# Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June Exam 2024 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/ecfaf374-991b-4639-a42d-f67b6977223d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 12 P1 Gauteng June 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-afrikaans-june-2024-question-paper/ecfaf374-991b-4639-a42d-f67b6977223d)

## About this document

Physical Sciences · Grade 12 · Gauteng June Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr 12 Physical Sciences P1 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p1-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/f78ca708-f7f0-4bc5-8ff9-36594b1b1052) — Memo · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

    JUNIE EKSAMEN
      GRAAD 12

            2024

 FISIESE WETENSKAPPE (FISIKA)

         (VRAESTEL 1)

                        TYD:     3 uur

                        PUNTE:   150

                        15 bladsye + 2 gegewensblaaie

                                         Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                       FISIESE WETENSKAPPE                                2
                                       (VRAESTEL 1)                        GR12 0624

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit 9 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
      ANTWOORDBOEK.

2.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Los EEN reël tussen twee subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

5.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

7.    Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

8.    Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

9.    Rond al jou finale numeriese antwoorde af tot die minimum van TWEE desimale
      plekke.

10.   Gee kort (bondige) beskrywings, besprekings ens. waar nodig.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                        FISIESE WETENSKAPPE                                 3
                                        (VRAESTEL 1)                       GR12 0624

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien.
Elke vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter
(A – D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 E.

1.1   Twee kragte, F1 en F2, word op ŉ boks toegepas wat op ŉ wrywinglose oppervlakte
      lê, soos hieronder getoon. Die grootte van F1 is meer as die grootte van F2.

      Die boks sal …

      A     na links versnel.
      B     na regs versnel.
      C     teen ŉ konstante spoed na regs beweeg.
      D     teen ŉ konstante spoed na links beweeg.                                             (2)

1.2   ŉ 5 kg yster gewigstootbal en ŉ 10 kg aluminium gewigstootbal, met dieselfde
      deursnee, val vrylik vanaf ŉ rak wat 12 m bo die grond is. Ignoreer die effekte van
      lugweerstand.

      Wanneer die gewigstoot balle 3 m bokant die grond is, het hulle dieselfde …

      A     momentum.
      B     versnelling.
      C     potensiële energie.
      D     kinetiese energie.                                                                  (2)

1.3   Twee asteroïde, S en T, met massas van M en 2M onderskeidelik, is op ŉ koers vir
      ŉ botsing.

                            S                                     T

                            M                                   2M

      Indien die grootte van die versnelling van asteroïde S gelyk is aan a, dan is die
      grootte van die versnelling op asteroïde T:

      A    ¼a
      B    ½a
      C    a
      D    2a                                                                                   (2)
                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                       FISIESE WETENSKAPPE                               4
                                       (VRAESTEL 1)                     GR12 0624

1.4   ŉ Klankbron beweeg teen ŉ KONSTANTE SNELHEID na ŉ stilstaande
      waarnemer toe. Watter van die volgende beskryf die waargenome golflengte en
      frekwensie van die klankbron soos dit naderkom?

               WAARGENOME GOLFLENGTE                WAARGENOME FREKWENSIE
      A               Groter as                            Groter as
      B               Kleiner as                           Kleiner as
      C               Groter as                            Kleiner as
      D               Kleiner as                           Groter as                         (2)

1.5   Twee voorwerpe, m1 en m2 is ŉ afstand r van mekaar en ervaar ŉ gravitasiekrag
      F. Die massa m1 word nou verdubbel en die afstand word halveer. Die
      gravitasiekrag tussen m1 en m2 is nou:

      A    ଵ
               F
           ଼

      B    ଵ
               F
           ଶ

      C    F
      D    8F                                                                                (2)

1.6   ŉ Voorwerp word vertikaal afwaarts na die grond gegooi vanaf hoogte h met ŉ
      snelheid v. Die voorwerp tref die grond en bons opwaarts. Dit word gevang
      wanneer dit die maksimumhoogte na die bons bereik.

