# Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Agricultural Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-question-paper/0849ffba-0a3a-4a0a-bfc4-2385529235fd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-question-paper/0849ffba-0a3a-4a0a-bfc4-2385529235fd)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    JUNIE EKSAMEN
      GRAAD 12

           2024

   LANDBOUWETENSKAPPE

                          TYD:         2½ uur

                          PUNTE:       150

                          17 bladsye

                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                    LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                GR12 0624               2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings: AFDELING A en AFDELING B.

2.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

5.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.   Toon ALLE berekeninge, insluitend formules, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                      LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                  GR12 0624              3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 A.

      1.1.1   Die chemiese simbool vir die mineraalelement wat verantwoordelik is vir
              die vorming van hemoglobien in die rooibloedselle:

              A     Ca
              B     P
              C     Fe
              D     Na

      1.1.2   Chemiese vertering by hoenders vind plaas in die …

              A     krop.
              B     proventrikulus.
              C     spiermaag.
              D     ventrikulus.

      1.1.3   Die volgende stellings verwys na die aanpassings van die struktuur
              hieronder:

                                                             A

                                          B
                                          C

              (i)   Deel B verteenwoordig kapillêrebloedvate waar aminosure
                    geabsorbeer word.
              (ii) Verteerde vet word in deel C geabsorbeer.
              (iii) Deel A verminder die oppervlakte vir absorpsie.
              (iv) Absorpsie van glukose vind plaas in deel B.

              Kies die KORREKTE kombinasie.

              A     (i), (iii) en (iv)
              B     (ii), (iii) en (iv)
              C     (i), (ii) en (iii)
              D     (i), (ii) en (iv)

                                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LANDBOUWETENSKAPPE
                                                              GR12 0624                4

1.1.4   Die vetoplosbare vitamiene wat nodig is vir die belangrike funksies in ’n
        dier se liggaam is …

        A       Kobalamien en vitamien K.
        B       Tiamien en vitamien E.
        C       Retinol en vitamien D.
        D       Riboflavin en piridoksien.

1.1.5   ŉ Boer wat gewasse of vee produseer om wins te genereer deur hoogs
        gevorderde tegnologieë te gebruik:

        A        Kommersiële boer
        B        Nomadiese boer
        C        Bestaansboer
        D        Gemeenskapsboer

1.1.6   Die volgende is basiese riglyne wat in ag geneem moet word wanneer
        diere vervoer word:

        (i)      Moenie diere te lank voor vertrektyd oplaai nie.
        (ii)     Moenie diere voer 12 uur voordat hulle gelaai word nie.
        (iii)    Vervoer beeste, skape en bokke op dieselfde vragmotor.
        (iv)     Groepeer diere om sosiale groeperings te vestig voordat hulle
                 gelaai word.

        Kies die KORREKTE kombinasie.

        A        (i), (iii) en (iv)
        B        (ii), (iii) en (iv)
        C        (i), (ii) en (iii)
        D        (i), (ii) en (iv)

1.1.7   ŉ Voorkomende maatreël om die verspreiding van lewerslak in ŉ groot
        trop beeste te beheer:

        A        Gebruik medisinale behandeling met gereelde tussenpouses.
        B        Omhein moerasagtige en nat gebiede en skei hierdie areas van die
                 res van die weivelde af.
        C        Verwydering van besmette mis op ŉ gereelde basis uit die weidings.
        D        Verdeling van die weiding in kampe.

1.1.8   Soönotiese siektes ...

        A        kan van diere na mense oorgedra word.
        B        word veroorsaak deur voedingstekorte.
        C        is nie aansteeklik nie.
        D        kan nie behandel word sodra dit gediagnoseer is nie.

                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                         LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                     GR12 0624                   5

      1.1.9    Die skrotum omsluit die primêre manlike voortplantingsorgaan wat …

               A     die draervloeistof vir spermatozoa produseer.
               B     as ŉ kopulerende orgaan optree.
               C     spermatosoë en testosteroon produseer.
               D     testosteroon en seminale vloeistowwe afskei.

