# Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

> Grade 12 Technical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Technical Sciences
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: Gauteng Prelim Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Technical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/technical-sciences) › [Technical Sciences Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p1-afrikaans-2024-question-paper-x05/4fb6d9a6-6bef-4cd3-92a0-e57c57569891)

## About this document

Technical Sciences · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                  2024
                                   11101

                        TEGNIESE WETENSKAPPE

                                (VRAESTEL 1)

TYD: 3 uur

PUNTE: 150

18 bladsye + 3 gegewensblaaie

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            TEGNIESE WETENSKAPPE               2
                                            (VRAESTEL 1)         11101/24

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou naam en graad op die ANTWOORDBOEK.

2.   Hierdie vraestel bestaan uit ELF vrae. Beantwoord AL die vrae in die
     ANTWOORDBOEK.

3.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

5.   Laat EEN reël tussen twee subvrae, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

6.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

7.   Jy mag gepaste wiskundige instrumente gebruik.

8.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

9.   Toon ALLE formules en vervangings in AL die berekeninge.

10. Rond jou FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE desimale
    plekke.

11. Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

12. Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             TEGNIESE WETENSKAPPE                          3
                                             (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
net EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
vraagnommers (1.1 tot 1.10) in jou ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.11 D.

1.1   Newton se Eerste Bewegingswet impliseer dat 'n voorwerp teen ŉ konstante
      snelheid sal aanhou beweeg solank die ...

      A     netto krag wat op die voorwerp inwerk, nul is.
      B     netto krag wat die voorwerp ervaar groter as nul is.
      C     netto krag wat die voorwerp ervaar minder as nul is.
      D     som van al die kragte wat op die voorwerp inwerk groter as nul maar
            minder as een is.                                                                  (2)

1.2   'n 60 kg-boks word met ŉ tou op 'n wrywinglose oppervlak teen 'n konstante
      snelheid na regs getrek. Die massa van die tou word geïgnoreer. Wat is die
      grootte van die spanning in die tou?

      A     568 N, na links
      B     578 N, na regs
      C     588 N, na regs
      D     588 N, na links                                                                    (2)

                                                                                               b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                           TEGNIESE WETENSKAPPE                         4
                                           (VRAESTEL 1)         11101/24

1.3   Die grafiek hieronder verteenwoordig die verhouding tussen 'n netto krag (Fnet)
      op 'n voorwerp en 'n verandering in tyd (Δt).

      Watter van die volgende grafieke verteenwoordig 'n ooreenstemmende ΔP
      teenoor tyd grafiek?

      A                                        B

      C                                        D

                                                                                            (2)

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                           TEGNIESE WETENSKAPPE                        5
                                           (VRAESTEL 1)         11101/24

1.4   Die krag wat die oppervlak op 'n voorwerp uitoefen en loodreg op die oppervlak
      is, word die ... genoem.

      A    meganiese energie
      B    gewig
      C    kinetiese energie
      D    normaalkrag                                                                     (2)

1.5   Die eienskap van 'n liggaam waardeur dit sy oorspronklike vorm en grootte
      herwin wanneer die vervormende krag verwyder word, staan bekend as ...

      A    elastisiteit.
      B    spanning.
      C    vervormende krag.
      D    herstelkrag.                                                                    (2)

1.6   Die eenheid vir druk kan uitgedruk word as …

      A    Newton.
      B    Kalorieë.
      C    Pascal.
      D    Joules.                                                                         (2)

1.7   Watter van die volgende stellings is WAAR oor die posisie en grootte van die
      beeld in 'n konvekse lens wanneer die voorwerp tussen F en 2F geplaas word?

      A    Verder as 2F, werklik, omgekeerd, vergroot
      B    Verder as 2F, werklik, omgekeerd, verklein
      C    By 2F, werklik, omgekeerd, dieselfde grootte as voorwerp
      D    By 2F, werklik, omgekeerd, vergroot                                             (2)

                                                                                           b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                           TEGNIESE WETENSKAPPE                     6
                                           (VRAESTEL 1)         11101/24

1.8   Die punt waar die ligstrale ontmoet, staan bekend as die …

      A    brandpunt.
      B    fokuspunt.
      C    optiese as.
      D    hoof-as.                                                                     (2)

1.9   Elektromagnetiese golwe met die laagste frekwensie en langste golflengte
      word ... genoem.

      A    mikrogolwe
      B    infrarooi golwe
      C    gammastrale
      D    radio golwe                                                                  (2)

1.10 'n Elektriese masjien wat 'n kommutator (gesplete ring) gebruik en meganiese
     energie omskakel na elektriese energie, word 'n … genoem.

