# Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/1d2b41c9-7d9b-493f-bebb-d718110e23fb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/1d2b41c9-7d9b-493f-bebb-d718110e23fb)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    JUNIE EKSAMEN
      GRAAD 12

           2024

      BESIGHEIDSTUDIES

        (VRAESTEL 1)

                          TYD:          2 uur

                          PUNTE:        150

                          10 bladsye

                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                           2
                                               (VRAESTEL 1)              GR12 0624

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

   AFDELING A:       VERPLIGTEND
   AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                     Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
   AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                     Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
   vereis word.

   Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
   en die antwoorde op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
   word. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.

4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5. Gebruik die puntetoekenning en die aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
   antwoord te bepaal.

6. Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punt- en tydtoewysing wanneer jy elke vraag
   beantwoord.

                                                                                 TYD
                 AFDELING                     VRAAG            PUNTE
                                                                               (minute)
   A: Objektiewe tipe vrae
                                                  1               30              20
   VERPLIGTEND

                                                  2               40
   B: DRIE direkte/indirekte-tipe vrae
                                                  3               40              70
   KEUSE: Beantwoord enige TWEE.
                                                  4               40

   C: TWEE opstel-tipe vrae                       5               40
                                                                                  30
   KEUSE: Beantwoord enige EEN.                   6               40

   TOTAAL                                                        150              120

7. Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 op ’n nuwe
   bladsy, VRAAG 2 op ’n nuwe bladsy.

8. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

9. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                BESIGHEIDSTUDIES                             3
                                                (VRAESTEL 1)               GR12 0624

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
       die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

      1.1.1 Hierdie Wet verduidelik die oordrag van dienskontrakte tussen bestaande
            en nuwe werkgewers:

             A    Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998 (Wet 55 van 1998)
             B    Breëbasis- Swart Ekonomiese Bemagtigingswet (BBSEB), 2003 (Wet
                  53 van 2003)
             C    Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995)
             D    Vaardigheidsontwikkelingswet (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998)

      1.1.2 Handelsooreenkomste het verhoed dat Ashkara (Edms) Bpk sekere
            produkte van ander lande invoer. Dit is ŉ uitdaging in die … omgewing.

             A    tegnologiese
             B    politieke
             C    sosiale
             D    ekonomiese

      1.1.3 Hanna Vervaardigers produseer gehalte meubels in die … sektor.

             A    primêre
             B    tersiêre
             C    sosiale
             D    sekondêre

      1.1.4 Besighede mag … gebruik as ŉ bron vir interne werwing om beskikbare
            vakatures te adverteer.

             A    die intranet
             B    werwingsagentskappe
             C    advertensieborde
             D    die gedrukte media

      1.1.5 Blue Sky Bouers het ŉ Menslikehulpbronafdeling wat toegewy word aan
             vaardigheidsopleiding en -ontwikkeling. Dit is ŉ voorbeeld van ... as ŉ
             element van totale gehaltebestuur.

             A    voldoende finansiering en kapasiteit
             B    deurlopende vaardigheidsontwikkeling
             C    monitering en evaluering van gehalteprosesse
             D    deurlopende verbetering van prosesse en stelsels
                                                                                   (5 x 2)   (10)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                            4
                                              (VRAESTEL 1)               GR12 0624

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
    Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer.

       ombudsman; beheer; werkloosheidsversekering; een en ŉ half; plasing;
           dubbel; skuldberaders; induksie; mediese hulp; versekering

     1.2.1 Die werknemers van Senzo Verskaffers wat op openbare vakansiedae
           werk, sal … van hul normale tarief betaal word.

     1.2.2 Die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) (NKW) verseker dat
           … geregistreer is om verbruikersuitbuiting te vermy.

     1.2.3 Impala Inc. gebruik die … -prosedure wanneer hulle ŉ spesifieke pos aan
           ŉ geselekteerde kandidaat toewys.

     1.2.4 Gehalte- … kan verkry word as daar in elke stadium van die proses aan
           vereiste standaarde voldoen is.

     1.2.5 Die … -fonds is ŉ verpligte voordeel wat korttermyn finansiële bystand
           bied aan werkers wat hul werk weens siekte verloor.
                                                                               (5 x 2) (10)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                            BESIGHEIDSTUDIES                            5
                                            (VRAESTEL 1)               GR12 0624

1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
    neer, bv. 1.3.6 K.