      1.1.10   Die hoofrede vir die afdroog van ŉ koei voor die volgende laktasie is
               om …

               A     vroeë bevrugting te verseker.
               B     swangerskapsprobleme te verminder.
               C     die dragtigheidsperiode te verkort.
               D     die herstel van klierweefsel toe te laat.
                                                                                      (10 x 2)   (20)

1.2    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM A nie. Skryf slegs A,
       slegs B, beide A en B of geen langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
       ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.

                    KOLOM A                                      KOLOM B
       1.2.1   A:   Vis proteïen                Die tipe proteïen met die hoogste
               B:   Eier proteïen               biologiese waarde

       1.2.2   A:   Pepsien                     Die ensiem in die dunderm wat
               B:   Renien                      verantwoordelik is vir vetvertering

       1.2.3   A:   Intensief                   ŉ Produksiestelsel wat
               B:   Uitgebreide                 kapitaalgeoriënteerd is

       1.2.4   A:   Hondsdolheid                ŉ Voorbeeld van ŉ virussiekte
               B:   Slenkdalkoors

       1.2.5   A:   Leydig selle                Produseer testosteroon
               B:   Selle van Sertoli

                                                                                       (5 x 2)   (10)

1.3    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
       woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
       neer.

       1.3.1   ŉ Strategiese plan vir veeboere om te verseker dat daar genoeg voer op
               die plaas is om deur die jaar aan die vereistes van alle diere te voldoen

       1.3.2   Toerusting met ŉ waterklep en ŉ spuitstuk wat gebruik word om water
               aan die sog en varkies te voorsien

                                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                       LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                   GR12 0624               6

      1.3.3   ŉ Tweelobbige sak wat die testes omsluit en beskerm

      1.3.4   ŉ Sekondêre geslagsorgaan wat die baarmoeder teen bakteriële infeksies
              beskerm gedurende dragtigheid

      1.3.5   Die tregtervormige orgaan wat die eiersel wat tydens ovulasie vrygestel
              word, opneem                                                       (5 x 2)    (10)

1.4   Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in ELK van die volgende stellings om
      hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
      vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.4.1   Melasse is die aanvulling wat algemeen gebruik word as ŉ nie-proteïen
              stikstofbron in herkouervoere.

      1.4.2   Die hormoon insulien beheer die afskeiding van die pankreassap.

      1.4.3   Akute siektes is langdurig en kom herhaaldelik in dieselfde dier voor.

      1.4.4   Die naelstring is ŉ vaskulêre membraanagtige orgaan wat die bloed van
              die moeder en die fetus in nouer kontak bring.

      1.4.5   Hipoplasie verwys na die situasie waar die een testikel aan die buikholte
              van die bul geheg is.                                            (5 x 1)           (5)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               45

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                       LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                   GR12 0624              7

AFDELING B

VRAAG 2: DIEREVOEDING (Begin op 'n nuwe bladsy.)

2.1   Die diagram hieronder toon die spysverteringstelsel van ŉ hoender.

                                                           D

                     A                                     E
                     B                                     F
                     C                                     G
                                                           H

      2.1.1   Identifiseer slegs die LETTER van die deel waar ELK van die volgende
              plaasvind:

              (a)   Maal van ingenome voer                                                      (1)

              (b)   Week en berging van kos                                                     (1)

              (c)   Vertering van vette                                                         (1)

              (d)   Afskeiding van verteringsensieme                                            (1)

      2.1.2   Gee die funksie van die deel gemerk H.                                            (1)

      2.1.3   Vergelyk die struktuur van die slukderm van ŉ hoender met dié van 'n
              skaap.                                                                            (2)

                                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                     LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                 GR12 0624              8

2.2 Die diagram hieronder skets ŉ sog met ŉ werpsel varkies wat gebalanseerde
      voeding nodig het om behoorlik te groei. Die sog word gehuisves in ŉ kraamhok
      met ŉ sementvloer. Om aan die voedingsbehoeftes van die varkies te voldoen,
      het die boer verskillende tipes voere en aanvullings voorsien, insluitend
      oliesaadmeel, graan, vitamiene A, B-kompleks, D en E, sowel as kalsium (Ca),
      fosfor (P) en spoorelemente of mikro-elemente.

