# Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/66a8b93d-7e68-4ba6-a0fd-da9b6c43b67a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/66a8b93d-7e68-4ba6-a0fd-da9b6c43b67a)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

      JUNIE EKSAMEN
        GRAAD 12

                     2024

            REKENINGKUNDE

               (VRAESTEL 1)

                                                     TYD:         2 uur

                                                     PUNTE:       150

   12 bladsye + 1 formuleblad en ’n antwoordboek van 10 bladsye

                                                            Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                       2
                                        (VRAESTEL 1)                       GR12 0624

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik en volg dit noukeurig.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
     word.

3.   ŉ Finansiële Aanwyser Formuleblad is aan die einde van die vraestel aangeheg.
     Die gebruik van dié formuleblad is NIE verpligtend NIE.

4.   Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

5.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.   Waar van toepassing, toon ALLE berekeninge tot EEN desimale punt.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ŉ gids wanneer die vraestel
     beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

        VRAAG           ONDERWERP                                 PUNTE        MINUTE
                    Staat van Omvattende Inkomste, Notas
           1                                                         65           52
                    en Staat van Finansiële Posisie
           2        Kontantvloeistaat en Interpretasie               40           32
                    Ontleding en Vertolking van Finansiële
           3                                                         35           28
                    Aanwysers
           4        Ouditverslae en Korporatiewe Bestuur             10               8
      TOTAAL                                                        150           120

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      REKENINGKUNDE                                        3
                                      (VRAESTEL 1)                        GR12 0624

VRAAG 1: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE, NOTAS EN STAAT VAN
         FINANSIËLE POSISIE                  (65 punte; 52 minute)

1.1 MAATSKAPPY KONSEPTE

   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by ŉ term/konsep in KOLOM A. Skryf
   slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die
   ANTWOORDBOEK neer.

             KOLOM A                                  KOLOM B
    1.1.1 Direkteur                  A   Verantwoordelik vir die uitspreek van ŉ
                                         mening oor die finansiële state van ŉ
    1.1.2 IFVS (IFRS)                    maatskappy

    1.1.3 Onafhanklike ouditeur      B   Eienaars van die maatskappy
                                     C   ŉ Verkose lid van die raad verantwoordelik
    1.1.4 Aandeelhouers                  vir die bestuur van die maatskappy en
                                         implementering van beleid
                                     D   Riglyne vir die opstel van finansiële state
                                         om konsekwentheid te verseker
                                                                                (4 x 1)     (4)
1.2 JONTY BEPERK

   Die volgende inligting rakende Jonty Beperk. Die finansiële jaar eindig op
   29 Februarie 2024.

   GEVRA:

   1.2.1 Verwys na Inligting C.

          Bereken die ontbrekende bedrae wat met (i) tot (iv) op die Vastebatenota
          aangedui word.                                                                  (10)

   1.2.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar
         geëindig 29 Februarie 2024. Sekere bedrae is reeds ingevul in die
         Inkomstestaat.                                                                   (28)

   1.2.3 Verwys na Inligting D.

          Voltooi die Gewone Aandelekapitaalnota.                                           (7)

   1.2.4 Voltooi die Ekwiteit en Laste afdeling van die Staat van Finansiële Posisie
         (Balansstaat) op 29 Februarie 2024.                                              (16)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                     REKENINGKUNDE                                4
                                     (VRAESTEL 1)                 GR12 0624

INLIGTING:

A.   Uittreksel van ŉ lys saldo’s/totale op 29 Februarie 2024:

     Balansstaat Rekeninge Afdeling                                  R
     Gewone aandelekapitaal                                       6 600 000
     Behoue inkomste (29 Februarie 2024)                             ?
     Grond en geboue                                              7 890 720
     Verbandlening: ZX-Bank                                       1 609 000
     Voertuie                                                       452 000
     Toerusting (1 Maart 2023)                                      790 000
     Opgehoopte waardevermindering op voertuie (1 Maart 2023)       236 000
     Opgehoopte waardevermindering op toerusting (1 Maart 2023)     710 000
     Handelsvoorraad                                              1 230 000
     Voorsiening vir oninbare skuld                                  22 000
     Krediteurekontrole                                             774 290
     Aandeelhouers vir dividende                                     ?
     SAID: Inkomstebelasting (Voorlopige betalings)                 150 000
     Nominale Rekeninge Afdeling
     Verkope                                                      3 345 000
     Koste van verkope                                            2 787 500
     Salarisse en Lone                                              921 268
     Ouditfooie                                                      76 000
     Direkteursfooie                                              1 540 000
     Diverse uitgawes                                               292 330
     Kommissie inkomste                                              82 600
     Oninbare skulde                                                 14 100
     Oninbare skulde ingevorder                                       3 260
     Huurinkomste                                                   208 250
     Verpakkingsmateriaal                                             3 700
     Rente op vaste deposito                                         27 000
     Gewone aandele dividende                                        55 000

                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             REKENINGKUNDE                                       5
                                             (VRAESTEL 1)                    GR12 0624

B.   Addisionele inligting en aansuiwerings:

     (i)      ŉ Kredietnota vir R14 400 is op 29 Februarie 2024 uitgereik vir goedere
              wat deur ŉ klant, P. Mahlangu teruggestuur is. Goedere is verkoop teen ŉ
              winsopslag van 20% op kosprys. Geen inskrywing is vir hierdie transaksie
              gemaak nie.

     (ii)     Voorraad voorhande volgens die fisiese voorraadopname op
              29 Februarie 2024:

                    Handelsvoorraad R1 239 000
                    Verpakkingsmateriaal R980.

     (iii)    ŉ Debiteur, Z. Smith is insolvent verklaar. Haar boedel het 55c in elke
              rand betaal. ŉ Bedrag van R660 is ontvang en geboekstaaf. Die balans
              van haar rekening moet as oninbaar afgeskryf word.

     (iv)     Voorsiening vir oninbare skulde moet aangepas word tot R21 220.

     (v)      Die perseel is die afgelope vyf jaar verhuur. Die huur vir Maart 2024 is
              reeds ontvang en geboekstaaf. As gevolg van noodsaaklike opknappings
              is die huur vir slegs drie maande, vanaf April tot Junie 2023 met 25% per
              maand verminder.

     (vi)     ŉ Debiteur met ŉ kredietsaldo van R10 900 moet oorgedra word na die
              Krediteuregrootboek.

     (vii)    Die maatskappy het drie direkteure wat dieselfde maandelikse fooi
              verdien. Twee direkteure is vanaf 2022 in diens en ŉ nuwe direkteur is op
              1 September 2023 aangestel. Een direkteur het oorsee gegaan en is
              slegs tot 31 Desember 2023 betaal. Voorsien vir die uitstaande
              direkteursfooie.

     (viii)   Die leningstaat ontvang vanaf ZX Bank op 29 Februarie 2024 toon die
              volgende:

                                                                               R
                  Saldo aan die begin van die finansiële jaar                  2 509 000
                  Terugbetalings per maand (rente ingesluit)                      75 000
                  Rente gekapitaliseer                                            ?
                  Saldo aan die einde van die finansiële jaar                  1 984 000

              LET WEL:
               Die rente en terugbetalings van die lening sal dieselfde bly vir die
                volgende finansiële jaar.

