# Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/bdaf184f-c8a6-4c61-bbe6-281c1f4a0ca3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/bdaf184f-c8a6-4c61-bbe6-281c1f4a0ca3)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
            2024

            10831

      LEWENSWETENSKAPPE

         (VRAESTEL 1)

                           TYD: 2½ uur

                           PUNTE: 150

                           17 bladsye

                                         b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                 2
                                               (VRAESTEL 1)      10831/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.

3.   Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en die byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
     NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy moet ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer gebruik,
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                     b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                        3
                                               (VRAESTEL 1)      10831/24

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.11 D.

      1.1.1   Watter struktuur beskerm die opening na die vagina?

              A     Serviks
              B     Vulva
              C     Anus
              D     Uretra

      1.1.2   By mense vind bevrugting gewoonlik plaas in die ...

              A     fallopiusbuise.
              B     vagina.
              C     uterus.
              D     ovarium.

      1.1.3   Watter deel van die brein is verantwoordelik vir willekeurige beweging?

              A     Serebrum
              B     Serebellum
              C     Medulla oblongata
              D     Hipotalamus

      1.1.4   Watter siekte kom voor wanneer bloedglukosevlakke te hoog is?

              A     Hipertiroïdisme
              B     Goiter
              C     Diabetes
              D     Ragitis

      1.1.5   Die struktuur wat die twee hemisfere van die brein saamvoeg, word die
              ... genoem.

              A     corpus callosum
              B     hipotalamus
              C     medulla oblongata
              D     pituïtêre

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              LEWENSWETENSKAPPE                   4
                                              (VRAESTEL 1)      10831/24

1.1.6   Die pupilrefleks is die vermoë van ŉ tipiese menslike oog om by
        verskillende ligintensiteite in die omgewing aan te pas.

        Watter kombinasie van prosesse sal in ŉ tipiese menslike oog
        plaasvind wanneer die ligintensiteit van donker na helder lig verander?

        (i)     Radiale spiere trek saam
        (ii)    Kringspiere trek saam
        (iii)   Pupil vernou
        (iv)    Radiale spiere ontspan
        (v)     Kringspiere ontspan
        (vi)    Pupil verwyd

        A       Slegs (ii), (iii) en (iv)
        B       Slegs (i), (ii) en (iii)
        C       Slegs (i), (v) en (vi)
        D       Slegs (iii), (iv) en (v)

1.1.7   Watter van die volgende kan gebruik word om ŉ ernstige
        middeloorinfeksie te behandel?

        A       Wasskoonmaker
        B       Grommets
        C       Gehoorapparaat
        D       Kogleêre inplanting

1.1.8   ŉ Persoon ervaar die volgende simptome:

               Verloor maklik gewig
               Is altyd honger
               Voel nooit koud nie

        Die mees waarskynlike verklaring vir hierdie kombinasie van simptome
        is dat die persoon ...

        A       te veel groeihormoon afskei.
        B       ŉ ooraktiewe tiroïedklier het.
        C       diabeet is en het pas ŉ insulien-inspuiting gehad.
        D       ŉ onderaktiewe hipotalamus het.

1.1.9   Afskeidings word in ŉ holte of op die oppervlak deur ŉ buis in die
        liggaam vrygestel deur ...

        A       ŉ endokriene klier.
        B       ŉ eksokriene klier.
        C       die senuweestelsel.
        D       die sirkulatoriese stelsel.

                                                                                      b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                             5
                                                  (VRAESTEL 1)      10831/24

      1.1.10    Watter van die volgende vind plaas wanneer die simpatiese
                senuweestelsel meer aktief is as die parasimpatiese senuweestelsel?

