# Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Life Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/a58de351-357b-4f61-b82f-ce4653d92ad3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/life-sciences) › [Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-life-sciences-p2-afrikaans-2024-question-paper-x05/a58de351-357b-4f61-b82f-ce4653d92ad3)

## About this document

Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

VOORBEREIDENDE EKSAMEN
            2024
            10832

      LEWENSWETENSKAPPE

         (VRAESTEL 2)

                          TYD: 2½ uur

                          PUNTE: 150

                          18 bladsye

                                        b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                      2
                                                 (VRAESTEL 2)      10832/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK.

3.   Begin die antwoorde op ELKE vraag bo-aan ŉ NUWE bladsy.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
     gebruik word.

5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan.

6.   Maak ALLE sketse met potlood en skryf die byskrifte met blou of swart ink.

7.   Teken diagramme, vloeidiagramme of tabelle slegs wanneer dit gevra word.

8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

10. Jy moet ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en ŉ passer gebruik,
    waar nodig.

11. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                      3
                                                  (VRAESTEL 2)      10832/24

AFDELING A

VRAAG 1

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot
      1.1.9) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.10 D.

      1.1.1   Die diagram hieronder toon die allele vir lengte in ŉ blomplant waar
              T = lang plante en t = kort plante.

                                    T        t

              Die plant is …

              A     homosigoties dominant vir lengte.
              B     heterosigoties vir lengte.
              C     homosigoties resessief vir lengte.
              D     onvolledig dominant vir lengte.

      1.1.2   Watter van die volgende is NIE van toepassing op oorkruising NIE?

              A     Genetiese materiaal word uitgeruil tussen nie-identiese
                    chromatiede van ŉ homoloë paar.
              B     Homoloë chromosome ondergaan oorkruising in Profase II.
              C     Die punt waar genetiese materiaal uitgeruil word, is die chiasma.
              D     Die proses verhoog genetiese variasie in die gamete wat deur
                    meiose geproduseer word.

      1.1.3   Wanneer veranderinge voorkom in die gene van geslagselle, kan hierdie
              veranderinge ...

              A     tot veranderinge in die ouer se fenotipe lei.
              B     slegs ongeslagtelike voortplantende organismes affekteer.
              C     altyd skadelik vir die nakomelinge wees.
              D     die basis vir evolusionêre veranderinge wees.

                                                                                             b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             LEWENSWETENSKAPPE                          4
                                             (VRAESTEL 2)      10832/24

1.1.4   Die diagram hieronder verteenwoordig vier verskillende spesies
        bakterieë.

            Spesie A         Spesie B           Spesie C         Spesie D

        Watter stelling is korrek met betrekking tot die oorlewings kanse van hierdie
        spesies as daar ŉ verandering in die omgewing is?

        A     Spesie A het die beste kans op oorlewing, omdat dit die meeste
              variasie het.
        B     Spesie C het die beste kans op oorlewing, omdat dit geen
              geenmutasies het nie.
        C     Nie spesie B of spesie D sal oorleef nie, omdat hulle vir dieselfde
              hulpbronne meeding.
        D     Nie een van die spesies sal oorleef nie, omdat bakterieë
              ongeslagtelik voortplant.

1.1.5   Die verhouding tussen gene en allele is dat ...

        A     gene verskillende vorme van dieselfde alleel is.
        B     elke persoon twee allele bevat vir die geen van een eienskap.
        C     gene slegs twee moontlike allele kan hê.
        D     allele die fenotipiese uitdrukking van ŉ geen is.

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                              LEWENSWETENSKAPPE                  5
                                              (VRAESTEL 2)      10832/24

1.1.6   Die diagramme hieronder verteenwoordig die voorpote van vier diere wat
        soortgelyke bene het.

        Bestudeer die diagramme en stellings hieronder.

