# Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)

> Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/015826f6-8d9c-4dfe-9d12-43f8f46afded
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/015826f6-8d9c-4dfe-9d12-43f8f46afded)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 JUNIE EKSAMEN
                   GRAAD 12

                        2024
                 NASIENRIGLYNE

                      EKONOMIE

                     (VRAESTEL 2)

24 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)          GR12 0624

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

   1.1.1   A – ŉ Vermindering in arbeid benodig 

   1.1.2   B – Minimalisering van koste 

   1.1.3   C – negatiewe eksternaliteite. 

   1.1.4   D – GI ≥ MI 

   1.1.5   A – het ŉ negatiewe helling. 

   1.1.6   B – Monopolistiese mededinging  A, B Or C

   1.1.7   D – firmas is prysnemers. 

   1.1.8   C – toeneem                                                     (8 x 2)   (16)

1.2 PAS ITEMS

   1.2.1   I – die doeltreffende verspreiding van hulpbronne om aan die voorkeure
               van verbruikers te voldoen 

   1.2.2   D – kan nie tussen nywerhede oorgedra word nie 

   1.2.3   A – Al die kostes gedeel deur die hoeveelheid uitset wat geproduseer
               word 

   1.2.4   G – strawwe mededinging verhoed langtermyn ekonomiese wins 

   1.2.5   H – ŉ stelsel waar die rykes meer betaal, en lae-inkomste verdieners
               minder betaal 

   1.2.6   B – vind plaas wanneer twee of meer firmas in dieselfde bedryf informeel
               ooreenkom om die mark te beheer 

   1.2.7   C – koste wat nie verhaal kan word sodra dit aangegaan is nie 

   1.2.8   F – die strewe na inkomste deur aktiwiteite wat geen bykomende waarde
               skep nie                                                   (8 x 1)      (8)

                                               2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)       GR12 0624

1.3 GEE DIE TERM

   1.3.1   Koste-voordeel-analise 

   1.3.2   Ontbrekende markte/Verlore 

   1.3.3   Advertensies/Bemarking 

   1.3.4   Oligopolie/ Duopolie 

   1.3.5   Dooiegewig verlies/Sosiale verlies/welvaarts verlies 

   1.3.6   Markstrukture                                                   (6 x 1)   (6)

                                                            TOTAAL AFDELING A:        30

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)         GR12 0624

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem TWEE kenmerke van ŉ vraagkromme van besigheid in ŉ
              volmaak mededingende mark.
              Dit is volmaak elasties. 
              Dit is ŉ horisontale lyn. 
              Dit is dieselfde as die marginale inkomstekromme. 
              Dit is identies aan die markprys. 
              Dit is dieselfde as die Gemiddelde Inkomste kurwe. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)   (2 x 1)               (2)

      2.1.2   Waarom is prysdiskriminasie nie moontlik vir firmas in ŉ
              volmaakte mark nie?
              In ŉ volmaakte mark kan firmas nie hul pryse bo die markprys verhoog
              sonder om al hul kliënte aan mededingers te verloor nie, gevolglik sal
              firmas nie in staat wees om by prysdiskriminasie betrokke te raak
              nie. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)               (1 x 2)   (2)

2.2   DATARESPONS

      2.2.1   Hoe sal die voëlgriep-uitbraak die markaanbod van eiers beïnvloed?
              • Negatief 
              • Die aanbod van eiers sal afneem 
              • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
              • Aanvaar slegs die term                                                   (1)

      2.2.2    Wat is die effek van die griep-uitbrekaak op eierpryse?
              • Daar sal ŉ styging in pryse wees. 
              • (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
              • Aanvaar slegs die term                                                   (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term marginale produk.
              Marginale produk is die bykomende eenheid van uitset wat
              geproduseer word as nog een eenheid van die inset gebruik word. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

      2.2.4   Verduidelik hoekom eiers ŉ homogene produk is.
              Eiers is tipies eenvormig in hul basiese eienskappe soos grootte, vorm
              en graad. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

                                               4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 2)          GR12 0624

      2.2.5   Hoe beïnvloed fluktuasies in die markprys van eiers die inkomste
              van kleiner produsente?
              • Kleiner plaaslike produsente werk dikwels met nouer winsmarges
                  in vergelyking met groter kommersiële produsente. 
              • Fluktuasies in eierpryse kan hierdie winsmarges direk
                  beïnvloed. 
              • As pryse daal, kan dit winste knou of selfs tot verliese lei vir kleiner
                  produsente wat dalk nie dieselfde skaalvoordele of hulpbronne het
                  om sulke veranderinge te absorbeer nie. 
              • Kleiner produsente kan uitdagings in die gesig staar om te
                  kompeteer met groter, meer gevestigde eierprodusente gedurende
                  tydperke van prysskommelings. 
              • Groter produsente het dikwels meer hulpbronne, doeltreffendheid
                  en bedingingsmag, wat hulle in staat stel om markveranderinge
                  beter te hanteer. 
              • Inkomstewisselvalligheid as gevolg van prysskommelings kan die
                  finansiële stabiliteit van kleiner produsente beïnvloed. 
              • Dit kan hul vermoë om te belê in toerustingopgraderings,
                  tegnologie of uitbreiding beïnvloed, wat hul langtermyn
                  lewensvatbaarheid beperk. 
              • Wanneer die markprys van eiers styg, kan kleiner produsente hoër
                  inkomste verdien vir elke eenheid eiers wat verkoop word. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (4)

2.3   DATARESPONS

      2.3.1   Identifiseer die mededingingsinstelling met die hoogste gesag.
              Die Mededingingsappèlhof                                                    (1)