                A    Verhoogde asemhalingstempo
                B    Verlaagde harttempo
                C    Vernouing van pupille
                D    Toename in vertering                                        (10 x 2)       (20)

1.2   Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.2.1    Skerp strukture gevind in plante vir beskerming teen herbivore

      1.2.2    Tipe visie wat voortspruit uit twee oë

      1.2.3    ŉ Hormoon wat deur die menslike pituïtêre klier geproduseer word wat
               melkproduksie by vrouens stimuleer

      1.2.4    ŉ Toestand waar die kornea oneweredig is, wat tot dowwe beelde lei

      1.2.5    Die reaksie van stingels op ŉ ligstimulus

      1.2.6    ŉ Hol bal selle wat uit die sigoot gevorm is                           (6 x 1)    (6)

1.3   Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
      SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
      slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
      (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                        KOLOM I                                     KOLOM II
      1.3.1 Die hormoon wat in oormaat is, in ŉ         A:   Luteïniserings hormoon
            abnormale lang persoon                      B:   Groeihormoon
      1.3.2 Korrekte lense vir versiendheid             A:   Konveks
                                                        B:   Konkaaf
      1.3.3 ŉ Siekte van die SSS                        A:   Veelvuldige sklerose
                                                        B:   Alzheimer se siekte
                                                                                      (3 x 2)       (6)

                                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                       6
                                               (VRAESTEL 1)      10831/24

1.4   Bestudeer die diagram hieronder van ŉ amniotiese eier en beantwoord die vrae
      wat volg.

                      A
                                                        B

                                                                   C

                                                                     D

                                                                     E
                                                                   F

      1.4.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

            (a)    Die ontwikkelende embrio teen roofdiere beskerm                         (2)

            (b)    Voedingstowwe aan die embrio tydens sy ontwikkeling verskaf             (2)

            (c)    Voorsiening maak vir die storing van afvalprodukte van die embrio       (2)

      1.4.2 Die onderstaande diagramme toon verskillende stadiums van
            ontwikkeling.

                          DIAGRAM A                          DIAGRAM B

            Noem die diagram wat:

            (a)    Altrisiële ontwikkeling verteenwoordig.                                 (1)

            (b)    Die tipe ontwikkeling waar ŉ klein hoeveelheid dooier beskikbaar
                   was vir die embrio verteenwoordig                                       (1)
                                                                                           (8)

                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                   7
                                               (VRAESTEL 1)      10831/24

1.5   Die diagram hieronder toon die uterus van ŉ swanger vrou.

                                                                 7

                                                              Rug

       1                                                     6
       2
         3
                                                                     5

                                       4

      1.5.1 Identifiseer die strukture genommer:

             (a)    1                                                                  (1)
             (b)    3                                                                  (1)
             (c)    5                                                                  (1)
             (d)    6                                                                  (1)

      1.5.2 Noem die struktuur wat:

             (a)    As die geboortekanaal dien                                         (1)
             (b)    ŉ Hormoon afskei wat swangerskap in stand hou                      (1)
             (c)    Suurstof en voedingstowwe na die ontwikkelende fetus vervoer       (1)

      1.5.3 Noem die weefsel van die uterus wat saamtrek om die vrou in staat te
            stel om die baba tydens geboorte “uit te druk”.                            (1)

                                                                                       b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         LEWENSWETENSKAPPE                     8
                                         (VRAESTEL 1)      10831/24

1.5.4 Verskeie funksies word hieronder gelys.

      1.    Dien as ŉ mikrofilter
      2.    Laat vrye beweging van die fetus toe soos dit groei en ontwikkel
      3.    Gaswisseling tussen moeder en fetus
      4.    Beskerm die fetus teen uitdroging
      5.    Verskaf immuniteit aan die fetus
      6.    Skei ’n hormoon af
      7.    Skokabsorbeerder
      8.    Termoregulering

      Watter van die bogenoemde funksies is van toepassing op die
      amniotiese vloeistof?

      Skryf slegs die NOMMER/S in die ANTWOORDBOEK neer.                        (2)
                                                                               (10)

                                                       TOTAAL AFDELING A:          50

                                                                                   b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                 9
                                                  (VRAESTEL 1)      10831/24

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Bestudeer die diagramme en grafieke hieronder, wat die hormonale regulering
      van die vroulike voortplantingsiklus toon.