        Humerus

        Radius

        Ulna

        Karpale

        Metakarpale

        Falanges
                           MENS       KAT            WALVIS          VLERMUIS

        (i)     Die strukture is homoloë.
        (ii)    Die diere deel nie ŉ gemeenskaplike voorouer nie.
        (iii)   Die voorpote van al hierdie diere het dieselfde funksie.
        (iv)    Die strukture het ontstaan as gevolg van modifikasie deur
                afstamming.

        Watter stellings hierbo is op die diagramme van toepassing?

        A       (ii) en (iv)
        B       (i) en (iii)
        C       (i) en (iv)
        D       (ii) en (iii)

1.1.7   ŉ Sekere afwyking word veroorsaak deur die dominante alleel F.
        Die volgende kombinasies moet oorweeg word:

        (i)     ff x Ff
        (ii)    ff x FF
        (iii)   Ff x Ff
        (iv)    Ff x FF

        Watter van die volgende kombinasies van kruisings kan lei tot sommige
        nakomelinge sonder die afwyking?

        A       Slegs (i) en (iii)
        B       Slegs (i) en (ii)
        C       Slegs (ii) en (iii)
        D       Slegs (ii) en (iv)

                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                           LEWENSWETENSKAPPE                        6
                                           (VRAESTEL 2)      10832/24

VRAAG 1.1.8 EN 1.1.9 IS OP DIE DIAGRAM HIERONDER GEBASEER.

1.1.8   Min of meer, hoeveel langer het Pan troglodytes bestaan in vergelyking
        met sy naaste familielid?

        A    2,5 mj
        B    3,6 mj
        C    4,0 mj
        D    5,0 mj

1.1.9   Hoeveel genera word in hierdie diagram voorgestel?

        A    2
        B    3
        C    4
        D    9                                                            (9 x 2)   (18)

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    LEWENSWETENSKAPPE                          7
                                                    (VRAESTEL 2)      10832/24

1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf
       slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die ANTWOORDBOEK
       neer.

       1.2.1   Die alleel wat nie die fenotipe in die heterosigotiese toestand beïnvloed nie

       1.2.2   Die binding wat tussen aminosuurmolekules in ŉ proteïen vorm

       1.2.3   ŉ Gedeelte van ŉ chromosoom wat vir ŉ spesifieke eienskap kodeer

       1.2.4   Die biotegnologiese proses wat ŉ genetiese identiese organisme
               produseer

       1.2.5   Die tipe variasie waar daar ŉ reeks intermediêre fenotipes is

       1.2.6   Die studie van die verlede en hedendaagse verspreiding van lewende
               organismes oor die vastelande

       1.2.7   Die wetenskaplike wat aangevoer het dat verworwe eienskappe wat deur
               ouers verkry word, aan die nakomelinge oorgedra kan word       (7 x 1)              (7)

1.3    Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
       SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
       slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
       (1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDBOEK neer.

                              KOLOM I                                   KOLOM II
      1.3.1    Kenmerke van ŉ Afrika-aapskedel                 A:   Prognaties
                                                               B:   Minder prognatiese
                                                                    wenkbrou-riwwe
      1.3.2    Eienskappe van bloedgroep-oorerwing             A:   Meervoudige allele
                                                               B:   Kodominansie
      1.3.3    In ŉ kruising tussen ŉ bul wat heterosigoties   A:   EB; Eb; eB en eb
               is vir lang wimpers en bruin pelskleur en ŉ     B:   eb; Eb
               koei wat kort wimpers en ŉ wit pelskleur het,
               sal die gamete van die koei ... wees
                                                                                     (3 x 2)       (6)

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                   LEWENSWETENSKAPPE                      8
                                                   (VRAESTEL 2)      10832/24

1.4   Die 'Uit Afrika'-hipotese stel dat moderne mense in Afrika ontstaan het en toe na
      ander kontinente gemigreer het. Sommige fossiele van die genus
      Australopithecus is in Suid-Afrika ontdek.
      1.4.1   Gee die naam van die wetenskaplike wat die volgende ontdek het:

              (a)     Mev. Ples                                                               (1)

              (b)     “Little foot”                                                           (1)

      1.4.2   Noem die fossielterrein waar “Little Foot” ontdek is.                           (1)

      1.4.3   Gee die spesienaam van die fossiel Karabo.                                      (1)

      1.4.4   Noem die genetiese bewyse wat die 'Uit Afrika'-hipotese ondersteun.             (1)
                                                                                              (5)
1.5   Die diagram hieronder verteenwoordig DNS-replisering.

