# Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/b7171167-c4b0-429b-a810-e3cfc5495b08
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/geography) › [Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/b7171167-c4b0-429b-a810-e3cfc5495b08)

## About this document

Geography · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 12 Geography P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-geography-p2-afrikaans-2024-possible-answers/e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
            2024

            10782

          GEOGRAFIE

         (VRAESTEL 2)

                        TYD: 3 uur

                        PUNTE: 150

                        22 bladsye

                                     b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               GEOGRAFIE                                 2
                                               (VRAESTEL 2)                   10782/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

     AFDELING A
     VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTING (60)
     VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60)

     AFDELING B
     VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)

2.   Beantwoord AL DRIE vrae.

3.   ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.

4.   Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is.

5.   Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

7.   MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.

8.   Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.

9.   Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of ŉ lys
     moet maak.

10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
    14 °C en 45 m.

11. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

12. Jy mag ŉ vergrootglas gebruik.

13. Skryf netjies en leesbaar.

SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B

14. 'n 1: 50 000 topografiese kaart VANRHYNSDORP (VREDENDAL) 3118DA en 'n
    1: 10 000 ortofotokaart VREDENDAL 3118 DA 11 en 16 word verskaf.

15. Die area wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
    verteenwoordig die area wat deur die ortofotokaart gedek word.

16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.

17. Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
    eksamensessie by die toesighouer inhandig.

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               GEOGRAFIE                                  3
                                               (VRAESTEL 2)                 10782/24

AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE
            GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA

VRAAG 1:    LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS

1.1 Verwys na die FIGUUR hieronder.

    Verskeie opsies word as moontlike antwoord op die volgende vrae gegee. Kies die
    antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8)
    in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

                SLEUTEL
                  Pad
              Huise

                                                      [Bron: Eksaminator se eie skets]

    1.1.1     Die patroon van die nedersetting by A is …

              A   geïsoleerde plaasopstalle.
              B   verspreid.
              C   kernvormig.
              D   dorpie.

    1.1.2     Die vorm van die nedersetting by B is …

              A   T-vormig.
              B   ŉ kruispad.
              C   kernvormig.
              D   rond.

    1.1.3     Die vorm van die nedersetting by C is bepaal deur die …

              A   nabyheid aan die SSK.
              B   behoefte aan privaatheid.
              C   rivier.
              D   pad.

                                                                                              b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              GEOGRAFIE                                    4
                                              (VRAESTEL 2)                  10782/24

1.1.4   Verwys na die hiërargie van nedersettings hieronder om die vraag wat
        volg te beantwoord.

        Die nedersetting by D (in die figuur op bl. 3) is … op die hiërargie as
        gevolg van … in die aantal dienste.

                                      Hiërargie van nedersettings

                                                hoofstad
                                              konurbasie
            toename in                                                       afname in
            bevolking en                         stad                        hoeveelheid
            gebied                                                           dienste
                                              groot dorp
                                              klein dorpie
                                                 dorpie
                                              gehuggie
                                     geïsoleerde geboue/plaasopstalle

                                        hoeveelheid nedersettings
                      [Bron: https://www.buddinggeographers.com/rural-and-urban-settlement/]

        (i)      hoër
        (ii)     laer
        (iii)    ŉ toename
        (iv)     ŉ afname

        A       (i) en (iv)
        B       (i) en (iii)
        C       (ii) en (iv)
        D       (ii) en (iii)

                                                                                               b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                            GEOGRAFIE                                        5
                                            (VRAESTEL 2)                  10782/24

1.1.5 In die diagram hieronder beoefen die … boer … boerdery.

               [Bron: https://forestrypedia.com/difference-between-substance-farming-and-
                                                     subsistence-farming/#google_vignette]

      (i)       bestaans
      (ii)      kommersiële
      (iii)     monokultuur
      (iv)      gemengde

      A         (i) en (iii)
      B         (i) en (iv)
      C         (ii) en (iii)
      D         (ii) en (iv)

1.1.6 Die keuse van die ligging van 'n landelike nedersetting kan bepaal
      word deur die ...

      A       aspek.
      B       nabyheid aan 'n spoorwegstasie.
      C       verbinding met ander nedersettings.
      D       bestaande infrastruktuur.