      2.3.2   Gee EEN doelwit van die Mededingingswet.
              • Bevorder die doeltreffendheid van die ekonomie 
              • Voorsien verbruikers van mededingende pryse en ŉ
                  verskeidenheid produkte 
              • Bevorder indiensneming 
              • Moedig Suid-Afrika aan om aan wêreldmarkte deel te neem en
                  buitelandse mededinging in Suid-Afrika te aanvaar 
              • Stel KMMO's in staat om aan die ekonomie deel te neem 
              • Laat die voorheen benadeeldes toe om hul eienaarskap van
                  besighede te vergroot 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                           (1)

                                                5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                NASIENRIGLYNE
                                                        (VRAESTEL 2)         GR12 0624

2.3.3   Beskryf kortliks die term mededinging.
        Mededinging verwys na die wedywering tussen maatskappye in die
        bepaling van markpryse. 
        (Aanvaar enige ander korrekte antwoord.)                                  (2)

2.3.4   Verduidelik die rol van die mededingingskommissie met
        betrekking tot die wisselkoers manipulasie saak.
        • Dit ondersoek beperkende sakepraktyke, die misbruik van
            dominante posisies en samesmeltings om billikheid en
            doeltreffendheid in die Suid-Afrikaanse ekonomie te bereik. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                        (2)

2.3.5   Hoe kan die manipulasie van die wisselkoers besighede raak wat
        op wêreldmarkte meeding?
        • Wisselkoersmanipulasie kan lei tot fluktuasies in die koste van
            produksie. 
        • Veranderinge in wisselkoerse kan die pryse van ingevoerde
            grondstowwe, komponente of voltooide goedere beïnvloed, wat ŉ
            onderneming se kostestruktuur beïnvloed. 
        • Dit kan winsmarges en mededingendheid beïnvloed. 
        • ŉ Gemanipuleerde wisselkoers kan uitvoermededingendheid
            beïnvloed deur ŉ firma se produkte meer of minder duur te maak
            in vergelyking met dié van mededingers van ander lande. 
        • Wisselkoersmanipulasie verhoog valutaverwante risiko's,
            maatskappye sal dalk meer verskansingstrategieë moet gebruik
            om die risiko's te versag. 
        • Valuta onsekerhede as gevolg van manipulasie kan ondernemings
            afskrik of aanmoedig om buitelandse beleggings te maak. 
        (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)              (2 x 2)   (4)

                                        6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                   (VRAESTEL 2)           GR12 0624

2.4   Teken ŉ korrek benoemde grafiek en verduidelik hoe die aanbodkromme
      van kostekrommes afgelei word.

                                 KORTTERMYN AANBOD

                                                                     
                                                           
                                                                                      

                                                                             

           Korrekte tekening(vorm) en byskrifte van MK = 1 punt
           Korrekte tekening(vorm) en byskrifte van GVK = 1 punt
           Korrekte aanduiding en etikettering van sluitingspunt = 1 punt
           Korrekte aanduiding en etikettering van aanbodkurwe punt = 1 punt
           (Enige aanduiding soos bv. ‘n donker kurwe)
           Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt
                                                                          (Maks. 4)

      •   Die korttermyn aanbodkromme van ŉ individuele produsent is daardie deel
          van die marginale kostekromme wat bo die minimum gemiddelde
          veranderlike koste is. 
      • Dit begin vanaf die sluitpunt opwaarts. 
      • Onder die sluitpunt sal die firma geen goedere verkoop nie. 
      • ŉ Firma sal goedere verkoop as die prys bo die sluitingspunt prys vlak
          is. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                  (Maks. 4)
      (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.)                (8)

                                                 7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)         GR12 0624

2.5   Hoe verander die helling van die totale kostekurwe in verhouding tot
      veranderinge in die uitsethoeveelheid geproduseer?
      • Aanvanklik, soos die hoeveelheid uitset toeneem, is die helling van die
          totale aanbodkurwe geneig om relatief plat of vlak te wees. 
      • Dit dui op ŉ fase van toenemende marginale opbrengste ekonomie van
          skaal. 
      • Soos produksie voortduur, begin die totale kostekurwe helling steiler
          opwaarts neig. 
      • Dit vind plaas wanneer die produksie ŉ punt van dalende marginale
          opbrengste/disekonomie van skaal bereik. 
      • In hierdie stadium, lei die byvoeging van meer eenhede van inset tot
          kleiner en kleiner toenames in uitset. 
      • As gevolg hiervan neem die totale koste teen ŉ toenemende tempo toe,
          wat lei tot ŉ steiler helling van die TC-kromme. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite/voorbeelde.)         (8)
                                                                                      [40]

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

3.1   Antwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Gee enige TWEE voorbeelde van eksplisiete koste.
              • Betaling van salarisse/lone. 
              • Betaling vir huur. 
              • Betalings vir Grondstowwe. 
              • Betaling van nutsdienste. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (Enige 2)    (2)

      3.1.2   Hoe beïnvloed samespanning die globale mededingendheid van
              Suid-Afrikaanse besighede?
              • Samespanning is geneig om mededingende druk te verminder wat
                  lei tot ŉ verminderde aansporing vir besighede om doeltreffend te
                  werk en te innoveer. 
              • Wanneer maatskappye saamspan om pryse vas te stel, betaal
                  verbruikers uiteindelik meer vir goedere en dienste. Hoër pryse
                  kan Suid-Afrikaanse produkte minder aantreklik maak op die
                  wêreldmark, veral as mededingers soortgelyke produkte teen ŉ
                  meer mededingende prys kan aanbied. 
              • Samespanning is onwettig en kan tot regsgevolge lei, Suid-
                  Afrikaanse besighede wat by samespanningspraktyke betrokke is,
                  kan boetes, regstappe of skade aan hulle korporatiewe beeld in
                  die gesig staar, wat hul vermoë om wêreldwyd mee te ding verder
                  beïnvloed. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (Maks. 2)    (2)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)         GR12 0624

