# Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                           2024
                  NASIENRIGLYNE

                EKONOMIE (VRAESTEL 2) (10732)

23 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10732/24

VERDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

   1.1.1   C – ŉ prysoorlog 

   1.1.2   A – vaste 

   1.1.3   D – tribunaal 

   1.1.4   A – subsidie 

   1.1.5   B – verbandlenings 

   1.1.6   C – uitgaande 

   1.1.7   D – deflasie 

   1.1.8   B – besoedeling                                                    (8 x 2)   (16)

1.2 PASITEMS

   1.2.1   F    wanneer GI tussen die afsluitpunt en gelykbreekpunt is

   1.2.2   A    gemiddelde koste (GK) is groter as die markprys

   1.2.3   E    verskille kan denkbeeldig wees, net die handelsname wissel

   1.2.4   D    aanpassing vir die uitwerking van inflasie, lewenskoste of insetpryse
                 oor tyd

   1.2.5   H    die hoogste bedrag waarteen goedere en dienste verkoop kan word.

   1.2.6   I✓    die kombinasie van hoë verbruikers prysstygings en lae ekonomiese
                 groei

   1.2.7   B    reisigers wat wil leer oor terreine van groot argeologiese betekenis

   1.2.8   C    koste vasgestel of beheer deur die regering                    (8 x 1)    (8)

                                            2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                                              10723/24

1.3   GEE DIE TERM

      1.3.1   Geknikte vraagkurwe 

      1.3.2   Ewewig prys 

      1.3.3   Minimum lone 

      1.3.4   Openbare-private vennootskappe 

      1.3.5   Produsenteprysindeks/Produksieprysindeks 

      1.3.6   Omgewing subsidies  / Subsidies 
                                                                            (6 x 1)   (6)

                                                           •   TOTAAL AFDELING A:     30

                                          3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10723/24

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

    2.1.1   Noem TWEE kenmerke van die vraagkurwe van 'n volmaakte mark.

            Individueel
            •     Vraagkurwe se helling is horisontaal/volmaak elasties
            •     Vraagkurwe se prys bly konstant
            •     Prys, gemiddelde inkomste en marginale inkomste is gelyk
                  OF Mark
            •   Die vraagkurwe se helling is negatief. (skuins afwaarts). 
            •   Pryse styg/daal wanneer die vraag toeneem/daal. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (2 x 1)   (2)

    2.1.2   Waarom verkies produsente/besighede ander markstrukture bo
            volmaakte mededinging?

            Maatskappye hou nie van suiwer mededinging nie omdat hulle op grond
            van prys met ander maatskappye moet meeding. Daarom weet
            maatskappye dat as daar suiwer mededinging in die mark is, hulle nie op
            die lang termyn positiewe ekonomiese winste kan verwag nie, omdat die
            verkoopprys deur die mark bepaal word. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                 (1 x 2)   (2)

2.2 DATARESPONS

    2.2.1   Identifiseer die oorsaak van werksverliese by platinummyne, volgens
            die artikel.

            Die platinumprys het gedaal/myne het verliese gely. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (1)

    2.2.2   Noem die tipe koste wat gebruik word om die sluitingspunt van ŉ
            onderneming onder volmaakte mededinging te bepaal.

            Gemiddelde veranderlike koste / Veranderlike koste                          (1)

    2.2.3   Beskryf kortliks die term korttermyn aanbodkurwe.

            Die firma se korttermyn aanbodkurwe is die gedeelte van sy marginale
            kostekurwe wat bo sy gemiddelde veranderlike kostekurwe lê. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10723/24

   2.2.4   Hoe beïnvloed die platinumprys die afsluitingspunt besluit van
           platinummyne?

           Positief
           Bestaande myne wat op die brink van sluiting was mag nou dalk oop bly as
           gevolg van beter winsgewendheid. ✓
           Myne kan hulle bedrywighede uitbrei en kapitaliseer op hoë pryse, wat na
           groter uitset sal lei. ✓
           Negatief
           Wanneer platinum pryse daal, kan dit moeilik wees om bedryfsuitgawes te
           dek, wat die besluit om tydelik of permanent te sluit, kan beïnvloed. ✓
           Myne wat alreeds finansieel swaar trek sal dalk vroeêr moet sluit as gevolg
           van dalende pryse.✓

           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

   2.2.5   Hoe kan die Sibanye-myne verseker dat hul bedrywighede voortgaan
           tydens ŉ platinumprysineenstorting?

           •  Vaartbelyn bedrywighede om produksiekoste te verminder, wat die
              heronderhandeling van kontrakte en die besnoeiing van onnodige
              uitgawes kan behels. ✓
           • Maak gebruik van doeltreffender produksietegnieke en outomatisering
              om doeltreffendheid te verhoog en winsgewendheid teen laer pryse te
              handhaaf. ✓
           • Pas arbeidsmag aan deur tydelike of kontrakwerkers tydens spitstye te
              gebruik en terug te skaal tydens afswaaie. ✓
           • Belê in eksplorasie en tegnologiese innovasie om nuwe ertse te
              identifiseer, minerale herstelkoerse te verhoog en ontginningskoste te
              verlaag. ✓
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (2 x 2)   (4)

2.3 DATARESPONS

   2.3.1   Identifiseer die produksie ondoeltreffende punt op die grafiek hierbo.

           A                                                                             (1)

   2.3.2   Noem EEN oorsaak van produksie ondoeltreffendheid.

           • Onvoldoende of infrastruktuur wat swak onderhou is 
           • Arbeidsmag met laer vaardighede en produktiwiteit 
           • Beperkte toegang tot finansiering en kapitaal 
           • Burokrasie en buitensporige regeringsregulasies 
           • Korrupsie in die regering en die sakewêreld 
           • Politieke onstabiliteit en konflikte 
           • Swak toegang tot tegnologie en innovasie 
           • Swak gesondheidsorg en hoë siektevlakke 
           • Onbuigsame arbeidsmarkte 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (1)

