# Economics Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/38f77eff-3ad9-401a-bafb-401dd55ef7fd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/38f77eff-3ad9-401a-bafb-401dd55ef7fd)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
             VE-

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
           2024
            10731

          EKONOMIE

         (VRAESTEL 1)

                        TYD:     2 uur

                        PUNTE: 150

                        14 bladsye

                                         b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                             2
                                               (VRAESTEL 1)              10731/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A:      VERPLIGTEND
     AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste
     hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                  3
                                                (VRAESTEL 1)                10731/24

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1   Wat is die funksie van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs in die
              kapitaalmark?

              A    Dit stel aandeelhouers in staat om hul aandele te verkoop.
              B    Dit bepaal onbillike pryse vir aandele.
              C    Dit beloof om onverkoopte aandele te koop.
              D    Dit stoor geld.

      1.1.2   Die ure gewerk in konstruksie is ŉ voorbeeld van ŉ ... aanwyser.

              A    leidende
              B    saamgestelde
              C    samevallende
              D    sloerende

      1.1.3   Volgens internasionale maatstawwe is die skuldverhoudingsreël ...
              persent van die nominale BBP.

              A    3
              B    20
              C    60
              D    100

      1.1.4   ŉ Bedrag wat verantwoordelik is vir statistiese foute en verseker dat die
              lopende en kapitaalrekeninge tot nul beloop, staan bekend as die ...

              A    uitvoerbalans.
              B    handelsbalans.
              C    balanserende item.
              D    handelsvoorwaardes/ruilvoet.

      1.1.5   ŉ Regeringsvereiste wat die handel en kommersiële aktiwiteite met ŉ
              spesifieke land of die verhandeling van goedere beperk, staan bekend
              as …

              A    ŉ subsidie.
              B    ŉ embargo.
              C    vrye handel.
              D    ŉ tarief.

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE                                4
                                         (VRAESTEL 1)                10731/24

1.1.6   Die uitgebreide programme vir openbare werke is meestal ... intensief.

        A    arbeids-
        B    kapitaal-
        C    grond-
        D    entrepreneurskap-

1.1.7   Die behoefte aan ingryping op grondvlak om effektiewe
        lewensbestaansverbetering in gemeenskappe te verseker, behoort ŉ ...
        benadering te wees.

        A    bo-na-onder
        B    honger
        C    hongersnood
        D    ontwikkeling-van-onder

1.1.8   Watter komponente, benewens die bruto binnelandse produk (BBP)
        per kop, is ingesluit in die Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI/HDI)?

        A    Gemiddelde verdienste en ongelykhede van inkomste
        B    Lewensverwagting by geboorte en verwagte jare van
             skoolopleiding
        C    Grootte van bevolking en ouderdomstruktuur van die bevolking
        D    Handelsbalans en betalingsbalans                         (8 x 2)    (16)

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE                                     5
                                             (VRAESTEL 1)               10731/24

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 J.

                 KOLOM A                               KOLOM B
      1.2.1   Marginale geneigdheid   A    die huidige persentasie wat op goedere
              om te verbruik               en dienste gehef word, is 15% per
                                           gekoopte item
      1.2.2   Kuznets siklusse
                                      B    pryse van ingevoerde goedere word
      1.2.3   Belasting op                 eksplisiet getoon
              toegevoegde waarde
                                      C    vereis beskerming en ondersteuning om
      1.2.4   Vergelykende voordeel        mededingend in die mark te word

      1.2.5   Jong nywerhede          D    deur die regering op die been gebring
                                           om ekonomiese groei en nywerhede in
      1.2.6   Morele oorreding             Suid-Afrika te bevorder

      1.2.7   Nywerheidsontwikkelings- E   dit word uitgebeeld in die Lorenz-
              korporasie                   kromme en toon die verdeling van
                                           inkomste
      1.2.8   Gini-koëffisiënt
                                      F    namate besteebare inkomste toeneem,
                                           neem persoonlike
                                           verbruikersbesteding toe

                                      G veroorsaak deur veranderinge in die
                                        bou- en konstruksiebedryf

                                      H    SARB konsulteer met banke om op ŉ
                                           verantwoordelike wyse op grond van
                                           ekonomiese toestande op te tree

                                      I    die vermoë van ŉ land om goedere
                                           doeltreffender as ŉ ander land te
                                           produseer
                                                                                (8 x 1)   (8)

                                                                                              b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE                                   6
                                              (VRAESTEL 1)                  10731/24

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   ŉ Aanvanklike verandering in besteding lei tot ŉ meer beduidende en
              breër impak op die algehele ekonomie

      1.3.2   Die proses om ekonomiese data te ontleed en voorspellings te maak
              oor die tendense van ekonomiese skommelinge

      1.3.3   Stakings, onluste en dade van massa-ongehoorsaamheid in die
              samelewing

      1.3.4   ŉ Protokol om vrye handel tussen Argentinië, Brasilië, Paraguay en
              Uruguay te bevorder

