# Geography Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/188edec6-1fc1-4430-86d7-08e952ad8f04
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/188edec6-1fc1-4430-86d7-08e952ad8f04)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
            2024

            10781

          GEOGRAFIE

         (VRAESTEL 1)

                        TYD: 3 uur

                        PUNTE: 150

                        19 bladsye

                                     b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                              GEOGRAFIE                               2
                                              (VRAESTEL 1)                10781/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

      AFDELING A
      VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60)
      VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60)

      AFDELING B
      VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.    Beantwoord AL DRIE vrae.

3.    Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit.

4.    Laat ŉ reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.

5.    Begin ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

7.    MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.

8.    Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.    Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ŉ lys
      moet maak.

10.   Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
      14 °C en 45 m.

11.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

12.   Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13.   Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14.   ŉ 1 : 50 000 topografiese kaart 3026 DA ALIWAL NOORD en ŉ 1 : 10 000
      ortofotokaart 3026 19 DA DUKATHOLE word voorsien.

15.   Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel
      die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word.

16.   Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17.   Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
      eksamensessie by die toesighouer inlewer.

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                 3
                                                 (VRAESTEL 1)                   10781/24

AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE

VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.8 A.

      1.1.1   ŉ Stedelike hitte-eiland kan beskryf word as ...

              A    stedelike gebiede wat kouer is as landelike gebiede.
              B    stedelike gebiede wat meer insolasie as landelike gebiede
                   ontvang.
              C    stedelike gebiede wat warmer is as landelike gebiede.
              D    ŉ toename in temperatuur soos jy van landelike tot stedelike
                   gebiede beweeg.

      1.1.2   Stedelike hitte-eilande kan ontwikkel as gevolg van ...

              A    die verminderde aantal voertuie.
              B    verminderde industriële aktiwiteit.
              C    groter oopwaterbronne.
              D    groter kunsmatige oppervlaktes.

      1.1.3   Die volgende foto toon ... as gevolg van ŉ groot glasoppervlak in ŉ
              stedelike gebied.

                       [Bron: https://www.mornglass.com/light-pollution-of-glass-
                                                               curtain-wall.html]

              A    Albedo
              B    evapotranspirasie
              C    insolasie
              D    absorpsie

                                                                                               b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                               GEOGRAFIE                                   4
                                               (VRAESTEL 1)                  10781/24

1.1.4   ŉ Besoedelingskoepel wat oor ŉ stedelike gebied geleë is, sou ... en ...
        wees.

        (i)      hoër gedurende die dag
        (ii)     laer gedurende die dag
        (iii)    laer gedurende die nag
        (iv)     hoër gedurende die nag

        A        (i) en (iii)
        B        (i) en (iv)
        C        (ii) en (iii)
        D        (ii) en (iv)

Verwys na sketse A en B hieronder, wat windrigting in valleie toon, om
VRAAG 1.1.5 tot 1.1.7 te beantwoord.

                [Aangepas uit https://www.alamy.com/mountain-valley-river-graphic-black-
                        white-landscape-sketch-illustration-vector-image416759737.html]

1.1.5   Die wind wat in skets A geïllustreer word, is ŉ ... wind.

        A        katabatiese
        B        Föhn
        C        anabatiese
        D        Berg

1.1.6   Die wind wat in diagram B geïllustreer word, kom die meeste ... voor.

        A        in die namiddag
        B        snags
        C        voor die middag
        D        op enige tyd van die dag

1.1.7   Rypholtes sal waarskynlik in diagram B vorm as gevolg van die …

        A        ophoping van koue lug.
        B        verspreiding van warm lug.
        C        berghange.
        D        ligging van die rivier.                                         (7 x 1)       (7)

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                    GEOGRAFIE                              5
                                                    (VRAESTEL 1)                10781/24

1.2   Lees die stellings hieronder en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies wat
      die stelling WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) en
      die antwoord in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 Afgeneem.

      1.2.1   Die globale windgordel wat verantwoordelik is vir die algemene
              beweging van siklone in die middelbreedte, is die (polêre oostewinde/
              tropiese oostewinde).