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                 10723/24

2.3.3   Beskryf kortliks die term pareto doeltreffendheid.

        ŉ Situasie waar hulpbronne op so ŉ manier toegewys word dat dit
        onmoontlik is om enige individu beter af te maak, sonder om iemand
        anders slegter daaraan toe te maak.                                          (2)

2.3.4   Verduidelik waarom allokasie ondoeltreffendheid lei tot die
        vermindering in die welsyn van verbruikers.

        •  Allokasie ondoeltreffendheid sal lei tot die produksie van
           hoeveelhede en soorte goedere of dienste wat nie die beste vir
           verbruikers is nie. ✓✓
        • Allokasie ondoeltreffendheid kan lei tot ŉ vermindering in
           verbruikersurplus/oorskot, wat die ekstra waarde is wat verbruikers
           ontvang wanneer hulle ŉ goed of diens kan koop teen ŉ prys laer as
           wat hulle bereid is om te betaal. ✓✓
        • Allokasie ondoeltreffendheid veroorsaak dat produsente goedere
           produseer wat nie die verbruiker se behoefte weerspieël nie.
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (2)

2.3.5   Wat is die impak van produksie ondoeltreffendheid op die koste en
        mededingendheid van ŉ besigheid?

        •   Produktiewe ondoeltreffendheid beteken dat ŉ firma nie teen sy
            maksimum produksievermoë of teen die laagste moontlike koste
            werk nie. 
        • Ondoeltreffendheid sal daartoe lei dat ŉ onderneming hoër
            produksiekoste het, wat tot hoër verkooppryse en laer
            mededingenheid kan lei. 
        • Ondoeltreffende ondernemings sal nie voordeel trek uit
            skaalvoordele wanneer hulle hul produksie-uitset verhoog nie. 
        • As gevolg hiervan sal hulle nie laer pryse kan bied en ŉ groter
            markaandeel kan kry nie. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (2 x 2)      (4)

                                        6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                          10723/24

2.4 Verduidelik, met behulp van ŉ grafiek, die afleiding van die vraagkurwe vir ŉ
    individuele onderneming in die volmaakte mark.

             AFLEIDING VAN DIE VRAAGKURWE VIR INDIVIDUELE BESIGHEID IN
                     ’N VOLMAAKTE MARK INDIVIDUELE BESIGHEID
                    Mark/Nywerheid               Individuele
     PRYS                                     PRYS
                                                 Besigheid

                                         A

                           E                                      V = GI= P
     Pe                                       Pe

                                        V

         0                                       0
                                Hoeveelheid                           Hoeveelheid

                                        Puntetoekenning

    1.        Korrekte tekening/etikettering van vraag- en aanbodkrommes
              van die mark                                                     = 1 punt
    2.        Aanduiding van ewewigspunt van die mark                          = 1 punt
    3.        Korrekte posisionering/etikettering en afleiding van die
              individuele besigheidsvraagkurwe vanaf die markewewigspunt
              by punt P
              (Geen punte vir slegs die individuele besigheid nie)             = 2 punte
                                                                       Maks.   = 4 punte

    •   Die markprys word bepaal deur die vraag en aanbod van die bedryf (grafiek
        links) Pe. 
    • In ŉ volmaakte mark verkoop alle ondernemings homogene produkte.
        Verbruikers het geen voorkeur vir een firma se produk bo ŉ ander nie,
        aangesien hulle identies in kwaliteit en eienskappe is. 
    • Daar is ŉ groot aantal kopers en verkopers in ŉ volmaakte mark wat tot gevolg
        het dat geen van die individuele ondernemings die markprys kan beïnvloed
        nie. 
    • Elke firma is ŉ prysnemer, wat beteken dat hy die heersende markprys vir sy
        produk moet aanvaar. 
    • Enige besigheid kan soveel verkoop as wat hy wil teen die markprys, dit is nie
        nodig om die prys te verlaag om meer te verkoop nie. 
    • Die vraagkurwe vir ŉ individuele onderneming is dus perfek elasties en
        horisontaal teenoor die markprys Pe. (Grafiek aan die regterkant) 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (Maks. 4)          (8)

                                                     7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10723/24

2.5 Hoe kan nie-markkoste, soos omgewingskoste of sosiale impakte, ingesluit
    word wanneer ŉ KVA uitgevoer word?

    •   Omgewings- of sosiale impakte speel ŉ belangrike rol in
        projekbesluitneming. 
    • Om dit in die KVA-raamwerk te integreer, is noodsaaklik vir ŉ meer holistiese
        evaluering van projekte of beleide. 
    • ŉ Mens moet eers die omgewings- of sosiale impakte wat met die projek
        verband hou identifiseer en beskryf. 
    • Dit kan omgewingsfaktore soos lug- en watergehalte, biodiversiteit en sosiale
        faktore soos gemeenskapskohesie, kulturele erfenis of openbare gesondheid
        insluit. 
    • Deur die kundiges en belanghebbendes te vra om hul insigte te gee, sal ŉ
        omvattende begrip van die omgewings- of sosiale impak verseker word. 
    • Sosiale impakte, opnames, fokusgroepe en deelnemende metodes kan
        waardevolle kwantitatiewe en kwalitatiewe data verskaf. 
    • ŉ Ekologiese voetspoorstudie kan gebruik word om die omgewingsimpak van
        ŉ projek te bepaal. 
    • Bereken die geleentheidskoste van koste-items wat in die projek gebruik word.
         Byvoorbeeld, as grond vir omgewingsbewaring gebruik word, skat die
        geleentheidskoste deur die potensiële alternatiewe gebruike, soos landbou of
        ontwikkeling, in ag te neem. 
    •   Die akkurate beoordeling en integrasie van omgewings- of sosiale impakte in
        die koste-voordeel-analise (KVA) raamwerk is ŉ komplekse, maar
        noodsaaklikheidstaak. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
    (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)        (4 x 2)         (8)
                                                                                              [40]

