# Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Mathematical Literacy Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-mathematical-literacy-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/862f41ea-86b5-468a-bac9-0f1c76be2e36
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-mathematical-literacy-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/862f41ea-86b5-468a-bac9-0f1c76be2e36)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    JUNIE EKSAMEN
       GRAAD 12

           2024

 WISKUNDIGE GELETTERDHEID

        (VRAESTEL 1)

                   TYD:      2 uur

                   PUNTE:    100

                   11 bladsye + ŉ addendum van 6 bladsye

                                          Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                    2
                                             (VRAESTEL 1)           GR12 0624

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.   Gebruik die BYLAES in die ADDENDUM soos volg:

         Gebruik BYLAE A vir VRAAG 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3
         Gebruik BYLAE B vir VRAAG 2.2.4
         Gebruik BYLAE C vir VRAAG 3.1
         Gebruik BYLAE D vir VRAAG 3.2
         Gebruik BYLAE E vir VRAAG 3.3

3.   Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

4.   ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nie-programmeerbaar en nie-grafies) mag gebruik word, tensy
     anders aangedui.

5.   Toon ALLE berekeninge duidelik aan.

6.   Rond ALLE finale antwoorde korrek af volgens die gegewe konteks, tensy anders vermeld.

7.   Dui eenhede van meting aan, waar van toepassing.

8.   Kaarte en diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE, tensy anders aangedui.

9.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

10. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                         3
                                            (VRAESTEL 1)           GR12 0624

VRAAG 1

1.1   Sosiale media is ŉ kollektiewe term vir webwerwe en toepassings (Apps) wat fokus op
      kommunikasie, gemeenskapsgebaseerde insette, interaksie, inhoudsdeling en samewerking.
      Mense gebruik sosiale media om in kontak te bly en interaksie met vriende, familie en
      verskeie gemeenskappe te hê.

               Persentasie Persone wat Daagliks Sosiale Media gebruik

       80%

       60%

       40%

       20%

       0%
                YouTube   Twitter   Instagram SnapChat TikTok          Facebook
                                                                        [Bron: Statistiek Suid-Afrika]

      Gebruik die bostaande grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.

      1.1.1    Identifiseer die tipe grafiek wat hierbo aangedui is.                                         (2)

      1.1.2    Noem die sosiale media-platform wat die minste gewild is.                                     (2)

      1.1.3    Bepaal die persentasie Instagram-gebruikers.                                                  (2)

      1.1.4    Daar is daagliks 10 miljoen gebruikers op sosiale media-platforms. Bereken
               hoeveel gebruikers daar daagliks op TikTok is.                                                (2)

                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                         4
                                              (VRAESTEL 1)           GR12 0624

1.2   Wanneer jy ŉ motor koop, is die algemeen aanvaarde reël dat ŉ persoon nie meer as 20%
      van jou totale inkomste op motorpaaiemente moet spandeer nie.

                                                                          [Bron: www.autotrader.co.za]
      Mnr. Clain is op soek na sy droommotor, ŉ Golf GTI 2023 model.

      Mnr. Clain verdien ŉ maandelikse bruto salaris van R68 000.

      Die prys van die motor is as volg bereken:

         Verkoopprys                                                  R834 900
         Deposito                                                        R0
         Inruilwaarde                                                    R0
         Oorblywende-/Ballonbetaling                                    0%
         Maandelikse Terugbetaling                                    R16 760
         Totale Rente                                                    A
         Totale Geraamde Terugbetaling                               R1 206 711
         Terugbetalingsperiode (Maande)                                  72
         Geraamde Rentekoers                                            13%

      LET WEL: Mnr. Clain wil nie sy huidige motor inruil nie.

      Gebruik die bostaande inligting om die vrae wat volg te beantwoord.

      1.2.1   Skryf die waarde van die totale geraamde terugbetaling in woorde neer.                         (2)

      1.2.2   Kies die korrekte definisie wat die volgende term beskryf. Skryf slegs die letter
              (A–D) as ŉ antwoord.

              Die korrekte definisie vir rentekoers is …

              A       die geld wat op ŉ leningsbedrag betaal word.