3.2   Dataresponse

      3.2.1   Identifiseer die staatsonderneming wat in die spotprent hierbo
              uitgebeeld word.
              Suid-Afrikaanse Lugdiens/SAL                                            (1)

      3.2.2   Noem die markstruktuur waaronder dit funksioneer.
              Oligopolie                                                              (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term openlike/eksplisiete samespanning.
              Verwys na ŉ situasie waarin ondernemings in ŉ bedryf hul optrede
              openlik en direk koördineer om gemeenskaplike doelwitte te bereik
              wat tipies daarop gemik is om gesamentlike winste te maksimeer. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                       (2)

      3.2.4   Hoekom is dit moeilik vir nuwe firmas om die lugrederybedryf te
              betree?
              • Om ŉ lugredery te begin vereis aansienlike voorafkoste vir die
                  aankoop of huur van ŉ vliegtuig, voldoening aan veiligheids- en
                  regulatoriese vereistes asook die opstel van infrastruktuur.
                  Hierdie hoë kapitaalvereistes dien as ŉ beduidende hindernis vir
                  nuwe toetreders. 
              • Gevestigde lugrederye kan voorkeurtoegang tot uitstekende
                  lughawegleuwe en fasiliteite hê. Die beveiliging van
                  landingsgleuwe en toegang tot sleutellughawens kan moeilik
                  wees vir nuwe toetreders, wat hul vermoë beperk om gerieflike
                  skedules aan te bied en hul roetenetwerk uit te brei. 
              • Bestaande lugrederye is reeds wel gevestig met beide kliënte.
                  Nuwe firmas sal kliënte moet lok met lae tariewe wat
                  vliegkaartjies se pryse kan beïnvloed 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)           (Maks. 2)   (2)

      3.2.5   Watter impak sou die ineenstorting van die lugdiens op die Suid-
              Afrikaanse ekonomie hê?
              • Die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Lugdiens kan
                  wydverspreide werkverliese tot gevolg hê, wat tot hoër
                  werkloosheidsyfers bydra. 
              • Die SAL is deel van die breër lugvaartaanbodsketting, insluitend
                  vliegtuigvervaardigers, instandhoudingsverskaffers en
                  diensverskaffers. Die ineenstorting van die lugredery kan hierdie
                  onderling gekoppelde voorsieningskettings ontwrig, wat verskeie
                  besighede sou raak en moontlik tot werkverliese in verwante
                  bedrywe lei. 
              • Die SAL speel ŉ deurslaggewende rol in die koppeling van
                  plaaslike en internasionale bestemmings, wat toerisme
                  vergemaklik. Die ineenstorting van die lugredery kan lei tot
                  verminderde toeganklikheid wat moontlik die toerismebedryf en
                  verwante sektore soos die gasvryheids- en reisdienste sou
                  beïnvloed. 

                                             9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                                (VRAESTEL 2)           GR12 0624

               •   Die SAL is betrokke by die vervoer van hoëwaarde, tydsensitiewe
                   goedere. Die ineenstorting van die lugredery kan die vervoer van
                   goedere ontwrig, handel beïnvloed en moontlik lei tot verhoogde
                   koste vir besighede wat op lugvragdienste staatmaak. 
               • Die Suid-Afrikaanse regering kan belastinginkomste na ander
                   projekte herlei in plaas daarvan om die SAL te red. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)       (Maks. 2 x 2)      (4)

3.3   Dataresponse

      3.3.1    Noem die aard van produkte in die mark soos hierbo geïllustreer
               word.
               Gedifferensieerde produkte                                                 (1)

      3.3.2.   Noem EEN ander industrie wat in hierdie markstruktuur
               bedrywig is.
               • Fiksheidsentrums 
               • Verbruikers-elektronika, bv. Apple, Samsung, Sony, Hisense 
               • Hotelle en Gasvryheid 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (1)

      3.3.3    Beskryf kortliks die term nie-prys mededinging.
               Dit verwys na ŉ situasie waarin besighede meeding op grond van
               ander faktore as die prys van hul produkte of dienste. 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

      3.3.4    Waarom is monopolistiese mededingende besighede huiwerig
               om op grond van pryse mee te ding?
               • Produkte in ŉ monopolistiese mededinging het dikwels elastiese
                   vraag wat beteken dat veranderinge in pryse ŉ beduidende
                   impak het op die hoeveelheid gevra wat inkomste verminder as
                   gevolg van verminderde verkoopsvolume. 
               • Maatskappye in die mark kan huiwerig wees om
                   prysmededinging te begin om te verhoed dat prysoorloë met
                   mededingers ontketen word. Prysoorloë kan nadelig wees vir die
                   betrokke firmas, wat sal lei tot laer winste en potensiële finansiële
                   onstabiliteit.                                           (Maks. 2)
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                          (2)

                                               10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                     EKONOMIE
                                                           NASIENRIGLYNE
                                                                                     (VRAESTEL 2)     GR12 0624

      3.3.5                        Verduidelik kortliks waarom daar gesê word dat besighede in die
                                   mark toewysingsondoeltreffend is.
                                   • Ondernemings in monopolistiese mededinging werk dikwels met ŉ
                                       oormaat kapasiteit omdat hulle minder produseer as die uitsetvlak
                                       wat die gemiddelde totale koste sal verminder. Hierdie
                                       onderbenutting van hulpbronne lei tot allokatiewe
                                       ondoeltreffendheid aangesien die firmas nie produseer op die punt
                                       waar marginale koste gelyk is aan marginale inkomste nie. 
                                   • In monopolistiese mededinging het firmas ŉ mate van markmag,
                                       wat hulle in staat stel om pryse bo hul marginale koste te stel.
                                       Hierdie opslag tussen prys en marginale koste lei tot ŉ afwyking
                                       van die toewysingsdoeltreffende prys, wat lei tot ŉ suboptimale
                                       toewysing van hulpbronne in die ekonomie. 
                                   • Besighede in monopolistiese mededinging belê dikwels baie in
                                       advertensies om handelsmerklojaliteit te skep en hul produkte te
                                       onderskei. Hierdie advertensie-uitgawes kan gesien word as ŉ
                                       vorm van verkwistende mededinging en kan hulpbronne weglei
                                       van meer produktiewe gebruike, wat bydra tot allokatiewe
                                       ondoeltreffendheid. 
                                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                       (4)