                KOLOM A                                 KOLOM B
    1.3.1   Posbeskrywing               A   die aantal goedere wat die behoeftes
                                            van kliënte bevredig

    1.3.2   Gehalte                     B   ŉ besigheid kombineer met of neem
                                            sy verspreiders oor

    1.3.3   WVBBS/                      C   moedig besighede aan om die eise
            (COIDA)                         vir regstelling direk in die werkplek
                                            aan te spreek

    1.3.4   Voorwaartse vertikale       D   vermoë van goedere om aan die
            integrasie                      spesifieke behoeftes van kliënte te
                                            voldoen

    1.3.5   BBSEB                       E   beskryf die pligte en
                                            verantwoordelikhede van ŉ spesifieke
                                            werk

                                        F   ŉ besigheid kombineer met of neem
                                            sy verskaffers oor

                                        G bevorder kollektiewe bedinging in die
                                          werkplek

                                        H   moedig konsultasie tussen
                                            werkgewers en werknemers aan

                                        I   beskryf die minimum aanvaarbare
                                            persoonlike eienskappe/vaardighede/
                                            kwalifikasies wat nodig is vir ŉ werk

                                        J   bevorder veiligheid in die werkplek
                                                                            (5 x 2)      (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:                30

                                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                            6
                                               (VRAESTEL 1)              GR12 0624

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
             antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op
             ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSOMGEWING

2.1 Noem enige TWEE soorte intensiewe strategieë.                                          (2)

2.2 Beskryf in breë trekke die strategiese bestuurproses.                                  (6)

2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          NOLOTHANDU ONDERNEMINGS (NO)

     Noluthandu Ondernemings bied verskeie produkte aan voornemende kliënte. Hulle
     sukkel om hul lening aan die bank af te betaal weens die voortdurende styging in
     rentekoerse. Die bestuur het opgemerk dat hul missiestelling redelik oud is en
     opgedateer moet word.

     2.3.1 Haal TWEE uitdagings vir NO uit die scenario hierbo aan.                        (2)

     2.3.2 Klassifiseer NO se uitdagings volgens die besigheidsomgewings.                  (2)

     Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 2.3.1 en 2.3.2 te beantwoord.

                  UITDAGINGS                                 OMGEWING
                      2.3.1                                    2.3.2
     a)
     b)

2.4 Verduidelik die regte van werkgewers volgens die Wet op Arbeidsverhoudinge
    (WAV), 1995 (Wet 66 van 1995).                                                         (6)

2.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                              ISAAC VERVAARDIGERS (IV)

     Isaac Vervaardigers pas voortdurend die pilare van BBSEB in die werkplek toe.
     IV verseker dat transformasie op alle vlakke geïmplementeer word. Hierdie uitkoms
     laat hulle ŉ goeie SEB-gradering kry, wat die beeld van die besigheid verbeter.

     2.5.1       Identifiseer die BBSEB-pilaar wat in die scenario hierbo toegepas word.   (2)

     2.5.2       Bespreek ander maniere waarop IV die pilaar wat in VRAAG 2.5.1
                 geïdentifiseer is, kan toepas.                                            (6)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                            7
                                               (VRAESTEL 1)              GR12 0624

2.6 Beskryf hoe die volgende PESTWO-faktore ŉ uitdaging vir besighede stel:

     2.6.1 Wetlik                                                                           (4)

     2.6.2 Sosiaal                                                                          (4)

2.7 Gee besighede raad oor die stappe in strategie-evaluering.                              (6)
                                                                                           [40]

VRAAG 3: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

3.1 Noem TWEE salarisbepalingsmetodes wat besighede kan toepas om hul
    werknemers te vergoed.                                                                  (2)

3.2 Bespreek kortliks die keuringsprosedure as ŉ menslike hulpbronaktiwiteit.               (6)

3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               EUGENE OPLOSSINGS (EO)

     Eugene, die bestuurder van EO sal onderhoude voer vir ŉ vakante pos. Hy het ŉ
     stel vrae voorberei wat tydens die onderhoude gevra sal word. Eugene sal daarna
     streef om die kandidate op hul gemak te laat voel. Hy het ook ŉ geskikte plek vir
     die onderhoude bespreek.

     3.3.1   Haal TWEE rolle van Eugene, as die onderhoudvoerder, voor die
             onderhoud aan, uit die scenario hierbo.                                        (2)

     3.3.2   Verduidelik die doel van ŉ onderhoud as ŉ menslikehulpbronaktiwiteit.          (4)

3.4 Brei uit oor die betekenis van totale gehaltebeheer (TGB).                              (4)

3.5 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          VLOER FINESSE SKRYNWERK (VFS)

     VFS verseker dat alle departemente saamwerk om dieselfde gehaltestandaarde te
     verkry. Die bestuurder van VFS gebruik verskeie tegnieke om die kwaliteit van hul
     produkte te verbeter.

     Identifiseer TWEE gehaltekonsepte wat op VFS van toepassing is. Motiveer jou
     antwoord deur uit die scenario hierbo aan te haal.

     Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 3.5 te beantwoord.