              B       die koste wat jy betaal om geld te leen.

              C       die bedrag wat jy terugbetaal, dus die oorspronklike leningsbedrag plus ŉ
                      sekere persentasie van die leningsbedrag as rente.

              D       die totale bedrag in rand wat jy vir ŉ lening terugbetaal.                             (2)

                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                         5
                                                 (VRAESTEL 1)           GR12 0624

        1.2.3     Bereken 20% van mnr. Clain se bruto maandelikse salaris.                                   (2)

        1.2.4     Wat is die oorspronklike verkoopprys van die motor sonder rente?                           (2)

        1.2.5     Bepaal die waarde van A, die totale bedrag van rente betaalbaar op die GTI Golf.           (2)

        1.2.6     Skryf die terugbetalingstydperk in jare neer.                                            (2)
                                                                                                          [20]

VRAAG 2

2.1    Mnr. Randy Ford het van die VSA na Suid-Afrika verhuis en is as Departementshoof vir
       Wiskundige Geletterdheid en Wiskunde by Hoërskool Zoonodle in Johannesburg aangestel.
       Hieronder is ŉ uittreksel van sy salarisstrokie.

                                              Salarisstrokie
                                           Hoërskool Zoonodle
                                         Pearson Pointstraat 21023
                                                 Gatelaan
                                               Johannesburg

 Aanstellingsdatum        :   2022-06-23                 Werknemer Naam        :    Randy Ford
 Betaalperiode            :   Augustus 2023              Aanstelling           :    Departementshoof
 Werksdae                 :   26                         Departement           :    Wiskunde

      Inkomstes           Bedrag                           Afrekkings                                Bedrag
 Basiese salaris         39 380,75                  Belasting RSA LBS                                8 496,32
 Huistoelaag              1 691,38                  Care4 Mediesefonds                               1 701,00
                                                      Werknemer 1 701
                                                     Lidmaat fooi 4 027
                                                             Huislening                             15 250,00

                     Bruto Inkomste                               41 072,13   Totale Aftrekkings             A
                                                                                    Netto Salaris            B

         Gebruik die bostaande salarisstrokie en beantwoord die vrae wat volg.

         2.1.1    Verduidelik die betekenis van LBS soos gesien in konteks van die salarisstrokie
                  hierbo.                                                                                    (2)

         2.1.2    Toon met behulp van berekeninge hoe die bruto inkomste van R41 072,13 bepaal
                  is.                                                                                        (2)

                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                       6
                                            (VRAESTEL 1)           GR12 0624

      2.1.3   Bereken die waarde van A, mnr. Ford se Totale Aftrekkings.                                   (2)

      2.1.4   Mnr. Ford het sy vrou ingelig dat hy 'n netto salaris van R15 625,81 sal hê.

              Verifieer met berekeninge of mnr. Ford korrek is. Skryf ŉ formule neer vir
              die berekening van die netto salaris wat jou met jou berekeninge sal help.                   (3)

      2.1.5   Bereken watter persentasie die werknemer vir mediese fonds sal betaal. Rond jou
              antwoord tot die naaste persentasie af.                                                      (3)

2.2   Een van die hoofbronne van inkomste vir die regering is persoonlike inkomstebelasting.
      Mnr. Ford doen ekstra werk na-ure, wat nie noodwendig op sy salarisadvies aangetoon is
      nie, en hy dien sy inkomstebelastingopgawe deur SAID e-filing in. BYLAE A toon ŉ
      uittreksel van mnr. Ford se e-filing berekeninge.

