# Economics Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p1-afrikaans-2024-possible-answers/40a7fc1b-6402-4ef0-b03d-a94de97c06c5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p1-afrikaans-2024-possible-answers/40a7fc1b-6402-4ef0-b03d-a94de97c06c5)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2024
                  NASIENRIGLYNE

                EKONOMIE (VRAESTEL 1) (10731)

21 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10731/24

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

   1.1.1   A – Dit stel aandeelhouers in staat om hul aandele te verkoop 

   1.1.2   D – sloerende 

   1.1.3   C – 60 

   1.1.4   C – balanserende item 

   1.1.5   B – ŉ embargo 

   1.1.6   A – arbeids 

   1.1.7   D – ontwikkeling-van-onder 

   1.1.8   B – Lewensverwagting by geboorte en verwagte jare van
               skoolopleiding                                               (8 x 2)   (16)

1.2 PASITEMS

   1.2.1   F – namate besteebare inkomste toeneem, neem persoonlike
               verbruikersbesteding toe 

   1.2.2   G – veroorsaak deur veranderinge in die bou- en konstruksiebedryf 

   1.2.3   A – die huidige persentasie wat op goedere en dienste gehef word, is
               15% per gekoopte item 

   1.2.4   I–    die vermoë van ŉ land om goedere doeltreffender as ŉ ander land te
                 produseer 

   1.2.5   C – vereis beskerming en ondersteuning om mededingend in die mark te
               word 

   1.2.6   H – SARB konsulteer met banke om op ŉ verantwoordelike wyse op
               grond van ekonomiese toestande op te tree 

   1.2.7   D – deur die regering op die been gebring om ekonomiese groei en
               nywerhede in Suid-Afrika te bevorder 

   1.2.8   E – dit word uitgebeeld in die Lorenz -kromme en toon die verdeling van
               inkomste                                                      (8 x 1)    (8)

                                           2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/24

1.3   GEE DIE TERM

      1.3.1   Vermenigvuldiger-effek 

      1.3.2   Voorspelling /Vooruitskatting 

      1.3.3   Sosiale onstabiliteit/sosiale onrus /politieke onrus

      1.3.4   Mercosur 

      1.3.5   Ekonomiese groei 

      1.3.6   Verbruikersprysindeks                                               (6 x 1)   (6)

                                                                      TOTAAL AFDELING A:     30

                                                3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/24

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1   Noem TWEE voorbeelde van kapitaalgoedere wat in die produkmark
             verkoop word.

             • Gebou
             • Masjinerie 
             • Voertuie 
             • Gereedskap
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (2 x 1)   (2)

     2.1.2   Waarom veroorsaak die probleem van die Vry-ryer dat die regering
             openbare goedere en dienste lewer?

             •   Die vryryer probleem dwing die regering om openbare goedere te
                 verskaf omdat private besighede dit nie kan produseer soos private
                 kommoditeite in die mark te koop aan te bied nie. 
             • Sodra die regering openbare goedere produseer, kan mense dit
                 verbruik sonder om geen rede hê om te betaal nie, en sodoende die
                 aansporing vir private besigheid om hierdie goedere te verskaf,
                 uitskakel. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (1 x 2)   (2)

2.2 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     2.2.1   Identifiseer die fase in die sakesiklus wat in die tekenprent hierbo
             uitgebeeld word.

             •   Inkrimpende (afswaai) 
             •   Resessie / Depressie                                                     (1)

     2.2.2   Noem die fiskale beleidsinstrument uit die inligting wat in die
             tekenprent verskaf word.

             •   Regeringsbesteding                                                       (1)
             •   Openbare / staat skuld

     2.2.3   Beskryf kortliks die term regeringsbeleid

             •   Regeringsbeleid verwys na ŉ regering se optrede, besluite en
                 maatreëls wat getref is om spesifieke kwessies aan te spreek,
                 gewenste uitkomste te bereik en ŉ land se sosio-ekonomiese en
                 politieke landskap te vorm. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

                                             4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                          10731/24

     2.2.4   Wat is die verband tussen werkloosheid en sloerende aanwysers?

             •   Die verband is positief omdat werkloosheid statistieke /inligting volg
                 nadat werkloosheid in die ekonomie toegeneem het. 

             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                 (2)

     2.2.5   Hoe kan die SARB die Phillips-kurwe gebruik om inflasie te voorspel?

             •   Die SARB gebruik verskeie modelleringsinstrumente om oor die
                 inflasiekoers te spekuleer en sal monetêre beleid toepas om inflasie te
                 bekamp. 
             • Tydens ŉ uitbreiding van die ekonomie neem die vraag na werkers
                 toe, wat lei tot ŉ hoër invloei van geld in omloop. 
             • Dit sal lei tot ŉ toename in die vraag na goedere en dienste. 
             • Daarbenewens neem die vraag na krediet ook toe, mense wat in diens
                 is, kan krediet makliker kry as werklose mense. 
             • Dit verhoog die totale vraag na goedere en dienste nog meer. 
             • Totale vraag sal totale aanbod oorskry en sal lei tot ŉ styging in pryse
                 (inflasie). 
             • Die SARB kan ŉ projeksie van inflasie maak op grond van die
                 beskikbaarheid van indiensnemingsdata. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2 x 2)      (4)

2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     2.3.1   Noem EEN rede vir die mislukking in die openbare sektor wat met
             werkers verband hou.