     (ix)     SAID Inkomstebelasting:

              R17 000 is nog betaalbaar aan SAID.
                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                       6
                                        (VRAESTEL 1)                       GR12 0624

C.   Onvolledige Vastebatenota en addisionele inligting:

                                          GROND EN
                                                         VOERTUIE TOERUSTING
                                           GEBOUE
     Drawaarde aan die begin van die
                                                           416 000
     jaar
     Kosprys                                    (i)                        790 000
     Opgehoopte waardevermindering                        (236 000)       (710 000)
     Bewegings
     Toevoegings teen kosprys               1 500 000          0          150 000
     Verkope teen drawaarde                                   (ii)           0
     Waardevermindering                                    (83 200)         (iv)
     Drawaarde aan die einde van die
                                            7 890 720         (iii)
     jaar
     Kosprys                                7 890 720      452 000
     Opgehoopte waardevermindering                        (247 200)

        Grond en geboue is aangekoop gedurende die finansiële jaar vir
         R1 500 000. Dit is behoorlik geboekstaaf.
        Waardevermindering op voertuie word bereken teen 20% p.j. op die
         verminderdesaldo-metode. Die totale waardevermindering vir die finansiële
         jaar beloop R83 200.
        Op 29 Februarie 2024 is ŉ voertuig wat R200 000 gekos het, verkoop vir
         kontant van R118 000. Die besigheid het ŉ verlies van R10 000 gemaak op
         die verkoop van dié bate.
        Waardevermindering op toerusting word bereken teen 15% p.j. op kosprys.
         Die maatskappy het besluit om in nuwe toerusting te belê aangesien die
         toerusting baie oud is. Die nuwe toerusting is op 1 November 2023 teen ŉ
         totale koste van R150 000 gekoop.

D.   Aandele en dividende

        Gemagtigde aandele bestaan uit 3 000 000 aandele.
        Op 1 Maart 2023, was daar reeds 1 000 000 aandele uitgereik.
        Op 1 November 2023, het die maatskappy 120 000 aandele teruggekoop
         teen R7,20 elk, wat 20% bo die gemiddelde prys is. Hierdie aandele
         kwalifiseer nie vir die finale dividende nie.
        10% van die onuitgereikte aandele op 1 Maart 2023 is uitgereik teen R6,60
         per aandeel op 22 Februarie 2024.
        ŉ Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 29 Februarie 2024 verklaar.
         Alle aandeelhouers op die aandeleregister kwalifiseer vir die finale dividend.

E.   Die netto batewaarde per aandeel op 29 Februarie 2024 is 620 sent.
                                                                                            65

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                                   7
                                          (VRAESTEL 1)                    GR12 0624

VRAAG 2.: KONTANTVLOEISTAAT EN INTERPRETASIE                          (40 punte; 32 minute)

DRUA BPK

Drua Bpk is ŉ kleremaatskappy wat spesialiseer in die verkoop van rugbytruie en
ander rugbyklere.

GEVRA:

2.1 Bereken die KONTANTVLOEI UIT BEDRYFSAKTIWITEITE afdeling van die
    Kontantvloeistaat deur die volgende te voltooi:

     (a)   Bedryfswins voor veranderinge in bedryfskapitaal                                (4)

     (b)   Veranderinge in bedryfskapitaal. Jy moet ook aandui of dit ŉ toename/
           afname in die item is. Omkring of onderstreep die korrekte opsie voorsien
           in die ANTWOORDBOEK.                                                            (9)

     (c)   Inkomstebelasting betaal                                                        (4)

     (d)   Dividende betaal                                                                (3)

     (e)   Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite                                             (6)

2.2 Bereken die KONTANTVLOEI UIT FINANSIERINGSAKTIWITEITE afdeling van
    die Kontantvloeistaat deur die volgende te voltooi:

     (a)   Behoue-inkomste-nota                                                            (5)

     (b)   Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite                                       (5)

2.3 Die Kontantvloeistaat toon sekere belangrike besluite wat die direkteure
    gedurende die afgelope jaar geneem het. Verduidelik EEN goeie besluit en EEN
    swak besluit wat deur die direkteure geneem is. Verskaf berekeninge/syfers om
    jou antwoord te ondersteun.                                                            (4)

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           REKENINGKUNDE                                      8
                                           (VRAESTEL 1)                        GR12 0624

INLIGTING:

A.     Uittreksel van ŉ lys van saldo’s op 31 Maart 2024 (na aansuiwerings):

                                                       2024             2023
           Verkope                                    13 500 000
           Koste van verkope                           8 437 500
           Waardevermindering                                  ?
           Rente op lening                               185 000
           Netto wins voor inkomstebelasting           1 995 000
           Netto wins na inkomstebelasting             1 396 500
           Vaste bates (teen drawaarde)                2 314 000       2 884 000
           Vaste deposito: Gen Bank                      210 000         150 000
           Gewone aandeelhouersekwiteit               11 200 000       9 675 000
           Gewone aandelekapitaal                      8 925 000       7 800 000
           Behoue inkomste                             2 661 750       1 875 000
           Lening: BN Bank (14%)                               ?       1 425 000
           SAID (Inkomstebelasting)                    48 000 Cr       27 000 Dr
           Aandeelhouers vir dividende                   157 500         107 250
           Handelsvoorraad                             1 005 000         870 000
           Verbruiksgoedere voorhande                     14 250          13 400
           Debiteurekontrole                             122 800         139 400
           Bank                                     1 456 700 Dr      413 670 Cr
           Deposito vir water en elektrisiteit            30 000          15 000
           Krediteurekontrole                             89 200         104 300
           SAID (LBS)                                     12 500          14 780

B.     Addisionele inligting:

     (i)    Gewone aandelekapitaal:

               1 500 000 aandele is gemagtig.
               650 000 aandele is uitgereik aan die einde van die vorige finansiële jaar,
                31 Maart 2023.
               100 000 gewone aandele is uitgereik op 31 Januarie 2024.
               ŉ Aantal gewone aandele is teruggekoop van ontevrede aandeelhouers.
                Hierdie aandele is teruggekoop teen R17,50 per aandeel; die gemiddelde
                prys is R12,75 ten tye van die terugkoop.
               700 000 gewone aandele was reeds uitgereik aan die einde van die finansiële
                jaar, 31 Maart 2024.

     (ii) Vaste bates:

               Geen vaste bates is aangekoop of verkoop gedurende die huidige finansiële
                jaar nie.

     (iii) Lenings:

               Rente op lening is gekapitaliseer.
               Betalings (rente ingesluit) vir die jaar beloop R710 000.
                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                                    9
                                          (VRAESTEL 1)                    GR12 0624

      (iv) Dividende:

              Die totale dividende vir die jaar, R372 250.

      (v) Vaste deposito’s:

              Addisionele belegging van R60 000 in vaste deposito gedurende die jaar.

                                                                                           40

VRAAG 3: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE AANWYSERS
                                                 (35 punte; 28 minute)

3.1    Pas die kategorie van finansiële aanwysers met die korrekte beskrywing in die
       tabel hieronder. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers
       (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 3.1.4 F.

          A    Winsgewendheid
          B    Likiditeit
          C    Solvensie
          D    Opbrengs
          E    Risiko

       3.1.1    Meet hoe goed die besigheid gedurende ’n finansiële periode presteer het
                                                                                               (1)

       3.1.2    Meet hoe goed die eienaar se belegging in die besigheid presteer het           (1)

       3.1.3    Meet die besigheid se vermoë om korttermynskuld te bestuur                     (1)

3.2    JACKSON BPK

       Die volgende inligting hou verband met Jackson Bpk. Die finansiële jaar van die
       maatskappy eindig op 30 April.

       GEVRA:

       3.2.1    Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig op
                30 April 2024:

                 Netto wins na belasting op verkope                                           (3)
                 Opbrengs op aandeelhouersekwiteit                                            (4)

       3.2.2    Lewer kommentaar op Jackson Bpk se vermoë om uitgawes te beheer.
                Haal finansiële aanwysers en syfers aan om jou antwoord te ondersteun.         (3)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                       REKENINGKUNDE                                        10
                                       (VRAESTEL 1)                      GR12 0624