      1.2.2   Die diagram hieronder toon ŉ middelbreedte-sikloon in die
              (ontwikkelings/ontwikkelde-) stadium.

                    [Bron: https://online.htseden.co.za/wp-content/uploads/
                   2021/03/Geography-Grade-12-Term-1-Week-1_2021-1.pdf]

      1.2.3   Die diagram hieronder beeld ŉ (opeenvolging/familie) van siklone uit.

                     [Bron: https://learn.mindset.africa/sites/default/files/
                     resourcelib/emshare-show-note-asset/858_fdoc.pdf]

      1.2.4   Die front by B hieronder is die (warm/koue) front.

                     [Bron: https://learn.mindset.africa/sites/default/files/
                     resourcelib/emshare-show-note-asset/858_fdoc.pdf]

                                                                                               b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                  6
                                                 (VRAESTEL 1)                    10781/24

Verwys na die diagramme hieronder om VRAAG 1.2.5 tot 1.2.8 te beantwoord.

                                                                   B

                          [Aangepas uit https://learntoflyblog.com/weather-fronts-2/]

      1.2.5   (Nimbostratus/Cumulonimbus) wolke sal heel waarskynlik by A ontwikkel.

      1.2.6   Sagte reën kan by B verwag word omdat (warm/koue) lug geleidelik bo
              die koeler lugmassas uitstyg.

      1.2.7   Die okklusie front wat in diagram C uitgebeeld word, is ŉ (warm/koue)
              okklusie.

      1.2.8   Die okklusie in diagram C is die gevolg van koue lug wat (vinniger/
              stadiger) as warm lug beweeg.                                       (8 x 1)       (8)

                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE                                       7
                                                   (VRAESTEL 1)                 10781/24

1.3   Verwys na die skets hieronder wat lyndonderstorms toon.

                                                                      Suid-
                                                                     Indiese
                                                                      HD sel
              Suid-
              Atlantiese
              HD sel

                  [Bron: https://www.theanswer.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Gr-12-
                                                        Geography-3-in-1-Extracts.pdf]

      1.3.1    Wat is ŉ vogfront?                                                        (1 x 2)       (2)

      1.3.2    Gee EEN bewys uit die skets wat aandui dat lyndonderstorms voorkom.
                                                                               (1 x 1)                 (1)

      1.3.3    Gebruik inligting uit die skets en verduidelik hoekom daar meer wolke in
               die oostelike deel, in plaas van die westelike deel van Suid-Afrika, geleë
               sal wees.                                                             (2 x 2)           (4)

      1.3.4    Verduidelik in ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe die somerligging
               (posisie) van die hoëdrukselle (antisiklone) die ontwikkeling van
               lyndonderstorms bevorder.                                         (4 x 2)               (8)

                                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         GEOGRAFIE                                     8
                                                         (VRAESTEL 1)                 10781/24

1.4   Verwys na die infografika oor Tropiese Sikloon Freddy.

                      BEWEGING VAN TROPIESE SIKLOON FREDDY

          Baie Intense Tropiese Sikloon
                                                                                   KATEGORIE 5

                                                                                   KATEGORIE 4

                                                                                   KATEGORIE 3

                                                     FEBRUARIE 15   FEBRUARIE 11
                                          FEBRUARIE 19

          [Aangepas uit https://watchers.news/2023/03/06/tropical-cyclone-freddy-the-longest-
                                          lived-and-one-of-a-kind-tropical-cyclone-in-history/]

                     SIKLOON FREDDY                                 SATELLIETBEELD VAN
                                                                     TROPIESE SIKLOON
      Die Tropiese Sikloon Freddy was ŉ                                  FREDDY
      buitengewoon langlewende, kragtige en dodelike
      storm wat die suidelike Indiese Oseaan in
      Februarie en Maart 2023 vir meer as vyf weke
      deurkruis het.
      Freddy het sy eerste kontak met die land naby
      Mananjary, Madagaskar, gemaak. Die storm het
      vinnig oor die land verswak, maar weer versterk
      in die Mosambiekkanaal.

      Die sikloon het die suidooste van Madagaskar
      getref en baie huise beskadig. Die impak in
      Mosambiek was erger as in Madagaskar en het                   [Bron: https://en.wikipedia.org/
                                                                       wiki/Cyclone_Freddy]
      swaar reënval in die suidelike helfte van die land
      ingesluit.