             • Onbevoegde bestuur 
             • Gebrek aan vaardighede 
             • Gebrek aan motivering
             • Apatie
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                 (1)

     2.3.2   Gee EEN staatsbeheerde onderneming (SOE) in Suid-Afrika.

             • SAA/SAL 
             • ESKOM 
             • PRASA 
             • SABC/SAUK 
             • ACSA 
             • Development Bank of Southern Africa (DBSA) 
             • GEMS 
             • GEPF/RWPF 
             • SABS 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                 (1)

                                              5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10731/24

2.3.3   Beskryf kortliks die term staatsdiensvoorsiening.

        •   Staatsdiens beteken die aktiwiteite en dienste wat in enige
            regeringshoedanigheid in belang van die openbare domein gedoen
            word. 
        • ŉ Staatsdiens is ŉ hulpbron wat aangebied word deur ŉ organisasie,
            gewoonlik ŉ regeringsagentskap of private onderneming, wat bedoel
            is om lede van ŉ gemeenskap te ondersteun. Openbare dienste sluit
            gesondheidsorg, afvalverwydering en vervoer in, en is stelsels en
            oplossings wat verskillende groepe individue kan bevoordeel. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

2.3.4   Wat is die voordele daarvan dat SOE’s in ŉ enkele eenheid
        opgeneem word?

        •  Dit kan die duplisering van funksies uitskakel en bedrywighede meer
           vaartbelyn maak. 
        • ŉ Enkele entiteit kan skaal- en omvangvoordele bereik, wat tot
           verbeterde finansiële prestasie lei. 
        • ŉ Enkele entiteit kan aanspreeklikheid en deursigtigheid verbeter in
           vergelyking met ŉ gefragmenteerde SBO-landskap. 
        • ŉ Enkele entiteit kan ŉ duideliker strategiese fokus en rigting vir die
           SBO’s hê. Dit stel die regering in staat om die doelwitte van die
           SBO’s in lyn te bring met nasionale prioriteite en ekonomiese
           doelwitte. 
        • Die konsolidering van SBO’s kan tot beter finansiële prestasies lei.
           Deur hulpbronne saam te voeg, batebenutting te optimaliseer en
           gestandaardiseerde finansiële bestuurspraktyke te implementeer,
           kan die enkele entiteit skaalvoordele bereik. 
        • Dit kan lei tot verbeterde winsgewendheid, verbeterde
           kredietwaardigheid en verminderde afhanklikheid van staatsubsidies
           of reddingsboeie. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

2.3.5   Hoe beïnvloed die gebrek aan fondse in die private sektor die
        voorsiening van infrastruktuur in Suid-Afrika?

        •   Die gebrek aan fondse in die private sektor kan bydra tot bestaande
            agterstande in die infrastruktuur in Suid-Afrika. 
        • Die land staar beduidende infrastruktuur uitdagings in die gesig,
            insluitend onvoldoende vervoernetwerke, energietekorte,
            waterskaarste en beperkte toegang tot basiese dienste in sommige
            gebiede. 
        • Die regering sal dalk ŉ groter deel van sy hulpbronne moet toewys
            om infrastruktuur projekte te finansier, wat openbare finansies kan
            belemmer. 
        • Die gebrek aan moderne en betroubare infrastruktuur kan direkte
            buitelandse beleggings afskrik en beleggersvertroue in die land se
            ekonomiese vooruitsigte negatief beïnvloed. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (2 x 2)    (4)

                                         6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10731/24

2.4 Bespreek kortliks basiese pryse deur gebruik te maak van die
    produksiemetode.

    •   Die produksiemetode staan ook bekend as die bruto toegevoegde waarde
        metode. 
    • Die formule is: BTW = Bruto Binnelandse Produk + Subsidies op produkte –
        Belasting op produkte. 
    • Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse word afgelei as die som van
        die toegevoegde waarde in die landbou-, sekondêre en dienstesektore. 
    • Basiese pryse is ook faktorkoste wat aangepas is vir belasting en subsidies
        wat met produksie verband hou. 
    • By die berekening van basiese pryse word subsidies op produkte by
        markpryse gevoeg om die effek daarvan te verwyder en die waarde van
        goedere of dienste sonder die subsidies te weerspieël. 
    • Belasting op produkte word van markpryse afgetrek om die effek daarvan te
        verwyder en te besin oor die waarde van goedere en dienste met die
        belasting. 
    • Deur markpryse vir belasting op produkte en subsidies op produkte aan te pas,
        bied die basiese prys ŉ meer akkurate voorstelling van die toegevoegde
        waarde in die produksiefase. 
    • Dit help om die bydraes van verskillende bedrywe of sektore tot die algehele
        ekonomie te verstaan en vergemaklik vergelykings tussen nywerhede sonder
        die verdraaiing van belasting en subsidies. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4 x 2)   (8)

2.5 Evalueer die rol van die openbare sektor in die ekonomie met spesiale
    verwysing na sy ekonomiese verantwoordelikheid in die Suid-Afrikaanse
    konteks.