                                                                       Ca, P en
         Oliesaadmeel           Graan           A, D, E & B-kompleks   spoorelemente

              Proteïen           Energie           Vitamiene           Minerale

      2.2.1    Beveel EEN belangrike spoor of mikro-element aan vir die varkies wat ŉ
               tekort kan hê in die hok wat ŉ sementvloer het.                                (1)

      2.2.2    Noem die metaboliese siekte wat geassosieer word met gebrekkige
               vlakke van die element genoem in VRAAG 2.2.1.                                  (1)

      2.2.3    Noem die goedkoopste en maklikste metode om die element genoem in
               VRAAG 2.2.1 aan te vul.                                                        (1)

      2.2.4    Noem TWEE funksies van die element genoem in VRAAG 2.2.1 in die
               diereliggaam.                                                                  (2)

      2.2.5    Voere vir plaasdiere kan as bronne van voedingskomponente gegroepeer
               word.

               Dui EEN voedingskomponent aan wat nie in die skematiese voorstelling
               hierbo voorkom nie.                                                            (1)

                                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                     LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                 GR12 0624                 9

2.3   Mieliemeel en sonneblomoliekoekmeel word gemeng in ŉ verhouding van
      8 : 20 om ŉ voer met ŉ verteerbare proteïeninhoud van 17% te skep.

      2.3.1   Dui die deel van die verhouding aan wat die sonneblomoliekoek
              verteenwoordig in die voer.                                                        (1)

      2.3.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                                              (2)

      2.3.3   Bereken die persentasie koolhidraatryke voer in die mengsel.

              Toon ALLE berekeninge.                                                             (3)

2.4   Die vloeidiagram hieronder illustreer die energiewaarde van ŉ voer.

                   Bruto energie

                                   10% – 60% energie verlies deur ... (A)

                   Verteerbare energie

                                   5% – 12% energie verlies deur ... (B)
                                   3% – 5% energie verlies deur urine

                   (C)

                                   10% – 40% energie verlies deur (D)

                   (E)

      2.4.1   Voltooi die bostaande diagram deur die ontbrekende woorde gemerk A tot E,
              te identifiseer.                                                          (5)

      2.4.2   Die energie wat in E geïdentifiseer word, word gebruik vir sekere funksies
              in die liggaam van ŉ dier. Noem TWEE sulke funksies.                               (2)

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                      LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                  GR12 0624               10

2.5   Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

      Die verteerbaarheidskoëffisiënt van ŉ voer is daardie gedeelte van die voer wat
      deur die dier ingeneem, verteer, geabsorbeer en vir liggaamsfunksies gebruik
      word. Dit word nie in die mis uitgeskei nie en word uitgedruk as ŉ persentasie
      droëmateriaal. ŉ Koei vreet 30 kg kragvoer met ŉ voginhoud van 10% en 16 kg
      materiaal word in die mis uitgeskei met ŉ voginhoud van 35%.