      2.2.1    Bepaal die totale inkomste bedrag waarvolgens SAID vir mnr. Ford kan aanslaan,
               nadat alle toelaes en addisionele vergoedings in ag geneem is. Gebruik BYLAE A
               om die vraag te antwoord.                                                                   (2)

      2.2.2    Gebruik BYLAE A en identifiseer mnr. Ford se belasbare inkomste na die
               assesseringsberekening.                                                                     (2)

      2.2.3    Die e-filing berekeninge op BYLAE A toon ŉ waarde van R4 163,70 as die
               BEREKENDE resultaat. Toon deur berekeninge hoe hierdie bedrag bepaal is en
               verduidelik of hierdie bedrag aan SAID betaal moet word, of dit aan mnr. Ford
               betaal moet word.                                                                           (6)

      2.2.4    Volgens die assessering wat op e-filing gedoen is, dui dit daarop dat mnr. Ford
               R149 996,92 op sy belasbare inkomste, voor korting, moet betaal. Maak gebruik
               van die belastingtabel vir 2023 op BYLAE B en verifieer of hierdie bedrag korrek
               bereken is.                                                                                 (3)

2.3   Mnr. Ford is ŉ huiseienaar en ontvang ŉ maandelikse waterrekening.

      Die Stad van Ekurhuleni sal maandeliks ŉ basiese afvalwaterdiens gratis voorsien. Die
      volgende tariewe sal geld.

                                                                    Tarief R/kl      Tarief R/kl
                         Tariewe Opsomming
                                                                     2022/23          2023/24
       Aantal residensiële eenhede × (0 – 6 kℓ/maand)                 R16,18           R18,12
       Aantal residensiële eenhede × (7 – 15 kℓ/maand)                R26,66           R29,86
       Aantal residensiële eenhede × (16 – 30 kℓ/maand)               R32,66           R36,58
       Aantal residensiële eenhede × (31 – 45 kℓ/maand)               R40,64           R45,52
       Aantal residensiële eenhede × (46 kℓ of meer/maand)            R50,11           R56,12
       Alle tariewe sluit 15% BTW in.
                                                                [Bron: Tariewe, Stad van Ekurhuleni]

      2.3.1   Bepaal die tarief in R/kℓ vir 15 kℓ water verbruik per maand in 2023/2024.                   (2)

                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

    JUNIE EKSAMEN
       GRAAD 12

           2024

 WISKUNDIGE GELETTERDHEID

        (VRAESTEL 1)

         ADDENDUM

                              6 bladsye

                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              2
                                         (VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624

BYLAE A

VRAAG 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3

TABEL 1:

                                                     INKOMSTEBELASTING
                                                     BEREKENDE BELASTING
                                                     RESULTAAT

                                                     Besonderhede
                                                     Verwysingsnommer: 835041121578
                                                     Jaar van aanslag: 2023
                                                     Datum:            20231020
 Bedrag Beoordeel
 Kode         Bron Kode Beskrywing                                                 Rand
 3601         INKOMSTE – BELASBAAR                                                    433 064,00
 3605         JAARLIKSE PAAIEMENT – BELASBAAR                                          36 176,00
 3713         ANDER TOELAE – BELASBAAR                                                127 198,00
 3817         PENSIOENFONDSBYDRAE – DC                                                 70 199,00
 3702         TERUGBETALENDE REISTOELAE – BELASTING                                    33 245,00
 3810         MEDIESE FONDS FOOIE-BYVOORDEEL                                           19 838,00
                                                             TOTAAL                   719 720,00
 Aftrekkings
 Kode         Bron Kode Beskrywing                                                 Rand
 4014         REISUITGAWES – VASTE KOSTE                                               33 245,00
 4029         PENSIOENFONDS BYDRAE                                                    102 678,00
                                                             TOTAAL                   135 923,00
 Belasbare inkomste                                                                   583 797,00
 Graderingspersentasie (%)                                                                  0,00
 Graderingsbedrag                                                                     583 797,00
 Belasbare inkomste – Onderdanig aan pensioenfonds lompsom voordeel
 belastingkoerse                                                                              0,00
 Belasbare inkomste – Onderdanig aan pensioenfonds lompsom onttrekking
 van voordeel belastingkoerse                                                                 0,00
 Belastingberekening
 Normale belasting op belasbare inkomste                                               149 996,92
 Kortings                                                                               16 425,00
 Addisionele belasting                                                                       0,00
 Subtotaal                                                                             133 571,92
 Werknemersbelasting en belastingkrediete                                              129 408,22
 Berekende uitslag                                                                       4 163,70
                                                                         [Bron: IRP5 www.sars.gov.za]