                                              Timien

      1.5.1   Gedurende watter fase in die selsiklus vind DNS-replisering plaas.              (1)

      1.5.2   Noem die natuurlike vorm van molekuul E.                                        (1)

      1.5.3   Gee die LETTER en NAAM vir elk van die volgende:

              (a)    ŉ Monomeer (boublok) van DNS                                             (2)

              (b)    ŉ Suiker in DNS                                                          (2)

              (c)    Die komplimentêre basis vir die stikstofbasis in molekule D              (2)
                                                                                              (8)

                                                                                              b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                   9
                                                 (VRAESTEL 2)      10832/24

1.6   Die diagramme hieronder toon twee skelette.

      1.6.1   Identifiseer watter van die diagramme (A, B of Beide A en B) behoort
              aan:

              (a) Homo sapiens                                                           (1)

              (b) Hominiede                                                              (1)

      1.6.2   Beskryf DRIE kenmerke van ŉ organisme se skelet wat bipedalisme
              toelaat.                                                                   (3)

      1.6.3   Noem die kenmerk van die skedel wat binokulêre visie moontlik maak.        (1)
                                                                                         (6)
                                                              TOTAAL AFDELING A:         50

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                   LEWENSWETENSKAPPE                      10
                                                   (VRAESTEL 2)      10832/24

AFDELING B

VRAAG 2

2.1   Tabel 1 hieronder toon ŉ gedeelte DNS-volgorde van ŉ mens en Tabel 2 toon die
      aminosure wat deur verskillende bRNS-kodons gekodeer word.

                                         Tabel 1

              Basisdrietal nommer           1       2         3         4
              Menslike DNS-volgorde        TGT     ACG       TGC       ACA

                                         Tabel 2
                      bRNS kodons                          Aminosuur
              GUU, GUG, GUA                         Valien
              UGU, UGC                              Sisteïen
              CCA, CCU                              Prolien
              UUG, CUC, CUG, UUA                    Leusien
              ACG, ACA                              Treonien
              UAC, UAU                              Tirosien

      2.1.1    Noem en beskryf die proses in proteïensintese wat verantwoordelik is vir
               die vorming van bRNS.                                                       (5)

      2.1.2    Gee die bRNS-kodon wat gevorm word uit die basisdrietal nommer 4 op
               die DNS-volgorde.                                                           (1)

      2.1.3    Noem die aminosuur waarvoor basisdrietal 2 kodeer.                          (1)

      2.1.4    ŉ Mutasie het veroorsaak dat basisdrietal 1 verander het, sodat dit
               dieselfde lyk as basisdrietal 3.

               Verduidelik watter effek hierdie mutasie het op die proteïen wat gevorm
               word.                                                                       (4)
                                                                                          (11)

                                                                                           b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                      11
                                                  (VRAESTEL 2)      10832/24

2.2   Die diagram hieronder toon ŉ sel tydens ŉ fase van Meiose I en ŉ verskynsel wat
      tydens hierdie fase van meiose kan voorkom, wat tot chromosomale mutasies kan
      lei.

      2.2.1   Aan die einde van meiose word gamete geproduseer.

              Verduidelik EEN ander biologiese belangrikheid van meiose.                      (3)

      2.2.2   Tabuleer TWEE verskille tussen Meiose I en Meiose II.                           (5)

      2.2.3   Teken ŉ benoemde diagram van hierdie sel in die fase voor die een hierbo
              getoon.                                                                         (5)

      2.2.4   Noem en beskryf die verskynsel wat in die sel hierbo plaasgevind het.           (3)

      2.2.5   Aan die einde van meiose in hierdie sel, as een gameet wat drie
              chromosome bevat ŉ gameet bevrug wat twee chromosome bevat, sou dit
              tot Downsindroom lei?                                                           (1)