      Malawi is die swaarste getref, waar
      onophoudelike reën katastrofiese kitsvloede
      veroorsaak het, met Blantyre wat die swaarste
      daarvan afgekom het. Die land se kragnetwerk is
      amper vernietig, met sy hidroëlektriese dam wat
      onbruikbaar gelaat is. Voedselsekerheid was
      veral kommerwekkend, met miljoene mense wat
      in gevaar gelaat is.
        [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Cyclone_Freddy]

                                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                     9
                                                 (VRAESTEL 1)                  10781/24

      1.4.1 Volgens die infografika, wat was die lewensduur van Tropiese Sikloon
            Freddy?                                                           (1 x 1)              (1)

      1.4.2 Haal ŉ voorbeeld aan van infrastruktuurskade veroorsaak deur Tropiese
            Sikloon Freddy, soos in die artikel genoem.                      (1 x 1)               (1)

      1.4.3 Beskryf die rotasie van winde soos in die satellietbeeld uitgebeeld
            (getoon).                                                                (1 x 1)       (1)

      1.4.4 Stel TWEE moontlike redes voor waarom Tropiese Sikloon Freddy
            tussen 11 Februarie 2023 en 19 Februarie 2023 van ŉ kategorie 3 na ŉ
            kategorie 5-sikloon versterk het.                                (2 x 2)               (4)

      1.4.5 Wat kon die vinnige verswakking van Tropiese Sikloon Freddy veroorsaak
            het toe dit naby Mananjary die land bereik het?                  (1 x 2)               (2)

      1.4.6 Stel DRIE strategieë voor wat die plaaslike owerhede in Mosambiek kon
            implementeer om vir die vernietiging wat deur Tropiese Sikloon Freddy
            veroorsaak is, voor te berei.                                      (3 x 2)             (6)

1.5   Verwys na sketse A en B hieronder, wat die inversielaag toon.

            [Aangepas uit https://www.theanswer.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Gr-12-
                                                         Geography-3-in-1-Extracts.pdf]

      1.5.1 Definieer die term temperatuurinversie.                                 (1 x 2)        (2)

      1.5.2 Watter van die sketse, A of B, verteenwoordig die winterseisoen?
                                                                                    (1 x 1)        (1)
      1.5.3 Verskaf bewyse uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.5.2 te
            ondersteun.                                                    (1 x 2)                 (2)

      1.5.4 Verduidelik die waarskynlike stabiele toestande wat in die binneland van
            Suid-Afrika in skets A ervaar word.                                 (2 x 2)            (4)

      1.5.5 ŉ Boer in die Vrystaat wil gewasse plant wat groot hoeveelhede water
            benodig. Verduidelik waarom die klimatologiese toestande wat in skets B
            uitgebeeld word hierdie tipe boerdery sal pas.                    (3 x 2)           (6)
                                                                                               [60]

                                                                                                   b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE                                   10
                                                   (VRAESTEL 1)               10781/24

VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE

2.1   Verwys na die diagram hieronder. Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies
      in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die
      ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.8 Y.

                       1    en   2 is toekomstige stroomprofiele

                                       X
                                                       B
                                           2
                                               1               S
                                                                         Seevlak

              Weerstandbiedende
              rotslaag

                [Bron: http:www.google.comsearchq=temporary+base+level+diagram&tbm]

                                   KOLOM A                                KOLOM B
      2.1.1   Die lengteprofiel in die diagram verteenwoordig ŉ Y      gegradeerde
              ... rivier profiel.                               Z      ongegradeerde

      2.1.2   Die rivierloop wat deur X op die lengteprofiel       Y   boloop
              aangedui word, is in die ... stadium.                Z   middel-loop

      2.1.3   … erosie is die dominante erosieproses by X.         Y   Vertikale
                                                                   Z   Laterale

      2.1.4   Die skerp daling in gradiënt wat by B op die         Y   waterval.
              diagram aangedui word, staan bekend as ŉ ...         Z   stroomversnelling.