                                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                    WISKUNDIGE GELETTERDHEID                               3
                                    (VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624

BYLAE B

VRAAG 2.2.4

TABEL 2: 2022/2023 BELASTINGJAAR (1 Maart 2022 – 28 Februarie 2023)

           JAARLIKSE BELASBARE
                                             TARIEWE VAN BELASTING (R)
                 INKOMSTE (R)
    A      1 – 226 000             18% van belasbare inkomste
    B      226 001 – 353 100       40 680 + 26% van belasbare inkomste meer as 226 000
    C      353 101 – 488 700       73 726 + 31% van belasbare inkomste meer as 353 101
    D      488 701 – 641 400       115 762 + 36% van belasbare inkomste meer as 488 700
    E      641 401 – 817 600       170 734 + 39% van belasbare inkomste meer as 641 400
    F      817 601 – 1 731 600     239 452 + 41% van belasbare inkomste meer as 817 600
    G      1 731 601 en meer       614 192 + 45% van belasbare inkomste meer as 1 731 600

                                                BELASTING JAAR
  BELASTING KORTINGS
                                  2022/23            2021/22                    2020/21
 Primêre                          R16 425            R15 714                    R14 958
 Sekondêre (65 jaar en ouer)      R9 000              R8 613                    R8 199
 Tersiêre (75 jaar en ouer)       R2 997              R2 871                    R2 736
                                                          [Bron: Aangepas vanuit www.sars.gov.za]

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

WISKUNDIGE GELETTERDHEID                              4
                                                                            (VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624

BYLAE C

VRAAG 3.1

  LENGTE VAN DIE GEMIDDELDE SUID-AFRIKAANSE MAN IN VERGELYKING
       MET DIE LENGTE VAN DIE SPELERS IN DIE SPRINGBOKSPAN
                     Springbok beginspan vir Rugby Wêreldbeker                        R G Snyman (2,06 m)
                                                                                      Jean Kleyn (2,03 m)
                                                          Jesse Kriel (1,86 m)        Eben Etzebeth (2,03 m)
          Gemiddelde Suid-    Grant Williams (1,74 m)
                              Faf de Klerk (1,72 m)       Willie le Roux (1,86 m)               Slot
          Afrikaanse man
          1,68 m              Cheslin Kolbe (1,70 cm)         Senter & Vleuel
                               Vleuel & Skrumskakel

                                                                                                                                            Downloaded from hlayiso.com

                         Die gemiddelde lengte van die Springbokspan in 2023 is 1,86 m.
                                                                                                   [Bron: Rugby Mag.co.za]

                                                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

WISKUNDIGE GELETTERDHEID                            5
                                                    (VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624

BYLAE D

VRAAG 3.2

VERGELYKING VAN DIE GEWIG VAN DIE NIEU-SEELANDSE EN SUID-AFRIKAANSE RUGBYSPELERS

                                                               Nieu-Seeland

                                                           Suid-Afrika
                                                                                                                  Downloaded from hlayiso.com

                                                                    [Bron: Outlier Africa]

                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

WISKUNDIGE GELETTERDHEID                           6
                                                                                            (VRAESTEL 1) ADDENDUM GR12 0624

BYLAE E

VRAAG 3.3

Salaris verskil tussen wêreldberoemde sokkerspelers teenoor wêreldberoemde rugbyspelers.

          Cristiano Ronaldo                 Neymar Junior                  JAARLIKSE SALARISSE VAN WÊRELD
       €35 000 000 PER JAAR             €37 000 000 PER JAAR               BEROEMDE RUGBYSPELERS (IN MILJOENE)
                                                                                                               Bedrag verdien in miljoen
                                                                            Naam van speler    Nasionaliteit
                                                                                                                    rand per jaar
                                                                            Dan Carter             NS                  R20,13
                                                                            Matt Giteau            AUS                 R20,13
                                                                            Siya Kolisi            SA                  R35,00
                                                                            Faf de Klerk           SA                  R21,00
                                                                            Cheslin Kolbe          SA                  R22,00

