# Life Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-afrikaans-june-2024-question-paper/512ea023-f04f-43d7-937f-bd7c828daf95
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-afrikaans-june-2024-question-paper/512ea023-f04f-43d7-937f-bd7c828daf95)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

     JUNIE EKSAMEN
       GRAAD 12

           2024

     LEWENSWETENSKAPPE

                         TYD:      2½ uur

                         PUNTE:    150

                         19 bladsye

                           Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                         GR12 0624       2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.

3.   Begin die antwoorde vir ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik is.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, tabelle en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy moet ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE
                                                                            GR12 0624        3

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die
      korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

      VRAAG 1.1.1 en 1.1.2 is op die diagram hieronder gebaseer.

      1.1.1   Die korrekte volgorde waarin die impulse in die diagram hierbo beweeg,
              is ...

              A    reseptor, interneuron, sensoriese neuron, motoriese neuron,
                   effektor.
              B    reseptor, effektor, motoriese neuron, interneuron, sensoriese
                   neuron.
              C    reseptor, motoriese neuron, interneuron, sensoriese neuron.
              D    reseptor, sensoriese neuron, interneuron, motoriese neuron.

      1.1.2   Die pad wat in die diagram aangetoon word, staan bekend as die …

              A    refleksaksie.
              B    reflekspad.
              C    refleksboog.
              D    reaksie.

      1.1.3   Watter deel van die brein is verantwoordelik vir die interpretasie van
              gehoor?

              A    Serebellum
              B    Serebrum
              C    Corpus callosum
              D    Medulla oblongata

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                        LEWENSWETENSKAPPE
                                                                         GR12 0624        4

1.1.4   By proefkonyne het een ouer ŉ swart pels gehad en die ander het ŉ wit
        pels gehad. Die nageslag was almal grys. Hierdie interaksie tussen die
        F1-allele wat tot grys pelskleur gelei het, kan na verwys word as:

        A     Volledige dominansie
        B     Onvolledige dominansie
        C     Ko-dominansie
        D     Oorkruising

1.1.5   Watter van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ chromosoom mutasie?

        A   Albinisme
        B   Kleurblindheid
        C   Down-sindroom
        D   Hemofilie

1.1.6   ŉ Boer kweek ertjieplante. Die alleel vir lang plante is T en die alleel vir
        dwergplante is t. Watter kruising sou uitgevoer moet word om ŉ
        fenotipiese verhouding van 1 : 1 te verseker?

        A   tt x tt
        B   Tt x Tt
        C   TT x Tt
        D   Tt x tt

1.1.7   Die mikroskopiese strukture onder die beheer van die kern, wat ŉ
        aandeel het in proteïensintese, is ...

        A   ribosome.
        B   chloroplaste.
        C   mitochondria.
        D   selwande.

1.1.8   ABO bloedgroepe is ŉ oorerflike eienskap.

        Wat sal die nageslag se moontlike bloedgroepe wees indien die ouers
        se genotipes IAIA en IAi is?

        A   Slegs groep O
        B   Groep A en groep O
        C   Slegs groep AB
        D   Slegs groep A

                                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                     LEWENSWETENSKAPPE
                                                                    GR12 0624       5

1.1.9   Wat word die reseptore in die oor genoem wat verantwoordelik is vir die
        handhawing van balans?

        A   Orgaan van corti en kristae
        B   Ovale venster en ronde venster
        C   Makulae en kristae
        D   Makulae en eustachiusbuis

1.1.10 Die diagram hieronder verteenwoordig:

        A   Oogenese
        B   Spermatogenese
        C   Spermatogenese en oogenese
        D   Meiose

                                                                       (10 x 2)    (20)

                                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            LEWENSWETENSKAPPE
                                                                          GR12 0624         6

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      1.2.1   Die vashegting van die ontwikkelende embrio aan die voering van die
              uterus

      1.2.2   Die manipulasie van biologiese prosesse om menslike behoeftes te
              bevredig

      1.2.3   Die tipe oorerwing waar beide allele ewe dominant is

      1.2.4   Die punt van oorkruising tussen homoloë chromosome

      1.2.5   ŉ Diagram wat die oorerwing van genetiese afwykings oor baie
              generasies toon

      1.2.6   Die proses waardeur die oë aanpas by die hoeveelheid lig

      1.2.7   Die deel van die oor wat druk aan weerskante van die timpaniese
              membraan gelyk maak

      1.2.8   Die bondel senuwees wat die twee hemisfere van die brein verbind
                                                                              (8 x 1)       (8)

1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommers
      (1.3.1 tot 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.

