# Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/80823711-060d-4bef-b4c5-d8d1d0549065
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/80823711-060d-4bef-b4c5-d8d1d0549065)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
            2024

            10722

       BESIGHEIDSTUDIES

         (VRAESTEL 2)

                               TYD: 2 uur

                               PUNTE: 150

                               8 bladsye

                                            b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 BESIGHEIDSTUDIES                         2
                                                 (VRAESTEL 2)                  10722/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

   AFDELING A:       VERPLIGTEND
   AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                     Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
   AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                     Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
   vereis word.

   Let daarop dat SLEGS die antwoorde op die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
   en die antwoord op die EERSTE vraag gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
   gebruik is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is
   NIE.

4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
   antwoord te bepaal.

6. Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punte- en tydtoekenning wanneer jy elke
   vraag beantwoord.

                                                                             TYD
                    AFDELING                       VRAAG       PUNTE
                                                                           (minute)
   A:    Objektiewe tipe vrae
                                                      1          30             20
         VERPLIGTEND

   B:    DRIE direkte/indirekte tipe vrae             2          40
         KEUSE:                                       3          40             70
         Beantwoord enige TWEE.                       4          40

   C:    TWEE opsteltipe vrae                         5          40
         KEUSE:                                                                 30
                                                      6          40
         Beantwoord enige EEN.

                     TOTAAL                                      150           120
7. Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 – nuwe bladsy,
   VRAAG 2 – nuwe bladsy.

8. Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

9. Skryf netjies en leesbaar.
                                                                                              b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  BESIGHEIDSTUDIES                           3
                                                  (VRAESTEL 2)                10722/24

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
    antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.5) in
    die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.6 D.

     1.1.1   Thandeka bestuur stelsels en prosedures om die voltooiing van take te
             verseker. Hierdie stelling verwys na ...

              A     mentorskap.
              B     bestuur.
              C     leierskap.
              D     volgelinge.

     1.1.2   Ronelle het … as ŉ faktor in haar beleggingsbesluite oorweeg toe sy die
             gemak en spoed waarteen haar belegging in kontant omgeskakel kan word,
             beoordeel het.

              A     die inflasiekoers
              B     belasting
              C     likiditeit
              D     die opbrengs op belegging

     1.1.3   Hierdie beginsel van versekering is van toepassing op korttermynversekering:

              A     Indemnifikasie
              B     Uiterste goeie trou
              C     Versekerbare belang
              D     Sekuriteitstelling

     1.1.4   ŉ Verpligting om te werk aan die verbetering van die welsyn van die
             samelewing staan bekend as sosiale ...

              A     belegging.
              B     programme.
              C     verantwoordelikheid.
              D     ontwikkeling.

     1.1.5   ŉ Senior bestuurder oorweeg bestaande alternatiewe en besluit op die beste
             oplossing. Dit staan bekend as …

              A     kreatiewe denke.
              B     probleemoplossing.
              C     besluitneming.
              D     roetine denke.                                                 (5 x 2)   (10)

                                                                                                 b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   BESIGHEIDSTUDIES                             4
                                                   (VRAESTEL 2)                  10722/24

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
    Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer.

                    privaat; normering; plakkate; privaatheid; bestorming;
             persone; inligting; planeet; persoonlike aanspreeklikheid; strooibiljette

     1.2.1   Die direkteure van ŉ … maatskappy is gesamentlik en afsonderlik
             aanspreeklik vir al die skuld van die maatskappy.

     1.2.2   Zinandi Handelaars gebruik … as een van die visuele hulpmiddels om die
             visie van die besigheid te bevorder.

     1.2.3   Jahan Vervaardigers belê in volhoubare gemeenskapsprogramme. Dit
             staan bekend as die ... -element van die drievoudige sleutelaspekte.

     1.2.4   Ashwin, ŉ bestuurder by Delta Vervaardigers, het een van sy werknemers
             se reg om ... geskend toe hy haar persoonlike probleme sonder haar
             toestemming bekend gemaak het.

     1.2.5   Spanlede kom tot ŉ ooreenkoms en bereik ŉ konsensus tydens die …
             stadium van spanontwikkeling.                                   (5 x 2)           (10)

1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
    neer, bv. 1.3.6 K.

