# Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/6d340ca7-52c9-414f-a1c6-b17e57126968
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/6d340ca7-52c9-414f-a1c6-b17e57126968)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
              -

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
           2024
            10732

          EKONOMIE

         (VRAESTEL 2)

                        TYD:     2 uur

                        PUNTE: 150

                        14 bladsye

                                         b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                             2
                                               (VRAESTEL 2)              10732/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

     AFDELING A:      VERPLIGTEND
     AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
     AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.   Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste
     hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE.

3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

4.   Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.

5.   Lees die vrae aandagtig deur.

6.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.   Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae.

8.   Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
     konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.   Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                3
                                                 (VRAESTEL 2)                 10732/24

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1   Wanneer een oligopolie reageer op prysverlagings van ander
              oligopolieë, staan dit bekend as ...

              A    volmaakte mededinging.
              B    ŉ winsopslag.
              C    ŉ prysoorlog.
              D    ŉ prysuitdaging.

      1.1.2   Die koste wat besighede aangaan wanneer daar geen produksie
              plaasvind nie, word ... -koste genoem.

              A    vaste
              B    veranderlike
              C    eenheids
              D    marginale

      1.1.3   Voorstelle oor strawwe teen besighede wat hulle aan beperkende
              sakepraktyke skuldig maak, word aan die Mededingings- ... gemaak.

              A    appèlhof
              B    kommissie
              C    raad
              D    tribunaal

      1.1.4   ŉ Markinmenging wat die produksiekoste vir die produsente verlaag,
              staan bekend as ŉ …

              A    subsidie.
              B    beskerming.
              C    belasting.
              D    borg.

      1.1.5   Die VPIX-indeks is die inflasiekoers wat rentekoerse op ... uitsluit.

              A    tesourie-effekte
              B    verbandlenings
              C    staatseffekte
              D    munisipaliteitseffekte

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        EKONOMIE                                 4
                                        (VRAESTEL 2)               10732/24

1.1.6   ŉ Suid-Afrikaner wat na Frankryk reis om na die Rugbywêreldbeker te
        kyk, is ŉ voorbeeld van ŉ ... toeris.

        A    besigheids-
        B    mediese
        C    uitgaande
        D    inkomende

1.1.7   Die konstante afname in die algemene prysvlak word ... genoem.

        A    hiperinflasie
        B    rentekoerse
        C    disinflasie
        D    deflasie

1.1.8   Die vrystelling van afvalmateriaal in die omgewing staan bekend as …

        A    agteruitgang.
        B    besoedeling.
        C    bewaring.
        D    volhoubaarheid.                                           (8 x 2)   (16)

                                                                                     b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                    5
                                               (VRAESTEL 2)                  10732/24

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs
      die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1   Verlies minimalisering A    gemiddelde koste (GK) is groter as die
                                          markprys
      1.2.2   Ekonomiese verlies
                                      B   reisigers wat wil leer oor terreine van groot
      1.2.3   Produk differensiasie       argeologiese belang

      1.2.4   Indeksering             C   koste vasgestel of beheer deur die
                                          regering
      1.2.5   Prysplafon
                                      D   aanpassing vir die uitwerking van inflasie,
      1.2.6   Stagflasie                  lewenskoste of insetpryse oor tyd

      1.2.7   Paleo-toerisme          E   verskille kan denkbeeldig wees, net die
                                          handelsname verskil
      1.2.8   Geadministreerde
              pryse                   F   wanneer GI tussen die afsnypunt en
                                          gelykbreekpunt is

                                      G inflasie word veroorsaak deur ŉ toename in
                                        geldvoorraad wat ŉ toename in totale
                                        aanbod veroorsaak

                                      H   die hoogste bedrag waarteen goedere en
                                          dienste verkoop kan word

                                      I   die kombinasie van hoë verbruikersprys-
                                          stygings en lae ekonomiese groei
                                                                                 (8 x 1)   (8)

                                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                6
                                               (VRAESTEL 2)               10732/24

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   ŉ Kromme met ŉ boonste elastiese gedeelte en ŉ onderste onelastiese
              gedeelte