      A    WS-kragopwekker
      B    WS-motor
      C    GS-motor
      D    GS-kragopwekker                                                           (2)
                                                                                    [20]

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                             TEGNIESE WETENSKAPPE                             7
                                             (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Kies ŉ term van KOLOM B wat by ŉ beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
(A – H) langs die vraagnommers (2.1 tot 2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.9 I.

                             KOLOM A                                      KOLOM B
2.1   Die krag parallel aan die oppervlak wat die beweging        A   Kinetiese energie
      van die voorwerp teenstaan en in die teenoorgestelde
      rigting as die beweging van die voorwerp inwerk             B   Kapasitansie

2.2   Die eienskap van 'n liggaam om enige verandering in sy C        Elektromagnetiese
      bewegings- of rustoestand te weerstaan                          golwe

2.3   Die energie van 'n voorwerp as gevolg van sy beweging       D   Wrywingskrag

2.4   Interne herstelkrag per oppervlakte-eenheid van 'n E            Lenz se wet
      liggaam
                                                         F            Spanning
2.5   Die hoeveelheid lading wat dit per volt kan stoor
                                                         G            Pascal se wet
2.6   In 'n aaneenlopende vloeistof by ewewig word die druk
      wat by 'n punt toegepas word eweredig na die ander dele H       Traagheid
      van die vloeistof oorgedra.

2.7   'n Veranderende magnetiese en elektriese veld loodreg
      op mekaar en op die voortplantingsrigting van die golf

2.8   Die rigting van geïnduseerde emk in die spoel is teen die
      effek wat dit produseer
                                                                                    (8 x 1)       [8]

                                                                                                  b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                              TEGNIESE WETENSKAPPE                          8
                                              (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

3.1   'n Voorwerp met 'n gewig van 9 000 N hang aan 'n staalstaander af. Krag A, met
      ŉ grootte van 6 500 N word gebruik om die voorwerp na regs te trek teen 'n hoek
      van 30° met die horisontaal en krag B word gebruik om die voorwerp na links te
      trek teen 'n hoek van 45° met die horisontaal om die krat stil te hou. (Die diagram
      hieronder is nie volgens skaal geteken nie.)

      3.1.1    Stel Newton se Eerste Bewegingswet in woorde.                                    (2)

      3.1.2    Teken ŉ benoemde vryliggaamdiagram wat AL die kragte toon wat op die
               voorwerp inwerk.                                                                 (3)

      3.1.3    Bereken die massa van die voorwerp.                                              (3)

      3.1.4    Bereken die grootte van krag B wat teen 'n hoek van 45° getrek word.             (4)

                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             TEGNIESE WETENSKAPPE                           9
                                             (VRAESTEL 1)         11101/24

3.2   Twee werkers beweeg 'n trollie, soos in die diagram hieronder getoon. Werker A
      trek die trollie met 'n onbekende grootte van 'n krag FA na die oos. Werker B stoot
      die trollie met 'n krag van 70 N teen 'n hoek van 30° met die horisontale.

      Die wrywingskrag wat deur die trollie ervaar word, is 25 N.

      3.2.1   Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                     (2)

      3.2.2   As die stelsel teen 2 m·s-2 versnel, bereken die krag (FA).                       (4)

      3.2.3   As werker B nou die trollie met dieselfde krag stoot, maar teen 'n hoek
              van 60° met die horisontaal, wat sal gebeur met die normaalkrag wat deur
              die trollie ervaar word? Skryf slegs TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE
              BLY.                                                                              (1)

      3.2.4   Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.2.3.                                       (2)
                                                                                            [21]

                                                                                                b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                            TEGNIESE WETENSKAPPE                        10
                                            (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

4.1 'n Motor met ’n massa van 1 200 kg sleep 'n vragmotor met ’n massa van
    2 100 kg met 'n onrekbare tou. (Ignoreer die massa van die tou.) Die motor en die
    vragmotor beweeg teen 'n snelheid van 7 m·s-1 in 'n reguit lyn na regs. Na 'n
    rukkie breek die tou, wat veroorsaak dat die motor en die vragmotor apart
    beweeg. Die motor beweeg nou teen ŉ spoed van 10 m·s-1 na regs.