1.1.7 Verstedeliking verwys na die …

      A beweging van mense vanaf landelike gebiede na stede vir beter
        geleenthede.
      B toenemende persentasie van die totale bevolking wat in
        stedelike gebiede woon.
      C afname in die aantal mense wat in landelike gebiede woon.
      D aantal mense wat in 'n stedelike gebied woon.

                                                                                                 b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GEOGRAFIE                                   6
                                                  (VRAESTEL 2)                 10782/24

       1.1.8 'n Sentrale plek verskaf goedere en dienste aan die omliggende ...

              A    voorstede.
              B    dorpe.
              C    landelike gebiede.
              D    stede.                                                       (8 x 1) (8)

1.2   Kies 'n woord/term opsie uit KOLOM B wat by die prentjie in KOLOM A pas. Skryf
      slegs die letter Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
      ANTWOORDBOEK, bv. 1.2.8 Z.

                            KOLOM A                                         KOLOM B
      1.2.1                                                       Y   Gespesialiseerde dorp
                                                                  Z   Sentrale plek

              [Bron: https://www.hellogardenroute.co.za/about-
                       the-garden-route/about-plettenberg-bay/]
      1.2.2                                                       Y   Poortdorp
                                                                  Z   Vragverbrekingsdorp

                    [Bron: https://www.gettyimages.com/detail/
                   photo/shipping-and-trucking-transportation-
                        industry-royalty-free-image/98154502?
                                               adppopup=true]

                                                                                                  b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                      GEOGRAFIE                               7
                                      (VRAESTEL 2)               10782/24

1.2.3                                                      Y   Poortdorp
                                                           Z   Aansluitingsdorp

                                    [Bron: Google Earth]
1.2.4                                                      Y   Gespesialiseerde
                                                               dorp
                                                           Z   Sentrale plek

                    [Bron: https://za.pinterest.com/pin/
                                 732538695644573803/]
1.2.5                                                      Y   Aansluitingsdorp
                                                           Z   Poortdorp

          De Aar is 'n groot aansluiting waar die
          Kaapstad-Kimberley-hooflyn 'n lyn van
          Port Elizabeth en 'n ander lyn vanaf
          Upington ontmoet.
                                                                                  b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                            GEOGRAFIE                                     8
                                            (VRAESTEL 2)                  10782/24

1.2.6                                                              Y   Sentrale plek
                                                                   Z   Gespesialiseerde
                                                                       dorp

        Die eerste skool is in 1683 geopen, maar
        onderwys op die dorp het in alle erns in 1859
        begin met die opening van die oudste skool vir
        meisies in Suid-Afrika.
              [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Stellenbosch]
1.2.7                                                              Y   Poortdorp
                                                                   Z   Handel- en
                                                                       vervoerstad

         [Bron: https://www.exportersec.co.za /2020/09/10/port-
            of-pe-making-its-mark-in-the-bumper-fruit-season/]
                                                                                (7 x 1) (7)

                                                                                              b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                         9
                                                 (VRAESTEL 2)                   10782/24

1.3   Verwys na die infografika hieronder oor grondhervorming in Suid-Afrika.

      GRONDHERVERDELING KAN NUWE WERKSGELEENTHEDE IN LANDBOU
                         IN SUID-AFRIKA SKEP

      Grondhervorming is nodig in post-apartheid Suid-Afrika om te help om oorgeërfde
      historiese ongeregtighede aan te spreek, veral dié wat voortspruit uit die
      grondonteiening van die swart meerderheid. Dit behels die terugbetaling van
      grond aan individue en gemeenskappe wat hul huise en grond verloor het weens
      gedwonge verskuiwings. Dit skep ook veilige regte op grond wat deur die swart
      meerderheid besit word. Daarbenewens het die proses ten doel om 'n meer
      regverdige patroon van grondbesit te skep.
       [Bron: https://mg.co.za/news/2020-06-08-study-shows-land-redistribution-can-create-new-
                                                           jobs-in-agriculture-in-south-africa/]