      2.1.1 Gee die NOMMER en NAAM van die hormoon wat:

             (a)    Die ontwikkeling van ŉ follikel stimuleer                           (2)

             (b)    Die endometrium tussen dag 7 en 14 onderhou                         (2)

      2.1.2 (a)     Verduidelik die funksie van die corpus luteum.                      (2)

             (b)    Beskryf hoe die corpus luteum gevorm word.                          (3)

      2.1.3 Gee TWEE sigbare redes, deur die inligting uit die diagramme en
            grafieke hierbo te gebruik, om te verduidelik hoekom die vrou nie
            swanger is nie.                                                          (2)
                                                                                    (11)

                                                                                        b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                      10
                                               (VRAESTEL 1)      10831/24

2.2   Die diagram hieronder verteenwoordig die manlike voortplantingstelsel.

                                                                               A

                                                                               B
                                                                               C

                                                                               D

                                                                               E

                                                                               F

                                                                               G

      2.2.1 Identifiseer die dele gemerk:

             (a)    A
                                                                                       (1)
             (b)    E                                                                  (1)

      2.2.2 Verduidelik die funksie van struktuur G.                                   (2)

      2.2.3 Noem en beskryf die proses waardeur gamete in deel F geproduseer
            word.                                                                      (4)

      2.2.4 Teken ŉ diagram van ŉ gameet wat in deel F geproduseer word.               (5)

      2.2.5 Teken ŉ vloeidiagram wat die pad van spermselle tydens ejakulasie toon.    (2)
                                                                                      (15)

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                  11
                                                  (VRAESTEL 1)      10831/24

2.3   ŉ Student het die effekte van verskeie planthormone op die groei van
      mieliesaailinge bestudeer.

         Mieliesaailinge van dieselfde lengte en soorte is gebruik.
         Die student het vier groepe van 10 plante elk geneem.
         Alle aanvanklike lengtes van die saailinge was 1 cm.
         Elke groep het dieselfde hoeveelheid water ontvang.
         Sy het vir een groep slegs water gegee, terwyl al die ander groepe
          1,00 mikrogram van ŉ verskillende hormoon wat in water gemeng is,
          ontvang het.
         Na 15 dae het sy die lengte van elke saailing uit elke groep gemeet, die
          gemiddelde bereken en die inligting in die tabel hieronder aangeteken.

             Verskeie plant hormone                 Lengte van
             gemeng in water                       saailinge (cm)
             Slegs water                                 21
             Absisiensuur + water                        19
             Ouksiene + water                            22
             Gibberelliene + water                       48

      2.3.1 Watter planthormoon het die langste plante geproduseer?                   (1)

      2.3.2 Identifiseer TWEE maniere waarop die student die geldigheid van die
            ondersoek verseker het.                                                   (2)

      2.3.3 Gee TWEE funksies van absisiensuur.                                       (2)

      2.3.4 Teken ŉ staafgrafiek om die data in die tabel hierbo voor te stel.        (6)
                                                                                     (11)
2.4   Die diagram hieronder toon ŉ lengtesnit deur ŉ menslike oog.

      2.4.1 Gee die NAAM van die deel wat:

             (a)    Die vorm van die oog saam met die sklera behou                    (1)

             (b)    Impulse na die serebrum dra                                       (1)
                                                                                      b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                               LEWENSWETENSKAPPE                      12
                                               (VRAESTEL 1)      10831/24

      2.4.2 Verduidelik EEN kenmerk wat deur dele B en D gedeel word, wat hulle
            geskik maak vir die funksie vir duidelike visie.                           (2)

      2.4.3 Bespreek hoe dele G en H saamwerk, sodat visie kan plaasvind.              (4)

      2.4.4 Tabuleer TWEE strukturele verskille tussen ŉ gesonde oog wanneer jy
            na ŉ voorwerp nader as 6 m kyk en wanneer jy na ’n voorwerp verder as
            6 m weg kyk.                                                               (5)
                                                                                      (13)
                                                                                      [50]

VRAAG 3

3.1   ŉ Ondersoek is uitgevoer om die tyd wat dit neem vir bloedalkoholvlakke om na
      normaal terug te keer na die verbruik van verskeie volumes alkohol waar te
      neem.

