# Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
             2024

              10022

           AFRIKAANS
     EERSTE ADDISIONELE TAAL

          (VRAESTEL 2)

                               TYD: 2½ uur

                                PUNTE: 70

                               29 bladsye

                                             b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    2
                                      (VRAESTEL 2)               10022/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.    MOENIE probeer om die hele vraestel te lees nie. Raadpleeg die
      INHOUDSOPGAWE op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die vrae
      van die tekste wat jy hierdie jaar bestudeer het. Lees hierdie vrae en kies die vrae wat
      jy wil beantwoord.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

      AFDELING A: Roman            (35)
      AFDELING B: Drama            (35)
      AFDELING C: Kortverhale      (35)
      AFDELING D: Gedigte          (35)

3.    Beantwoord vrae in TWEE afdelings, soos volg:

      AFDELING A: ROMAN
      Beantwoord die vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

      AFDELING B: DRAMA
      Beantwoord die vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

      AFDELING C: KORTVERHALE
      Beantwoord die vrae oor TWEE kortverhale wat jy bestudeer het.

      AFDELING D: GEDIGTE
      Beantwoord die vrae oor TWEE gedigte wat jy bestudeer het.

4.    Gebruik die kontrolelys op bladsy 4 om jou te help.

5.    Volg die instruksies aan die begin van elke afdeling noukeurig.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

7.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.    Bestee ongeveer 75 minute aan elke afdeling.

9.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                               b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              3
                                  (VRAESTEL 2)               10022/24

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag.
                VRAAGNOMMER                       PUNTE     BLADSYNOMMER
1.  Kringe in ŉ Bos                                 35  Nie getoets in Gauteng nie

2.   Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom     35                5

3.   Meeulanders                                    35    Nie getoets in Gauteng nie

4.   Lien se Lankstaanskoene                        35                9

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag.
5.  Poppie – Die drama                              35    Nie getoets in Gauteng nie

6.   Paljas                                         35               13

7.   Fiela se kind – Die drama                      35               17

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale.
8.1 Kringloop                                       17               22
                                      EN
8.2 ŉ Hulpelose Samaritaan                          18               24

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE gedigte.
9.1 Haar uitvaart                                   18               26
                                      EN
9.2 Sproeireën                                      17               28

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              4
                                     (VRAESTEL 2)               10022/24

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
   AFDELING          VRAAGNOMMERS              GETAL VRAE               DUI AAN
                                              BEANTWOORD                  ()
A:   Roman                  1–4                      1

B:    Drama                 5–7                      1

C:    Kortverhale             8               1 (2 kortverhale)

D:   Gedigte                 9                1 (2 gedigte)
LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                       5
                                         (VRAESTEL 2)               10022/24

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord slegs EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

VRAAG 1: KRINGE IN ʹN BOS – Dalene Matthee

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM –
         Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS C

        "Vra dit," brom Beyers terwyl hy die bokse op die kombuistafel begin
uitpak. "Mens sou sweer dis ŉ blerrie hotel."
                                       ***
Dit voel soos ŉ droom. Vir die eerste keer in tien dae word ek nie douvoordag
deur Beyers uit die bed geboender nie. Ek word saggies wakker van ŉ
opgewonde gefluister in my kamer. Toe ek my oë oopmaak, staan hulle almal                    5
langs my bed, Sharon heel voor met haar Julia Roberts-glimlag en ŉ
volgelaaide skinkbord in haar hande, die ander om haar saamgedrom. En
hulle sing vir my!
        "Veels geluk, liewe maatjie …" sing hulle almal saam, uit volle bors,
party taamlik vals.                                                                      10
        Selfs Yann sing saam. Met ŉ spottende trek om die mond, asof hy my
wil waarsku om dit asseblief tog net nie ernstig op te neem nie. Die blonde
koningin sing ook saam. Nie spottend nie. En ook nie vals nie. Om die waarheid
te sê, sy het ŉ fantastiese stem. Sy laat die afgesaagde verjaardagliedjie soos
ŉ kabaretnommer klink.                                                                   15
        Ek vee die slaap uit my oë en trek my vingers deur my hare en hoop ek
lyk nie té afskuwelik nie. Ek wil hulle nie afskrik voor hulle kans gekry het om
hulle presente te oorhandig nie. Hulle hou omtrent almal geskenkpakkies vas.
Nie Yann nie (natuurlik nie), maar al die ander. Selfs Margot.
        "Baie geluk," sê Sharon met ŉ klapsoen en sit die skinkbord ...                  20

2.1   Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer
      te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers
      (2.1.1 tot 2.1.4) neer.

      Hanna vier haar (2.1.1) ... verjaarsdag op (2.1.2) ... berg. Die enigste ligpunt vir
      Hanna is dat haar vriendin, (2.1.3) ..., by haar is. Hanna hou nie baie van haar
      lewe nie, daarom het sy vir Fabienne as haar (2.1.4) ... geskep.                               (4)

                                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 6
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

2.2   Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (2.2) neer.
      "Mens sou sweer dis ŉ blerrie hotel." (Reël 2)

      Hoekom het Beyers dit gesê?

      A       Beyers moet almal heeltyd besig hou.
      B       Almal sit net en niemand help met die huishouding nie.
      C       Hy en Mana is veronderstel om op hul wittebrood te wees.
      D       Mana het aangekondig dat Yann en Amos se ma kom kuier.                          (1)

2.3   Gavin het spesiaal van Johannesburg af gekom om by Hanna te wees.

      Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                                   (1)

2.4   Hanna dink dat sy ŉ groot teleurstelling vir haar pa is.

      Waarom dink sy so?                                                                      (1)
2.5   2.5.1   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

              Yann en Amos is Hanna se (halfbroers/stiefbroers).                              (1)
      2.5.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1.                                           (1)