      1.3.5   Die toename in die kapasiteit van die land om goedere en dienste te
              produseer

      1.3.6   ŉ Maatstaf van maandelikse veranderinge in prys vir ŉ reeks
              verbruikersprodukte                                              (6 x 1)   (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:               30

                                                                                             b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                   7
                                                 (VRAESTEL 1)                  10731/24

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1    Noem TWEE voorbeelde van kapitaalgoedere wat in die produkmark
              verkoop word.                                               (2 x 1)           (2)

     2.1.2    Waarom veroorsaak die probleem van die vryryer dat die regering
              openbare goedere en dienste lewer?                              (1 x 2)       (2)

2.2 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                           Ekonomie

                                                             [Bron: timesexaminer.com]

      2.2.1    Identifiseer die fase in die sakesiklus wat in die tekenprent hierbo
               uitgebeeld word.                                                             (1)

      2.2.2    Noem die fiskale beleidsinstrument uit die inligting wat in die tekenprent
               verskaf word.                                                                (1)

      2.2.3    Beskryf kortliks die term regeringsbeleid.                                   (2)

      2.2.4    Wat is die verband tussen werkloosheid en sloerende aanwysers?               (2)

      2.2.5    Hoe kan die SARB die Phillips-kurwe gebruik om inflasie te voorspel?
                                                                                (2 x 2)     (4)

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                       8
                                                    (VRAESTEL 1)                    10731/24

2.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        NA DIE KLOK: SUID-AFRIKAANSE ONDERNEMINGS IN STAATSBESIT
       (SOE's) – EEN KORPORATIEWE KRING OM HULLE ALMAL TE REGEER

      Die regering oorweeg dit om sy portefeulje van staatsbeheerde ondernemings
      (SOE's) te herstruktureer en die groot korporasies in ŉ enkele voertuig te plaas.
      Die noodsaaklike denke hieragter is om die massiewe uittog van vaardighede
      en menslike kapitaal wat ŉ hele reeks eens trotse entiteite tot disfunksionele,
      onmededingende en gedegradeerde organisasies verminder het, te probeer
      omkeer.
        [Bron: https://www.dailymaverick.co.za/article/2023-06-11-after-the-bell-south-african -
                                                    soes-one-corporate-ring-to-rule-them-all/]

      2.3.1   Gee EEN rede vir die mislukking in die openbare sektor wat met
              werkers verband hou.                                                                  (1)

      2.3.2   Noem EEN staatsbeheerde onderneming (SOE) in Suid-Afrika.                             (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term staatsdiensvoorsiening.                                     (2)

      2.3.4   Wat is die voordele daarvan dat SOE's in ŉ enkele eenheid opgeneem
              word?                                                                                 (2)

      2.3.5   Hoe beïnvloed die gebrek aan fondse in die private sektor die
              voorsiening van infrastruktuur in Suid-Afrika?                            (2 x 2)     (4)

2.4   Bespreek kortliks basiese pryse deur gebruik te maak van die
      produksiemetode.                                                                  (4 x 2)     (8)

2.5   Evalueer die rol van die openbare sektor in die ekonomie met spesiale
      verwysing na die ekonomiese verantwoordelikheid in die Suid-Afrikaanse
      konteks.                                                                                      (8)
                                                                                                   [40]

                                                                                                       b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                     9
                                                  (VRAESTEL 1)                   10731/24

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem TWEE maatstawwe van sosiale aanwysers wat verband hou
              met verstedeliking.                                     (2 x 1)                  (2)

      3.1.2   Hoe beïnvloed ŉ toename in die rentekoers op bankdeposito's
              spaargeld?                                                            (1 x 2)    (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                 JAPAN-SUID-AFRIKA BESIGHEIDSFORUM GELOODS

      Die Japan-Suid-Afrika Besigheidsforum het ŉ sterk handelsurplus vir Suid-Afrika
      van stapel gestuur, "Dit kan die ekonomiese verhouding versterk en aan groen
      nywerhede ŉ hupstoot gee."
      Japan is tans Suid-Afrika se vierde grootste mark vir uitvoere, ná China, die VSA
      en Duitsland.
               [Bron: http://www.thedtic.gov.za/japan-south-africa-business-forum-launched/]

      3.2.1   Noem die handelsprotokol waarvan Suid-Afrika en China lede is.                   (1)

      3.2.2   Gee enige EEN argument ten gunste van vrye handel.                               (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term bilaterale handel.                                     (2)

      3.2.4   Waarna verwys ŉ “sterk handelsurplus” vir Suid-Afrika, in die Japan-
              Suid-Afrikaanse Besigheisforum?                                                  (2)

      3.2.5   Hoe dra groen nywerhede by tot uitvoerbevordering?                     (2 x 2)   (4)

                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE                           10
                                                        (VRAESTEL 1)         10731/24