      2.1.5   … erosie kan lei tot die verwydering van die         Y   Terugwaartse
              tydelike basisvlak by B.                             Z   Vertikale

      2.1.6   Na die verwydering van die tydelike basisvlak by     Y   konvekse
              B, sal die rivierprofiel ŉ ... profiel vorm.         Z   konkawe

      2.1.7 … vloei is oorheersend op die helling van die          Y
            rivierprofiel aangedui as S.

                                                                   Z

                                                                                     (7 x 1)    (7)
                                                                                                b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                               11
                                                 (VRAESTEL 1)                10781/24

2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
    die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
    (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.2.9 A.

     2.2.1   ŉ Dreineringspatroon wat gevorm het as gevolg van smeltende ys staan
             bekend as ...

             A       dendrities.
             B       tralie.
             C       reghoekig.
             D       ontwrigt.

     2.2.2   ŉ ... dreineringspatroon pas nie by die geologie en topografie van die
             omliggende landskap nie.

             A       Tralie
             B       Ontwrigte
             C       Antesedente
             D       Geërfde

     2.2.3   Die volgende eienskappe beskryf die dendritiese dreineringspatroon
             waar ... en ...

             (i)     sytakke met skerp hoeke aansluit
             (ii)    afwisselende harde en sagte rotslae voorkom
             (iii)   sytakke kort is en reghoekig aansluit
             (iv)    die vertakkingspatrone lyk soos die takke van ŉ boom

             A       (i) en (ii)
             B       (ii) en (iii)
             C       (ii) en (iv)
             D       (i) en (iv)

     2.2.4   Die ... patroon ontstaan waar ŉ rivier sy loop behou selfs nadat die land
             opgehef is as gevolg van tektoniese beweging.

             A       antesedente
             B       geërfde
             C       tralie
             D       ontwrigte

                                                                                          b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                            GEOGRAFIE                                  12
                                            (VRAESTEL 1)                    10781/24

Verwys na die dreineringspatrone wat in sketse A en B hieronder geïllustreer
word om VRAAG 2.2.5 en 2.2.6 te beantwoord.

                                         [Bron: Eksaminator se eie skets]

2.2.5   Die dreineringspatroon wat deur A voorgestel word, is …

        A    radiaal.
        B    sentripetaal.
        C    reghoekig.
        D    dendrities.

2.2.6   Dreineringspatrone A en B ontwikkel onderskeidelik op ...

        A    homogene en reghoekige strata.
        B    ŉ koepel en ŉ sentrale bekken.
        C    bergagtige en rotsagtige streke.
        D    skuins en horisontale strata.

Verwys na die dreineringspatrone wat in sketse C, D en E hieronder
geïllustreer word om VRAAG 2.2.7 en 2.2.8 te beantwoord.

             C                       D                         E

   [Bron: http://www.civil.northwestern.edu/people/dowding/airphoto/Air%20Photo%
                                                                 20Elements.html]

                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                     13
                                                 (VRAESTEL 1)                    10781/24

      2.2.7   Rangskik sketse C, D en E volgens die toename in dreineringsdigtheid.

              A     C; E; D
              B     E; D; C
              C     D; C; E
              D     D; E; C

      2.2.8   Die dreineringsdigtheid in skets C verteenwoordig ŉ dreineringsbekken
              in ŉ streek met ... gradiënte en ... deurlaatbaarheid van die rotsstruktuur.

              A     steiler; lae
              B     steiler; hoë
              C     sagte; lae
              D     sagte; hoë                                                       (8 x 1)    (8)

2.3   Bestudeer die skets hieronder van ŉ gevlegte rivierkanaal.

                                                            A

                          B

               [Aangepas uit https://people.uwec.edu/jolhm/NZ/Below/Home.html]

      2.3.1   Definieer die konsep gevlegte rivierkanaal.                            (1 x 2)    (2)

      2.3.2   Identifiseer die fluviale (rivier) kenmerke gemerk A en C.             (2 x 1)    (2)

      2.3.3   (a)   Kies die korrekte antwoord uit die opsies tussen hakies.
                    Die (boonste/middel/benede) fluviale loop word in die skets
                    uitgebeeld.                                                 (1 x 1)         (1)

