# History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

> Grade 12 History Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/history) › [History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-history-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5)

## About this document

History · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

|

-Vertroulik

basic education

Department:
Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

GESKIEDENIS V2

MEWVJUNIE 2024
GESKIEDENIS V2 PUNTE: 150
NUM | T¥B: 3 ur
10792A
X05

AN

Die vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye
is binne hierdie vraestel ingesluit.

Oba
oh
Kopiereg voorbehou i # Blaai am asseblief

2

2)

2)

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Vertroulik

MAAK ASSEBLIEF HIERDIE ADDENDUM VAN 14 BLADSYE LOS

basic education

Department:
Basic Education
REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

GESKIEDENIS V2
MEIW/JUNIE 2024

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou

Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.

Blaai om asseblief

Re
nwa

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS — Addendum Vertroulik

BRON 1B

Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel wat op 22 September 1989 in die Mail and
Guardian-koerant verskyn het. Dit beklemtoon protesaksie wat deur 771 wit manlike
lede van die ‘ECC’ teen die apartheidsregering se dienspligbeleid onderneem het.

Altesaam 771 wit mans het gister in die openbaar verklaar — by die bekendstelling van
‘n nasionale register van gewetensbeswaardes (teen diensplig) — dat hulle nie in die
Suid-Afrikaanse Weermag diens sou verrig nie. Die geleentheid was die grootste
aanduiding ooit van antidiensplig-sentiment (gevoel) in Suid-Afrika. Dit kom ‘n jaar na
die verbanning van die Veldtog Ten Gunste van die Beéindiging van Diensplig en na
drie jaar van noodregulasies wat dit onwettig maak om die stelse! van militére diensplig
te ondermyn. Daar kan dus deels nie verslag gelewer word oor wat by die verskillende
mediakonferensies regoor die land gesé is nie.

Die 771 het godsdienstige, morele en politieke gronde aangehaal (verwys na) vir die
weiering om enige diens in die Suid-Afrikaanse Weermag te verrig, en gesé ‘die
Weermag word gebruik om die stelsel van apartheid in stand te hou’. Sommige van
hulle het onsteliende ervarings tydens hulle nasionale diensplig as redes aangevoer.
‘Ons het met 'n skoon gewete en op ons eie (vrywillig) besluit dat ons nie in die
Weermag diens kan verrig nie ten spyte van moontlike vervolging en tronkstraf. Ons
maak beswaar daarteen om in die rassistiese Weermag, wat 'n rassistiese regering
ondersteun, diens te verrig en ons is nie bereid om apartheid te verdedig nie,’ het
Chris de Villiers, ECC-takvoorsitter, gesé.

De Villiers het die Minister van Verdediging, Generaal Magnus Malan, uitgedaag om
‘n referendum te hou en te toets hoeveel jong Suid-Afrikaners beswaar maak teen die
verrigting van enige diens in sy weermag. Hy het gesé dat baie van die
beswaarmakers intense druk, in beide hul gemeenskappe en hulle werksplekke, vir
gister se openbare standpunt sou ervaar. De Villiers het aangekondig dat daar
bewaarders (beskermers) van die register in elke streek sou wees vir mense wat hulle
name by die beswaarlys wou voeg.

[Uit Mail and Guardian, 22 September 1989)

Kopiereg voorbehou ee Biaai om asseblief
pat
aie

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 5 DBE/Mei/Sunie 2024
SS/NSS — Addendum Vertroulik

BRON 1D

Die bron hieronder is deel van 'n getuienis wat op 23 Julie 1997 deur dr. Laurie
Nathan, nasionale organiseerder van die Veldtog Ten Gunste van die Be&indiging van
-Diensplig (‘End Conscription Campaign (ECC)') in 1985 en 1986, by die Spesiale
WvVk-verhore in Kaapstad gelewer is. Dit werp lig op hoe die 'ECC'-aktiviste deur die
apartheidsregering onderdruk is.