      1.3.2   Die markprys waarteen die hoeveelheid goedere aangebied gelyk is
              aan die hoeveelheid goedere gevra

      1.3.3   Die laagste bedrag van die vergoeding wat van ŉ werkgewer vereis
              word om werkers te betaal vir die werk wat gedurende ŉ gegewe
              tydperk verrig is

      1.3.4   Toerisme-aktiwiteite wat saam deur die regering en die privaatsektor
              befonds en bedryf word

      1.3.5   ŉ Maatstaf wat die koers van verandering in die verkoopprys van
              produkte wanneer dit die fabriek verlaat

      1.3.6   Betaling gemaak deur die regering aan besighede om aktiwiteite wat
              negatiewe eksternaliteite op die omgewing veroorsaak te verminder
                                                                             (6 x 1)   (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:             30

                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                   7
                                                (VRAESTEL 2)                10732/24

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1    Noem TWEE kenmerke van die vraagkurwes van ’n volmaakte mark.                (2)

     2.1.2    Waarom verkies produsente/besighede ander markstrukture bo
              volmaakte mededinging?                                                       (2)

2.2 Bestudeer die volgende teks en beantwoord die vrae wat volg.

        SIBANYE SE HUB WAARSKU TEEN PLATINUMMYN-WERKSVERLIESE
                           NAMATE PRYS DAAL
                                            Volgens Sibanye se HUB Neal Froneman,
                                            “kan die sluiting van sommige van die
                                            mynbedrywighede wat tot verliese kan lei,
                                            nodig wees om winsgewend te bly en die
                                            meerderheid van die mynposte te behou”.

                                            Sibanye het platinummyne in Suid-Afrika
                                            en het sowat 85 000 werkers in diens.

                                            Alhoewel pryse vir platinummetale kan
                                            herstel, is dit onwaarskynlik dat dit die
                                            myne sal red wat slegs winsgewend was
                                            tydens rekordhoë pryse.

                                                [Aangepas uit www.engineeringnews.co.za]

      2.2.1    Identifiseer die oorsaak van werksverliese by platinummyne, volgens die
               artikel.                                                                    (1)

      2.2.2    Noem die tipe koste wat gebruik word om die sluitingspunt van ŉ
               onderneming onder volmaakte mededinging te bepaal.                          (1)

      2.2.3    Beskryf kortliks die term korttermyn aanbodkurwe.                           (2)

      2.2.4    Hoe beïnvloed die platinumprys die afsluitingspunt besluit van
               platinummyne?                                                               (2)

      2.2.5    Hoe kan die Sibanye-myne verseker dat hul bedrywighede voortgaan
               tydens ŉ platinumprysineenstorting?                                         (4)

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                           8
                                                    (VRAESTEL 2)            10732/24

2.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                    PRODUKSIE MOONTLIKHEIDSKURWE
                                    GRENS EN ONVERSKILLIGHEID

                      Kaasburgers
                                                               D

                                                     B

                                        A
                                                           C

                                            Mobiele Data

      2.3.1   Identifiseer die produksie ondoeltreffende punt op die grafiek hierbo.    (1)

      2.3.2   Noem EEN oorsaak van produksie ondoeltreffendheid.                        (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die term pareto doeltreffendheid.                        (2)

      2.3.4   Verduidelik waarom allokasie ondoeltreffendheid tot die vermindering
              in die welsyn van verbruikers lei.                                        (2)

      2.3.5   Wat is die impak van produksie ondoeltreffendheid op die koste en
              mededingendheid van ŉ besigheid?                                          (4)

2.4   Verduidelik, met behulp van ŉ grafiek, die afleiding van die vraagkurwe vir ŉ
      individuele onderneming in die volmaakte mark.                                    (8)

2.5   Hoe kan nie-markkoste, soos omgewingskoste of sosiale impak, ingesluit word
      wanneer ŉ KVA uitgevoer word?                                                     (8)
                                                                                       [40]

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE                                             9
                                                          (VRAESTEL 2)                          10732/24