                         VOOR DIE TOU BREEK

                         NA DIE TOU BREEK

     4.1.1   Stel die beginsel van behoud van lineêre momentum in woorde.                    (2)

     4.1.2   Bereken die snelheid van die trok nadat die tou gebreek het.                    (4)

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                            TEGNIESE WETENSKAPPE                          11
                                            (VRAESTEL 1)         11101/24

4.2   ŉ Motor, met 'n massa van 1 000 kg, bots teen 'n muur met 'n snelheid van
      12 m·s-1 soos in die diagram hieronder getoon. Die motor kom tot stilstand na die
      botsing. Die motor ervaar 'n konstante netto krag van 55 000 N voordat dit stop.

      4.2.1   Definieer die term impuls.                                                       (2)

      4.2.2   Wat is die verhouding tussen die netto krag wat die motor ervaar en die
              kontaktyd tydens die botsing?                                                    (2)

      4.2.3   Hoe vergelyk die impuls wat die motor ervaar met sy verandering in
              momentum? Skryf slegs KLEINER AS, GROTER AS of GELYK AAN.                        (1)

      4.2.4   Die motor is toegerus met lugsakke. Verduidelik, deur gebruik te maak van
              fisika-beginsels, hoe dit die omvang van die bestuurder se beserings sal
              verminder.                                                                       (3)

      4.2.5   Bereken die kontaktyd tydens die botsing.                                     (4)
                                                                                           [18]

                                                                                               b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                             TEGNIESE WETENSKAPPE                       12
                                             (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

'n Helikopter het 'n 250 kg-houer, gevul met water vertikaal opwaarts vanaf 'n rivier
opgetel, soos in die diagram hieronder getoon. Die houer word met 'n onrekbare kabel
tot 'n hoogte van 30 m bokant die rivier opgelig teen 'n konstante spoed van
5 m·s-1. (Ignoreer lugwrywing en aanvaar dat daar GEEN sywaartse beweging is nie.)

                                                5 m•s-1

5.1   Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde.                          (2)

5.2   Bereken die potensiële energie wat deur die houer 30 meter bo die rivier verkry
      word.                                                                                  (3)

5.3   Bereken die kinetiese energie van die houer soos dit opgelig is.                       (3)

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                              TEGNIESE WETENSKAPPE                        13
                                              (VRAESTEL 1)         11101/24

'n Boks met massa 2 kg gly teen 'n wrywinglose baan ABC af. Die boks begin van rus
by punt A, wat 2 m bo die grond is. Dit gaan dan verby punt B, wat op die grondvlak is.
Die boks bereik punt C op die grond met 'n onbekende spoed v, soos in die diagram
hieronder getoon.

5.4   Definieer die term meganiese energie.                                                    (2)

5.5   Bepaal die meganiese energie van die boks by punt A.                                     (3)

5.6   Bereken die spoed van die boks by punt B.                                             (4)
                                                                                           [17]

                                                                                               b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                              TEGNIESE WETENSKAPPE                            14
                                              (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

6.1   Stel Hooke se wet in woorde.                                                                 (2)

6.2   Gee TWEE voorbeelde van volkome plastiese voorwerpe.                                         (2)

6.3   Noem TWEE toepassings van hidrouliese stelsels.                                              (2)

6.4   'n Krag (FA) van 6 000 N word op 'n 5 m lange metaaldraad toegepas. Die draad
      rek met 0,003 m. Die radius van die metaaldraad is 0,025 m.

      Bereken die:

      6.4.1    Spanning in die draad                                                               (4)

      6.4.2    Vervorming in die draad                                                             (3)

      6.4.3    Young se modulus van die draad                                                   (2)
                                                                                               [15]
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
'n Potensiaalverskil van 12 V word oor twee parallelle plate van 'n kapasitor toegepas. Die
plate is 0,002 m uitmekaar. Elke plaat van die kapasitor het 'n oppervlakte van 0,04 m2.

                                                                A = 0,04 m2

        12 V                                                         0,002 m

7.1   Skryf TWEE faktore neer wat die kapasitansie van die kapasitor beïnvloed.                    (2)

7.2   Bereken die:

      7.2.1    Kapasitansie van die kapasitor                                                      (3)

      7.2.2    Lading op elke plaat                                                                (3)
                                                                                                   [8]

                                                                                                   b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                             TEGNIESE WETENSKAPPE                         15
                                             (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon 'n stroombaan wat bestaan uit twee selle wat in series
verbind is. Elke sel het 'n potensiaalverskil van 1,5 V. Twee weerstande met weerstande
van 3 Ω en 5 Ω is in parallel gekoppel, en een weerstand met 'n weerstand van 2 Ω is in
serie met die parallele weerstande gekoppel.