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE

3.1 Beantwoord die volgende vrae.

    3.1.1   Noem enige TWEE internasionale protokolle, oor die omgewing,
            tussen 1990 en 2016.

            • Rio de Janeiro Aardberaad (1992) 
            • Kyoto-protokol vir Klimaatsverandering (1997) 
            • Johannesburgse Beraad (2002) 
            • Millenium-ontwikkelingsdoelwitte (2015)                              (2 x 1)    (2)
            (Aanvaar enge ander korrekte relevante antwoord)

    3.1.2   Hoe dra toerisme by tot klimaatsverandering?

            Toerisme is verantwoordelik vir ongeveer 8% van die wêreld se
            koolstofvrystellings. Van vliegtuigvlugte en bootritte tot aandenkings en
            verblyf, verskeie aktiwiteite dra by tot toerisme se koolstofvoetspoor. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (1 x 2)    (2)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                  10723/24

3.2 DATARESPONS

   3.2.1   Identifiseer EEN geleentheid wat toerisme geskep het om
           entrepreneurskap in Suid-Afrika te ontwikkel.

           •   B & B-gastehuise 
           •   Die opening van restaurante 
           •   Verkoop kuns en handewerk aan toeriste 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (1)

   3.2.2   Noem EEN loopbaan wat verband hou met toerisme.

           •   Toer begeleiding 
           •   Natuurbewaarder 
           •   Natuurbewaring 
           • Ontwikkel en verbeter klein ondernemings 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (1)

   3.2.3   Beskryf kortliks die term transito-toeris.

           ŉ Transito-toeris is ŉ reisiger wat ŉ aansluitingsvlug of ander vorm van
           vervoer op ŉ spesifieke plek het, en wat minder as 24 uur op daardie plek
           bly voordat hy na hul eindbestemming gaan. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (2)

   3.2.4   Hoe word toerisme internasionaal deur Suid-Afrika bemark?

           •   Suid-Afrikaanse toerisme (SAT) se bemarkingstrategie is gefokus op
               die bevordering van Suid-Afrika se unieke diversiteit, insluitend sy
               pragtige natuurskoon, ryk natuurlewe, lewendige kultuur en heerlike
               kookkuns. 
           • SAT werk ook saam met sy vennote in die toerismebedryf om Suid-
               Afrika internasionaal te bevorder. SAT werk byvoorbeeld saam met
               lugrederye, toeroperateurs en reisagente om spesiale pakkette en
               potensiële toeriste aan te bied. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

   3.2.5   Hoe kan toerisme geslagsongelykheid in Suid-Afrika verminder?

           •   Skep gelyke geleenthede vir vroue wat in toerisme werk. 
           •   Inspireer vrouetoerisme-entrepreneurskap. 
           •   Bevorder vroue deur toerisme-onderwys en -opleiding. 
           •   Moedig vroue aan om in toerisme te lei. 
           •   Ondersteun vroue in die gemeenskap en tuisgebaseerde toerisme-
               onderneming. 
           • Toerisme kan vroue op verskeie maniere bemagtig, veral deur die
               voorsiening van werksgeleenthede en deur inkomstegenererende
               geleenthede 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)     (4)

                                           9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10723/24

3.3 DATARESPONS

   3.3.1   Identifiseer die oorsaak van inflasie in die grafiek hierbo

           Kostedruk/afname in aanbod / ‘n Toename in produksiekoste 
           (Aanvaar enige faktor wat ‘n verskuiwing in aanbod sal veroorsaak)              (1)

   3.3.2   Noem die tipe inflasie wat hoogs wisselvallige pryse uitsluit.

           Kerninflasie 

   3.3.3   Beskryf kortliks die term allesomvattende inflasie.

           Allesomvattende inflasie is ŉ maatstaf van inflasie wat die pryse van alle
           goedere en dienste wat in ŉ ekonomie geproduseer word, in ag neem. Dit
           word bereken met behulp van die Implisiete BBP-deflator, wat die
           verhouding van BBP teen huidige pryse tot BBP teen konstante pryse
           is. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

   3.3.4   Beskryf die effek van inflasie op arbeidsonrus.

           Wanneer pryse vinnig styg, sal werkers waarskynlik hoër lone eis om tred
           te hou met die stygende lewenskoste en dit kan tot stakings en ander
           vorme van arbeidsonrus lei. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                              (2)

   3.3.5   Verduidelik die effek van inflasionêre verwagtinge op produsente.

           Hoë inflasionêre verwagtinge kan ŉ beduidende impak op die ekonomie
           hê, wat moontlik tot die volgende lei:

           •   Besighede kan sukkel om vir die toekoms te beplan en
               beleggingsbesluite te neem weens onsekerheid oor toekomstige
               prysvlakke. 
           • As produsente verwag dat verkooppryse in die toekoms sal styg, kan
               hulle aangespoor word om produksie nou te verhoog om munt te slaan
               uit hoër toekomstige winste. Dit kan lei tot hoër ekonomiese uitset en
               belegging in produksievermoë. 
           • Erosie van koopkrag: As insetkoste vinniger styg as verkooppryse,
               kan produsente se winste daal, selfs al verhoog dit pryse. Dit kan hulle
               dwing om koste te besnoei of produksie te verminder, wat
               werkgeleenthede en ekonomiese aktiwiteit beïnvloed. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                    (2 x 2)   (4)

