# Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/4252b5f9-e607-41a1-8294-dc320e0ef884
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-accounting-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/4252b5f9-e607-41a1-8294-dc320e0ef884)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        JUNIE EKSAMEN
          GRAAD 12

                       2024

              REKENINGKUNDE

                  (VRAESTEL 2)

                                                         TYD:          2 uur

                                                         PUNTE:        150

 11 bladsye + 1 formuleblad en ’n antwoordboek van 10 bladsye
                                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                      2
                                        (VRAESTEL 2)                     GR12 0624

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik en volg dit noukeurig.

1.   Beantwoord ALLE vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
     word.

3.   Toon ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

4.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

5.   Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.   Waar van toepassing moet AL die berekeninge tot EEN desimale punt getoon word.

7.   ŉ Finansiële Aanwyser Formuleblad is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg.
     Die gebruik van dié formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.   Skryf netjies en leesbaar.

9.   Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ŉ gids wanneer die vrae beantwoord
     word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

       VRAAG              ONDERWERP                 PUNTE               MINUTE
           1        Kosterekeningkunde                60                   48
           2        Voorraad                          65                   52
           3        Vaste Bates                       25                   20
     TOTAAL                                           150                  120

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      REKENINGKUNDE                                         3
                                      (VRAESTEL 2)                       GR12 0624

VRAAG 1: KOSTEREKENINGKUNDE                              (60 punte; 48 minute)

1.1 KONSEPTE

   Kies ŉ kostekategorie van KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
   Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die
   ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.4 F.

              KOLOM A                                   KOLOM B
   1.1.1 Invoerheffings betaal vir       A    Fabrieksbokoste
         grondstowwe aangekoop
                                         B    Direkte arbeidskoste
   1.1.2 Waardevermindering op
         toerusting                      C    Verkoops-en verspreidingskoste

   1.1.3 Lone aan fabriekswerkers        D    Administratiewe koste

                                         E    Direkte materiaalkoste                         (3)

1.2 PERFECT EATS

                     Perfect Eats vervaardig vlekvrye staal eetgerei. Die besigheid
                     vervaardig ŉ 24-stuk eetgerei-stel wat uit 6 x messe, 6 x vurke,
                     6 x eetlepels en 6 x teelepels bestaan.

   Die besigheid het 46 300 eetgerei-stelle gedurende die finansiële jaar
   geproduseer en verkoop. Die finansiële jaar eindig op 31 Maart 2024.

   GEVRA:

   1.2.1 Verwys na Inligting B.

          Bereken die volgende vir die jaar geëindig 31 Maart 2024:

             Grondstowwe (kg) uitgereik aan die fabriek                                     (2)
             Die totale koste van grondstowwe wat aan die fabriek uitgereik is              (3)

   1.2.2 Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 31 Maart 2024.              (15)

   1.2.3 Voltooi die Verkorte Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
         31 Maart 2024.                                                                    (13)

   1.2.4 Die eienaar is bekommerd oor die grondstowwe wat vermors is
         gedurende die produksieproses.

             Bereken die totale koste van grondstowwe vermors.                              (6)
             Gee EEN punt van advies oor hoe die eienaar hierdie verlies kan
              herwin.                                                                        (2)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                  REKENINGKUNDE                                      4
                                  (VRAESTEL 2)                      GR12 0624

INLIGTING:

A.   Voorraad saldo’s

                                           31 Maart 2024       31 Maart 2023
     Goedere-in-bewerking voorraad                      ?              384 000
     Klaarprodukte voorraad                      251 000               210 000

B.   Grondstowwe:

     Rekords van vlekvrye staal gebruik in die produksieproses:
                                                 Totale         Totale koste
                                              kilogramme     ingesluit vervoer
     Saldo op 1 April 2023                         6 972 kg          R603 078
     Aankope gedurende die jaar                   42 000 kg        R3 633 000
     Totaal beskikbaar gedurende die
                                                 48 972 kg         R4 236 078
     jaar
     Saldo op 31 Maart 2024                        9 702 kg                  ?
     Grondstowwe uitgereik aan die
                                                          ?                  ?
     fabriek

        Elke stel benodig 0,84 kilogram vlekvrye staal.
        Die grondstowwe se koste per stel is R72,66.
        Grondstowwe word uitgereik aan die fabriek teen R86,50 per kg.