                                                                                                                          [Bron: Outlier Africa]

   Huidige wisselkoers:
   1 Euro = 20,05 Suid-Afrikaanse Rand
   1 (VS) Dollar = 18,36 Suid-Afrikaanse Rand
                                                                                                                                                    Downloaded from hlayiso.com

                                             [Bron: www.x-rates.com]

                                                                                                                                            EINDE

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                         7
                                             (VRAESTEL 1)           GR12 0624

      2.3.2   Bereken die persentasie verhoging vir watertariewe vanaf 2022/2023 tot 2023/2024,
              as ŉ huishouding ongeveer 30 kℓ water per maand
              verbruik. Jy mag kan die volgende formule gebruik:
                                        𝑻𝒂𝒓𝒊𝒆𝒇 𝟐𝟎𝟐𝟒 𝑻𝒂𝒓𝒊𝒆𝒇 𝟐𝟎𝟐𝟑
              Persentasie verhoging =         𝑻𝒂𝒓𝒊𝒆𝒇 𝟐𝟎𝟐𝟑
                                                                   × 100%                                    (3)

      2.3.3   Mnr. Ford het ŉ stelling in 2023 gemaak dat hy na die persentasie verhoging soos
              aangedui, R300 meer sal betaal vir 35 kℓ waterverbruik in 2024. Verifieer sy
              stelling deur alle berekeninge te toon.                                                      (6)
                                                                                                          [36]
VRAAG 3

3.1   Met sy vierde Rugby Wêreldbekeroorwinning, staan Suid-Afrika bo-aan die ranglys.

      Toewyding tot die saak. Vertroue om ŉ taak te verrig. Vertroue in die sisteem. Dit is die Suid-
      Afrikaanse manier. Dit het Suid-Afrika die 2023 Mans Rugby Wêreldbeker laat wen.

                                                               [Bron: www.sarugbymag.co.za]

      BYLAE C toon die lengte van die gemiddelde Suid-Afrikaanse man en die rugbyspelers
      met hul posisies in die span asook hul onderskeie lengtes.

      Gebruik BYLAE C en beantwoord die vrae wat volg.

      3.1.1   Bepaal die omvang van die lengtes van die rugbyspelers soos aangetoon in die stel
              data.                                                                                          (3)

      3.1.2   Die gemiddelde lengte van ŉ Suid-Afrikaanse rugbyspeler is 1,86 m. Maak
              gebruik van die volgende formule en bepaal die totale lengte, in meters, van die
              15 rugbyspelers in die Springbokspan.
              Gemiddeld =                totale lengte
                               totale aantal spelers in die span                                             (4)
                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                      8
                                              (VRAESTEL 1)           GR12 0624

3.2   Rugby is waarskynlik een van die mees liggaamstipe-inklusiewe sportsoorte. Anders as
      langafstandhardloop of liggaamsbou, ongeag die liggaamsbou wat jy het, sal daar altyd plek
      vir jou op ŉ rugbyveld wees.

      BYLAE D toon twee mond-en-snordiagramme aan wat die gewig van die Nieu-Seelandse
      en Suid-Afrikaanse rugbyspanne vergelyk.

      Gebruik die mond-en-snordiagramme in BYLAE D om die vrae wat volg te beantwoord.

      3.2.1    Die 5-punt opsomming vir Nieu-Seeland is as volg:

                      K3              Maks              K1               Min              K2
                    113 kg           140 kg             A               70 kg           100 kg

               As die interkwartielomvang gelyk is aan 25 kg, bepaal die waarde van
               A = Kwartiel 1.                                                                            (4)

      3.2.2    Watter EEN van die volgende terme beskryf die data uitgebeeld in die mond-en-
               snordiagramme die beste:

               Diskrete data OF Kontinue data

               Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                                               (3)

      3.2.3    Die mond-en-snordiagramme vergelyk die gewig tussen die Nieu-Seelandse en
               Suid-Afrikaanse rugbyspelers.

               Watter term word gebruik om ŉ waarde wat baie ver van die ander waardes is,
               te definieer.                                                                              (2)

3.3 Volgens internasionale statistieke is daar ŉ groot verskil tussen salarisse wat aan sokker- en
     rugbyspelers betaal word.

