# Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

> Grade 12 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/economics) › [Economics Grade 12 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b63a0d0e-df37-4750-b5b1-eca932045c79)

## About this document

Economics · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    JUNIE EKSAMEN
      GRAAD 12

           2024

         EKONOMIE

        (VRAESTEL 2)

                          TYD:        2 uur

                          PUNTE:      150

                          13 bladsye

                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                               2
                                                   (VRAESTEL 2)       GR12 0624

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A:      VERPLIGTEND
      AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde wat die vereiste aantal
      oorskry, sal NIE nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer bo elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                3
                                                   (VRAESTEL 2)            GR12 0624

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1    Watter item beskryf private voordeel die beste, indien ŉ KBA gedoen
               word, vir die aankoop van nuwe kapitaalmasjinerie vir ŉ besigheid?

               A    ŉ Vermindering van arbeid benodig
               B    Bykomende instandhouding
               C    Aankoopkoste
               D    Opleidingskoste

      1.1.2.   Waarna verwys produktiewe doeltreffendheid in Ekonomie?

               A    Maksimering van winste
               B    Minimalisering van koste
               C    Optimalisering van markaandeel
               D    Bepaling van hoë pryse

      1.1.3    Wanneer maatskappye hulle produksie-uitgawes aan derde partye
               opdwing, staan dit bekend as ...

               A    private koste.
               B    gemiddelde koste.
               C    negatiewe eksternaliteite.
               D    ’n produksie-eksternaliteit.

      1.1.4    Die volgende sal altyd waar wees vir ŉ monopolistiese mededingende firma:

               A    GI = MI
               B    P = GTK
               C    GI < MI
               D    GI > MI

      1.1.5    Die vraagkromme van ŉ monopolistiese mededingende firma ...

               A    het ŉ negatiewe helling.
               B    is geknik.
               C    het ŉ positiewe helling.
               D    is horisontaal.

      1.1.6    ŉ Onvolmaakte mark wat net op die kort termyn normale winste kan maak:

               A    Oligopolie
               B    Monopolistiese mededinging
               C    Monopolie
               D    Perfekte mark
                                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                      4
                                                  (VRAESTEL 2)              GR12 0624

      1.1.7   ŉ Kenmerk van ŉ volmaakte mark is:

              A    Verkopers het aansienlike markmag.
              B    Pryse kan hoër as die markprys gestel kan word.
              C    Produkte word gedifferensieer.
              D    Firmas is prysnemers.

      1.1.8   As ŉ besigheid in ŉ volmaakte mark sy uitset verhoog, sal die totale
              inkomste van daardie besigheid ...

              A    geen verandering toon nie.
              B    afneem.
              C    toeneem.
              D    herstel.                                                       (8 x 2)      (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
      neer, bv. 1.2.9 J.

             KOLOM A                                      KOLOM B
  1.2.1   Toewysings-                A     al die kostes gedeel deur die hoeveelheid
          doeltreffendheid                 uitset wat geproduseer word

  1.2.2   Faktor onbeweeglikheid     B     vind plaas wanneer twee of meer firmas in
                                           dieselfde bedryf informeel ooreenkom om die
  1.2.3   Gemiddelde koste                 mark te beheer

  1.2.4   Perfekte mark              C     koste wat nie verhaal kan word sodra dit
                                           aangegaan is nie
  1.2.5   Progressiewe
          inkomstebelasting          D     kan nie tussen nywerhede oorgedra word nie

  1.2.6   Stilswyende/Implisiete     E     koste wat verhaal kan word sodra dit
          samespanning                     aangegaan is

  1.2.7   Gedane ('sunk') koste      F     die strewe na inkomste deur aktiwiteite wat
                                           geen bykomende waarde skep nie
  1.2.8   Huur-soekend
                                     G     strawwe mededinging verhoed langtermyn
                                           ekonomiese wins

                                     H     ŉ stelsel waar die rykes meer betaal, en lae-
                                           inkomste verdieners minder betaal

                                     I     die doeltreffende verspreiding van
                                           hulpbronne om aan die voorkeure van
                                           verbruikers te voldoen
                                                                                     (8 x 1)    (8)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                  5
                                                 (VRAESTEL 2)             GR12 0624

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.
      Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1    ŉ Sistematiese manier om die sosiale, ekonomiese en omgewingsimpak
               van ŉ spesifieke projek te evalueer