Die regering se reaksie was om in 1983 die Wet op Verdediging te wysig. Die wysiging
het 'n beperkende en bestraffende (bedoel as straf) opsie van alternatiewe diens
gebied en het ook die straf vir gewetensbeswaar tot 'n maksimum van ses jaar
tronkstraf verhoog. Op hierdie stadium was die duur van verpligte militére diens vir wit
mans 'n totaal van vier jaar wat bestaan het uit twee jaar aaneenlopende diens gevolg
deur jaarlikse kampe van dertig, sestig of negentig dae. Indien die regering gehoop het
dat die wysiging van die Wet op Verdediging die 'War Resistance Movement!
(Oorlogweerstandsbeweging) sou onderdruk, het die drakoniese (baie streng)
maatreéls eerder die teenoorgesteide uitwerking gehad.

Ons veldtogte was treffend van aard en het tot uitgebreide staatsonderdrukking gelei.
Ons is onderwerp aan genadelose belastering (belediging), met die strekking
(betekenis) dat ons verraaiers, lafaards en mamma se seuntjies is. Soos Magnus
Malan dit eens geste! het, dat ons met die kommuniste saamgewerk het en dat ons
van die revolusionére aanslag teen Suid-Afrika deel was. Daar was ook verskeie
voorvaile van fisiese teistering, ‘'ECC’-lede is aangerand, ons huise is met
petrolbomme bestook, daar is met die motorvoertuie van 'ECC'-aktiviste gepeuter, die
remvoerings is gesny en wielmoere is losgemaak.

Dit het later geblyk dat 'n aantal 'ECC'-aktiviste op die moordlys van die Burgerlike
Samewerkingsburo (BSB) was en gedurende die noodtoestand in 1985 is ongeveer
sewentig tot tagtig van ons aktiviste aangehou. Die jongste van hulle was sewentien
jaar oud en die oudste was vyf-en-sewentig jaar oud. Sommige van die aktiviste is
deur die militére intelligensiediens ondervra, ander deur die veiligheidspolisie,
sommige is nooit ondervra nie en nie een is verhoor nie.

[Vit TRC Report — Volume 4: Truth and Reconciliation Commission of South Africa]

Kopiereg voorbehou tf) Biaai om asseblief

HRe

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 7 DBE/Mei/Junie. 2024
SS/NSS — Addendum Vertroulik

BRON 2B

Die bron hieronder is geneem uit die getuienis wat op 9 Junie 1998 deur dr. Schalk van
Rensburg, Direkteur van die Dieresentrum en wetenskaplike adviseur by die
Roodeplaat Navorsinglaboratorium (RNL), by die WVK gelewer het. Dit verskaf
besonderhede oor hoe Eerwaarde Frank Chikane (die Sekretaris-generaal van die
Suid-Afrikaanse Raad van Kerke) vergiftig is.

Die bekendste voorval van vergifting het die moordpoging op die Sekretaris-generaal
van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke, Eerwaarde Frank Chikane, 'n voorste anti-
apartheidstryder, behels. Terwyl Chikane in April 1989 in noordelike Namibié gereis
het, het hy siek geword met wat skynbaar gastritis (maagswelling) was. Hy het twee
weke later genoegsaam herstel en kon na Amerika viieg, maar daar het hy weereens
siek geword. Hy is vier keer in die hospitaal opgeneem; by een geleentheid is hy op 'n
respirator geplaas toe sy hart vir 'n kort rukkie gaan staan het. Dokters het uiteindelik
tekens van 'n dodelike organofosfaatgif (maak senuwees dood) in sy urine gevind.

Volgens kolonel Eugene de Kock het Weermag-agente die gif aangewend nadat hulle
Chikane se tas by die lughawe onderskep het. Wat gebeur het, is nege jaar daarna
deur dr. Schalk van Rensburg, in sy getuienis aan die Waarheids-en-
Versoeningskommissie (WVK), blootgelé. Hy het gesé dat vyf van Chikane se
onderbroeke met paraoksien (baie sterk middel) besmet is, maar nie in groot genoeg
hoeveelhede om hom onmiddeilik dood te maak nie.

... Van Rensburg het gesé dat hy besonderhede oor die sameswering gekry het by
dr. Andre Immelman, 'n gifkundige (wetenskaplike wat met chemikalieé werk) by die
Roodeplaat Navorsinglaboratorium (RNL), wat as 'n skakelpersoon (kontak) met die
Weermag gewerk het. 'Hulle het baie foute begaan. Die agente is nie opgeiei oor hoe
om die middeis te gebruik nie. Hulle het belaglike dinge gedoen, soos om in plaas van
om die gif oor 'n redelik groot area te versprei om deur die vel geabsorbeer te word en
om absorpsie te bevorder, het die agent dit op ‘n Klein plekkie geplaas. Vyf
onderbroeke is met gif gedokter in plaas van net een. Chikane het dus herhaaldelik
siek geword en daar is bewys dat dit vergiftiging is.’