2.6   Tydens Hanna se verjaarsdag op die berg het sy verskeie geskenke ontvang.

      Kies die karakter uit KOLOM B wat by die beskrywing van die geskenk in
      KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers
      (2.6.1 tot 2.6.4) neer.
                            KOLOM A                                   KOLOM B
      2.6.1     ŉ Grimeerstel                                    A   Yann
      2.6.2     ŉ Bundel met Shakespeare-sonette                 B   Hanna
      2.6.3     ŉ Pen met ŉ tiervelpatroon op die doppie         C   Beyers
      2.6.4     ŉ Grys trui met GAP voorop in oranje letters     D   Sharon
                                                                 E   Gavin
                                                                                (4 x 1)       (4)
2.7   Dink jy Yann was net so opgewonde soos sy broer Amos oor hulle ma se
      besoek? Motiveer jou antwoord.                                                          (1)
2.8   Skryf die volgende vier gebeure in die KORREKTE VOLGORDE neer:

         Margot het vir Yann en Amos belowe dat sy gou weer sou kom kuier.
         Margot het in die stormweer op die berg aangekom.
         Margot het die leiding geneem met die baba se geboorte.
         Margot het Hanna mooi laat lyk op haar verjaarsdag.                                 (4)

                                               EN
                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    7
                                          (VRAESTEL 2)               10022/24

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS D

       "Kom Hanna," sê Sharon streng en beduie met haar kop na ons kamer.
       Sy klink so beslis dat ek gedwee opstaan en soos ŉ gevangene tussen haar en
Margot kamer toe stap.
       "Ons wil jou pa verras," sê Margot toe sy die deur agter ons toetrek. "Ons gaan
jou stunning laat lyk!"                                                                             5
       Dit sal omtrent ŉ verrassing wees, dink ek toe ek op die bed gaan sit. Vir my miskien
nog meer as vir my pa. Die grimeerstel wat Sharon vir my gegee het, lê langs Margot se
badsakkie vol botteltjies en flessies op die ander bed. Dis duidelik dat hulle hierdie
besigheid lankal bekonkel het.
       "Moet dit net nie oordoen nie," prewel ek terwyl Margot iets romerigs aan my gesig          10
begin smeer. "Ek wil nie soos ... soos iemand anders lyk nie."
       Veral nie soos die blonde koningin nie, dink ek benoud.
       "Nonsens," lag Margot en vee my vel skoon met ŉ bolletjie watte. "Almal wil soms
soos iemand anders lyk!"
       "Wel, as julle my soos Julia Roberts kan laat lyk ..."                                      15
       "Nee, nie sy nie," sê Margot ewe ernstig. Sy gee ŉ tree agteruit en bestudeer
my gesig. "Jy’s ŉ ander tipe ..."
       Asof ek dit nie weet nie.
       "Jy’s meer ... meer van ŉ Engelse roos ... meer Kate Winslet?"
       Ek bars uit van die lag. "Engelse rose het nie puisies nie."                                20

2.9    "'Kom, Hanna,' sê Sharon streng en beduie met haar kop na ons kamer." (Reël 1)

       2.9.1     Wat kan ons aflei is Hanna se gevoel oor die streng opdrag van Sharon?            (1)

       2.9.2     Soos wie wil Hanna nie lyk nie?                                                   (1)

2.10   Kies die KORREKTE antwoord om die vraag te beantwoord. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (2.10) neer.

       "Dit sal omtrent ŉ verrassing wees, dink ek toe ek op die bed gaan sit. Vir my
       miskien nog meer as vir my pa." (Reëls 6 en 7)

       Hoekom dink Hanna so?

       A       Hanna dink sy is nie mooi nie.
       B       Hanna is maar ŉ vaal meisie.
       C       Sy het haar pa lanklaas gesien.
       D       Sy dra nooit grimering nie en nou is sy gegrimeer.                                  (1)

2.11 "'Moet dit net nie oordoen nie,' prewel ek ..." (Reël 10)

       Wat sê Hanna se woorde hier vir ons oor hoe sy oor grimering voel?                          (1)

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL              8
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

2.12 "Veral nie soos die blonde koningin nie, dink ek benoud." (Reël 12)

       2.12.1   Watter beeldspraak kry ons in hierdie reël?                                (1)

       2.12.2   Wat beteken dit binne die konteks van die roman?                           (1)

2.13 Margot sê vir Hanna: "Jy’s ŉ ander tipe ..." (Reël 17)

       2.13.1   Wat impliseer Margot met dié woorde?                                       (1)

       2.13.2   Stem jy saam met Margot dat Hanna ŉ "ander tipe" is?
                Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

2.14   Gavin het kos saamgebring met sy besoek aan Hanna en haar familie op die
       berg.

       Noem EEN van die items wat Gavin saamgebring het.                                   (1)

2.15   Gavin het ŉ konsert voorgestel om besig te bly terwyl dit reën.

       Verskillende karakters het verskillende items tydens die konsert gelewer.

       2.15.1   Watter rol het Yann gespeel?                                               (1)

       2.15.2   Gavin en Margot verstom almal. Wat het hulle gedoen?                       (1)

2.16 Watter belangrike les kan jy uit Hanna se lewensverhaal leer?                         (1)

2.17   Sharon kom uit ŉ baie welgestelde familie, tog het sy die vakansie saam met
       Hanna in die eenvoudige huis geniet.

       Hoekom, dink jy, was dit vir haar so lekker? Gee TWEE redes vir jou antwoord.       (2)

2.18 Verskillende karakters het by die huis op die berg opgedaag.

       2.18.1   Wie se koms het almal op die berg onverhoeds betrap?                       (1)

       2.18.2   Waarom was hierdie koms onverwags? Gee EEN rede.                           (1)

2.19 "Engelse rose het nie puisies nie." (Reël 20)

       Wat is die letterlike betekenis van Hanna se woorde?                             (1)
                                                                                       [35]
VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

HIERDIE ROMAN WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     9
                                         (VRAESTEL 2)               10022/24

VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS G
       Lien is nog bietjie oorbluf oor die uittrap wat sy onverdiend gekry het, maar besluit
om nie nou oor Moeilike Malie uit te pak nie. Wouter bestel ŉ Coke en ŉ stuk van die koek
van die dag.
       Lien weet Wouter het nie eintlik ŉ soet tand nie. Die koek is om haar onthalwe.
       Die res van die middag verloop sonder voorval en Lien is bly toe die tannie sê dis           5
tyd om te sluit. Sy voel soos ŉ aap oor die R10 wat Wouter vir haar op die tafel los toe hy
betaal. Sy wil dit nie vat nie, maar hy dring aan. Hy wag vir haar totdat die winkel sluit.
       "Aag, skryf dit af as experience," probeer Wouter troos toe hulle terugstap en sy
vertel van Malie Dry se humeur en die geld wat sy onregverdiglik verloor het. R36,38 is
die somtotaal van haar middag se arbeid.                                                           10
       "R36,38 is nou nie juis wat ŉ mens ŉ fortuin sal noem nie. Dit gaan nie ŉ vreeslike
gat toemaak nie, wat nog te sê ŉ vliegkaartjie koop," sê Lien teleurgesteld.
       "Relax, man. Môre sal dit beter gaan, jy sal sien," paai Wouter.
       Hulle groet by die telefoonhokkie en Lien hou hom ŉ rukkie dop terwyl hy die bult
opsukkel met die tamaai krieketsak in die een hand en sy rugsak oor die ander                      15
skouer.

4.1     Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer
        te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers
        (4.1.1 tot 4.1.4) neer.

        Lien en Wouter is goeie vriende en Lien het ander leerders ook beter leer ken toe
        hulle saam aan ŉ taak moes werk. Almal wat saam in die groep was, wou (4.1.1)
        … studeer. (4.1.2) … is baie eensaam en het ŉ behoefte aan geselskap hoewel
        haar ouers baie ryk is. (4.1.3) ... se pa het sekere verwagtinge van hom, maar hy
        wil eerder met sy hande werk. Al hierdie karakters is so anders as die (4.1.4) …
        wat Lien se beste vriendinne was voor haar lewe verander het.                              (4)

4.2     Waar werk Lien in dié uittreksel?                                                          (1)

4.3     "Moeilike Malie" (Reël 2)

        4.3.1   Lien gee vir Malie Dry dié bynaam.

                Watter insident het daartoe gelei dat Lien uitgetrap is?                           (1)

        4.3.2   Dink jy Lien is regverdig behandel? Motiveer jou antwoord.                         (1)

4.4     Lien en Wouter het mekaar by die skool ontmoet. Wat is die naam van hulle
        skool?                                                                                     (1)

4.5     "Dit gaan nie ŉ vreeslike gat toemaak nie, ..." (Reëls 11 en 12).

        4.5.1   Verduidelik die figuurlike betekenis van "vreeslike gat".                          (1)

        4.5.2   As Lien van die "vreeslike gat" praat, waarna verwys sy?                           (1)
                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   10
                                       (VRAESTEL 2)               10022/24

4.6    Dink aan die gebeure in die uittreksel. Ons kan aanvaar dat Wouter ŉ goeie
       vriend is.

       Behalwe dat Wouter koek eet, waarvan hy eintlik nie hou nie, waarom anders kan
       ons sê dat Wouter ŉ goeie vriend is?                                                 (1)

4.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (4.7) neer.

       Lien het aan die begin van die roman moeilik vriende in haar nuwe skool
       gemaak omdat …

       A   sy kwaad was oor alles wat gebeur het, wat gelei het tot ŉ nuwe skool vir
           haar en Braam.
       B   Wouter haar vriend was en sy nie ander vriende wou hê nie.
       C   niemand goed genoeg was vir haar nie.
       D   sy haar ou vriende gemis het.                                                    (1)

4.8    Beide Lien en Wouter woon sonder hulle pa’s.

       Bewys dat hulle situasies eintlik verskil. Noem beide Lien en Wouter se situasies
       in jou antwoord.                                                                     (2)

4.9    Lien het haar ma se rol in hulle huishouding oorgeneem.

       4.9.1   Waarom moes Lien dit doen?                                                   (1)

       4.9.2   Dink jy Lien kon anders opgetree het? Verduidelik jou antwoord.              (1)

4.10   Behalwe dat Lien vir haar gesin wil sorg, waarom is dit so belangrik vir haar om
       geld te verdien?                                                                     (1)

                                             EN

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     11
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS H

Maria word ŉ verlossing. Sy kan nie wag om Dinsdag- en Donderdagaande in dié weird
girl se lewe in te klim nie. Op ŉ manier begin sy Maria verstaan. Wat maak dit tog saak
dat die hemelruim vir haar in skakerings van groen bestaan en dat sy graag die bladsye
van haar gunstelingboek in die biblioteek wil uitskeur en kou? Wie is Lien Jooste om te sê
dis weird?                                                                                         5
        Selfs die deurmekaar juffrou Breytenbach kyk haar soms snaaks aan. "Lien, dit
werk my kind, dit werk só goed." Half verbysterd terwyl sy haar brilletjie regskuif en ŉ
deurmekaar krul regdruk, asof sy selfs nou eers regtig vir weird Weird Maria verstaan.
        Een Vrydag omtrent ŉ maand nadat haar ma uit die kliniek ontslaan is, kry sy onder
die akasiaboom naby Entertainment Corner die oproep van tannie Bets.                           10
        "Lien, waar is jy en waar is Braam? Julle moet dadelik huis toe kom!" Soos in nóú
dádelik." Tannie Bets klink lelik opgetense.
        "Wat’s fout, tannie Bets?"
        "Julle is binne ŉ halfuur in my woonstel!" Lien hoor Dolly Boesem kreun iets op die
agtergrond.                                                                                    15
        Dis vieruur. Sy wou nog minstens ŉ uur gestaan het. Sy het nog nie veel gemaak
nie. As sy nog die woonstelhuur ook moet bymekaarmaak, gaan die bietjie staan in die
middae haar nie help nie. Sy sal ŉ ander plan moet maak. Wat, weet sy nog nie.