      2.2.6   Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 2.2.5.                                  (2)
                                                                                          (19)

                                                                                          b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                        12
                                                  (VRAESTEL 2)      10832/24

2.3   Alhoewel dit ŉ seldsame voorkoms is, het gevalle van babas wat met geboorte in
      ŉ hospitaal omgeruil is, in die verlede die nuus gehaal. Aangesien ŉ individu se
      DNS-volgorde uniek is, met die uitsondering van identiese tweelinge, is DNS-
      profiele ŉ betroubare manier om die ouers van ŉ gegewe baba te bepaal.
      Beperkende fragment-lengte polimorfisme (BFLP) of die gebruik van die
      polimerase kettingreaksie (PKR) is twee metodes wat gebruik word in die
      ontleding van DNS-profiele.

      Hieronder is die resultate van DNS-profiele wat op drie babas en drie stelle ouers
      uitgevoer is, toe ŉ hospitaal vermoed het dat babas dalk omgeruil is.

      Die hospitaal het die babas soos volg toegewys:
      Baba 1 is aan Egpaar A gegee, Baba 2 aan Egpaar C en Baba 3 aan Egpaar B.

                 Egpaar A       Egpaar B      Egpaar C
                 Ma    Pa       Ma    Pa      Ma     Pa       Baba 1 Baba 2 Baba 3

      2.3.1   Noem, uit die teks hierbo, TWEE metodes wat gebruik word om DNS-
              profiele te ontleed.                                                          (2)

      2.3.2   Op grond van die DNS-profiele wat verskaf is, watter baba/babas is
              korrek deur die hospitaal toegewys?                                           (1)

      2.3.3   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 2.3.2.                                      (2)

      2.3.4   Verskaf EEN ander gebruik van DNS-profiele.                                   (1)
                                                                                            (6)

                                                                                            b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                       13
                                                  (VRAESTEL 2)      10832/24

2.4   By ŉ soort vliegspesie, Drosophila melanogaster, is taan (ligbruin) liggaamskleur
      (T) dominant oor swart liggaamskleur (t) en lang vlerklengte (L) is dominant oor
      kort vlerklengte (l).

                         taan liggaamskleur        swart liggaamskleur
                         en lang vlerklengte       en kort vlerklengte

      Die punnett-diagram hieronder toon die kruising tussen die wyfie en die mannetjie
      Drosophila melanogaster vlieg soos hierbo getoon.

                       Moontlike gamete           TL                  tL
                               A                  TtLl                B

      2.4.1   Noem waarom daar na dié tipe kruising wat in die bogenoemde scenario
              betrokke is, as ŉ dihibriede kruising verwys word.                           (2)

      2.4.2   Die vorming van gamete met verskillende alleelkombinasies kan deur
              Mendel se Wette verduidelik word. Noem die TWEE wette wat van
              toepassing is.                                                               (2)

      2.4.3   Identifiseer die:

              (a)    Genotipe van die gameet van die manlike ouer by A                     (1)
              (b)    Fenotipe van nakomeling B                                             (2)
              (c)    Genotipe van die vroulike ouer                                        (1)
                                                                                           (8)

                                                                                           b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                  LEWENSWETENSKAPPE                     14
                                                  (VRAESTEL 2)      10832/24

2.5    Die diagram hieronder toon twee modelle van evolusie gebaseer op die tempo
       waarteen dit plaasvind.

                                               Tyd

      2.5.1   Gee die LETTER (A of B) wat die volgende die beste sal verteenwoordig:

              (a)    Gradualisme                                                         (1)

              (b)    Eldrige en Gould se verduideliking van evolusie                     (1)

      2.5.2   Noem en beskryf die model van evolusie wat in A getoon word.               (3)

      2.5.3   Noem die tipe fossiele wat die model van evolusie ondersteun wat deur B
              voorgestel word.                                                           (1)
                                                                                         (6)
                                                                                        [50]

                                                                                         b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                          15
                                                 (VRAESTEL 2)      10832/24

VRAAG 3

3.1   Temming in gewasse is oor duisende jare getransformeer en lyk nou heeltemal
      anders in vergelyking met hul familie in die wild.