8.1   Stel Ohm se wet in woorde.                                                               (2)

8.2   Bereken die:

      8.2.1   Totale weerstand in die stroombaan                                               (4)

      8.2.2   Potensiaalverskil oor die 2 Ω-weerstand                                          (4)

8.3   'n Verwarmer met 'n enkele element het 'n weerstand van 18 Ω en ŉ
      potensiaalverskil van 220 V.

      8.3.1   Definieer die term drywing.                                                      (2)

      8.3.2   Bereken die drywing van die verwarmer.                                           (3)

      8.3.3   Noem TWEE toestelle waarin die verhittingseffek van elektriese stroom
              gebruik word.                                                                 (2)
                                                                                           [17]

                                                                                               b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                  TEGNIESE WETENSKAPPE                           16
                                                  (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

9.1    Teken ’n ligdiagram van ’n voorwerp wat by 2F staan wat deur ’n konvekse lens
       beweeg, en benoem die diagram. Toon die volgende op jou diagram:

        •     Voorwerp
        •     Beeld
        •     Ligstrale
        •     Lens                                                                                    (6)

9.2    Die volgende diagram illustreer hoe Isaac Newton 'n eksperiment uitgevoer het
       deur lig deur 'n driehoekige prisma te laat gaan.

            Wit lig
                                                                                  Rooi
                                                                                  Oranje
                                                                                  Geel
                                                                                  Groen
                                                                                  Blou
                                                                                  Indigo
                                                                                  Violet

                                               [Bron: https://www.sciencefacts.net/prism.html]

       9.2.1          Watter kleur het die langste golflengte?                                        (1)

       9.2.2          Watter kleur het die hoogste frekwensie?                                        (1)

       9.2.3          Wat noem jy hierdie verskynsel?                                                 (1)

       9.2.4      Definieer die verskynsel wat in VRAAG 9.2.3 genoem word.                         (2)
                                                                                                  [11]

                                                                                                  b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                 TEGNIESE WETENSKAPPE                17
                                                 (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Bestudeer die diagram van elektromagnetiese golwe hieronder en beantwoord die vrae
wat volg.

                                                    Elektriese veld

       [Bron: https://www.noaa.gov/jetstream/satellites/electromagnetic-waves]

10.1    Noem TWEE eienskappe van elektromagnetiese golwe.                                 (2)

10.2    Watter tipe golf word gebruik in:

        10.2.1     'n Afstandbeheerder                                                    (1)

        10.2.2     'n Strykyster/Verwarmer                                                (1)

10.3    Bestudeer die volgende twee tipes elektromagnetiese lig:

        •    Lig 1 het 'n frekwensie van 5,56x1014 Hz.
        •    Lig 2 het 'n golflengte van 390 nm.

        10.3.1     Bereken die energie van 'n foton van lig 1.                            (2)

        10.3.2     Bereken die energie van 'n foton van lig 2.                            (3)
                                                                                          [9]

                                                                                      b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                            TEGNIESE WETENSKAPPE                        18
                                            (VRAESTEL 1)         11101/24

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder is 'n vereenvoudigde voorstelling van 'n GS-motor. Die stroom
in die spoel is in die rigting XY.

11.1    Noem die komponent wat verseker dat die spoel voortdurend in EEN
        RIGTING roteer.                                                                      (1)

11.2    In watter rigting sal die spoel draai? Skryf slegs KLOKSGEWYS of
        ANTIKLOKSGEWYS neer.                                                                 (1)

11.3    Skryf die energie-omsetting neer wat plaasvind terwyl die motor werk.                (2)

11.4    Skryf die strukturele verskil tussen 'n WS-generator en 'n GS-generator neer.        (2)
                                                                                             [6]

                                                                            TOTAAL:      150

                                          EINDE

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                          TEGNIESE WETENSKAPPE                     19
                                                          (VRAESTEL 1)         11101/24

                        DATA FOR TECHNICAL SCIENCES GRADE 12
                                       PAPER 1
                     GEGEWENS VIR TEGNIESE WETENSKAPPE GRAAD 12
                                     VRAESTEL 1