    Positiewe rol van die openbare sektor:
    • Die SA ekonomie is die mees geïndustrialiseerde, tegnologies gevorderde en
       gediversifiseerde ekonomie in Afrika. 
    • Bestendige vordering na die dienstesektor lei na ŉ gediversifiseerde
       ekonomie. 
    • SA net ŉ goed gevestigde finansiële sektor in vergelyking met ander Afrika-
       lande.
    • Die Suid-Afrikaanse regering het die basiese inkomste toelaag
       geïmplementeer om die armoedesyfer aan te spreek. 
    • Hierdie dienste verseker basiese regte, bevorder sosiale insluiting en dra by
       tot menslike ontwikkeling. 
    • Die SARB slaag daarin om die inflasie teiken koers binne 3 – 6% te hou. 

                                            7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/24

    •   Regulatoriese raamwerke help om billike mededinging, verbruikersbeskerming
        en omgewingsvolhoubaarheid te verseker. 
    •   Die Nasionale Ontwikkelingsplan is geïmplementeer om armoede uit te skakel
        en ongelykheid teen 2030 te verminder. 

    Negatiewe aspekte van die openbare sektor:
    • Die regering het misluk in sy mandaat om bevredigende vlakke van
        indiensneming in die ekonomie te verskaf. Werkloosheid was die afgelope
        paar jaar deurgaans bokant 30%. 
    • Die ekonomie groei marginaal teen ŉ koers laer as 3% die afgelope paar
        jaar. 
    • Die Suid-Afrikaanse regering (openbare sektor) het gebuk gegaan onder
        ondoeltreffendheid, burokrasie en korrupsie. 
    • Ondoeltreffende lewering van openbare dienste, wanbestuur van hulpbronne
        en korrupte praktyke het sosio-ekonomiese ontwikkeling belemmer, openbare
        vertroue geknou en hulpbronne van hul beoogde doeleindes afgelei. 
    • Oormatige openbare besteding, fiskale tekorte en hoë vlakke van staatskuld
        het die ekonomie onder druk geplaas, wat gelei het tot verminderde belegging,
        verhoogde leenkoste en beperkte fiskale buigsaamheid. 
    •   Inkonsekwentheid en onsekerheid in beleidsformulering en -implementering
        het vertroue en belegging in die private sektor belemmer, wat ŉ onstabiele
        sake-omgewing veroorsaak het en langtermyn sosio-ekonomiese ontwikkeling
        belemmer het. 
    • Begrotingstekort is tans 6%, internasionale maatstaf is 3%. 
    •   BBP-skuldverhouding is 73,9% van die nominale BBP, die internasionale
        maatstaf is 60%. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
    (ŉ Maksimum van 2 punte sal toegeken word vir die blote lys van feite)                  (8)
                                                                                           [40]

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

    3.1.1   Noem TWEE maatstawwe van sosiale aanwysers wat verband hou
            met verstedeliking.

            •   Natuurlike groei in bevolking 
            •   Migrasie 
            •   Stigting van nuwe dorpe                                         (2 x 1)    (2)

    3.1.2   Hoe beïnvloed ŉ toename in die rentekoers op bankdeposito’s
            spaargeld?

            •   ŉ Verhoging in die rentekoers kan lei tot ŉ toename in die algehele
                spaarkoers in die ekonomie, wat voordelig is vir langtermyn
                ekonomiese stabiliteit en belegging. 
            •   Individue kan kies om hul geld te spaar eerder as om dit te spandeer
                omdat die hoër rentekoerse ŉ beter opbrengs op belegging bied in
                vergelyking met die potensiële voordele van onmiddellike verbruik. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (1 x 2)    (2)

                                             8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10731/24

3.2 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

     3.2.1   Noem die handelsprotokol waarvan Suid-Afrika en China lede is.

             •   BRICS / BRICS +                                                            (1)

     3.2.2   Gee enige EEN argument ten gunste van vrye handel.

             •   Innovering/beste praktyk
             •   Verbeterde internasionale betrekkinge 
             •   Verhoogde welsyn/keuse 
             •   Skaalvoordele 
             •   Spesialisasie 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (1)

     3.2.3   Beskryf kortliks die term bilaterale handel.

             •   Bilaterale handel verwys na die uitruil van goedere, dienste of
                 beleggings tussen twee lande. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

     3.2.4   Waarna verwys ŉ “sterk handelsurplus” vir Suid-Afrika, in die Japan
             Suid-Afrikaanse Besigheidsvorm?

                 • Suid-Afrika se uitvoerwaarde oorskry die koste van sy invoere uit
                   Japan. 
                • Invloei van buitelandse valuta in die ekonomie. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

     3.2.5   Hoe dra groen nywerhede by tot uitvoerbevordering?

             •   Daar is ŉ toenemende wêreldwye vraag na omgewingsvriendelike
                 produkte en dienste. 
             • Deur aan hierdie vraag te voldoen, kan groen nywerhede hul uitvoere
                 verhoog en nuwe markte betree. 
             • Lande met streng omgewingsregulasies kan vereis dat invoere aan
                 sekere omgewingstandaarde voldoen, wat nuwe markte vir groen
                 nywerhede oopmaak. 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (2 x 2)       (4)

3.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     3.3.1   Noem EEN voorbeeld van verbrokkelende infrastruktuur in Suid-
             Afrika wat ontwikkeling in die land beïnvloed.