4.11   Skryf die volgende vier gebeure in die KORREKTE VOLGORDE onder mekaar
       neer:

          Lien en Braam moet by oom Frank en tannie Poppie gaan bly.
          Christien word gearresteer vir winkeldiefstal.
          Lien beraam planne om gedurende skooltyd te gaan bedel.
          Lien se ma word weer by ŉ sentrum ingeboek vir behandeling.                         (4)

4.12   Tannie Bets het ŉ baie belangrike rol in Lien se lewe gespeel.

       Motiveer waarom dié stelling WAAR is.                                                   (1)

4.13   Musiek is ŉ deurlopende tema in die roman.

       Bespreek hoe musiek vir Lien aan die einde van die roman weer hoop vir die
       toekoms gee.                                                                            (1)

                                                                                               b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      12
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

4.14   Lien het waardevolle lesse by mense geleer.

       Kies die karakter uit KOLOM B wat by die les in KOLOM A pas. Skryf slegs die
       letter (A – E) langs die vraagnommers (4.14.1 tot 4.14.4) neer.
                          KOLOM A                                          KOLOM B
       4.14.1   Mens mag nie bevooroordeeld wees nie.              A     Tibbey
       4.14.2   ŉ Positiewe houding is belangrik, selfs in         B     Roos
                moeilike tye.
                                                                   C     Roos se dogter
       4.14.3   Partykeer moet ŉ mens ander se hulp
                aanvaar.                                           D     Kuifie
       4.14.4   Vriendskappe spruit uit ongewone                   E     Sproet
                omstandighede.

                                                                                     (4 x 1)    (4)
4.15   "Maria word ŉ verlossing." (Reël 1)

       4.15.1   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                Maria het Lien se lewe (vir altyd verander/kortstondig gelukkig
                gemaak).                                                                        (1)

       4.15.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.15.1.                                          (1)

4.16   Waarom kan ons sê dat "Lien se Lankstaanskoene" ŉ gepaste titel vir die roman
       is? Jou antwoord moet na die DENOTATIEWE betekenis van die titel verwys.                 (1)

4.17   Hoe verskil die toekoms wat Lien aan die begin van die roman wou gehad het
       van die toekoms wat sy toe wel aan die einde van die roman het?                          (2)
4.18   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (4.18) neer.
       Die oomblik wat Gerhard vir Lien op straat sien bedel, word as die … van die
       roman beskou.
       A    verwikkeling
       B    ontknoping
       C    hoogtepunt
       D    slot                                                                                (1)
4.19   Lees weer reël 13.

       "Wat’s fout, tannie Bets?"
       4.19.1   Die stylfiguur in hierdie reël is (ŉ retoriese vraag/elisie).                   (1)
       4.19.2   Waarom, dink jy, is die gebruik van die stylfiguur in VRAAG 4.19.1
                gepas binne die konteks van die gesprek?                                        (1)
                                                                                               [35]
                                                                    TOTAAL AFDELING A:          35
                                                                                                b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 13
                                         (VRAESTEL 2)               10022/24

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

VRAAG 5: POPPIE – DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotze

HIERDIE DRAMA WORD NIE IN GAUTENG GETOETS NIE

VRAAG 6: PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS K
DOMINEE: Omdat ons in sonde ontvange en gebore is, is ons horende doof
en siende blind. Ons luister, maar ons hoor nie; ons kyk, maar ons sien nie. Die
verlossende genade is tot ons beskikking, maar ons maak nie daarvan gebruik
nie. Ons kyk dit mis. Ons stel nie daarin belang nie. Maar, liewe gemeente, ek
sê vanmôre vir u – God is ŉ toornige god. Hy laat nie met hom spot nie. Dié         5
van ons wat hardkoppig sy genade en sy belofte van verlossing bly verwerp,
vir ons bly daar nog net die vuur en die swael van sy toorn oor. Vir dié van ons
wat kyk en nie sien nie, bly daar nog net – (Die nar kom by die voordeur in. Hy
probeer so saggies en onsigbaar moontlik al teen die muur langs insluip. Hy
gaan sit in die heel agterste bank.) Vir dié van ons wat sy verlossende genade      10
nie wil – vir dié van ons – (Maar die dominee het nou heeltemal sy draad
verloor. Hy staan vir die nar en kyk. Die nar sit uitdrukkingloos en plegtig voor
hom en uitstaar. Een gemeentelid kyk om; twee ander kyk om; nog ses of sewe
kyk. Die dominee kyk na die ouderlingbank.) Broer, asseblief. (Niemand roer
nie.) Broer Bothma! (Broer Bothma kom orent en kyk hulpeloos na die                 15
dominee.) Verwyder asseblief vir ons die – grapmaker.

6.1    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e) neer
       te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers
       (6.1.1 tot 6.1.4) neer.

       Hierdie gebeure speel af in die omgewing van ŉ klein dorpie in die (6.1.1) … .
       Daar is botsing tussen die (6.1.2) …-gesin en die bevooroordeelde mense in die
       dorp omdat Willem en die (6.1.3) … maats geword het, want die mense dink hulle
       beoefen (6.1.4) … .                                                                  (4)

6.2    "Omdat ons in sonde ontvange en gebore is, is ons horende doof en siende blind.
       Ons luister, maar ons hoor nie; ons kyk, maar ons sien nie." (Reëls 1 en 2)

       Hierdie woorde impliseer dat die mens in sonde gebore is. Wie (of wat), kan ŉ
       mens aflei, moet die mens op die regte pad lei hier op aarde?                        (1)

6.3    Dit is duidelik dat die dominee sekere vooroordele ten opsigte van die nar het.

       Watter karaktereienskap van die dominee word hierdeur blootgelê?                     (1)

                                                                                            b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                       14
                                       (VRAESTEL 2)               10022/24

6.4   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (6.4) neer.

      Toe die nar die kerk binnegekom het, was die dominee se reaksie die volgende:

      A       Hy was bly dat die nar kerk toe gekom het.
      B       Hy was ongelukkig dat die nar laat was vir die diens.
      C       Hy het vir die gemeente gesê om hom te verwelkom.
      D       Hy was van stryk af en het gevra dat hulle hom verwyder.                          (1)

6.5   "(Maar die dominee het nou heeltemal sy draad verloor.)" (Reëls 11 en 12)

      6.5.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                Die dominee het die (gang van sy preek/elektriese mikrofoonkoord)
                verloor.                                                                        (1)

      6.5.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.5.1.                                           (1)

6.6   "Vir dié van ons wat sy verlossende genade nie wil – " (Reëls 10 en 11)

      Dui die ironie in hierdie woorde van die dominee aan.                                     (2)

6.7   (Een gemeentelid kyk om; twee ander kyk om; nog ses of sewe kyk.)
      (Reëls 13 en 14)

      Waarom, dink jy, het die gemeentelede na die nar gestaar?                                 (1)

6.8   Elke karakter in hierdie drama speel ŉ belangrike rol om uiteindelik die drama op ŉ
      hoogtepunt te laat eindig.