                            KOLOM I                                 KOLOM II
      1.3.1   Die struktuur wat aanleiding gee tot          A:   Sentriole
              spilvesels tydens meiose en mitose in diere   B:   Sentromere
      1.3.2   ŉ Moontlike gameet in ŉ dihibriede kruising   A:   H
                                                            B:   HhBb
      1.3.3   Allele van bloedgroepe                        A:   Volledige dominansie
                                                            B:   Kodominansie
      1.3.4   Die ligging van DNS/DNA                       A:   Mitochondria
                                                            B:   Chloroplaste
                                                                               (4 x 2)     (8)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                          GR12 0624      7

1.4   Die diagram hieronder toon die embrioniese ontwikkeling in voëls.

      1.4.1 Noem die tipe embrioniese ontwikkeling wat in die diagram hierbo getoon
            word.                                                                        (1)

      1.4.2 Gee SLEGS die LETTER van die deel wat die:

             (a)   Embrio voed
             (b)   Afval berg en verwyder
             (c)   Groeiende embrio beskerm                                              (3)

      1.4.3 Noem TWEE fisiese eienskappe van ŉ vroegselfstandige kuiken met
            uitbroei.                                                                    (2)
                                                                                         (6)

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE
                                                                             GR12 0624         8

1.5   ŉ Leerder word betrap terwyl hy stokkiesdraai (bunk) tydens sy lewenswetenskappeles.
      ŉ Onderwyser skree vir hom om terug te gaan klas toe. Hy weet hy gaan in die
      moeilikheid by die skool sowel as by die huis wees. Hy oorweeg dit om terug te gaan
      klas toe, maar toe die onderwyser naderkom, besluit hy om weg te hardloop. Die
      diagram hieronder toon organe in die liggaam wat op die simpatiese senuweestelsel
      reageer.

                      Die liggaam se reaksie op die simpatiese
                                  senuweestelsel

                                    Oog

                       Hart

                Vertering-
                 stelsel

                       Lewer

                             Nier

      1.5.1 Beskryf hoe die leerder se simpatiese senuweestelsel hom help om te
            ontsnap met betrekking tot die volgende organe:

             (a)    Die oog                                                                    (1)
             (b)    Die hart                                                                   (1)
             (c)    Die lewer                                                                  (1)

      1.5.2 Verduidelik die rol wat die klier wat aan die nier geheg is, in die
            simpatiese senuweestelsel speel.                                                   (2)

      1.5.3 Noem die proses wat tydens ŉ simpatiese reaksie in die selle sal toeneem.          (1)

      1.5.4 Identifiseer die doel vir die toename van die proses genoem in
            VRAAG 1.5.3.                                                                       (1)

      1.5.5 Noem die tak van die senuweestelsel wat die leerder toelaat om tot ruste
            te kom sodra hy ver weg van die onderwyser af is.                                  (1)
                                                                                               (8)
                                                                 TOTAAL AFDELING A:             50
                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                          GR12 0624        9

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Die diagram hieronder toon ŉ ontwikkelende fetus in die uterus.

                                                                A
                                                                B
                                                                C

      2.1.1   Noem die hormoon wat deur struktuur A tydens swangerskap
              geproduseer word.                                                            (1)

      2.1.2   Beskryf die gevolge vir die fetus indien struktuur A nie genoeg van die
              hormoon wat in VRAAG 2.1.1 genoem is, produseer nie.                         (2)

      2.1.3   Tydens die gestasietydperk is die fetus se longe nie volledig ontwikkel
              vir gaswisseling nie. Gee die LETTER en NAAM van die deel wat dien
              as die pad vir die vervoer van gasse van die moeder na die fetus en
              omgekeerd.                                                                   (2)

      2.1.4   Verduidelik hoe die ontwikkelende fetus geaffekteer sou word indien die
              membrane rondom struktuur C sou skeur.                                       (4)
                                                                                           (9)

                                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE
                                                                        GR12 0624       10

2.2   Die diagram hieronder toon die hormonale beheer in die menstruele siklus.

               Pituïtêre klier

                                              Pituïtêre hormone

                                              Ovariale hormone

         Uterus en
        endometrium
                                             Ovariale siklus