                                            10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10723/24

3.4 Onderskei tussen fiskale maatreëls en monetêre maatreëls om inflasie te
    bekamp.

    •    Fiskale maatreëls is gerig op staatsinkomste en -uitgawes, terwyl monetêre
         maatreëls hoofsaaklik te doen het met rentekoerse en die geldvoorraad. 
    •    Fiskale beleid word deur die regering beheer, terwyl monetêre beleid deur die
         sentrale bank bestuur word. 
    •    Monetêre maatreëls, veral rentekoersveranderings, kan dikwels vinniger
         geïmplementeer word as fiskale beleide, wat wetgewende goedkeuring mag
         vereis en vertraagde uitwerking kan hê. 
    •    Fiskale maatreëls is geneig om verbruikers en besighede direk te beïnvloed
         deur belasting en staatsbesteding, terwyl monetêre maatreëls inflasie indirek
         beïnvloed deur finansiële markte en kredietbeskikbaarheid. 
    •    Beide fiskale en monetêre maatreëls het ten doel om inflasie te verminder,
         maar werk deur verskillende meganismes en op verskillende vlakke van die
         ekonomie. 

    Fiskale maatreëls
    • Dit is maatreëls wat deur die regering (tesourie) toegepas word om inflasie te
        bekamp 
    • Verhoging van direkte belasting om besteebare inkomste te verminder en
        buitensporige vraag te bekamp 
    • Verhoging van indirekte belasting soos BTW, aksyns en doeanebelasting om
        spesifieke pryse te verhoog en vraag te beperk 
    • Vermindering van staatsbesteding om besteebare inkomste te verminder en
        sodoende die vraag te beperk 
    • Implementering van maatreëls om produktiwiteit soos belastingkortings te
        verbeter, om die aanbodposisie te verbeter                         (Maks. 4)

    Monetêre maatreëls
    • Dit is maatreëls wat deur die sentrale bank (SARB) toegepas word om inflasie
        te bekamp 
    • Verhoog die repokoers aan banke om die beskikbaarheid van krediet aan
        verbruikers te verminder 
    • Verhoog die rentekoerse om dit duurder te maak om te leen en sodoende die
        vraag te verminder 
    • Verminder die geldvoorraad deur middel van oopmarktransaksies deur
        staatseffekte te verkoop 
    • Verhoog banke se kontantreserwevereistes om hul geld wat beskikbaar is vir
        uitleen aan kliënte te verminder 
    • Stel valuta- en kredietbeheer in                                  (Maks. 4)
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                      (2 x 4)      (8)

3.5 Wat is die impak van wisselkoerse op toerisme?

     •   Wisselkoerse beïnvloed die vraag na toerisme deur die relatiewe koste en
         voordele van reis na verskillende bestemmings te beïnvloed. 
     •   Wanneer ŉ geldeenheid waardeer, of in waarde toeneem, word dit goedkoper
         vir die houers van daardie geldeenheid om goedere en dienste in die buiteland
         te koop. 
                                             11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                                               10723/24

•   Dit maak buitelandse reise aantrekliker en bekostigbaarder en stimuleer
    uitgaande toerisme. 
• Omgekeerd, wanneer ŉ geldeenheid depresieer of in waarde daal, word dit
    duurder vir die houers van daardie geldeenheid om goedere en dienste in die
    buiteland te koop. 
• Dit maak buitelandse reise minder aantreklik en bekostigbaar en ontmoedig
    uitgaande toerisme. 
• As die Amerikaanse dollar byvoorbeeld teen die Rand waardeer, sal
    Amerikaners dit goedkoper vind om na Suid-Afrika te reis, terwyl Suid-
    Afrikaners dit duurder sal vind om na die VSA te reis. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoorde)
(Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)         (4 x 2)    (8)
                                                                                      [40]

                                        12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10723/24

VRAAG 4:    MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

    4.1.1   Noem enige TWEE wêrelderfenisgebiede.

            •   Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap 
            •   iSimangaliso Vleilandpark 
            •   Kaapse Blommestreek 
            •   Wieg van die mensdom 
            •   Mapungubwe Kulturele Landskap 
            •   Robbeneiland 
            •   Ukhahlamba/Maloti Drakensbergpark 
            •   Vredefort Koepel 
            •   Khomani Kulturele Landskap 
            •   Barberton Makhonjwa-berge 
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)               (2 x 1)   (2)

    4.1.2   Hoe dra die onvolmaakte verdeling van inkomste en welvaart by tot
            markmislukkings?

            •   Ongelyke verdeling van inkomste en rykdom kan toegang tot
                hulpbronne beperk, wat individue se vermoë om ten volle aan markte
                deel te neem, belemmer. ✓✓
            • Laer-inkomste individue het beperkte toegang tot onderwys, wat lei tot
                ŉ minder geskoolde arbeidsmag, wat doeltreffendheid in die
                arbeidsmark beïnvloed. ✓✓
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (1 x 2)      (2)

4.2 DATARESPONS

    4.2.1   Identifiseer die instelling in die tekenprent wat met ŉ volmaakte mark
            ooreenstem.

            •   Die JSE /Johannesburgse Effektebeurs/Johannesburgse
                Sekuriteitebeurs                                                         (1)

    4.2.2   Noem EEN tipe belasting wat op dagga-verwante produkte gehef kan
            word.

            • Verkoopsbelasting 
            • BTW 
            • Sonde belasting/Aksynsbelasting 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (1)

    4.2.3   Beskryf kortliks die term markregulasies.

            •   Reëls wat deur owerhede ingestel is om te verseker dat markte
                regverdig en doeltreffend funksioneer. 
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                            (2)

                                           13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                               10723/24

4.2.4   Verduidelik waarom ŉ belasting op dagga kan help om oorverbruik/
        misbruik te voorkom indien dit sonder enige wettige beperkings
        gewettig word.