      Kies die karakter uit KOLOM B om by die beskrywing van die karakter in KOLOM A
      te pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (6.8.1 tot 6.8.4) neer.

                             KOLOM A                                  KOLOM B
      6.8.1     Hy het die nar geskiet en bestook die           A   Emma
                McDonalds-gesin se motor met klippe by die
                dans.                                           B   Sakkie du Toit

      6.8.2     ŉ Tipiese patriarg wat voorgee dat alles goed   C   Ouderling Bothma
                gaan.
                                                                D   Jan Mol
      6.8.3     Sy bespeel die klavier en kry weer ŉ "stem"
                en praat oor dinge wat saak maak.               E   Katrien

      6.8.4     Maak ŉ narrepak vir Willem en maak die nar
                se broek reg.

                                                                                     (4 x 1)    (4)

                                                                                                b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      15
                                         (VRAESTEL 2)               10022/24

6.9    "Broer Bothma! (Broer Bothma kom orent en kyk hulpeloos na die dominee.)"
       (Reël 15 en 16)

       6.9.1    Waarom sou Broer Bothma moontlik "hulpeloos" na die dominee gekyk
                het?                                                                             (1)

       6.9.2    Ouderling Bothma en die kerkraad het die nar ná hierdie voorval terug
                verwelkom in die kerk en hom gerus gestel.

                Sê waarom hierdie stelling ONWAAR is.                                            (1)

                                               EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS L

KATRIEN: Gee aan die handdoek.
HENDRIK (tot Willem): Het hy saam met die sirkustrein gekom?
(Willem knik.) So, dis vir hom wat jy heeltyd kos aangedra het? (Willem knik.) Hoekom het
jy hom vir ons weggesteek?
WILLEM: Hy was my geheim.                                                                            5

      Hendrik kyk vir Katrien, en wend hom dan tot Manuel.

HENDRIK: Jy moet regkom, jong, dat jy vir ons kan trieks wys. Hoe lyk dit – jy wil nie dalk
vir ons ŉ paar tienrandnote uit jou naeltjie uitryg nie?
KATRIEN: Hendrik, gedra vir jou!
HENDRIK: Wat?                                                                                    10

      Maar hy knipoog vir Willem.
      En Willem glimlag en sit sy arm om sy pa se nek.

126. Emma by die wasgoeddraad besig om die nar se klere stuk vir stuk uit ŉ skotteltjie
water te haal, uit te droog, oop te flap en op te hang. Die stuk of ses voertuie staan nog
oorkant die spoor, almal nou langs mekaar geparkeer met hulle neuse na die huis toe.             15
       Daar hang uiteindelik ŉ frokkie, ŉ paar wit kouse, ŉ bont hoed met ŉ tossel, en ŉ
ewe bont bostuk en broek aan die draad.
                                             ***
128. Die gesin om die etenstafel. Manuel is nie by nie. Willem aanvanklik ook nie. Hulle eet.

HENDRIK: Wie dink hulle is hulle? (Hy is baie opgeskroef.) Wie die moer dink hulle is hulle?
KATRIEN: Hendrik.                                                                                20
HENDRIK: Nee, ek vra. Ons pla niemand.

                                                                                                 b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     16
                                       (VRAESTEL 2)               10022/24

6.10   Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE
       neer:

          Manuel lyk of hy in ŉ toestand van skok is.
          Hendrik sê dit lyk of dit eenkant in is en anderkant uit.
          Daar is ŉ wond onderkant Manuel se sleutelbeen en een in sy handpalm.
          Katrien was die wond met nat watte en hy vat en gee aan.                           (4)

6.11   "WILLEM: Hy was my geheim." (Reël 5)

       Dink jy Willem het reg opgetree om sy vriendskap met Manuel ŉ geheim te hou?
       Motiveer jou antwoord.                                                                 (2)

6.12   "HENDRIK: Jy moet regkom, jong, dat jy vir ons kan trieks wys. Hoe lyk dit – jy wil
       nie dalk vir ons ŉ paar tienrandnote uit jou naeltjie uitryg nie?" (Reëls 7 en 8)

       6.12.1   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                In hierdie aanhaling kry ons karakter-(ontwikkeling/stagnering) wat in
                Hendrik plaasgevind het.                                                      (1)
       6.12.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.12.1.                                        (1)
       6.12.3   Watter TWEE "trieks" het Manuel vir Willem gewys?                             (2)

6.13   "Maar hy knipoog vir Willem.
       En Willem glimlag en sit sy arm om sy pa se nek." (Reëls 11 en 12)

       ŉ Gevoel van toegeneentheid bestaan hier tussen pa en seun. Hierdie gevoel
       staan egter in skrille kontras met die gebeure in toneel 126. Dui hierdie
       kontrasterende gebeurtenis aan.                                                        (1)

6.14   "Die stuk of ses voertuie staan nog oorkant die spoor, almal nou langs mekaar
       geparkeer met hulle neuse na die huis toe." (Reëls 14 en 15)

       Benoem die stylfiguur wat in hierdie aanhaling voorkom.                                (1)

6.15   "HENDRIK: Wie dink hulle is hulle? (Hy is baie opgeskroef.)" (Reël 19)

       Verduidelik die figuurlike betekenis van "opgeskroef".                                 (1)

6.16   Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die
       vraagnommer (6.16) neer:

       "KATRIEN: Hendrik, gedra vir jou!" (Reёl 9)

       Hierdie woorde wys dat Katrien …

       A    Manuel nie ongemaklik wil laat voel nie.
       B    Hendrik se geldgierigheid geheim wil hou.
       C    ongelukkig is oor hoe Hendrik met Manuel praat.
       D    nie Hendrik se bedoelings met sy woorde verstaan nie.                             (1)