C.   Die boekhouer het die volgende koste vir die finansiële jaar geëindig
     op 31 Maart 2024 bereken:

     Fabrieksbokoste                                 R1 580 900
     Administratiewe koste                            R890 700
     Verkoop-en verspreidingskoste                   R2 145 000

     Daar is gevind dat die volgende aansuiwerings nie in berekening gebring is
     nie:

        Voorsiening vir oninbare skuld moet verhoog met R3 780.
        ŉ Faktuur van R76 800 vir die Administratiewe Afdeling is ontvang op
         31 Maart 2024. Dit was vir herstelwerk van R2 900 en ŉ addisionele
         kantoor.
        Nuwe stampperse is gedurende die jaar aangekoop. ŉ Addisionele
         versekeringspolis is op 1 November 2023 tot 31 Oktober 2024 vir
         R18 000 uitgeneem. Dit is geboekstaaf.
        Die maandelikse huur van R19 000 vir Maart 2024 is foutiewelik na die
         fabriek toegedeel. 75% van die huur word in die fabriek gebruik en die
         res word gelykop verdeel tussen die Administrasie en Verkoops- en
         Verspreidingsdepartemente.

                                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                                       5
                                          (VRAESTEL 2)                       GR12 0624

               Die fabrieksvoorman het ŉ bonus gedurende sy verjaarsdagmaand in
                Maart 2024 ontvang. Die boekhouer het sy jaarlikse salaris korrek
                getoon, maar het nie sy bonus gedurende sy verjaarsdagmaand
                aangedui nie. Sy bonusbesonderhede is soos volg:

                  Bruto         Aftrekkings        Netto         Bydraes
                  salaris      LBS       WVF      salaris         WVF
                     ?         25%       1%       R17 020          1%

   D.      Addisionele inligting:

               Die totale primêre koste beloop R3 946 120.
               Die totale koste van klaarprodukte geproduseer beloop
                R5 604 000.
               Die besigheid gebruik ŉ vaste winsopslag van 70% op kosprys.

1.3 CLEAR WATER VERVAARDIGERS

                              Clear Water Vervaardigers vervaardig swembad
                              chemikalië. Solly Scott is die eienaar van die besigheid.
                              Die finansiële jaar eindig op 31 Mei 2024.
                              Active Algaecide Treatment is een van hulle produkte.

   GEVRA:

   1.3.1       Bepaal die totale aantal ekstra eenhede wat vervaardig moet word om
               die doelwit te bereik om die wins met R75 000 in die volgende finansiële
               jaar te verhoog.                                                                (4)

   1.3.2       In 2024, het die eienaar Solly doelbewus strategiese besluite oor
               veranderlike koste gemaak om die besigheid te verbeter. Identifiseer
               TWEE kostes wat effektief beheer is en ŉ positiewe impak op die
               besigheid het.                                                                  (6)

   1.3.3       Die verkoopprys het met 12,5% verhoog van 2023 na 2024. Verduidelik
               hoe dit die prestasie van die besigheid beïnvloed het. Haal syfers of
               berekeninge aan.                                                                (4)

   1.3.4       Verduidelik aan Solly hoekom die vaste koste per eenheid met R1,11
               verminder het, terwyl die totale vaste koste met R313 680 toegeneem
               het.                                                                            (2)

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                       REKENINGKUNDE                                        6
                                       (VRAESTEL 2)                        GR12 0624

   INLIGTING:

                                      2024                          2023
     Active Algaecide
                              TOTAAL     EENHEIDS-           TOTAAL    EENHEIDS-
        Treatment
                                           KOSTE                         KOSTE
   Direkte materiaalkoste     R6 435 200     R80,44         R4 464 000     R62,00
   Direkte arbeidskoste       R2 240 000     R28,00         R2 448 000     R34,00
   Verkoops- en
                              R1 569 600         R19,62     R1 296 000          R18,00
   verspreidingskoste
   VERANDERLIKE             R10 244 800         R128,06     R8 208 000         R114,00
   KOSTE
   VASTE KOSTE                R3 935 280         R49,19     R3 621 600          R50,30

   Verkoopsprys per
                                      R180,00                        R160,00
   eenheid
   Gelykbreekpunt                 75 766 eenhede                78 730 eenhede
   Aantal eenhede
   geproduseer en                 80 000 eenhede                72 000 eenhede
   verkoop

                                                                                             60

VRAAG 2: VOORRAAD                                                (65 punte; 52 minute)

2.1 KONSEPTE

   Voorsien die korrekte term vir elk van die volgende beskrywings deur uit die lys
   wat voorsien word, te kies. Skryf slegs die korrekte term langs die vraagnommers
   (2.1.1 tot 2.1.5) in jou ANTWOORDBOEK.