3.4   Teken ŉ goed benoemde grafiek om ekonomiese winste vir ŉ monopolie
      mark te illustreer.

                                                        EKONOMIESE WINS

                                                                        MK 

        Prys/Koste/Inkomste
                                                                         GK 
                                                    L
                              P1
                                              

                                                    N
                              C                                           GI = W

                                                    e                               
                                                         MI                            GI

                                   0             Q1                            Hoeveelheid 

                                                                   11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)           GR12 0624

      •   Etikettering op as 1-punt as(Q1, 0, P1, C1) 
      •   Korrekte etikettering van as 1-punt
      •   Korrekte tekening en etikettering van die MK 1-punt
      •   Korrekte tekening en etikettering van die GK in verhouding tot GI 1-punt
      •   Aanduiding van wins maksimalisering (MK = MI) 2 punte
      •   Korrekte posisie/skadu van ekonomiese wins 2 punte
      •   Korrekte tekening en etikettering van GI 1 punt                                (8)

3.5   Ontleed die verband wat bestaan tussen marginale inkomste (MI) en
      gemiddelde inkomste (GI) vir ŉ monopolistiese mededingende mark.
      • Vir ŉ monopolisties mededingende firma wat ŉ afwaartse-hellende
          vraagkromme in die gesig staar, lê die marginale inkomstekromme onder
          die vraagkromme. 
      • MI is minder as prys (P) omdat die firma die prys moet verlaag om
          bykomende eenhede te verkoop. 
      • GI is altyd groter of gelyk aan MI in monopolistiese mededingende
          markte. 
      • Die graad van differensiasie kan die gaping tussen MI en GI beïnvloed
          differensiasie laat toe vir ŉ kleiner gaping en meer beheer oor prys. 
      • Monopolies mededingende firmas poog om wins te maksimeer waar MI
          gelyk is aan marginale koste (MK). Aangesien MI minder as P is, produseer
          die firma waar MI MK sny, en die ooreenstemmende prys is hoër as die
          marginale koste. 
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                                  (8)
                                                                                         [40]

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

4.1   Antwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem TWEE tipes goedere wat deur die regering verskaf word.
               • Openbare goedere 
               • Gemeenskapsgoedere 
               • Kollektiewe goedere 
               • Meriete goedere 
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)          (2 x 1)        (2)

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)         GR12 0624

      4.1.2   Hoe lei direkte beheer tot die wantoewysing van hulpbronne
              ondoeltreffendheid?
              • Gesentraliseerde stelsels kan sukkel om vinnig aan te pas by
                  veranderende ekonomiese toestande, tegnologiese vooruitgang of
                  verskuiwings in verbruikersvoorkeur. Hierdie onbuigsaamheid kan
                  daartoe lei dat hulpbronne aan verouderde of ondoeltreffende
                  projekte toegewys word. 
              • Gesentraliseerde beheer behels dikwels die toepassing van ŉ
                  eenvormige beleid oor diverse streke of sektore. Verskillende streke
                  en nywerhede kan egter unieke behoeftes en toestande hê. ŉ Een-
                  grootte-pas-almal-benadering kan lei tot wantoedeling aangesien dit
                  nie die spesifieke vereistes van verskillende gebiede of sektore
                  aanspreek nie. 
              • Sentrale owerhede het dalk nie toegang tot die gedetailleerde en
                  gelokaliseerde inligting wat noodsaaklik is vir doeltreffende
                  hulpbrontoewysing nie. Besluite wat geneem word sonder ŉ
                  duidelike begrip van plaaslike behoeftes, voorkeure en
                  marktoestande kan lei tot wantoedeling. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

4.2   Dataresponse

      4.2.1   Identifiseer die hoeveelheid verskaf indien die prysplafonne
              afgedwing word.
              V1                                                                        (1)

      4.2.2   Noem EEN voordeel van die prysplafon vir motoriste.
              Laer pryse 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term minimum prys.
              ŉ Prys wat bo die ewewigsprys/markprys gestel word om produsente in
              staat te stel om ŉ billike wins te maak. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

      4.2.4   Verduidelik die implikasies van ŉ prysplafon wat bo die markprys
              gestel is.
              • Om ŉ prysplafon bo die markprys te stel, skep geen onmiddellike
                  uitwerking op die mark nie, aangesien die mark reeds teen ŉ prys
                  onder die opgelegde plafon funksioneer.
              • Dit is onrelevant aangesien die prys gewoonlik onder die plafon
                  ingestel word.
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

                                              13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)         GR12 0624

      4.2.5   Hoe kan die voorgestelde prysplafon op loodvrye petrol tot swart
              markte lei?
              • Wanneer die regering ŉ prysplafon instel, skep dit ŉ oormaat vraag
                 na petrol aangesien verbruikers meer brandstof teen die beperkte
                 prys wil koop as wat verskaffers bereid is om te voorsien. 
              • Die tekort aan petrol as gevolg van die prysplafon skep ŉ
                 geleentheid vir sommige individue of entiteite om die situasie uit te
                 buit deur petrol teen die laer wettige prys te koop en dit op die
                 swartmark teen hoër, ongereguleerde pryse te verkoop om munt te
                 slaan uit die skaarsheid. 
              • Die skaarste en groter vraag na petrol kan onwettige aktiwiteite
                 soos smokkelary of ongemagtigde handeldryf aanspoor. 
              • Hierdie situasie stimuleer dikwels onwettige aktiwiteite en die
                 ontstaan van swart markte waar petrol teen pryse hoër as die
                 gereguleerde plafon verkoop word. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4)