              (b)   Verskaf DRIE bewysstukke uit die skets om jou antwoord op
                    VRAAG 2.3.3 (a) te ondersteun.                            (3 x 1)           (3)

      2.3.4   Teken ŉ benoemde, vryhand deursnee skets langs lyn B – C.              (3 x 1)    (3)

      2.3.5   Verduidelik waarom ŉ toeris nie ŉ kampeerterrein by punt C moet oprig
              nie.                                                            (2 x 2)           (4)

                                                                                                b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE                                        14
                                                   (VRAESTEL 1)                    10781/24

2.4   Bestudeer die volgende inligting oor stroomroof.

                               STROOMROOF IN WILDERNIS

      ŉ Stroomroof-terrein kan nege kilometer langs die Georgesvalleipad, by die
      afdraai na die Wolkberg-wildernisgebied gevind word, ŉ punt aan die
      Lethabarivier waar ŉ prehistoriese daad van “stroomroof” tydens die proses
      van terugwaartse erosie plaasgevind het. Dit was hier, baie lank gelede dat
      die Groot Lethabarivier terugwaarts in die heuwels geërodeer het en die bolope
      van die Mohlapitserivier gesteel het. Vandag vloei die Lethabarivier vinnig en
      helder op hierdie plek, terwyl die Mohlapitse, ontneem van die voorheen sterk
      vloei, nou ŉ deurweekte en ontwrigte vleiland is wat onseker is oor hoe dit krag
      sal versamel en afvloei in die verre Olifantsrivier.
                      [Bron: https://www.iinfo.co.za/content/river-capture-site-georges-valley]

              Lethabarivier          Mohlapitserivier                             B
                               A
                                                                                      C

                                                                                    D
                     Voor Stroomroof                           Na stroomroof
                                                             [Bron: Eksaminator se eie skets]

      2.4.1    Definieer die konsep stroomroof.                                           (1 x 2)    (2)

      2.4.2    Verskaf die geomorfologiese terme vir die kenmerke wat aangedui word as:

               (a)   Die hoogliggende gebied A                                            (1 x 1)    (1)

               (b)   ŉ Gevolglike kenmerk van stroomroof gemerk B                         (1 x 1)    (1)

      2.4.3    Haal bewyse uit die gevallestudie aan dat die ongeskikte stroom in
               gebied C voorkom.                                                 (1 x 1)             (1)

      2.4.4    Bespreek hoe die vloei-eienskappe in die Groot Lethabarivier sal
               verander na stroomroof.                                          (2 x 2)              (4)

      2.4.5    Beskryf die impak op boerderybedrywighede langs die Mohlapitserivier
               ná stroomroof.                                                 (3 x 2)                (6)

                                                                                                     b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                    GEOGRAFIE                                     15
                                                    (VRAESTEL 1)                  10781/24

2.5     Bestudeer die artikel hieronder oor rivierbestuur in KwaZulu-Natal.

        KZ-N-RIOOLLEKKASIE 'N TEELAARDE VIR SIEKTES, WAARSKU
        KENNER

        Die Westbrook, Bronze, Umhlanga, Umdloti, Isipingo, Reunion, Pipeline, Toti
        Main, Warner, Baggies, Winklespruit, Garvies en Ansteys strande is gesluit
        vanaf 7 Oktober. Nie net is strande gesluit nie, skrikwekkende E-coli-
        monsterversamelingsresultate, 'n verdoemende Bloudruppelverslag en
        rioollekkasies het die provinsie se gebrek aan voldoende infrastruktuur
        vererger. Paaie en kritieke infrastruktuur, insluitend 'n aantal
        watersuiweringsaanlegte en pype, is in die laaste seisoen van oorstromings
        beskadig en is nog nie herstel nie. Beeldmateriaal van rou riool wat van die Port
        Shepstone-hospitaal na die nabygeleë uMzimkhulurivier vloei, het weereens die
        kollig op KwaZulu-Natal se haglike waterbehandelingskrisis geplaas.

