# Accounting Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p1-afrikaans-2024-paper-x05/0bf1221a-b67d-4627-8563-893117dd3735
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p1-afrikaans-2024-paper-x05/0bf1221a-b67d-4627-8563-893117dd3735)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
               2024

                10711

        REKENINGKUNDE

          (VRAESTEL 1)

                                            TYD: 2 uur

                                            PUNTE: 150

         10 bladsye + 1 formuleblad en ŉ 10-bladsy-antwoordboek

                                                           b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                         2
                                                      (VRAESTEL 1)           10711/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   'n Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.

3.   Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.   Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

5.   Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.   Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.   Indien jy dit verkies, kan jy die formuleblad wat aan die einde van hierdie vraestel
     aangeheg is, gebruik. Die gebruik van die formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
     beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

      VRAAG                  ONDERWERP                            PUNTE        MINUTE

          1         Maatskappy Finansiële State                      55           45

                    Kontantvloeistaat en Finansiële
          2                                                          40           30
                    aanwysers

          3         Vertolking van Finansiële State                  40           30

          4         Korporatiewe Bestuur                             15           15

     TOTAAL                                                         150           120

                                                                                                b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                       3
                                                     (VRAESTEL 1)           10711/24

VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE                            (55 punte; 45 minute)

MNISI BEPERK

Inligting rakende die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024 word aan jou verskaf.

OPDRAG:

1.1 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig
    29 Februarie 2024.                                                                   (22)

1.2 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 29 Februarie 2024.         (33)

     LET WEL:      Sommige bedrae is reeds in die ANTWOORDBOEK aangeteken.

INLIGTING:

A.   Saldo’s en Totale op 29 Februarie 2024:

                                                            R               R
      Gewone Aandelekapitaal                                      ?                ?
      Behoue inkomste                                    1 038 480                 ?
      Vaste deposito: MRJ Bank                                    ?                0
      Lening: Hlubi Bank                                 1 624 000                 ?
      Debiteurekontrole                                    480 390
      Voorsiening vir oninbare skulde                             ?          24 000
      Handelsvoorraad                                      982 400
      SAID: Inkomstebelasting
                                                         1 812 730
      (voorlopige belastingbetalings)
      Bank (gunstig)                                              ?
      Krediteurekontrole                                 1 024 565
      Verkope                                           20 035 000
      Koste van verkope                                 11 409 700
      Direkteursfooie                                    1 307 840
      Huurinkomste                                         258 300
      Ouditfooie                                             69 720
      Kommissie inkomste                                          ?
      Skryfbehoeftes                                         68 300
      Dividende op gewone aandele                          260 000

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                         4
                                                       (VRAESTEL 1)            10711/24