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM                              SYMBOL/SIMBOOL               VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                          g                         9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                          c                    3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                          h                    6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Permittivity of free space
Permatiwiteit van vrye spasie                             εΟ                  8,85 ×10 -12 F·m-1

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

FORCE/KRAG
Fnet = ma                                            p = mv

fsmax/maks = µsN                                    Fs = µsN
Fnet ∆t = ∆p
                                                     w = mg       or/of   Fg = mg
 ∆p = mv f − mv i

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING
 W = F∆x cos θ                 U = mgh    or/of E P = mgh
     1                                     1
K=     mv 2         or/of           Ek =     mv 2    ∆K = K f − K i   or/of   ∆Ek = Ekf − Eki
     2                                     2

 Pav = Fv av         /P     gemid   = Fv gemid        /

     W
P=
     ∆t

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                       TEGNIESE WETENSKAPPE           20
                                       (VRAESTEL 1)        11101/24

ELASTICITY, VISCOSITY AND HYDRAULICS/ELASTISITEIT, VISKOSITEIT EN
HIDROULIKA

σ=F                               ε = Δl
  A                                    L

σ=K                               F1 = F2
ε                                 A1 A2

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

C = kεoA     and/en     C = εoA   E=V
      d                      d      d

C=Q
  V

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT
    V                         q = IΔt
 R=
      I
W = Vq                                 W
                                  P=
W = VIΔ t
                                       Δt

W= I2RΔ t                         P = VI

                                  P = I2R
   V 2 Δt
W=                                     V2
    R                             P=
                                       R
 R s = R1 + R 2 + ...
  1   1   1
    =   +   + ...
 R p R1 R 2

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                    TEGNIESE WETENSKAPPE           21
                                    (VRAESTEL 1)        11101/24

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

Φ = BA                          ε = -NΔΦ
                                      Δt

Vs = Ns
Vp Np

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

          and/en                T=1
v=fλ         and c = f λ
                                  f

                           hc
E = hf       or/of    E=
                           λ

## Related documents

- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-technical-sciences-p2-afrikaans-2024-possible-answers/c1449bf5-4982-445b-9339-f37ae288b315) — Technical Sciences · Memo · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 GR12 QP JUNE 2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-gr12-qp-june-2024-afrikaans/5936bf40-036a-4569-ac4a-167de6c997db) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECH SCIENCES P2 QP GR12 SEPT2024 Afrikaans final](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p2-qp-gr12-sept2024-afrikaans-final/944116af-3dc5-4c88-8d68-1fb21a1bcfce) — Technical Sciences · QP · 2024 · Afr
- [TECHNICAL SC P1 GR12 QP JUNE 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/technical-sc-p1-gr12-qp-june-2023-afrikaans/908d3036-cf44-49c2-932e-e507ab321f50) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 QP GR12 SEPT2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-qp-gr12-sept2023-afrikaans/4749a08d-f323-49b8-b7e3-6dad8bffd071) — Technical Sciences · QP · 2023 · Afr
- [TECH SCIENCES P1 GR12 QP SEPT2020 Afrikaans (Signing off 27 July)](https://www.hlayiso.com/library/tech-sciences-p1-gr12-qp-sept2020-afrikaans-signing-off-27-july/672a2441-5c52-410b-b26c-e20e787067bb) — Technical Sciences · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Technical Sciences

- [Gr 12 Tech Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-tech-sci-atp-2023-24/a7a03e64-2e18-4f50-a7fa-6eb1a25136c7) — ATP
- [TECH SC P1 MEMO GR12 SEPT 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/tech-sc-p1-memo-gr12-sept-2025-e-a-watermark/4a156330-3801-46dc-b908-43c35dc64891) — Memo · 2025
- [TECHNICAL SCIENCES P2 MG GR12 SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p2-mg-gr12-sept2025-watermark/717f8fcd-96bb-4848-8cb7-68903a8f0550) — Memo · 2025
- [Gr 12 Technical Sciences P1 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7c4d69c-4717-4837-816e-1fccc4d1ede2) — Memo · 2025 · Afr
- [Gr 12 Technical Sciences P2 (Afrikaans) 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-technical-sciences-2025-gauteng-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/50a2cf5c-c602-45e7-a8dc-244289a85556) — Memo · 2025 · Afr
- [Technical Sciences P1 Erratum June Commom Updated](https://www.hlayiso.com/library/technical-sciences-p1-erratum-june-commom-updated/c0a5373a-1bd4-4019-b849-f2a26fa7ab0b) — Errata · 2024

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