4.3   Dataresponse

      4.3.1   Identifiseer EEN metode wat gebruik word wanneer die KBA hierbo
              bereken word.
              Netto Huidige Waarde/NHW                                                  (1)

      4.3.2   Noem die projek laagste ekonomiese koste.
              Stasie A                                                                  (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term maatskaplike voordeel.
              Maatskaplike voordeel verwys na die totale voordeel wat die
              samelewing as geheel. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

      4.3.4   Wat is die uitdaging om die koste-voordeel-analise toe te pas?
              • KVA behels dikwels die maak van subjektiewe oordeel oor die
                  geldwaarde van nie-mark goedere, soos omgewingskwaliteit of
                  menslike lewe. Verskillende belanghebbendes kan verskillende
                  menings hê oor die toepaslike waardes om toe te ken, wat lei tot
                  potensiële vooroordele. 
              • Om huidige waardes aan toekomstige koste en voordele toe te ken,
                  vereis verdiskontering, wat aannames oor die toepaslike
                  verdiskonteringskoers behels. Die keuse van die verdiskonterings-
                  koers kan die resultate aansienlik beïnvloed en sal moontlik nie
                  mettertyd sosiale voorkeure akkuraat weerspieël nie. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                               (VRAESTEL 2)         GR12 0624

      4.3.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die koste-voordeel-analise
              gebruik om markmislukking te voorkom?

              •   Die koste-voordele-analise help om te verseker dat openbare
                  beleggings voldoende voordele genereer om hul koste te regverdig,
                  wat verkwistende besteding en potensiële markmislukking
                  voorkom. 
              • Koste-voordeel-analise sluit die wyer sosiale impak en
                  eksternaliteite in die besluitnemingsproses in, wat nuttig is om
                  besluite te neem soos of die projek moet voortgaan of nie. 
              • KVA help om eksternaliteite te identifiseer. Deur hierdie
                  eksternaliteite te kwantifiseer, kan die regering beleide ontwerp om
                  die koste of voordele op pryse in te sluit en sodoende
                  markmislukking te voorkom. 
              (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (4)

4.4   Bespreek die uitwerking van minimum lone as gevolg van markmislukking.

      Positiewe aspekte van minimum loon.
      • Ondersteuners voer aan dat minimum lone kan help om inkomste-
         ongelykheid aan te spreek deur te verseker dat selfs die laagste besoldigde
         werkers ŉ loon verdien wat hulle in staat stel om in hul basiese behoeftes te
         voorsien. Dit kan lei tot ŉ meer regverdige verdeling van inkomste. 
      • Minimum lone word gesien as ŉ instrument om lae loon werkers uit
         armoede te lig. Deur ŉ vloer op lone te stel, beoog regerings om te verseker
         dat werkers genoeg verdien om noodsaaklike uitgawes te dek, en verminder
         die afhanklikheid op maatskaplike welsynsprogramme. 
      • Voorstaanders voer aan dat wanneer lae loon werkers meer verdien, hulle
         waarskynlik bykomende inkomste aan goedere en dienste sal bestee.
         Hierdie verhoogde verbruikersbesteding kan ekonomiese groei stimuleer,
         wat ŉ positiewe vermenigvuldigingseffek skep. 

      Negatiewe aspekte van minimum loon.
      • Een van die hoofargumente teen minimum lone is dat dit tot werkloosheid
          kan lei, veral onder laag geskoolde werkers. As die minimum loon bo die
          ewewigsloon gestel word wat deur markkragte bepaal word, kan
          werkgewers moontlik nie in staat wees, of onwillig wees, om soveel werkers
          as moontlik aan te stel nie, wat lei tot werkverliese. 
      • Minimum lone kan werksgeleenthede vir intreevlak werkers beperk. Klein
          besighede kan sukkel om hoër lone te bekostig, wat daartoe lei dat hulle hul
          aanstellings verminder of werksure verminder. 
      • Kritici beweer dat minimum lone inmeng met die natuurlike funksionering
          van die arbeidsmark. Hulle voer aan dat lone deur vraag en aanbod bepaal
          moet word, en regeringsingryping deur middel van minimumloonwette
          hierdie proses ontwrig, wat tot ondoeltreffendheid lei. 
      (Ken ŉ maksimum van 4 punte toe vir ŉ blote lys van feite/voorbeelde.)             (8)

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE
                                                            (VRAESTEL 2)        GR12 0624