      BYLAE E gee inligting oor die salarisse wat aan beroemde rugby- en sokkerspelers in
      verskillende geldeenhede betaal is.

      Maak gebruik van die inligting in BYLAE E om die vrae wat volg te beantwoord.

      3.3.1    Neymar Junior en Cristiano Ronaldo is twee van die beroemdste sokkerspelers in
               die wêreld.

               Herlei Cristiano Ronaldo se jaarlikse salaris na rand.                                     (2)

      3.3.2    Bepaal die mediaan jaarlikse salaris, in miljoene, van die 5 wêreldberoemde
               rugbyspelers wat verskaf is.                                                               (3)

                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                              WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                        9
                                              (VRAESTEL 1)           GR12 0624

      3.3.3    Skryf die jaarlikse salaris van Ronaldo neer tot die jaarlikse salaris van Siya Kolisi
               in verhoudingsvorm en vereenvoudig dit tot ... : 1
               Vervolgens, verduidelik die betekenis van die berekende verhouding.                       (3)
                                                                                                        [24]

VRAAG 4

4.1   Pienkkrag: Die Barbie-film breek alle rekords met verkope van hul handelsware.

      Die Barbie-film het hierdie jaar die loketverkope in hul openingsnaweek met
      $125 miljoen in kaartjieverkope verbreek. Die film het ŉ $145 miljoen begroting gehad wat
      deur Warner Bros. en Mattel ondersteun is.

      Selfs voor die film uitgereik is, is van hul handelsware reeds uitverkoop, byvoorbeeld
      Barbiebekers teen $19,99 en Barbiekomberse in ŉ sakkie teen $22,99. Hierdie handelsware
      is tans uit voorraad en agterstallig op bestelling tot Junie 2024 maar verkoop tans op eBay
      teen $77 en $125 onderskeidelik.

              Barbiebekers @ $77 op eBay                 Barbiekombers in ŉ sakkie @ $125 op eBay

      4.1.1    (a)   Skryf ŉ formule vir wins in die gegewe konteks.                                        (2)

               (b)   Bepaal die bedrag wins, in rand wat deur eBay gebruikers gemaak is met die
                     verkoop van die Barbiekombers in ŉ sakkie vir $125 per kombers.

                     LET WEL: Die huidige wisselkoers is $1 = R18,36.                                       (2)

      4.1.2    Verifieer met berekeninge, dat indien die Barbie-film ŉ inkomste van $125 miljoen
               wêreldwyd gedurende die openingsnaweek van die fliek maak en die winsgrens
               teen 60% bepaal is, dat die uitgawes vir die openingsnaweek op $50 miljoen
               bereken is.

               Jy mag die volgende formule gebruik:

                             𝑰𝒏𝒌𝒐𝒎𝒔𝒕𝒆 𝑼𝒊𝒕𝒈𝒂𝒘𝒆
               Winsgrens =        𝑰𝒏𝒌𝒐𝒎𝒔𝒕𝒆
                                                × 𝟏𝟎𝟎%                                                      (5)
                                                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                 WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                      10
                                                 (VRAESTEL 1)           GR12 0624

4.2     Die onderstaande grafiek toon die ouderdomsgroepe wat die Barbie-film gaan kyk het.

                                    Barbie-film Kykers in Suid-Afrika

        Generasie X (40+)
                                        10%

       Millenniërs (30 - 39)
                                           15%

        Zilennials (23 - 29)
                                                   28%

      Generasie Z (13 - 22)
                                                               47%

                               0%     10% 20% 30% 40% 50% 60% 70% 80% 90% 100%
                              Persentasie mense per ouderdomsgroep wat die Barbie-film gaan kyk het
                                                                                  [Bron: www.people.com]

        Gebruik die bostaande grafiek om die vrae wat volg te beantwoord.

        4.2.1    Die Gen Z-bevolking in Suid-Afrika word geskat op 'n totaal van 21 000 000
                 mense. Van hierdie groep het 47% na die Barbie-film gaan kyk teen ŉ geskatte
                 prys van R75 per kaartjie vir ŉ gewone 2D-fliek.