      Mielies behoort tot die genus Zea wat wilde teosinte (Z. mays parviglumis) en
      getemde mielies (Z. mays mays) insluit.

      Teosinte produseer ŉ kop met slegs 6 – 12 pitte in 2 rye wat deur ŉ harde buitenste
      bedekking beskerm word. Moderne mielies wat deur boere geproduseer word, het
      ŉ kop wat uit 500 of meer blootgestelde pitte in soveel as 20 rye bestaan.

      Die diagram hieronder toon die wilde teosinte en 'n getemde mieliekop.

                              Teosinte      Mielie

      3.1.1   Noem die proses waardeur mense die moderne mielies geproduseer het.            (1)

      3.1.2   Noem EEN negatiewe effek wat die proses genoem in VRAAG 3.1.1 op ŉ
              spesie kan hê.                                                                 (1)

      3.1.3   Beskryf hoe die proses genoem in VRAAG 3.1.1 op mielies uitgevoer is.          (3)

      3.1.4   Verduidelik EEN ekonomiese voordeel wat die produksie van die moderne
              mieliekop vir boere inhou.                                                     (2)
                                                                                             (7)

                                                                                             b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                 LEWENSWETENSKAPPE                       16
                                                 (VRAESTEL 2)      10832/24

3.2   ŉ Landengte is ŉ smal strook land wat twee groter landmassas verbind en twee
      waterliggame van mekaar skei. Die Landengte van Panama is ŉ smal strook land
      wat Noord- en Suid-Amerika aansluit. Wetenskaplikes glo dat hierdie strook land
      3,5 miljoen jaar gelede gevorm het. Die Karibiese See is warm, terwyl die Stille
      Oseaan koeler is. Varkvisse, genus Anisotremus, kan aan weerskante van die
      smal strook land gevind word. Toe wetenskaplikes ŉ manlike varkvis van die
      Karibiese See en ŉ vroulike Panamese varkvis van die Stille Oseaan in dieselfde
      vistenk geplaas het, kon hulle nie kopuleer nie. Hulle word nou as twee
      verskillende spesies beskou word.

      3.2.1   Definieer die term spesie.                                                  (2)

      3.2.2   Noem TWEE reproduktiewe isoleringsmeganismes wat moontlik verhoed
              het dat die twee spesies varkvisse gekopuleer het.                          (2)

      3.2.3   Gebaseer op die scenario hierbo, beskryf die spesievorming van die
              varkvis deur geografiese isolasie.                                          (7)
                                                                                         (11)

                                                                                          b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                    LEWENSWETENSKAPPE                     17
                                                    (VRAESTEL 2)      10832/24

3.3   Ichthyosis is ŉ velafwyking wat veroorsaak word deur ŉ mutasie van ŉ geen wat
      op die X-chromosoom gedra word.

      Die versteuring lei tot droë, skubberige vel as gevolg van ŉ tekort aan ŉ ensiem.
      Individu B het ŉ genotipe XtY.

                                      A         B

                                           C

                                           D

                          Ongeaffekteerde man          Geaffekteerde man

                          Ongeaffekteerde vrou         Geaffekteerde vrou

      3.3.1   Noem die tipe diagram hierbo getoon.                                         (1)

      3.3.2   Verskaf die moontlike genotipe/s van individu A.                             (2)

      3.3.3   Verduidelik die verband tussen die oorgeërfde genotipe en fenotipe van
              individue C en Mendel se Wet van Dominansie.                                 (4)

      3.3.4   Verduidelik hoekom mans meer geneig is om deur hierdie afwyking
              geaffekteer te word as vrouens.                                              (2)

      3.3.5   Deur ŉ genetiese kruising te gebruik, wys hoe individu D die genotipe
              geërf het wat veroorsaak het dat hierdie individu deur die versteuring
              geraak is. OMKRING die genotipe in die korrekte posisie op die kruising.     (6)
                                                                                          (15)

                                                                                           b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                LEWENSWETENSKAPPE                          18
                                                (VRAESTEL 2)      10831/24

3.4   Nala en Luke is boere van dieselfde spesie klein vissies. Nala teel met
      homosigotiese geelvisse terwyl Luke met homosigotiese blouvisse teel.