      1.3.2    ŉ Situasie waar markte nie bestaan nie of nie die vraag na sekere
               goedere kan voorsien nie

      1.3.3    Die kommunikasie van inligting oor ŉ produk of diens aan potensiële
               verbruikers

      1.3.4    ŉ Klein aantal groot firmas wat die hele bedryf oorheers

      1.3.5    Die vermindering in produsent- of verbruiker surplus as gevolg van die
               instelling van ŉ belasting of subsidie

      1.3.6    ŉ Gesamentlike term vir die klassifikasie van markte gebaseer op die
               aantal firmas, produkdifferensiasie, toegangshindernisse en markkrag
                                                                                (6 x 1)    (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:          30

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                     6
                                                  (VRAESTEL 2)                GR12 0624

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem TWEE kenmerke van ŉ vraagkromme van besigheid in ŉ volmaak
              mededingende mark.                                                              (2)

      2.1.2   Waarom is prysdiskriminasie nie moontlik vir firmas in ŉ volmaakte mark
              nie?                                                                            (2)

2.2   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

.       VOËLGRIEP VEROORSAAK DIE VERNIETIGING VAN VIER MILJOEN
      HOENDERS, HET’N EIER DILEMMA VIR SA VERBRUIKERS VEROORSAAK

                                                PSST!
                                                ... Horlosies? ... Eiers?

      Voëlgriep het ŉ eiertekort in Suid-Afrika veroorsaak – en sommige rolspelers in
      die bedryf het kommer uitgespreek oor die voorrade van hoenderprodukte.
                                                         [Aangepaste bron: Daily Maverick]

      2.2.1   Hoe sal die voëlgriep-uitbraak die markaanbod van eiers beïnvloed?              (1)

      2.2.2   Wat is die effek van die griepuitbraak op eierpryse?                            (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term marginale produk.                                     (2)

      2.2.4   Verduidelik hoekom eiers ŉ homogene produk is.                                  (2)

      2.2.5   Hoe beïnvloed fluktuasies in die markprys van eiers die inkomste van
              kleiner produsente?                                                             (4)

                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                    7
                                                 (VRAESTEL 2)               GR12 0624

2.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       STANDARD CHARTERED BANK (SCB) MOET R42,7M BOETE BETAAL IN
                    WISSELKOERS MANIPULASIE SAAK
                                                 15 November 2023 Deur: Marleny Arnoldi
                                    Die SCB het aanspreeklikheid aanvaar vir die
                                    manipulasie van die Amerikaanse dollar-rand-
                                    wisselkoers. Die bank het ingestem om ŉ
                                    administratiewe boete van R42,7 miljoen te betaal.
                                    Die SCB het verder deelgeneem aan die verdeling
                                    van markte deur kliënte toe te ken ingevolge
                                    waarvan een handelaar sy/haar bestaande bod of
                                    aanbod van die mark weerhou of onttrek om die
                                    ander handelaar toe te laat om sy/haar handel uit
                                    te voer en te voltooi. Hierdie gedrag is in stryd met
                                    Artikel 4 van die Mededingingswet.
                                                        [Aangepaste bron: Creamer Media]

      2.3.1    Identifiseer die mededingingsinstelling met die hoogste gesag.                (1)

      2.3.2    Gee EEN doelwit van die Mededingingswet.                                      (1)

      2.3.3    Beskryf kortliks die term mededinging.                                        (2)

      2.3.4    Verduidelik die rol van die mededingingskommissie met betrekking tot
               die wisselkoers manipulasie saak.                                             (2)

      2.3.5    Hoe kan die manipulasie van die wisselkoers besighede raak wat op
               wêreldmarkte meeding?                                                         (4)

2.4   Teken ŉ korrek benoemde grafiek en verduidelik hoe die aanbodkromme van
      kostekurwes afgelei word.
                                                                                             (8)
2.5   Hoe verander die helling van die totale kostekurwe in verhouding tot veranderinge
      in die uitsethoeveelheid geproduseer?                                                  (8)
                                                                                            [40]

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                    8
                                                  (VRAESTEL 2)               GR12 0624

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Gee enige TWEE voorbeelde van eksplisiete koste.                                    (2)

      3.1.2   Hoe beïnvloed samespanning die globale mededingendheid van Suid-
              Afrikaanse besighede?                                                               (2)

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 RED ONS LUGREDERY

                                                                             ... NOU
                                                                             WAT?!