        Periodieke voorraadstelsel; Eerste-in-eerste-uit; Spesifieke identifikasie;
             Deurlopende voorraadstelsel; Geweegdegemiddelde-metode

   2.1.1   Elke verkoopte item word spesifiek geïdentifiseer soos dit op die aankoop
           faktuur verskyn.

   2.1.2   Die stelsel vereis rekenaars en strepieskodes.

   2.1.3   Hierdie metode word verkieslik gebruik om voorraad te waardeer wat ŉ
           beperkte raklewe het.

   2.1.4   Hierdie metode word gebruik wanneer groot hoeveelhede soortgelyke
           voorraaditems aangekoop word.

   2.1.5   Die Handelsvoorraadtekortrekening is nie voltooi nie. Die besigheid sal
           die vermindering van belasbare inkomste verbeur.                                     (5)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                      REKENINGKUNDE                                        7
                                      (VRAESTEL 2)                       GR12 0624

2.2 LILY SKRYFBEHOEFTES

                              SKOOL EN KANTOOR
                                  VOORAAD

   Lily is die eienaar van ’n besigheid wat skryfbehoeftes en kantoortoerusting verkoop.
   Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2024. Die besigheid maak gebruik van die
   periodieke voorraadstelsel.

   GEVRA:

   Verwys na Inligting (A) en beantwoord die volgende vrae rakende sakrekenaars.

   2.2.1   Bereken die waarde van die eindvoorraad deur die eerste-in-eerste-uit
           (EIEU) voorraadwaardasie metode te gebruik op 29 Februarie 2024.                    (7)

   2.2.2   Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.           (10)

   2.2.3   Bereken die persentasie winsopslag bereik in 2024.                                  (5)

   2.2.4   Lily oorweeg dit om die voorraadwaardasiemetode na die geweegde-
           gemiddelde-metode te verander. Sy voel dat die metode meer voordelig
           vir die besigheid sal wees omdat dit ŉ hoër koste van verkope tot gevolg
           sal hê. Die boekhouer adviseer Lily dat hy nie saamstem nie, aangesien
           dit nie aan die vereistes van AARP voldoen nie.

              Bereken die koste van verkope deur die geweegdegemiddelde-
               metode te gebruik om haar mening te ondersteun.                                 (5)
              Gee EEN rede waarom Lily dink dit tot die voordeel van die besigheid
               sal strek.                                                                      (2)
              Gee TWEE redes waarom die boekhouer voel dat daar nie aan die
               vereistes van AARP voldoen word nie.                                            (4)

   2.2.5   Lily het besluit om in die volgende finansiële jaar 250 sakrekenaars uit
           voorraad, aan die plaaslike hoërskool te skenk vir kinders wat dit nie kan
           bekostig om hulle eie sakrekenaars te koop nie.

           Voorsien TWEE redes hoekom dit voordelig is om die plaaslike skool te
           ondersteun deur sakrekenaars aan hulle te skenk.                                    (4)

   Verwys na Inligting (B) en beantwoord die volgende vrae rakende
   versnipperaars (shredders).

   2.2.6   Die spesifieke identifikasie metode word gebruik om die voorraadrekords
           van versnipperaars by te hou.

              Bereken die waarde van die eindvoorraad van versnipperaars.                     (5)

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                     8
                                         (VRAESTEL 2)                      GR12 0624

2.2.7       Alhoewel sekuriteitskameras geinstalleer is, bly die eienaar bekommerd oor
            moontlike diefstal binne die LX-versnipperaars (5 bladsy, 6,8 mm) produklyn.

                Voorsien ŉ berekening om die eienaar se vermoede te bevestig.                 (5)
                Gee TWEE punte van advies wat Lily kan implementeer om te voorkom
                 dat dit gebeur.                                                               (4)

INLIGTING:

A.      Voorraadrekords van sakrekenaars:
                                                               Eenheids-
                                                  Aantal                        Totaal
                                                                 prys
                                                 eenhede                         (R)
                                                                  (R)
        Saldo op 1 Maart 2023                         1 200                        120 840
        Totale aankope gedurende die                 17 000                      2 006 700
        jaar:
           Julie 2023                                 4 500          102,00       459 000
           September 2023                             4 800          114,00       547 200
           November 2023                              5 800          125,00       725 000
           Januarie 2024                              1 900          145,00       275 500
        Terugsendings aan verskaffers:
           September 2023                               (65)                               ?
           Januarie 2024                              (350)                                ?
        Subtotaal                                    17 785                                ?
        Verkope                                           ?             200                ?
        Saldo op 29 Februarie 2024                    1 654               ?                ?