             •   Eskom 
             •   SAAs/SAL 
             •   Paaie 
             •   Treinspoor network 
             (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (1)

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10731/24

3.3.2   Verskaf EEN voordeel in natura (voordeel in natura) wat deur die
        sentrale regering verskaf word.

        •   Gesondheidsorg 
        •   Onderwys 
        •   Skool etes 
        •   Beskerming 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (1)

3.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.

        •   Toename in ŉ land se reële bruto binnelandse produk per capita oor
            tyd. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

3.3.4   Waarom is ŉ ongelyke staatsdiens ŉ uitdaging vir die Suid-Afrikaanse
        ekonomie?

        •   Aanhoudende ongelykheid kan sosiale mobiliteit belemmer en
            geleenthede vir benadeelde individue en gemeenskappe beperk. 
        • Gebrek aan infrastruktuur, soos betroubare vervoernetwerke of
            toegang tot elektrisiteit, kan besigheidsgroei en belegging
            belemmer. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

3.3.5   Hoe beïnvloed korrupsie armoede en ongelykheid?

        •   Regeringsamptenare kan hul mag vir private gewin gebruik in plaas
            daarvan om dienste aan armes te lewer, wat die regering se rol in die
            toewysing van hulpbronne verdraai. 
        • Minder geld is beskikbaar vir geteikende sosiale programme. 
        • Die voordeel van korrupsie bevoordeel meestal mense met konneksies
            wat meestal aan hoër-inkomstegroepe behoort. 
        • Korrupsie raak nie net beleggings en groei nie, maar ook
            inkomsteverspreiding. 
        • Korrupsie verhoog armoede deur beleggings in kapitaalintensiewe
            projekte (om hoër winste te verkry) in plaas van kapitaalintensiewe
            projekte wat die armes van werksgeleenthede sal ontneem. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2 x 2)   (4)

                                         10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/24

3.4 Bespreek kortliks die belangrikheid daarvan om die prestasie van die
    ekonomie te meet.

    •   Deur die prestasie van die ekonomie te meet, kan ekonomiese groei oor tyd
        dopgehou word. 
    • BBP-groei gee byvoorbeeld ŉ aanduiding van die algehele uitbreiding of
        inkrimping van die ekonomie. 
    • Ekonomiese prestasiemetings bied insig in die welstand en lewenstandaarde
        van individue binne ŉ ekonomie. 
    • Deur sektorale bydraes tot BBP, indiensneming, produktiwiteit en handel te
        ontleed, kan beleidmakers gebiede van sterkte of swakheid identifiseer. 
    • Deur inflasionêre druk te evalueer, kan beleidmakers toepaslike monetêre en
        fiskale beleide implementeer om inflasie te beheer en die negatiewe impak
        daarvan op besighede en verbruikers te versag. 
    • Prysstabiliteit is van kardinale belang vir die handhawing van die koopkrag van
        individue en die versekering van die doeltreffende toewysing van
        hulpbronne. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (4 x 2)    (8)

3.5 Waarom word ad valorem-tariewe gebruik as ŉ beskermingsmaatreël?

    •   Ad-valorem word gewoonlik ingestel wanneer masse goedere ingevoer word,
        deur ‘n persentasie van die waarde van die goed daarop te hef.
    • Ad valorem-tariewe bied beskerming aan binnelandse nywerhede deur
        ingevoerde goedere duurder te maak in verhouding tot binnelands
        vervaardigde goedere. 
    • Hierdie beskermende maatreël het ten doel om ŉ mededingende voordeel vir
        binnelandse nywerhede te skep, wat hulle in staat stel om produksie uit te brei
        en ŉ groter deel van die plaaslike mark te verower. 
    • Die doel van ad valorem is om afhanklikheid van buitelandse goedere te
        verminder en ŉ selfversorgende binnelandse produksiebasis te ontwikkel. 
    • Ad valorem-tariewe kan help om handelstekorte aan te spreek deur invoere te
        verminder en binnelandse produksie te verhoog. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde.)
    (ŉ Maksimum van 2 punte sal toegeken word vir ŉ blote lys van feite.)                  (8)
                                                                                          [40]

                                            11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/24

VRAAG 4:     MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1   Noem die TWEE draaipunte in die sakesiklus.

             •   Piek 
             •   Trog                                                          (2 x 1)   (2)

     4.1.2   Waarom is handelsversperrings nodig vir die beskerming van
             natuurlike hulpbronne?

             •   Handelsversperrings kan help om die oorbenutting en uitputting van
                 natuurlike hulpbronne te voorkom deur die ontginning, produksie en
                 handel daarvan te beperk. 
             • Handelshindernisse kan binnelandse produksie en verbruik van
                 natuurlike hulpbronne aanmoedig, selfvoorsiening bevorder en
                 afhanklikheid van invoere verminder 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                 (1 x 2)   (2)

4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     4.2.1   Noem die deelnemer wat inkomste verdien deur persoonlike
             inkomstebelasting.