                 Bereken die totale bruto-inkomste wat uit die Gen Z bevolking in Suid-Afrika
                 gemaak is.                                                                             (4)

        4.2.2    Wat is die waarskynlikheid dat ŉ 2-jarige na die teater sal gaan om die gewilde
                 Barbie-film te kyk?                                                                    (2)

                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                WISKUNDIGE GELETTERDHEID
                                                                                                     11
                                                (VRAESTEL 1)           GR12 0624

4.3 By die fliek het jy ŉ keuse om roomys te koop voordat jy die Barbie-film kyk.

     Hieronder is ŉ boomdiagram wat die verskillende roomys geure en versierings illustreer
     met moontlike uitkomste.

                                                       KIES 'N BOLAAG
                               KIES ROOMYS                                   UITKOMSTES
                                                        VERSIERING

                                                          Neute                Vanilla;
                                                                               Neute
                                     Vanielja

                                                          Sprinkels                 B

                                                          Neute               Aarbei; Neute

             Gaan winkel             Aarbei
               binne
                                                          Sprinkels            Aarbei; Sprinkels

                                                          Neute               Sjokolade; Neute

                                   Sjokolade

                                                          Sprinkels          Sjokolade; Sprinkels

     Gebruik die bostaande boomdiagram om die vrae wat volg te beantwoord.

     4.3.1      Skryf die moontlike uitkomste vir B.                                                   (2)

     4.3.2      Skryf die waarskynlikheid neer, as ŉ desimale breuk, dat jy sjokolade roomys met
                neute sal kies. Rond jou antwoord tot twee desimale syfers af.                         (3)
                                                                                                      [20]

                                                                                        TOTAAL:       100

                                                                                                    EINDE

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [MATHS LIT P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/2d599711-ccd3-42d3-862f-4c1b72b92e44) — Mathematical Literacy · QP · 2023 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 QP SEPT2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-qp-sept2019-afrikaans/4a98f93e-3ab7-4371-b4c5-b42354468a6e) — Mathematical Literacy · QP · 2019 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) Preparatory 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-preparatory-2017-question-paper/11d028b9-4280-4bd2-bf13-aaf3c412ade3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr
- [Grade 12 NSC Mathematical Literacy P1 (Afrikaans) 2015 Preparatory Examination Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-mathematical-literacy-p1-afrikaans-2015-preparatory-examination-question-paper/f7c020f8-b359-4c5f-b0a6-9c6dc19d3778) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 MEMO JUNE 2025 AFRIKAANS FINAL watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-memo-june-2025-afrikaans-final-watermark/4f0ec261-f838-4bf3-8913-7821dc577353) — Mathematical Literacy · Memo · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P1 GR12 ADDENDUM SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-gr12-addendum-sept-2021-afrikaans/bb93ab59-ebbf-4bfc-94fd-43fb313fe26a) — Mathematical Literacy · Addendum · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Mathematical Literacy

- [MATHS LIT P2 GR 12 SEPT 2025 ADDENDUM AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr-12-sept-2025-addendum-afr-watermark/813c6e54-f134-474a-b01a-1260e38b4c8f) — Addendum · 2025 · Afr
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Free State](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-free-state/52054481-13fc-4fe6-aeaa-f4ab3b0cc95a) — Memo · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 ANSWER BOOK September 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-answer-book-september-2025-kzn/b0b358eb-c897-437a-8694-910fe61dfcbc) — Addendum · 2025
- [Maths LIT Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/b5fb7d34-b4dd-4364-aef6-145ed54ac2c5) — Memo · 2025
- [Maths Lit P2 Erratum June Common 2024](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-erratum-june-common-2024/48cfbfd6-3aea-46d0-8faa-e00dcb9be5e8) — Errata · 2024
- [Mathematical Literacy P2 Nov 2024 Addendum Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-nov-2024-addendum-afr/80522728-ad7d-4d9a-b9f3-59b47556287b) — Addendum · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