[Vit The Dis-Eases of Secrecy, Tracing History, Memory and Justice deur B Rappert en C Gould}

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ERE

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS — Addendum Vertroulik

BRON 2D

Die bron hieronder is 'n uittreksei uit die WVK-verslag wat in Oktober 1998 vrygestel is.
Dit fokus op die bevindinge oor Projek Kus.

Tussen die 3500 bladsye van getuienis, wat oor die verloop van sy drie-jaar-
ondersoek versamel is, is daar 'n verdoemende (negatiewe) hoofstuk wat aan Projek
Kus gewy is. Die WVK het bevind dat wetenskaplikes, professors, dokters, tandartse,
veeartse, laboratoriums, universiteite en frontmaatskappye die apartheid Chemiese en
Biologiese Oorlogvoering-(CBO)-program met die ondersteuning van ‘n uitgebreide
internasionale netwerk staande gehou het. Die WVK het tot die gevoigtrekking gekom
dat Projek Kus 'bewys was van wetenskap wat omvergewerp word om siektes te
veroorsaak en die gesondheid van gemeenskappe te ondermyn'.

Die WVK het spesifiek bevind dat ‘cholera, botulisme (voedselvergifting), antraks
(veroorsaak velinfeksies), chemiese vergifting en die grootskaalse vervaardiging van
dweims vir misbruik, na bewering met die doel om skares te beheer, deel van die
projekte van hierdie program was' en dat 'chemikalieé, gifstowwe en dodelike
mikrodrganismes vir gebruik teen individue vervaardig is ...'

Die verslag het ook tot die gevolgtrekking gekom dat die wetenskaplike navorsing wat
deur Projek Kus onderneem is, ‘oninteressant, misplaas, oneffektief en onproduktief
was. Dit was ook buitensporig (uitermate) duur. Dit het gelei tot die aansienlike
selfverryking van verskeie individue wat betrokke was. Die grootste media-aandag het
gefokus op die giftige sambrele en skroewedraaiers, die dodelike bakterieé,
chemikalieé en dwelmmiddels wat vir gebruik teen vyande van die apartheidsregering
opgegaar is. Maar die WVK het ook bevind dat Projek Kus 'middels om die
vrugbaarheid en viriliteit (geslagsdrang) van mense te verswak' nagejaag het.

[Uit Project Coast Eugenics in Apartheid South Africa deur J A Singh]

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

i

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS - Addendum Vertroulik

BRON 3B

Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 11 September 2012 deur die
Suid-Afrikaanse Minister van Internasionale Verhoudings en Samewerking, Maite
Nkoana-Mashabane, gelewer is by die ontbytvergadering wat deur die Business New
Age-koerant georganiseer is. Dit stel voor dat Suid-Afrika en Afrika 'n sleutelrol het om
in die BRICS-formasie te speel.

Suid-Afrika het 'n sleutelrol om in die BRICS-formasie te speei om ons buitelandse

beleid wéreldwyd te bevorder en om ons binnelandse beleidsdoelwitte te bereik,

Ons lidmaatskap van BRICS is op drie pilare gebaseer, naamlik:

* Om ons nasionale belange te bevorder;

* Om streeksintegrasie en verwante infrastruktuurprogramme te bevorder; en

* Om vennootskappe te sluit met sleutelspelers van die Suide oor kwessies van
wéreldwye regeringshervormings.

Toe die leiers van die vyf BRICS-lande (Brasilié, Rusiand, Indié, China en Suid-Afrika)
in Maart hierdie jaar (2012) by die vierde beraad in Delhi, indié, ontmoet het, het hulle
verklaar dat ‘BRICS 'n platform vir dialoog en samewerking tussen lande is wat 43%
van die wéreld se bevolking verteenwoordig, vir die bevordering van vrede, veiligheid
en ontwikkeling in ‘n multipolére (verskillende), interafhanklike (van mekaar afhanklik)
en toenemend komplekse, geglobaliseerde wéreld. Aangesien ons van Asié, Afrika,
Europa en Latyns-Amerika afkomstig is, dra die transkontinentale dimensie van ons
interaksie tot die waarde en betekenis daarvan by’.