        •   Belasting verhoog die prys van dagga produkte, wat dit minder
            bekostigbaar maak, veral vir pryssensitiewe verbruikers soos die
            jeug. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

4.2.5   Evalueer die eksternaliteite van die wettiging van dagga op die Suid-
        Afrikaanse ekonomie.

        Positiewe impak
        • Toename in inkomste vir die regering deur belasting (aksynsbelasting).
           
        • Toenemende aantal kommersiële plase wat dagga verbou en moontlik
           ŉ groter aantal werksgeleenthede. 
        • Dagga-wettiging bied boere die geleentheid om hul gewasse te
           diversifiseer. 
        • Verminderde besteding aan gekriminaliseerde aktiwiteite soos
           polisiëring en moontlike hof inmenging, waardeur die regering se
           besteding aan vervolging van daggagebruikers verminder word. 
        • Sosiale voordele medikasie op mense wat aan epilepsie ly. 

        Negatiewe impak
        • ŉ Verhoogde gebruik van dagga, veral jongmense wat ernstige
            verslawing en skadelike newe-effekte soos breinskade en longkanker
            het. 
        • Toename in uitgawes vir openbare gesondheid om newe-effekte te
            behandel. 
        • Verhoogde koolstofdioksied van boerdery wat klimaatsverandering kan
            beïnvloed. 
        • ŉ Verhoging in aksynsbelasting op cannabis kan die vraag na wettige
            daggaprodukte laat daal. 
        • Tans is die verbouing beperk tot privaat gebruik en mediese gebruik,
            ooreenstemmende regulasies fokus op die beperking van die
            aanbodkant eerder as die vraagkant. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                (2 x 2)   (4)

                                        14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10723/24

4.3 DATARESPONS

   4.3.1   Identifiseer EEN negatiewe impak van inflasie op toerisme uit die
           uittreksel hierbo.

           •   Toename in reisverwante koste ✓
           •   Afname in die koopkrag van toeriste ✓                                        (1)

   4.3.2   Noem EEN ander oorsaak vir die afname in toerisme anders as
           inflasie.

           • Corona-virus inperking/COVID-19 
           • Ekonomiese impak van Rusland-Oekraïne oorlog op wêreldmarkte 
           • Styging in energie- en voedselkoste. 
           • Beurtkrag                                                                     (1)
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)

   4.3.3   Beskryf kortliks die term kulturele diversiteit.

           •   Kulturele diversiteit verwys na die bestaan van ŉ verskeidenheid
               kulture binne ŉ samelewing en dit omvat die verskillende gebruike,
               tradisies, oortuigings, waardes en tale waaruit die menslike ervaring
               bestaan. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                               (2)

   4.3.4   Beskryf die effek van toerisme op infrastruktuurontwikkeling.

           Toerisme lei dikwels tot die ontwikkeling van infrastruktuur, soos paaie,
           lughawens en openbare vervoer, wat beide toeriste en inwoners
           bevoordeel. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                               (2)

   4.3.5   Hoe kan inheemse kennisstelsels bydra tot die bevordering van
           toerisme?

           •   IKS kan insig gee in plaaslike kulture, tradisies en praktyke, waardeur
               toeriste ŉ dieper begrip en waardering vir die bestemming kan kry, en
               dit kan lei tot meer outentieke en verrykende toerisme-ervarings. 
           • IKS kan ŉ magdom inligting verskaf oor plaaslike flora en fauna,
               tradisionele handwerk, unieke kulturele praktyke en hierdie inligting
               kan gebruik word om nuwe en diverse toerismeprodukte en ervarings
               te ontwikkel wat ŉ groter verskeidenheid besoekers lok. 
           (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                     (2 x 2)   (4)

                                            15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                          10723/24

4.4 Verduidelik hoe prys en uitset op kort termyn onder monopolistiese
    mededinging bepaal word.

    •   Monopolistiese mededinging is ŉ markstruktuur waar ŉ groot aantal firmas
        soortgelyke, maar nie uitruilbare, produkte produseer. 
    • Maatskappye in monopolistiese mededinging tree op as prysmakers en stel
        pryse vir goedere en dienste vas. 
    • Ondernemings in monopolistiese mededinging kan pryse verhoog of
        verlaag sonder om ŉ prysoorlog aan te wakker, wat dikwels in oligopolieë
        voorkom. 
    • Die monopolistiese mededinger sal die winsmaksimerende uitsetvlak kies waar
        MI = MK, en dan die prys hef vir daardie hoeveelheid uitset soos bepaal deur
        die markvraagkurwe. 
    • As daardie prys bogemiddelde koste is, verdien die monopolis positiewe
        winste. 
    • Omdat die individuele firma se vraagkurwe afwaarts skuins is, wat markkrag
        weerspieël, sal die prys wat hierdie firmas sal hef, hul marginale koste
        oorskry. 
    • ŉ Monopolisties mededingende firma is nie doeltreffend nie omdat dit nie teen
        die minimum van sy gemiddelde kostekurwe produseer of produseer waar
        P = MK is nie. 
    • Dus, ŉ monopolisties mededingende firma sal geneig wees om ŉ laer
        hoeveelheid teen ŉ hoër koste te produseer en ŉ hoër prys te hef as ŉ perfek
        mededingende firma. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (4 x 2)       (8)