             •   Regering/Staat                                                          (1)

     4.2.2   Identifiseer EEN monetêre vloei wat deur die faktormark beweeg.

             • Rente 
             • Huur 
             • Winste 
             • Lone en salarisse 
             • Betaling vir produksiefaktore 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (1)

     4.2.3   Beskryf kortliks die term produksiefaktore.

             •   Produksiefaktore verwys na die hulpbronne of insette wat gebruik word
                 in die produksie van goedere en dienste. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (2)

     4.2.4   Watter effek het lae besteding in die goederemark?

             •   Verminderde verbruikersbesteding kan lei tot verminderde inkomste vir
                 besighede en werkers, wat algehele besteding verder kan verminder
                 en ŉ siklus van verminderde ekonomiese aktiwiteit kan skep. 
             • Dit kan lei tot laer groei in die bruto binnelandse produk (BBP),
                 verminderde kleinhandelsverkope, verminderde industriële produksie
                 en moontlik hoër werkloosheidsyfers. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                           (2)
                                            12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10731/24

     4.2.5   Hoe beïnvloed ŉ negatiewe vermenigvuldiger inkomste in die
             kringloopmodel?

             •   Die negatiewe vermenigvuldiger-effek vind plaas wanneer ŉ
                 aanvanklike onttrekking of lekkasie van besteding uit die sirkelvloei lei
                 tot uitkringeffekte en ŉ groter daling in reële BBP. 
             • ŉ Negatiewe vermenigvuldiger dui op ŉ afname in besteding, wat tot ŉ
                 verminderde vraag na goedere en dienste kan lei. 
             • Besighede kan laer verkope en inkomste ervaar, wat lei tot ŉ afname
                 in hul inkomste. Hierdie vermindering in besigheid inkomste kan dan
                 lei tot laer lone, salarisse en winste, wat die inkomste van
                 huishoudings beïnvloed. 
             • Wanneer besighede verminderde vraag ervaar, moet hulle dalk koste
                 besnoei, wat die vermindering van hul arbeidsmag kan insluit 
             • Regerings kan verhoogde besteding aan werkloosheidsvoordele en
                 ander sosiale veiligheidsnetprogramme ervaar as gevolg van
                 die negatiewe vermenigvuldiger se impak op inkomste en
                 indiensneming. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                     (2 x 2)   (4)

4.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

     4.3.1   Identifiseer die tydperk met die laagste arbeidsproduktiwiteit in die
             grafiek hierbo.

             Jan 2023/Jan – Maart 2023/eerste kwartaal 1 2023                                (1)

     4.3.2   Noem EEN aanwyser wat gebruik word om indiensneming te meet.

             •   Ekonomies aktiewe bevolking (EAP) 
             •   Indiensnemingskoers 
             •   Werkloosheidsyfer                                                           (1)

     4.3.3   Beskryf kortliks die term produktiwiteit

             •   Produktiwiteit is ŉ maatstaf van ekonomiese prestasie wat die
                 hoeveelheid goedere en dienste wat geproduseer word (uitset)
                 vergelyk met die aantal insette wat gebruik word om daardie goedere
                 en dienste te produseer. 
             (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                               (2)

     4.3.4   Verduidelik die redes vir die afname in arbeidsproduktiwiteit tussen
             Julie 2021 en Januarie 2023.

             •   Julie-onrus in KZN en Gauteng 
             •   Uitdagings in vervoer, byvoorbeeld taxi-stakings;
                 busbestuurderstaking; spoorwegnetwerk in die land vernietig. 
             •   Gemeenskapsbetogings wat paaie versper en onbegaanbaar maak –
                 mense kon nie toegang tot hulle werkplekke kry nie. 
             •   Swak ekonomiese groei en ŉ gebrek aan beleggings het veroorsaak
                 dat baie ondernemings gesluit het – produksieverlies. 
                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/24

            •   Gebrekkige elektrisiteitsopwekking het die grootste knelpunt vir
                produksie geword. 
            • Vaardigheidstekorte bly ŉ beperking in verskeie sektore van die
                ekonomie. 
            • Besighede kon nie toegang tot toepaslike vaardighede kry nie. 
            • Besighede kon nie toegang tot markte kry nie – vervoeruitdagings,
                onderbrekings in die voorsieningsketting. 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                              (2)

    4.3.5   Waarom moet ŉ land die effektiwiteit en doeltreffendheid van sy
            arbeidsmag evalueer?

            •   Deur die doeltreffendheid en effektiwiteit van die arbeidsmag te
                evalueer, kan ŉ land gebiede identifiseer waar verbeterings
                aangebring kan word. 
            • Deur die arbeidsmag te evalueer, kan lande gebiede identifiseer waar
                vaardigheidsgapings bestaan en belê in onderwys, opleiding,
                navorsing en ontwikkeling om innovasie te bevorder. 
            • ŉ Mededingende arbeidsmag wat aanpasbaar is by nuwe tegnologieë
                en innovasie kan dryf, speel ŉ belangrike rol in die bevordering van
                ekonomiese diversifikasie en volhoubare ontwikkeling. 
            • ŉ Mededingende en doeltreffende arbeidsmag kan sosiale welstand
                positief beïnvloed deur beter werksgeleenthede, hoër lone en
                verbeterde lewenstandaarde te bied. 
            (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                    (2 x 2)   (4)

4.4 Bespreek kortliks die verbetering van die doeltreffendheid van insette en die
    verbetering van die doeltreffendheid van markte as beleid aan die
    aanbodkant om sakesiklusse glad te maak.