                                                     [Aangepaste bron: www.zapiro.com]

      3.2.1   Identifiseer die staatsonderneming wat in die spotprent hierbo
              uitgebeeld word.                                                                    (1)

      3.2.2   Noem die markstruktuur waaronder dit funksioneer.                                   (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term openlike/eksplisiete samespanning.                        (2)

      3.2.4   Hoekom is dit moeilik vir nuwe firmas om die lugredery bedryf te
              betree?                                                                             (2)

      3.2.5   Watter impak sou die ineenstorting van die lugdiens op die Suid-
              Afrikaanse ekonomie hê?                                                             (4)

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                    9
                                                 (VRAESTEL 2)             GR12 0624

3.3   Bestudeer die logo's hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      .
                                              [Aangepaste bron: www.googleimages.com]

      3.3.1   Noem die aard van produkte in die mark soos hierbo geïllustreer.                   (1)

      3.3.2   Noem nog EEN ander industrie wat in hierdie markstruktuur bedrywig is.             (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term nie-prys mededinging.                                    (2)

      3.3.4   Waarom is monopolistiese mededingende besighede huiwerig om op
              grond van pryse mee te ding?                                                       (2)

      3.3.5   Verduidelik kortliks waarom daar gesê word dat besighede in die
              monopolistiese mark toewysings-ondoeltreffend is.                                  (4)

3.4   Teken ŉ goed-benoemde grafiek om ekonomiese winste vir ŉ monopolie mark
      te illustreer (sonder ŉ beskrywing).                                                       (8)

3.5   Ontleed die verband wat bestaan tussen marginale inkomste (MI) en
      gemiddelde inkomste (GI) in monopolistiese mededinging markte.                          (8)
                                                                                             [40]

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                    10
                                                    (VRAESTEL 2)               GR12 0624

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1      Noem TWEE tipes goedere wat deur die regering verskaf word.                      (2)

      4.1.2      Hoe lei direkte beheer tot die verkeerde wantoewysing van hulpbronne?            (2)

4.2   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       REGERING OORWEEG DIE VASSTELLING VAN
         'N PRYSPLAFON VIR LOODVRYE PETROL

      Prys
                                                    A           “Die regering is diep
                                                                bekommerd oor die
                                                                stygende koste van petrol
                                                                in Suid-Afrika,” het
                                                                Radebe by ŉ
                                                                inligtingsessie ná die
                                                                kabinetsitting gesê.
        Pe
                                                                Die regering het nou
                                                                besluit om ŉ ondersoek te
                                                                loods rakende ŉ
        P1                                                      maksimum prysvastelling
                                                                vir loodvrye brandstof
                                                                moet vasstel.

                                                    V

             0                            H2
                      H1        He
                                               Hoeveelheid

                                                           [Aangepaste bron: Mail & Guardian]

      4.2.1      Identifiseer die hoeveelheid verskaf indien die prysplafonne afgedwing
                 word.                                                                          (1)

      4.2.2      Noem EEN voordeel van die prysplafon vir motoriste.                            (1)

      4.2.3      Beskryf kortliks die term minimum prys.                                        (2)

      4.2.4      Verduidelik die implikasies van ŉ prysplafon wat bo die markprys gestel
                 word.                                                                          (2)

      4.2.5      Hoe kan die voorgestelde prysplafon op loodvrye petrol tot swart markte
                 lei?                                                                           (4)

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                   11
                                                  (VRAESTEL 2)              GR12 0624

4.3   Bestudeer die teks en die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                             KOSTE EN VOORDEEL ONTLEDING

      Stel jou voor twee kragstasies. Stasie A (termies) is goedkoop om te bou, maar
      duur om te bedryf, terwyl Stasie B (kernkrag) duur is om te bou, maar goedkoop
      om te bedryf.

