# Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Business Studies Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Business Studies
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Business Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/business-studies) › [Business Studies Grade 12 P2 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-business-studies-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/11936e49-b2e2-4b0c-a897-9ba405666580)

## About this document

Business Studies · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    JUNIE EKSAMEN
      GRAAD 12

           2024

      BESIGHEIDSTUDIES

        (VRAESTEL 2)

                              TYD:        2 uur

                              PUNTE:      150

                              9 bladsye

                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               BESIGHEIDSTUDIES                           2
                                               (VRAESTEL 2)              GR12 0624

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en dek TWEE hoofonderwerpe.

   AFDELING A:       VERPLIGTEND
   AFDELING B:       Bestaan uit DRIE vrae.
                     Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
   AFDELING C:       Bestaan uit TWEE vrae.
                     Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling.

2. Lees die instruksies vir elke vraag aandagtig deur en neem deeglik kennis van wat
   vereis word.

   Let daarop dat SLEGS die antwoorde tot die eerste TWEE vrae gekies in AFDELING B
   en die EERSTE antwoord gekies in AFDELING C nagesien sal word.

3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
   is. GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde wat verkeerd genommer is NIE.

4. Behalwe waar ander instruksies gegee word, moet antwoorde in volsinne wees.

5. Gebruik die puntetoekenning en aard van elke vraag om die lengte en diepte van ŉ
   antwoord te bepaal.

6. Gebruik die tabel hieronder as ŉ riglyn vir punt- en tydstoewysing wanneer jy elke
   vraag beantwoord.

                                                                                 TYD
                 AFDELING                     VRAAG            PUNTE
                                                                               (minute)
   A: Objektiewe tipe vrae
                                                  1               30              20
      VERPLIGTEND

   B: DRIE direkte/indirekte-tipe vrae            2               40
      KEUSE:                                      3               40              70
      (Antwoord enige TWEE.)                      4               40

   C: TWEE opstel-tipe vrae                       5               40
      KEUSE:                                                                      30
      (Beantwoord enige een.)                     6               40

   TOTAAL                                                        150              120

7. Begin die antwoord van ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy, bv. VRAAG 1 op ’n nuwe
   bladsy, VRAAG 2 op ’n nuwe bladsy, ensovoorts.

8. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

9. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 BESIGHEIDSTUDIES                             3
                                                 (VRAESTEL 2)               GR12 0624

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1    Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die
       antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
       (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

      1.1.1 Mike, die bestuurder van Star Traders, pas die ... leierskapstyl toe as hy
            take aan sy volgelinge delegeer wat sonder toesig gedoen moet word.

             A    laissez-faire
             B    transaksionele
             C    demokratiese
             D    charismatiese

      1.1.2 Die hoofsom sluit alle rente in wat gedurende vorige tydperke opgehoop is,
            wanneer die verdiende ... bereken word.

             A    enkelvoudige rente
             B    kapitaalwins
             C    saamgestelde rente
             D    vaste rente

      1.1.3 Besighede hanteer belastingontduiking as onetiese besigheidspraktyk
            deur ...

             A    ŉ raamwerk vir regstellende aksie te verskaf.
             B    die werksure te verleng.
             C    werknemers op te voed oor die nagevolge van bedrog.
             D    akkurate rekords van inkomstestate en finansiële transaksies te hou.

      1.1.4 Oorweeg die voor- en nadele van elke alternatiewe oplossing. Die
            probleemoplossingsstap staan bekend as ...

             A    die definisie van die probleem.
             B    die evaluering van alternatiewe oplossings.
             C    die implementering van die beste oplossing.
             D    die identifisering van alternatiewe oplossings.

      1.1.5 VC Motors pas die ... tegniek toe wanneer hulle vraelyste aan ŉ paneel
            kundiges versprei om ŉ oplossing vir hul besigheidsprobleem te vind.

             A    kragveldanalise
             B    nominale groep
             C    leë stoel
             D    Delphi
                                                                                    (5 x 2)   (10)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                            4
                                              (VRAESTEL 2)               GR12 0624

1.2 Voltooi die volgende stellings deur die woord(e) in die lys hieronder te gebruik.
    Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
    ANTWOORDBOEK neer.

      leierskap; dinkskrum; aandele; onbillike advertensies; deursigtigheid;
            nominale groeptegniek; bestuur; sosiale verantwoordelikheid;
                           belastingontduiking; skuldbriewe

     1.2.1 Die proses om dinge gedoen te kry deur verantwoordelikheid te beoefen,
           staan bekend as ...

     1.2.2 Sand Beperk het … uitgereik om geleende kapitaal by die publiek in te
           samel.

     1.2.3 Die gebruik van fyndruk om belangrike inligting te verberg, staan bekend
           as ŉ voorbeeld van ... as ŉ onetiese sakepraktyk.