                                                                                              b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     17
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

6.17   Watter lewenswaarde leer Toorwater se mense vir ons?                                    (1)

6.18   Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

       Manuel verlaat die trein om tydelik by die mense van Toorwater te kom bly.
       Sodoende deel hy sy "paljas" om hulle (te laat vrede maak met/te verlos van) hulle
       vervelige lewe op Toorwater.                                                            (1)

6.19   Hendrik is die pa wat vir sy gesin probeer sorg.

       Waarom kan jy trots wees op Hendrik as mens?                                            (1)
                                                                                              [35]

VRAAG 7: FIELA SE KIND – DIE DRAMA – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS M

FIELA: (staan op en gaan na die ander in die kombuis): Dawid, kry reg jou
      voete, jy moet dorp toe. Tollie, breek dunhout en pak ŉ buitevuur aan
      vir Ma. Emma, maak kleinvuur in die huis en hang vir ons kos oor. Kittie,
      loop haal die blik met die naaldgoed. (Hulle staar haar verskrik aan.)
      Benjamin gaan Knysna toe. (SELLING sit sy hand op BENJAMIN se                       5
      kop.) Dit kan nie anders nie. Ek het oral gedink en ek kry nie ŉ ander
      pad nie. Maar Saterdag sal hulle hom terugbring, sê ek vir julle. Hoor jy
      my, Benjamin? Saterdag sal hulle jou terugbring en die Here help hulle
      as hulle ooit weer hulle pote op hierdie werf sit! Ma stuur jou saam sodat
      die magistraat en die bosvrou jou kan bekyk en klaar kyk. En Ma belowe          10
      jou, jy sal nie nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat sak
      omdat jy as ŉ Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek
      nie. Dawid gaan kortpad vat oor Jan Koles se kop dorp toe met die
      skaapvelle en ŉ paar karwatse, en hy gaan vir mister Pace sê hy moet
      vir my daarvoor vir jou ŉ mooie hemp en ŉ paar winkelskoene stuur.              15
      Selling, trek af die kind se voet op ŉ stukkie vel. Tollie, maak die vuur.
      Kittie, bring die naaldgoed, daar’s ŉ ...

7.1    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende woord(e)
       neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die vraagnommers
       (7.1.1 tot 7.1.4) neer.

       Tydens die Sensusmanne se eerste besoek aan Wolwekraal het Fiela vir hulle
       inligting oor die (7.1.1) ... (die gesin se van) gesin gegee. Lange en Dikke was
       geskok toe Benjamin, opgewonde met sy (7.1.2) ... daar aankom en vir Fiela
       (7.1.3) ... noem. Dikke onthou toe die insident van die Van Rooyen kind wat
       ongeveer (7.1.4) ... jaar oud was toe hy weggeraak het.                                 (4)

                                                                                               b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     18
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

7.2   Fiela het hard geveg om haar wit hanskind te behou, maar haar pogings was
      onsuksesvol. Benjamin moes in die bos gaan bly.

      Verduidelik die metaforiese gebruik van "hanskind" in die konteks van die
      uittreksel.                                                                              (1)

7.3   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
      (A – D) langs die vraagnommer (7.3) neer.

      Fiela het vir Benjamin ... sodat hy netjies lyk as hy in die magistraat se kantoor
      is.

      A       gebad
      B       gevoer
      C       geleer
      D       gesoek                                                                           (1)

7.4   "Dawid, kry reg jou voete, jy moet dorp toe. Tollie, breek dunhout en pak ŉ
      buitevuur aan vir Ma. Emma, maak kleinvuur in die huis en hang vir ons kos
      oor. Kittie, loop haal die blik met die ..." (Reëls 1 tot 4)

      7.4.1     Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                Die sensusmanne het Fiela (toegelaat/verbied) om saam met Benjamin
                na Knysna toe te gaan.                                                         (1)
      7.4.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.4.1.                                          (1)
      7.4.3     "Dawid kry reg jou voete ..." (Reëls 1 en 2)
                Wat bedoel Fiela met hierdie woorde?                                           (1)

7.5   Fiela is vir lang periodes in die drama op die agtergrond, maar tog behou sy en
      Benjamin ŉ mistieke band.

      Hoe sluit hulle verhouding by die titel van die drama aan?                               (1)

7.6   Kies die karakter uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – E) langs die vraagnommers (7.6.1 tot 7.6.4) neer.

                                  KOLOM A                                   KOLOM B
      7.6.1     ... wonder of hy Elias en Barta se verlore kind is.       A   Fiela
      7.6.2     … sorg vir die gesin se emosionele en intellektuele       B     Benjamin
                behoeftes.
                                                                          C     Lukas
      7.6.3     … klou vas aan haar leuen wanneer Lukas haar
                konfronteer.                                              D     Barta
      7.6.4     … help vir Lukas om sy nuwe milieu te ontdek en in        E     Nina
                die Bos aan te pas.

                                                                                    (4 x 1)    (4)
                                                                                               b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                  19
                                       (VRAESTEL 2)               10022/24

7.7    Nina het onmiddellik geglo dat Lukas haar verlore broer is.

       Sê waarom hierdie stelling WAAR is.                                                 (1)

7.8    ŉ Mens kan sê dat Fiela ŉ geloofwaardige karakter en rolmodel vir die moderne
       vrou is.

       Motiveer waarom ŉ mens so kan sê.                                                   (1)

7.9    Lees weer reëls 10 tot 13.

       "En Ma belowe jou, jy sal nie nodig hê om jou kop anderkant daardie berg te laat
       sak omdat jy as ŉ Komoetie ingeskryf staan in die Goewerment se boek nie."