      Gebruik ŉ gepaste formule om die verteerbaarheidskoëffisiënt van hierdie voer te
      bereken. Toon ALLE berekeninge.                                                            (5)

2.6   Die tabel hieronder toon die biologiese waardes van sommige voere.

                      TIPE VOER                BIOLOGIESE WAARDE (BV) (%)
               Melkproteïen                                    90
               Vismeel                                         90
               Koring                                          75
               Mielies                                         60
               Gars                                            50

      2.6.1   Identifiseer die voer wat ŉ lae biologiese waarde het vanuit die tabel
              hierbo.                                                                            (1)

      2.6.2   Dui die voer uit die tabel hierbo aan wat geskik is vir die volgende
              omstandighede:

              (a)   Vir jong groeiende diere                                                     (1)

              (b)   Vir vetmaak                                                                  (1)

              (c)   Nodig vir instandhouding                                                    (1)
                                                                                               [35]

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                         LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                     GR12 0624              11

VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
(Begin op 'n nuwe bladsy.)

3.1   Die prentjies hieronder wys TWEE boerderystelsels.

                     STELSEL A                                    STELSEL B

                                                     trekker

      3.1.1    Identifiseer beide boerderystelsels A en B.                                         (2)

      3.1.2    Vergelyk boerderystelsel A met boerderystelsel B met betrekking tot die
               volgende:

               (a)    Doel                                                                         (2)

               (b)    Bestuur                                                                      (2)

3.2   Diere word fisies hanteer vir verskillende redes, soos die toediening van medikasie,
      teelprogramme en ander bestuurspraktyke. Hieronder is foto's van toerusting wat
      gebruik word.

              PRENT A                    PRENT B                        PRENT C

      3.2.1    Kies die prent hierbo wat by die volgende beskrywings pas. Skryf A, B of
               C.
               (a)   ŉ Elektriese stok wat ŉ dier skok om beweging te beheer                       (1)
               (b)   'n Gereedskapsartikel wat gebruik word om diere te slaan om hulle
                     beweging oor paaie te beheer                                                  (1)
               (c)   Om oorplaatjies in die ore van diere in te skiet                              (1)
                                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                        LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                    GR12 0624                 12

3.3   Die prent hieronder illustreer die fasiliteite wat gebruik word wanneer plaasdiere
      hanteer word.

                       A

                B

      3.3.1   Identifiseer die fasiliteit gemerk B.                                                (1)

      3.3.2   Dui die doel van die gebruik van die fasiliteit gemerk A aan.                        (1)

      3.3.3   Die fasiliteit gemerk A voldoen aan die veiligheidskriteria vir die hantering
              van groot diere. Verwys na die ontwerpkenmerke van hierdie fasiliteit om
              hierdie stelling te regverdig deur TWEE ontwerpkenmerke te noem.                     (2)

      3.3.4   Noem TWEE redes vir die gebruik van die fasiliteit gemerk A tydens
              die hantering van plaasdiere.                                                        (2)

3.4   Noem DRIE basiese vereistes vir die vervoer van plaasdiere.                                  (3)

3.5   Die tabel hieronder dui die voerverbruik en gemiddelde gewigstoename vir
      vleisbeeste aan.

              GEMIDDELDE VOERVERBRUIK                 GEMIDDELDE GEWIGSTOENAME
                 (KILOGRAM PER DAG)                         (GRAM PER DAG)
                              1                                      80
                              2                                     160
                              3                                     240
                              4                                     320
                              5                                     400
                              6                                     475

      3.5.1   Gebruik die data in die tabel hierbo om ŉ lyngrafiek te teken om die
              gemiddelde voerverbruik en gemiddelde gewigstoename vir vleisbeeste
              aan te dui.                                                                          (6)

      3.5.2   Lei uit die grafiek die verband tussen voerverbruik en gewigstoename af.             (2)

                                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                           LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                       GR12 0624               13

3.6   Lees die scenario oor voëlgriep hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Die voëlgriep-uitbraak in Suid-Afrika in 2023 het gelei tot die uitwissing van miljoene
      voëls in die land, wat tot 'n 30% afname in die produksie van broei-eiers gelei het.
      Pluimveeboere sukkel reeds met beurtkrag en hoë kostes, en as gevolg daarvan
      betaal plaaslike verbruikers die prys. Daar word van boere verwag om owerhede in
      kennis te stel indien hulle vermoed dat hul diere met sulke siektes besmet is.