    Verbetering van die doeltreffendheid van insette
    • Belastingkoerse: lae belastingkoerse kan as aansporing vir werkers dien. Dit
        sal die produktiwiteit en uitsette verbeter. 
    • Kapitaalverbruik: die vervanging van kapitaalgoedere skep gereeld
        geleenthede vir ondernemings om tred te hou met tegnologiese ontwikkeling
        en beter uitsette. 
    • Menslike hulpbronontwikkeling: om die kwaliteit van mannekrag te verbeter
        deur gesondheidsorg, onderwys en opleiding te verbeter. 
    • Gratis adviesdiens: dit bevorder geleenthede om uit te voer. 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                   Maks 2 x 2

    Verbetering van die doeltreffendheid van markte
    • Deregulering: verwydering van wette, regulasies en verordeninge en ander
        vorme van regeringsbeheer maak die mark vry. 
    • Kompetisie: moedig die stigting van nuwe besighede aan. 
    • Gelykmaking van die speelveld: private ondernemings kan nie met openbare
        ondernemings meeding nie. 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)                  Maks 2 x 2
                                                                                            (8)

                                             14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                10731/24

4.5 Evalueer die impak van globalisering op internasionale handel.

    Voordele van globalisering op internasionale handel:
    • Internasionale handel kan ekonomiese groei stimuleer, werksgeleenthede
       skep en bydra tot die algehele ontwikkeling van lande. 
    • Dit stel lande in staat om te spesialiseer in gebiede van vergelykende
       voordeel, wat lei tot verhoogde produktiwiteit, innovasie en
       doeltreffendheid. 
    • Dit stel verbruikers in staat om toegang tot hoër gehalte en meer diverse
       produkte teen mededingende pryse te verkry, wat hul lewenstandaard
       verbeter. 
    • Dit moedig lande aan om vreedsame betrekkinge aan te gaan,
       handelsooreenkomste te onderhandel en saam te werk aan gemeenskaplike
       uitdagings, wat wêreldwye stabiliteit en vrede bevorder. 

    Nadele van globalisering op internasionale handel:
    • Handel kan lei tot ongelyke verspreiding van voordele, met sommige individue,
        nywerhede of streke wat meer baat vind as ander. Dit kan inkomsteverskille
        vererger en sekere sektore of gemeenskappe marginaliseer. 
    • Handel liberalisering kan lei tot werksverplasing, veral in nywerhede wat
        mededinging van buitelandse markte ondervind. Werkers in geaffekteerde
        bedrywe kan sukkel om alternatiewe werk te kry of afwaartse druk op lone
        ervaar. 
    • Verhoogde handel kan lei tot omgewings uitdagings, soos oorbenutting van
        natuurlike hulpbronne, besoedeling en koolstofvrystellings. 
    • Ongereguleerde handelspraktyke kan omgewingsagteruitgang vererger en
        bydra tot globale uitdagings soos klimaatsverandering. 
    (Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
    (ŉ Maksimum van 2 punte sal toegeken word vir ŉ blote lys van feite.)              (8)
                                                                                      [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:         80

                                          15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10731/24

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                       PUNTE
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                     TOEKENNING
  Inleiding

  Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
  • ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die
       vraagonderwerp verband hou, te definieer.
                                                                       Maks. 2
  • MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
  • MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal
       NIE.
  •    Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam
       gaan bespreek.
  Liggaam

  Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
  Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
  Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik    Maks. 26
  die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
  Assesseer/Debatteer
  ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
  voorbeelde.

  Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
  Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                      Maks. 10
  ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
  toegeken word.
  Gevolgtrekking

  Enige hoër-orde gevolgtrekking behoort die volgende in te sluit:
  • ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder die herhaling
      van enige feite wat reeds genoem is.
                                                                       Maks. 2
  • Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  • Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/
      analise versterk
  • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien gevra
  • Aanbevelings
                                                           TOTAAL        40

                                             16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/24

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, die vraagredes vir internasionale handel.          (26 punte)

•   Hoe beïnvloed die manipulasie van die rand die valuta mark?             (10 punte)    [40]

INLEIDING

•   Lande van die wêreld is interafhanklik en handel buite die grense van ŉ land moet
    ŉ belangrike element wees.                                              (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante inleiding)

Liggaam: Hoofdeel

Veranderinge in die grootte van die bevolking 
• ŉ Groter bevolking beteken dat daar meer verbruikers se behoeftes en begeertes
    is wat vervul moet word. 
• Meer goedere en dienste sal dus plaaslik geproduseer moet word, maar die
    plaaslike aanbod sal moontlik nie deur die ooreenstemmende vraag bevredig word
    nie. 
• Hierdie vraag kan dus bevredig word deur invoere uit ander lande. 

Veranderinge in die vlak van inkomste 
• Wanneer die totale inkomstevlakke toeneem, sal die totale vraag na goedere en
    dienste in die land ook toeneem. 
• Toename in inkomste verhoog die besteebare inkomste vir besteding aan
    bykomende goedere en dienste. 
• As die plaaslike aanbod onvoldoende is om aan die plaaslike vraag te voldoen, sal
    die platform vir internasionale handel ontstaan waardeur invoere genoodsaak sal
    word. 