B.   Aansuiwerings en addisionele inligting:
     (i)     Kommissie inkomste vir die jaar is ten volle ontvang teen 'n koers van 4%
             van die totale verkope inkomste.
     (ii)    Slegs twee derdes (2/3) van die ouditfooie is betaal. Die balans sal in Maart
             2024 vereffen word.
     (iii)   Die verhoging van die voorsiening vir oninbare skulde van R6 500, is nog
             nie aangeteken nie.
     (iv)    Elektroniese toerusting is aan die plaaslike kinderhuis geskenk. Bruto wins
             van R22 400 is verbeur indien hierdie voorraad verkoop sou word. Die
             winspersentasie op hierdie goedere is 35% op kosprys. Die boekhouer het
             nog nie die transaksie aangeteken nie.
     (v)     Die fisiese voorraad opname op 29 Februarie 2024 toon die volgende:
                Handelsvoorraad                      R923 200
                Skryfbehoeftes deur die jaar gebruik R58 520
     (vi)    Die huur is met R2 700 verhoog op 1 Julie 2023. Huur is vir een maand
             vooruit ontvang.
     (vii)   Die direkteursfooie sluit ŉ bedrag van R385 520 in, wat die helfte
             van die jaarlikse fooie van mnr. Jabu, die enigste direkteur aan die
             begin van die finansiële jaar, is. ŉ Addisionele direkteur is op
             1 September 2023, teen dieselfde fooi as mnr. Jabu, aangestel.
             Direkteursfooie is met 8% verhoog op 1 Mei 2023 en beide
             direkteure het hul fooie vir Maart 2024 ontvang.
     (viii) Die onderneming het nie in vorige jare finansiële beleggings gehad nie. Op
            1 Mei 2023 het hulle in 'n vaste deposito teen 9% p.j. belê. Die rente word
            nie gekapitaliseer nie, en is korrek bereken.
     (ix)    'n Krediteur se debietsaldo van R3 200 moet van haar Krediteure-
             grootboekrekening na haar rekening in die Debiteuregrootboek
             oorgedra word.
     (x)     Lening: Hlubi Bank
              Alle transaksies ten opsigte van die lening is aangeteken.
              Rente op lening word gekapitaliseer.
              'n Vaste maandelikse paaiement (insluitende rente) is ten volle betaal.
                Die terugbetalings insluitende rente beloop R402 000 vir die jaar.
             LET WEL: Die kapitaalgedeelte vir die terugbetalings sal met 5% afneem
                          oor die volgende finansiële jaar.
     (xi)    Totale dividende vir die jaar beloop R745 000.
     (xii)   'n Bedrag vir belasting is op 29 Februarie 2024 steeds ontvangbaar van die
             SAID.
     (xiii) Totale kapitaal aangewend op 29 Februarie 2024, nadat alle aansuiwerings
            in ag geneem is, beloop R16 176 000.
                                                                                             55

                                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                     5
                                                       (VRAESTEL 1)           10711/24

VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                               (40 punte; 30 minute)

JELLICOE BEPERK

Die inligting het betrekking op Jellicoe Bpk. vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.

GEVRA:

2.1 Voltooi die Gewone Aandelekapitaal Nota.                                                 (8)

2.2 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat:

        Inkomstebelasting betaal                                                            (4)
        Dividende betaal                                                                    (2)

2.3 Voltooi die volgende afdelings van die Kontantvloeistaat:

        Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite                                           (7)
        Netto veranderinge in kontant en kontantekwivalente                                 (4)

2.4 Verwys na Inligting B

     Die HUB is bekommerd oor die verhoogde bedrag vir veranderinge in
     bedryfskapitaal. Identifiseer TWEE oorsake wat die veranderinge te weeg
     gebring het en gee EEN oplossing om elk van die bekommernisse aan
     te spreek. Toon syfers en tendense.                                                     (4)

2.5 Bereken die volgende finansiële aanwysers:

        Netto batewaarde per aandeel                                                        (4)
        Dividende per aandeel                                                               (4)
        % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang                                        (3)

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                      6
                                                     (VRAESTEL 1)          10711/24

INLIGTING:
A.   Uittreksel van die Staat van Finansiële Posisie op 29 Februarie 2024:
                                                         2024              2023
                                                          R                 R
         Voorraad                                      370 000           530 000
         Handelsdebiteure                            1 210 000           700 000
         SAID: Inkomstebelasting                        46 000 Dt         93 600 Kt
         Kontant en kontantekwivalente                 380 000            19 000
         Totale bates                               10 371 600
         Gewone Aandelekapitaal
                                                                ?      5 320 000
         (sien B hieronder)
         Totale laste                                2 946 600
         Lening: NAPO Bank (sien E hieronder)        2 206 800                 ?
         Handelskrediteure                             550 000           925 000
         Bankoortrekking                                     0            76 800
         Aandeelhouers vir dividende                   189 000                 0
B.   Aandele en dividende
     Die maatskappy het 'n gemagtigde aandelekapitaal van 2 800 000 gewone
     aandele.
         1 Maart 2023        1 900 000 aandele is reeds uitgereik
         31 Julie 2023       470 000 addisionele aandele is uitgereik
         31 Oktober 2024     Aandele is teen R4 elk teruggekoop en die gemiddelde
                             prys was R3,10 per aandeel. Hierdie aandele kwalifiseer
                             nie vir finale dividende nie.
         29 Februarie 2024   Slegs 75% van die aandele is uitgereik.