       Waarom was Fiela se belofte aan Benjamin goed vir sy toekoms?                       (1)

7.10   Waarom kan jy verstaan dat Fiela glo Benjamin gaan weer Saterdag terugkom
       huis toe?                                                                           (1)

                                             EN

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

TEKS N
MAGISTRAAT: Die kind is by sy regte ouers. Wat hy die dag toe hy weggeraak
      het, aanhad, kan geen verskil maak nie. Jy kan hom enigiets staan en ...
                                           ***
FIELA: … baas, maar ek sal nie vir baas lieg nie. Ek sal op die Grootboek sweer.
      Ek vra baas net hierdie een guns: laat roep die bosvrou en laat haar kom
      sê.                                                                                      5
MAGISTRAAT: Dis genoeg. Jy kan besluit of jy self gaan loop en of ek die
     konstabel moet roep.
FIELA: Here, baas, jy kan my nie wegjaag nie.
MAGISTRAAT: Konstabel!
FIELA (op band): Seil, Fiela, seil. (Gewone spraak.) Asseblief, weledele heer,             10
      ek sal loop, ek wou nie kom moeilikheid maak het nie. (Loop agteruit.) Ek
      sal loop, baas – ek loop. Sê my dan net waar die kind is, baas. Sê my net
      wie die mense is by wie hy is.
MAGISTRAAT: Ek verbied jou om naby die kind te kom! Ek sal vandag nog aan
     die magistraat op Uniondale skryf om jou te laat dophou, en om stappe                 15
     teen jou te neem as jy enige moeilikheid veroorsaak.
       Ligte begin uitdoof.
FIELA (op band): Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken, en toe
      die skrik en die verslaentheid en die magteloosheid.
                                            ***
BARTA (die woorde skeur uit haar): Ek het die verkeerde kind gevat, Elias. Ek              20
      het iemand anders se kind gevat.
                                                                                           b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                20
                                         (VRAESTEL 2)               10022/24

7.11   Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE VOLGORDE
       neer:

          Fiela wens Pollie wil uitbreek.
          Lukas gee die vyf sjielings vir Fiela terug.
          Fiela draai die vyf sjielings in ŉ lap toe en pak dit in die trommel.
          Lukas bied die vyf sjielings vir Nina aan as sy vir hom die pad wys.            (4)

7.12   Fiela het gedink dit is raadsaam dat die magistraat die bosvrou laat roep om te
       besluit wie die regte ma van die kind is.

       Waarom kan ons sê dat Fiela in hierdie situasie vir die magistraat goeie raad
       gegee het?                                                                          (1)

7.13   Verduidelik waarom Fiela weier om te aanvaar dat Benjamin Barta se verlore
       kind is. Gee TWEE redes.                                                            (2)

7.14   "Seil, Fiela, seil." (Reёl 10)

       Wat bedoel Fiela met hierdie woorde wat sy vir haarself sê?                         (1)

7.15   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die letter
       (A – D) langs die vraagnommer (7.15) neer.

       Barta het geweet dat sy die seuntjie met die blou hempie moet kies, want Lange
       het …

       A     in haar oё gekyk.
       B     haar hand vasgehou.
       C     in haar nek gefluister.
       D     vir haar ŉ handgebaar gegee.                                                  (1)

7.16   Tydens die uitkenningsparade in die hof het Barta vir Lukas met haar vinger
       uitgewys en direk daarna omgedraai en begin huil.

       Waarom is dit so ironies?                                                           (2)

7.17   Hoe sluit die krisis wat Fiela in hierdie uittreksel ervaar, nadat sy by die
       magistraat was, by Lukas se innerlike konflik aan toe Barta die waarheid erken?
       Jy moet in jou antwoord na Fiela se krisis en Lukas se innerlike konflik verwys.    (2)

7.18   In reёl 20 lees ons dat die woorde "skeur uit" Barta uit.

       7.18.1    Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

                 Die woord "skeur" word hier (letterlik/figuurlik) gebruik.                (1)

       7.18.2    Verduidelik die betekenis van Barta se woorde in reël 20.                 (1)

                                                                                           b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   21
                                       (VRAESTEL 2)               10022/24

7.19   Benjamin het lank gesukkel om sielerus te vind nadat hy by die Van Rooyens
       moes gaan bly.

       7.19.1   Wat dink jy is die skrywer se doel, met jou as leser, om dié probleem as
                fokuspunt in die drama te gebruik?                                          (1)

       7.19.2   Watter lewensles kan jy uiteindelik by Barta leer wat jou lewe beter kan
                maak?                                                                       (1)
                                                                                           [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:          35

                                                                                            b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                     22
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord die vrae oor AL TWEE kortverhale uit die bundel wat jy bestudeer het.

VRAAG 8: SPIEËLBEELDE

8.1    KRINGLOOP – Ruto Vambo

       Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

       TEKS O

              Sou die lede van die Mars-ekspedisie van weleer daar in die vreemde
       gemuteer het tot monsters? Of het hierdie gedrogte dalk die ekspedisie gevange
       geneem en vernietig? So baie vrae, so min antwoorde. Maar daar is lewe en dis
       vyandig, dit moet vernietig word terwille van voortbestaan. Klaar. Met die kennis
       wat hulle in die ingewande van die rooi planeet versamel en uitgebrei het,                  5
       vervaardig die wesens van Mars ŉ middel wat metaal in ŉ oogwink laat
       verkrummel tot as. Die tegnologie wat gebruik is om die hart van ŉ planeet te splyt,
       word nou aangewend om deur die ruimte te skeer. Eindelik is Mars gereed om ŉ
       eenvoudige kapsule te lanseer.
              Op Aarde merk die astronome ŉ komeet wat in die ruimte ontplof. ŉ                10
       Vreemde gelerige skynsel verskyn in die naghemel. Gideon de la Mer word
       opgespoor om kommentaar te lewer. Hy staar voor hom uit, verwonderd dat hulle
       hom met sulke beuselagtighede lastig val. Hy is die GROOT wetenskaplike. Die
       ou skynseltjie is die toevallige gevolg van atmosferiese uitbranding soos elke
       skaap op sy grootjie se plaas weet.                                                     15
              Toe sak die stortreën uit. Binne ure is hele kragsentrales weggespoel.
       Treine, bote, vliegtuie, staalstrukture roes voor die mense op. Motors val
       uitmekaar. Nywerheidskomplekse tuimel ineen, sinkdakke verweer tot blink
       skaafsels en verkrummelende staalrame laat …

       8.1.1    Voltooi die volgende paragraaf feitelik korrek deur die ontbrekende
                woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die KORREKTE woord(e) langs die
                vraagnommers (8.1.1(a) tot 8.1.1(d)) neer.