Veranderinge in die rykdom van die bevolking 
• ŉ Toename in die rykdom van die bevolking sal daartoe lei dat verbruikers
    byvoorbeeld luukse goedere eis. 
• As die vraag na luukse goedere nie plaaslik bevredig kan word nie, moet sulke
    goedere uit die buiteland ingevoer word. 
• Die meeste luukse goedere is verkrygbaar uit ontwikkelde lande aangesien hulle in
    sulke goedere spesialiseer. 

Smaak en voorkeure 
• Japannese is bekend vir hul klein motors, terwyl die Amerikaners bekend is vir hul
   groot motors. 
• Amerikaners sal waarskynlik uitvoer na diegene met smaak vir groot motors, terwyl
   Japannese invoer sal kry van diegene wat klein motors verkies. 
•  Smaak en voorkeure sal Suid-Afrikaners wat nie die vervaardigers van iPhone is
   nie, dwing om dit uit die Verenigde State van Amerika in te voer. 

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                      10731/24

Verskille in verbruikspatrone 
•   Verbruikspatrone word tot ŉ groot mate bepaal deur die vlak van ekonomiese
    ontwikkeling in die land. 
• In lande waar die vlak van besteebare inkomste hoog is, sal die vraag na luukse
    goedere, veral uit ander lande, hoog wees. 
• In lande waar die vlak van besteebare inkomste laag is, sal die vraag na basiese
    goedere, veral uit ander lande, hoog wees. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir blote lys/opskrifte/en voorbeelde.)   (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

Hoe beïnvloed die manipulasie van die rand die valuta mark?

•   Wanneer owerhede of markdeelnemers aktief in die valuta mark ingryp om die
    rand se waarde te manipuleer, kan dit tot skielike en onvoorspelbare skommelinge
    in die wisselkoers lei. 
• Hierdie wisselvalligheid kan dit uitdagend maak vir besighede en beleggers om te
    beplan en ingeligte besluite te neem. 
• Die depresiasie van die rand deur manipulasie kan uitvoere meer mededingend in
    buitelandse markte maak, aangesien dit relatief goedkoper word. 
• Hierdie skommelinge in die wisselkoers as gevolg van manipulasie kan ŉ land se
    handelsbalans en sy uitvoergerigte bedrywe beïnvloed. 
• Manipulasie van die rand kan beleggersvertroue en buitelandse beleggingsvloei
    beïnvloed. 
• Beleggers verkies oor die algemeen stabiele en voorspelbare wisselkoerse om
    langtermynbeleggingsbesluite te neem. 
• Wanneer owerhede in die valuta mark ingryp om die geldeenheid te manipuleer,
    moet hulle dalk buitelandse valuta reserwes gebruik om die geldeenheid te koop of
    te verkoop. 
•   Gereelde ingryping en manipulasie kan ŉ land se valuta reserwes uitput, wat sy
    vermoë beperk om eksterne wanbalanse aan te spreek of op ekonomiese skokke
    te reageer. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(ŉ Maksimum van 2 punte sal toegeken word vir ŉ blote lys van feite.)      (Maks. 10)

GEVOLGTREKKING

Namate lande geneig is om meer te spesialiseer, word hulle meer afhanklik van
mekaar en word hulle toenemend geraak deur mekaar se ekonomiese suksesse en
mislukkings. 

Die begeerte om toegang tot ŉ breër reeks goedere en dienste te verkry, vergelykende
voordele te benut, skaalvoordele te bereik, hulpbronbenutting te optimaliseer, aan
seisoenale of nie-plaaslike vraag te voldoen, en voordeel te trek uit prys- en
kosteverskille, dryf internasionale handel.                                  (Maks. 2)
(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.)                                        [40]

                                              18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10731/24

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek, in detail, Suid-Afrika se inisiatiewe (pogings) in
    streeksontwikkelings.                                                    (26 punte)

•   Hoe gebruik munisipaliteite goeie bestuur om nywerheidsontwikkeling in hul
    gemeenskappe te bevorder?                                        (10 punte)

INLEIDING

•   Streeksontwikkeling is die beleid wat daarop gemik is om ekonomiese aktiwiteit in
    geografiese gebiede wat minder ontwikkel is, te verhoog.               (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander relevante inleiding)

HOOFDEEL

Ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe 
• Ruimtelike ontwikkelingsinisiatiewe (SDI) in Suid-Afrika met ŉ skakel na die privaat-
   openbare vennootskappe. 
• Dit is ŉ beleid wat daarop gemik is om infrastruktuur en beleggings na gebiede met
   hoë werkloosheid en armoede te lok. 
• Die hoofdoelwit is om werk te skep en ekonomiese groei in daardie streke te
   stimuleer. 
• Hierdie inisiatief maak voorsiening vir private-openbare vennootskappe (PPP’s) om
   voordeel te trek uit die ekonomiese potensiaal van onderontwikkelde gebiede. 
• Lubombo ROI is een van die voorbeelde van die 9 plaaslike ROI’s wat ons in Suid-
   Afrika het. 

Die aansporings van die regering wat die ROI’s geniet, sluit in;
• Belastingvrye aansporings – Die voordeel van die invoer van intermediêre
    goedere sonder die koste van invoertarief. 
• Vaardigheidsondersteuningsprogram – Belastingvrye toelaes vir
    vaardigheidsontwikkeling. 