             KOLOM A                                     KOLOM B
     1.3.1   Multimedia-           A   besighede neem mense van verskillende
             aanbieding                kulturele agtergronde in diens

     1.3.2   Vaste deposito        B   luister na sy kritiek sonder om hom te erken
                                   C   help om terugvoer te gee op vrae van die gehoor
     1.3.3   Koöperasies
                                   D   winste word uitsluitlik vir die primêre doel van die
     1.3.4   Diversiteit               organisasie gebruik

     1.3.5   Klaer                 E   rente word gewaarborg ongeag veranderinge in
                                       die ekonomiese klimaat
                                   F   besighede neem jongmense van verskillende
                                       kulturele agtergronde in diens
                                   G beperk die tyd van bespreking
                                   H   rente hang af van die ekonomiese klimaat
                                   I   voeg spesiale effekte by om inhoud interessant
                                       vir die gehoor te maak
                                   J   winste word gelykop tussen lede verdeel
                                                                                     (5 x 2)   (10)
                                                                  TOTAAL AFDELING A:            30
                                                                                                    b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   BESIGHEIDSTUDIES                         5
                                                   (VRAESTEL 2)                10722/24

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:      Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
              antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2 op
              ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: BESIGHEIDSGELEENTHEDE

2.1   Noem enige DRIE voorbeelde van korttermynversekering.                                     (3)

2.2   Beskryf kortliks die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE).              (6)

2.3   Identifiseer die versekeringsbegrippe van toepassing op Troeteldier Versekeraars
      in ELKE stelling hieronder:

      2.3.1    Troeteldier Versekeraars het besluit om beskadigde bates te vervang in
               plaas daarvan om John, die versekerde, te vergoed.                               (2)

      2.3.2    John het ingestem om ŉ sekere bedrag geld vooraf te betaal toe hy ŉ
               versekeringspolis vir sy besigheidseiendom uitgeneem het.                        (2)

2.4   Verduidelik die voordele van die gebruik van 'n PowerPoint-aanbieding/
      dataprojektor as ŉ visuele hulpmiddel.                                                    (6)

2.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               THAPELO VERSKAFFERS (TV)

      Thapelo Verskaffers is bekend daarvoor dat hulle kwaliteit grondstowwe aan
      verskeie vervaardigers verkoop. Thandi, ŉ bestuurder by Thapelo Verskaffers, het
      geskikte mense in die regte posisies aangestel om take suksesvol te voltooi. Sy
      verstaan ook die belangrikheid van persoonlike houding in effektiewe leierskap.

      2.5.1    Identifiseer die leierskapteorie wat Thandi gebruik. Motiveer jou antwoord
               deur uit die scenario hierbo aan te haal.                                        (3)

      2.5.2    Beskryf die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap.                (6)

2.6   Bespreek enige TWEE soorte voordele wat deur die Werkloosheids-
      versekeringsfonds (WVF) uitbetaal word.                                                   (6)

2.7   Gee aanbieders raad oor areas vir verbetering in hulle volgende aanbieding.            (6)
                                                                                            [40]

                                                                                                b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  BESIGHEIDSTUDIES                         6
                                                  (VRAESTEL 2)                10722/24

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1   Noem enige TWEE tipes onetiese sakepraktyke.                                             (2)

3.2   Beskryf kortliks die korrekte prosedure om griewe in die werkplek te hanteer.            (6)

3.3   Identifiseer die diversiteitskwessies wat deur Phila Ondernemings in ELKE stelling
      hieronder aangespreek word:

      3.3.1 Die bestuur van Phila Ondernemings verseker dat Peter en Jane gelyk
            behandel word in die werkplek.                                                     (2)

      3.3.2 Hulle bied gesubsidieerde etes en kantiengeriewe op hul perseel aan.               (2)

3.4   Verduidelik hoe besighede verantwoordbaarheid as ŉ King-kode-beginsel vir
      goeie korporatiewe bestuur kan toepas.                                                   (6)

3.5   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               BOA KOMMUNIKASIES (BK)

      Boa Kommunikasies het ŉ arbeidsmag wat uit ŉ paar moeilike werknemers
      bestaan. Die bestuur van BK praat privaat met hierdie werknemers om nie ander
      werknemers se aandag af te lei nie. Hulle luister ook na moeilike werknemers,
      maar stem nie met hulle saam nie. Boa Kommunikasies verskaf riglyne oor hoe
      werknemers hul gedrag kan verbeter.

      3.5.1 Haal TWEE maniere aan waarop BK moeilike werknemers in die scenario
            hierbo hanteer.                                                                    (2)

      3.5.2 Bespreek ander maniere waarop BK moeilike werknemers in die werkplek
            kan hanteer.                                                                       (4)

3.6   Verduidelik die maniere waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe
      denke in die werkplek stimuleer.                                                         (4)

3.7   Bespreek die voordele van die Delphi-tegniek in die oplossing van komplekse
      besigheidsprobleme.                                                                      (6)

3.8   Beveel maniere aan waarop besighede die omgewing en menslike gesondheid in
      die werkplek kan beskerm.                                                             (6)
                                                                                           [40]

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                  BESIGHEIDSTUDIES                         7
                                                  (VRAESTEL 2)                10722/24

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

BESIGHEIDSGELEENTHEDE

4.1   Beskryf kortliks TWEE kenmerke van ŉ vennootskap.                                        (4)

4.2   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                CALVIN SUPERMARK (CS)

      Die eienaar van Calvin Supermark het die besigheidseiendom verseker vir
      R600 000 by KBY Eiendoms Versekeraars. Die markwaarde van die eiendom
      was R900 000. ŉ Gedeelte van die eiendom is deur sterk storms beskadig, wat
      R30 000 vir herstelwerk gekos het.