      3.6.1   Noem die patogeen wat die siekte hierbo veroorsaak.                                     (1)

      3.6.2   Die siekte in die scenario hierbo word as aanmeldbaar geag.

              Regverdig hierdie verklaring.                                                           (1)

      3.6.3   Noem EEN algemene simptoom van voëlgriep.                                               (1)

      3.6.4   Noem TWEE ekonomiese implikasies van voëlgriep vir ŉ boer.                              (2)

3.7   Die diagram hieronder dui verskeie stadiums van die lewensiklus van ŉ parasiet aan.

                                                 F

                                                                             A
                      E

                                                                             B

                                                                         C
                                                 D

      3.7.1   Skryf die letter (A – F) neer wat elk van die onderstaande stadiums in die
              lewensiklus van die parasiet in die diagram hierbo verteenwoordig:

              (a)     Die larwes broei uit die eiers uit                                              (1)

              (b)     Die nimf sal op die tweede gasheer voed                                         (1)

              (c)     Die bosluis sal op die derde gasheer voed                                       (1)

              (d)     Die eerste gasheer                                                          (1)
                                                                                                 [35]

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                          LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                      GR12 0624              14

VRAAG 4: DIEREPRODUKSIE
(Begin op 'n nuwe bladsy.)

4.1   Die diagram hieronder toon die voortplantingsorgane van ŉ plaasdier aan.

                    E                                                A

                    D
                    C

                    B

      4.1.1   Identifiseer die LETTER wat die deel verteenwoordig waar ELK van die
              volgende voorkom:

              (a)       Voeding van spermselle deur SERTOLI-selle tydens
                        spermatogenese                                                              (1)

              (b)       Vervoer van spermselle na die uretra                                        (1)

              (c)       Afskeiding van ŉ taai vloeistof wat energie aan die spermselle
                        verskaf                                                                     (1)

      4.1.2   Noem TWEE aangebore defekte van deel B wat ŉ volledige verlies van
              vrugbaarheid by bulle kan veroorsaak.                                                 (2)

      4.1.3   Dui die rol aan wat deel C in voortplanting speel.                                    (1)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                          LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                      GR12 0624                15

4.2   Die diagram hieronder dui die kenmerke van elke fase van die bronstigheidsiklus aan.

                              A                                        B
              Die koei is kalm en rustig en toon             Groei van die follikel
              geen teken van seksuele gedrag
                              nie.

                              C                                        D
                                                            Die korpus luteum skei
         Estrogene vertraag die afskeiding            progesteroon af wat die dragtigheid
         van FSH deur die pituitêre klier en          ondersteun deur te veroorsaak dat
         stimuleer die klier om LH af te skei.          die wand van die uterus verdik.

      4.2.1      Identifiseer die fases van bronstigheid wat deur A, B, C en D voorgestel
                 word.                                                                                (4)

      4.2.2      Dui TWEE tekens van die fase aan wat voorgestel word deur C.                         (2)

4.3   Die toerusting hieronder word tydens kunsmatige inseminasie gebruik.

                                                     E
                                                                                D
                  A                                 WARMFLES OM TE
                                                    ONTDOOI MET
                                                    TERMOMETER

                                          B
                                                            C

      4.3.1      Dui die doel van die gebruik van die toerusting gemerk C aan.                        (1)

      4.3.2      Noem TWEE basiese vereistes wanneer die toerusting gemerk B gebruik
                 word.                                                                                (2)

      4.3.3      Identifiseer die LETTER van die toerusting wat die volgende verseker:

                 (a)    Semen word nie deur die insemineerder met patogene besmet nie                 (1)

                 (b)    Semen is gereed vir gebruik nadat dit gevries gehou is                        (1)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                       LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                   GR12 0624                 16