                             [Bron: https://www.landreformfutures.org/]

      1.3.1   Definieer die term grondherverdeling.                                     (1 x 2)         (2)

      1.3.2   Haal uit die gedeelte hierbo aan, waarom grondhervorming nodig is in ŉ
              post-apartheid Suid-Afrika.                                    (1 x 1)                    (1)

      1.3.3    Noem 'n voordeel van grondhervorming, wat sigbaar is in die prent.
                                                                                (1 x 2)                 (2)

      1.3.4   Stel uitdagings voor wat ondervind word in die implementering van
              grondhervorming in Suid-Afrika.                                 (2 x 2)                   (4)

      1.3.5   Verduidelik die positiewe impak van grondhervorming op landelike
              gemeenskappe in Suid-Afrika.                                    (3 x 2)                   (6)

                                                                                                       b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                       10
                                                 (VRAESTEL 2)                10782/24

1.4    Verwys na die diagram hieronder oor grondgebruiksones.

                                    PARKERVILLESTAD
      Winkelsentrum                                                Swaar industrie

                                          Kragstasie

                                                                                     spoorlyn

                                Middelinkomste
                                residensieel

      Hoë-inkomste
      residensieel                                         OORGANGSONE

      Gholfbaan

                                     Ligte industrie     Lae inkomste behuising

                                                                           Lughawe

                                                                    [Bron: Eksaminator se eie skets]

        1.4.1     Identifiseer die grondgebruiksone wat deur A in die diagram aangedui
                  word.                                                         (1 x 1)               (1)

        1.4.2     Verskaf bewyse uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.4.1 te
                  staaf.                                                     (1 x 2)                  (2)

        1.4.3     Identifiseer 'n kommersiële aktiwiteit in Parkervillestad wat
                  gedesentraliseer is.                                                 (1 x 2)        (2)

        1.4.4     Verduidelik waarom die aktiwiteit genoem in VRAAG 1.4.3
                  gedesentraliseer het.                                               (1 x 2)         (2)

        1.4.5     Die grondgebruiksmodel wat in die skets hierbo uitgebeeld word,
                  stem baie ooreen met die (meervoudige nuklei/Derdewêreldstad).
                                                                               (1 x 2)                (2)

        1.4.6     Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.5.                        (1 x 2)         (2)

        1.4.7     Bespreek TWEE faktore, sigbaar op die diagram, wat die ligging van
                  die hoë-inkomste residensiële sone beïnvloed het.            (2 x 2)                (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE                                      11
                                                   (VRAESTEL 2)                    10782/24

1.5   Verwys na die artikel oor dienslewering in stedelike gebiede en beantwoord die vrae
      wat volg.

        BASIESE WATERDIENSTE IN SUID-AFRIKA IS VERVALLE NA JARE VAN
                              VOORUITGANG

      Die watersituasie in Suid-Afrika het versleg. Die betroubaarheid van waterdienste
      en infrastruktuur, soos getoon deur gereelde watertoevoeronderbrekings was in 'n
      afwaartse neiging.

      Die agteruitgang van die land se waterinfrastruktuur en die werklike lewering van
      betroubare en veilige watervoorsiening kan toegeskryf word aan onderinvestering
      in infrastruktuurinstandhouding en vertragings in die hernuwing van ou
      infrastruktuur. Ander bydraende faktore sluit in swak bestuur, beperkte begrotings,
      swak inkomstebestuur deur plaaslike munisipaliteite, die wanbesteding van fondse,
      en ŉ gebrek aan kapasiteit of nodige tegniese vaardighede wat verband hou met
      waterdienste en sanitasiebedryf en instandhouding.
        [Bron: https://theconversation.com/basic-water-services-in-south-africa-are-in-decay-after-
                                                                       years-of-progress-185616]

      1.5.1   Waarom word die watervoorsiening in stedelike gebiede as 'n onreg
              beskou?                                                           (1 x 2)                 (2)