4.5   Wat is van die onbedoelde gevolge benewens laer produksiekoste, van
      staatsubsidies op die landbousektor?

      •   Regeringsubsidies in die landbousektor is bedoel om boere te ondersteun,
          voedselsekerheid te verseker en landelike ontwikkeling te fasiliteer.
          Subsidies kan egter tot onvoorsiene nagevolge lei. 
      • Subsidies spoor boere dikwels aan om produksie bo die mark-aanvraag te
          verhoog. 
      • Dit kan oorproduksie tot gevolg hê, wat lei tot surplusse in die mark. 
      • Surplusse kan pryse afdruk, wat boere se inkomste negatief beïnvloed en
          bergings- en wegdoen uitdagings vir oortollige produkte skep. 
      • Subsidies kan markseine verwring deur pryse en produksievlakke
          kunsmatig te verander. 
      • Dit kan lei tot ondoeltreffende toewysing van hulpbronne aangesien boere
          kan fokus op gewasse wat gesubsidieer word, eerder as dié met hoër mark
          aanvraag of beter omgewingsgeskiktheid. 
      • Subsidies kan onvolhoubare landboupraktyke aanmoedig. 
      • Sekere gewasse kan oormatige gebruik van kunsmis en plaagdoders maak,
          wat lei tot omgewingsagteruitgang, gronderosie, waterbesoedeling en
          verlies aan biodiversiteit. 
      • Landbou subsidies kan internasionale handel verwring deur binnelandse
          produkte kunsmatig goedkoper te maak, wat tot handelsgeskille met ander
          lande lei. 
      • Gesubsidieerde uitvoere uit een land kan boere in ander nasies
          ondermyn, onregverdige mededinging skep en die globale markdinamika
          beïnvloed. 
      • Subsidies vereis dikwels aansienlike staatsbesteding. Met verloop van tyd
          kan hierdie subsidies staatsbegrotings knou. 
      Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
      (Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir ŉ blote lys van feite/voorbeelde.)          (8)
                                                                                     [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         80

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                      NASIENRIGLYNE
                                                             (VRAESTEL 2)       GR12 0624

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
   Inleiding
   Die inleiding is ŉ laerorde response.
   • ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat met die
        vraag onderwerp verband hou te definieer.
                                                                            Maks. 2
   • MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.
   • MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
   •    Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
        bespreek.
   Liggaam

   Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/
   Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
   Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die     Maks. 26
   gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Beoordeel/
   Debatteer
   ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken
   word.

   Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
   Debatteer/Lei af Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                            Maks. 10
   ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van
   feite.
   Afsluiting

   Enige hoërorde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
   • ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
       reeds genoem is te herhaal
                                                                            Maks. 2
   • Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
   • Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
       versterk
   • ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
   •   Aanbevelings
   TOTAAL                                                                     40

                                               17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                                     EKONOMIE
                                          NASIENRIGLYNE
                                                                     (VRAESTEL 2)             GR12 0624

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek in detail die verskeie ewewigsposisies van ŉ firma in ŉ volmaakte
    mark met behulp van grafieke.                                         (26)
•   Hoe beïnvloed die druk van mededinging in ŉ volmaakte mark die etiese
    gedrag van firmas?                                                    (10)

INLEIDING

Die individuele besigheid kan ŉ ekonomiese wins, ekonomiese verlies of normale wins
in die korttermyn maak. Daar word na hulle verwys as korttermyn-ewewigsposisies. Op
die lang termyn sal die individuele besigheid altyd normale wins maak. 
(Aanvaar enige ander geskikte inleiding.)                                  (Maks. 2)

EKONOMIESE WINS

                                Korrekte posisionering en etikettering van kostekurwes = 1 punt
                                Korrekte posisionering en etikettering van inkomstekurwes = 1
                                punt Aanduiding van ekonomiese winsgebied = 1 punt
                                Etikettering op asse = 1 punt
                                Etikettering van asse = 1 punt
                                                                                      Max 4 marks
•   Ekonomiese wins is die wins wat gemaak word bykomend tot die normale wins / Wanneer
    die gemiddelde inkomste groter is as die gemiddelde koste, maak die firma ekonomiese
    wins. 
•   Die firma produseer op punt e waar MI=MK
•   Teen e word Q/100 eenhede teen P/R10 vervaardig. 
•   By punt e is GI (P/R10) groter as GK (P1/R8). 

                                                  18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                                   (VRAESTEL 2)            GR12 0624

•   Die firma maak 'n ekonomiese wins van PeaP1 /TR - TC (R1000 – R800 = R200) / R2 x
    100 = R200). 

ECONOMIC LOSS

                                        Korrekte posisionering en etikettering van kostekurwes
                                          = 1 punt
                                        Korrekte posisionering en etikettering van
                                          inkomstekurwes = 1 punt
                                        Aanduiding van ekonomiese verliesgebied = 1 punt
                                        Etikettering op asse = 1 punt
                                        Etikettering van asse = 1 punt
                                                                             Maksimum 4 punte
•   Ekonomiese verlies vind plaas wanneer totale koste groter is as die totale inkomste
    / wanneer die gemiddelde inkomste laer is as die gemiddelde koste. 
•   Die firma produseer by punt e waar MI=MK. 
•   Teen e word Q/100 eenhede teen P/R10 vervaardig. 
•   By punt e is GI (P/R10) minder as GK (P1/R12). 
•   Die firma maak 'n ekonomiese verlies van PP1ae / TR – TC (R1000 – R1200 = -
    R200)/ R10 – R12 = - R2). 

                                               19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                                     EKONOMIE
                                          NASIENRIGLYNE
                                                                     (VRAESTEL 2)             GR12 0624

NORMALE WINS

                                          Korrekte posisionering en etikettering van kostekurwes
                                          = 1 punt Korrekte posisionering en etikettering van
                                          inkomstekurwes = 1 punt Aanduiding van
                                          gelykbreekpunt = 1 punt
                                          Etikettering van asse = 1 punt Etikettering op asse = 1
                                          punt
                                                                               Maksimum 4 punte
•   Normale wins is die minimum verdienste wat nodig is om te verhoed dat die entrepreneur
    die bedryf verlaat. 
•   Normale wins vind plaas wanneer totale inkomste gelyk is aan totale koste / wanneer
    gemiddelde inkomste gelyk is aan gemiddelde koste. 
•   Die firma produseer by punt e waar MI=MK. 
•   Teen e word Q/100 eenhede teen P/R10 vervaardig. 
•   By punt e is GI (P/R10) gelyk aan GK (P/R10). 
•   Die firma maak normale wins van P x Q – GK x Q / R1000 – R1000 = R0 / R10 – R10 =
    R0. 