        Volgens Mxolisi Kaunda, burgemeester van eThekwini, was Johannaweg en
        Ohlange rioolpompstasies en die Noordelike Afvalwaterbehandelingswerke.
        grootliks verantwoordelik vir hoë E-coli-lesings en kommer oor watergehalte.

        In ŉ onderhoud met The Citizen, het professor Anthony Turton van die
        Universiteit van Vrystaat se Sentrum vir Omgewingsbestuur, 'n somber prentjie
        van KZN se waterprobleme geskets. Turton het gesê rioolrisiko's in KZN hou
        verband met hepatitis A, wat 'n watergedraagde patogeen is. "Dit beteken dat
        ons patogene in ,vleilande en akwatiese ekosisteme aan 'n wye verskeidenheid
        middels blootstel," het Turton gewaarsku.

      [Aangepas uit https://www.citizen.co.za/news/south-africa/kzn-sewage-leaks-disease-
                                                                 warning-10-october-2022]

2.5    2.5.1 Definieer die konsep rivierbestuur.                                        (1 x 2)    (2)

       2.5.2 Wat was die hoofbron van besoedeling wat gelei het tot die sluiting van
             die strande in KwaZulu-Natal?                                       (1 x 1)           (1)

       2.5.3 Haal bewyse uit die artikel aan wat daarop dui dat die gebrek aan
             instandhouding van infrastruktuur tot die besoedeling van die riviere gelei
             het.                                                                 (1 x 2)          (2)

       2.5.4 Watter impak kan die besoedeling wat in die artikel geïdentifiseer is op
             die natuurlike omgewing hê?                                          (1 x 2)          (2)

       2.5.5 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls volhoubare strategieë
             wat deur die eThekwini-munisipaliteit geïmplementeer kan word om die
             besoedeling van die riviere in KwaZulu-Natal te verminder.       (4 x 2)              (8)
                                                                                                  [60]

                                                                    TOTAAL AFDELING A:            120

                                                                                                   b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                GEOGRAFIE                                       16
                                                (VRAESTEL 1)                    10781/24

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                   ALGEMENE INLIGTING OOR ALIWAL-NOORD

                                                 Aliwal-Noord

  Koördinate: 30°42′S ; 26°42′O

  Aliwal-Noord (amptelik Maletswai) is ŉ dorp in sentraal Suid-Afrika aan die oewer
  van die Oranjerivier in die Oos-Kaapprovinsie. Die nedersetting is oorkant die
  Oranjerivier geleë, net onderkant sy samevloeiing met die Kraairivier. In die
  suidweste van die dorp styg die Kramberg tot 2 000 m bo seespieël. In Aliwal-
  Noord is die somers warm, die winters is kort, koud en droog. Die maand met die
  natste dae in Aliwal-Noord is Februarie, met gemiddeld 9,1 dae met minstens
  1 mm neerslag.
                                   [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/aliwal noorde]

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon.

ENGLISH                                      AFRIKAANS

River                                        Rivier
Orange                                       Oranje
Furrow                                       Voor
Recreation                                   Ontspanning
Church                                       Kerk
Valley                                       Vallei

                                                                                                 b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                GEOGRAFIE                                  17
                                                (VRAESTEL 1)                10781/24

3.1   KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      3.1.1   In watter provinsie is Aliwal-Noord geleë?

              A     Wes-Kaap
              B     Oos-Kaap
              C     Gauteng
              D     Mpumalanga                                                   (1 x 1)    (1)

      3.1.2   Die koördinate vir Aliwal-Noord is 30°42′S ; 26°42′O.

              Die 30° S verwys na die (lengte-/breedtegraad).                    (1 x 1)    (1)

      3.1.3   Verwys na die begraafplaas in blok D1 op die topografiese kaart.

              Bereken die oppervlakte in m² van die begraafplaas in blok D1 as die
              lengte 1,1 cm en die breedte 0,7 cm is.