      1.5.2   Identifiseer 'n rede, vanuit die leesstuk, vir die agteruitgang van die land se
              waterinfrastruktuur en die werklike lewering van betroubare en veilige
              water.                                                                   (1 x 1)          (1)

      1.5.3   Verduidelik hoe verstedeliking bydra tot die swak watervoorsiening in
              stedelike gebiede.                                                  (1 x 2)               (2)

      1.5.4   Beskryf die sosiale impak van swak watervoorsiening in stedelike gebiede.
                                                                                 (1 x 2)                (2)

      1.5.5   In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, maak voorstelle hoe plaaslike
              munisipaliteite 'n groot waterkrisis kan vermy en watersekerheid kan
              verbeter.                                                            (4 x 2)              (8)
                                                                                                       [60]

                                                                                                      b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                     GEOGRAFIE                                      12
                                                     (VRAESTEL 2)                   10782/24

VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE

2.1 Pas elke tipe nywerheid in die diagram hieronder by die beskrywings wat volg.

     Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die
     ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.8 H.

                                        Geskoolde arbeidsmag                      SLEUTEL
               Ru-olie
               ontginning                                                 Woud    Paaie

                   G Storing van olie
                                                          B
                                  D Gevriesde kos      Microchip
                                                       industrie

                                           Secunda   Ngodwana
                                                     Meule

    F Kragstasie
                                                                                 A Papierfabriek
                     E Melkfabriek
                                                                    C
                                                                   Internet

 [Bron:https://www.godigit.com/business-insurance/business-terms/different-types-of-industries,
   https://www.dreamstime.com/illustration/paper-mill.html, https://www.freepik.com/free-photos-
                                                                            vectors/milk-factory]

     2.1.1    Hierdie bedryf verbind prosesse soos die verfyning en vervaardiging van
              onderdele wat noodsaaklik is vir die finale produk.

     2.1.2    Hierdie tipe bedryf verskaf kommunikasiedienste, insluitend mobiele en
              internetverbinding.

     2.1.3    Hierdie bedryf het sy ligging gebaseer op die toegang tot hoogs
              geskoolde werkers.

     2.1.4    Hierdie bedryf is naby die klante geleë aangesien hul produk bederfbaar is.

     2.1.5    Nywerhede wat naby die natuurlike hulpbronne geleë is wat benodig
              word vir vervaardiging

     2.1.6    Hierdie bedryf kan omgewingsimplikasies hê as gevolg van
              hulpbronontginning, afvalgenerering en uitlaatgasse (besoedeling).

     2.1.7    Hierdie bedryf vervaardig produkte vir alledaagse gebruik.
                                                                                          (7 x 1)    (7)

                                                                                                     b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE                                     13
                                                   (VRAESTEL 2)                   10782/24

2.2       Verwys na die infografiek hieronder oor steenkoolmynbou in Suid-Afrika.

          Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
          (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.2.9 A.

      Steenkoolmynbou vind hoofsaaklik in                  ELEKTRISITEITSPRODUKSIE
      Mpumalanga en Limpopo plaas. Op
      30 Junie 2023 is daar 'n geraamde                    Steenkool word hoofsaaklik as
      5 106 Mt steenkoolreserwes van                       brandstof gebruik om elektrisiteit deur
      operasionele myne. Ongeveer 48% van                  verbranding op te wek. Termiese
      hierdie reserwes is in Mpumalanga                    steenkool word in kragstasies gebruik
      gebaseer en 50% is in Limpopo geleë,                 om elektrisiteit op te wek.
      grootliks gekonsentreer in een myn wat
      reserwes van ongeveer 2 568 Mt verklaar
      het.