Volgens die Zambiese ekoncom, me. Dambisa Moyo, soos aangehaal deur Jocelyn
Newmarch in haar artikel met die titel ‘Global Slowdown Africa's Chance to Stand Up
and Shine’, wat op 2 September 2012 in die City Press verskyn het, ‘is die huidige
stand van die wéreldekonomie sleg vir die res van die wéreld, maar goed vir Afrika —
64% van Afrika se bevolking is onder die ouderdom van 24. Daar word verwag dat die
kontinent se bevolking binne die volgende 40 jaar 2 miljard sal bereik. Hulle is
verantwoordelik vir 60% van die ekonomiese groei en sommige Afrikastate het hoér
produktiwiteit as ontwikkelde lande. Afrika suid van die Sahara se ekonomie sal na
verwagting vanjaar met 5,4% groei en volgende jaar met 5,3%.

[Uit toespraak gelewer by die New Age Business Briefing, Johannesburg, 11 September 2012}

Kopiereg voorbehou ee Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 13 DBE/Mei/Junie 2024

SS/NSS - Addendum Vertroulik

BRON 3D

Die bron hieronder is geneem uit 'n artikel met die titel 'World Bank Databank, World Bank
Indicators 2011’ en dit het in die International Institute of Security Studies (HSS), Military
Balance Journal verskyn. Dit verskaf 'n vergelykende analise van die BBP en bevolking
van BRICS-lede tussen 2011 en 2022.

2011 2022
LANDE BBP* (VSA$)** | BEVOLKING | BBP* (VSA$)** BEVOLKING
Brasilié 2,4 triljoen 198 miljoen 1,608 triljoen | 212 miljoen
Rusland 1,89 triljoen 142 miljoen 1,776 triljoen 146 miljoen
Indié 1,87 triljoen 1 miljard 3,178 triljoen 1,380 miljard
China 7,3 triljoen 1,3 miljard 17,458 triljoen 1,439 miljard
Suid-Afrika 401 miljoen 50 miljoen 418 miljoen 60 miljoen

[Uit ‘World Bank Databank, World Bank Indicators, 2011': International Institute of Security Studies (iiSS),
Military Balance 2011 (vir militére besteding]

* Bruto Binnelandse Produk (BBP) is die standaard meting van die produksie van
goedere en dienste in 'n land in 'n gegewe tydperk

** (VSA$): VSA-dollar/VS-dollar

Monetére bedrae in toenemende mate:

Miljoen —> Miljard > Triljoen

Blaai om asseblief

Kopiereg voorbehou oF eo
ie a]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: SPEEL SUID-AFRIKA 'N BELANGRIKE ROL OM BRICS AS 'N
GLOBALE EKONOMIE TE VERSTERK?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg.

3.1 Verwys na Bron 3A,

3.1.1 Wanneer, volgens die bron, het Suid-Afrika 'n lid van BRICS

geword? (1x1)
3.1.2 Haal EEN rede uit die bron aan oor waarom Suid-Afrika in 2014 en
2015 deur graderingsagentskappe afgegradeer is. (1x1)
3.1.3 Lewer kommentaar op wat die Wéreldbank met ‘Suid-Afrika (moes)
‘n tweeledige (dubbele) ekonomie (bly) met een van die hoagste
ongelykheidskoerse in die wéreld' geimpliseer het. (2x 2)
3.1.4 Verduidelik die term ongelykheid in jou eie woorde. (1x2)

3.1.5 Wat, volgens die bron, was Suid-Afrika se Gini-inkomste in 20087
(1x 1)

3.2 Gebruik Bron 3B.

3.2.1 Noem enige DRIE pilare in die bron waarop Suid-Afrika se
lidmaatskap van BRICS gebaseer is. (3 x 1)

3.2.2 Wat, dink jy, word met die Zambiese ekonoom, me. Dambisa
Moyo, se artikel met die titel "Global Slowdown: Africa's Chance to
Stand Up and Shine’, rakende Afrika se verteenwoordiging in
BRICS geimpliseer? (2x2)