     1.2.4 Die King Kode-beginsel wat die ontwikkeling en implementering van
           programme wat daarop gemik is op die beskerming van gemeenskappe
           waarin hulle werk, staan bekend as ...

     1.2.5 Alle lede van die groep maak lukraak voorstelle tydens die ...
           probleemoplossingstegniek.
                                                                                 (5 x 2) (10)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             BESIGHEIDSTUDIES                             5
                                             (VRAESTEL 2)                  GR12 0624

1.3 Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A – J) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK
    neer, bv. 1.3.6 K.

               KOLOM A                                   KOLOM B
    1.3.1   Demokratiese leierskapstyl   A   uitgereik as vergoeding vir
                                             onbetaalde dividende

    1.3.2   Dividende                    B   spanlede word aangemoedig om
                                             probleme deur konstruktiewe
                                             probleemoplossing te konfronteer

    1.3.3   Bonusaandele                 C   die leier fokus daarop om volgelinge
                                             te motiveer deur middel van ŉ
                                             beloningstelsel

    1.3.4   Nominale groeptegniek        D   handhawing van die gedragskode
                                             van ŉ spesifieke beroep

    1.3.5   Etiese gedrag                E   spanlede word gemotiveer omdat
                                             hulle toegelaat word om by te dra tot
                                             probleemoplossing

                                         F   die opbrengs op belegging in aandele
                                             wat deur ŉ maatskappy aan sy
                                             aandeelhouers betaal word

                                         G die leier nooi groeplede uit om idees
                                           by te dra en aan die besluitneming
                                           deel te neem

                                         H   die handhawing van morele
                                             standaarde wanneer sake gedoen
                                             word

                                         I   die opbrengs op vaste bates wat in
                                             waarde toegeneem het

                                         J   uitgereik aan die stigters en
                                             inkorporeerders van die maatskappy
                                                                           (5 x 2)         (10)

                                                          TOTAAL AFDELING A:                  30

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                BESIGHEIDSTUDIES                               6
                                                (VRAESTEL 2)                GR12 0624

AFDELING B

Beantwoord ENIGE TWEE vrae in hierdie afdeling.

LET WEL:     Dui die VRAAGNOMMER van elke vraag wat jy kies duidelik aan. Die
             antwoord op ELKE vraag moet op ŉ NUWE bladsy begin, bv. VRAAG 2
             op ŉ NUWE bladsy, VRAAG 3 op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 2: SAKE-ONDERNEMINGS

2.1 Noem enige VIER tipes voorkeuraandele.                                                      (4)

2.2 Beskryf in breë trekke die voordele van die charismatiese leierskapstyl.                    (4)

2.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                JOZI KONSULTANTE (JK)

     Jozi-Konsultante wil R10 000 teen 8% p.j. in ŉ vaste deposito vir twee jaar by
     Gous Bank belê. JK het ook gesamentlike fondse geïdentifiseer as die beste
     beleggingsgeleentheid om hul besigheid uit te brei.

     2.3.1 Bereken die rente op die vaste deposito wat JK na twee jaar sal ontvang.             (4)

     2.3.2 Verduidelik gesamentlike fondse as ŉ tipe beleggingsgeleentheid.                     (4)

2.4 Bespreek die impak van die Regering/RSA Kleinhandel Spaareffekte as ŉ vorm
    van belegging.                                                                              (6)

2.5 Beskryf die rol van persoonlike houding in suksesvolle leierskap.                           (6)

2.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               MDODO SPORTDRAG (MS)

     Mdodo Sportdrag het kleinhandelwinkels regoor die land. Die bestuur van MS
     neem vinnige besluite sonder om met hul werknemers te konsulteer.