      Die ondersoeker het vier mense genooi om aan die ondersoek deel te neem.
      Elke deelnemer is gevra om die volgende regeringswaarskuwingsetiket oor
      alkoholverbruik te lees:

                             WAARSKUWING VAN DIE REGERING:

             1.    Volgens die Chirurg-generaal moet vroue nie alkoholiese drank
                   tydens swangerskap drink nie, weens die risiko van
                   geboortedefekte.

             2.    Verbruik van alkoholiese drank belemmer jou vermoë om ŉ motor
                   te bestuur of masjinerie te bedryf en kan gesondheidsprobleme
                   veroorsaak.

      Elke deelnemer is ŉ spesifieke volume alkohol gegee om te drink:

                      Deelnemer             Volume alkohol/ml
                          1                        30
                          2                        60
                          3                       120
                          4                       180

      Die bloedalkoholkonsentrasie is gemeet voordat die deelnemers die alkohol
      gedrink het en elke 30 minute daarna, totdat die bloedalkoholkonsentrasie na
      0% teruggekeer het.

                                                                                       b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                                LEWENSWETENSKAPPE                   13
                                                                                (VRAESTEL 1)      10831/24

Die onderstaande grafiek toon die resultate van die ondersoek.

                                                    0,12

        Alkoholkonsentrasie in bloed (persent)
                                                    0,10       180 ml

                                                    0,08
                                                                                 Reeks van algemene
                                                                                 wetlike beperkings op
                                                    0,06                         motorvoertuigbedryf
                                                               120 ml

                                                    0,04

                                                    0,02       60 ml

                                                           30 ml
                                                       0
                                                           0      1     2   3      4      5      6       7
                                                                            Tyd (ure)

3.1.1 Hoeveel ure neem dit vir ŉ persoon om wettig te kan bestuur nadat hy
      180 ml alkohol gedrink het?                                                                                    (2)

3.1.2 Identifiseer die afhanklike veranderlike vir hierdie ondersoek.                                                (1)

3.1.3 Stel TWEE redes voor waarom die ondersoeker die deelnemers sou vra
      om vir 48 uur voor die ondersoek nie alkohol te gebruik nie.                                                   (2)

3.1.4 Vir hierdie ondersoek, beskryf:

       (a)                                        TWEE veiligheidsmaatreëls                                          (2)

       (b)                                        TWEE beplanningstappe                                              (2)

3.1.5 (a)                                         Gebaseer op die bogenoemde tabel, is die ondersoek se resultate
                                                  betroubaar?                                                        (1)

       (b)                                        Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.1.5 (a).                    (2)

3.1.6 Gee ŉ geskikte gevolgtrekking vir hierdie ondersoek.                                                           (2)
                                                                                                                    (14)

                                                                                                                     b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                        14
                                                 (VRAESTEL 1)      10831/24

3.2   ‘AirPods’ is draadlose luistertoestelle wat in die oor pas en klank lei, sodat
      gebruikers privaat na musiek vanaf hul fone kan luister sonder om ander te steur.

                                          Diagram 1

                        'AirPod'

      ŉ Slimfoon het ŉ kenmerk wat die volume van die musiek wat deur die
      'AirPods' gespeel word, kan monitor en ŉ waarskuwingskennisgewings kan
      gee as die volume 80 dB (desibels) oorskry.

      Fred en Tebogo luister na dieselfde musiek. Diagramme 2 en 3 hieronder wys
      hul foonskerms.