 [Bron: https://www.energy.gov.za/files/docs/SA-Mining-Sector-Performance-Quarter1of2023.pdf,
 https://www.news24.com/fin24/economy/sa-still-heavily-reliant-on-coal-for-electricity-report-20220405,
 https://www.energy.gov.za/files/docs/SA-Mining-Sector-Performance-Quarter1of2023.pdf]

       2.2.1   Die meeste Suid-Afrikaanse steenkoolreserwes is in ... geleë

               A    Gauteng
               B    die Oos-Kaap
               C    Limpopo
               D    die Wes-Kaap

                                                                                                    b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                           GEOGRAFIE                                  14
                                           (VRAESTEL 2)               10782/24

2.2.2   Steenkoolmynbou dra by tot … armoede en lei tot die … van die
        natuurlike omgewing.

        (i)     verminderde
        (ii)    verhoogde
        (iii)   agteruitgang
        (iv)    bewaring

        A       (i) en (iii)
        B       (ii) en (iii)
        C       (iii) en (iv)
        D       (i) en (iv)

2.2.3    Steenkoolmynbou word onder die … ekonomiese sektor geklassifiseer.

        A       primêre
        B       sekondêre
        C       tersiêre
        D       kwarternêre

2.2.4   Steenkool dra … % by tot die BBP van Suid-Afrika.

        A       5
        B       25
        C       35
        D       39

2.2.5   Skommelinge in steenkoolpryse beïnvloed Suid-Afrika se ekonomie op
        die volgende maniere:

        A       Dit het geen noemenswaardige impak op die ekonomie nie.
        B       Hoër pryse lei tot verhoogde BBP, terwyl laer pryse BBP verminder.
        C       Laer pryse lei tot verhoogde BBP, terwyl hoër pryse BBP verminder.
        D       Skommelinge in steenkoolpryse raak net die mynbousektor.

2.2.6   'n Faktor wat die ontginning van steenkool in Suid-Afrika bevoordeel, is:

        A       Rotslae het hoër temperature
        B       Steenkoolreserwes is naby aan die oppervlak
        C       Fluktuasie in pryse
        D       Nasionalisering van myne

2.2.7   Steenkool in Suid-Afrika word hoofsaaklik gebruik vir die produksie van ...

        A       elektrisiteit.
        B       sement.
        C       staal.
        D       papier.

                                                                                       b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                        15
                                                 (VRAESTEL 2)                  10782/24

      2.2.8   Die positiewe ekonomiese impak van steenkoolmyne sluit in:

              A     Stimuleer ekonomiese groei in omliggende gebiede
              B     Oorbenutting van bestaande infrastruktuur
              C     Stakings vir hoër lone
              D     Moedig onwettige mynbou aan

                                                                                        (8 x 1)    (8)

2.3   Verwys na die infografika hieronder wat inligting oor Karan Beesvleis toon en
      beantwoord die vrae wat volg.
                           KARAN BEESVLEIS IN SUID-AFRIKA

 Ons beesvoerkrale is by die                            BEESVLEIS UITVOERE
 Heidelberg-, Nigel- en Albert                     Karan Beesvleis uitvoere in ŉ jaar
 Valle-beesplase geleë. Die
 Heidelberg-plaas is die grootste

                                      Kilogram
 voerkraal ter wêreld met 2 330
 hektaar.

                                                                 Lande

                                                              Heidelberg en Nigel

                                                              Albert valle

                                                               [Bron: https://www.karanbeef.com/]

      2.3.1   (a)   Noem TWEE provinsies waarin Karan Beesvleis gevind word. (2 x 1)                   (2)

              (b)   Identifiseer EEN klimatologiese faktor wat beesvleisboerdery
                    bevoordeel in die provinsies wat in VRAAG 2.3.1 (a) geïdentifiseer is.
                                                                                   (1 x 2)             (2)

                                                                                                   b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                    GEOGRAFIE                                      16
                                                    (VRAESTEL 2)                   10782/24

      2.3.2    Volgens die grafiek, hoeveel kilogram beesvleis voer Karan Beesvleis na China
               uit?                                                               (1 x 1)   (1)

      2.3.3    Verduidelik hoe droogtetoestande beesvleisuitvoere negatief sal beïnvloed.
                                                                                   (2 x 2)               (4)
      2.3.4    Bespreek die sosiale en ekonomiese impak van beesvleisproduksie in
               Suid-Afrika.                                                     (3 x 2)                  (6)

 2.4 Bestudeer die beeld en artikel hieronder oor Saldanhabaai IDZ en beantwoord die
     vrae wat volg.

   SALDANHABAAI SE IOS HET MEER AS R3 MILJARD IN BELEGGINGS GELOK.