4.5 Hoe word plaaslike mense in gewilde toeristegebiede gemarginaliseer?

    •   Pryse van benodigdhede in hierdie gebiede is geneig om hoër te wees as
        êrens anders. 
    •   Besigheidsaktiwiteite is beperk vir plaaslike inwoners aangesien dit gereguleer
        word om sekere produkte en dienste te lewer. 
    •   Beskerming en sekuriteit is hoogs sigbaar in hierdie gebiede, terwyl baie min
        hulpbronne in plaaslike gemeenskappe beskikbaar is. 
    •   Die fasiliteite (in oorde) is dikwels slegs tot besoekers beperk. Plaaslike mense
        kan nie hierdie fasiliteite geniet nie. 
    •   Plaaslike mense moet hervestig word om die ontwikkeling van nuwe toeriste
        fasiliteite te akkommodeer.
    •   Plaaslike werkers ontvang slegs laer-loon werk en kan nie bekostig om plaaslike
        toerisme fasiliteite te ervaar nie.
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
    (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde)              (8)
                                                                                              [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            80

                                              16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10723/24

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                          PUNTE
                    STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                        TOEKENNING
  Inleiding
  Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
  • ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat met die
     vraagonderwerp verband hou te definieer.
  • MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE.         Maks. 2
  • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal
     NIE.
  • Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
     bespreek.
  Liggaam
  Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
  Krities bespreek/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
  Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik
                                                                         Maks. 26
  die grafiek wat gegee is en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
  Assesseer/Debateer
  ŉ Maksimum van 8 punte mag toegeken word vir opskrifte/
  voorbeelde.

  Bykomende deel: Krities bespreek/evalueer/krities evalueer/
  debatteer/lei af Vergelyk/onderskei/interpreteer/hoe?/Stel voor
                                                                         Maks. 10
  ŉ Maksimum van 2 punte mag toegeken word vir blote lys van
  feite.
  Gevolgtrekking
  Enige gevolgtrekking van hoër orde moet insluit:
  •    ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
       reeds genoem is, te herhaal
  •    Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is        Maks. 2
  •    Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/
       analise te versterk
  •    ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
  •    Aanbevelings
                                                             TOTAAL         40

                                             17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                   10723/24

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE

•    Bespreek die verskillende kort-termyn wins- en verliesmoontlikhede van die
     monopolie in detail met behulp van grafieke. Verduidelik kortliks die
     langtermyn-ewewig sonder die gebruik van grafieke.                      (26)

•  Waarom lei die monopolie markstruktuur dikwels tot ondoeltreffende markte.
                                                                         (10)           [40]
INLEIDING

ŉ Monopolie bestaan wanneer ŉ enkele firma die hele mark vir ŉ bepaalde goed of diens
oorheers. 
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                                 (Maks. 2)

HOOFDEEL

Ewewigsposisies op kort termyn

Ekonomiese winste

                                   Puntetoekenning
    KorrKorrekte posisionering en etikettering van kostekrommes
    1.                                                                   1 punt
    KorrKorrekte posisionering en etikettering van inkomstekrommes
    2.                                                                   1 punt
    KorrKorrekte aanduiding van winsmaksimeringspunt
    3.                                                                   1 punt
    4. Korrekte aanduiding van ekonomiese wins                           2 punte
                                                                 Maks.   4 punte

    •   Die monopolis is onderhewig aan dieselfde tegnologiese en kostebeperkinge as
        ander markstrukture 

                                             18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                    10723/24

•   Die kostestruktuur van die monopolie is dieselfde as dié van mededingende
    besighede waar die monopolis sal probeeer om beide kort- en langtermynwins te
    maksimeer 
•   Die ligging van die KGK in verhouding tot die markprys bepaal die wins of
    verlies
•   Die MI-kromme lê onder die GI-kromme, halfpad tussen die GI en die oorsprong
•   Die MK-kromme sny die GK-kromme op sy minimumpunt 
•   Bepaal die punt waar KMK = MI – punty waar produksiekoste van die laaste eenheid
    gelyk is aan die inkomste wat dit verdien (punt e) – winsmaksimering, produksie
    hoeveelheid van Q op die horisontale as 
•   Die monopolis sal produseer teen 'n uitset (Q[10]) waar MI = MK, omdat wins by
    hierdie vlak maksimeer Punt a verteenwoordig die gemiddelde inkomste teen 'n
    verkoopprys van P[10] terwyl punt b die gemiddelde koste teen kosprys (C[6])
    verteenwoordig 
•   Die gemiddelde inkomste meer is as die gemiddelde koste en lei tot 'n ekonomiese
    wins vir die besigheid / as die totale inkomste meer is as die totale koste lei did tot ‘n
    ekonomiese wins vir die besigheid 
•   Die monopolie maak ekonomiese wins as die GK-kromme onder die markprys (GI) lê
    
•   Die monopolie blokkeer enige nuwe deelnemers sodat moontlike mededingers nie die
    korttermyn ekonomiese wins kan verminder nie 
•   Totale inkome = Prys x Hoeveelheid = OP(10) x OQ(10) = OPaQ (100)

•   Totale koste = Koste x Hoeveelheid = Oc(6) x OQ(10) = OCbQ (60)
•   Ekonomiese wins = Inkome – Koste = 100 – 60 = Cpab(40)  (Maks 6)

                                           19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                         10723/24

•   Die minimumpunt van die KGK is hoër as die markprys 
•   'n Monopolie ly 'n ekonomiese verlies as sy inkomste minder as sy koste is 
•   Die monopolis sal produseer teen 'n uitsetvlak waar MI = MK, omdat dit verliese
    minimeer by hierdie vlak 
•   Punt g verteenwoordig die gemiddelde inkomste teen 'n verkoopprys van P[7] terwyl
    punt f die gemiddelde koste teen 'n kosprys van C[10] verteenwoordig 
•   Die gemiddelde koste is dus meer is as die gemiddelde inkomste wat lei tot 'n verlies
    vir die besigheid / as die totale koste meer is as die totale inkomste lei dit tot ‘n verlies
    vir die besigheid 
•   Die gearseerde gedeelte PCef toon die ekonomiese verlies 
•   Die monopolie ly 'n ekonomiese verlies oor die korttermyn as die GK-kromme bo die
    markprys (g) lê 
•   Totale inkome = Prys x Hoeveelheid = OP(7) x OQ(5) = OPgQ (35)
•   Totale koste = Koste x Hoeveelheid = Oc(10) x OQ(5) = OCfQ (50)
•   Ekonomiese verlies = Inkome – Koste = PCfg (15)                           (Maks 6)