     2.6.1   Identifiseer die leierskapstyl wat MS toepas in die scenario hierbo.               (2)

     2.6.2 Bespreek ander voordele van die leierskapstyl geïdentifiseer in
           VRAAG 2.6.1.                                                                         (4)

2.7 Stel situasies voor waarin die transaksionele leierskapstyl in die werkplek
    toegepas kan word.                                                                          (6)
                                                                                               [40]

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                              BESIGHEIDSTUDIES                            7
                                              (VRAESTEL 2)             GR12 0624

VRAAG 3: BESIGHEIDSROLLE

3.1 Gee enige VIER voorbeelde van etiese gedrag in die werkplek.                           (4)

3.2 Identifiseer die tipes onprofessionele sakepraktyke getoon deur die werknemers
    van Galaxy Handel in ELKE stelling hieronder:

     3.2.1   Werknemers maak persoonlike oproepe gedurende werksure.                       (2)

     3.2.2   Werknemers laai films af deur gebruik te maak van die onderneming se
             hulpbronne.                                                                   (2)

3.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                          PLAAS TOT TAFEL BEPERK (PTB)

     Peter is aangestel as ŉ nuwe uitvoerende hoof by Plaas tot Tafel Beperk. Hy
     moes ŉ paar veranderinge by die besigheid aanbring en moes ŉ paar belangrike
     besluite neem. Sommige aandeelhouers was nie bewus van hierdie
     veranderinge en besluite nie.

     3.3.1   Identifiseer die King Kode-beginsel wat deur PTB toegepas word.               (2)

     3.3.2   Verduidelik ander maniere waarop PTB die King Kode-beginsel wat in
             VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer is, kan toepas.                                    (4)

3.4 Beskryf maniere waarop ondernemings seksuele teistering as ŉ soort
    onprofessionele sakepraktyk kan hanteer.                                               (6)

3.5 Definieer kreatiewe denke.                                                             (4)

3.6 Verduidelik die voordele van kreatiewe denke in die werkplek.                          (6)

3.7 Bespreek die volgende probleemoplossingstappe:

     3.7.1   Identifiseer die probleem                                                     (2)

     3.7.2   Ontwikkel ŉ aksieplan                                                         (2)

3.8 Evalueer die positiewe impak van kragveldanalise as ŉ
    probleemoplossingstegniek.                                                             (6)
                                                                                          [40]

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                 BESIGHEIDSTUDIES                             8
                                                 (VRAESTEL 2)              GR12 0624

VRAAG 4: DIVERSE ONDERWERPE

SAKE-ONDERNEMINGS

4.1 Brei uit oor die betekenis van leierskap.                                                  (4)

4.2 Verduidelik die situasieleierskapteorie.                                                   (4)

4.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

                                VERO VERVAARDIGERS (VV)
      Vero Vervaardigers wil hul ekstra wins belê. Hulle oorweeg dit om in ŉ tipe belegging
      te belê wat maklik in kontant omgeskakel kan word. Die bestuur van VV is bewus
      daarvan dat die tydsduur van die belegging die opbrengs op belegging kan beïnvloed.

       Identifiseer TWEE beleggingbesluitfaktore wat van toepassing is op VV. Motiveer
       jou antwoord deur aan te haal uit die scenario hierbo.

       Gebruik die tabel hieronder as ŉ RIGLYN om VRAAG 4.3 te beantwoord.

            BELEGGINGSBESLUITFAKTORE                         MOTIVERINGS
       1.
       2.                                                                                      (6)

4.4 Evalueer die impak van ŉ vaste deposito as ŉ vorm van belegging.                           (6)

BESIGHEIDSROLLE

4.5    Definieer professionele gedrag.                                                         (4)

4.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    NIMROD-VERWE (NV)
       Nimrod-Verwe is gekonfronteer met ŉ komplekse sakeprobleem wat opgelos moes
       word. Die bestuur het werknemers aangemoedig om idees in groot groepe voor te
       stel. Werknemers word ook geïnspireer om elke voorstel te gebruik om nuwe idees
       te genereer.

       4.6.1   Noem die probleemoplossingstegniek wat deur Nimrod-Verwe gebruik
               word.                                                                           (2)

       4.6.2   Bespreek die voordele van die probleemoplossingstegniek wat in
               VRAAG 4.6.1 geïdentifiseer is.                                                  (4)

4.7 Verduidelik hoe onbillike advertensies as ŉ onetiese sakepraktyk uitdagings vir
    besighede inhou.                                                                           (6)

4.8 Beveel maniere aan waarop professionele, etiese en effektiewe sakepraktyke
    uitgevoer moet word.                                                                       (4)
                                                                                              [40]
                                                                TOTAAL AFDELING B:             80
                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             BESIGHEIDSTUDIES                       9
                                             (VRAESTEL 2)               GR12 0624

AFDELING C

Beantwoord enige EEN vraag in hierdie afdeling.