LIGGAAM

HOOFGEDEELTE

                                                  20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE
                            NASIENRIGLYNE
                                                   (VRAESTEL 2)           GR12 0624

                         Ekonomiese wins 

                                                     

   R10

    Prys                                                         

                                            
         R8 

                                            100
                                            

Korrekte benoeming van winsmaksimeringspunt/MI = MK 1 punt
Korrekte tekening en byskrifte van GK (onder GI) = 1 punt
Korrekte aanduiding en etikettering van GI = 1 punt
Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt
                                                              (Maks. 4)

                                   21

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                                 EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE
                                                                 (VRAESTEL 2)         GR12 0624

Ekonomiese wins vind plaas wanneer die totale inkomste wat ŉ onderneming verdien
sy totale koste oorskry (insluitend die implisiete koste soos die geleentheidskoste van
die eienaar se tyd en kapitaal). 
•     In die grafiek hierbo, gegewe ŉ markprys van P3, word wins gemaksimeer waar
      MI = MK = P3. Dit vind plaas by ŉ hoeveelheid van Q3. 
•     Op Q3 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie P3 en
      die gemiddelde koste per eenheid is K2 wat laer is as die prys van P3. 
•     Die firma maak ŉ ekonomiese wins per produksie-eenheid van P3 – K1. 
•     Hierdie ekonomiese wins dien as ŉ aansporing vir ander firmas om die mark te
      betree. 
•     Hierdie situasie lok ander firmas om die bedryf te betree om voordeel te trek uit
      die hoër opbrengste, wat op sy beurt pryse kan laat daal as gevolg van
      verhoogde mededinging. 
•     Soos meer firmas die mark betree, neem die verskaffing van goedere of dienste
      toe, wat uiteindelik pryse verlaag. 
•     Hierdie proses duur voort totdat ekonomiese wins nul bereik. 
•     Firmas kan steeds normale winste maak, maar daar sal geen oortollige wins bo
      geleentheidskoste wees nie.                                             (Maks. 6)

                                    Ekonomiese verlies
                                                            

            R12

               Prys                                                   
               R10                       
                      

                                         100
                                                            

              Korrekte tekening en byskrifte van MI & MK/E3 = 1 punt
              Korrekte tekening en byskrifte van GK (bo GI) = 1 punt
              Korrekte aanduiding en etikettering van GI = 1 punt
              Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt
                                                                         (Maks 4)

                                               22

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
                                                                      EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                      (VRAESTEL 2)     GR12 0624

•   Ekonomiese verlies vind plaas wanneer die totale koste van die vervaardiging van
    goedere of dienste die totale inkomste wat die onderneming verdien teen die
    heersende markprys oorskry. 
•   In die grafiek hierbo, gegewe ŉ markprys van P3, word wins gemaksimeer waar
    MI = MK by punt E3 by ŉ hoeveelheid van Q3. 
•   Op Q3 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie P3, die
    gemiddelde koste per eenheid is K3 wat hoër is as die prys van P3.
    Die firma maak ŉ ekonomiese verlies per produksie-eenheid wat gelyk is aan die
    verskil tussen K3 en P3. 
•   In ŉ volmaak mededingende mark dien hierdie ekonomiese verlies as ŉ sein vir
    firmas om die mark te verlaat. 
•   Ondernemings wat volgehoue verliese in die gesig staar, sal oorweeg of dit meer
    winsgewend is om bedrywighede te staak eerder as om voort te gaan met ŉ
    verlies. 
•   Om die mark te verlaat verminder die aanbod, wat veroorsaak dat pryse styg. 
•   Verlating van die mark duur voort totdat die oorblywende firmas ŉ toestand bereik
    waar hulle nie meer ekonomiese verliese ervaar nie. 
•   Tipies gebeur dit wanneer die prys gelyk is aan die gemiddelde totale koste (GTK)
    van produksie.                                                         (Maks. 6)

                                    Normale wins

                                                                      
                                                  

                      R10                       
                                                                           

                        

                                                        100
                                                         

     Korrekte tekening en byskrifte van E2 (MI en MK) = 1 punt
     Korrekte tekening en byskrifte van GK
     (dit is = GI by die ewewig E2) = 1 punt
     Korrekte aanduiding en etikettering van GI = 1 punt
     Korrekte benoeming van horisontale as en vertikale as = 1 punt
                                                                           (Maks. 4)

•   Normale wins vind plaas wanneer ŉ onderneming se totale inkomste gelyk is aan
    sy totale koste. 
•   In die grafiek hierbo, gegewe ŉ markprys van P2, word wins gemaksimeer waar
    MI = MK = P2, teen ŉ hoeveelheid van Q2. 

                                                 23

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                       NASIENRIGLYNE
                                                              (VRAESTEL 2)         GR12 0624

•   Op Q2 is die firma se gemiddelde inkomste (GI) per eenheid van produksie P2,
    wat ook gelyk is aan die gemiddelde koste per eenheid K2 (GK). 
• Aangesien GI = GK, verdien die firma ŉ normale wins aangesien al sy koste ten
    volle gedek is. Punt E2 word die gelykbreekpunt genoem. 
• By die gelykbreekpunt E2 verdien die firma genoeg om in besigheid te bly, maar
    maak geen oortollige wins nie. 
• In ŉ volmaak mededingende mark is ondernemings wat normale wins ontvang in
    ewewig. 
• Hulle dek alle koste, insluitend die geleentheidskoste van hul hulpbronne, maar
    hulle maak geen bykomende ekonomiese wins nie. 
• Hierdie situasie lok of verhoed ondernemings om die mark te betree of te
    verlaat.                                                              (Maks. 6)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir opskrifte en voorbeelde.)             (Maks. 26)