                Gideon de la Mer het ŉ skitterplan gehad, naamlik om (a) … in die
                ruimte uit te voer. Dis vir Gideon de la Mer beter om dit op Mars te
                doen weens sy laer (b) … . Op ŉ (c) … AAND lanseer hy die
                kernmissiel perfek. Gideon de la Mer se karakter is simbolies van die
                mens se (d) … .                                                                (4)

       8.1.2    Die titel van die verhaal is "Kringloop".

                Som die titel "Kringloop" op deur die volgende te verduidelik:

                (a)   Die betekenis                                                            (1)

                (b)   Die gebeure tussen Aarde en Mars                                         (2)

                                                                                               b.o.

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    23
                               (VRAESTEL 2)               10022/24

8.1.3   In die verhaal word Aarde en Mars teenoor mekaar gestel soos die
        verhaal ontwikkel.

        Kies die KORREKTE antwoord uit dié tussen hakies.

        Die Marsbewoners het die Aarde die (rooiplaneet/oerplaneet) genoem.          (1)

8.1.4   "Met die kennis wat hulle in die ingewande van die rooi planeet
        versamel en uitgebrei het, …" (Reëls 4 en 5)

        Benoem die tipe beeldspraak wat hier gebruik word.                           (1)

8.1.5   Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
        die letter (A – D) langs die vraagnommer (8.1.5) neer.

        As gevolg van die aanval van Aarde op Mars, het Mars ŉ tydperk
        ingegaan wat die … genoem word.

        A     Millennium
        B     Middeleeue
        C     Donker Eeue
        D     Steentydperk                                                           (1)

8.1.6   Die verhaal bestaan uit ŉ struktuur wat twee dele het, met gebeure op
        Aarde en Mars wat teenoor mekaar gestel word soos die verhaal
        ontwikkel. Die verhaal verskuif vanaf die Aarde na Mars.

        Kies die aspekte van die kortverhaal in KOLOM B wat by die
        verduideliking in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – E) langs die
        vraagnommers (8.1.6(a) tot 8.1.6(d)) neer.

                           KOLOM A                             KOLOM B
        (a)   Die ondergrondse bewoners van Mars glo       A   Motoriese
              hulle word aangeval deur "metaalagtige           moment
              monsters" van die aarde af en ontwerp ŉ
              nuwe wapen om die Aarde aan te val.          B   Afloop en
                                                               ontknoping
        (b)   Gideon de la Mer worstel met die besluit
              waar hy die vuurwerke moet lanseer.          C   Innerlike konflik

        (c)   Mars val die Aarde aan met tegnologie wat    D   Uiterlike konflik
              metaal vernietig en chaos op Aarde
              veroorsaak.                                  E   Klimaks

        (d)   Die agtergrond van die omstandighede op
              Aarde ná die kernoorlog word duidelik.
                                                                          (4 x 1)    (4)

8.1.7   Stem jy saam daarmee dat kerntoetse die aarde help? Motiveer jou
        antwoord.                                                                    (1)
                                                                                     b.o.

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                       24
                                        (VRAESTEL 2)               10022/24

      8.1.8     As jy ŉ Marsbewoner was, sou jy die Aarde as ŉ bedreiging sien?
                Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

      8.1.9     Dink jy dat die aanval op die Aarde deur Mars regverdig was? Motiveer
                jou antwoord.                                                                    (1)

                                               EN

8.2   ŉ HULPELOSE SAMARITAAN – T.T. Cloete

      Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

      TEKS P

             Hans wou nog iets sê, toe besluit hy al in stilte:
             "Ek weet ek moet kies. Ek kies …"
                                                ***
             "Kan jy my darem nie vir my honde vergoed en dit aftrek van wat jy van my
      eis nie? En kan ons nie die verantwoordelikheid vir die beseerde man op ŉ manier
      saam dra en die totale skade min of meer verdeel nie? Ek bedoel, my honde jou                  5
      skape …"
             "Jammer, sekere pligte en barmhartighede word nie gedeel nie …
      betrokkenheid hou iewers op en strek nie tot in die oneindige nie."
                                                ***
             "Die plig en barmhartigheid en betrokkenheid, ja, maar sulke skade? Word
      die gevolge, die skade, nie gedeel nie?" vra Hans onseker. Hy kan nie glo wat              10
      hom so onvoorspelbaar oorgekom het nie.
             Die skaapboer bly genadeloos. Geen argumente help nie. Hans slaap
      daardie nag byna niks nie, en in die kort fases van oppervlakkige slaap word hy
      geteister deur die vrae wat hy aan homself stel … hoe jy onvoorsiens in baie groot
      moeilikheid kan beland juis as jy dit wil voorkom. Jy betaal vir wat jy nie wil hê nie,    15
      en jy betaal te veel. Iets wat met ŉ geringe beweging aan die gang gekom het, kry
      vaart, verander van koers en ontspoor.
             Hans is die volgende oggend douvoordag na die boer se plaas om die saak
      te bekyk en verder te beredeneer.
             Hy verbeel hom, toe …                                                               20

      8.2.1     Noem EEN rede waarom Hans Vrydae ŉ ent uit die dorp uit ry.                      (1)

      8.2.2     Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE
                VOLGORDE neer:

                   Hans ry stadig sodat sy honde agter sy motor kan hardloop.
                   Hans lê doodstil langs die pad.
                   ŉ Groot swart motor ry ŉ dronk fietser raak.
                   ŉ Skaapboer eis vergoeding van Hans vir sy skape wat dood is.                (4)

                                                                                                 b.o.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans P2 (FAL) 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-2021-qp/46a5b8c1-2aa3-4621-aa5c-0325e2c4a129) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-qp/f70fc97b-a6dd-4da3-ba07-3a9f660a5abc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [Gr12 Afrikaans P2 (FAL) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrikaans-p2-fal-sep-2022-question-paper/80eb0dce-35fb-474b-aba8-bf1e19091f30) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2021/34e7b7fd-bf31-4586-9e70-44ddb4b9045e) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2021/da02e74c-b98c-4a0b-ad99-7fee322675fd) — Afrikaans FAL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