      3.2.3   Die direkteure van die maatskappy voel dat die bedryfskapitaal
              gedurende die finansiële jaar verbeter het. Haal TWEE finansiële
              aanwysers en syfers aan wat die direkteure se opinie ondersteun. Lewer
              kommentaar op die syfers wat verskaf is.                                           (6)

      3.2.4   Die direkteure het besluit om ŉ addisionele lening aan die begin van die
              finansiële jaar aan te gaan. By nabetragting dink sommige van die
              direkteure dat dit ŉ swak besluit was. Bespreek die impak wat die
              addisionele lening op die besigheid gehad het. Haal finansiële aanwysers
              met syfers aan om jou antwoord te ondersteun.                                      (6)

      3.2.5   Jenny Gusto is ŉ aandeelhouer van die maatskappy. Sy besit huidiglik
              12 500 aandele en sy oorweeg dit om haar aandele te verkoop aangesien
              sy die maatskappy as onderpresterend beskou.

              Voorsien EEN rede met finansiële aanwysers en syfers om Jenny se
              siening om haar aandele te verkoop, te ondersteun.

              Voorsien EEN rede met finansiële aanwysers en syfers om Jenny te
              oortuig om haar besluit te heroorweeg en die aandele te behou.                     (6)

      3.2.6   Bereken of Jenny ŉ wins of verlies op die aandele sal maak indien sy dit
              nou verkoop. Jenny het twee jaar gelede, al die aandele teen ŉ uitreikprys
              van R5,80 per aandeel aangekoop.                                                   (4)

INLIGTING:

A.   Uittreksel van ŉ lys van saldo’s en totale vir die jaar geëindig 30 April:

                                                     2024             2023
      Verkope                                        6 750 000        5 940 000
      Koste van verkope                              4 500 000        3 960 000
      Bedryfsuitgawes                                1 180 000        1 120 000
      Netto wins voor belasting                        945 000          735 000
      Inkomstebelasting (30%)                          283 500          220 500
      Handelsvoorraad                                  182 300          211 300
      Gewone aandelekapitaal                         3 900 000        3 600 000
      Behoue inkomste                                  420 000          380 000
      Aandeelhouers vir dividende                      123 400          168 100
      SAID (inkomstebelasting)                          43 400           32 800

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                       REKENINGKUNDE                                        11
                                       (VRAESTEL 1)                        GR12 0624

B.    Finansiële aanwysers op 30 April:

                                                             2024            2023
         Netto wins na belasting op verkope                   ?              8,7%
         Bedryfsuitgawe op verkope                          17,5%           18,9%
         Bedryfsverhouding                                  1,9 : 1         2,8 : 1
         Vuurproefverhouding                                1,2 : 1         0,6 : 1
         Gemiddelde debiteure invorderingsperiode           35 dae          29 dae
         Gemiddelde krediteure betalingstermyn              62 dae          40 dae
         Opbrengs op aandeelhouersekwiteit                    ?              12%
         Opbrengs op gemiddelde kapitaal                     16%             18%
         aangewend
         Skuld-ekwiteitsverhouding                           1:1            0,4 : 1
         Netto batewaarde per aandeel                      805 sent        776 sent
         JSE markprys per aandeel                          702 sent        791 sent
         Alternatiewe beleggings se rentekoers               7,5%            7,5%
         Rentekoers vir rente op lenings                     18%             14%
         Kredietbeleid                                      30 dae          30 dae
         Krediteure terme                                   60 dae          60 dae
         Inflasiekoers                                        5%              4%

                                                                                             35

VRAAG 4: OUDITVERSLAE EN KORPORATIEWE BESTUUR                         (10 punte; 8 minute)

OUDITVERSLAE

Verwys na die uittreksel van ŉ ouditverslag aan Broderick Bpk hieronder en beantwoord
die volgende vrae.