      In ŉ ondersoek om die dominante kleur in hierdie vissoort te bepaal, het hulle
      toegelaat dat die geelvisse oor vyf jaar slegs met die blouvisse teel en elke jaar
      100 nakomelinge versamel om waar te neem.

      Die tabel hieronder toon die gemiddelde resultate van die nakomelinge.

                          Fenotipe         Gemiddelde aantal visse oor vyf jaar
                            Geel                          20
                           Groen                          65
                            Blou                          15

      3.4.1   Noem die tipe dominansie wat in hierdie ondersoek getoon word.                (1)

      3.4.2   Verskaf ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 3.4.1.                               (1)

      3.4.3   Stel:

              (a)     TWEE maniere waarop die betroubaarheid van hierdie
                      ondersoek verseker is                                                 (2)

              (b)     EEN manier waarop die resultate van die ondersoek meer geldig
                      gemaak is                                                             (1)

      3.4.4   Gee TWEE beplanningstappe wat vir hierdie ondersoek geneem sou
              word.                                                                         (2)

      3.4.5   Teken ŉ staafgrafiek om die resultate van hierdie ondersoek voor te
              stel.                                                                         (6)
                                                                                           (13)

3.5   Volgens Darwin se teorie van evolusie is daar ŉ groot mate van variasie in
      nakomelinge.

      Gebruik natuurlike seleksie, om te beskryf hoe variasies in die nakomelinge sal
      lei tot ŉ toename in die aantal individue met gewenste eienskappe, in die
      volgende generasie.                                                                   (4)
                                                                                           [50]

                                                               TOTAAL AFDELING B:          100

                                                                              TOTAAL:      150

                                            EINDE

## Related documents

- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a) — Life Sciences · QP · 2020 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) X05 2019 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-x05-2019-preparatory-examination-question-paper/ef93fd9a-8d6c-457f-9666-9b77ed91aae4) — Life Sciences · QP · 2019 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-qp-sept2017-afrikaans/bf87cb58-23d4-4b06-adf5-25fd58ae662a) — Life Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Life Sciences P2 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-life-sciences-p2-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/82f3d670-5978-4924-921a-4e1431048e3f) — Life Sciences · QP · 2015 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 GR12 MEMO SEPT2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr12-memo-sept2022-afrikaans/7cca7322-63ed-4fb0-a67b-5df57d647597) — Life Sciences · Memo · 2022 · Afr
- [Gr12 Life Sciences P2 (Afrikaans) 2021 Preparatory Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr12-life-sciences-p2-afrikaans-2021-preparatory-possible-answers/07d532e0-9e14-43cd-8b65-eafbe304db10) — Life Sciences · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Life Sciences

- [LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMO GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-memo-gr12-sept-2025-watermark/ee8ac4d1-8b43-4b2a-87fc-d07277b88025) — Memo · 2025
- [LIFE SCIENCES P2 MEMO GR12 SEPT 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-memo-gr12-sept-2025-afr-watermark/be114f07-9b13-48d1-9cae-e0ae8aec035b) — Memo · 2025 · Afr
- [Life Sciences Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/ba194139-8ff7-481e-92f4-d961a5c8d23a) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-free-state/470ae841-15a4-4ab3-a87b-abd2294edc20) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 Gauteng](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-gauteng/bbdf9d27-c483-4cd4-af9f-287e699f482e) — Memo · 2025
- [Life Sciences Grade 12 NSC P2 MEMO September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-grade-12-nsc-p2-memo-september-2025-kzn/f412416e-57d1-473d-886a-87c9fbb8823c) — Memo · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