 Beleggingsooreenkomste in die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone (IOS) is
 altesaam meer as R3 miljard. Die ekonomie van die Saldanhabaai IOS is gebaseer op
 die vervaardiging, landbou/visvang, toerisme en hawe industrieë. Landgebaseerde en
 sommige mariene infrastruktuur word gevestig, en samewerking met Transnet vir
 bykomende hawefasiliteite is aan die gang. Die beleggings word beskou as die
 onderskraging van industriële waardekettings en die bevordering van plaaslike
 ekonomiese groei.
[Aangepas uit https://www.businesslive.co.za/bd/national/2019-02-19-saldanha-bays-idz--has-attracted-
                                                    more-than-r3bn-in-investments/#google_vignette]

      2.4.1    Definieer die term Industriële Ontwikkelingsone.                          (1 x 2)        (2)

      2.4.2    Met verwysing na die beeld, identifiseer die infrastruktuur wat ontwikkel het
               as gevolg van die ekonomiese aktiwiteite in die Saldanhabaai-IOS. (1 x 2)                (2)

      2.4.3    Verwys na die bron en identifiseer EEN nywerheidsaktiwiteit in die
               Saldanhabaai-IOS.                                                  (1 x 1)               (1)

                                                                                                    b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE                                         17
                                                   (VRAESTEL 2)                     10782/24

      2.4.4   Bespreek faktore wat die ontwikkeling van die Saldanhabaai-IOS
              bevoordeel.                                                                  (2 x 2)        (4)

      2.4.5   Verduidelik hoe die Saldanhabaai-IOS plaaslike gemeenskappe
              beïnvloed.                                                                   (3 x 2)        (6)

2.5   Verwys na die infografika hieronder oor die informele sektor in 'n nywerheidstreek.

                                                         In die PWV-streek is 52,6% van die
                                                         ekonomies aktiewe bevolking werksaam,
                                                         met 77% in die formele sektor. Die
                                                         finansiële sektor loop voor met 26,1%,
                                                         gevolg deur handel en kleinhandel teen
                                                         22%. Gemeenskapsdienste het 17% in
                                                         diens, terwyl die landbou slegs 0,6%
                                                         verteenwoordig. Boonop werk 3,8% in die
                                                         groeiende informele sektor, veral in
                                                         handel en selfstandige ondernemings.

                                                         Plumber = Loodgieter     Plaster = Pleister
                                                         Builder = Bouer          Rhinolite
                                                         Welder = Sweiser         Electrician = Elektrisiën
                                                         Tiler = Teëler
                      [Bron: https://www.statssa.gov.za/publications/P0211/P02112ndQuarter2022.pdf,
                                      https://www.cfr.org/blog/south-africas-unemployment-grows and
                                          https://link.springer.com/article/10.1007/s11356-019-07104-8]

                                                                                                       b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                        GEOGRAFIE                                      18
                                        (VRAESTEL 2)                  10782/24

2.5.1   Identifiseer die industriële streek wat in die infografika aangetoon word.
                                                                             (1 x 1)         (1)

2.5.2   Volgens die infografika, hoeveel mense is tans in die informele sektor
        werksaam?                                                          (1 x 1)           (1)

2.5.3   Watter indiensnemingsektor, van die nywerheidstreek genoem in
        VRAAG 2.5.1, neem die meeste mense in diens?                  (1 x 1)                (1)

2.5.4   Gee TWEE voorbeelde van poste in die informele sektor wat in die
        infografika vertoon word.                                      (2 x 1)               (2)

2.5.5   Hoe kan die informele sektor help om die werkloosheidskoers in die
        industriële streek wat in VRAAG 2.5.1 genoem word, te verminder?
                                                                        (1 x 2)              (2)
2.5.6   In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek faktore wat die
        ekonomiese ontwikkeling van die nywerheidstreek wat in die infografika
        genoem word, bevoordeel.
                                                                        (4 x 2)              (8)
                                                                                            [60]