4.1 Watter tipe ouditverslag het Broderick Bpk van die onafhanklike ouditeure, Vilakazi
    en Seun ontvang?                                                                              (1)

4.2 As ŉ aandeelhouer, verduidelik waarom jy oor hierdie ouditverslag bekommerd
    behoort te wees. Noem TWEE punte.                                                             (4)

4.3 Gee TWEE voorbeelde van ouditbewyse wat die ouditeure sal benodig om hul pligte
    uit te voer.                                                                                  (2)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                     REKENINGKUNDE                                      12
                                     (VRAESTEL 1)                      GR12 0624

   INLIGTING:

       UITTREKSEL UIT DIE VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEURE

    Basis vir ons mening

    Die maatskappy se aankoopbeleid vereis dat aankope van meer as R500 000
    deur die raad van direkteure goedgekeur moet word en deur drie kwotasies van
    onafhanklike verskaffers gesteun moet word.

    Gedurende die jaar onder oorsig, het die maatskappy ŉ voertuig teen ŉ koste van
    R1 100 000 aangekoop. Dit is goedgekeur deur die HUB sonder verwysing na die
    raad. Slegs een kwotasie is ontvang.

    Oudit mening

    As gevolg van die belangrikheid van hierdie saak, was dit nie moontlik om
    voldoende ouditbewyse te verkry as basis vir ons oudit mening nie. Gevolglik kan
    ons nie ŉ mening oor die finansiële state van Broderick Bpk vir die jaar geëindig
    29 Februarie 2024 uitspreek nie.

    Vilakazi en seun, CA (SA)

4.4 KORPORATIEWE BESTUUR

   Aandeelhouers en werknemers verbonde aan ŉ maatskappy sal veral daarin
   belangstel of die maatskappy goed deur die direkteure beheer en bestuur word.

   Volgens die Maatskappye Wet, 2008 (Wet 11 of 2008), moet ŉ maatskappy ŉ
   Vergoedingskomitee hê. Verduidelik die rol/verantwoordelikheid van hierdie komitee
   en gee ŉ rede waarom dié komitee nodig is.                                                (3)

                                                                                             10

                                                                              TOTAAL: 150

                                                                                        EINDE

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                                    13
                                          (VRAESTEL 1)                    GR12 0624

           GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD

              Bruto wins x 100                          Bruto wins x 100
                Verkope     1                           Koste van verkope 1

          Netto wins voor belasting x     100               Netto wins na belasting x 100
                 Verkope                   1                        Verkope       1

         Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins x 100
               Verkope 1                                       Verkope      1

                 Totale bates : Totale laste                  Bedryfsbates : Bedryfslaste

    (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste         Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersekwiteit

      (Handels & ander ontvangbares + Kontant en kontantekwitvalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                    Koste van verkope           .

      Koste van verkope          1                    Gemiddelde handelsvoorraad

       Gemiddelde debiteure        x 365           Gemiddelde krediteure x 365
          Kredietverkope              1             Koste van verkope       1

  Netto wins na belasting         x 100            Netto wins na belasting x 100
 Gemiddelde aandeelhouersekwiteit    1            Aantal uitgereikte aandele 1
                                                                          (*Sien onderstaande nota)
                         Netto wins voor belasting + rente op lening    x 100
            Gemiddelde aandeelhouersekwiteit + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1

       Aandeelhouersekwiteit x 100                  Dividende vir die jaar x 100
       Aantal uitgereikte aandele 1                Aantal uitgereikte aandele 1

           Interim dividende      x 100              Finale dividende            x 100
        Aantal uitgereikte aandele 1               Aantal uitgereikte aandele       1

         Dividende per aandeel x 100                 Dividende vir die jaar x 100
         Verdienste per aandeel   1                  Netto wins na belasting   1

                              Totale vaste koste                      .

        Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

NOTA:
* Indien daar ’n verandering in die aantal aandele is gedurende die finansiële jaar, word die
  geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktryk gebruik.

## Related documents

- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Accounting · Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 Nov 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-accounting-2025-nsc-november-exam-memorandum-paper-2/4c11fbd4-960d-4f11-8cb5-c00f8f2cb8b5) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