                                              20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10723/24

Langtermyn ewewig
   • Op die lang termyn bereik 'n monopolie ewewig op die punt waar dit wins
      maksimeer.
   • Aangesien dit die enigste produsent in die mark is, kan dit voortgaan om
      ekonomiese winste te verdien omdat daar hindernisse tot toetrede is (bv.
      patente, skaalvoordele, of regeringsregulasies) wat ander firmas verhoed om
      die mark te betree en winste af te dryf . 
   • Die monopolie ondervind nie mededinging nie, so anders as in mededingende
      markte, ervaar dit nie druk om sy prys tot die vlak van sy gemiddelde koste te
      verlaag nie. 
   • 'n Monopolie is nie noodwendig produktief doeltreffend nie, want dit produseer
      nie by die minimum punt van die gemiddelde totale koste (ATC) kurwe nie. 
   • Die langtermyn-ewewig van 'n monopolie word gekenmerk deur
      winsmaksimering waar MC = MR, die vermoë om ekonomiese winste te
      handhaaf as gevolg van toegangshindernisse, en ondoeltreffendheid in terme
      van beide allokatiewe en produktiewe doeltreffendheid.                  (Maks. 6)

                                             21

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                       10723/24

BYKOMENDE DEEL

•   Monopolieë, hoewel potensieel doeltreffend in sekere aspekte, word dikwels
    gekritiseer vir hul potensiaal om tot ondoeltreffendheid in hulpbrontoewysing te
    lei. 
•   Monopolieë het die mag om pryse hoër te stel as die marginale produksiekoste. 
•   Aangesien hulle die enigste verskaffer in die mark is, het verbruikers beperkte
    keuses en kan hulle gedwing word om hoër pryse te aanvaar. 
•   Dit kan lei tot ŉ wanadministrasie van hulpbronne aangesien verbruikers dalk nie die
    produk teen die monopolis se prys kan bekostig nie, wat lei tot ŉ vermindering in
    verbruikersurplus. 
•   Monopolieë kan minder produseer as die sosiaal optimale hoeveelheid goedere of
    dienste. 
•   In ŉ monopolie word die geproduseerde hoeveelheid bepaal waar marginale
    inkomste gelyk is aan marginale koste, en dit kan laer wees as die vlak wat
    maatskaplike welsyn maksimeer. 
•   Aangesien hulle beperkte mededinging ondervind, is daar minder druk om te
    innoveer, koste te besnoei of prosesse te verbeter. 
•   Dit kan lei tot ŉ minder doeltreffende gebruik van hulpbronne en hoër
    produksiekoste as wat in ŉ mededingende mark die geval kan wees. 
•   Met min mededinging kan monopolieë minder motivering hê om in navorsing en
    ontwikkeling te belê of te innoveer. 
•   In ŉ mededingende mark soek ondernemings voortdurend maniere om hulself te
    onderskei en ŉ mededingende voordeel te kry, wat lei tot ŉ gebrek aan innovasie en
    tegnologiese vooruitgang.                                                     (5 x 2)
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
    (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde)

Gevolgtrekking

•   Ten slotte, hoewel ŉ monopolie op kort en lang termyn ekonomiese winste kan
    genereer, wek dit ook kommer oor markkrag, ondoeltreffendheid en potensiële
    skade aan verbruikers. 
•   Regeringsinmenging kan nodig wees om monopolieë te reguleer en te monitor om
    regverdige mededinging te verseker en die belange van verbruikers te beskerm. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        Maks. 2

                                                                                              [40]

                                              22

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10723/24

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

•   Bespreek, in detail, die volgende probleme en die internasionale maatreëls
    wat getref is om volhoubare ontwikkeling te verseker:

    •   Biodiversiteit (8 punte)
    •   Chemiese afval (6 punte)
    •   Klimaatsverandering (6 punte)
    •   Inheemse kennis (6 punte)                                                   (26)

•   Bespreek krities waarom die mark nie daarin slaag om
    omgewingsvolhoubaarheid te verseker nie.                                        (10)

INLEIDING

Omgewingsvolhoubaarheid is die vermoë van die omgewing om die gebruik daarvan vir
ekonomiese aktiwiteite te oorleef/Omgewingskwessies is wêreldwye kwessies,
aangesien die volgende omgewingsprobleme kommerwekkend is. 
(Aanvaar enige ander relevante inleiding.)                                (Maks. 2)

HOOFDEEL

Verlies aan biodiversiteit
• Biodiversiteit is die verskeidenheid spesies plante en diere in ŉ spesifieke gebied. 
• Dit is gemoeid met die genetiese verskeidenheid onder individue binne dieselfde
    spesie en die aantal spesies binne ŉ gemeenskap van organismes. 
• Die diversiteit van spesies in die wêreld neem vinnig af as gevolg van uitsterwing en
    uitsterwing is ŉ onomkeerbare proses. 
• Moderne tegnieke soos geenoorplanting kan help om die verlies aan spesies te
    beperk. 
• Die Verenigde Nasies se Konvensie oor Internasionale Handel in Bedreigde
    Spesies (CITES) verbied handel in bedreigde plant- en dierspesies. 
• Monitering en regulering van handel in bedreigde spesies word uitgevoer met behulp
    van permitte en kwotas. 
• In Suid-Afrika is ŉ permit nodig vir een om plante en diere in te voer.  (Maks. 8)