      Watter van die volgende grafieke vir snelheid teenoor tyd verteenwoordig die
      beweging van die voorwerp die beste?

      A                                     B

      C                                     D

                                                                                             (2)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE                                 5
                                            (VRAESTEL 1)                        GR12 0624

1.7        ŉ Krat word teen ŉ helling opgetrek.

           Watter van die kragte sal geen arbeid op die voorwerp verrig nie?

           A     Trekkrag
           B     Normaalkrag
           C     Wrywingskrag
           D     Gravitasiekrag                                                                     (2)

1.8        Drie identiese sfere X, Y en Z word langs mekaar geplaas in ŉ driehoekige
           formasie waar hulle aanmekaar raak. Die drie sfere word dan terugbeweeg na
           hul oorspronklike posisies.

  -5 nC            0 nC     +2 nC
       X            Y        Z                       X               X            Y         Z
                                                          Y
                                                     Z                         diagram 3
               diagram 1
                                                  diagram 2

           Wat is die lading op elke sfeer nou? (diagram 3)

           A     -1 nC
           B     +1 nC
           C     -2 nC
           D     -3 nC                                                                              (2)

1.9        ŉ Positief gelaaide voorwerp het …

           A     minder elektrone as neutrone.
           B     minder protone as neutrone.
           C     minder elektrone as protone.
           D     meer protone as neutrone.                                                          (2)

1.10       Die minimum weerstand wat verkry kan word met die verbinding van twee 4 Ω
           resistors is …

           A     1Ω
           B     2Ω
           C     3Ω
           D     8Ω                                                                               (2)
                                                                                                 [20]

                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        FISIESE WETENSKAPPE                             6
                                        (VRAESTEL 1)                   GR12 0624

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Blok M, 10 kg, is verbind aan blok m, 2 kg, met ŉ tou, T, van weglaatbare massa oor ŉ
wrywinglose katrol. Beide blokke is in rus. Die helling maak ŉ hoek van 30° met die
horisontaal. Wrywing op die helling kan nie geïgnoreer word nie.

                                           T
                      M = 10 kg

                                                            m = 2 kg

                        30°

2.1   Definieer die term normaalkrag.                                                        (2)

2.2   Teken ŉ benoemde vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) van al die kragte
      wat op die 2 kg massa inwerk.                                                          (2)

2.3   Bereken die wrywingskrag benodig om die blokke in rus te hou.                          (5)

2.4   Die tou breek bokant massa m, wat veroorsaak dat blok M teen die helling afgly
      en blok m na die grond val. Die kinetiese wrywingskrag tussen die blok en die
      helling is 25 N. Ignoreer die massa van die tou T.

                                           T
                      M = 10 kg

                                                            m = 2 kg

                        30°

      2.4.1    Teken ŉ vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) van al die kragte
               wat op massa M inwerk.                                                        (3)

      2.4.2    Bereken die grootte van die versnelling van massa M.                          (4)

2.5   Blok m neem 0,5 s om die grond te bereik.

      2.5.1    Bereken die eindsnelheid van blok m.                                          (3)

      2.5.2    Hoe sal die eindsnelheid van m geaffekteer word indien die massa
               verdubbel word en dit van dieselfde hoogte laat val word? Skryf
               slegs VERMEERDER, VERMINDER of DIESELFDE BLY.

               Verduidelik die antwoord.                                                     (3)
                                                                                            [22]
                                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                      FISIESE WETENSKAPPE                                7
                                      (VRAESTEL 1)                      GR12 0624

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die Curiosity rover is laat val vanaf ŉ hoogte van 125 km bokant die oppervlakte van
Mars. Die massa van die Curiosity rover is 899 kg en die massa van Mars is
6,42 x 1023 kg. Die radius van Mars is 53,25% van dié van die Aarde.