BYKOMENDE DEEL
• In ŉ hoogs mededingende omgewing kan ondernemings geweldige druk ondervind
    om sukses te behaal, wat daartoe kan lei dat sommige besighede onetiese
    praktyke oorweeg om ŉ voorsprong bo hul mededingers te kry. 
• Hierdie druk om te presteer en kop bo water te hou in die mark kan soms firmas
    dryf om kompromieë aan te gaan met hul etiese standaarde. 
• Die behoefte om wins te maak kan lei tot kompromieë in produk-/dienskwaliteit
    aangesien ondernemings poog om winsgewend teen markpryse te bly. 
• Dit kan lei tot onetiese besluite, soos die verlaging van produkstandaarde of om
    betrokke te raak by misleidende advertensies. 
• In ŉ stryd om te oorleef of mededingend te bly, kan firmas hul etiese standaarde
    geleidelik verwater om by dié van mededingers te pas, en rasionaliseer dat hulle
    geen ander keuse het as om by die bedryfsnorme aan te pas nie. 
• Mededinging erodeer nie noodwendig etiese gedrag nie. 
• Baie firmas in mededingende markte handhaaf hoë etiese standaarde en doen
    sake met integriteit. 
• Etiese gedrag spruit dikwels uit ŉ maatskappy se waardes, leierskap en
    verbintenis tot die handhawing van etiese standaarde ten spyte van
    mededingende druk. 
• Boonop kan mededinging ook positiewe uitkomste bevorder, deur innovasie,
    doeltreffendheid en beter kliëntediens aan te moedig. 
• Etiese gedrag kan ŉ mededingende voordeel vir ondernemings word deur hul
    reputasie te verbeter en vertroue by verbruikers te bou. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
(Ken ŉ maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite.)              (Maks. 10)

AFSLUITING
Terwyl mededingende markte uitdagings vir etiese gedrag kan bied, is ŉ firma se
verbintenis tot die handhawing van etiese standaarde ondanks mededingende druk
van kardinale belang om integriteit en betroubaarheid in die mark te handhaaf. Etiese
gedrag bly ŉ keuse wat deur ŉ firma se waardes, kultuur en leierskap beïnvloed
word. 
(Aanvaar enige ander korrekte hoërorde gevolgtrekking.)                      (Maks. 2)   [40]

                                              24

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
                                                                  EKONOMIE
                                         NASIENRIGLYNE
                                                                  (VRAESTEL 2)           GR12 0624

VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

●    Bespreek in detail, sonder die gebruik van grafieke, die kenmerke van
     monopolie as ŉ markstruktuur.                                     (26 punte)
●    Bespreek die bestaan van monopolieë in die aanspreek van sosio-
     ekonomiese kwessies in Suid-Afrika krities.                       (10 punte)

INLEIDING
ŉ Monopolie is ŉ markstruktuur wat gekenmerk word deur ŉ enkele verkoper of
produsent wat die hele bedryf oorheers en geen mededinging van ander firmas in die
gesig staar nie. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding.)                       (Maks. 2)

HOOFGEDEELTE

Die kenmerke van ŉ monopolie is as volg:

Enkel verkoper of vervaardiger 
•    Daar is net een firma in die bedryf en hierdie firma is verantwoordelik vir die totale
     markuitset. 
•    Die monopolie firma het markkrag aangesien dit die markvraagkromme vir sy
     produk in die gesig staar. 
•    Verbruikers het beperkte keuses aangesien daar net een verskaffer in die mark
     is. Hierdie gebrek aan keuse kan hoër pryse en verminderde verbruikersurplus
     tot gevolg hê. 

Beheer oor prys 
•   Dit kan die markprys verander deur die hoeveelheid wat dit verskaf te verander
    aangesien dit in staat is om hoeveelheid te verskaf wat dit in staat stel om wins te
    maksimeer. 
•   Anders as in mededingende markte waar pryse deur markkragte bepaal word,
    kan die monopolie die prys dikteer. 

Aard van produkte 
•    Die monopolis produseer ŉ unieke produk waarvoor daar geen noue
     plaasvervangers is nie. 
•    Dit beteken dat verbruikers nie alternatiewe opsies van verskillende verkopers
     het nie.  bv. Eskom is die enigste lywige verskaffer van elektrisiteit in Suid-
     Afrika. 

Hindernisse vir toegang 
•    Monopolieë het dikwels beduidende hindernisse wat verhoed dat nuwe firmas by
     die mark aansluit. 
•    Hindernisse kan hoë aanvangskoste, beheer oor noodsaaklike hulpbronne,
     regeringsregulering en sterk handelsmerklojaliteit insluit. 

                                                25

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-2020-preparatory-possible-answers/ba246fa2-7d32-4ab7-981e-10d6b2dd4a91) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Economics P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-economics-p2-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/bda96458-ebe4-44b9-92e5-333e776e1614) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 SEPT2014 AFRIKAANS](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-sept2014-afrikaans/f49aa136-8785-408e-90f0-b03837af7a8f) — Economics · Memo · 2014 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [ECONOMICS P2 GR12 QP JCT 2025 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr12-qp-jct-2025-afr-d-watermark/3dba3588-624d-493b-bc60-00d7e2783cae) — QP · 2025 · Afr
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-free-state/4def59dd-ebf4-4191-89e7-2b6d4609d6cc) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P1 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p1-qp-september-2025-mpumalanga/5449d7a4-548e-416d-91b4-1da462710798) — QP · 2025
- [Economics Grade 12 NSC P2 QP September 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-12-nsc-p2-qp-september-2025-mpumalanga/efbb0e99-1236-496b-bc64-5b31b3784493) — QP · 2025
- [Economics P1 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-may-june-2025-afr/e9c77643-7f83-42e3-b28d-cf84e96050ca) — QP · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-afr/4c93e067-5237-46b7-ab21-5c2cea219788) — QP · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