      4.2.1 Noem die versekeringsklousule wat op CS van toepassing is in die
            scenario hierbo.                                                                   (2)

      4.2.2 Bereken die bedrag wat KBY Eiendom Versekeraars CS sal betaal om
            skade te dek. Toon ALLE berekeninge.                                               (4)

4.3   Verduidelik hoe bestuur kan bydra tot die sukses en/of mislukking van ŉ openbare
      maatskappy.                                                                              (6)

4.4   Stel situasies voor waarin die outokratiese leierskapstyl in die werkplek toegepas
      kan word.                                                                                (4)

BESIGHEIDSROLLE

4.5   Noem VIER korporatiewe maatskaplike belegging/KSI-fokusareas.                            (4)

4.6   Beskryf kortliks maniere waarop besighede sosiale regte in die werkplek kan
      bevorder.                                                                                (4)

4.7   Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                           BONGA DRUKKERS BEPERK (BDB)

      Bonga Drukkers Beperk bied bekostigbare drukkerydienste by verskeie
      afsetpunte. Die werknemers van BDB neem altyd lang middagetes wat tot ŉ
      afname in produktiwiteit lei.

      4.7.1 Noem die onprofessionele sakepraktyk wat van toepassing is op die
            scenario hierbo.                                                                   (2)

      4.7.2 Bespreek die maniere waarop professionele, verantwoordelike, etiese en
            effektiewe sakepraktyke uitgevoer moet word.                                       (6)

4.8   Gee besighede raad oor die stappe om konflik in die werkplek te hanteer.              (4)
                                                                                           [40]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             80

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                BESIGHEIDSTUDIES                         8
                                                (VRAESTEL 2)                10722/24

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.

LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van die vraag wat jy kies, duidelik aan. Die
             antwoord op die vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 5 op ŉ
             NUWE bladsy OF VRAAG 6 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGINGS: SEKURITEITE)

     Baie beleggers belê in voorkeuraandele om die risiko te verminder om hul
     beleggings te verloor. Hulle verstaan ook die verskille tussen enkelvoudige rente
     en saamgestelde rente. Verskeie tipes beleggingsgeleenthede stel beleggers in
     staat om ingeligte beleggingsbesluite te neem. Die Regering/RSA Kleinhandel-
     spaareffekte is die gewildste vorm van belegging.

     Skryf ŉ opstel oor beleggingsekuriteite waarin jy die volgende aspekte insluit:

         Beskryf kortliks die regte van voorkeuraandeelhouers.
         Verduidelik die verskille tussen enkelvoudige rente en saamgestelde rente.
         Bespreek die volgende tipes beleggingsgeleenthede en hul risikofaktore:
           o Gesamentlike fondse/stokvel
           o Skuldbriewe
         Gee beleggers raad oor die impak van die Regering/RSA Kleinhandel-
          spaareffekte as ŉ vorm van belegging.                                              [40]

VRAAG 6:     BESIGHEIDSROLLE (SOSIALE VERANTWOORDELIKHEID, KMV/KSV
             EN KMI/KSI)

     Daar word van sakeondernemings verwag om programme vir korporatiewe
     maatskaplike verantwoordelikheid (KMV) en projekte vir korporatiewe
     maatskaplike investering (KMI) te ontwikkel om sekere sosio-ekonomiese
     kwessies soos MIV/Vigs en werkloosheid aan te spreek. Daar word ook van hulle
     verwag om tyd en moeite by te dra om die welstand van hul werknemers te
     verbeter.

     Skryf ŉ opstel oor KMV/KSV en KMI/KSI waarin jy die volgende aspekte insluit:

          Bespreek kortliks die verskille tussen KMV/KSV en KMI/KSI.
          Bespreek die impak van KMI/KSI op besighede.
          Verduidelik maniere waarop besighede MIV/Vigs en werkloosheid as sosio-
           ekonomiese kwessies kan hanteer.
          Beveel maniere aan waarop besighede tyd en moeite kan bydra om die
           welstand van werknemers te verbeter.                                              [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                               TOTAAL:       150

                                           EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P2 Nov 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-nov-2024-afr/f1802d17-5077-4a1b-8aa5-a8766954d550) — Business Studies · QP · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-12-september-2024-p2-and-memo/537bb816-a58a-49d5-99f5-3d09148dcd57) — Business Studies · Memo · 2024
- [Business Studies P2 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-may-june-2024-limpopo/8416a833-2199-4449-a9ab-72f1d9ea7ad3) — Business Studies · Memo · 2024
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Memo · 2025 · Afr
- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