             GEHALTEKONSEPTE                               MOTIVERINGS
     3.5.1
     3.5.2                                                                                  (6)

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                BESIGHEIDSTUDIES                           8
                                                (VRAESTEL 1)               GR12 0624

3.6 Beskryf hoe besighede die BDKH-model/stappe kan toepas om die gehalte van
    produkte te verbeter.                                                                   (6)

3.7 Bespreek die gehalte-aanwysers van die finansiële funksie.                              (4)

3.8 Gee besighede raad oor die impak van byvoordele.                                        (6)
                                                                                           [40]

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSOMGEWING

4.1 Noem enige VIER van Porter se Vyf Kragte-model wat gebruik word om die
    posisie in die mark te ontleed.                                                         (4)

4.2 Identifiseer die diversifikasiestrategie van toepassing op Morris Vervaardigers in
    ELKE stelling hieronder.

     4.2.1   Morris Vervaardigers het die produkte verder uitgebrei as die mark waarin
             hy tans bedrywig is.                                                           (2)

     4.2.2   Hulle het nuwe produkte bygevoeg wat nie verband hou met bestaande
             produkte nie, en wat aanklank gevind het by ŉ nuwe groep kliënte.              (2)

4.3 Verduidelik optredes wat deur die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI), 1998
    (Wet 55 van 1998) as nie-nakoming beskou word.                                          (6)

4.4 Beveel maniere aan waarop besighede die reg op regverdige en eerlike handeling
    kan bevorder soos uiteengesit in die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008
    (Wet 68 van 2008).                                                                      (6)

BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE

4.5 Noem enige VIER aspekte wat in ŉ dienskontrak ingesluit moet word.                      (4)

4.6 Verduidelik die redes vir die beëindiging van ŉ dienskontrak.                           (6)

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                BESIGHEIDSTUDIES                           9
                                                (VRAESTEL 1)               GR12 0624

4.7 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  GROEN SKOENE (GS)

     GS is ŉ maatskappy wat deurlopend hul prosesse en stelsels verbeter. Die
     bestuur van GS het gehaltesirkels versoek om probleme wat verband hou met
     produkte van swak gehalte te ondersoek. GS gebruik gehalte om die
     doeltreffendheid van sy stelsels te evalueer. Hulle verhoog ook produktiwiteit deur
     gereelde hersiening van hul kwaliteit prosesse.

     4.7.1   Haal TWEE rolle van gehaltesirkels aan as deel van die deurlopende
             verbetering van prosesse en stelsels in die scenario hierbo.                   (2)

     4.7.2   Bespreek ander rolle van gehaltesirkels as deel van die deurlopende
             verbetering van prosesse en stelsels.                                          (4)

4.8 Gee besighede raad oor die voordele van ŉ goeie gehaltebestuurstelsel.                  (4)
                                                                                           [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           80

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                          10
                                              (VRAESTEL 1)               GR12 0624

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:    Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
            antwoord op die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5
            op ŉ NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWING)

     Die Sektoronderwys- en Opleidingsowerhede (SOOO’s/’SETAs’) is gestig om die
     Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO), 1998 (Wet 97 van 1998) te help
     implementeer. ŉ Begrip van WVO is nodig om die Nasionale Vaardigheids-
     ontwikkelingstrategie (NVOS) effektief te implementeer. Besighede het behoorlike
     riglyne oor hoe om aan hierdie Wet te voldoen.

     Skryf ŉ opstel oor die Wet op Vaardigheidsontwikkeling (WVO) waarby jy die
     volgende aspekte insluit:

        Bespreek in breë trekke die rol van SOOO’s (‘SETAs’).
        Verduidelik die doel van die Nasionale Vaardigheids-ontwikkelingstrategie
         (NVOS).
        Bespreek die impak van die WVO op besighede.
        Stel maniere voor waarop besighede aan die WVO kan voldoen.                    [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSBEDRYWIGHEDE (MENSLIKEHULPBRONFUNKSIE)

     Besighede moet bewus wees van die korrekte werwingsprosedures om geskikte
     kandidate te vind. Baie besighede verkies om van eksterne werwing gebruik te
     maak om vakatures te adverteer. Die nodige opleiding en deeglike induksie moet
     deur die menslikehulpbronfunksie verskaf word.

     Skryf ŉ opstel oor die menslikehulpbronfunksie waarin jy die volgende aspekte
     bespreek:

        Bespreek in breë trekke die werwingsprosedure.
        Verduidelik die impak van eksterne werwing op besighede.
        Bespreek die belangrikheid van opleiding in die menslikehulpbronomgewing.
        Gee besighede raad oor die voordele van induksie.
                                                                                        [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                            TOTAAL:     150

                                                                                        EINDE

## Related documents

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Business Studies · Memo · 2025 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR 12 QP SEPT2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr-12-qp-sept2020-afrikaans/50169ce2-9771-46af-b24f-b674c07df269) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 MEMO JUNE2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-memo-june2023-afrikaans/b6fe3b04-1f8d-4bca-83d3-0fb4afae6b67) — Business Studies · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p1-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/48729a29-53d6-4800-bf7a-8ddb1d000fc1) — Business Studies · Memo · 2020 · Afr
- [Business Studies NSC P1 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-nsc-p1-memo-may-june-2024-limpopo/12cc16ee-3850-423c-ad6f-617854955f54) — Business Studies · Memo · 2024

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