               Die vervoerkoste van sakrekenaars is 6% van die eenheidsprys. Hierdie
                koste is nie by die bogenoemde eenheidsprys ingesluit nie.
               Die besigheid kry nie ŉ terugbetaling op vervoerkoste vir terugsendings
                aan die verskaffers nie.

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         REKENINGKUNDE                                       9
                                         (VRAESTEL 2)                        GR12 0624

      B.   Voorraadrekords van versnipperaars (shredders):
                                        LX Versnipperaar              TP Versnipperaar
                                       (5 bladsye, 6,8 mm)          (12 bladsye, 40 mm)
                                                E/                            E/
                                      Een-             Totaal      Een-             Totaal
                                              prys                          prys
                                      hede               (R)       hede               (R)
                                               (R)                           (R)
           Saldo op 1 Maart 2023          24            21 600         12            18 000
           Aankope:                      173          155 700          75           112 500
              Augustus 2023               72     900 64 800            25    1 500 37 500
              November 2023               55     900 49 500            18    1 500 27 000
              Januarie 2024               46     900 41 400            32    1 500 48 000
           Saldo op 29 Februarie
                                          21                   ?         ?                     ?
           2024
           Verkope                       169                            78

              Geen versnipperaars is aan die verskaffers terugestuur nie.
              Die totale koste sluit vervoerkoste op aankope in.

2.3   PROBLEEMOPLOSSING

      Clean Smart Handelaars word besit deur Alex Glue. Hulle verkoop verskeie tipes
      stofsuiers.

      Alle stofsuiers word vanaf die VSA ingevoer en neem ŉ minimum 15 werksdae vir
      goedere om afgelewer te word sodra die bestelling geplaas is.

      Jy word voorsien van die inligting rakende elke stofsuier vir die jaar geëindig
      31 Mei 2024.

      GEVRA:

      Identifiseer ŉ unieke probleem vir elke produk en verskaf relevante syfers vir elk.
      Voorsien ŉ aanbeveling aan Alex om die geïdentifiseerde probleem van elke
      produk aan te spreek.                                                                      (9)

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                        10
                                        (VRAESTEL 2)                       GR12 0624

      INLIGTING:

                                   Outomatiese        Hand-          Nat en droog
                                    koordlose       stofsuiers      handstofsuiers
                                    stofsuiers
      Eenhede beskikbaar vir              4 400           5 480                    4 470
      verkope
      Sluitingsvoorraad                      930            290                      470
      Eenhede verkoop                      3 470          5 190                    4 000
      Terugsendings deur                      30            110                       49
      klante
      Voorraadhoudingsperiode           98,7 dae       20,8 dae              43,4 dae
      (sluitingsvoorraad)
      Gemiddelde voorraad                3,6 keer       9,9 keer              6,1 keer
      omsetsnelheid
      % Bruto wins op koste                 80%             70%                    80%
      van verkope
      Verkoopprys per eenheid             R1 836          R935                 R1 275
      Totale netto verkope            R6 315 840     R4 749 800            R5 037 525
      Kredietverkope                  R4 681 800     R2 524 500            R2 805 000
      Deposito’s van kontant          R1 634 040     R2 225 300            R2 218 500
      verkope

                                                                                             65

VRAAG 3: BESTUUR VAN VASTE BATES                                 (25 punte; 20 minute)

Patrick van Wyk is die eienaar van Van Wyk se Vervoerdienste. Die besigheid
spesialiseer in die vervoer van grootmaat goedere. Die rekeningkundige periode
eindig op 29 Februarie 2024.

GEVRA:

3.1   Verwys na die inligting om die ontbrekende syfers/dele wat op die
      vastebateregister aangedui word, te bereken.