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1    Noem enige TWEE internasionale protokolle, oor die omgewing,
               tussen 1990 en 2016.                                         (2 x 1)                            (2)

      3.1.2    Hoe dra toerisme by tot klimaatsverandering?                                         (1 x 2)    (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                                      TOERISMEPROGRAMME

                               Ons regering weet dat plaaslike en internasionale toeriste wat Suid-Afrika
                               besoek bydra tot werkskepping. Vir elke 8 toeriste wat die land besoek,
                               word een werksgeleentheid geskep.
                               Daar is programme wat mense oplei in die vaardighede wat verband hou
                               met toerisme, soos toergidse, wildbewaarders en natuurbewaarders. Daar
                               is ook toerismeprogramme wat klein besighede help om te ontwikkel en te
                               verbeter.

              Toerisme bied geleenthede vir baie van ons om so ons lewens te
              verbeter. Sommige mense is opgelei as plaaslike toergidse en
              sommige het bed-en-ontbyt gastehuise of restaurante begin.
              Ander verkoop kuns en handewerk aan toeriste.

                                                                   [Aangepas uit vukuzenzele.gov.za]

      3.2.1    Identifiseer EEN geleentheid wat toerisme geskep het om
               entrepreneurskap in Suid-Afrika te ontwikkel.                                                   (1)

      3.2.2    Noem EEN loopbaan wat verband hou met toerisme.                                                 (1)

      3.2.3    Beskryf kortliks die term transito-toeris.                                                      (2)

      3.2.4    Hoe word toerisme internasionaal deur Suid-Afrika bemark?                                       (2)

      3.2.5    Hoe kan toerisme geslagsongelykheid in Suid-Afrika verminder?
                                                                                                     (2 x 2)   (4)

                                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                     10
                                                  (VRAESTEL 2)                   10732/24

3.3   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

              Prys-
              vlak                                           TA2
                                                                           TA1

                P2

                P1

                                                                  TV

                                          Y2       Y1            Reële uitset

                                                                     [Bron: Forbesindia.com]

      3.3.1    Identifiseer die oorsaak van inflasie in die grafiek hierbo.                     (1)

      3.3.2    Noem die tipe inflasie wat hoogs wisselvallige pryse uitsluit.                   (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term allesomvattende inflasie.                              (2)

      3.3.4    Beskryf die effek van inflasie op arbeidsonrus.                                  (2)

      3.3.5    Verduidelik die effek van inflasionêre verwagtinge op produsente.
                                                                               (2 x 2)          (4)

3.4   Onderskei tussen fiskale maatreëls en monetêre maatreëls om inflasie te
      bekamp.                                                                 (4 x 2)           (8)

3.5   Wat is die impak van wisselkoerse op toerisme?                                            (8)
                                                                                               [40]

                                                                                                b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                     11
                                                (VRAESTEL 2)                  10732/24

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE SAKE
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem enige TWEE wêrelderfenisgebiede.                               (2 x 1)     (2)

      4.1.2   Hoe dra die onvolmaakte verdeling van inkomste en welvaart by tot
              markmislukkings?                                                                (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande tekenprent en beantwoord die vrae wat volg.

                            DIE ANDER GROEN FINANSIES

                                                                      HOË
                                                                   FINANSIES!

      Labat Africa het goedkeuring ontvang om die implementering van verskeie
      daggaverwante produkte te bespoedig.
                                                   [Aangepas uit https://cisp.cachefly.ne]

      4.2.1   Identifiseer die instelling in die tekenprent wat met ŉ volmaakte mark
              ooreenstem.                                                                     (1)

      4.2.2   Noem EEN tipe belasting wat op daggaverwante produkte gehef kan
              word.                                                                           (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term markregulasies.                                       (2)

      4.2.4   Verduidelik waarom ŉ belasting op dagga kan help om oorverbruik/
              misbruik te voorkom sonder enige wettige beperkings.                            (2)

      4.2.5   Evalueer die eksternaliteite van die wettiging van dagga op die Suid-
              Afrikaanse ekonomie.                                                            (4)