                                               Curiosity 899 kg

                                                      125 km

                   Aarde
                                               Mars

                                              6,42 x 1023 kg

3.1   Stel Newton se Universele Gravitasiewet in woorde.                                      (2)

3.2   Bereken die gewig van die Curiosity op Aarde.                                           (2)

3.3   Bereken die gravitasieversnelling op Mars.                                              (4)

3.4   Sal die massa van die Curiosity anders wees op Mars as op die Aarde? Kies uit
      JA of NEE.

      Gee ŉ rede vir die antwoord.                                                            (2)
                                                                                             [10]

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                        FISIESE WETENSKAPPE                            8
                                        (VRAESTEL 1)                   GR12 0624

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Leerder wat aan die onderkant van ŉ gebou staan, gooi ŉ bal A vertikaal opwaarts
teen ŉ spoed van 11 m·s-1 en bal A bereik ŉ maksimum hoogte T. Na 0,72 s, gooi ŉ
ander leerder wat op die dak van die gebou staan, bal B opwaarts. Die twee balle
bereik punt T op dieselfde tyd, soos in die diagram hieronder getoon.

                       T

                                     B

                                                            h

                       A

4.1   Wat is die verskil tussen vryval en projektielbeweging?                              (2)

4.2   Bereken die:

      4.2.1   Tyd wat dit bal A neem om die maksimum hoogte by T te bereik                 (3)

      4.2.2   Beginsnelheid van bal B                                                      (4)

      4.2.3   Hoogte, h, van die gebou                                                     (6)

                                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                       FISIESE WETENSKAPPE                               9
                                       (VRAESTEL 1)                     GR12 0624

4.3   Die volgende posisie-tyd-grafiek is gegee vir die beweging van die twee balle,
      A en B, soos hierbo beskryf. Bestudeer die grafieke en beantwoord die vrae
      hieronder.

                                 X
                                              A

                  posisie in m
                                                      B

                                 Y

                                 0                Z        W
                                     t in s

      Skryf die waarde en eenheid neer vir:

      4.3.1   X                                                                              (1)

      4.3.2   Y                                                                              (1)

      4.3.3   Z                                                                              (1)

      4.3.4   W                                                                            (1)
                                                                                          [19]

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                      FISIESE WETENSKAPPE                                10
                                      (VRAESTEL 1)                      GR12 0624

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

5.1   ŉ Sloopbal (“wrecking ball”) word gebruik om ŉ ou gebou te sloop deur daarteen
      te slaan. Die sloopbal het ŉ massa van 950 kg en hang in die lug met behulp van
      ŉ tweede tou, 3,5 m bokant die grond. Die bal word dan vrygelaat om in die
      gebou vas te slaan. Op die laagste punt van die swaai is die bal op ŉ hoogte
      h (1 m) bokant die grond. Ignoreer lugweerstand.

                               950 kg

                            3,5 m
                                            h 1 m

      5.1.1   Stel die wet van behoud van meganiese energie.                                  (2)

      5.1.2   Die bal swaai en tref die gebou op hoogte h. Bereken die spoed
              waarmee die bal die gebou tref deur van slegs energiebeginsels gebruik
              te maak.                                                                        (4)

      5.1.3   Die bal tref die muur. Dit neem 0,1 s om te stop, en beweeg dan terug.
              Bereken die grootte van die krag waarmee die bal die muur tref.                 (3)

      5.1.4   Skryf die krag neer wat die muur op die bal uitoefen.

              Noem en stel die wet in fisika wat gebruik word om tot hierdie
              gevolgtrekking te kom.                                                          (3)

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                    FISIESE WETENSKAPPE                               11
                                    (VRAESTEL 1)                       GR12 0624

5.2   ŉ Graad 12-leerder, met ’n massa van 75 kg, is op ŉ skaatsplank met ŉ massa
      van 2 kg, wat teen ŉ konstante snelheid van 2 m·s-1 oos beweeg oor ŉ
      wrywinglose oppervlakte. ŉ Bal, massa 500 g, wat teen ŉ spoed van v m·s-1 wes
      beweeg, word na die leerder gegooi. Die leerder vang die bal. Die finale
      kinetiese energie na die botsing is 146 J.