              Formule: Lengte x Breedte                                          (3 x 1)    (3)

      3.1.4   Verwys na die topografiese kaart.

              (a)   Bereken die ware peiling vanaf trigonometriese stasie 56 in blok
                    C2 tot hoogtepunt 1398 in blok E2.                           (1 x 1)    (1)

              (b)   Bereken die magnetiese peiling vanaf trigonometriese stasie 56 in
                    blok C2 tot hoogtepunt 1398 in blok E2 as die huidige magnetiese
                    deklinasie 24° 43' wes van ware noord is.                  (2 x 1)      (2)

                    Formule: Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese
                             deklinasie

              (c)   Waarom is dit belangrik om die huidige magnetiese peiling te
                    bereken?                                                    (1 x 2)     (2)

3.2   KAARTINTERPRETASIE

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.2.1   (a)   Verwys na R in blok A3. Die dominante dreineringspatroon in
                    hierdie blok is ...

                    A    dendrities.
                    B    tralie.
                    C    parallel.
                    D    radial                                                  (1 x 1)    (1)

              (b)   Vergelyk die dreineringsdigtheid by R in blok A3, en S in blok B3.
                                                                                 (2 x 1)    (2)

                                                                                            b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                GEOGRAFIE                                   18
                                                (VRAESTEL 1)                 10781/24

              (c)   Lewer bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord op
                    VRAAG 3.2.1 (b) te regverdig.                            (1 x 2)         (2)

      3.2.2   (a)   Verwys na sytak T in blok B4 en B5, op die topografiese kaart. In
                    watter rigting vloei die sytak?                            (1 x 1)       (1)

              (b)   Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord op
                    VRAAG 3.2.2 (a) te ondersteun.                            (1 x 2)        (2)

      3.2.3   Verwys na lyne 6 – 7 in blok A3 – B3 op die ortofotokaart.

              (a)   Teken ŉ benoemde, vryhand-deursnit vanaf punt 6 tot punt 7 soos
                    op die ortofotokaart getoon.                              (2 x 1)        (2)

              (b)   Verwys na punt 7 op die ortofotokaart. Verduidelik waarom
                    afsetting die hoofsaaklike proses is, wat op hierdie punt plaasvind.
                                                                                  (1 x 2)    (2)

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Lees die uittreksel hieronder om VRAAG 3.3.1 te beantwoord.

      Die nuwe eienaar van die plaas (Waaiplaas), in blok A5 (op die topografiese
      kaart) wil die beste plek identifiseer om sy beeste te laat wei.

      3.3.1   Identifiseer EEN van die GIS-prosesse wat die boer kan gebruik om die
              beste plek te identifiseer om sy beeste te laat wei.            (1 x 1)        (1)

      Verwys na Waaiplaas in blok A5 op die topografiese kaart.

      3.3.2   (a)   Noem EEN mensgemaakte puntkenmerk in blok A5, wat gebruik
                    word om grondwater te onttrek.                       (1 x 1)             (1)

              (b)   Noem EEN mensgemaakte lynkenmerk in blok A5, wat gebruik
                    word om die vloei van water te beheer.               (1 x 1)             (1)

                                                                                             b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                          GEOGRAFIE                                   19
                                          (VRAESTEL 1)                  10781/24

Verwys na beeld A en beeld B van blok D3, op die ortofotokaart.

A en B is beelde van die nedersetting in blok D3.

        A                                           B

                                     [Bron: Eksaminator se aangepaste brokkie]

3.3.3   (a)   Watter beeld, A of B, illustreer ŉ hoë resolusie beeld?       (1 x 1)    (1)

        (b)   Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.3 (a).                     (1 x 2)    (2)

        (c)   Verduidelik waarom beelde A en B voorbeelde van rasterdata is.
                                                                       (1 x 2)         (2)
                                                     TOTAAL AFDELING B:                30

                                                                         TOTAAL:      150

                                      EINDE

## Related documents

- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/9f9f46f5-415d-417f-a86c-3c476edee1db) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Geography · Memo · 2025 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P1 (Afrikaans) 2020 Preparatory Addendum](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p1-afrikaans-2020-preparatory-addendum/508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a) — Geography · Addendum · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023
- [3319AD CERES P2 2023](https://www.hlayiso.com/library/3319ad-ceres-p2-2023/e59d10d9-e9bb-4d2e-a83b-57323570f7bc) — QP · 2023
- [2023 MP June Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-mp-june-memo/6e8232db-6403-4401-b3a8-88ab9b8892cc) — Memo · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
