te vermeerder op die punt,
          omdat winste verhoog kan word deur verhoogde uitset. 
      • Onder volkome mededinging is die prys (P) gelykstaande of dieselfde as
          marginale inkomste (MI) en vraag (V). 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                  (8)
                                                                                         [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          80

                                             12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)        GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                     STRUKTUUR VAN OPSTEL                                PUNTE-
                                                                         TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
• ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraagonderwerp
   verband hou, te definieer of te omskryf.
                                                                            Maks. 2
• MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• MOENIE enige gedeelte van die inleiding in die liggaam herhaal
   NIE.
• Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
Differensieer/Verduidelik/Assesseer/Trek ŉ grafiek en                      Maks. 26
verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
gegewe grafiek/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir
opskrifte/voorbeelde.

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/            Maks. 10
Interpreteer/Verduidelik kortliks/Hoe?/Stel voor/Analiseer/Evalueer
ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir bloot die lys van
feite.
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder herhaling van
   enige feite wat reeds genoem is
• Enige mening of waarde-oordeel van die bespreekte feite, met
                                                                            Maks. 2
   voorbeelde om jou bespreking te staaf.
• Addisionele, ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
   versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
                                                               TOTAAL         40

                                               13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                             EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                             (VRAESTEL 2)          GRAAD 11

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

•       Met behulp van volledige benoemde diagramme, bespreek die vraag-
        verhouding tussen plaasvervanger (substituut) en komplementêre goedere.
                                                                        (26 punte)

 •      Hoekom sal Suid-Afrikaners verkies om plaasvervangende energiebronne bo
        steenkoolkrag te gebruik?                                      (10 punte)                         [40]

INLEIDING

ŉ Vraagverhouding bestaan waar twee of meer goedere of dienste op dieselfde tyd
aangevra word aangesien dit saam gebruik word of saam met mekaar gebruik
word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (Maks. 2)

HOOFDEEL

Plaasvervanger (substituut) goedere

                    P                                          Benoeming van assestelsel (moet
                                                               verband hou met die substituut produk) –
    Prys van tee
                                                               1 punt
    (substituut)
                                             A                 Benoeming op asse – 1 punt

           P1                                                  Aanduiding van die skuif in die
                                                               vraagkurwe na regs – 1 punt
                                                               Benoeming van die vraag- en
                                                     V1        aanbodkurwes – 1 punt
           Pe
                                                               Maksimum van 4 punte
                                                 V
                0                                          H
                            2 kg      3 kg

                    Hoeveelheid tee (substituut)

•  ŉ Toename in die prys van alternatiewe produkte (koffie) sal ŉ verskuiwing na regs tot
   gevolg hê in tee se vraagkurwe (vanaf V na V1 ) en sodoende ŉ toename in die vraag
   na die substituutproduk (tee). ✓✓
• Substituut produkte is uitruilbaar en dien as vervangings vir mekaar. ✓✓
(Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                                         (8)

                                                          14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                                      EKONOMIE
                                                                    NASIENRIGLYNE
                                                                                                      (VRAESTEL 2)        GRAAD 11

                           P                                                             Benoeming van assestelsel (moet
                                                                                         verband hou met die substituutproduk) –
                                                                                         1 punt
                                                                      A

Prys van koffie
                                                                                         Benoeming op asse – 1 punt

                  Pe                                                                     Aanduiding van die verskuiwing van die
                                                                                         vraagkurwe na links – 1 punt
                                                                           V             Benoeming van die vraag en
                  P1                                                                     aanbodkurwes – 1 punt
                                                                                         Maksimum van 4 punte
                                                                    V1
                                                                    1          H
                       0
                                              2 kg       3 kg

                                             Hoeveelheid koffie

• ŉ Toename in die prys van een produk (koffie) sal lei tot ŉ afname in die vraag vir
  dieselfde produk indien daar ŉ substituutproduk beskikbaar is (tee).✓✓
• Wanneer goedere teen mekaar meeding, word hul onderskeie vraag beïnvloed deur
  mekaar se pryse.✓✓
(Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                                                                     (8)

Komplementêre goedere

                                                                                                       Benoeming van assestelsel
                                                     P                                                 (moet verband hou met die
                                                                                             A1        komplementêre produk) –
                                                                                                       1 punt

                           Prys van lugtyd
                                               P1                                                      Benoeming op die asse –
                                                                                                       1 punt
                                                                                                  A
                                                                                                       Aanduiding van die toename in
                                                                                                       prys – 1 punt
                                               Pe
                                                                                                       Benoeming van die vraag- en
                                                                                                       aanbodkurwes – 1 punt
                                                                                         V
                                                                                                       Maksimum van 4 punte
                                                 0                                                H
                                                                      H1       He
                                                                Hoeveelheid lugtyd