Nywerheidsontwikkelingsones (NOS’s) 
• IDZ’s is doelgebiede nywerheid landgoedere wat naby ŉ toegangspunt of uitgang na
   ŉ land soos hawens en lughawens geleë is. 
• Die voordele van IDZ’s is ondersteuning aan beleggingsmaatskappye, veral vir
   groenveldontwikkelingsprojekte. 
• Toegang tot vervoer vir uitvoerdoeleindes is een van die hoof doelwitte van die
   IDZ’s. 
• Die ander doel is om afstand te doen van invoerbelasting vir produkte wat vir uitvoer
   geproduseer word. 
• Die voorbeeld van die IDZ is Saldanhabaai wat op staal fokus. 

Spesiale ekonomiese sones (SEZ’s) 
• Dit is ŉ geografies afgebakende gebied waar spesifieke ekonomiese aktiwiteite
   geïdentifiseer is om ontwikkel te word. 

                                             19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10731/24

SEZ’s kan die ekonomie bevoordeel deur:
• Nuwe ondernemings (belastingaansporings)/belegging te lok besighede by te
   staan wat nuwe produktelyne vestig en hul bedrywighede uitbrei 
• Meer werk vir die mense in hul omgewing te skep 
• Produktiwiteit en ekonomiese groei laat toeneem 
• Die bevordering van meer effektiewe gebruik van hulpbronne
• Op beide binnelandse produksie en uitvoere te fokus 
• Hierdie gebiede aansporings soos belastingverligting en ondersteuningstelsels te
   laat geniet om industriële ontwikkeling te bevorder 
• Die regering ekonomiese infrastruktuur aan hierdie gebiede en hulp met die
   vestiging van nywerheidsparke vir vervaardigers wat werk verbeter te verskaf 
• Hierdie gebiede aansporings soos belastingverligting en ondersteuningstelsels te
   laat geniet om industriële ontwikkeling te bevorder 
• Dit ŉ basis vir ŉ breër reeks nywerheidsparke te skep 
• Dit bied ook ekonomiese infrastruktuur om die effektiewe groepering van
   waardetoevoegende en werkverbeterende vervaardigers moontlik te maak 

Korridors 
• ŉ Korridor is toegangsbaan wat ŉ deurgang vorm wat toegang van een gebied na ŉ
    ander moontlik maak. 
• Die doel hiervan kan wees om twee nywerheidsgebiede te verbind of om nywerhede
    en die markte te verbind. 
• Die Maputo-korridor is ŉ belangrike handelskorridor wat Limpopo, Mpumalanga en
    Gauteng met die stad Maputo in Mosambiek verbind.
• Hierdie gang bestaan uit paaie, spoor- en grensgeriewe by Komatipoort. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir blote lys/opskrifte/en voorbeelde.)  (Maks. 26)

ADDISIONELE DEEL

Hoe gebruik munisipaliteite goeie bestuur om nywerheidsontwikkeling in hul
gemeenskappe te bevorder?
• Munisipaliteite kan verseker dat besluite rakende nywerheidsontwikkeling openlik
   geneem word, met behoorlike konsultasie en deelname van belanghebbendes. 
• Hierdie deursigtigheid bou vertroue en waagmoed onder beleggers en besighede en
   moedig hulle aan om in die gemeenskap te belê. 
• Munisipaliteite kan doeltreffende administratiewe prosedures implementeer om
   nywerheidsontwikkeling te vergemaklik.
• Dit sluit in die vereenvoudiging van lisensiërings-, permitte- en regulatoriese
   prosesse, die vermindering van burokratiese rompslomp en die versekering van
   tydige en voorspelbare besluitneming. 
• Munisipaliteite kan beleide aanvaar wat nywerheidsontwikkeling ondersteun, soos
   soneringsregulasies wat geskikte grond vir industriële aktiwiteite toeken,
   belastingaansporings om beleggings te lok, en infrastruktuur ontwikkelingsplanne
   wat in die behoeftes van nywerhede voorsien. 

                                           20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10731/24

•   Goeie bestuur vereis dat munisipaliteite omgewings- en maatskaplike
    volhoubaarheid in nywerheidsontwikkeling prioritiseer. Hulle kan regulasies en
    standaarde afdwing wat verantwoordelike praktyke bevorder, soos
    omgewingsimpak bepalings, afval bestuursplanne en arbeids standaarde. 
• Deur volhoubare en verantwoordelike nywerheidspraktyke te bevorder, kan
    munisipaliteite besighede lok wat met hierdie waardes ooreenstem en positief tot die
    gemeenskap bydra. 
(Aanvaar enige ander relevante korrekte antwoord.)
(ŉ Maksimum van 2 punte sal toegeken word vir ŉ blote lys van feite.)         (Maks. 10)

GEVOLGTREKKING

Alhoewel die regering in sulke inisiatiewe belê het, was daar ŉ paar interne en eksterne
faktore soos ŉ tekort aan vaardighede en in onstabiele wisselkoers wat die vordering
van hierdie inisiatiewe belemmer het. 
(Aanvaar enige relevante hoër-orde gevolgtrekking.)                             (Maks. 2)   [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                               TOTAAL:      150

                                             21

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept2021-afrikaans/be8a315c-3850-4a12-a242-cce45d9f946b) — Economics · Memo · 2021 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