Chemiese afval
• Chemiese afval is giftig en die effek daarvan op ŉ organisme kan die dood of
   onvrugbaarheid wees. 
• Chemiese afval moet versigtig bestuur word om te verseker dat dit nie in die
   grondwater lek nie. 
• Die Stockholm-protokol verbied die twaalf van die dodelikste vervaardigde
   chemikalieë. 
• Die Rotterdam-konvensie beskerm lande wat nie voldoende infrastruktuur het om
   die invoer en uitvoer van gevaarlike chemikalieë te monitor.           (Maks. 6)

                                             23

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10723/24

Klimaatsverandering
• Klimaatsverandering is die verandering in die samestelling van die atmosfeer wat
    verband hou met menslike aktiwiteit. 
• ŉ Opbou van sekere gasse soos koolstofdioksied in die atmosfeer veroorsaak dat
    die hitte in die atmosfeer vasgevang word, wat lei tot aardverwarming. 
• Gevolge van klimaatsverandering sluit in verandering in temperatuur en
    weerpatrone. 
• Die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering
    (UNFCCC) stel doelwit om kweekhuisgasse te verminder. 
• Kyoto-protokol is onderteken as ŉ ooreenkoms waarin die vrystellingsvlak van
    kweekhuisgasse vir ontwikkelde lande ooreengekom is. 
• Die doelwitte van die ooreenkoms is nie bereik nie. 
• Die Parys-ooreenkoms is 'n landmerk internasionale verdrag wat daarop gemik is
    om klimaatsverandering aan te spreek deur kweekhuisgasvrystellings te verminder
    en aardverwarming te beperk.                                          (Maks. 6)

Verlies aan inheemse kennis
• Inheemse mense het kennis oor die natuurlike omgewing, wat hulle dikwels gebruik
    om ŉ bestaan te maak. 
• Inheemse mense gebruik organiese metodes en natuurlike prosesse in die
    hantering van die omgewing. 
• Plaaslike kapasiteitsbou is belangrik, aangesien dit inheemse mense kan help om
    meer van die omgewing te leer buite hul tradisionele lewenstyl en ervarings. 
• UNESCO se program vir die bestuur van sosiale transformasie (MOST) is ŉ
    wêreldwye poging om plaaslike/inheemse kennis te dokumenteer voordat dit vir
    ewig verlore gaan.                                                      Maks. 6)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                             (Maks. 6)
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir blote lys van feite/voorbeelde)
(Ten minste TWEE punte moet toegeken word vir die internasionale maatreël wat
gebruik word om elke probleem op te los)                                      (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL

Bespreek krities waarom die mark nie daarin slaag om omgewingsvolhoubaarheid
te verseker nie.
• Wanneer maatskappye of individue betrokke raak by aktiwiteite wat die omgewing
    benadeel (besoedeling, habitatvernietiging, ens.), word daardie koste nie weerspieël
    in die prys van hul goedere of dienste nie. 
• Dit beteken dat die samelewing, nie die besoedelaar nie, die ware koste dra, wat lei
    tot oorproduksie van skadelike aktiwiteite en ŉ ondervoorsiening van
    omgewingsbeskerming. 
• Besighede fokus dikwels op die maksimalisering van korttermynwinste, en
    verwaarloos langtermyn-omgewingsgevolge. Volhoubare praktyke kan
    voorafbeleggings of verminderde onmiddellike winste behels, wat hulle minder
    aantreklik maak in ŉ suiwer markgedrewe stelsel. 
• Verbruikers het dikwels nie volledige inligting oor die omgewingsimpak van hul
    keuses nie. Dit kan lei tot besluite wat onwetend bydra tot omgewingskade. 
• Baie omgewingshulpbronne, soos skoon lug en gesonde woude, is openbare
    goedere. Dit is nie-uitsluitbaar (almal het toegang daartoe) en nie-wedywerend (een
    persoon se gebruik verminder nie ŉ ander sin nie). 

                                             24

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     10723/24

•   Markte sukkel om openbare goedere doeltreffend te bestuur omdat gratis ruiters dit
    kan verbruik sonder om by te dra tot die instandhouding daarvan. 
• Wanneer die ware koste van hulpbrongebruik nie in pryse weerspieël word nie, is
    mense geneig om meer te verbruik as wat volhoubaar is. 
• Besighede onderbestee in volhoubare praktyke as gevolg van korttermynisme/fokus
    op korttermyn winste 
• Ondoeltreffende toewysing van hulpbronne, hulpbronne vloei na aktiwiteite wat
    onmiddellike wins lewer, ongeag hul omgewingsimpak. 
• Onverskilligheid, mense gaan voort met skadelike praktyke en laat toekomstige
    geslagte bekommerd wees oor die gevolge
• Alhoewel markte doeltreffend is om hulpbronne vir sommige goedere en dienste toe
    te ken, is dit nie geskik om omgewingsvolhoubaarheid te verseker nie. 
• Beleidsintervensies, soos regulasies, koolstofpryse en subsidies vir volhoubare
    praktyke, is dikwels nodig om hierdie markmislukkings aan te spreek en
    omgewingsverantwoordelike gedrag aan te moedig. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (Maks. 10)
(ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir blote lys van feite/voorbeelde)

GEVOLGTREKKING

Lande moet verskeie strategieë implementeer om markmislukkings aan te spreek om
omgewingsvolhoubaarheid te verseker. Dit sluit in beleidsingrypings, belegging in
infrastruktuur, bemagtiging van gemeenskappe en individue en internasionale
samewerking. 
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord.)                                   (Maks. 2)
                                                                                           [40]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                              TOTAAL:      150

                                             25

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