                                                           TOTAAL AFDELING A:               120

                                                                                        b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                     19
                                                 (VRAESTEL 2)                   10782/24

AFDELING B

VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE

                 ALGEMENE INLIGTING OOR VANRHYNSDORP (VREDENDAL)

                                 Vanrhynsdorp
                    Vredendal

Koördinate: 31°39'3,6"S ; 18°29'9,6"O

Vredendal is 'n dorp in die noordelike Olifantsriviervallei in die Wes-Kaapse provinsie van Suid-
Afrika. Dit lê 250 kilometer noord van Kaapstad en 205 km vanaf die naaste hawe by
Saldanhabaai. Vredendal is verbind deur die N7 nasionale pad deur die R362 en R363 paaie.
Vredendal word bedien deur die Weskus-spoorlyn wat van Kaapstad na Bitterfontein loop.
Vredendal, met sy ontwikkelde infrastruktuur, is die tuiste van die grootste wynkelder in Suid-
Afrika, asook 'n aantal boetiekwynkelders en 'n droëvrugte-depot. Vredendal is ook bekend vir
die volgende landbouprodukte soos druiwe, aartappels, tamaties, uie, pampoene, waatlemoene
en soet spanspekke.
                                                [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Vredendal]

Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
getoon:
ENGLISH                                   AFRIKAANS
Thorn swamp                               Doringvlei
Middel farm                               Middelplaas
River                                     Rivier

                                                                                                 b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                   GEOGRAFIE                                 20
                                                   (VRAESTEL 2)               10782/24

3.1   KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE

      Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.

      3.1.1   Wat is die naam van die naaste hawe aan Vredendal?                   (1 x 1)    (1)

      3.1.2   Van watter Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) vorm die dorp
              Vredendal deel?

              A      Weskus
              B      Maputo korridor
              C      Wildekus
              D      Visrivier                                                     (1 x 1)    (1)

      3.1.3   Vredendal is verbind met die Nasionale Pad (N7) deur die ...

              A     R361 en R362 paaie.
              B     R362 en R363 paaie.
              C     spoorlyn en die R361.
              D     Nasionale pad en die R361.                                     (1 x 1)    (1)

      3.1.4   Verwys na die topografiese kaart.

              Identifiseer die grondgebruik wat geleë is by 31°38’24’’S ; 18°31’19’’O.
                                                                                   (1 x 2)    (2)

      Verwys na die topografiese kaart

      3.1.5   (a)    Bereken die gemiddelde gradiënt tussen ∆167 in blok A1 en ∆ 217
                     in blok A4 op die topografiese kaart.

                     Gebruik die volgende inligting:

                     Vertikale interval: 110,8 m – 95,9 m = 14,9 m

                     Formule:      Vertikale interval (VI)
                                Horisontale ekwivalent (HE)                        (3 x 1)    (3)

              (b)   Hoe bevoordeel jou antwoord op VRAAG 3.1.5 (a) die ligging van die
                    landingstrook in blok A3, op die topografiese kaart?        (1 x 2)       (2)

                                                                                              b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                  GEOGRAFIE                                    21
                                                  (VRAESTEL 2)                10782/24

3.2   KAARTINTERPRETASIE

      Verwys na die topografiese kaart.

      3.2.1   (a)    Noem die straatpatroon by X in Blok A2, op die topografiese kaart.
                                                                                   (1 x 1)      (1)

              (b)    Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart wat die konstruksie van
                     die straatpatroon wat in VRAAG 3.2.1 (a) genoem word, ondersteun.
                                                                                   (1 x 2)      (2)

      3.2.2   Verwys na die Rioolwerke 1 in Blok B4, op die ortofotokaart en blok B3, op
              die topografiese kaart.

              (a)    Waarom verskyn hierdie grondgebruik groter op die ortofoto as die
                     topografiese kaart?                                           (1 x 2)      (2)

              (b)    In watter grondgebruiksone is die rioolwerke geleë?             (1 x 1)    (1)

              (c)    Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om die stelling te
                     ondersteun dat die rioolwerke ideaal geleë is.                 (1 x 2)     (2)

      Verwys na die foto hieronder wat die Vredendal Sonkragpark in blok A1 op die
      topografiese kaart wys.