          Daar was geen finale dividende op 28 Februarie 2023 op die aandeleregister
           verklaar nie.
          Interim dividende van 12 sent per aandeel is op 30 Junie 2023 verklaar en
           betaal.
          Totale dividende vir die jaar beloop R417 000.
C.   Inkomstebelasting
          Netto wins voor belasting R1 625 000.
          Netto wins na belasting R1 170 000.
D.   Lening: NAPO Bank
     Die leningstaat ontvang op 29 Februarie 2024 toon die volgende:
          Totale rente gekapitaliseer: R268 800
          Terugbetalings per maand insluitende rente: R56 900
E.   Die gemiddelde aandeelhouersekwiteit is R6 500 000.
                                                                                        40

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                          7
                                                      (VRAESTEL 1)            10711/24

VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIȄLE STATE                          (40 punte; 30 minute)

BUHLE BEPERK

GEVRA:

LET WEL:     Verskaf syfers, neigings, finansiële aanwysers, of berekeninge in ELKE
             geval om jou kommentaar en verduidelikings te staaf.

Die inligting het betrekking op Buhle Bpk, 'n maatskappy wat IT-dienste en
ondersteuning verskaf vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2024.

3.1   Kies 'n kategorie van aanwyser uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A
      pas. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die
      ANTWOORDBOEK.

                         KOLOM A                                    KOLOM B
       3.1.1 Die vermoë van 'n onderneming om al sy         A     Opbrengs op ekwiteit
             skuld te delg deur bestaande bates te
             benut                                          B     Risiko

       3.1.2 Die voordeel wat aandeelhouers ontvang         C     Solvensie
             deur in 'n maatskappy te belê
                                                            D     Hefboom
       3.1.3 Opbrengs op totale kapitaal aangewend

                                                                                                 (3)

3.2   Winsgewendheid:

      Aandeelhouers kla oor die onverantwoordelike prysverlagings gedurende die
      2024 finansiële jaar. Die direkteure hou vol dat pryse baie belangrik is wanneer dit
      met mededingers vergelyk word. Regverdig die direkteure se besluit. Haal TWEE
      finansiële aanwysers met syfers aan.                                                       (4)

3.3   Likiditeit:

      Lewer kommentaar op die netto bedryfskapitaal van die maatskappy. Haal TWEE
      finansiële aanwysers met syfers aan.                                                       (6)

3.4   Risko en Hefboom:

      Verduidelik hoe die uitreik van nuwe aandele die finansiële risiko en hefboom van
      Buhle Bpk. beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers en syfers aan.                    (6)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                        8
                                                      (VRAESTEL 1)           10711/24