VRAAG 5: BESIGHEIDSGELEENTHEDE (BELEGGING: SEKURITEITE)

Die meeste besighede oorweeg dit om hul surplusfondse te belê in aandele wat op
die JSE genoteer is en deur effektetrusts. Hulle moet goed ingelig wees oor die
impak van effektetrusts voordat hulle belê. Besighede moet ook bewus wees van
faktore soos risiko en opbrengs op belegging wanneer hulle ŉ beleggingsbesluit
neem.

Skryf ŉ opstel oor beleggingseffekte waarin jy die volgende aspekte insluit:

   Beskryf in breë trekke die regte van gewone aandeelhouers.
   Verduidelik die funksies van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs/JSE.
   Bespreek die impak van effektetrusts as ŉ vorm van belegging.
   Adviseer besighede oor die volgende faktore wat in ag geneem moet word
    wanneer beleggingsbesluite geneem word:
    o Risiko
    o Opbrengs op belegging                                                         [40]

VRAAG 6: BESIGHEIDSROLLE (KREATIEWE DENKE EN
         PROBLEEMOPLOSSING)

Probleemoplossings- en besluitnemingsvaardighede is albei belangrik omdat dit
kan help om uitdagende situasies in die werkplek te hanteer. Sommige besighede
pas die kragveldanalise en nominale groeptegniek toe om komplekse
besigheidsprobleme op te los. Ander glo dat die Delphi-tegniek die geskikste
probleemoplossingstegniek is om te gebruik. Besighede belê in die opstel van die
regte werksomgewing om kreatiwiteit en innovasie te stimuleer.

Skryf ŉ opstel oor kreatiewe denke en probleemoplossing waarin jy die volgende
aspekte insluit:

 Beskryf in breë trekke die verskille tussen probleemoplossing en besluitneming.
 Verduidelik hoe besighede die kragveldanalise en nominale groeptegniek in die
  werkplek moet toepas.
 Bespreek die impak van die Delphi-tegniek as ŉ probleemoplossingstegniek.
 Beveel maniere aan waarop besighede ŉ omgewing kan skep wat kreatiewe
  denke in die werkplek bevorder.                                                   [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:       40

                                                                          TOTAAL:   150

                                                                                    EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Business Studies P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/f8c01536-6bfb-46a9-a239-5be24871bd21) — Business Studies · QP · 2020 · Afr
- [Business Studies P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/f4a2fe3f-aebb-41a3-958b-d0e7753b1b85) — Business Studies · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Business Studies Afrikaans 2018 Prepartory Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-business-studies-afrikaans-2018-prepartory-possible-answer/39290679-cd48-4295-b23b-0cf3da345556) — Business Studies · Memo · 2018 · Afr
- [KZN Business Studies Grade 12 September 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-business-studies-grade-12-september-2024-p2-and-memo/537bb816-a58a-49d5-99f5-3d09148dcd57) — Business Studies · Memo · 2024
- [Business Studies P2 MEMO May June 2024 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p2-memo-may-june-2024-limpopo/8416a833-2199-4449-a9ab-72f1d9ea7ad3) — Business Studies · Memo · 2024
- [BUSINESS STUDIES P1 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-p1-gr12-qp-sept2022-afrikaans/be8e7318-8cb4-4d1b-b83a-12d6a4b7bc75) — Business Studies · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Business Studies

- [Business Studies Grade 12 NSC MEMO March 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-memo-march-2025-kzn/265a7b30-6354-430a-8f92-943232e91956) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-kzn/50092793-d71b-4715-8f5c-e6fbd536870d) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-mpumalanga/542d7502-5f88-419f-a9da-da529a7d163f) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-mpumalanga/c4a1c821-283b-4e67-953b-7523f8a29517) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-north-west/ebfb4a83-3104-4f58-b833-85dbe10fab18) — Memo · 2025
- [Business Studies Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/business-studies-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/b24d854d-efd9-4829-983f-9c7e9835c77c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