                                                                                              b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                      12
                                                  (VRAESTEL 2)                  10732/24

4.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                      INFLASIEDILEMMA OOR REIS EN TOERISME

      Nadat hulle tydens die koronavirus (COVID-19) pandemie deur inperkings getref
      is, word die bedrywe wat algemeen met die reis- en toerismesektor geassosieer
      word, deur wêreldwye inflasie geraak. Die ekonomiese impak van die Rusland-
      Oekraïne-oorlog en onderbrekings in die aanbod/voorsieningsketting het bygedra
      tot die stygende prys van wêreldwye maandelikse ru-olie en die styging in energie-
      en voedselkoste. Oor die algemeen, veroorsaak hierdie omstandighede ŉ
      toename in reisverwante koste en verminder die koopkrag van toeriste.
                                    [Aangepas uit Statista Research Department, Okt 20, 2023]

      4.3.1   Identifiseer EEN negatiewe impak van inflasie op toerisme uit die
              uittreksel hierbo.                                                                 (1)

      4.3.2   Noem EEN ander oorsaak vir die afname in toerisme behalwe inflasie.                (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term kulturele diversiteit.                                   (2)

      4.3.4   Beskryf die effek van toerisme op infrastruktuurontwikkeling.                      (2)

      4.3.5   Hoe kan inheemse kennisstelsels bydra tot die bevordering van
              toerisme?                                                     (2 x 2)              (4)

4.4   Verduidelik hoe prys en uitset onder monopolistiese mededinging bepaal word.               (8)

4.5   Hoe word plaaslike mense in gewilde toeristegebiede gemarginaliseer?                       (8)
                                                                                                [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              80

                                                                                                 b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                             13
                                                (VRAESTEL 2)              10732/24

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                          PUNTE-
                    STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                        TOEKENNING
  Inleiding

  Die inleiding is ŉ laer-orde reaksie.
   ŉ Goeie beginpunt sou wees om die hoofkonsep wat met die
     vraagonderwerp verband hou te definieer.
                                                                          Maks. 2
   MOENIE enige deel van die vraag in die inleiding insluit NIE.
   MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal
     NIE.
   Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
     bespreek.
  Liggaam

  Hoofdeel: Bespreek in detail/In-diepte bespreking/Ondersoek/
  Krities bespreek/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
  Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik       Maks. 26
  die grafiek wat gegee is en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/
  Assesseer/Debateer
  ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/ voorbeelde
  toegeken word.

  Bykomende deel: Krities bespreek/Evalueer/Krities evalueer/
  Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                         Maks. 10
  ŉ Maksimum van 2 punte mag vir die blote lys van feite
  toegeken word.
  Gevolgtrekking

  Enige gevolgtrekking van hoër orde moet insluit:
     ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
      reeds genoem is, te herhaal
                                                                          Maks. 2
     Enige mening of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
     Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/
      analise te versterk
     ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
     Aanbevelings
                                                          TOTAAL            40

                                                                                      b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE                                 14
                                               (VRAESTEL 2)                10732/24

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig die verskillende kort-termyn wins- en verliesmoontlikhede van
    die monopolie met behulp van grafieke. Verduidelik kortliks die langtermyn-
    ewewig sonder die gebruik van grafieke.                                      (26)

   Waarom lei die monopolie markstruktuur dikwels tot ondoeltreffende markte? (10)     [40]

VRAAG 6:    KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek volledig die volgende probleme en die internasionale maatreëls wat
    getref is om volhoubare ontwikkeling te verseker:

       Biodiversiteit (8 punte)
       Chemiese afval (6 punte)
       Klimaatsverandering (6 punte)
       Inheemse kennis (6 punte)                                               (26)

   Bespreek krities waarom die mark nie daarin slaag om omgewingsvolhoubaarheid
    te verseker nie.                                                        (10)        [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                           TOTAAL:      150

                                          EINDE

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr
- [Economics 2023 FS Prelim P1 QP](https://www.hlayiso.com/library/economics-2023-fs-prelim-p1-qp/4df62619-23c8-4a72-9f11-2679cd92b0ad) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