      4.3.4   Noem EEN nadeel van die gebruik van die toerusting uitgebeeld in
              VRAAG 4.3 vir die boer.                                                               (1)

      4.3.5   Dui TWEE voordele van kunsmatige inseminasie aan.                                     (2)

4.4   Die diagram hieronder illustreer dragtigheidstoetsing in ŉ koei. Die hand word in
      die rektum geplaas.

                                             rektum

                                                                           vagina

                                                                           C

                                                                       B

                                                                       fetus
                                              A

      4.4.1   Identifiseer dele A, B en C.                                                          (3)

      4.4.2   Noem TWEE voordele om swangerskap vroeg te bepaal.                                    (2)

      4.4.3   Verduidelik die rol van die slymprop wat in deel C gevind word.                       (2)

      4.4.4   Noem die toestand wat in elk van die volgende situasies sal voorkom:

              (a)   Die fetus vrek, vergaan en bly binne-in die koei                                (1)

              (b)   Die vloeistof rondom die fetus word geherabsorbeer en ŉ harde
                    skelet bly oor                                                                  (1)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                         LANDBOUWETENSKAPPE
                                                                     GR12 0624              17

4.5   Die diagram hieronder illustreer ŉ tegniek wat in diereproduksie gebruik word.

                                          Epidurale verdowing

                                                   Foley kateter in uterus

                                               Serviks

      4.5.1   Noem die proses wat in die diagram hierbo geïllustreer word.                       (1)

      4.5.2   Noem die belangrikste voordeel van die gebruik van hierdie tegniek op
              vroulike diere in ŉ trop.                                                          (2)

4.6   Die eerste melk wat die koei produseer, binne die eerste drie dae van laktasie,
      verskil van die normale melk wat die koei daarna produseer.

      4.6.1   Identifiseer die eerste melk wat vrygestel is, soos in die scenario hierbo
              aangedui.                                                                          (1)

      4.6.2   Beskryf TWEE maniere hoe dit van die normale melk verskil.                      (2)
                                                                                             [35]

                                                                TOTAAL AFDELING B:           105

                                                                               TOTAAL:       150

                                                                                           EINDE

## Related documents

- [Gr 12 Agricultural Sciences (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agricultural-sciences-afrikaans-june-2024-possible-answers/5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e) — Agricultural Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/f715d8c3-c3f1-44e2-9e65-b40dd2e98165) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGR SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans FINAL](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b75f9314-9f32-4779-954a-16f22a45a927) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [Agric Sciences QP June 2021 Afrikaans.Docx](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-qp-june-2021-afrikaans-docx/0ffb3dc0-1fe3-468a-87be-304de137d11b) — Agricultural Sciences · QP · 2021 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P2 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-qp-sept2020-afrikaans/16170aa6-b6e1-42ff-9242-12237b624dfc) — Agricultural Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Agricultural Sciences P1 Nov 2014 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-nov-2014-afr/35dc0ddf-b477-4fba-8e9c-a5cf10d585b0) — Agricultural Sciences · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Agricultural Sciences

- [Gr 12 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-agric-sci-atp-2023-24/f8eca465-7b8e-42d7-afd8-c86963794db8) — ATP
- [AGRIC SCIENCES GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-gr12-memo-june-2023-afrikaans/812ae3c6-0576-42d5-b2b2-d14505cc717b) — Memo · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 May-June 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-may-june-2023-afr/c207c9a4-2f74-4e74-94e3-20d1e501d091) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2023 Afr](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2023-afr/8140b190-1bc1-4005-94af-a1c3a95b2fea) — QP · 2023 · Afr
- [Agricultural Sciences P2 Nov 2022 Eng](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-nov-2022-eng/95ab4dd6-0208-4493-83e0-1d2c2aceaa50) — QP · 2022 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-memo-sept2021-afrikaans/c033da40-5f94-44e7-b4ed-d3ea6f5972f4) — Memo · 2021 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