                                                                                    15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  EKONOMIE
                                                  NASIENRIGLYNE
                                                                                  (VRAESTEL 2)           GRAAD 11

•  Komplementêre goedere word terselfdertyd (saam) aangevra, aangesien dit saam
   gebruik word of saam met mekaar gebruik word. ✓✓
• ŉ Toename in die prys van een van die goedere sal lei tot ŉ afname in die
   hoeveelheid gevra vir beide goedere. ✓✓
(Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                                                (8)

                              P                                     Benoeming van assestelsel (moet verband hou
                                                                    met die komplementêre produk) – 1 punt
                                                                    Benoeming op die asse – 1 punt

Prys van selfone
                                                  A
                                                                    Aanduiding van die verskuiwing van
                     Pe                                             vraagkurwe na links – 1 punt
                                                                    Benoeming van die vraag- en aanbodkurwes –
                                                                    1 punt
                                                           V
                     P1                                             Maksimum 4 punte

                                                      V1
                          0                                    H
                                      H1     He
                                  Hoeveelheid selfone

•   Sommige komplementêre goedere het swakker verhoudings en is minder afhanklik
    van mekaar bv. pen en papier. ✓✓
• ŉ Toename in die prys van lugtyd sal ŉ afname in die vraag na selfone veroorsaak,
    van V tot V1. ✓✓
(Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die verduideliking.)                          (8)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (Maks. 26 punte)
ADDISIONELE DEEL
Hoekom sal Suid-Afrikaners verkies om plaasvervangende energiebronne bo
steenkoolkrag te gebruik?
  •                Die huidige energiebron is nie betroubaar nie, as gevolg van die energiekrisisse wat
                   beurtkrag veroorsaak het. ✓✓
  •                Die hoë koste van die huidige vorm van elektrisiteit is op die lang termyn nie vir die
                   meerderheid Suid-Afrikaners bekostigbaar nie. ✓✓
  •                Ander hernubare energiebronne is meer volhoubaar vir die omgewing as die huidige
                   energiebron wat in Suid-Afrika gebruik word. ✓✓
  •                Alternatiewe energiebronne vir steenkool, soos hernubare energie, skep
                   werksgeleenthede en ontwikkel plaaslike gemeenskappe. ✓✓
  •                Alternatiewe energiebronne vir steenkool is ook meer polities gunstig omdat die
                   wêreld die geveg teen klimaatsverandering versterk. ✓✓                        (Maks. 10)
SLOT
Dit is belangrik vir vervaardigers om die pryspatrone van komplementêre en substituut-
goedere te bestudeer om aan die eise van die verbruikers te voldoen. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.)                               (Maks. 2)
                                                                                                              [40]

                                                                   16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                    40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, ten volle, die oorsake van globalisering.                     (26 punte)

•   Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed?                   (10 punte)    [40]

INLEIDING

•  Globalisering is ŉ proses waardeur mense in aparte dele van die wêreld
   geïnkorporeer word as ŉ enkele globale samelewing.✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                           (Maks. 2)

HOOFDEEL

Grootskaalse vervaardiging en grootskaalse bemarking ✓
• Soos lande geïndustrialiseer geraak het, het ŉ groot aanbod van produkte die
   markte oorstroom as gevolg van grootskaalse vervaardiging. ✓✓
• Dit het gelei tot die ontwikkeling van grootskaalse bemarkingstrukture.✓✓
• Aspekte van grootskaalse bemarking sluit die ontwikkeling van massiewe winkels en
   massa reklame in wat groot gehore bereik deur uitsendingstegnologie en gedrukte
   media✓✓
• Bv. Coca-Cola, Nike ens. ✓
Skaarsheid aan hulpbronne ✓
• Wêreldhandel verwys na die aankoop van goedere en dienste deur regerings,
   besighede en individue regoor die wêreld. ✓✓
• Die rede vir wêreldhandel is die skaarsheid van hulpbronne en produkte.✓✓
• Geen land besit al die goedere wat dit nodig het nie en geen land is daartoe in staat
   om al die nodige produkte self te produseer nie.✓✓

Ontwikkeling van vervoer ✓
• Nuwe tegnologieë wat op die gebied van vervoer ontwikkel is, sluit moderne
   infrastruktuur in soos snelweë wat lande verbind, vervoernetwerke en vinnige
   vervoermiddels per see, lug en land. ✓✓
• Hawens en lughawens het groter geword met meer kapasiteit om verskillende lande
   te verbind. ✓✓