3.2.3 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n navorser wat die
rol wat Suid-Afrika speel om BRICS as 'n globale ekonomie te
versterk, bestudeer. (2x2)

3.3 Raadpleeg Bron 3C.

3.3.1 Volgens die bron, tot watter mate sou Suid-Afrika se ekonomie uit
die BRICS-Afrika-verhouding voordeel trek? (1 x 2)
3.3.2 Verduidelik die term opkomende Afrika-ekonomieé in die konteks
van globalisering. (1x2)
3.3.3 Haal enige TWEE bewyse uit die bron aan om aan te dui waarom
buitelandse beleggers tekens van vermoeidheid (moegheid)
teenoor Suid-Afrika getoon het. (2x 1)

Kopiereg voorbehou rfl Biaai om asseblief

ERe

(1)

(4)
(2)

(1)

(3)

(4)

(4)

(2)

(2)

(2)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

Geskiedenis/V2 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSTELVRAE

Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie
afdeling.

Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees.

VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA

Die Swartbewussynsbeweging, onder leiding van Steve Biko, het swart mense
bemagtig om selfstandig te wees en  ontslae te raak van 'n
minderwaardigheidskompleks in hulle stryd om in die 1970's die apartheidsregering uit
te daag.

Bespreek hierdie stelling krities. Gebruik relevante bewyse om jou argument te

ondersteun.

VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE

Die hantering van Chris Hani se moord in 1993 was die enigste voorbeeld van goeie

leierskap van partyleiers tydens die onderhandelingsproses vanaf 1990 wat in 1994 tot

‘n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika gelei het.

Stem jy met die stelling saam? Gebruik relevante bewyse om jou argument te

ondersteun.

VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WERELDORDE

Verduidelik tot watter mate die ingrypende hervormings wat Gorbachev in die 1980's

ingestel het die Sowjetunie polities en ekonomies beinvioed het, en terselfdertyd tot

politieke veranderinge in Suid-Afrika gelei het.

Gebruik relevante bewyse om jou argument te ondersteun.

TOTAAL:

Kopiereg voorbehou Be

[50]

[50]

[50]
150

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM SEPT 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-sept-2024-afrikaans/b61f3bc2-3524-48c9-af60-f3348133d582) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 ADDENDUM JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-addendum-june-2024-afrikaans/e7a9d6cf-de1b-4007-b7b2-b4d762b2fa10) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-june-2024-afrikaans/f313b62b-041f-4225-bf96-3a6052a2f919) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 ADDEN GR12 SEP 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-adden-gr12-sep-2024-afrikaans/4faf89db-d19f-40cf-891f-e87e004b0bc5) — History · Addendum · 2024 · Afr
- [HISTORY P1 MEMO GR12 SEPT2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-memo-gr12-sept2024-afrikaans/49472cc4-f28c-41d3-b6c4-2623ae0611e3) — History · Memo · 2024 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 MEMO JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-memo-june-2023-afrikaans/80707e45-fe8b-451f-924d-7d4379d803e2) — History · Memo · 2023 · Afr

## More from Grade 12 History

- [Workguide - Case Study Strategies](https://www.hlayiso.com/library/workguide-case-study-strategies/0b4c8d70-c563-4cfe-93e0-dad57e8fbeb3) — Guide
- [History Grade 12 NSC P1 ADDENDUM September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p1-addendum-september-2025-north-west/50efe0f8-d43f-4981-9053-03ea7c90b109) — Addendum · 2025
- [History Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 North West](https://www.hlayiso.com/library/history-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-north-west/3d9bf167-1e97-42c1-826a-bf344c0e964e) — Memo · 2025
- [History P1 Nov 2024 Addendum Eng](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-nov-2024-addendum-eng/df93fb24-73e0-435a-8d91-bce9f456ba2c) — Addendum · 2024 · Eng
- [HISTORY P1 GR12 ADDEN JUNIE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-adden-junie-2023-afrikaans/6fec864f-931f-4143-acac-b498e2a5f304) — Addendum · 2023 · Afr
- [HISTORY P1 GR12 MEMO SEPT 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr12-memo-sept-2023-afrikaans/baf3bd16-de95-470b-a321-e24be37ad22a) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