                                              Endometrium

      2.2.1   Noem die pituïtêre hormoon wat ŉ skerp toename toon net voor die
              14de dag van die menstruele siklus.                                        (1)

      2.2.2   Beskryf die funksies van die hormoon wat in VRAAG 2.2.1 genoem is.         (2)

      2.2.3   Noem die hormoon wat veroorsaak dat die endometrium vanaf dag 7
              begin verdik en noem EEN ander funksie van hierdie hormoon.                (2)

      2.2.4   Noem die TWEE ovariale hormone asook hulle oorsprong.                      (4)
                                                                                         (9)

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE
                                                                            GR12 0624      11

2.3   Bestudeer die teks, asook diagramme 1 en 2 hieronder en beantwoord die vrae
      wat volg.

      Die diagram hieronder toon ŉ kontrastering tussen ŉ gesonde brein (links) en ŉ
      brein met Alzheimer se siekte (regs). Die presiese oorsaak van die siekte is nog
      nie vasgestel nie. Verskeie bewyse toon egter die betrokkenheid van genetika,
      lewenstyl verwante faktore en omgewingsfaktore. Die breinweefsel van
      Alzheimer-pasiënte toon inkrimping. In die Alzheimer-brein is daar abnormale
      hoë vlakke van ŉ natuurlike proteïen wat saampak om amiloïedplaak te vorm
      wat tussen neurone versamel en die selfunksie ontwrig. Dit veroorsaak
      sinaptiese verlies en lei uiteindelik tot die dood van die breinselle. Hierdie
      veranderinge op sellulêre vlak veroorsaak die simptome van Alzheimers.

                Gesond                                      Alzheimer se siekte

          Normale neuron                                          Amiloïedplaak
              Links                                                        Regs
                                          Diagram 1

      2.3.1    Identifiseer EEN strukturele probleem van ŉ Alzheimers-brein wat in die
               teks hierbo genoem word.                                                      (1)

      2.3.2    Identifiseer die tipe neuron wat in die diagram hierbo uitgebeeld word.       (1)

      2.3.3    Noem die membraan wat die akson omring en gee sy funksie.                     (2)

      2.3.4    Noem TWEE simptome van Alzheimer se siekte.                                   (2)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                       LEWENSWETENSKAPPE
                                                                       GR12 0624       12

Die diagram hieronder toon die oordrag van impulse tussen twee neurone.

                                                             A
                                                             B

                                                                 C

                                    Diagram 2

2.3.5   Die inligting in die paragraaf sê dat Alzheimer se siekte lei tot sinaptiese
        verlies. Gee die LETTER van die area in diagram 2 wat die sinaps
        voorstel.                                                                           (1)

2.3.6   Noem die belangrikheid van ŉ sinaps, en identifiseer die spesifieke area
        waar ŉ verlies kan lei tot simptome van Alzheimer se siekte soos
        genoem in VRAAG 2.3.4.                                                              (2)

2.3.7   Noem die deel van ŉ neuron wat:

        (a)   Impulse na die selliggaam oordra                                           (1)
        (b)   Impulse wegdra vanaf die selliggaam                                        (1)
                                                                                        (11)

                                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                          LEWENSWETENSKAPPE
                                                                        GR12 0624      13

2.4   Die diagram hieronder toon die verskil tussen ŉ normale oog en ŉ oog met ŉ
      katarak.

                                                                       Katarak

        Normale                     Katarak
        Lens                        Lens

      2.4.1   Tabuleer TWEE verskille tussen ŉ normale oog en ŉ oog met ŉ katarak
              soos waargeneem in die diagram.                                               (5)

      2.4.2   Noem die behandeling wat aanbeveel word vir katarakte.                        (1)

      2.4.3   Noem en beskryf die proses wat veroorsaak dat die lens van die
              normale oog aanpas om ŉ voorwerp wat nader as 6 meter weg is te
              kan sien nadat dit op ŉ voël gefokus het wat vêr is.                       (5)
                                                                                        (11)

                                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                       LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                                           GR12 0624     14

2.5   Vyf mans, wat gewoonlik lospassende onderklere dra, is gekies om deel te wees
      van ŉ ondersoek. Die vyf mans in die studie is gevra om spesiaal ontwerpte,
      styfpassende onderklere te dra vir 14 tot 16 ure elke dag oor ŉ tydperk van sewe
      en ŉ half maande (die toetsperiode). Die onderklere het die skrotum en testikels
      baie naby aan die liggaam gehou. Die mans het op verskillende tye voor die
      toetsperiode, verskillende tye gedurende die toetsperiode en verskillende tye na
      die toetsperiode spermmonsters verskaf. Die grafiek hieronder toon die
      gemiddelde spermtelling (miljoen per milliliter (m/ml)) voor, gedurende en na die
      toetsperiode.