                                                        v       500 g

                           75 kg                                 Bal

                           2 kg

                                    2 m·s -1

      Bereken die aanvanklike spoed van die bal.                                            (5)
                                                                                           [17]

                                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                       FISIESE WETENSKAPPE                               12
                                       (VRAESTEL 1)                     GR12 0624

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Voorwerp met ’n massa van 85 kg is aanvanklik in rus op die grond. Dit word dan
vertikaal opwaarts getrek teen ŉ konstante versnelling van 0,75 m·s-2 deur middel van
ŉ ligte, onrekbare tou, soos in die diagram hieronder getoon. Ignoreer lugweerstand,
die massa van die tou of enige rotasie-effekte.

                                                    0,75 m·s-2
                                     85 kg

                        11 m

6.1   Teken ŉ benoemde, vrye kragtediagram (vrye liggaamdiagram) vir die massa
      terwyl dit opwaarts beweeg.                                                             (2)

6.2   Noem die nie-konserwatiewe krag wat op die massa inwerk.                                (1)

6.3   Bereken die arbeid verrig op die massa deur die gravitasiekrag wanneer die
      massa ŉ hoogte van 11 m bereik.                                                         (3)

6.4   Stel die arbeid-energiestelling in woorde.                                              (2)

6.5   Gebruik die arbeid-energiestelling om die spoed van die massa te bereken
      wanneer dit ŉ hoogte van 11 m bereik.                                                   (5)

6.6   ŉ 30 kW-motor word gebruik om die massastuk van 85 kg tot hierdie hoogte
      van 11 m op te lig. Bereken die persentasie effektiwiteit van hierdie motor
      indien dit teen maksimum drywing werk.                                               (6)
                                                                                          [19]

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                      FISIESE WETENSKAPPE                                13
                                      (VRAESTEL 1)                      GR12 0624

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

7.1   Die sirene van ŉ reddingsvoertuig straal golwe uit met ŉ frekwensie van
      360 Hz. Die frekwensie van die klank soos gehoor deur ’n luisteraar wat langs
      die pad staan, is 405 Hz.

      7.1.1   Definieer die Doppler-effek.                                                    (2)

      7.1.2   Beweeg die reddingsvoertuig NA of WEG VAN die luisteraar af?
              Verduidelik die antwoord, met spesifieke verwysing na frekwensie,
              golffronte en golflengte.                                                       (4)

      7.1.3   Neem die spoed van klank in lug as 340 m·s-1. Bereken die spoed
              waarteen die reddingsvoertuig beweeg het.                                       (4)

7.2   Die bestuurder van die reddingsvoertuig hou aan beweeg teen hierdie spoed
      verby die stilstaande luisteraar. Watter verandering(e), indien enige, sal in
      die volgende plaasvind?

      Skryf die waardes neer van:

      7.2.1   Die frekwensie van die sirene soos deur die bestuurder gehoor                   (1)

      7.2.2   Die frekwensie waargeneem deur die luisteraar                                   (1)

      7.2.3   Die spoed van klank in die lug                                               (1)
                                                                                          [13]

                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                       FISIESE WETENSKAPPE                                  14
                                       (VRAESTEL 1)                      GR12 0624

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Punt A en punt B is 0,04 m apart, soos hieronder getoon. (Die skets is nie volgens
skaal geteken nie.) Sfeer X is 0,01 m vanaf punt A. Sfeer X het 1 238 elektrone wat
vanaf die oppervlak verwyder is.

                                       0,04 m

              0,01 m
      A                  X                                                    B
8.1   Wat is die aard van die lading op sfeer X? Kies slegs uit POSITIEF of
      NEGATIEF.                                                                                  (1)

8.2   Bereken die grootte van die lading op sfeer X.                                             (3)

8.3   Definieer die term elektriese veld.                                                        (2)

8.4   Teken die netto elektriese veldpatroon vir twee identiese sfere met
      teenoorgestelde lading.                                                                    (3)

8.5   By watter punt, A of B, is die grootte van die elektriese veld as gevolg van die
      gelaaide sfeer X groter? Verduidelik die antwoord.                                         (3)

8.6   Bereken die elektriese veld van sfeer X by punt B indien sfeer X vervang word
      met ŉ lading van – 2 x 10-9 C.                                                             (3)

8.7   ŉ Negatiewe puntlading Y met ŉ lading van -2,8 nC word NOU geplaas by
      punt B en ŉ puntlading Z met ŉ lading van +3,2 nC word geplaas by punt A.