3.3   Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                        UITDAGINGS WAT DIE ONTWIKKELING
                           VAN SUID-AFRIKA BEÏNVLOED

                      Korrupsie

                                        Hoë siektelas

                    [Bron: https://nationalplanningcommission.wordpress.com/the-work-of-
                                                                      the-commission-2/]

      3.3.1   Noem EEN voorbeeld van verbrokkelende infrastruktuur in Suid-Afrika
              wat ontwikkeling in die land beïnvloed.                                       (1)

      3.3.2   Verskaf EEN voordeel in natura wat deur die sentrale regering verskaf
              word.                                                                         (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese ontwikkeling.                            (2)

      3.3.4   Waarom is ŉ ongelyke staatsdiens ŉ uitdaging vir die Suid-Afrikaanse
              ekonomie?                                                                     (2)

      3.3.5   Hoe beïnvloed korrupsie armoede en ongelykheid?                    (2 x 2)    (4)

3.4   Bespreek kortliks die belangrikheid daarvan om die prestasie van die ekonomie
      te meet.                                                                (4 x 2)       (8)

3.5   Waarom word ad valorem-tariewe gebruik as ŉ beskermingsmaatreël?                      (8)
                                                                                           [40]

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                11
                                                (VRAESTEL 1)               10731/24

VRAAG 4:      MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem die TWEE draaipunte in die sakesiklus.                     (2 x 1)    (2)

      4.1.2   Waarom is handelsversperrings noodsaaklik vir die beskerming van
              natuurlike hulpbronne?                                        (1 x 2)      (2)

4.2   Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                               Betalings vir produksiefaktore

                                      Produksiefaktore

           Huishouding                                             Firma's

                                     Goedere en dienste
                                     Verbruiksbesteding

      4.2.1   Noem die deelnemer wat inkomste verdien deur persoonlike
              inkomstebelasting.                                                         (1)

      4.2.2   Identifiseer EEN monetêre vloei wat deur die faktormark beweeg.            (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term produksiefaktore.                                (2)

      4.2.4   Watter effek het lae besteding in die goederemark?                         (2)

      4.2.5   Hoe beïnvloed ŉ negatiewe vermenigvuldiger inkomste in die
              kringloopmodel?                                                 (2 x 2)    (4)

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                       12
                                                  (VRAESTEL 1)                   10731/24

4.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg

                SUID-AFRIKAANSE ARBEIDSPRODUKTIWITEIT GROEI

         [Bron: https://www.ceicdata.com/en/indicator/south-africa/labour-productivity-growth]

      4.3.1   Identifiseer die tydperk met die laagste arbeidsproduktiwiteit in die
              grafiek hierbo.                                                                     (1)

      4.3.2   Noem EEN aanwyser wat gebruik word om indiensneming te meet.                        (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term produktiwiteit.                                           (2)

      4.3.4   Verduidelik die redes vir die afname in arbeidsproduktiwiteit tussen
              Julie 2021 en Januarie 2023.                                                        (2)

      4.3.5   Waarom moet ŉ land die effektiwiteit en doeltreffendheid van sy
              arbeidsmag evalueer?                                            (2 x 2)             (4)

4.4   Bespreek kortliks die verbetering van die doeltreffendheid van insette en die
      verbetering van die doeltreffendheid van markte as aanbodkantbeleid om
      sakesiklusse te verbeter.                                                 (2 x 4)           (8)

4.5   Evalueer die impak van globalisering op internasionale handel.                              (8)
                                                                                                 [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:               80

                                                                                                  b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                           13
                                               (VRAESTEL 1)            10731/24

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                       PUNTE
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                     TOEKENNING
  Inleiding

  Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
   ŉ Goeie beginpunt is om die hoofkonsep wat met die
       vraagonderwerp verband hou, te definieer.
                                                                       Maks. 2
   MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
   MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal
       NIE.
   Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam
       gaan bespreek.
  Liggaam

  Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
  Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
  Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik    Maks. 26
  die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
  Assesseer/Debatteer
  ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
  voorbeelde.

  Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
  Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                      Maks. 10
  ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite
  toegeken word.
  Gevolgtrekking

  Enige hoër-orde gevolgtrekking behoort die volgende in te sluit:
   ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder die herhaling
      van enige feite wat reeds genoem is.
                                                                       Maks. 2
   Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
   Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/
      analise versterk
   ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien gevra
   Aanbevelings
                                                           TOTAAL        40

                                                                                   b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                 14
                                                (VRAESTEL 1)                10731/24

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig die vraagredes vir internasionale handel.            (26 punte)

   Hoe beïnvloed die manipulasie van die rand die valutamark?             (10 punte)    [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig Suid-Afrika se inisiatiewe (pogings) in streeksontwikkeling.
                                                                            (26 punte)

   Hoe gebruik munisipaliteite goeie bestuur om nywerheidsontwikkeling in hul
    gemeenskappe te bevorder?                                            (10 punte)      [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                            TOTAAL:      150

                                           EINDE

## Related documents

- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