                                                Spermtelling soos gemeet in mans wat
                                          lospassende en styfpassende onderklere dra oor 'n
                                 90
                                                        tydperk van 300 dae
                                 80

           Spermtelling (m/ml)
                                 70
                                 60
                                 50
                                       Voor                            Toetsperiode                     Na
                                 40
                                 30
                                 20
                                 10
                                  0
                                      0       30   60       90   120     150   180     210    240    270     300
                                                        Dae vandat eerste semen versamel is
                                                                   [Bron: Fertility and Sterility deur Emily Oster]

      2.5.1                      Noem die:

                                 (a)      Onafhanklike veranderlike
                                 (b)      Afhanklike veranderlike                                                             (2)

      2.5.2                      Behalwe om die eksperiment te herhaal, stel voor hoe hierdie ondersoek
                                 meer betroubaar gemaak kan word.                                                             (1)

      2.5.3                      Verduidelik hoe styfpassende onderklere die spermtelling beïnvloed het.                      (3)

      2.5.4                      Stel voor waarom die spermtelling gemeet is voordat die toetsperiode begin
                                 het.                                                                                         (2)

      2.5.5                      Bepaal wat die wetenskaplikes tydens dae 30 - 255 ontleed het.                            (2)
                                                                                                                          (10)
                                                                                                                          [50]

                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                           GR12 0624      15

VRAAG 3

3.1   Die diagram hieronder toon twee prosesse wat in alle selle van die liggaam
      plaasvind.

              Proses A

                                                                  Proses B
                                  Molekule C

          Beweging van ribosoom

      3.1.1   Verskaf ŉ opskrif vir die hele proses wat hierbo geïllustreer word.           (1)

      3.1.2   Noem prosesse A en B onderskeidelik.                                          (2)

      3.1.3   Beskryf kortliks die rol van Molekule C in Proses B.                          (3)

                                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                      LEWENSWETENSKAPPE
                                                                     GR12 0624      16

 3.1.4    Die tabel hieronder toon verskillende oRNS (tRNA) anti-kodons en hulle
          ooreenstemmende aminosure.

 Tabel 1: Lys van aminosure met die ooreenstemmende anti-kodons

        oRNS/tRNA ANTI-KODON                       AMINOSUUR
                  GGC                                 Prolien
                  CGU                                 Alanien
                  UGC                                Treonien
                  CCG                                 Glisien
                  ACG                                Sisteïen
                  CGG                                 Alanien

         (a)   Verskaf ŉ byskrif vir die chemiese binding D.                             (1)
         (b)   Identifiseer aminosure E en F onderskeidelik.                             (2)

3.1.5    Verskaf die DNS (DNA) basisdrietal wat vir kodon G sou kodeer.                  (2)

3.1.6    Tydens DNS(DNA) replisering kan een nukleotied in die verkeerde
         posisie op die komplementêre DNS (DNA)-string geplaas word.

         (a)   Noem hierdie tipe mutasie.                                                (1)

         Indien die DNS (DNA) basisdrietal wat kodeer vir kodon G, die tipe
         mutasie genoem in VRAAG 3.1.6 a) sou ondergaan, en die DNS (DNA)
         basisdrietal verander na CGT, dan

         (b)   Verduidelik watter effek dit sou hê op die proteïen wat gevorm
               word.                                                                   (4)
                                                                                      (16)

                                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                              LEWENSWETENSKAPPE
                                                                       GR12 0624      17

3.2   Die diagram hieronder verteenwoordig sommige chromosome in ŉ menslike sel
      tydens ŉ fase van meiose.

                                                             A

                                                             B

                                                             C
                                                             D

      3.2.1   Verskaf byskrifte vir A en B.                                             (2)

      3.2.2   (a) Identifiseer die fase van meiose wat hierbo verteenwoordig word.         (1)
              (b) Verskaf EEN sigbare rede vir jou antwoord op VRAAG 3.2.2(a).             (2)