3.5 Aandeleprys en aandeelhouding: Verwys na Inligting C en D.
       Verduidelik waarom direkteure in die aandeleprys van hul maatskappy op die
        JEB moet belangstel.                                                                   (2)
       Lewer kommentaar op die prys van die nuwe aandele wat in Februarie 2024
        uitgereik is. Gee 'n rede waarom aandeelhouers nie met hierdie prys tevrede
        behoort te wees nie. Haal TWEE finansiële aanwysers en syfers aan om jou
        opinie te staaf.                                                                       (5)
       'n Meerderheidsaandeelhouer, F. Nxumalo, besit tans 1 272 000 aandele in
        Buhle Bpk. Hy oorweeg dit om van die aandele in die volgende finansiële jaar
        te verkoop, aangesien hy geld benodig om 'n nuwe motor te koop. Bereken die
        maksimum aantal aandele wat hy sal kan verkoop sonder om sy
        meerderheidsaandeelhouding prys te gee (aanvaar dat alle ander aandele
        onveranderd sal bly).                                                                  (3)
3.6 Opbrengs, verdienste en dividende:
    Die direkteure het die dividendbeleid vir die huidige finansiële jaar verander.
       Verduidelik hoe die maatskappy daarin geslaag het om die hoë dividende te
        finansier, sonder om die geleende fondse te gebruik, om die aandeelhouers
        gelukkig te hou. Verskaf EEN punt met syfers.                                          (2)
       Verduidelik die verandering in die dividend uitbetalingskoers en gee 'n rede vir
        die verandering. Haal syfers aan.                                                      (3)
       Verduidelik of die aandeelhouers tevrede behoort te wees met die verdienste en
        opbrengs van die maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers aan.                       (6)
    INLIGTING:
    A. Finansiële aanwysers bereken aan die einde van Februarie:

                                                            2024             2023
          Wins % bereik                                    45,0%            55,0%
          % bruto wins op verkope                          28,2%            20,1%
          % bedryfsuitgawes op verkope                     20,8%            17,8%
          % netto wins op verkope                          22,0%            16,3%
          Bedryfsverhouding                                3,6 : 1          1,8 : 1
          Vuurproefverhouding                              2,9 : 1          0,9 : 1
          Debiteure-invorderingstydperk                    58 dae           31 dae
          Voorraadhoudingstydperk                         78,9 dae         54,6 dae
          Skuld-ekwiteitsverhouding                        0,4 : 1          0,9 : 1
          Verdienste per aandeel                          200 sent         125 sent
          Dividende per aandeel                           160 sent         120 sent
          Dividenduitbetalingskoers                        80,0%            96,0%
          % opbrengs op gemiddelde
                                                           12,7%            10,3%
          aandeelhouersbelang
          % opbrengs op gemiddelde kapitaal
                                                           16,9%            7,5%
          aangewend
          Netto batewaarde per aandeel                   1 841 sent       1 685 sent

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                     9
                                                (VRAESTEL 1)         10711/24

B. Addisionele inligting soos aan die einde van Februarie:

                                                      2024           2023
     Markprys van aandele op die aandelebeurs       1 920 sent     1 540 sent
     Rentekoers op lenings                            7,2%           8,5%
     Rentekoers op vaste deposito                     5,5%           4,5%

C. Uitreik en terugkoop van aandele:

                                                                    AANTAL
                                                                   AANDELE
     Aantal aandele op 1 Maart 2023 uitgereik                         2 300 000
     Aantal aandele op 31 Augustus 2023 teruggekoop                    240 000
     Aantal nuwe aandele op 29 Februarie 2024 uitgereik aan
     bestaande aandeelhouers teen 1 750 sent per aandeel.              340 000
     LET WEL: Aandele word in lotte van 100 verkoop.
     Aantal aandele op 29 Februarie 2024 uitgereik                    2 400 000

D. Uittreksel uit aandeelhouers se register:

   F. Nxumalo is tans 'n meerderheidsaandeelhouer.

                                                                 F. NXUMALO
     Aantal aandele in besit op 29 Februarie 2024                 1 272 000
     % aandeelhouding op 29 Februarie 2024                          53%

                                                                                  40

                                                                                      b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                        10
                                                      (VRAESTEL 1)           10711/24

VRAAG 4 : KORPORATIEWE BESTUUR                                   (15 punte; 15 minute)

'n Artikel rakende 'n interne ouditeur wat aan wanpraktyk skuldig bevind is, word aan
jou voorgehou. Gebruik die inligting aangebied en jou kennis oor maatskappye om die
vrae te beantwoord.