      8.7.1     Teken ŉ vektordiagram om die rigting van die kragte op lading X te
                toon as gevolg van ladings Y en Z.                                               (2)

      8.7.2     Bereken die netto elektrostatiese krag op sfeer X as gevolg van
                ladings Y en Z.                                                               (5)
                                                                                             [22]

                                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                      FISIESE WETENSKAPPE                               15
                                      (VRAESTEL 1)                       GR12 0624

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Stroombaandiagram word opgestel soos in die diagram hieronder. Resistors R1, R2
en R3 is identies. Skakelaars S1 en S2 word gesluit. Ignoreer alle interne weerstand.

                                Emk 12V

              A                                                    S1

                                                         L
                                        S2
                         R1

                                           V

                           R2                            R3

Gebruik die diagram hierbo om die volgende vrae te beantwoord.

9.1   Stel Ohm se wet in woorde.                                                             (2)

9.2   Noem die komponent wat ŉ nie-ohmiese geleier is in die diagram hierbo.                 (1)

9.3   Skryf die lesing op die voltmeter neer wanneer beide skakelaars gesluit is.            (1)

9.4   Skakelaar S2 is oop. Skryf die lesing op die voltmeter V neer.                         (1)

9.5   Skakelaar S2 is gesluit en skakelaar S1 is oopgemaak. Skryf die lesing op die
      voltmeter V neer.                                                                      (1)

9.6   Skakelaar S2 is oopgemaak. Hoe sal dit die ammeterlesing affekteer?

      Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY.                                          (1)

9.7   Beide skakelaars is gesluit. Resistor R1 word verwyder. Hoe sal dit die
      voltmeterlesing affekteer?

      Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE BLY.                                          (1)
                                                                                             [8]

                                                                            TOTAAL:      150

                                                                                        EINDE

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE                                     16
                                               (VRAESTEL 1)                                GR12 0624

                             DATA VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                        VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABEL 1: FISIESE KONSTANTE

                     NAAM                        SIMBOOL                         WAARDES
Gravitasieversnelling                                  g                           9,8 m·s-2
Universele gravitasiekonstante                         G                  6,67 x 10-11 N·m2·kg-2
Spoed van lig in ŉ vakuum                              c                       3,0 x 108 m·s-1
Planck se konstante                                    h                       6,63 x 10-34 J·s
Coulomb se konstante                                   k                     9,0 x 109 N·m2·C-2
Lading op elektron                                     e                        –1,6 x 10-19 C
Elektronmassa                                         me                       9,11 x 10-31 kg
Massa van die Aarde                                    M                       5,98 x 1024 kg
Radius van die Aarde                                  RE                        6,38 x 106 m

TABEL 2: FORMULES

BEWEGING
 v f  v i  a Δt                               Δx  v i Δt  21 a  t 2 of Δy  v i Δt  21 a  t 2
                                                      v  vf              v  vf 
      2      2                    2
 v f  vi  2a∆x of v f  vi  2a∆y
                                           2
                                                Δx   i       Δt of Δy   i       Δt
                                                      2                   2 

KRAGTE
Fnet  ma                                       p  mv
 f   maks
     s       s N                              fk  kN
Fnet t  p
                                                w  mg
 p  mv f  mv i
            m 1m 2                m 1m2                   M           M
FG                  of F  G                   gG         2
                                                              of g  G 2
             d2                       r2                  d           r

ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W  Fx cos                                   U  mgh   of EP  mgh
                                                Wnet  K of Wnet  Ek
          1                       1
K          mv 2     of    Ek      mv 2
          2                       2
                                                K  K f  Ki of Ek  Ekf  Eki
                                                     W
 Wnc  K  U of W nc   E k   E p          P
                                                     t
Pgem  Fv gem