      3.2.3   Noem en beskryf die proses wat daartoe lei dat dele C en D van mekaar
              verskil.                                                                  (4)

      3.2.4   Noem die belangrikheid van die proses genoem in VRAAG 3.2.3.              (1)

      3.2.5   Hoeveel chromosome sal normaalweg teenwoordig wees in elke dogtersel
              sodra die menslike sel in die diagram hierbo meiose voltooi het?     (1)

      3.2.6   Aan die einde van meiose het een dogtersel ŉ ekstra chromosoom 21.
              Beskryf hoe dit kon gebeur het.                                           (2)
                                                                                       (13)

                                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE
                                                                             GR12 0624       18

3.3   Die tabel hieronder toon die resultate wat verkry is in ŉ ondersoek nadat ŉ
      rasegte swart muis met ŉ bruin muis gekruis is.

      Die geen vir ŉ swart pels is dominant oor die geen vir ŉ bruin pels.

      Die F1 generasie was daarna gebruik as ouers. Vier broeipare is gebruik en die
      resultate van die F2 generasie kan in die tabel gesien word.

       Tabel 2: Resultate van ondersoek
                                                   AANTAL            AANTAL BRUIN
                                                 SWART MUISE            MUISE
       Ouers (P1)                                    1                    1
       F1 generasie                                      8                     0
       F2 generasie
         Nageslag van die eerste broeipaar               8                     0
         Nageslag van die tweede broeipaar               5                     3
         Nageslag van die derde broeipaar                3                     3
         Nageslag van die vierde broeipaar               8                     2

      3.3.1   Bereken, vanuit die data wat ingesamel is, die vereenvoudigde
              fenotipiese verhouding van swart muise tot bruin muise in die F2
              generasie. Toon alle berekeninge.                                                   (2)

      3.3.2   Verskaf bewyse uit die data wat ingesamel is, wat die volgende stelling
              ondersteun:

              Die geen vir swart pels is dominant oor die geen vir bruin pels.                    (2)

      3.3.3    Teken ŉ staafgrafiek om die fenotipiese resultate van die F2 generasie
               vir elke broeipaar te wys.                                                      (6)
                                                                                              (10)

                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE
                                                                                GR12 0624        19

3.4   Die vrugtevlieg: Drosophila melanogaster, voed op suikers wat in beskadigde
      vrugte voorkom. ŉ Vrugtevlieg met normale eienskappe word ŉ ‘wilde tipe’
      genoem en het ŉ grys gestreepte lyf met vlerke wat langer as sy buik is.

      Daar is mutante variasies van die D. melanogaster, soos “ebony” (donker) lyf of
      die teenwoordigheid van vestigiale (kleiner) vlerke. Die drie tipes word in die
      prent hieronder getoon.

                   Die diagram toon drie fenotipes van D. melanogaster.

              wilde tipe              ebony (donker) lyf               vestigiale vlerk
                                              [Bron: Cambridge international A-Level Biology]

      Die ‘wilde tipe’ eienskappe wat gekodeer word deur dominante allele:

                                   G vir ‘wilde tipe’ liggaamskleur.
                                   L vir ‘wilde tipe’ vlerk grootte.

      3.4.1     Definieer die term alleel.                                                         (1)

      3.4.2     Sommige mutante variasies van die D. melanogaster was die gevolg
                van verskillende aantal chromosome in hulle genotipe.
                Noem hierdie tipe mutasie.                                                         (1)

      3.4.3     Toe twee vrugtevlieë met 'wilde tipe' liggaamskleur gekruis is, het
                sommige van die F1-generasie ŉ "ebony" (donker) liggaamskleur
                gehad. Gebruik ŉ monohibried genetiese kruising om die persentasie
                moontlikheid te toon dat die nageslag ŉ “ebony” liggaamskleur sal hê.              (6)

      3.4.4      Noem die tipe kruising wat liggaamskleur en vlerkgrootte terselfdertyd
                 sal vergelyk.                                                                     (1)

      3.4.5      ŉ Spesifieke vlieg se genotipe is Ggll. Identifiseer sy fenotipe.                 (2)
                                                                                                  (11)
                                                                                                  [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              100

                                                                                TOTAAL:           150

                                                                                                EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