4.1 Die aandeelhouers van Ekurhuleni Bpk. sal nie tevrede wees met die ouditverslae
    van die afgelope 5 jaar en onlangse bevindinge nie. Verduidelik wat 'n
    ongekwalifiseerde ouditverslag is en waarom die aandeelhouers nie tevrede sal
    wees nie.                                                                               (3)

4.2 Oudit Waghond:
    'n Ouditeur dien as 'n waghond om verskeie belangrike funksies soos
    deursigtigheid, aanspreeklikheid en nakoming binne die maatskappy te verseker.
    Verduidelik TWEE sleutelfunksies van 'n ouditeur in die maatskappy.                     (4)

4.3 Aandeelhouers se bekommernis en die maatskappy se reputasie:
    As 'n aandeelhouer, verduidelik TWEE kommerwekkende gevolge gebaseer op dié
    bevindinge in die artikel.                                                              (4)

4.4 Die HFB van Ekurhuleni Bpk. het beklemtoon dat die behoud van finansiële data-
    integriteit noodsaaklik is om akkurate verslaggewing en nakoming van voorskrifte
    van die maatskappy te verseker. Noem TWEE maatreëls wat kan help om die
    integriteit van die finansiële rekords van die maatskappy te verseker.                  (4)

     INLIGTING:
            Spoel en Herhaal: Die voortslepende sage van Ekurhuleni Bpk.
     'n Interne ouditeur is skuldig bevind aan ernstige finansiële wangedrag, insluitend
     die wanbestuur van fondse en vervalsing van rekeningkundige rekords. Hierdie
     skokkende bevinding het die kwesbaarheid van ondernemings ten opsigte van
     interne bedrog uitgelig. Mnr. Gel, wat veronderstel was om die waghond te wees,
     het oneerlik teenoor die maatskappy opgetree. Ekurhuleni Bpk. het
     ongekwalifiseerde verslae ontvang, weens onakkurate finansiële verslagdoening.

     Die individu wat vertrou is om finansiële integriteit te verseker, het
     daardie vertroue geskend deur fondse wan te bestee vir persoonlike gewin en
     het met die rekeningkundige boeke gepeuter om sy optrede te verberg. Hierdie
     skending het nie net die onderneming se finansiële stabiliteit ondermyn nie,
     maar ook die vertroue in bestuur vernietig. Om vertroue te herstel, sal 'n
     gesamentlike poging verg om deurgaans aanspreeklikheid en deursigtigheid in
     die finansiële sektor te bewerkstelling.

                                                                                           15

                                                                                 TOTAAL: 150

                                            EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                         11
                                                    (VRAESTEL 1)          10711/24

     GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
            Bruto wins x 100                              Bruto wins    x 100
             Verkope      1                           Koste van verkope    1
     Netto wins voor belasting x 100                  Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                          Verkope             1
         Bedryfsuitgawes x 100                             Bedryfswins x 100
             Verkope        1                                Verkope      1

         Totale bates : Totale laste                    Bedryfsbates : Bedryfslaste

  (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste         Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                        Koste van verkope
        Koste van verkope        1
                                                                                      .

                                                       Gemiddelde handelsvoorraad
                     (*Sien LET WEL 1 hieronder)

       Gemiddelde debiteure x 365                     Gemiddelde krediteure      x 365
         Kredietverkope        1                       Koste van verkope            1
                                                                     (*Sien LET WEL 2 hieronder)
                                                      Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                   Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                     (*Sien LET WEL 3 hieronder)

             Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
     Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                  Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                  Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende       x 100                    Finale dividende      x 100
     Getal uitgereikte aandele      1                  Getal uitgereikte aandele    1

     Dividende per aandeel x 100                       Dividende vir die jaar   x 100
     Verdienste per aandeel   1                     Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET 1. Handelsvoorraad aan die einde van die finansiële jaar kan gebruik word indien dit in
WEL:    die vraag verlang word.
     2. Kredietaankope kan in plaas van koste van verkope gebruik word (syfers sal dieselfde
        wees indien voorraad kontant is).
     3. Indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal uitgereikte
        aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