                                     Vredendal
                                    Sonkragpark

                                                                    [Bron: Google Earth]

      3.2.3   (a)    Wat is die faktore wat sonkragproduksie in hierdie gebied moontlik
                     maak?                                                         (1 x 2)      (2)

              (b)    Stel 'n ekonomiese voordeel van die Sonkragpark voor
                     vir die besighede in Vredendal.                                 (1 x 2)    (2)

                                                                                                b.o.

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
                                                 GEOGRAFIE                                    22
                                                 (VRAESTEL 2)                 10782/24

3.3   GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)

      Verwys na die landingstrook in blok A3 op die topografiese kaart.

      3.3.1   Die landingstrook is 'n voorbeeld van 'n (mensgemaakte/natuurlike)
              lynkenmerk.                                                        (1 x 1)       (1)

      3.3.2   Watter GIS-proses beskryf die afbakening van die landingstrook?

              A   Buffer
              B   Manipulasie
              C   Sekuriteit
              D   Navrae                                                              (1 x 1) (1)

      Verwys na die prent hieronder van oopgroefmyne in blokke C4 en C5 op die
      topografiese kaart.

                                                               [Bron: Google Earth]

      3.3.3   Is die prent hierbo 'n voorbeeld van ŉ (hoog of laag) skuins lugfoto? (1 x 1)    (1)

      3.3.4   Met verwysing na blok C4 en C5 op die topografiese kaart, identifiseer
              EEN infrastruktuurdatalaag wat deur GIS-spesialiste oorweeg is tydens die
              ontwikkeling van die myne.                                          (1 x 1)      (1)

      3.3.5   Waarom was dit belangrik vir GIS-spesialiste om die datalaag wat in
              VRAAG 3.3.4 geïdentifiseer is, te oorweeg?                          (1 x 2)      (2)

      3.3.6   Die prent hierbo is 'n voorbeeld van afstandwaarneming. Hoe kan
              afstandwaarneming gebruik word om die impak van die myn op die
              omgewing te monitor?                                            (1 x 2)          (2)

                                                                    TOTAAL AFDELING B: 30

                                                                              TOTAAL:         150

                                            EINDE

## Related documents

- [GEOGRAPHY P2 GR12 MEMO SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-memo-sept2024-afrikaans/27e1dff3-4bfc-418a-bfa5-07cebbe45d62) — Geography · Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT2022 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept2022-afrikaans-final/b91dfe1d-9155-431b-92ca-f03d443a7a31) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [Gr12 Geography P2 (Afrikaans) SEP 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr12-geography-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853) — Geography · QP · 2022 · Afr
- [GEOGRAFIE P2 GR12 QP SEPT 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-gr12-qp-sept-2020-afrikaans/55a61323-7634-4636-8d3b-14abf69a0a0d) — Geography · QP · 2020 · Afr
- [GEOGRAPHY P2 GR12 QP SEPT 2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr12-qp-sept-2019-afrikaans-final/850a190f-af73-4b51-a4a5-75fcef5ac912) — Geography · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Geography P2 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-geography-p2-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8) — Geography · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Geography

- [Geography P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347) — Memo · 2025 · Afr
- [Geography Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/geography-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/d3fb5096-88f5-455c-a06f-c49c6b862f25) — Memo · 2025
- [Geography P1 May-June 2024 MG Afr.docx](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-geography-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/e693e9b0-f83c-4f6b-b799-09552d4dcf53) — Memo · 2024 · Afr
- [2023 KZN Prelim P1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p1-memo/2556a9a4-272d-4f3d-91da-8232c4b2e6b3) — Memo · 2023
- [2023 KZN Prelim P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/2023-kzn-prelim-p2-qp/4d6a4eeb-5ee5-44a7-9392-783928539ee7) — QP · 2023
- [3224BC GRAAFF REINET A3 Deb](https://www.hlayiso.com/library/3224bc-graaff-reinet-a3-deb/4da5d29a-1c1a-401f-8913-c4f1fe6a6a88) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