Ontwikkeling van kommunikasietegnologie en globale inligtingsisteme ✓
• Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie het lande regoor die wêreld in staat
   gestel om verbind te word. ✓✓
• Van die ontwikkelings sluit in: selfone, rekenaars en die internet, wat onmiddellike
   skakels tussen mense of besighede moontlik maak, ongeag van waar in die wêreld
   hul gevestig is. Die skakels kan gebruik word om te praat, boodskappe te stuur en
   geld oor te dra. ✓✓
• Die skakels word moontlik gemaak deur nuwe kommunikasie tegnologie wat gebruik
   maak van landlyne, satelliete of onderwater kabelverbindings. ✓✓
• Die spoed waarteen die inligting oorgedra word het aansienlik toegeneem. ✓✓
• Radio, televisie en sosiale media kan nou inligting in ware tyd stuur. ✓✓
• Elektroniese finansiële markte maak dit moontlik vir geld om makliker oorgedra te
   word. ✓✓

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                 NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)         GRAAD 11

Opkoms van multinasionale korporasies✓
• ŉ Multinasionale korporasie is ŉ besigheid wat in meer as een land vervaardiging
   bestuur of dienste lewer. ✓✓
• Multinasionale korporasies het ontstaan omdat dit baie duur was om fabrieke tydens
   die nywerheidsfase te vestig. ✓✓
• In baie gevalle het besighede begin saamwerk en groot korporasies gevorm wat
   meestal gesamentlike aandelemaatskappye was wat deur aandeelhouers besit
   word. ✓✓
• Hierdie multinasionale korporasies het skakels regoor die wêreld gebruik om hul
   markte uit te brei en grootskaalse vervaardiging van goedere moontlik te maak. ✓✓

Vrye beweging van kapitaal ✓
• Geld kan met spoed en gemak regoor die wêreld gestuur word. ✓✓
• Bv. die finansiering van nuwe tegnologie in ontwikkelende lande. ✓

Ontwikkeling van tegnologie en kunsmatige intelligensie ✓
• Die toepassing en bestuur van vervaardigingsprosedures het verander as gevolg
   van moderne tegnologie. ✓✓
• Masjienleer het sagteware verbeter vir besighede om verbruikersgedrag regoor die
   wêreld te kan voorspel. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maks. 8 punte vir opskrifte, lys van feite en voorbeelde.)       (Maks. 26 punte)

ADDISIONELE DEEL

Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed?
• Die land moet toenemende mededinging hanteer. ✓✓
• Krisisse in die finansiële markte van ontwikkelde lande beïnvloed Suid-Afrikaanse
   markte. ✓✓
• Onstabiele toestande in Suid-Afrika se buurlande het die persepsie wat ander lande
   oor Suid-Afrika het, negatief beïnvloed wat dikwels tot die onttrekking van
   beleggings lei.✓✓
• Die vraag na minder geskoolde werkers het verminder. ✓✓
• Die verhoogde vervaardigingsvlakke het gelei tot verhoogde besoedelingspraktyke
   wat skadelik vir die omgewing is. ✓✓
• Die storting van goedkoop produkte het nywerhede soos die
   klerevervaardigingsbedrywe, hoenderbedrywe en staalbedrywe in duie laat stort. ✓✓
• Suid-Afrika word aan dieselfde standaarde as ander ontwikkelende lande gemeet en
   kompeteer vir Direkte Buitelandse Beleggings. (DBB) ✓✓
• Afgradering deur internasionale agentskappe het ŉ negatiewe impak op Suid-Afrika
   se skuldterugbetaling en internasionale lenings. ✓✓
• Die afgradering beïnvloed ook SA se vermoë om nuwe lenings te verseker om
   tekorte op ons betalingsbalans en nasionale begrotingstekorte te dek. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Maks. 2 punte vir die lys van feite en voorbeelde.)                           (Maks. 10)

                                             18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                           (VRAESTEL 2)        GRAAD 11

SLOT

Globalisering vind plaas teen ŉ versnelde pas. Ontwikkelende lande se ekonomieë sal
aanhou om negatief beïnvloed te word, tensy die lande beskermingstrategieë soos
invoertariewe en beperkings instel om plaaslike nywerhede te red van die oorheersende
nywerhede in ontwikkelde lande. ✓✓                                            (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante slot.)                                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                          TOTAAL:      150

                                            19

## Related documents

- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2017-possible-answers/118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