      (i)     Die aankoopprys van die Kia-vragmotor                                           (2)
      (ii)    Die waardeverminderingskoers                                                    (3)
      (iii)   Bepaal/Bereken die datum van aankoop.                                           (5)
      (iv)    Waardevermindering vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024                      (2)
      (v)     Opgehoopte waardevermindering op 29 Februarie 2024                              (2)
      (vi)    Boek/Drawaarde op 29 Februarie 2024                                             (2)

3.2   Patrick van Wyk wil weet hoekom dit belangrik is om ŉ bateregister vir die
      besigheid te hê. Gee EEN rede.                                                          (1)

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                        REKENINGKUNDE                                      11
                                        (VRAESTEL 2)                        GR12 0624

3.3   Lewer kommentaar oor die gebruik en toestand van die Kia-vragmotor en hoe
      die besigheid hierdie voertuig behoort te bestuur en hoekom.                          (2)

3.4   Patrick is bekommerd oor die gebruik van die voertuie in die besigheid. ŉ
      Aantal voertuie het oortollige kilometers en is in ŉ swak toestand. Patrick is van
      mening dat die brandstofuitgawe baie hoog is. Verduidelik DRIE interne
      kontrolemaatreëls om die besigheid se voertuie meer effektief te bestuur.             (6)

INLIGTING:

Vaste Bate Register

 Van Wyk se Vervoerdienste                                     Nr. 8
 Algemene Grootboekrekening:         Datum van aankoop: (iii)
 Voertuie
 Item: Kia-vragmotor                 Registrasie: DGP 548 GP
 Verskaffer: Reddy Motors            Aankoopprys: (i)
 Waardeverminderingsmetode en koers: (ii)
 Besonderhede van waardevermindering:
                                         Opgelope
                                                       Boekwaarde/
    Datum       Waardevermindering        waarde-
                                                        Drawaarde
                                      vermindering
      (iii)               ?                  ?               ?
 28 Feb 2022          96 000              144 000        176 000
 28 Feb 2023          96 000              240 000         80 000
 29 Feb 2024             (iv)               (v)            (vi)

Addisionele inligting:
 Die vaste bate register is vir die Kia-vragmotor (DGP 548 GP).
 Die besigheid het die vragmotor ŉ paar jaar gelede by Reddy Motors aangekoop.
 Die huidige kilometers van die vragmotor is 232 372 km.
 Die vragmotor se waardevermindering word bereken op die vaste paaiement
  metode.

                                                                                           25

                                                                                TOTAAL: 150

                                                                                           EINDE

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                                    12
                                          (VRAESTEL 2)                     GR12 0624

           GRAAD 12 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD
              Bruto wins x 100                              Bruto wins    x 100
                Verkope     1                           Koste van verkope    1

          Netto wins voor belasting x     100              Netto wins na belasting x 100
                 Verkope                   1                       Verkope           1

         Bedryfsuitgawes x 100                               Bedryfswins        x 100
             Verkope        1                                  Verkope             1

                Totale bates : Totale laste                  Bedryfsbates : Bedryfslaste

    (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste        Nie-bedryfslaste : Aandeelhouersekwiteit

      (Handels & ander ontvangbares + Kontant en kontantekwitvalente) : Bedryfslaste

    Gemiddelde handelsvoorraad x 365                    Koste van verkope           .

      Koste van verkope          1                    Gemiddelde handelsvoorraad

       Gemiddelde debiteure       x 365            Gemiddelde krediteure x 365
          Kredietverkope             1              Koste van verkope       1

  Netto wins na belasting         x 100            Netto wins na belasting x 100
 Gemiddelde aandeelhouersekwiteit    1            Aantal uitgereikte aandele 1
                                                                          (*Sien onderstaande nota)
                         Netto wins voor belasting + rente op lening    x 100
            Gemiddelde aandeelhouersekwiteit + Gemiddelde nie-bedryfslaste 1

       Aandeelhouersekwiteit x 100                  Dividende vir die jaar x 100
       Aantal uitgereikte aandele 1                Aantal uitgereikte aandele 1

           Interim dividende      x 100             Finale dividende             x 100
        Aantal uitgereikte aandele 1              Aantal uitgereikte aandele        1

         Dividende per aandeel x 100                 Dividende vir die jaar x 100
         Verdienste per aandeel   1                  Netto wins na belasting   1

                              Totale vaste koste                      .

        Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid

NOTA:
* Indien daar ŉ verandering in die aantal aandele is gedurende die finansiële jaar, word die
  geweegde gemiddelde aantal aandele in die praktryk gebruik.

## Related documents

- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-june-2024-afrikaans/15cfc713-ee34-47b1-9c9c-29299ee143c2) — Accounting · Memo · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [Accounting P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-may-june-2025-mg-afr/62bf3c7c-f1bc-4bd9-878f-67ec5a7a2c38) — Accounting · Memo · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