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE                      17
                                             (VRAESTEL 1)                 GR12 0624

GOLWE, KLANK EN LIG
                                                     1
 v f                                          T
                                                     f
        v  vL                                                        c
 fL           fb                               E  hf     of E  h
        v  vb                                                        

 E  W o  E k(maks)   of E  Wo  Kmaks waar
                                          1 2                1 2
 E  hf en W0  hf 0      en Ek ( maks )  mvmaks of K maks  mvmaks
                                          2                  2

ELEKTROSTATIKA
    kQ 1Q 2                                        kQ
 F                                             E
       r2                                          r2
     W                                             F
 V                                             E
     q                                             q
    Q            Q
 n       of n 
     e           qe

ELEKTRIESE STROOM
    V
 R                                             emk ( ε ) = I(R + r)
    I
 Rs  R1  R2  ...
  1   1   1                                     q  It
           ...
 R p R1 R 2

W = Vq                                               W
                                                P
                                                     Δt
W = VI  t
                                                P = VI
W= I2R  t

          2
                                                P = I2R
        V Δt                                        V2
W=                                              P
         R                                           R

WISSELSTROOM
                                                Pgem  V wgk I wgk
        I
 I wgk  maks
          2
                                                Pgem  I 2wgk R
              Vmaks
 Vwgk                                                     2
                                                          Vwgk
                2                               Pgem 
                                                           R

## Related documents

- [Gr 12 Physical Sciences P2 (English and Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-english-and-afrikaans-june-2024-possible-answers/7e563c7f-5d30-46c2-a50f-2942505df8e3) — Physical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [Gr 12 Physical Sciences P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-physical-sciences-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/114bfa8b-1df9-4267-bc57-6e4eee55848a) — Physical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [PHYSICAL SCIENCES P1 GR12 QP JUNE2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p1-gr12-qp-june2022-afrikaans/7da2a467-33ba-4d42-9de8-a501165ff1e0) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [kzn=G12 Physical Sciences P1 Sep 2024 KZN QP Scanned by Farhad Akoo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-g12-physical-sciences-p1-sep-2024-kzn-qp-scanned-by-farhad-akoo/21919713-0b36-4903-ba81-155d000a162d) — Physical Sciences · QP · 2024
- [mp=P. Sciences P 1 Sept 2024 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/mp-p-sciences-p-1-sept-2024-mpumalanga/40cb47ca-3caa-477f-aa74-1e4a27d9f510) — Physical Sciences · QP · 2024
- [Physical Sciences Physics P1 QP May June 2024 North West](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-p1-qp-may-june-2024-north-west/4851c663-ba39-4265-b12f-37957af65e66) — Physical Sciences · QP · 2024

## More from Grade 12 Physical Sciences

- [Pysical Sciences P2 Memo AfrEng watermark](https://www.hlayiso.com/library/pysical-sciences-p2-memo-afreng-watermark/cb0c7842-3512-4579-a012-a91b31f09008) — Memo · 2025
- [PHY SC P1 MEMO GR 12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/phy-sc-p1-memo-gr-12-sept-2025-e-a-watermark/ee8fc295-8eb6-4163-acb0-c6d2b3dec26f) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/82f7a5dc-e27f-400b-84ae-bcf3217097d6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC MEMO P2 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-memo-p2-may-june-2025-limpopo/f2cd1409-6db0-4f23-b078-ce944b93c2b5) — Memo · 2025
- [Physics Grade 12 NSC P1 MEMO September 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/physics-grade-12-nsc-p1-memo-september-2025-limpopo/ee326b2b-8480-42f2-8ce0-7bcf6229bde6) — Memo · 2025
- [Physical Sciences Physics Grade 12 NSC QP P1 May June 2025 Mpumalanga](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-grade-12-nsc-qp-p1-may-june-2025-mpumalanga/d9c5f1c3-bd6c-468e-a50a-f6b40782c695) — QP · 2025

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