                            Diagram 2                            Diagram 3

      3.2.1 Noem die deel van die oor wat:

             (a)    Vibreer as gevolg van die direkte effek van klankgolwe                 (1)

             (b)    Reseptorselle bevat om die klankstimulus agter te kom                  (1)

             (c)    Die druk in die middeloor gelykmaak                                    (1)

             (d)    Klankgolwe na die middeloor lei                                        (1)

      3.2.2 Verduidelik TWEE maniere hoe 'AirPods' ŉ persoon kan verhoed om ander
             omgewingsgeraas te hoor.                                                      (4)

                                                                                           b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                    15
                                                  (VRAESTEL 1)      10831/24

      3.2.3 Gebruik diagramme 2 en 3 en beantwoord die volgende vrae.

             (a)    Wie dra die groter risiko vir skade aan hul klankreseptorselle?     (1)

             (b)    Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.3 (a).                        (2)
                                                                                       (11)

3.3   Die diagram hieronder toon die manlike liggaam met die posisie van verskeie
      kliere.

                                                              A

                                                              B

                                                              C

                                                              bynier

                                                              D

      3.3.1 (a)     Noem TWEE hormone wat deur die bynier afgeskei word.                (2)

             (b)    Noem die hormoon wat deur klier D afgeskei word.                    (1)

      3.3.2 Noem en beskryf die rol van klier A wanneer die hormoon wat deur klier B
            afgeskei word bo die normale vlak styg.                                     (5)
                                                                                        (8)

                                                                                        b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                               LEWENSWETENSKAPPE                   16
                                                               (VRAESTEL 1)      10831/24

3.4   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                                  Fazin: weeg 70 kg           Aubrey: weeg 70 kg
                                                  Nie 'n diabeet nie          'n Diabeet

           Bloedglukosevlakke
                                hoog          W       X            Y

                                0,1 %                                      Normale reeks

                                        Tydperk van oefening

                                laag                                           Z

                                              2        4      6        8      10     12
                                                           Tyd (ure)

      3.4.1 (a)                  Noem die hormoon wat Aubrey by X op die grafiek ontvang het.       (1)

                   (b)           Verskaf ŉ geskikte rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1 (a)        (1)

      3.4.2 Definieer die term homeostase.                                                          (2)

      3.4.3 Beskryf die negatiewe terugvoermeganisme wat tussen Y en Z voorkom.                     (5)
                                                                                                    (9)

                                                                                                    b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                                      LEWENSWETENSKAPPE                17
                                                                      (VRAESTEL 1)      10831/24

3.5   Die grafiek hieronder toon die effek van strawwe oefening op ŉ atleet se
      liggaams-temperatuur, gevolg deur ŉ ysbad.

                                   38,5
                                              strawwe                        ysbad
                                              oefening                       by 18 °C

                                   38,0

          Liggaamstemperatuur °C
                                   37,5

                                   37,0
                                              normale liggaamstemperatuur

                                   36,0
                                          0     10       20    30       40   50    60   70   80
                                                                Minute

      3.5.1 Watter deel van die brein reageer op die temperatuurveranderinge in die
            liggaam se temperatuur?                                                                     (1)

      3.5.2 Beskryf die veranderinge in die atleet se liggaam tussen 20 en
            40 minute, soos geïllustreer in die grafiek.                                                (5)

      3.5.3 Verduidelik die oorsaak van die toename in liggaamstemperatuur tydens
            strawwe oefening.                                                                           (2)
                                                                                                        (8)
                                                                                                       [50]

                                                                                  TOTAAL AFDELING B:   100

                                                                                             TOTAAL:   150

                                                                 EINDE

## Related documents

- [LIFE SCIENCES P1 QP SEPT2019 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-qp-sept2019-afrikaans-final/507e9f66-d103-4b88-8f92-e9436c3a40aa) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 10832 (Afrikaans) Preperatory 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-10832-afrikaans-preperatory-2016-question-paper/f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f) — Life Sciences · QP · 2016 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR12 MEMO SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr12-memo-sept2023-afrikaans/4a6384bb-d099-47ae-9fde-15f096079e67) — Life Sciences · Memo · 2023 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Science P1 (Afrikaans) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-science-p1-afrikaans-preparatory-2018-possible-answer/47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512) — Life Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p1-afrikaans-preparatory-2017-possible-answers/4d8cb2b6-23ab-4f9d-966d-af83482574f4) — Life Sciences · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