      Die ekonomiese koste en voordele bereken met behulp van netto huidige
      waardes vir die twee projekte word hieronder gegee:

                Projek             Ekonomiese koste        Ekonomiese voordele (R)
                                         (R)
       Stasie A (termies)             140 miljard                   290 miljard
       Stasie B (kernkrag)            450 miljard                   900 miljard
                                                                      [Bron: Eksaminator]

      4.3.1   Identifiseer EEN metode wat gebruik word wanneer die KVA hierbo
              bereken word.                                                                   (1)

      4.3.2   Noem die projek met die laagste ekonomiese koste.                               (1)

      4.3.3   Beskryf kortliks die term maatskaplike voordeel.                                (2)

      4.3.4   Watter uitdaging is daar wanneer die koste-voordeel-analise toegepas
              word?                                                                           (2)

      4.3.5   Hoe kan die Suid-Afrikaanse regering die koste-voordeel-analise gebruik
              om markmislukking te voorkom?                                                   (4)

4.4   Beskryf die uitwerking van minimum lone as gevolg van markmislukking.                   (8)

4.5   Wat is die onbedoelde gevolge, benewens laer produksiekoste, van staat-
      subsidies op die landbousektor?                                                         (8)
                                                                                             [40]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:           80

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                12
                                                (VRAESTEL 2)              GR12 0624

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                            PUNTE-
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                          TOEKENNING
   Inleiding
   Die inleiding is ŉ laerorde respons.
    ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat met die
        vraag onderwerp verband hou te definieer.
                                                                             Maks. 2
    MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.
    MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
       Vermy om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
        bespreek.
   Liggaam

   Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/
   Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
   Differensieer/Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die     Maks. 26
   gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Beoordeel/
   Debatteer
   ŉ Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken
   word.

   Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
   Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                            Maks. 10
   ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die blote lys van
   feite.
   Afsluiting

   Enige hoërorde gevolgtrekking moet die volgende insluit:
    ŉ Kort opsomming van wat bespreek is sonder om feite wat
       reeds genoem is te herhaal
                                                                             Maks. 2
    Enige mening of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is
    Bykomende ondersteuningsinligting om die bespreking/analise te
       versterk
    ŉ Teenstrydige standpunt met motivering, indien nodig
      Aanbevelings
   TOTAAL                                                                      40

                                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                           13
                                                    (VRAESTEL 2)       GR12 0624

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail die verskeie ewewigsposisies van ŉ firma in ŉ volmaakte
    mark, met behulp van grafieke.                                             (26)

   Hoe beïnvloed die druk van mededinging in ŉ volmaakte mark die etiese gedrag
    van firmas?                                                              (10)      [40]

VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek in detail, sonder die gebruik van grafieke, die kenmerke van
    monopolie as ŉ markstruktuur.                                               (26)

   Ontleed krities die bestaan van monopolieë in die aanspreking van sosio-
    ekonomiese kwessies in Suid-Afrika.                                         (10)   [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                            TOTAAL:    150

                                                                                       EINDE

## Related documents

- [ECONOMICS P2 QP SEPT FINAL 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-sept-final-2024-afrikaans/f341d75d-5790-4f3a-a3d5-07b296615d67) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Economics P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-economics-p2-afrikaans-2024-possible-answers/d54cb2c3-c826-4990-8f30-6eaeb86b12e4) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-june-2024-afrikaans/c346a16c-1f30-4d4f-bcd0-fc46002d1c9d) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR12 QP SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-qp-sept2024-afrikaans/8c1cb29b-6587-4828-ae16-d72e2952b976) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [Economics P1 May-June 2024 Afr](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-economics-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/c2bfc0d8-b28a-4a2f-a315-4aef54130cc1) — Economics · QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 QP GRADE 12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-qp-grade-12-june-2023-afrikaans/14e460bc-51e9-4a72-a70e-bc549012de25) — Economics · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Economics

- [MTG Economics Afr](https://www.hlayiso.com/library/mtg-economics-afr/9848e5ba-3f16-47f5-8714-26d23f3a8bf5) — Guide · Afr
- [Economics P2 Memo Afr watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-afr-watermark/c9d66fa3-0b40-419d-a6f6-d862847d4e82) — Memo · 2025 · Afr
- [Economics P2 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-may-june-2025-mg-afr/4cc1190f-9c0a-43ea-98bc-3252875816a9) — Memo · 2025 · Afr
- [ECONOMICS QP.P1 GR 12 JUNE 2024 (Backup papers)](https://www.hlayiso.com/library/economics-qp-p1-gr-12-june-2024-backup-papers/cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941) — QP · 2024
- [ECONOMICS P1 GR12 MEMO SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr12-memo-sept-2024-afrikaans/4e5fd6f8-b056-49dd-befb-68b8106fad9c) — Memo · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P2 MEMO GR12 JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-memo-gr12-june-2023-afrikaans/3493f088-0531-43e0-b777-da84a7b24ab5) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
